M.A. Sielk. | B.A.Honn.Sielk. | B.Com.BSielk. Counselling Psychologist PR 8630453
021 572 5771 067 850 6479 Atlantis - Wesfleur Privaat Kliniek, Wesfleursirkel Durbanville - 22 Marco Close, Uitzicht Mediese fondse en bankkaartbetalings word aanvaar.
NM10070528-WU250826
Verspreidingsgebiede: Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand | Dinsdag, 25 Augustus 2026 | Tel: 067 091 0618 | E-pos: weskusnuus@novusmedia.co.za
Atlantis het nou ’n plan
Lt-Generaal Nhlanhla Mkhwanazi, die provinsiale polisiehoof van KZN, en Peter Stoffberg van #piemphulle het idees tydens die beraad uitgeruil.
Gemeenskap keelvol vir bendes Murphy Roberts
D
ie Atlantis-gemeenskap, onder leiding van Peter Stoffberg, Louisa Solomon en die #Piemphulle-Facebook-groep, het ’n omvattende plan teen bendemisdaad aan die parlementêre portefeuljekomitee oor die polisie voorgelê. Die voorstel is op Woensdag 19 Augustus tydens die komitee se bendegeweldberaad, wat deel van die parlement se ondersoek na bendeverwante geweld is, bespreek. Die voorstel fokus op dwelmhandel, bendebedrywighede en geweld en vra vir ’n meer gekoördineerde benadering deur wetstoepassingsagentskappe, skole, behuisingsowerhede en gemeenskappe. Die gemeenskap vra vir vinniger optrede teen inwoners wat stads- of staatshuisvesting vir dwelmhandel en bendebedrywighede gebruik. Die voorstel doen ’n beroep op behuisingsowerhede en die polisie om nouer saam te werk om uitsettingsaansoeke vinniger te hanteer wanneer bewyse van misdadige aktiwiteite daar ontdek word. ROLSPELERS UITGEWYS Plaaslike behuisingskantore, woonstelkomitees, gemeenskapspolisiëringsforums en gemeenskapsaktiviste is as rolspelers uitgewys, wat kan help om bewyse en verklarings te versamel. Skole word in die voorstel as ’n gebied geïdentifiseer waar bendewerwing en dwelmhandel volgens die gemeenskap aandag verg. Die voorstel vra vir geteikende klopjagte en beter
OPTOMETRIST
r e p u S Sale All packages include: Comprehensive eye test Selected frame, Clear Subscription Lenses or Sun Vision prescription lenses www.eyesave.co.za I @eyesavecpt
samewerking tussen wetstoepassingsagentskappe en skole om dwelms, wapens en ander bendebedrywighede vas te vat. Die voorstel vra ook dat buurtwagte, straatkomitees, woonstelkomitees en inwoners meer by die bekamping van bendemisdaad betrokke moet wees. Dit beklemtoon die behoefte aan beter beskerming van getuies in ernstige bendemisdaadsake, met versterkte getuiebeskerming, vinniger hervestiging en beskerming van getuies se families as moontlike maatreëls. ONDERSOEK HULLE! Die gemeenskap vra verder vir intelligensiegedrewe ondersoeke na vermeende bende- en dwelmbase, asook die beslaglegging op bates wat vermoedelik uit misdadige aktiwiteite verkry is. ’n Gespesialiseerde eenheid om belastingontduiking en bateverbeuring te ondersoek, word ook voorgestel. Die voorstel vra vir ’n gestruktureerde polisie-bedryfsplan met weeklikse en maandelikse skedules vir geteikende klopjagte, huissoektogte, die opspoor van verdagtes en gebiedsoperasies. Die dokument stel ook die digitalisering van die registrasie en monitering van strafsake voor, insluitend digitale verklarings, biometriese identiteitsverifikasie en ’n elektroniese stelsel waardeur inwoners die status van sake kan monitor. Die voorstel beklemtoon die behoefte aan samewerking tussen die polisie, regering, munisipale strukture, skole, gemeenskapsorganisasies en inwoners in die bekamping van bendemisdaad in en om Atlantis.
Single Vision Clear R1 100
AUGUST
With changeable tint
R2 200
Bifocal Clear R1 250
SWEETIE PIE CHOC BALLS 20'S
With changeable tint
R2 300
R1950 pensioners
With changeable tint
R3 400
R2900 pensioners T's &C's APPLY • Laybuy accepted. This is a cash only offer
NM10070514-WU250826
ALIBI CHOCOLATES
R19
R10.00
BISCA CHOCOLATE
CRACKER VALUE COMBO PACK
* Large 3 for
.95
BISCUITS ASSTORTED
Multifocal Clear R1 950
SPECIALS!
Shop LS82, Atlantis City Mall, Atlantis, 7352 Tel: 021 572 6265 • Fax: 021 572 8724 • Email: mujieb@telkomsa.net
R25.00 SAVE R5
BATANA HAIR PRODUCTS
FROM
R21.95
2 for
selection of
R10
R99
SWEETIE PIE CHOC BUNNY 5'S
TISSUES 2PLY
.00
.95
baking products and spices available at discounted prices *
R16.95
200's
R19.95
Full range of services offered at discounted prices including colour copies, and printing / binding services / digital photo printing / business cards / skateboard accesories, etc. NM10070789-WU250826