Skip to main content

Weslander-E-Edition-1-May-2025

Page 1

Hou die Weskus ingelig sedert 1972

1 Mei 2025 32” 43”

32" HD GOOGLE SMART TV - 32E5500G 3 Jaar Waarborg x2

TV LISENSIE & ID BENODIG MET DIE AANKOOP VAN ENIGE TV

x2

was R3 499

R2 999

Geldig tot Sondag, 11 Mei 2025 • Terwyl voorraad hou

www.applianceworld.co.za / BF&W VELDDRIF LANGEBAAN VREDENBURG 022 783 2997

Niks anders as ‘slawerny’

022 495 0001

022 713 1121

Slagoffer van mensehandel steeds vermis

Alida Buckle

D

ie staat en die verdediging se slotbetoë is in die hofsaak oor die verdwyning in 2024 van die graad-eentjie, Joshlin Smith (toe ses jaar oud), gelewer. Die Weskus en die land hou nou asem op vir regter Nathan Erasmus se uitspraak op Vrydag 2 Mei. Dit gaan nie net daaroor om moontlik geregtigheid vir Joshlin te laat geskied nie, maar dit hou ook regsimplikasies in. Nog nooit voorheen is ’n saak van mensehandel en ontvoering aanhangig gemaak terwyl die slagoffer, in dié geval 'n kind, steeds vermis is nie. Joshlin se ma, Kelly Smith, tesame met Boeta Appolis en Steveno van Rhyn, het skuld op die aanklagte van ontvoering en mensehandel met die doel om uit te buit ontken en ook gekies om nie te getuig nie. Die verhoor het nege weke gelede, op Maandag 3 Maart, in die Veeldoelige Sentrum in Saldanha begin. Adv. Zelda Swanepoel het in die staat se slotbetoog op Dinsdag 29 April benadruk dat Joshlin nie self kan verduidelik wat met haar gebeur het nie. Sy het mensehandel as ’n afskuwelike misdaad bekryf, dit “moderne slawerny” en die “kommodifisering” van ’n mens om daardeur geld te maak, genoem. Sy het aangevoer hoewel kritiek teen die staat se Artikel 204-getuie, Lourentia “Renz” Lombaard, se getuienis uitgespreek is, loop ’n “goue draad van waarheid” deur haar getuienis. Lombaard is aanvanklik saam met die ander aangekla. Sy het gesê Smith was die meesterbrein agter die verkoop en ontvoering van haar dogter. Haar medebeskuldigdes, Appolis en Van Rhyn, het geweet wat sy beplan en sou ook geld vir hul stilswye kry. Swanepoel het gesê daar is drie aspekte van mensehandel waarna gekyk word

Die staat se verteenwoordigers, van links is kapt. Wesley Lombard, adv. Zelda Swanepoel en adv. Aradhana Heeramun. Foto: Alida Buckle

Joshlin Smith, toe ses jaar oud.

– wat presies gedoen is (die gedrag of handeling), hoe dit gedoen is (die middele) en die doel van die uitbuiting. “Wanneer met ’n kind gehandel word, geld slegs twee elemente – die gedrag of handeling en die doel.” Sy meen egter die staat het in dié saak wel ook die doel bewys. NIKS ANDERS AS ‘SLAWERNY’, SÊ DIE STAAT Die staat is nie seker of Joshlin verkoop is vir seksuele uitbuiting of kinderarbeid nie, maar die staat se argument lui dit was vir slawerny of praktyke soortgelyk aan slawerny. Swanepoel het “Die Plan” in ’n gedetailleerde tydlyn uiteengesit. Die hof het getuienis gehoor dat Smith haar plan al in Augustus 2023 aan Stephen Coetzee uiteengesit het om haar kind /kinders vir R20 000 te verkoop. Sy het ook glo voorspel dat dit in Middelpos en Diazville in 2023 soos in ’n rolprent sou afspeel, met mense en karre wat na die ontvoerde kind soek. Volgens die staat is ’n ooreenkoms

Adv. Nobahle Mkabayi (links) en adv. Rinesh Sivnarain. Foto: Alida Buckle

tussen die beskuldigdes gesluit om stil te bly oor die verkoop van Joshlin. Swanepoel het daarna verwys dat Joshlin ’n weerlose kind is, wat deur die grootmense wat haar moes beskerm en van wie sy afhanklik was, weggegee is. Iemand anders het nou beheer oor haar. Sy het verwys na die getuienis waarin geopper is Kelly sou gesê het dat Joshlin vir haar besondere kleur oë en blonde hare gesoek is. Sy het na verskeie aspekte verwys wat in die binneverhoor

uit Appolis en Van Rhyn se getuienis vorendag gekom het, soos die R20 000, wat hulle nie ontken het nie. Hulle het aan die ondersoekbeamptes gesê die geld was vir die “verruiling” van Joshlin. Swanepoel het gesê die staat se wens is dat die beskuldigdes skuldig bevind word aan mensehandel en ontvoering. As dit gebeur, kan Smith, Appolis en Van Rhyn dalk lewenslange tronkstraf opgelê word. • Die verdediging was teen Weslander se druktyd nog besig met hul slotbetoë.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Weslander-E-Edition-1-May-2025 by Novus Media - Issuu