Hou die Weskus ingelig sedert 1972
Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453
9 771683 331002
25417
17 April 2025
Paasfees bring gees by Witteklip Die kinders van Witteklip-dagsorg het Paasfees met ’n Paasfees-skattejag begin vier. Die kinders was tog te opgewonde om die skattejag na eiers in verskeie kleure baas te raak. Astrid Cleophas, skoolhoof van die dagsorg, sê sy wou die dag spesiaal maak vir almal en die Paasfees-gees op ’n hoë noot begin. Foto: Noluvu Ludidi
Digte mis lei moontlik tot tragedie op see
Visser-neefs verdrink Alida Buckle
Twee neefs van Lambertsbaai se verkluimde lyke is Saterdag 12 April – ’n dag nadat hulle op see vermis geraak het – in vlak branders gekry waar hulle mekaar steeds vashou. Chester van der Heever (35) en sy neef, Hesron “Blik” van der Heever (31), se familie het Vrydagaand 11 April bekom
merd begin raak toe hulle nie met die visserskuit Mhatambo teruggekeer het nie. Hulle is die oggend uit om te gaan snoek vang. Volgens Ferdi Fransman, ’n gemeenskapsleier in Lambertsbaai, is sowat veertig bote Vrydag see toe, waarvan ’n hele paar weens die mistige toestande van koers af geloop het. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Vrydag omstreeks 18:45 deur die polisie
Die twee neefs was ‘amper soos broers’.
verwittig dat ’n visserskuit met twee vissers aan boord vermis word. Die familie het die neefs by die polisie as vermis aangemeld. Lede van die Lambertsbaaise polisie en die NSRI het hierop na hulle begin soek, hoewel
niemand presies geweet het waar die mans snoek gaan soek het nie. Die vermoede was egter dat hulle dalk suidwaarts gaan visvang het. NSRI-reddingsvaartuie is te water gelaat en het met ’n lynsoektog tussen Lambertsbaai en Elandsbaai begin – sowat 15 seemyl van die kuslyn af. Die NSRI se diensbeheerders het die soekpatrone vasgelê. Telkom se maritieme radiodienste het ’n
waarskuwing na skepe in die gebied uitgestuur sodat hulle ook op die uitkyk kon wees. Die polisie het kuslangs gesoek. Omstreeks middernag Vrydagnag is die soektog opgeskort en weer op Saterdag met sonopkoms hervat. Vaartuie van die NSRI se takke op Lambertsbaai, St. Helenabaai en Mykonos het in die uitgebreide soektog naby die kus en in die diepsee gehelp. NA BLADSY 2