


























![]()



























Murphy Roberts
Die Mamre OK-gemeenskap7’s-toernooi en loting is die afgelope Saterdag amptelik bekendgestel en 24 spanne sal Saterdag 29 November sake uitspook vir die wenprys van R30 000.
Die kompetisie, met algehele prysgeld van R60 000 en het van die voorste WP-spanne gelok.
Saldanha, wat Saterdag die Bolandtitel opgeraap het, maak ook sy 7’s-buiging in die kompetisie.
Hamiltons – een van die
oudste spanne in WP – is ook vanjaar te sien, wat sake vir die verdedigende kampioen, Mamre, sal moeilik maak.
Volgens Usen Jacobs van die reëlings- komitee raak die kompetisie al meer gewild en sal vanjaar – die vierde jaar –geen uitsondering wees nie.
Mamre, wat die titel reeds twee keer gewen het, sal ook die span wees wat die titel twee keer agtermekaar sal wil wen. Jacobs het ondersteuners gevra om in hul hordes op te daag omdat die toernooi se begunstigdes alle ondersteuning sal waardeer.

Die reëlingskomitee van die Mamre OK-gemeenskap-7’s-toernooi tydens die bekendstelling en lotting van die jaar se toernooi, wat Saterdag (29 November) beslis word.

Murphy Roberts
Gemoedere het vroeër dié maand hoog geloop toe ongeveer 200 inwoners van Witsand na die plaaslike skool opgeruk het om antwoorde te eis ná gerugte dat ’n 7-jarige leerder vroeër daardie week op die skoolterrein verkrag is.
Volgens ontstoke inwoners van Witsand naby Atlantis het vermoedelik ’n opvoeder die meisietjie Woensdag 12 November tydens skoolure in die toilet verkrag, en hulle meen die skool probeer dit nou stil hou. Die inwoners was op Vrydag
14 November ook ongelukkig omdat die skool nie ’n videoopname wat met die voorval verband hou, aan die groep inwoners beskikbaar wou stel nie.
Volgens ’n betroubare bron het die gemeenskap eers die dag ná die voorval gehoor daarvan, waarna die saak onmiddellik aangemeld is.
Volgens dié bron het die ma van die kind die volgende oggend die skoolhoof gaan sien en die saak aangemeld. Sy het gesê die kind het ’n opvoeder as die verdagte uitgewys. Die leerder het glo gesê die opvoeder het haar na die toilet toe gevolg. Hier het hy haar vasgedruk en verkrag. Die inwoners wou ook weet
waarom die hoof nie daadwerklik teen die vermeende verkragter opgetree het nie. Volgens ‘n betroubare bron het die skool se veiligheidskamera’s nie veel opgelewer nie. Inwoners het intussen vreedsaam verdaag en wag nou op die uitslae van toetse wat op die 7-jarige slagoffer gedoen is. Volgens inwoners het hulle besluit om nie langer die skool te ontwrig nie en die eksamen gaan nou weer volstoom voort. Volgens kol. Mario Thyse, die stasiebevelvoerder van die Atlantis-polisie, ondersoek die Milnerton-kinderbeskermingseenheid (FCS) ’n klagte van verkragting. Hy het bevestig dat geen verdagte nog aangekeer is nie.

Regslui ruk ook op
Aanklaers, klerke en senior bestuursamptenare van die Atlantis-landdroshof het ook hul ondersteuning vir die beëindiging van geweld teen vroue ondersteun. Foto: Murphy Roberts









Murphy Roberts
Die verdediging in die borgtogaansoek van ’n 14-jarige in verband met ’n moord- en poging-tot-moord-saak het ’n ligte opskudding veroorsaak toe hulle aangevoer het hulle het ’n video-opname wat sal bewys dat hy nie die moordenaar en skieter was nie.
Die verdediging het ook voet by stuk gehou dat die ondersoekbeampte nie baie gedoen het om die ware skieter op te spoor nie, het die hof gehoor, en hulle hou vol hul kliënt is nie die skieter nie.
Landdros Laureen Abrahams wou weet of die ondersoekbeampte wel die video gesien het, en die saak tot Donderdag 20 November uitgestel vir die ondersoekbeampte om na die opnames te gaan kyk.
Die ondersoekbeampte, sers. Jerome Pietersen, het egter op Donderdag 20 November teruggekap dat hulle reeds die dag van die voorval die huis besoek het. Volgens die ondersoekbeampte kon die materiaal egter nie terugspeel word nie en is dit net vir regstreekse doeleindes. Dit word nie gestoor nie.
Hy het ook aan die hof vertel dat die opname in elk geval nie van enige
waarde sou wees nie omdat die kamera in ’n agterstraat is en dit meer as 100 m van die toneel af is.
Abrahams wou weet of daar ’n manier is hoe die opnames tot voordeel van die hof kan wees en wou ook weet of daar wel ’n manier is om die opnames deur deskundiges te laat ondersoek.
Die ondersoekbeampte het die hof verseker dat dit wel gedoen kan word, maar slegs met ’n hofbevel.
Die verdediging hou egter vol dat die opnames wel lig op die saak kan werp.
Die verdiging wou ook weet hoe die polisieman sy kliënt op die toneel plaas, en voer aan dat hy slegs op die woord van twee getuies staatmaak.
Pietersen het egter vasgeskop dat die getuie die minderjarige uit ’n foto-album uitgeken het. Die ondersoekbeampte het ontken dat hulle die minderjarige as ’n verdagte teiken.
Pietersen het aan die hof gesê sy twee getuies gaan ’n belangrike rol in die verhoor speel en hy moet hul veiligheid eerste stel.
Die tiener staan in die Atlantis-landdroshof tereg op aanklagte van moord en poging tot moord.
Die ingewikkelde borgtogaansoek word Woensdag 26 November hervat.




CapeNature doen ’n beroep op die publiek om waaksaam en proaktief te bly met die veldbrandseisoen wat op hande is.
Hulle herinner almal daaraan dat die koste van veldbrande veel groter is as wat baie besef.
Volgens Petro van Rhyn, ’n woordvoerder vir CapeNature, bedreig veldbrande elke jaar lewens, vernietig huise en infrastruktuur en veroorsaak blywende skade aan die Wes-Kaap se biodiversiteit.
Van Rhyn sê gedurende die 2024-’25brandseisoen het CapeNature se koste vir brandbestryding alleenlik R20 miljoen oorskry.
“Skade aan die entiteit se infrastruktuur was ook ernstig, terwyl private grondeienaars ook skade gely het. Regseise vir skade aan woude en infrastruktuur het R300 miljoen oorskry.
“Tog kan die ware koste van brande nie net in rand gemeet word nie. Veldbrande neem lewens, ontwortel gesinne en plaas gemeenskappe in gevaar. Hulle dra ook ’n verwoestende prys vir die natuur. In 2024’25 het altesaam 97 brande meer as 75 000 hektaar verbrand, noodsaaklike habitatte vernietig, wild bedreig en biodiversiteitsveerkragtigheid verminder.”
Van Rhyn voeg by van die gebied wat verbrand is, was 42% private grond en 58%
Cape Nature bestuurde grond.
“Deur brande op private sowel as Cape Nature bestuurde grond te bestry, toon die organisasie sy verbintenis om brande so gou as moontlik te beheer. Die verliese herinner ons ook daaraan dat die gevolg van brande veel verder as infrastruktuur rimpel en die ekologiese fondament waarvan beide mens en natuur afhanklik is, kan ondermyn.”
CapeNature beklemtoon ook dat brandvoorkoming nie net ’n regeringsverantwoordelikheid is nie, maar ’n gedeelde gemeenskapsplig is.
Ashley Naidoo, die hoof van CapeNature, sê wanneer ’n brand uitbreek, betaal almal die prys – hetsy deur lewensverlies, infrastruktuur wat vernietig word of biodiversiteit wat benadeel word.
“Maar wanneer ons optree voordat ’n brand selfs kan begin, baat almal daarby.” CapeNature doen ’n beroep op inwoners, grondeienaars en besoekers om gedurende die veldbrandseisoen waaksaam te bly en saam te werk om die Wes-Kaap se mense, eiendomme en natuurlike erfenis veilig te bewaar. Indien voorkoming misluk, is opsporing die volgende stap in verdediging. Meld enige teken van rook of vuur aan deur 112 van ’n selfoon af of 10177 van ’n landlyn af te skakel.





























Die Stad Kaapstad het laat weet dat watertoevoer in onder meer Melkbosstrand sal vandag (Dinsdag 25 November) weens beplande instandhoudingswerk af wees.
Die Stad Kaapstad se Water- en Sanitasiedirektoraat sal van 25-27 November groot beplande instandhoudingswerk doen. Dit sal noodwendig tot tydelike wateronderbrekings in verskeie gebiede lei. Die werk is deel van die Stad se langtermynprogram om die waternetwerk te verbeter, lekkasies te verminder en volhoubare watervoorsiening in die toekoms te verseker. Die Stad vra inwoners om die nodige voorsorg te tref – veral deur genoeg skoon water vooruit op te gaar. In Melkbosstrand gaan Duynefontein, Van Riebeeckstrand en die noordelike Melkbos geraak word. Water word van 10:00 tot 16:00 afgesluit vir die installasie van ’n nuwe grootmaatwatermeter. Gebiede kan lae druk of geen water ervaar.
Die ander gebiede is Delft, Wynberg, Boston in Bellville en die Chris Hani- informele nedersetting in Khayelitsha.
Die Stad gaan ook nuldruktoetse in Somerset-Wes en Brackenfell uitvoer om te bepaal of die netwerk enige ongekarteerde waterinvloei het. Hierdie toetse help met toekomstige drukbestuur en voorkom dat pype bars.
Lae druk of geen water kan in hierdie gebiede voorkom. Die Stad sê dit is ongelukkig onmoontlik om presies te voorspel watter strate geraak sal word.
Die instandhoudingswerk is deel van

Battlecreek Coffee Roasters | Unsplash
die Stad se strategie om waterdruk beter te bestuur, pypbarse en waterverliese te verminder, verouderde infrastruktuur te vervang en onverklaarde waterverliese te beperk.
Belangrike wenke vir inwoners
• Gaar genoeg water vooraf op vir basiese gebruik.
• Hou krane toe totdat die watertoevoer weer heeltemal herstel is.
• Water kan kort ná herstel verkleur of melkerig lyk weens lug in die pype – dit behoort gou weer helder te word.
• Alle werkpunte is konstruksieterreine en is nie toeganklik vir die publiek nie.
• Werk kan soms langer duur as gevolg van onvoorsiene probleme.
Vir opdaterings en die ligging van watertenkwaens, besoek die Stad se @CityofCTAlerts-rekening. Die Stad vra om verskoning vir enige ongerief en bedank inwoners vir hul samewerking.




MYCITI - VERVANGING VAN VALIDEERDERS
Die Stad sal van 2 Desember af begin om die valideerders in sy busse en by die stasies te vervang.
Dit sal in verskillende fases uitgerol word met voltooiing wat na raming teen die einde van Januarie 2026 sal plaasvind.
Alle werk sal na ure en buite spitstyd plaasvind om ontwrigting te verminder.
Die toestelle sal in die toekoms moderne en gerieflike betaalmetodes kan ondersteun.
Pendelaars moet voortgaan om die ou aparte IN- en UIT-valideerders te gebruik en voortgaan om in en uit te tik op enige ou valideerder of vervangingsvalideerder om stasies binne te gaan of te verlaat.
Hierdie toestelle word ook gebruik om inligtingsterminale by alle stasies te vervang waar pendelaars hul kaartsaldo en transaksiegeskiedenis besigtig sonder om ’n kiosk te besoek.
Klein veranderinge om op te let:
Met die vervangingsvalideerders sal die enkelritkaarte nie meer werk nie en dit sal uitfaseer word.
Gebruikers sal af en toe steeds ’n MyConnect-kaart kan koop met ’n 1-, 3- of 7-dag-dagpas wat onbeperkte reise bied, of met Mover-punte, wat steeds ’n goedkoper opsie is as wat die enkelritkaarte was.
Die laaste dag om die ou enkelritkaarte te koop, was op 12 November en die laaste dag om hierdie kaarte te gebruik, is Woensdag 3 Desember 2025.
Alle kliënte wat steeds die ou ‘standaard’-waarde op hul kaart het (nie mover-punte nie) wat van voor 2022 dateer, moet daarop let dat hierdie waarde ná 4 Desember 2025 nie meer vir die betaling van MyCiTi-tariewe aanvaar sal word nie.
Geld word gelaai aangesien die standaardwaarde in 2021 gestaak is, maar die oorblywende saldo’s is tot dusver steeds aanvaar.
Kliënte kan hierdie waarde gebruik om voor 4 Desember te reis of by enige winkel wat kaartbetalings daarna aanvaar. Hierdie verandering raak nie passasiers met Mover-punte of een van die dag-/maandelikse paspakkette nie.
NUWE MAMRE EPWP EN GEMEENSKAPSONTWIKKELINGSENTRUM
Die Openbare bemagtiging- en ontwikkelingstak van stedelike afvalbestuur het hierdie maand, in vennootskap met die subraad en die Wes-Kaapse regering, ’n nuwe uitgebreide openbare werke-program en gemeenskapsontwikkelingswerkerssentrum in Mamre bekendgestel. Die sentrum is ontwerp om regeringsdienste meer toeganklik en mensgesentreerd te maak. Die sentrum bied ’n reeks dienste, insluitend:
• EPWP-ondersteuning: Registreer op die werksoekerdatabasis en kry toegang tot korttermynwerk- en opleidingsgeleenthede.
• CDW-bystand: Leiding oor maatskaplike welsyn- en

- Allister Lightburn
gesinsondersteuningsdienste, verwysings na verwante departemente en aanmelding van diensprobleme (C3-kennisgewings).
• Kliënteverhoudinge en Smart Cape-lessenaars: Verskaffing van algemene bystand, digitale geletterdheid en internettoegang.
Die sentrum sal Maandag tot Vrydag oop wees, 08:00 tot 16:00 (gesluit oor naweke en openbare vakansiedae).
BEPLANDE VERKEERSKALMERINGSMAATREËLS – SUBRAAD 1
Inwoners word in kennis gestel van beplande verkeerskalmeringsmaatreëls en voetpadkonstruksie in Melkbosstrand, Parklands, Table View en Atlantis. Padwerke is aan die gang sedert 6 November tot Vrydag 24 April 2026 tussen 07:00 en 17:00 van Maandae tot Saterdae, indien weer dit toelaat.
Die projekwerk sal die volgende insluit: Atlantis:
Konstruksie van spoedhobbels in Antelopelaan, Addisonlaan, Bentosstraat, Adriaticlaan, Bengalstraat, Bon Aventuralaan, Dahliastraat, Cosmosstraat, Kerialaan, Starlingweg en Patrysstraat.
Konstruksie van nuwe voetpaaie langs Patrysstraat, Bottle Brushstraat, Lisboastraat, Matheranstraat, Middelburgstraat en Tsitsastraat.
Melkbosstrand:
Konstruksie van spoedhobbels in Drommedarisstraat. Milnerton:
• Installering van spoedhobbels in Oxalisstraat. Verhewe kruising by Mimosastraat en Ixiaweg. Melkbosstrand: Konstruksie van spoedhobbels in Drommedarisstraat. Parklands: Installering van spoedhobbels in Deptford Crescent en Beaconweg.
• Verhewe kruising by Humewoodrylaan en Torquay Close. Table View:
Konstruksie van spoedhobbels in Shetlandweg; Pintoweg; Ploverstraat; Hutchisonlaan en Palominoweg.
In die hart van Atlantis, ’n dorp met ’n ryk geskiedenis en veerkragtige gees, stel die Atlantis- spesiale ekonomiese sone 1 (Asez 1) ’n nuwe standaard vir volhoubare ontwikkeling. ASEZ 1, wat meer as net ’n nywerheidsgebied is, is ’n “Lewende Laboratorium” – ’n ruimte waar infrastruktuur ontwerp is om nie net ekonomiese groei te ondersteun nie, maar ook die omgewing te herstel en die plaaslike gemeenskap te versterk. Die Lewende Laboratorium is diep gewortel in die werklikhede en aspirasies van Atlantis-inwoners –gelei deur vyf volhoubaarheidspilare: Netto-nul water, netto-nul afval na stortingsterrein, netto-nul koolstof, samewerking met die natuur, en insluiting, is. Netto-nul water: Beskerming van ’n kosbare hulpbron Atlantis het lankal watertekorte ervaar, en Asez 1 reageer met vernuwing. Reënwateropvangs, hergebruik van gryswater en waterdoeltreffende stelsels word gebruik om druk op munisipale voorsiening te verminder. Hierdie tegnologieë is nie net vir nywerheid nie, maar bied ook modelle wat vir huise, skole en openbare ruimtes reg oor Atlantis aangepas kan word. Netto-nul afval na stortingsterrein



Afvalbestuur is ’n uitdaging reg oor Kaapstad en Atlantis is geen uitsondering nie. Asez 1 is verbind tot die herleiding van alle afval weg van stortingsterreine deur herwinning, kompostering en hergebruik. Plaaslike entrepreneurs word aangemoedig om deel te neem aan die sirkel-ekonomie, met geleenthede om klein ondernemings te ontwikkel wat nywerheidsneweprodukte herbenut.
• Netto-nul koolstof: Skoon energie vir ’n skoon toekoms
Atlantis is bekend vir sy sterk wind en sonnige lug –natuurlike hulpbronne wat Asez 1 deur hernubareenergie-infrastruktuur benut. Sonpanele en windturbines word in die sone geïntegreer en energiedoeltreffende gebouontwerpe verminder uitlaatgasse. Die Lewende
Laboratorium ondersoek maniere om hierdie voordele na die breër Atlantis-gemeenskap uit te brei, insluitend opleidingsprogramme in groen-energie-installasie en -onderhoud, wat werksgeleenthede in die groeiende groen ekonomie skep.
Samewerking met die natuur: Herstel van ekologiese balans
Die natuurlike omgewing rondom Atlantis is ryk aan biodiversiteit, maar onder druk van stedelike uitbreiding. Asez 1 keer dit om deur inheemse landskapontwerp, groenkorridors en natuurgebaseerde oplossings in sy ontwerp in te sluit. Hierdie kenmerke ondersteun nie net plaaslike ekostelsels nie, maar skep ook gesonder, mooier ruimtes vir werkers en inwoners. Gemeenskapslede word genooi om deel te neem aan vergroeningsprojekte – van boomplanting tot die herstel van vleilande, om sodoende weer ’n band met die grond te vorm.
• Insluiting: Bou saam met die gemeenskap Insluiting is dalk die belangrikste pilaar. Die Lewende Laboratorium is nie ’n afgeslote eksperiment nie – dit is ’n samewerkende poging tussen die mense van Atlantis. Plaaslike stemme word in beplanning en besluitneming ingesluit en infrastruktuurprojekte word ontwerp om toeganklik en voordelig vir almal te wees. Vaardigheidsontwikkelingsprogramme, internskappe en ondernemingsondersteuning help Atlantis-inwoners om deel te neem aan en voordeel te trek uit die sone se groei. Die Lewende Laboratorium werk ook saam met plaaslike skole en jeugorganisasies om die volgende geslag groen leiers aan te spoor. Die Lewende Laboratorium by Atlantis- Sez 1 is meer as ’n volhoubaarheidsinisiatief – dit is ’n verbintenis tot die mense van Atlantis. Deur omgewingsverantwoordelikheid en sosiale gelykheid in sy infrastruktuur in te weef, skep Asez 1 ’n ruimte waar nywerheid, natuur en gemeenskap saam floreer. Dit is ’n lewende voorbeeld van hoe groen ontwikkeling plaaslik, inklusief en transformerend kan wees. Groete, Matt








Dear neighbour
Atlantis Mamre Pella Philadelphia
Duynefontein
Melkbosstrand
Van Riebeeckstrand West Beach
Bloubergstrand
Bloubergrant
Sunningdale Table View
Parklands














The 2026 Koeberg Nuclear Power Station Emergency Plan Calendar will be distributed by 31 December 2025 within the suburbs of:
Distribution to surrounding farms and schools within the 0-16 km radius will take place in January 2026.
If you have not received your calendar by 31 January 2026, please contact the Koeberg Stakeholder Management Department by sending an email to plaatjam@eskom.co.za during office hours.

Ingevolge artikel 11.5 van die beleid oor die bestuur van sekere van die Stad Kaapstad se onroerende eiendom (goedgekeur deur die Raad op 26 Augustus 2010: C54/08/10) en hoofstuk 2 van die regulasies oor die oordrag van munisipale bates (2008) oorweeg die Stad Kaapstad die verkoop van die volgende eiendomme in Stadsbesit. (Dit is nie ’n tenderadvertensie nie.)
Verkoop
Erf-/plaasnommer Buurt Straat Voorstad Grootte (± m²) Sonering Geskatte markwaarde (BTW uitgesluit) Stadsamptenaar
116 Mamre Poskantoorplein 5 Mamre 285 Residensieel 1 R450 000
802 Mamre Klinkerstraat 1 Mamre 692 Residensieel 1 R375 000

David Rossouw
Kerria Primêr het onlangs geskiedenis gemaak deur as die voorste skool in die gesogte GrowSmartgeletterdheidskompetisie gekroon te word en die eerste plek onder laerskole in die Wes-Kaap te behaal. Hierdie merkwaardige prestasie weerspieël die skool se onwrikbare toewyding aan akademiese uitnemendheid en die volgehoue ontwikkeling van sy leerders.
Cameron White Cameron.White@capetown.gov.za 021 400 1767
Etieën Tyman Etieen.Tyman@capetown.gov.za 021 400 1247
Inligtingsverklaring ingevolge hoofstuk 2, regulasie 5 van die regulasies oor oordrag van munisipale bates (MATR) (R.878) (2008):
i) Die waardasie van die kapitaalbate wat oorgedra of vervreem word en die waardasiemetode wat gebruik is om dié waardasie te bepaal
Die markwaardasie wat deur eiendomstransaksies se tak waardasies op grond van die vergelykbareverkopemetode uitgevoer is, raam die markwaarde van die betrokke eiendomme soos in die tabel hier bo aangetoon, welke waarde teen n markverwante koers sal styg
ii) Die redes vir die voorgestelde oordrag of vervreemding van die bates Die Stad se interne diensdepartemente het bevestig dat die eiendomme nie vir die voorsiening van die minimum vlak basiese munisipale dienste benodig word nie
iii) Enige verwagte voordele vir die munisipaliteit wat uit die oordrag of vervreemding kan voortspruit Die Stad sal onderbenutte kapitaalbates in belasbare eiendomme omskep Die Stad sal onderbenutte kapitaalbates vir ekonomiese groei en hoërintensiteits gebruik kataliseer
iv) Enige verwagte opbrengs wat die munisipaliteit voortspruitend uit die oordrag of vervreemding kan ontvang Daar word verwag dat die Stad ’n opbrengs in die vorm van ’n markverwante verkoopprys en toekomstige inkomste uit eiendomsbelasting sal ontvang
v) Enige verwagte wins of verlies uit die oordrag of vervreemding wat deur die munisipaliteit verdien of gely sal word: Die gewone koste vir advertensies sal deur die Stad gedra word Die koper sal vir die oordragkoste verantwoordelik wees
Ingevolge artikel 17 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000 word die publiek en belangstellende partye of groepe die geleentheid gegee om vanaf 14 November 2025 tot 15 Desember 2025 kommentaar, insette of aanbevelings aan die munisipaliteit voor te lê
Meer besonderhede in hierdie verband is slegs volgens afspraak gedurende kantoorure (08:00 tot 15:00) op weeksdae ter insae beskikbaar by eiendomstransaksies op die 13de verdieping, Burgersentrum, Hertzog-boulevard 12, Kaapstad.
Kommentaar, insette of aanbevelings oor die voorgestelde verkoop van die Stad se onroerende eiendomme kan per e-pos gestuur word na die betrokke Stadsamptenare in die tabel hier bo of kan soos volg ingedien word:
• Aanlyn: www.capetown.gov.za/haveyoursay
• Pos: Eiendomstransaksies, 13de verdieping, Burgersentrum, Hertzog-boulevard 12, Kaapstad 8001.
Die Stad se eenheid vir openbare deelname sal persone wat nie kan lees of skryf nie, gestremde persone en diegene uit benadeelde groepe wat nie skriftelike kommentaar kan indien nie, help om hulle besware neer te skryf en aan die Stad voor te lê. Kontak die volgende persone.
Vir algemene openbare deelname en benadeelde groepe, kontak:
Anathi Dywili by tel. 021 400 9825 of e-pos Anathi.Dywili@capetown.gov.za. Rig direkte navrae aan die betrokke amptenaar in die tabel hier bo
LUNGELO MBANDAZAYO STADSBESTUURDER
MN39/2025-1
Die GrowSmart-leeskompetisie, ’n vlagskip-inisiatief wat deur Growthpoint Properties in samewerking met die WKOD ontwikkel is, is daarop gemik om leerders se lees- en taalvermoë te verbeter.
Elke jaar woon duisende deelnemers van reg oor die provinsie die toernooi by, wat ’n dinamiese platform bied vir die deeglike toets van woordeskat, begrip en spelvaardighede. Hul sukses volg op maande se gefokusde voorbereiding en die skool se omvattende benadering tot geletterdheidsonderrig. Alizhaan Jantjies, ’n opvoeder en spanmentor, het haar vreugde uitgespreek oor haar leerders se prestasies. “Die oorwinning in die GrowSmart-spelkompetisie beklemtoon ons skool se verbintenis tot uitnemendheid in geletterdheid en versterk die boodskap dat ons leerders enigiets kan bereik wanneer hulle ondersteun en aangemoedig word,” het sy gesê. Die kampioenskapspan –
Daniel Solomons, Ashlynne Stall en Denay Apollis – het deurgaans toewyding en vasberadenheid op hul pad na sukses getoon. Hul deeglike voorbereiding, wat nasorgsessies, samewerking met portuurgroepe en doelgerigte afrigting ingesluit het, het op ’n selfversekerde en gepoleerde vertoning op die dag van die kompetisie uitgeloop. Benewens die trofee weerspieël Kerria Primêr se oorwinning die transformerende waarde van geletterdheidsinisiatiewe. Die GrowSmart-program vervul ’n sleutelrol in die bevordering van taalvaardigheid, kritiese denke en akademiese selfvertroue onder jong leerders. Hierdie kurrikulum ondersteun nie slegs uitnemende akademiese prestasie nie, maar versterk ook selfbeeld en kweek ’n blywende liefde vir leer, het Jantjies bygevoeg.
Kerria Primêr spreek sy hartlike waardering uit teenoor alle personeel, ouers, vennote en ondersteuners wat gehelp het om hierdie mylpaal te bereik. Die skool se doelwit bly onveranderd – om ’n uitstaande kultuur te ontwikkel en elke leerder te bemagtig om hul grootste potensiaal te bereik.
Hoewel die skool sy prestasie vier, kyk hy ook uit na toekomstige geleenthede en poog om ander instellings te inspireer om betrokke te raak by lees en leerderverryking. Kerria Primêr se suksesverhaal dien as ’n bewys dat jong leerders met die regte ondersteuning, duidelike visie en volgehoue toewyding tot uitnemendheid kan uitblink.

Talle leerders in die Weskus is tans besig met hul laaste eksamen vir die jaar.
Dit kan vir baie leerders ontmoedigend wees, maar hier is ’n paar wenke om jou te help:
Stel ’n haalbare hersieningskedule op: Werk uit hoeveel jy moet doen en die tyd wat jy het om dit te doen en breek dit dan in hanteerbare dele op. Mik daarna om elke dag ’n paar uur se hersiening te doen en meng jou vakke sodat jy nie verveeld raak nie. Vind ’n hersieningstyl wat by jou pas: Om alleen in ’n stil kamer te studeer, pas sommige mense, maar nie almal hou daarvan om in stilte te werk nie. Probeer om sagte musiek in die agtergrond te speel of hersien saam met ’n vriend.
Pas jou notas aan om dit meer persoonlik te maak: Eksperimenteer met kleurkodering, notas op kaarte, diagramme of wat ook al jou help om jou vak te leer.
• Maak seker dat jy alles verstaan: As jy iets teëkom wat jy nie verstaan nie, probeer ’n nuwe bron vir inligting, wat jou dalk sal help om dit makliker te verstaan. Om dit net te memoriseer, sal jou nie in jou eksamen help nie. Moenie bang wees om ’n onderwyser of ’n vriend om hulp te vra as jy dit nodig het nie.
• Neem gereelde kort pouses: Ure en ure lank studeer sal jou net moeg maak en jou konsentrasie bederf, wat jou selfs meer angstig kan maak. ’n Pouse elke 45 tot 60 minute is omtrent reg.
• Beloon jouself: Jy kan byvoorbeeld ’n lang bad neem of ’n goeie fliek kyk sodra jy met jou hersieningsessie klaar
is.
• Doen iets fisiek: Wanneer jy nie hersien nie, gebruik jou vrye tyd om weg te kom van jou boeke en iets aktiefs te doen.
Oefening is goed om jou gedagtes van stres af te lei en jou positief te hou en dit sal jou help om beter te slaap.
Vra vir hulp: As jy gestres voel, is dit belangrik om met iemand te praat wat jy vertrou, soos ’n familielid, ’n onderwyser of ’n vriend. Die eksamen is vir baie mense moeilik; moet dus nie skaam wees om vir ondersteuning te vra nie.
Hoe om eksamendae te hanteer
• Wees voorbereid: Begin die dag met ’n goeie ontbyt en gee jouself genoeg tyd om by die eksamenlokaal uit te kom. Onthou om alles wat jy nodig het, saam te neem, insluitend potlode, penne en ’n sakrekenaar.
’n Bottel water en ’n paar sneesdoekies is ook nuttig.
• Neem ’n paar minute om die instruksies en vrae te lees sodat jy presies weet wat van jou verwag word. Vra ’n eksamentoesighouer as enigiets onduidelik is – hulle is daar om jou te help.
• Beplan hoeveel tyd jy vir elke vraag benodig: Moenie paniekerig raak as jy vashaak nie; probeer om jouself genoeg tyd te gee om daarna terug te kom. Sodra die vraestel agter die rug is, vergeet daarvan en moenie te veel tyd deurbring om dit in jou kop deur te gaan of met jou vriende te vergelyk nie. Fokus eerder net op die volgende vraestel.
• Bron: Cyril Ramaphosa Foundation


























David Rossouw
Die Mamre-rugbyklub, wat sy terugkeer na die Swartlandstreek van die Boland-rugbyunie gemaak het ná ’n afwesigheid van nagenoeg nege jaar en algeheel derde ná Wesbank (kampioen) en Abbotsdale (naaswenner) geëindig het, het Vrydagaand sy 2025-prysuitdeling in die Lobensaal, Mamre, gehou, waar sportmanne en -vroue vereer is.
Die prysuitdelingsplegtigheid is die hoogtepunt en afsluiting van die klub
wat spelers en administrateurs met uitmundende prestasies vereer het.
Die aand is op die gepaste wyse afgesluit met ’n dinee-ete en goeie musiek, wat ondersteuners en spelers na die dansvloer gelok het.
Hier is die lys toekennings:
Sportman van die jaar: Remzi Cuce
Sportvrou van die jaar: Zandre Julie
Speler van die jaar: Waldick Gericke
Administrateur van die jaar: Rodney
Conrad
Mans
Mansspeler van die jaar: Dillon Simpson
Mees toegewyde speler: Queran Blaauw
Mees gevorde speler: Dillon Simpson
Meeste punte aangeteken: Edwill Okkers
Meeste drieë: Bradwin Prins
Beste 7’s-voorspeler: Waldick Gericke
Beste 7’s-agterspeler: Brian Prins
Beste C-span-agterspeler: Mekyle Facolyn
Beste C-span-voorspeler: Kyle Agullis
Beste B-span-voorspeler: Elrich J Pietersen
Beste B-span-agterspeler: Kian Adams
Beste A-span-voorspeler: Waldick Gericke
Beste A-span-agterspeler: Brian Prins Vroue
Vrouespeler van die jaar: Tereske Kabuika
Mees toegewyde spelers: Nadia Passens/ Kay Williams.
Meeste gevorder: Tereska Kabuika en Sherzaan Kabuika
Meeste punte behaal: Ronica Moses
Meeste drieë: Tereska Kabuika en Ronica Moses
Beste voorspeler: Donique Jacobs
Beste agterspeler: Tereska Kabuika
Rasaad Adams
’n Groep Bolandse skeidsregters eis die dringende verwydering van die voorsitter asook die adjunkvoorsitter van die Boland-rugbyunie (BRU) se skeidregters-vereniging.
Die skeidsregters het daarin geslaag om die unie sover te kry om in ’n algemene vergadering vir vandag (Dinsdag 25 November) te belê, waartydens ’n wantrouemosie teen die twee bestuurslede ingedien sal word.
WeskusNuus se susterskoerant
Paarl Pos het ’n brief onder oë gehad, wat op 3 Oktober deur die groep skeidsregters aan die unie gerig is en waarin hulle onder meer aanvoer dat hulle nie meer vertroue in die skeidregtersvereniging se voorsitter, Sebastian Abrahams, en sy
adjunkvoorsitter, Allen Williams, het nie.
“Sy afwesigheid spreek boekdele. Daar is ’n gebrek aan kommunikasie. Ons as skeidsregters weet nie wat in die vereniging aangaan nie, want ons het slegs twee ledevergaderings vir die jaar tot nou gehou,” lui die brief.
“Die vergaderings is noodsaaklik vir die suksesvolle administrasie van ’n vereniging. Die feit dat die voorsitter Saterdae by klubrugbywedstryde kommentaar lewer, is werklik ’n bron tot kommer.
“Het hy [ook] tyd om na skeidsregters se vertonings te kyk en raad te verskaf? Dit lyk asof die voorsitter van hierdie vereniging wil dikteer en vir sekere individue sal wys hy sal doen wat hy voel reg is om te doen. Dit is die rede hoekom dinge in hierdie vereniging besig is om uitmekaar te
val.
“Dit lyk asof die voorsitter alleen besluite neem en selde ’n mandaat by sy medebestuurslede kry,” skryf die skeidsregters verder in die brief.
Die skeidsregters haal dan verder aan uit die skeidsregtersvereniging se beleid vir algemene bestuur, wat vir wantrouemosies voorsiening maak.
“Ons versoek ’n tydige en gepaste reaksie op hierdie kennisgewing en dat hierdie mosie so gou as moontlik vir bespreking geskeduleer word,” sluit hulle hul brief af.
Linston Manuels, die BRU se afrigtersbestuurder, het die egtheid van die brief by navraag bevestig, asook van ’n brief wat deur die unie uitgereik is waarin hy bevestig dat die wantrouemosie vanaand (Dinsdag 25 November) op ’n algemene vergadering gaan dien.
Die mosie is die enigste punt op die sakelys.
“Die inligting is heeltemal korrek. Ons kan bevestig dat ’n mosie wel teen die twee betrokke lede gebring is.
“Die mosie, wat vir Dinsdag 25 November net ná die Top-12-eindstryd geskeduleer is, is nog op track
“Skeidregters het hul ongelukkigheid uitgespreek oor hoe die vereniging bestuur word – veral deur die voorsitter.
“Daar is natuurlik verskeie redes wat deur die skeidsregters aangevoer is.
“Ons skeidsregters se grondwet maak voorsiening vir sulke mosies, wat deur minstens 10 skeidsregters ondersteun en geteken moet word, wat wel hier die geval was,” het Manuels gesê.