Dr Gavin Breeds OBSTETRICIAN and GYNAECOLOGIST MbChB (UCT) FCOG(SA)
Wesfleur Private Clinic Wesfleur Circle, Atlantis Bookings:
Tel: 021 572 8578 • 069 427 9422 Whatsapp: 066 097 0534 NM10057580-WU120526
Verspreidingsgebiede: Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand | Dinsdag, 12 Mei 2026 | Tel: 067 091 0618 | E-pos: murphy.roberts@novusmedia.co.za
Publiek wys hul ondersteuning vir outisme Die Atlantis-gemeenskap het onlangs tydens die bewusmaking van outisme hul ondersteuning gewys. Foto: Murphy Roberts
Antie Shirley sterf David Rossouw
S
hirley van Dyk was vir die Atlan tis- en Mamre- gemeenskappe veel meer as net ’n werkende huisvrou. Sy was ’n leier en iemand wat haar medemens altyd eerste gestel het. Haar stem het op 28 April vir inwoners van Atlantis en Mamre, sowel as haar kollegas by Shoprite Atlantis, stil geword toe sy op die ouderdom van 59 jaar, twee maande en 18 dae haar laaste asem uitgeblaas het. Shirley is op 10 Februarie 1967 gebore en was met Shipley van Dyk getroud. Sy laat haar man, twee kinders – Shane en Shanequa – en een kleinkind, Shaydan (ses jaar oud), agter. Sy het haar loopbaan by Shoprite in die laat 90’s as ’n gewone pakker begin en die leer met harde werk tot verliesbestuurder geklim. Vir haar kollegas was sy nie net ’n staatmaker nie, maar ’n mentor en moederfiguur, wat altyd ’n oop deur gehad het. Baie het haar geken as “Antie Shirley”
‘Bly hou daardie mooiheid; ek is lief vir jou’ of “Suster Shirley”, ’n Godvresende vrou wat haar kinders en ander in die tug en vermaning van die Bybel grootgemaak het. Sy het almal gelyk behandel en geglo aan standaarde en beleid, of dit nou by die werk of in haar geloof was. Rezaane Willemse onthou haar só: “Antie Shirley laat ’n groot leemte wat nie gou gevul sal word nie. Sy was ons moeder en mentor hier by Shoprite. Met haar vriendelikheid het sy warmte in mense se lewens gebring en ’n onvergeetlike indruk gelaat.” Haar woorde aan mense was dikwels eenvoudig maar diep: “Bly hou daardie mooiheid; ek is lief vir jou.” Vir haar man is die verlies groot. “Shirley was die steunpilaar vir my en my kinders. Ons sal haar gewis mis, maar ons aanvaar die verlies, want God weet beter waarom sy weggeneem is.” Shirley is op Saterdag 9 Mei in die Mamre Morawiese begraafplaas te ruste gelê, waar familie, gemeentelede, vriende
en kollegas haar vir oulaas gegroet het. Die diens was ’n waardige huldeblyk aan ’n vrou wat nie net ’n geestelike leier was nie, maar ook ’n moederfiguur en mentor vir soveel mense. Die begrafnis het die gemeenskap van Atlantis en Mamre saamgebring in ’n atmosfeer van rou, maar ook dankbaarheid vir die nalatenskap wat sy agterlaat. Haar kollegas van Shoprite het haar beskryf as ’n staatmaker en ’n bron van warmte en raad, terwyl haar familie haar as die steunpilaar van hul huis onthou. Vir Shipley en die kinders, Shane en Shanequa, sowel as haar kleinkind, Shaydan, is die verlies groot, maar die herinnering aan haar liefde en geloof sal bly voortleef. Shirley se woorde,“Bly hou daardie mooiheid; ek is lief vir jou”, weerklink steeds in die harte van die gemeenskap van Atlantis en Mamre en sal vir lank onthou word.
Shanequa van Dyk en haar afgestorwe ma, Shirley van Dyk.
’n Vrou wat met nederigheid en standvastigheid in haar gemeenskap geleef het, laat ’n nalatenskap van geloof, liefde en diens agter. Haar lewe was ’n getuienis van omgee en toewyding — aan haar familie, haar kollegas en haar gemeente. Rus sag, Shirley van Dyk. Jou warmte, jou geloof en jou woorde sal in die harte van Atlantis, Mamre en Pella inwonners voortleef.