Dr Gavin Breeds OBSTETRICIAN and GYNAECOLOGIST MbChB (UCT) FCOG(SA)
Wesfleur Private Clinic Wesfleur Circle, Atlantis Bookings:
Tel: 021 572 8578 • 069 427 9422 Whatsapp: 066 097 0534 NM10028248-WU300925
Verspreidingsgebiede: Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand | Dinsdag, 30 September 2025 | Tel: 067 091 0618 | E-pos: murphy.roberts@novusmedia.co.za
Meisie help kinderverkragter aankeer Nóg twee onskuldige meisietjies se lewens is byna verwoes deur die selfsugtige dade van ’n reeds veroordeelde verkragter. Foto ter illustrasie. Foto: Sasiistock
Kind stuit verkragter Die voetpaadjie wat die vermeende verkragter met die twee jong meisietjies na die duine geloop het. Foto: Murphy Roberts
Murphy Roberts
D
ie dapper optrede van een van die twee meisies het die ander een van verkragting gered toe sy, terwyl die maniak besig was om sy broek af te trek, die kans gebruik het om weg te hardloop en hulp te gaan soek. Kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n 53 jarige man op Vrydag 19 September ná ’n volskaalse soektog net na vyfuur die middag naby sy
huis op klagtes oor ontvoering en poging tot verkragting aangekeer is. Volgens ’n betroubare bron het die verdagte, wat onlangs ná nege jaar weens verkragting uit die tronk gekom het, die twee maatjies – onderskeidelik 10 en 11 jaar oud – verlede Vrydagoggend by die ou sentrum genader het. Volgens die bron het hy die een gestuur om “chips” te gaan koop en hulle gevra om saam met hom te gaan om sy “hasies te gaan kos gee”. Die twee onskuldige meisies het ingestem om te gaan help om die hasies te gaan
kos gee, vertel die bron. Die verdagte het egter met die twee na die duine geloop, waar die hasies kwansuis sou wees, en die meisietjies het onwetend in die verkragter se strik beland. Volgens die bron is gou alarm gemaak oor die twee vermiste meisies en beeldmateriaal is opgevolg, wat die polisie na die duine gelei het. Die polisie se lugvleuel was binne ’n uur op die toneel en verskeie hommeltuie is ook ontplooi. Volgens die bron is die meisie wat weggekom het, deur ’n motoris na die polisiekantoor geneem terwyl die
verdagte koue voete gekry en in die duine verdwyn het. Die soektog het egter voortgeduur en die gebied is gefynkam, maar sonder enige sukses, vertel die bron. Hy was soos ’n skim en iemand wat die gebied presies ken, want niemand kon hom opspoor nie. Die verdagte het laatmiddag doodgerus huis toe gestap, waar inwoners die polisie gekontak het. Die verdagte het Maandag 29 September in die hof verskyn. Teen druktyd was dit onbekend of hy borgtog gekry het.
MONTH-END
Specials!
Shop LS82, Atlantis City Mall, Atlantis, 7352 • Tel: 021 572 6265 • Fax: 021 572 8724 • Email: mujieb@telkomsa.net LAYS CHIPS 110g ASSTD FLAVOURS
R17.95
R28
DORITOS / SIMBA CHIPS ASSTD 70g
CERES / FRUITREE 1L JUICE ASSTD
R10.00 T’S AND C’S APPLY • CASH ONLY OFFER
@eyesavesa
@eyesaveoptometristsa
www.eyesave.co.za NM10029969-WU300925 X1YC9421-WU101224
CRACKLES / SLANGETJIES 400g
.95
ENERGADE 500ml
TASTY TREATS 6 pack
* Large 3 for
selection of
R25
R22.95
baking products
BASHEWS ASSTD FLAVOURS
ENERGY DRINKS 250ML
available at
.00
and spices discounted
R16.95
3 for
R20.00
3 for
prices *
R12.00
Full range of services offered at discounted prices including colour copies, and printing / binding services / digital photo printing / business cards / skateboard accesories, etc. NM10029970-WU300925