Skip to main content

Weslander-E-edition-15 May 2025

Page 1

15 Mei 2025

Prys: R4,00 | Tel: 022 713 1251 / Epos: weslander@novusmedia.co.za / Facebook: Weslander Instagram: weslander_koerant / Whatsapp: 082 576 0453

9 771683 331002

25515

Hou die Weskus ingelig sedert 1972

14kg BOLAAI WASMASJIEN

DTL160

- ‘LED’ Vertoon RM WinAskopie! - 8 Wasprogramme w - ‘Manhattan Grey’ afwerking - 2 Jaar waarborg

slegs

R5 299

Geldig tot Maandag, 19 Mei 2025 • Terwyl voorraad hou

www.applianceworld.co.za / BF&W VELDDRIF LANGEBAAN VREDENBURG 022 783 2997

022 495 0001

022 713 1121

Vals regsman en rekenmeester vas Van die verenigings het in 2022 met stappe teen Enslin begin en sy lidmaatskap beëindig. Alida Buckle

N

óg ’n Langebaanse vrou word met swendelary en bedrog verbind in ’n reeks gebeure wat soos ’n spannende misdaadreeks ontvou.

Stephanie Olivier (57) is reeds een van nege beskuldigdes in ’n hooggeregshofsaak in Gauteng en wat wêreldwyd opspraak maak – die saak teen die selfverklaarde profeet van Malawi, Shepherd Bushiri. Olivier staan saam met Bushiri en sy vrou, Mary, en nóg ses medebeskuldigdes tereg op sowat 350 aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery. Weslander het vroeër vanjaar berig oor ’n ander vrou van Langebaan, die eiendomsagent Mandy Wood (51), teen wie die aanklagte van bedrog net aanhou ophoop. Sy het na bewering talle vakansiegangers se geld gesteel deur “dubbele” besprekings vir vakansieverblyf te maak. Sy verskyn weer op Dinsdag 27 Mei in die Hopefieldlanddroshof. Olivier het op haar beurt verlede week ook in die Kathu-landdroshof in die NoordKaap verskyn oor nóg ’n string aanklagte van bedrog nadat sy saam met ’n man wat homself as ’n “regspraktisyn” voorgehou het, in hegtenis geneem is. Die klagtes teen Olivier en Jacobus Frederik Enslin (51), bekend as “Doktor

Fred Enslin. Foto: IRS Forensic Investigations

Stephanie Olivier. Foto: IRS Forensic Investigations

Fred”, hou verband met die Enslin Olivier Ingelyf-“regspraktyk” wat hulle in Oostewalstraat, Langebaan, bedryf het. Nie Enslin óf die firma is of was by die Suid-Afrikaanse Regspraktykraad geregistreer nie en die twee het na bewering niksvermoedende kliënte uit miljoene rande se regskostes bedrieg. Die intussen gelikwideerde “regspraktyk” is in 2021 as “Enslin Olivier International Business Lawyers LLP” in die Verenigde Koninkryk gestig met Olivier as tweede stigterslid. Chad Thomas van IRS Forensic Investigations, ’n private speurderonderneming, het ’n klagte by Langebaan-polisie aangemeld, wat later na die Wes-Kaapse polisiedirektoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, oftewel die Valke, se eenheid vir ernstige handelsmisdade oorgeplaas is.

verander is na die sekuriteitsfirma Protect Medical Response and Ambulance. Later is die “regspraktyk” op dieselfde perseel bedryf met Enslin wat glo beweer het hy is een van “die wêreld se voorste regskundiges” en dat hy verskeie regsgrade het. Volgens Mojalefa Senokoatsane, ’n woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag in die Noord-Kaap, is borgtog van R100 000 elk verlede Vrydag (9 Mei) in Kathu aan Enslin en Olivier toegestaan. Die derde beskuldigde in dié saak is die maatskappy self. Van die aanklagte teen hom hou verband met bedrog, vervalsing, uitgifte, geldwassery, afpersing, nabootsing van ’n prokureur en die aanbieding van vals kwalifikasies. Die saak teen Enslin strek egter volgens die Daily Maverick al byna ’n dekade terug, ten spyte daarvan dat die bedrog- en geldwassery-aanklagte eers in 2022 aangemeld is. Hy het in 2015 voorgegee om ’n wettige sakeman te wees wat ’n Kanadese maatskappy met ’n steenkooltransaksie van miljoene rande ingeloop het. Die hof het gelas dat Enslin dié mynmasjineriemaatskappy sowat R19 miljoen terugbetaal, maar in plaas daarvan het hy na Langebaan gevlug. Die mynmaatskappy het jare later ’n mosie ingedien dat Enslin en Olivier Ingelyf gelikwideer word omdat Enslin “onwet-

LOODGIETER Die vals praktyk is later ook deur ’n advokaat van Limpopo aangemeld en ’n prokureur in Kathu het ’n verdere bedrogsaak geopen. Enslin en Olivier het die afgelope paar dekades ’n lys maatskappye op hul name geregistreer, waarvan die meeste nou gederegistreer of gelikwideer is. Enslin het blykbaar onder meer in 2005 ’n loodgietersmaatskappy, Kakaboy Plumbing and Electrical, in Langebaan besit, wat later

’n Skermgreep uit ’n videoreeks waarin Fred Enslin gedurende die inperking tydens die Covid-19pandemie in ’n vals hofsaal in sy kantoor fiktiewe sake oor sy webkamera aangevoer het. Hy dra na bewering ’n godsdienstige gewaad in plaas van ’n regsgewaad. Foto: IRS Forensic Investigations

tige praktyke uitvoer”. Enslin het verder sy vals grade gebruik om lidmaatskap van verskeie nie-statutêre selfregulerende regsverenigings te verkry. Van dié verenigings het in 2022 met stappe teen Enslin begin en sy lidmaatskap onmiddellik beëindig. Thomas het verlede week se hofverrigtinge in Kathu bygewoon, waar die staat Enslin se borgtogaansoek teengestaan het. Thomas het ’n verklaring namens die slagoffers, wat deur IRS verteenwoordig word, ingedien om die staat se standpunt oor die teenkanting van borgtog te ondersteun. HOFSAAK IN GAUTENG Die hofsaak oor die Malawiese Bushiri in die Gautengse hooggeregshof hou verband met beweerde beleggingsbedrog van R102 miljoen. Lidmate van Bushiri se kerk, die Enlightened Christian Gathering Church in Suid-Afrika, is na bewering ingeloop. Olivier is in 2019 borgtog van R20 000 in dié saak toegestaan terwyl die Bushiriegpaar borgtog van R200 000 toegestaan is. Hulle het hierna na hul geboorteland, Malawi, gevlug. Bushiri word ook van verkragting aangekla. Malawi se hoogste hof het in Maart vanjaar gelas dat die Bushiri’s aan Suid-Afrika uitgelewer word. Hulle is tans besig om teen dié uitspraak te appèlleer.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Weslander-E-edition-15 May 2025 by Novus Media - Issuu