Skip to main content

WeskusNuus E-Edition 11 August 2026

Page 1

Dr Gavin Breeds OBSTETRICIAN and GYNAECOLOGIST MbChB (UCT) FCOG(SA)

Wesfleur Private Clinic Wesfleur Circle, Atlantis Bookings:

Tel: 021 572 8578 • 069 427 9422 Whatsapp: 066 097 0534 NM10065602-WU140726

Verspreidingsgebiede: Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand | Dinsdag, 11 Augustus 2026 | Tel: 067 091 0618 | E-pos: murphy.roberts@novusmedia.co.za

Vroue breek grense

A

TLANTIS – Die bekende plaaslike sangeres Nikita Scott is een van 17 vroue uit die Wes-Kaap wat deel is van die internasionaal bekroonde Bold Beauty Project se eerste Afrika-uitstalling, wat hierdie maand in Kaapstad open.

Die fotografie-uitstalling, “As She Is”, word tot 29 Augustus by 33BREE, in samewerking met The Artists Gallery aangebied. Die projek, wat in die Verenig­ de State ontstaan het, het reeds wêreldwye­ erkenning ontvang vir sy gebruik van fotografie en persoonlike stories om persepsies oor gestremdheid, skoonheid en insluiting uit te daag. Die projek vir die eerste Afrika-weergawe­is spesiaal vir die Wes-Kaap herontwerp. Sewentien vroue wat met gestremdhede leef, is deur bekende Suid-Afrikaanse fotograwe afgeneem. Elke grootformaatportret word aangevul deur die vrou se eie verhaal, wat besoekers ’n blik gee op haar identiteit, persoonlikheid en lewens­ ervaring. Scott, wat ’n rolstoel gebruik, word saam met onder andere Danilene Swarts van Mamre uitgebeeld. Swarts, wat gehoorge­ stremd is, dien as tesourier van die Lief en Leed-organisasie vir Mense met gestremdhede. Ook deel van die uitstalling is dr. Marlene le Roux, uitvoerende hoof van Artscape en ’n bekende kampvegter vir die regte van mense met gestremdhede. PROJEK EGTER NIÉ OOR GESTREMDHEID NIE Volgens Jaret Loggenberg, die besturende direkteur van The Artists Gallery en 33BREE, gaan die projek nie oor gestremd­ heid nie, maar oor sigbaarheid, waardigheid en die viering van buitengewone vroue presies soos hulle is. “Ons is geëerd om hierdie internasio­naal erkende projek die eerste keer na SuidAfri­­ka te bring. Ons hoop die uitstalling sal gesprekke oor insluiting en verteenwoordiging inspireer tot lank nadat besoekers die galery verlaat het,” sê hy. Le Roux, wat as medekurator en mentor aan die Wes-Kaapse projek gewerk het, sê mense met gestremdhede moet nooit as probleme beskou of onsigbaar gemaak word nie. “Hierdie projek gaan oor krag, selfaan-

Atlantis- en Mamre-vroue blink uit

“HIERDIE PROJEK GAAN OOR KRAG, SELFAANVAARDING EN DIE MOED OM JOUSELF TEN VOLLE TE OMHELS.”

Nikita Scott

vaarding en die moed om jouself ten volle te omhels. Dit sê eenvoudig: ‘Kyk na haar. Sien wie sy is, net soos sy is’,” sê Le Roux. Die Bold Beauty Project is in die VSA deur Shelly Baer en dr. Eva Ritvo gestig en het sedertdien in verskeie lande uitgestal. Die jongste internasionale mylpaal was die projek se deelname aan die 61ste Venesië-biënnale, waar dit as deel van die gesogte Personal Structures – Confluences-­ uitstalling by Palazzo Mora vertoon is. Meer as 150 kunstenaars uit meer as 40 lande het aan dié uitstalling deelgeneem. Volgens die organiseerders wys die Wes-

Kaapse weergawe hoe die universele taal van fotografie kulture kan oorbrug en ’n stem aan mense, wat dikwels nie gesien of gehoor word nie, kan gee. Die uitstalling is deel van die HEAT Arts Festival en toegang is gratis. Besoekers kan die uitstalling by 33 Bree Street in Kaapstad tot 29 Augustus besoek. Daarmee word nie net die talent van Suid-Afrikaanse fotograwe uitgelig nie, maar ook die buitengewone verhale van vroue wat daagliks bewys dat ware skoonheid, moed en waardigheid geen beperking ken nie.

Danilene Swarts van Mamre.


2

Weskus Nuus NUUS NEWS

11 Augustus 2026

Inwoners het vroeêr vanjaar ’n petisie teen die verkoop van die Thusong-sentrum aan Allister Lightburn, die voorsitter van subraad 1, oorhandig. Foto: Murphy Roberts

Thusong-sentrum nie meer verkoop Murphy Roberts Die Thusong-sentrum in Atlantis is ’n stap nader om sy rol as belangrike dienspunt vir die gemeenskap voort te sit nadat die Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse regering ’n beginselooreenkoms oor die oordrag van die eiendom bereik het. Die drama rakende die moontlike verkoop van die die sentrum het die dorp sedert laat verlede jaar in rep en roer gehad en verskeie politieke partye en gemeenskapsorganisasies het die stem behoorlik dik gemaak oor die Stad se plan om dit te verkoop. Met meer as 15 000 handtekeninge en petisies teen die verkoop van die sentrum het die Stad besluit om nie die kontrak van binnelandse sake te hernu nie, wat dienslewering ontwrig het. Ingevolge die voorgestelde ooreenkoms

sal die Stad die perseel aan die WesKaapse regering skenk. Die provinsiale regering sal dan verantwoordelik wees vir die eienaarskap, bestuur en instandhouding van die sentrum. Die Thusong-sentrum bied reeds jare lank ’n verskeidenheid staats- en maatskaplike dienste aan inwoners van Atlantis en omliggende gebiede. Die departement van maatskaplike ontwikkeling sal sy dienste uit die sentrum lewer en Sassa sal ook steeds dienste uit die gebou lewer terwyl die gebou as ’n openbare gerief vir die gemeenskap behoue bly. Volgens die Stad sal die voorgestelde oordrag die langtermyn-volhoubaarheid van die sentrum versterk, toegang tot noodsaaklike dienste beskerm en die uitbreiding van maatskaplike ontwikke­ lingsprogramme moontlik maak. Die Stad se burgemeesterskomiteelid­­ vir ekonomiese groei en toerisme, James

Vos, sê die besluit is daarop gemik om die sentrum se openbare doel te beskerm. FOKUS OP DIENSLEWERING “Ons fokus was nog altyd om te verseker dat die Thusong-sentrum in Atlantis die gemeenskap bly dien. Hierdie ooreenkoms bied die geleentheid om noodsaaklike dienste te beskerm en verder uit te brei,” het hy gesê. Tertuis Simmers, die Wes-Kaapse ­minister van infrastruktuur, sê die sentrum vervul ’n belangrike rol om inwoners tot noodsaaklike dienste toegang te gee. Sy departement is volgens hom daartoe verbind om die geriewe vir die langtermyn te onderhou en te bewaar. Die Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, Jaco Londt, sê inwoners het tydens ’n onlangse besoek deur die premier en die Stad se burgemeester aangedui dat beter toegang tot

staatsdienste nodig is. “Hierdie ooreenkoms is ’n regstreekse reaksie op daardie behoefte en sal verseker dat inwoners steeds toegang het tot die ondersteuning en dienste wat hulle benodig,” het Londt gesê. Die voorgestelde oordrag het reeds die steun van die betrokke subraad ontvang en sal nou die nodige administratiewe en wetlike goedkeuringsprosesse deurloop voordat dit afgehandel kan word. Hoewel openbare deelname nie vir die oordrag van eiendom tussen staatsorgane vereis word nie, het die Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse regering onderneem om die gemeenskap op hoogte van die proses te hou. Indien die oordrag goedgekeur word, sal die Atlantis-Thusong-sentrum steeds as ’n sentrale punt vir staats- en maat­ skaplike dienste funksioneer en sy rol as belangrike gemeenskapsfasiliteit voortsit.

Mense is keelvol vir misdaad Murphy Roberts Inwoners van Beaconhill het nou self standpunt teen misdaad ingeneem nadat hulle tydens ’n gemeenskapsvergadering besluit het om hul samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) te versterk. Die misdaadbewusmakingsvergadering is by ’n woning in Darling-singel gehou, waar inwoners hul kommer uitgespreek het oor toenemende misdaad en maniere bespreek het om veiligheid in hul woonbuurt te verbeter. Die sektorbevelvoerder vir Beaconhill, adjudant-offisier Denver Abrahams, en die GPF-verteenwoordiger Glodene Smith, het die vergadering bygewoon en inwoners aangemoedig om nou saam met die polisie en bestaande veiligheidsstrukture te werk. Verskeie inwoners het hul frustrasie­ uitgespreek oor stadige reaksietye wanneer misdaad aangemeld word, probleme om die Atlantis-polisiekantoor se landlyn­nommers te bereik en ’n tekort aan sigbare polisiëring in sekere dele van die woonbuurt. Kabeldiefstal bly volgens inwoners een van die grootste probleme in Beaconhill. Kommer is ook uitgespreek oor groepe wat gereeld op die oop terrein tussen Aventineweg, Castlehill en Carltonweg bymekaarkom, asook beweerde dwelmhandel in Beekberg-singel. Abrahams het gesê misdaad kan slegs suksesvol bekamp word indien die gemeenskap en die polisie saamwerk. “Polisiebeamptes moet passie vir hul werk hê en die bekamping van misdaad is nie net die verantwoordelikheid van

Inwoners van Beaconhill is keelvol vir die tikkoppe in die gebied en gaan nou self inspring om hul gebied veiliger te maak. Ashley Poole, ’n gemeenskapleier, het bevestig hulle weet nou wie die skurke is wat inwoners van Beacon-Hill treiter. Foto’s: Murphy Roberts.

die polisie nie, maar elke inwoner het ’n rol om te speel om ’n veiliger omgewing te skep,” het Abrahams bygevoeg. Kontakbesonderhede is tydens die vergadering tussen polisie, GPF-verteenwoordigers en inwoners uitgeruil om kommunikasie te verbeter en voorvalle vinniger aan te meld. Die Beaconhill-buurtwag word intussen met die ondersteuning van die GPF gevestig. Opleiding sal aan lede gebied word om hulle vertroud te maak met hul verantwoordelikhede, die wetlike raamwerk waarbinne hulle moet optree en hoe om doeltreffend saam met die polisie te werk, het Smith gese. Inwoners het ook kennis geneem van onlangse suksesse deur die polisie, soos die inhegtenisneming van ’n ver­dagte wat met kabeldiefstal verbind word, asook optrede teen ’n skuilplek naby Lucas Run waar dwelms en vermoedelik gesteelde goedere glo versteek is.

Die skuilplek waar skurke wegkruip en ook vermoedelik gesteelde goed versteek is en wat deur die polisie aan inwoners uitgewys is.


NUUS NEWS

11 Augustus 2026

Weskus Nuus

3

Ver te min mense by imbizo, maar kry nie vrae gevra nie Murphy s

Die personeellede van die Emmanuel-dagsorgsentrum in Atlantis het hul 67 Mandela-minute aan die Blikkiesdorp- informele nedersetting gewy deur warm, tuisgemaakte maaltye en sop aan inwoners uit te deel. Foto: David Rossouw

Dagsorgsentrum gee aan gemeenskap David Rossouw Toegewyde personeellede van die Emmanuel-dagsorgsentrum in Atlantis het hul 67 Mandela-minute aan die Blikkiesdorp- informele nedersetting gewy en ondersteuning en vriendelikheid gebied aan sommige van die gebied se mees kwesbare inwoners. Die span het die tyd spandeer om warm tuisgemaakte maaltye en sop voor te berei en te versprei, wat broodnodige verligting en vertroosting aan die minderbevoorregte gemeenskap gebring het. Joyce Anderson, sentrumbestuurder by Emmanuel-dagsorg, het die motivering agter hul besoek gedeel. “Ons is werklik geseënd met soveel dinge in die lewe, en dit is ons verantwoordelikheid om terug te gee aan diegene wat daagliks deur ’n stryd in die gesig gestaar word,” het sy gesê. “Ons het Blikkiesdorp gekies omdat ons ’n positiewe verskil wil maak in die lewe van die inwoners wat dikwels oor die hoof gesien word en ernstige ontbe-

ring beleef. “Om tyd te spandeer om terug te gee aan die minderbevoorregtes is ons manier om deernis en hoop te toon. Ons hoop ook dat hierdie gebaar die breër gemeenskap binne die nedersetting in die toekoms inspireer,” het Anderson gesê. Emmanuel-dagsorgsentrum is ’n niewinsgewende organisasie wat daartoe verbind is om vir benadeelde kinders met spesiale behoeftes in Atlantis en omliggende gemeenskappe te sorg. Hul deelname aan die 67 Mandela Minutes-inisiatief is ’n demonstrasie van hul toewyding aan die visie wat Nelson Mandela voorgestaan het ​​ – ’n visie van eenheid en waardigheid. Mandela het eens gesê: “Daar kan geen groter geskenk wees as om jou tyd en energie te gee om ander te help sonder om iets terug te verwag nie.” Deur h ­ ierdie gees te omhels, het die Emmanuel-dagsorgsentrum-span nie net Mandela se nalatenskap geëer nie, maar ook hul rol as trotse lede van die Atlantis-gemeenskap versterk.

Hoëkommissaris kom kuier Murphy Roberts Lisa Weedon, die Verenigde Koninkryk se waarnemende hoëkommissaris in Suid-Afrika, het Atlantis op Dinsdag 4 Augustus besoek om eerstehands kennis te neem van die gemeenskap se uitdagings en die invloed van projekte wat met Britse steun moontlik gemaak is. Weedon en ’n afvaardiging het onder meer die Atlantis-traumasentrum besoek, waar sy die onlangs opgegradeerde fasiliteit besigtig het. Die opgraderings is moontlik gemaak danksy finansiering­ wat deur die Britse Hoë Kommissie beskikbaar gestel is. Tydens haar besoek het Weedon met personeel en rolspelers gesels oor die dienste wat die sentrum aan slagoffers van geweld en trauma lewer. Sy het ook navraag gedoen oor watter verdere

ondersteuning die Britse Hoë Kommissie moontlik kan bied om die sentrum en die breër gemeenskap te versterk. Die traumasentrum vervul ’n belang­ rike rol in Atlantis deur ondersteuning en berading aan slagoffers van misdaad, gesinsgeweld en ander traumatiese ­ervarings te bied. Die besoek het die afvaardiging ook die geleentheid gebied om ’n beter begrip te kry van die uitdagings waarmee inwo­ ners daagliks te kampe het asook die werk wat plaaslike organisasies doen om dié uitdagings die hoof te bied. Volgens betrokkenes was die besoek ’n waardevolle geleentheid om bestaande vennootskappe te versterk en moontlike­­ toekomstige samewerking te bespreek, met die fokus op die verbetering van dienste en ondersteuning aan die ­Atlantis-gemeenskap.

’n Gemeenskapsimbizo, wat deur die Atlantis-polisie gereël is en spesifiek op die jeug gemik was, is swak deur inwo­ ners bygewoon nadat ’n beplande provinsiale byeenkoms op kort kennisgewing afgegradeer is na ’n plaasliketakvlak-­ geleentheid. Slegs plaaslike bevelvoerders, onder wie kol. Mario Thyse, lt.kol. Deon Jafte en kol. Theresa Reeves van die speureenheid, het die byeenkoms bygewoon nadat die provinsiale kantoor sy deelname gekanselleer het. Die lae bywoning was ten spyte van inwoners se toenemende kommer oor bendegeweld en geweldsmisdaad in Atlantis. Herhaaldelike skietvoorvalle in Saxonsea, Sherwood Park en Pirate Town is onlangs aangemeld, terwyl die ontdekking van drie mans se lyke met skietwonde die gemeenskap geskok het. Slegs ’n handjievol vrae is tydens die imbizo aan polisiebestuur gerig. Die gemeenskapsaktivis Peter Stoffberg het ernstige kommer uitgespreek oor wat hy beskryf het as onprofessionele optrede deur sommige speurders wanneer hulle met slagoffers van misdaad werk. Hy het aangevoer swak ondersoeke in sommige gevalle dra daartoe by dat sake nie deur die hof vervolg word nie of later teruggetrek word. Volgens Stoffberg het hy tydens hofsittings opgemerk dat tot agt sake per

dag van die rol geskrap word omdat die dossiere nie daar is nie. Stoffberg het ook verwys na ’n onlangse moordsaak waarin drie beskuldigdes vrygelaat is nadat getuies glo nie vir die hofverrigtinge opgedaag het nie. Hy het aangevoer tekortkominge bestaan om te verseker dat getuies die verhoor bywoon. Die moeder van een van die oorledenes was volgens hom ook by die imbizo, maar het nie die geleentheid gekry om haar bekommernisse te lug nie. Stoffberg beweer ook twee speur­ders het hulle in afsonderlike sake onprofessioneel teenoor vroulike klaers gedra. Hy het gesê hy is verhinder om dié bewerings volledig tydens die vergadering te bespreek. Verskeie inwoners het ook hul kommer uitgespreek oor wat hulle as ’n ­gebrek aan ’n doeltreffende strategie beskou om bendegeweld hok te slaan. Volgens hulle behoort groter klem geplaas te word op die ontwrigting van bendes se dwelm- en vuurwapennetwerke en die uitkenning van bendeleiers. Inwoners het aangevoer die polisie reageer dikwels slegs op misdaad nadat dit plaasgevind het eerder as om proaktiewe optrede te neem om geweld te voorkom. Volgens kapt. Lisa Munro, ’n polisie-­ woordvoerder, kan sy bevestig dat ’n klagte wel aangemeld is, waarna dit na die provinsiale kantoor verwys is.

Slegs ’n handjievol inwoners het die Imbizo bygewoon, wat kommerwekkend is, het Peter Stoffberg verduidelik. Foto: Murphy Roberts

M.A. Sielk. | B.A.Honn.Sielk. | B.Com.BSielk. Counselling Psychologist PR 8630453

Thinking of SELLING? Find out what your home is worth! Contact: Lindy de Wet

072 497 5744

021 572 5771 067 850 6479 Atlantis - Wesfleur Privaat Kliniek, Wesfleursirkel Durbanville - 22 Marco Close, Uitzicht Mediese fondse en bankkaartbetalings word aanvaar.

Registered with the PPRA 000000-WU110826

CHATSWORTH MALMESBURY

R450 000 ATLANTIS, REDUCED R430 000 SAXONSEA

R1200 000

ATLANTIS, ROBINVALE

Sole mandate

FIRST TIME OFFERED

FOR SALE

NM10068997-WU110826

Sole mandate

•

This house consists of: • Lounge • Sunroof • Kitchen • • 2 Bedrooms • Erf:227m² • Bathroom/Toilet

TO RENT ATLANTIS

FACE BRICK HOUSE LOCATION, LOCATION, LOCATION SOUGHT AFTER AREA

R1800 000 Sole mandate

ENTERTAINER'S DELIGHT.

Property consist of: Entrance Hall, Property consist of: Kitchen fully fi�ed, Lounge, Dining Room, Huge Kitchen open plan Lounge with gas fireplace, Fully Fi�ed, Dining Room, Tv Room 2bedrooms, Walking wardrobe with With Fireplace, 3 Bedrooms (b.i.c's), cupboards, Bathroom, toilet with Main-en-suite, Entertain Area With shower, Garage, Entertainment area, Build In Braai, Separate Entrance With Outside shed, Burglar Bars, Safety Own, Bathroom/toilet, Swimming Pool gates, Alarm, Fully enclosed

WE ARE LOOKING FOR PROPERTY FOR OUR CASH BUYERS!!

STILL ONLY

5%

PAY

Bachelor COMMISSION separate T&C's apply CALL KENNY TODAY!! FOR THIS MONTH ONLY entrance Lounge, VALUATIONS FOR AREAS: ATLANTIS, MAMRE, PELLA, kitchen, bedroom VALUATIONS CHATSWORTH, DARLING and bathroom R3500

FREE

Call Kenny NOW - 082 569 9242

Die raadslid Allister Lightburn bedank die Britse waarnemende hoëkommissaris in Suid-Afrika, Lisa ­Weedon, vir haar bydrae vir die opgradering van die Atlantis-traumasentrum. Foto: Murphy Roberts

per month

NM10068689-WU110826


4

Weskus Nuus NUUS NEWS

11 Augustus 2026

Kandidate sê wat hulle sal wil doen Murphy Roberts In aanloop tot die munisipale verkiesing op Woensdag ­ 4 November gesels WeskusNuus met die kandidate wat in Atlantis om inwoners se stemme meeding. Ons vra elke kandidaat dieselfde vrae oor hul prioriteite, die uitdagings in hul wyk en hul planne ­indien hulle verkies word. Michael Roberts PA (wyk 29), wat in Mamre gebore en getoë is en aan Mamre Primêr en die Hoërskool Saxonsea skool­ gegaan het, sê hy stel hom as wykraadslid verkiesbaar omdat hy eerder deel van die oplossing wil wees as om oor probleme te kla. Hy wil verseker inwoners se stemme word in die stadsraad gehoor. Indien hy verkies word, wil Roberts werkskepping bevorder deur met plaaslike ondernemings saam te werk, vaardigheids­ ontwikkelingsprogramme aan te bied en entrepreneurs te ondersteun. Hy wil ook veilige en skoon parke, beter funksio­ nerende klinieke, groter onder­ steuning vir kinderhuishoudings en bejaardes asook programme wat jongmense van dwelms en bendes weghou, bevorder. Roberts sê hy wil ’n raadslid wees wat dien en belowe om bereikbaar te wees, gereeld buurtbesoeke doen en inwoners gereeld terugvoer gee oor sake in die wyk. Hy beskou werkloosheid,

Michael Roberts van Mamre is die PA se kandidaat in wyk 29.

Donae September van ARA (wyk 29).

Theunis Mack van die PA (wyk 32).

swak dienslewering, misdaad en behui­sing as die grootste uitdag­ ings. Om veiligheid te verbeter, wil hy die samewerking tus­ sen die polisie, gemeenskaps­ polisiëringsforums, buurtwagte en inwoners versterk terwyl hy glo werkskepping en geleenthede vir jongmense sal help om mis­ daad te verminder. Om werkloosheid te bekamp, wil Roberts plaaslike sakeonder­ nemings en SMME’s aanmoedig om inwoners van die wyk eerste aan te stel en vaardigheidsop­lei­ding en beursgeleenthede vir jongmense bevorder. Sy onmid­ dellike fokus sal wees om saam met wetstoepassers veiliger bushaltes, skoolvervoer en naweekpatrollies te verseker. Donae September, ARA (wyk 29 en 32), is ’n ma van twee, ouma, sakevrou, waarnemende predikant by JCI-kerk, streeklei­

er van ARA Blaauwberg en ’n gemeenskapsaktivis. Sy sê haar passie vir die stryd teen geslags­ geweld (GBV) en die moorde op jongmense het haar gemotiveer om haar as kandidaat vir wyk 29 verkiesbaar te stel. Volgens September spruit haar besluit uit ’n begeerte om werklike verandering te bring. Sy glo diensbaarheid en integri­ teit behoort die grondslag van leierskap te wees. Haar prioriteite sluit program­ me in om vaderskap te bevorder asook jeugontwikkeling,­die bekamping van onreg, beter on­ derwys en die bemagtiging van inwoners deur entrepreneurskap en sake-ontwikkeling. Sy meen inwoners moet vir haar stem omdat sy met integri­ teit, passie en deernis dien en altyd vir geregtigheid sal veg. September beskou bende­

geweld, dwelmgebruik, werk­loos­ heid en uitdagings in die onder­ wys as die grootste probleme in die wyk. Sy wil samewerking tussen die gemeenskap, die polisie en kerke versterk, morele waardes in skole bevorder en jongmense meer geleenthede gee. Om werkloosheid te bekamp, moedig sy inwoners aan om opleiding te volg, geleenthede by West Coast College te benut en entrepreneurskap te oorweeg.­ Indien sy verkies word, sal werk­ skepping haar eerste voorkeur wees, aangesien sy glo dit sal ook misdaad, GBV, dwelm­ misbruik en bendegeweld help verminder. Theunis Mack PA (wyk 32), ’n inwoner van Proteapark, egge­ noot, oupa en voormalige admi­ nistrateur by die Wesfleur-hospi­ taal, sê sy 28 jaar in die openbare

sektor en sy gemeenskapsbe­ trokkenheid het hom ’n goeie begrip gegee van die uitdagings waarmee inwoners daagliks te kampe het. Hy staan as kandidaat omdat hy verantwoordbare en deernis­ volle leierskap na die stadsraad wil bring en glo sy ervaring plaas hom in ’n goeie posisie om inwoners van wyk 32 te verteen­ woordig. Mack se prioriteite sluit plaas­ like werkskepping deur beter toegang vir SMME’s tot munisi­ pale en Atlantis SEB-kontrakte in. Hy wil ook veiligheid verbeter deur spreiligte in misdaadbrand­ punte aan te bring, gevaarlike sluiproetes te sluit, buurtgroepe te ondersteun, vullisverwydering te verbeter en openbare vervoer meer bekostigbaar te maak. Hy meen inwoners moet vir hom stem omdat hy ’n bew­ ese rekord van dienslewering, integri­teit en gemeenskapsbe­ trokkenheid het. Mack beskryf dwelmgebruik as die grootste krisis in die wyk en steun sterker rehabilitasie- en voorkomingsprogramme. Om werkloosheid te bekamp, wil hy plaaslike ondernemings beter toegang tot tenders gee, ’n databasis vir SMME’s vestig en werksgeleenthede vir West Coast College-studente bevorder. Indien hy verkies word, sal hy begin deur gemeenskapsgeba­ seerde selgroepe te vestig sodat inwoners ’n groter rol in besluit­ neming kan speel.

Skandeer die QR-kode hieronder om op Die Papier in te teken (vir 6 maande) en staan 'n kans om verblyf vir 2 mense vir 2 nagte by die 5-ster Coach House byVal Du Charron ter waarde van R13 222 te wen. Die prys sluit ontbyt in. Vlugte en alles reisreëlings is uitgesluit.

Die prys moet binne 6 maande ná die wenner gekies is, gebruik word en is onderhewig aan beskikbaarheid. Die prys kan nie oorgedra word na iemand anders of vir kontant geruil word nie. Sluitigsdatum 28 Augustus. Die wenner word September in Die Papier en op Die Papier se Facebook blad aangekondig. Die wenner sal telefonies gekontak word.

Skandeer QR-kode en stuur epos met onderwerp: “6 maande intekening - Coach House by Val Du Charron” sluit in: kontakbesonderhede (naam, adres en telefoon nr.)


11 Augustus 2026

NUUS NEWS

Weskus Nuus

5


6

Weskus Nuus NUUS NEWS

11 Augustus 2026

Mans leer oor regte oor geweld tuis Murphy Roberts Geslagsgeweld raak nie net vroue en kinders nie. Hierdie­belangrike boodskap is die afgelope Woensdag (5 Augustus) aan ’n groep mans van Kanonkop oorgedra tydens ’n bewusmakingsessie wat deur die Atlantis-polisie en die Atlantis-gemeenskapspolisiëringsforum (PGF) aangebied is. Die sessie het ten doel gehad om mans bewus te maak van die verskillende vorme van geslagsgeweld, hul regte as slagoffers en die ondersteuning wat tot hul beskikking is. Volgens Julie Lubbe van die Atlantis-GPF heers ’n stigma steeds daaraan, wat veroorsaak dat baie mans nie mishandeling aanmeld nie. “Baie mans voel skaam of is bang dat hulle nie ernstig opgeneem sal word wanneer hulle slagoffers van mishandeling is nie. Daarom was dit belangrik om hulle te verseker dat hulp wel beskikbaar is en dat hulle nie alleen is nie,” het Lubbe

Die groep mans van Kanonkop is deur verskeie keners oor hul regte as slagoffers van geslagsgeweld toegespreek. Foto: Murphy Roberts

gesê. Die hoogtepunt van die sessie was ’n voorlegging deur Charmain Hansen van die Thuthuzela-­sentrum. Sy het die dienste verduidelik wat die sentrum aan slagoffers van geslagsgeweld bied, soos emosionele ondersteuning, berading en hulp met die strafregtelike proses.

Volgens Hansen was sy verras deur hoeveel van die mans nog nooit van die Thuthuzela-sentrum gehoor het nie. VERBASING OOR HULP VIR MANS “Die verbasing op hul gesigte was duidelik sigbaar. Terselfdertyd kon ’n mens die verligting sien toe hulle besef daar is wel

’n plek waar hulle ondersteu­ ning­kan ontvang indien hulle slagoffers van geslagsgeweld word,” het sy gesê. Die Atlantis-polisie het ook die geleentheid gebruik om die regsproses aan die mans te verduidelik. Lede het uiteengesit hoe gevalle van geslagsgeweld aangemeld kan word, watter

regte slagoffers het en watter beskermingsmaatreëls beskikbaar is. Allister Lightburn, die wykraadslid en voorsitter van subraad 1, het die mans aangemoedig om die stilte oor mishandeling te verbreek. “Geen man behoort in stilte te ly nie. As jy ’n slagoffer van geslagsgeweld is, moet jy weet jy is nie alleen nie en mense en organisasies is beskikbaar en gereed om jou te ondersteun,” het hy gesê. Lightburn het veral vaders aange­moedig om as rolmodelle op te tree deur hulp te soek wanneer hulle dit nodig het en hul kinders te leer geweld is nooit die oplossing nie. Die organiseerders hoop die inligtingsessie sal meer mans aanmoedig om mishandeling aan te meld en betyds ondersteuning te soek. Hulle beklemtoon dat geslagsgeweld en huishoudelike geweld enige mens kan raak, ongeag ouderdom of geslag, en dat elke slagoffer die reg op beskerming, ondersteu­ ning en geregtigheid het.

‘Stats show child abuse’ – DA Mauricia Petersen An alarming 296 pregnancies were recorded among girls aged 10 and 14 in the Western Cape during the 2024-'25 financial year, according to the Western Cape Department of Health and Wellness. The Democratic Alliance has called for urgent action, saying the statistics point to evidence of widespread child sexual abuse and statutory rape. "When a child as young as 10 years old presents as pregnant, there can be no ambiguity," the party stated on Monday, "this is evidence of child sexual abuse and, at a minimum, statutory rape." ACTION NEEDED Wendy Kaizer-Philander, the DA's Western Cape spokesperson on social development, said all institutions with a legal duty to act must do so immediately. "The DA is unequivocal in its position that children must be protected, perpetrators must be held accountable and every institution with a legal duty to act must do so without hesitation. Failure to

report, investigate and prosecute cases of child rape and statutory rape not only denies victims justice but also encourages a culture of impunity for perpetrators." The DA emphasised that such cases must be reported to the police and investigated without delay, as required by law. COMMITTEE TO SUMMON OFFICIALS The Standing Committee on Social Development in the Western Cape Parliament intends to call the departments of Social Development, Education and Health and Wellness, together with the National Prosecuting Authority and the police's Family Violence, Child Protection and Sexual Offences Unit, to appear before it. The committee will assess the effectiveness of current interventions aimed at addressing teenage pregnancy, child sexual abuse and statutory rape, while identifying the factors contributing to the persistently high number of teenage pregnancies in the province.

Aansoeke vir 2027 se skooloorplasings nou oop Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) herinner ouers en voogde dat die aansoektydperk vir skooloorplasings vir leerders in grade 2 tot 7 en grade 9 tot 12 nou oop is. Aansoeke vir oorplasings vir die 2027-skooljaar kan van 3 tot 17 Augustus 2026 ingedien word. Die WKOD sê die aansoekproses het vanjaar effens verander en ouers moet let op of hulle aanlyn moet aansoek doen en of hulle hul aansoek self by die skool moet indien. Aanlyn aansoeke is slegs beskikbaar vir leerders wat aan spesifieke vereistes voldoen. Dit sluit in wanneer ’n leerder die hoogste graad by sy of haar huidige skool voltooi het, wanneer ’n ouer of voog weens werk na ’n ander gebied verhuis het, of wanneer die gesin se woonadres andersins verander het. Ouers wat nie aan dié vereistes voldoen nie, maar hul kind bloot na ’n ander skool wil oorplaas, moet ’n papieraansoek persoonlik by die skool van hul keuse indien. Papieraansoeke is ook verpligtend in gevalle waar gedokumenteerde veilig­

heids- of kwesbaarheidskwessies is, waar ’n leerder toegang tot spesifieke mediese of sielkundige behandeling benodig, of waar die leerder onder die sorg van die staat is. Oorplasingsvorms is op die WKOD se toelatingswebwerf asook by skole en distrikskantore beskikbaar. Ouers moet die leerder se jongste skoolrapport, ’n geldige identiteits­ dokument of geboortesertifikaat (of ander toepaslike dokumentasie), asook bewys van woonadres of ’n beëdigde verklaring indien. Die WKOD het ook bevestig dat skole tans besig is om toelatingslyste vir graad R, graad 1 en graad 8 vir die 2027-skooljaar af te handel. Ouers wat nog nie vir leerders in dié grade aansoek gedoen het nie, word aangemoedig om hul distrikskantoor so gou as moontlik vir hulp te kontak, aangesien die aanlyn toelatingsplatform vir dié aansoeke reeds gesluit het. Nog inligting is op die WKOD se toe-­ la­tingswebwerf of by die toelatingshulplyn by 0861 819 919 (kies opsie 1) beskikbaar.

Die geskiedkundige Mamre- Morawiese Kerk is besig met ’n gedaanteverwisseling. Foto: David Rossouw

Morawiese erfenis herstel David Rossouw ’n Omvattende restourasieprojek is aan die gang om Mamre se geskiedkundige Morawiese kerkgeboue vir toekomstige geslagte te bewaar. Toe eerwaarde J.P. Redcliffe in 2024 as leraar van die Mamre- Morawiese gemeente bevestig is, het hy besef verskeie historiese geboue op die kerkterrein verkeer in ’n swak toestand. Jare se verwaarlosing het dringende herstelwerk genoodsaak. Hy het geweet die omvang van die projek sou die gemeente se finansiële vermoë oorskry en het sy plan aan die gemeente en die Morawiese kerk se provinsiale kerkbestuur in Lansdowne voorgelê. Die voorstel is goedgekeur, waarna die beplanning begin het. Redcliffe se belangstelling in erfenisbewaring het ontstaan ná die verwoestende brand in Wuppertal in 2018, toe meer as 50 historiese geboue vernietig of beskadig is. Die Rupert- geskiedkundige huise-stigting het destyds saam met die Morawiese kerk en die gemeenskap aan die herstel van die sendingstasie gewerk. Dit was hier waar Redcliffe die waarde van vennootskappe en erfenisbewaring eerstehands ervaar het. Vir die Mamre-projek is Joey en Natasha Titus by die span betrek. Natasha, wat oor ’n B.Com-graad in toerisme beskik, het uitgebreide kennis van Mamre se geskiedenis, terwyl Joey Titus se jare lange betrokkenheid by

geskiedkundige staptoere waardevolle plaaslike kennis tot die projek bygedra het. Die span het saam met Chris Borman, die projekbestuurder van die Rupert- geskiedkundige huise-stigting, navorsing gedoen, koste beraam en die nodige aansoeke voorberei. Die projek het verskeie uitdagings in die gesig gestaar. Ná voorwaardelike goedkeuring in Oktober 2025 moes die span wag vir die nodige erfenisgoedkeuring voordat werk kon begin. Die afwesigheid van oorspronklike vloer- en struktuurplanne het verdere vertragings veroorsaak. Joey Titus het opmetings gedoen sodat ’n erfenis­­argitek die vereiste planne kon opstel. Die erfenissertifikaat vir fase een is uiteindelik op 10 April 2026 goed­ gekeur, waarna restourasiewerk aan die kerk, Ou Winkel en skuur begin het. Volgens Joey Titus behoort dié fase teen Januarie 2027 voltooi te wees. Aansoeke vir fase twee, wat Küpperhuis, Bakhuis en Langhuis insluit, is reeds ingedien. Plaaslike inwoners word waar moontlik by die projek betrek, terwyl die Rupert- geskiedkundige huise-stigting toesig hou om te verseker alle werk word volgens erfenisvereistes uitgevoer. Vir Redcliffe is die projek meer as die herstel van geboue. Hy beskou dit as ’n belegging in Mamre se geskiede­ nis, geloofserfenis en identiteit, sodat die dorp se Morawiese nalaten­skap vir toekomstige geslagte bewaar kan bly.


NUUS NEWS

11 Augustus 2026

Weskus Nuus

7

2 Distrikspos NUUS NEWS

Nasionale Vrouemaand: Vier en bevorder vroue Nasionale Vrouemaand bied ons elke jaar die geleentheid om die merkwaardige bydraes van vroue wat die geskiedenis van ons land gevorm het en steeds vooruitgang in elke sektor van die samelewing dryf, te vier. Dit is ook ’n tyd om ons verbintenis tot die bevordering van gelykheid en die skep van geleenthede vir toekomstige geslagte te herbevestig. Hoewel Suid-Afrika beduidende vordering met die bevordering van geslagsgelykheid gemaak het, moet baie meer steeds gedoen word. Om betekenisvolle verande­ ring te bewerkstellig, vereis voortdurende samewerking om hindernisse te verwyder, geleenthede uit te brei en omgewings te skep waar vroue kan floreer. By die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) glo ons die bemagtiging van vroue is van kardinale belang vir die bou van ’n veerkragtige, inklusiewe en volhoubare ekonomie. Terwyl die Wes-Kaap sy posisie binne die groenekonomie verder versterk, bly ons daartoe verbind om ’n omgewing te bevorder waar vroue as entrepreneurs, professionele mense, nuutskeppers en leiers kan bydra. Vroue vorm deesdae na raming 60% van ons arbeidsmag – op alle vlakke binne die maatskappy. Die bemagtiging van vroue is nie net die regte ding om

ASEZ TALKS - Matt Cullinan te doen nie – dit is ook noodsaaklik vir ekonomiese groei. Wanneer vroue gelyke toegang tot geleenthede het, word ondernemings meer vernuwend, gemeenskappe floreer en nywerhede is beter geposisioneer om toekomstige uitdagings die hoof te bied.

Vrouemaand herinner ons daaraan dat die bevorde­ring van gelykheid ’n gedeelde verantwoordelikheid is. Die regering, die bedryf, opvoedkundige instellings en gemeenskappe het almal ’n belangrike rol om in die skep van geleenthede vir vroue deur middel van onderwys, vaardigheidsontwikkeling, leierskapsgeleenthede en betekenisvolle indiensneming te vervul. Asex gaan deur sterk vennootskappe met ons belanghebbendes, beleggers en plaaslike gemeenskappe voort om inklusiewe ekonomiese deelname en volhoubare ontwikkeling te ondersteun. Saam skep ons geleenthede wat individue bemagtig terwyl dit ’n bydrae tot die langtermyngroei van ons streek lewer. Terwyl ons Nasionale Vrouemaand vier, laat ons hulde bring aan die vroue wie se leierskap, veerkragtigheid en prestasies ons steeds inspireer. Nog belangriker, laat ons daartoe verbind bly om gelykheid deur ons optrede te bevorder, sodat elke vrou die geleentheid het om haar volle potensiaal te verwesenlik en tot ’n meer voor­ spoedige en inklusiewe Suid-Afrika by te dra. Tot volgende keer, Matt

WeskusNuus word uitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.

W v

Verpreiding: 30 000 koerante per maand

V W g t

Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie.

Landlyn Redakteur Alida Buckle Joernalis Murphy Roberts Nuuswenke Advertensies Yvette Smith

021 406 2063

L S R M

074 294 5435 alida.buckle@novusmedia.co.za

J M

074 768 4044 murphy.roberts@novusmedia.co.za 067 091 0618

N A M

022 713 1483 yvette.smith@novusmedia.co.za

LETTERS/BRIEWE Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur. WeskusNuus subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za

Nuwe sentrum geopen Raadslid Allister Lightburn by gemeenskaps­­ organisasies tydens die opening van die nuwe opgradeerde sentrum by die Atlantis-polisiekantoor.

ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WASTE MANAGEMENT LICENSE APPLICATION FOR THE PROPOSED DEVELOPMENT OF A FACILITY TO RECOVER PRECIOUS METALS AND CRITICAL RAW MATERIALS FROM PRINTED CIRCUIT BOARDS, WITHIN THE ATLANTIS SPECIAL ECONOMIC ZONE, ATLANTIS INDUSTRIAL, ATLANTIS, WESTERN CAPE DEA&DP NOI REFERENCE: 16/3/3/6/7/2/A1/2/3239/24

Premier Allen Winde het Donderdag 6 Augustus die nuwe opgradeerde traumasentrum in Atlantis besoek.

Publication of details of the child as per section 74 of the children's act no 38 of 2005.

The Department of Social Development ATLANTIS LOCAL OFFICE is requesting anyone who knows the whereabouts of Mr. Brendon Martins to please contact the social worker, Mrs. Holayi-Bashe on (021) 572 3124 (021) 572 3815 during office hours (07h30-16h00). NM10069014-WU110826

60$//DGV /,1'$ /8<7

/LQGD /X\W#QRYXVPHGLD FR ]D

:_iYbW_c[h Wj gkWYa[ho WZl[hj_i[c[dji 6PDOO$GV DQG 1RYXV 0HGLD KDYH QRW YHULILHG ZKHWKHU DQ\ RI WKH VHUYLFHV RU SURGXFWV DGYHUWLVHG ZLOO KDYH WKH GHVLUHG HIIHFW RU RXWFRPH 5HDGHUV ZLOO QRWH WKDW VRPH RI WKH SURPLVHG UHVXOWV LQ WKH DGYHUWLVHPHQWV DUH H[WUDRUGLQDU\ DQG PD\ EH LPSRVVLEOH WR DFKLHYH %HZDUH VRPH RI WKH SURFHGXUHV DQG FODLPV DGYHUWLVHG PD\ EH GDQJHURXV LI QRW H[HFXWHG E\ D TXDOLILHG PHGLFDO SUDFWLWLRQHU 5HDGHUV DUH ZDUQHG WKDW WKH\ VKRXOG FDUHIXOO\ FRQVLGHU DQG YHULI\ WKH DGYHUWLVHU V FUHGHQWLDOV 6PDOO$GV DQG 1RYXV 0HGLD GR QRW DFFHSW DQ\ OLDELOLW\ ZKDWVRHYHU LQ UHVSHFW RI DQ\ RI WKH VHUYLFHV RU JRRGV DGYHUWLVHG (LNHVWDG1886

NM10068217-WU110826

PERSOONLIKE DIENSTE

KRUIEKENNER 1435

! !

" " "

AANSOEK VIR OMGEWINGSMAGTIGING EN AFVAL BESTUUR LISENSIE VIR DIE VOORGESTELDE ONTWIKKELING VAN ‘N FASILITEIT OM EDELMETALE EN KRITIEKE ROU MATERIALE UIT GEDRUKTE STROOMBANE TE HERWIN, BINNE DIE ATLANTIS SPESIALE EKONOMIESE SONE, ATLANTIS INDUSTRIEEL, ATLANTIS, WES-KAAP DEA&DP KENNISGEWING VERWYSING: 16/3/3/6/7/2/A1/2/3239/24

PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

PUBLIKE DEELNAMEPROSES

Notice is hereby given in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (No. 107 of 1998) (NEMA) and the Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations 2014, as amended, and in terms of the National Environmental Management: Waste Act, 2008 (NEMWA: No. 59 of 2008) of the commencement of a Scoping and EIA Process and associated Public Participation Process. Applicant: Cape Refining (Pty) Ltd Project: The Proposed Development of a Facility to Recover Precious Metals and Critical Raw Materials from Printed Circuit Boards, within the Atlantis Special Economic Zone, Atlantis Industrial, Atlantis, Western Cape. Location: The site is situated along and immediately south of Dassenberg Road and along and immediately east of Charel Uys Drive, Atlantis. The site centroid is located at approximately 33°35'0.29"S, 18°28'23.76"E A full S&EIA Process is required for the Application for Environmental Authorisation as the proposed development triggers the following Listed Activities in terms of the NEMA EIA Regulations, 2014, as amended. • Listing Notice 2: Listed Activity 6 and 25. A Waste Management Licence Application is required as the proposed development triggers the following Activities in terms of the NEM: WA, 2008. • Category A: Activity 2, 8, 9, 11 and 18. An Air Emissions Licence Application is required as the proposed development triggers the following Activities in terms of the NEM: AQA, 2004. • Category 4: Activity 4.17 and 4.21. Opportunity to Participate: A pre-application Draft Scoping Report (DSR) is being compiled and will be released for a 30-day public comment and review period. A copy of the DSR will be made available at the Wesfleur Library (Arnold Centre, Bunting Cres, Atlantis, Cape Town, 7349) and on JG Afrika's website: www.jgafrika.com/public-participation. Interested and Affected Parties (I&APs) are invited to register and provide written comments on the DSR. Registration is possible throughout the S&EIA Application Process.

Kennisgewing word hiermee gegee ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuurwet, 1998 (Nr. 107 van 1998) (NEMA) en die Omgewingsimpakassesserings (OIA) Regulasies 2014, soos gewysig, en ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuur: Vuilstofwet, 2008 (NEMWA: Nr. 59 van 2008) van die begin van 'n Skopingen OIA-proses en die gepaardgaande Publieke Deelnameproses. Aansoeker: Cape Refining (Edms) Bpk Projek: Die Voorgestelde Ontwikkeling van 'n Fasiliteit om Edelmetale en Kritieke Rou Materiale uit gedrukte Stroombane te herwin, binne die Atlantis Spesiale Ekonomiese Sone, Atlantis Industriële, Atlantis, WesKaap. Ligging: Die perseel is geleë langs en onmiddellik suid van Dassenbergweg en langs en onmiddellik oos van Charel Uys-rylaan, Atlantis. Die perseel se middelpunt is geleë by ongeveer 33°35'0.29"S, 18°28'23.76"O. 'n Volledige S&OIA-proses is vereis vir die Aansoek om Omgewingsmagtiging, aangesien die voorgestelde ontwikkeling die volgende Gelysde Aktiwiteite volgens die NEMA OIA Regulasies, 2014, soos gewysig, aktiveer. • Opsommingkennisgewing 2: Gelysde Aktiwiteit 6 en 25. ‘n Afvalbestuurlisensie-aansoek is vereis aangesien die voorgestelde ontwikkeling die volgende Aktiwiteite volgens die NEM: WA, 2008, aktiveer. • Kategorie A: Aktiwiteit 8, 9, en 11. 'n Lugvrystellingslisensie-aansoek word vereis aangesien die voorgestelde ontwikkeling die volgende aktiwiteite ingevolge die NEM: AQA, 2004, aktiveer. • Kategorie 4: Aktiwiteit 4.17 en 4.21. Geleentheid om deel te neem: 'n Konsep Omvangbepalingsverslag (KOV) voor die aansoek is saamgestel en vrygestel vir 'n 30-dae openbare kommentaar- en hersieningsperiode. 'n Afskrif van die KOV sal by die Wesfleur-biblioteek beskikbaar gestel word (Arnold Sentrum, Bunting Cres, Atlantis, Kaapstad, 7349) en op JG Afrika se webwerf www.jgafrika.com/publicparticipation. Belanghebbende en Geaffekteerde Partye word uitgenooi om te registreer en geskrewe kommentaar op die KOV in te dien. Registrasie is moontlik regdeur die S&OIAaansoekproses.

*5$7,6 _ )5((

1XXV QHW YLU MRX VHGHUW

6ZDUWODQG

*D]HWWH

$7/$17,6

For more information, please contact JG Afrika / Vir meer inligting, kontak asseblief JG Afrika: Contact Person / Kontak Persoon: Ms Aneesah Samodien / Mogamat Yaaseen Ajam E-mail / E-pos: ppp-ct@jgafrika.com Telephone / Telefoon: +27 21 530 1800 | Facsimile / Faks: +27 21 532 0950 Website / Webwerf: http://www.jgafrika.com/public-participation/ 000000-WU040826

L L f B h v


We distribute 15 000 copies to Atlantis and surrounds every second Tuesday. Call me now to book your next advert Yvette Smith 082 482 1117 yvette.smith@novusmedia.co.za NM10069013-WU110826

11 Augustus 2026 | Bladsy 8

Proteus wen gemaklik Drieëfees by skolerugbywedstryde David Rossouw

A

tlantis SSS en die Hoërskool Proteus Tegnies se o.19-rugbyspanne het mekaar verlede Dinsdag (4 Augustus) in ’n Atlantis-skolekompetisie op die Proteapark-sportterrein gepak. Proteus het vroeg al sy stempel in die vaste- en losskrums afgedruk toe hulle ’n vaskop- en drie agtereenvolgende los­skrums­bemeester het, wat tot Ryan Jacobs (slot) se drie onder die pale gelei het. Wayne Johnson, die heelagter, het geen fout met doelskop gemaak nie en Proteus 7-0 laat voorloop. ’n Paar minute later het Wayne Johnson (Pro­teus se heelagter) ’n hoë bal bemeester en ná twee goeie breekslae op Atlantis se kwartlyn vir Ashwin Sambaba gevind, wat onder die pale afgerond het. Wayne Johnson was weer in die kol (telling 14-0). Dit was nie lank nie of sy tweelingbroer, Ryan, het om die skrum gebreek en sy agterlyn gevoer. Toe dit lyk of Sambaba nie die doellyn gaan haal nie, het hy Ryan Johnson gevoer, wat soos ’n vleuel genael en met drie Atlantis-verde­­digers op sy rug oor die doellyn geval het. Wayne Johnson se korrel was dié keer skeef (telling 19-0). Proteus het weer toegeslaan, maar die skeidsregter het beslis Atlantis het obstruksie gepleeg en ’n strafskop aan Proteus toegeken. Nadat Ryan Johnson ’n

tikskop ge­neem en sy agterlyn tot by Sambaba ge­voer­en ’n skêrbeweging uitgevoer het het Wayne Johnson, wat vanaf die heelagter­posisie op die linker­vleuel-posisie ingesny en in die linkerhoek afgerond. Sy korrel na die pale was weer mis (24-0). Twee agtereenvolgende strafskoppe het Ryan Johnson weer geleentheid met ’n tikskop gegee. Die glibberige Sambaba het weer sy vaart deur die middelveld gewys en agter die pale gedruk en Wayne Johnson het twee punte bygevoeg – telling 31-0 teen rustyd. Atlantis het Proteus egter ná die afskop vir die tweede helfte met goeie voorspeler­ spel verras toe hulle die inskop bemeester en ’n strafskop gewen het. Hulle het ’n tikskoppie geneem, wat onder die pale tot hul eerste en enigste drie gelei het (31-7). Proteus het teruggeslaan met ’n volle agterlynbeweging van hul kwartlyn af, met Sambaba wat weer eens Atlantis se middelveld geskeur en tot op die 10m-stippellyn gevorder het voordat hy Yagheya Pokwas teen die kantlyn gevind het, wat voet neergesit het doellyn toe. Hy is egter vyf meter voor die doellyn gekeer, maar Sambaba aan sy binnekant gevind, wat in die regterkantse hoek oorgeval het. Wayne Johnson se doelskop was mis (telling 36-7). Met vars bene van die bank af het Proteus die tempo gelig, wat tot nog drie drieë deur Giano Hess (2) en Trustin van Tonder gelei het, met die eindteling ’n fris 51-7.

Ryan Johnson, die skrumskakel van Proteus, druk hul tweede drie teen die Hoërskool Atlantis in ’n skolerugbywedstryd van Atlantis-skole. Foto: David Rossouw

Gavin Passens, ’n oud-Springbokspeler, en sy afrigtingspan saam met jong rugbyspelers by die Hoërskool Robinvale, waar hulle ’n verlede Dinsdag (4 Augustus) ’n rugbykliniek aangebied het. Foto: David Rossouw

Sport bemagtig nie net op die veld nie, maar in die lewe ook David Rossouw Die oud-Springbok Gavin Passens het onlangs ’n groot stap geneem om die toekoms van jong sporttalent in die Wes–Kaap te verander. Hy het met die totstandkoming van die Gavin Passens-­ stigting sy aandag op die ontwikkeling van jong atlete uit gemeenskappe soos Atlantis, Mamre, Pella en Witsand, waar geleenthede dikwels beperk is, gefokus. Die stigting werk saam met gemeen­ skapsorganisasies soos Recreation

Activities SA sowel as verskeie NPO’s en NGO’s om ’n platform te skep waar talent­volle jong mense die kans kry om hul vaardighede te slyp en hul sportloopbane te bou. Hierdie samewerking is daarop gemik om die gaping tussen ­potensiaal­en geleentheid te oorbrug en om jong atlete, wat andersins ongesiens sou bly, die kans te gee om hul volle vermoë te bereik. Passens – self ’n produk van harde werk en deursettingsvermoë – verstaan die uitdagings wat jong spelers in afgeleë

en minderbevoorregte gemeenskappe ervaar. Sy visie is om nie net sportvaardighede te ontwikkel nie, maar ook om dissipline, spanwerk en gemeenskapsgees te bevorder. Die projek is ’n belegging in die jeug en ’n bewys dat sport ’n kragtige instrument kan wees om hoop en geleenthede te bring. Soos oud-president Nelson Mandela eens gesê het: “Sport het die krag om die wêreld te verander. Dit het die krag om te inspireer. Dit het die krag om mense te verenig op ’n manier wat min ander

dinge kan doen.” Hierdie woorde vind sterk weerklank met die missie van die Gavin Passens-stigting, wat daarop ge­ mik is om jong talent nie net op die veld nie, maar ook in die lewe te bemagtig. Die Gavin Passens-stigting se eerste programme behels opleidingsessies, mentorskap en strukture waar jong talent kan floreer. Met die ondersteuning van plaaslike organisasies en die gemeenskap self, is dit duidelik dat hierdie inisiatief ’n nuwe era vir sportontwikkeling in die streek kan inlui.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
WeskusNuus E-Edition 11 August 2026 by Novus Media - Issuu