Skip to main content

WeskusNuus E-Edition - 24 February 2026

Page 1


Kind voor ma doodgery

Bestuurder getoets

“Sy was nie net my klein dogtertjie nie, maar ook my bestie,” vertel die ma van die vyfjarige La-meecha Geland, wat verlede Dinsdagoggend (17 Februarie) op pad kleuterskool toe voor haar oë doodgery is.

Volgens La-Meecha se ma, Mickalah, kon sy hoor hoe die bestuurder van die motor spoed optel in die pad wat van skoolkinders wemel. Met trane wat vrylik rol, vertel sy die oggend het soos enige ander dag vir hulle begin.

“Sy sou eers haar gunsteling-TV-program, Timmy, kyk terwyl ek haar regmaak vir die skooldag. Ek het haar self elke oggend weggeneem en gaan haal, juis omdat ek dalk té oorbeskermend oor haar was,” vertel sy.

“My uitgesproke dogtertjie het baie vir ander kindertjies omgegee en almal elke oggend by die kleuterskool gegroet met: ‘Môre, my familie!’ Sy het op haar ouderdom geglo aan ‘sharing is caring’ en het elke oggend haar skoolgeldjie met ’n seun van ’n ander skool gedeel,” vertel Mickalah.

Die betrokke oggend, met vier rand in haar hand, het La-Meecha gevra: “Waar is die seuntjie?” En toe ons hom gewaar, moes ons omdraai sodat sy hom die helfte kon gee. Sy het hom ’n drukkie gegee en dit was toe dat ek hoor hoe die enjin van die motor harder begin brul soos die bestu urder spoed optel.

Die volgende oomblik het my kind deur die lug gevlieg,” vertel Mickalah, ter wyl die trane nog vryer vloei.

“Ek het na haar gehardloop terwyl ek haar naam aanhou dend skree. Sy het etlike me ters deur die lug geslinger. My kind het, terwyl ek met haar probeer praat, net begin blou raak en ek moes aanskou hoe

sy voor my haar laaste asem uitblaas.”

Wat egter skokkend is, is die feit dat die bestuurder nie belanggestel het om te kom kyk of sy oukei is nie, vertel die ma. “Ek voel hy moet deur dieselfde hel gaan waardeur ek tans gaan, want ek kan nie my oë toemaak sonder dat die toneel voor my afspeel nie,” sê sy.

Die bestuurder, Diego Stevens (34), het Donderdag vlugtig op aanklagte van strafbare manslag, roekelose en/ of nalatige bestuur, asook bestuur sonder ’n lisensie, in die Atlantislanddroshof verskyn. Volgens die staat wag hulle op die uitslae van bloedtoetse en nog aanklagte kan bygevoeg word.

Stevens verskyn vandag (Dinsdag 24 Februarie) weer in die hof en sal vermoedelik om borgtog aansoek doen. Hy bly tot dan nog in aanhouding.

“Sy

Omstanders op die toneel waar die vyfjarige La-Meecha Geland Dinsdagoggend (17 Februarie) op pad kleuterskool toe voor haar ma doodgery is. Foto: Murphy Roberts
was nie net my kind nie; sy was meer as my bestie en ons het alles saam gedoen, sê La-Meecha se ma, Mickalah. Foto: Murphy Roberts
Beste vriende – só het Mickalah die verhouding tussen ma en dogter beskryf.
La- Meecha Geland wat Dinsdagoggend (17 Februarie) op pad kleuterskool toe gesterf het, ‘n paar dae ná Valentynsdag.

Ouma sterf ná bylaanval

Janet Jordan (67) van Pearl Mansion, Atlantis, is op Maandag 26 Januarie na bewering wreed deur haar skoonseun met ’n byl aangeval toe sy net die vrede tussen hom en sy vrou wou bewaar. Sy het ’n week later in die Wesfleur-hospitaal aan haar beserings beswyk.

Moegamat Tabisher (35) het voorverlede Vrydag (13 Februarie) in die Atlantis-landdroshof op aanklagte van moord en ernstige aanranding verskyn.

’n Ingeligte bron het gesê die stryery tussen Tabisher en sy vrou het glo oor seks gegaan.

Die bron het verder verklaar die verdagte wou na bewering omstreeks middernag seks met sy vrou hê, maar sy het geweier, wat glo tot ’n stryery gelei het.

Janet het glo telkemale probeer om die vrede te bewaar, maar is toe deur Tabisher met ’n byl aangeval.

Volgens ontstoke inwoners het Tabisher ná die aanval gevlug. Hy het sy skoonma blykbaar twee keer met die byl oor die

kop gekap het. Hy het glo later aangevoer dat iemand ingebreek het en hulle aangeval het.

‘VAN SY EIE MEDISYNE’ GEVOER

Tabisher is ongeveer twee kilometer van die toneel van die misdaad af onder ’n bakkie gekry waar hy probeer wegkruip het.

’n Betroubare bron het gesê hy is onder die bakkie uitgetrek en woedende bure en inwoners het hom toe glo “van sy eie medisyne” gevoer – met sy eie byl. Janet het meer as ’n week ná die aanval in die hospitaal beswyk terwyl die verdagte deurentyd onder polisiebewaking in dieselfde hospitaal was.

Tabisher, wat ná die voorval in ’n rolstoel is, het aansoek om borgtog gedoen. Volgens die verdagte het hy ’n plaat in sy arm en ’n plaat in sy been en aan die hof genoem hy het ook verskeie kopwonde opgedoen. Volgens omstanders het die polisie net betyds opgedaag om sy lewe te red. Die verdagte het in sy eie getuienis aangevoer hy word verkeerdelik met die misdaad verbind en het sy vriend en

buurman van die moord beskuldig. “Dit is hy wat my so aangerand het sodat ek nie die waarheid kan praat nie,” het Tabisher aan die hof gesê. Hy het verduidelik dat inwoners van Pearl Mansion jaloers op hom is en daarom die skuld op hom pak.

‘DIT WAS OOR WYN, NIE SEKS NIE’ Die verdagte beweer die argument dat die voorval oor seks gehandel het, is van alle

PP teen verkoop van Thusong

ATLANTIS - Die People’s Process het vandeesweek hul memorandum en petisie met byna 15 000 handtekeninge aan die bestuur van subraad 1 oorhandig. Volgens die memorandum moet die verkoop van die historiese Hartebeeskraal Thusong-sentrum teengestaan word. Die groep eis dat hul besware formeel op rekord geplaas word, dat die voorgestelde proses gestaak word en dat korrektiewe bestuur- en remediërende stappe oorweeg word eerder as om die gebou te verkoop. Hulle vra ook dat die openbare bate, wat bedoel is vir maatskaplike ontwikkeling en dienslewering, beskerm moet word. Volgens die memorandum, wat Theunis Mack die afgelope Donderdag (19 Februarie) voorgelees het, is die Thusong-sentrum lank reeds deur die gemeenskap waardeer as ’n sentrale en toeganklike punt vir noodsaaklike regeringsdienste – veral vir inwoners wat staatmaak op openbare vervoer en maatskaplike bystand, en vir diegene wat weens ouderdom, inkomste of gestremdheid van toeganklike dienste afhanklik is.

Die sentrum het kritieke openbare dienste soos Binnelandse Sake, Sassa en ander

maatskaplike en arbeidsverwante dienste gehuisves, wat dit vir inwoners moontlik gemaak het om verskeie regeringsfunksies op of naby een plek te verkry. Hierdie model verminder aansienlik die koste, tyd en administratiewe las wat op reeds kwesbare huishoudings geplaas word.

Die onlangse ontwrigting en effektiewe verwydering van die dienste van Binnelandse Sake uit die Thusong-sentrum het wydverspreide verwarring veroorsaak.

Dienste wat voorheen vyf dae per week beskikbaar was, is verminder tot beperkte beskikbaarheid – soms so min as twee dae per week.

Die afgelope paar weke kon inwoners nie duidelike, bestendige inligting oor wanneer of waar die binnelandsesake-dienste bedryf word, verkry nie.

Dit is een maar een van die griewe.

Nog een is dat inwoners in lang rye moet staan terwyl hulle onseker is of die spesifieke diens waarvoor hulle wag, wel gelewer sal word. Die groep braak ook gal daaroor dat bejaardes en ander wat heeltemal van die dienste afhanklik is, dikwels tevergeefs opdaag, wat verdere finansiële druk op hulle plaas.

Volgens Allison Adams, ’n woordvoerder vir die People’s Process, het inwoners

waarheid ontbloot. Hy sê hy het geslaap toe hy wakker geword het en wou weet waarom die oorledene al die wyn gedrink het.

Die staat het egter tydens kruisverhoor aangedui dat Tabisher sy getuienis aanpas om die skuld op ander te plaas. Volgens die staat het minderjariges gesien hoe hy hul ouma met die byl aanval en haar terug in die huis probeer sleep.

Tabisher het egter teruggekap

dat die ondersoekbeampte die kinders aangehits het om dit te sê. Hy het ook aan die hof genoem dat hy geen vorige oortredings en geen hangende sake teen hom het nie. Die staat het egter weer eens benadruk dat Tabisher die hof probeer mislei het en het ongeveer 11 oortredings genoem, waaronder moord en verkragting.

Volgens die staat is ’n beskermingsbevel teen die verdagte, maar hy het ontken dat dit die waarheid is. “Inwoners van Pearl Mansion blameer my omdat ek die buurman wil beskerm,” het hy getuig. Die saak is tot Donderdag 26 Februarie uitgestel en die beskuldigde bly in aanhouding.

Theunis Mack oorhandig die memorandum oor die verkoop van die Hartebeeskraal-Thusong-sentrum aan raadslede. Foto’s: Murphy Roberts.

in Desember verlede jaar begin om die verkoop van die historiese gebou teen te staan. Volgens Adams is die doel van hul veldtog om te verseker dat die sentrum ’n openbare bate vir die huidige en toekomstige geslagte bly.

Die People’s Process het raadslede versoek om skriftelike terugvoer binne 14 dae te gee.

Volgens Allister Lightburn, die voorsitter van subraad 1, sal die memorandum na die Stad Kaapstad se afdeling vir openbare deelname verwys word.

Moegamat Tabisher (35) het op Vrydag (13 Februarie) in die Atlantis-landdroshof op aanklagte van moord en ernstige aanranding verskyn.Foto: Murphy Roberts
Die ondersoekbeampte sers. Elo Hendricks by die hof. Foto: Murphy Roberts
Vriende en familie van Janet Jordan (67) van Pearl Mansion tydens die borgtog-aansoek
Murphy Roberts
Die subraad 1-voorsitter Allister Lightburn verduidelik wat die volgende stap sal wees.

Stad herstel gou 6 666 straatligte

Die Stad Kaapstad se energiespanne het ’n indrukwekkende 6 666 versoeke rakende straatligte tussen 26 Desember 2025 en 25 Januarie vanjaar hanteer.

Die algehele getal opgeloste elektrisiteitsverwante diensversoeke gedurende hierdie tydperk was 22 457.

PRESTASIE VAN DIE TEGNIESE SPAN

Xanthea Limberg, die Stad se burgermeesterskomiteelid vir energie, het gesê sy is ongelooflik trots en dankbaar vir die harde werk en toewyding van die tegniese spanne gedurende die besige feestydperk.

“Hul betrokkenheid om ons straatligte aan te hou, word versterk deur die Stad se strategiese beleggings in elektrisiteitsinfrastruktuur om gemeenskappe veilig te hou. Die spanne se pogings het daartoe gelei dat 6 666 versoeke vir herstelwerk en instandhouding van straatligte binne net 31 dae hanteer is – ’n gemiddeld van ongeveer 215 versoeke per dag.

“Hierdie indrukwekkende werk het ook gehelp om die Stad se straatligte-bestrydingstempo te herstel tot ’n

gemiddelde van 89,9% oor die afgelope twee vermelde maande,” het Limberg gesê.

Die Stad bestuur ’n groot netwerk van meer as 245 000 straatligte en streef deur volgehoue beleggings, insluitend ’n R75,5-miljoen-kapitaalbegroting vir straatligte in die huidige boekjaar, daarna om hierdie belangrike bates te laat groei en beghoorlik in stand te hou.

Diefstal, vandalisme en onwettige aansluitings bly die hoofredes vir straatlig-onderbrekings. In die meeste gevalle word meters kabels en selfs hele straatligte met paal en al gesteel, wat groot en dikwels ingewikkelde foute veroorsaak.

Die Stad se energieveiligheidspan en wetstoepassingsbeamptes is steeds in alle brandpunte sigbaar.

Daarbenewens ondersoek die Stad ook oplossings om diefstal en vandalisme hok te slaan. “Ons vra dat lede van die publiek enige verdagte gedrag aanmeld sodat ons saam jou krag kan beskerm,” het Limberg bygevoeg.

In Atlantis, Vanguard, Mowbray en die middestad is in dié tyd 2 111 versoeke ontvang.

Help detective Hendricks solve two mysteries

Atlantis police asks the community to share information anonymously about a murder which occurred on 31 January at 23:45 in Tsitsikama street, Ext 12, Atlantis. Myron John Lee Moses was shot several times and later succumbed to his injuries. The motive for this murder is unknown.

On 17 February at 07:30 in Hermes

Avenue a 5-year-old child was run over and killed by a driver in a Green Opel Corsa.

Anyone who has information or witnessed these incidents can confidentially share it on 0860010111 or phone Detective Sergeant Allo Hendricks on 021 571 8500

Werkers besig met die herstel aan ’n straatlig. Foto’s: Stad Kaapstad

DIEFSTAL EN VANDALISME

Meld verdagte gedrag aan by die Openbare Kommunikasiesentrum by 021 480 7700 en meld onwettige skrootpersele anoniem aan die ‘Copperheads’: 0800 222 771.

Die polisie bly die hoofowerheid in misdaadvoorkoming, maar versoeke rakende straatligte en elektrisiteitsfoute kan gerig word aan die inbelsentrum by 0860 103 089, per SMS by 31220 of WhatsApp by 060 018 1505.

• Die data sluit slegs versoeke rakende straatligte in, wat gedurende ’n spesi -

fieke tweeweekse tydperk ingedien is. Data is dinamies en nuwe versoeke word voortdurend bygevoeg, tesame met historiese diensversoeke. Ander elektrisi-teitsversoeke is nie ingesluit nie. ’n Lid van die Stad Kaapstad se energiespan in ’n helder verligte straat.

Volg WeskusNuus op ons sosiale media

In vandag se vinnige wêreld is dit maklik om nuus te mis. Maar by WeskusNuus kan jy op hoogte bly: Op Facebook (@Weskusnuus); sluit aan by ons WhatsApp-kanaal by whatsapp. com/channel/0029Vb7VQCG9mrGTp3fwEQ2E; of besoek ons webblad by weskusnuus.co.za

Ons wil jou graag deel van ons nuusfamilie hê. Het jy vrae, idees of wil jy iets aanmeld?

Kontak Murphy Roberts direk by 067 091 0618. Ons luister altyd en wil graag jou insette hê, want jou stories en stem maak ons gemeenskap sterker. Volg ons vandag, bly ingelig.

SÊ JOU SÊ ! BYWERKING VAN DIE STAD SE VRAGBESTUURSTRATEGIE

Die Stad Kaapstad nooi alle belanghebbende en geraakte partye om kommentaar te lewer op die bygewerkte vragbestuurstrategie (FMS) wat ten doel stel dat alle vragvervoer in en rondom Kaapstad veilig, doeltreffend en betroubaar sal wees, en die behoeftes van die plaaslike en streeksekonomie sal vervul sonder om die toegangs- en mobiliteitsbehoeftes van medepad- en spoorgebruikers te benadeel.

Vragvervoer is ’n instaatsteller van die streek se ekonomie deur die beweging van goedere te fasiliteer wat handel, nywerheid en plaaslike lewensbestaan en -behoeftes ondersteun.

Die bygewerkte FMS bou op die 2016-strategie waarin sleutelkwessies soos infrastruktuuroorlading, veiligheid en onvoldoende toepassing in die vragsektor en ooreenstemming met nasionale streeks- en plaaslike doelwitte en dat die na-uurse dienste wat deur die hawe gebied word beter benut moet word. Die FMS inkorporeer ook nuwe prioriteite soos grondgebruikbeplanning, hantering van die mikrovragnywerheid, die groei in die informele parkering van vragmotors, en ’n fokus op nakoming om die oorhoofse visie te steun.

Ingevolge artikel 17 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000, word die publiek en belangstellende partye of groepe die geleentheid gebied om van Dinsdag 24 Februarie tot Dinsdag 31 Maart 2026 kommentaar aanbevelings of insette oor hierdie strategie by die munisipaliteit in te dien.

Kommentaar, aanbevelings of insette kan op die volgende maniere ingedien word:

• E-pos: UrbanMobility.CT@capetown.gov.za (meld verwysing 110252609)

• Aanlyn: Skandeer die QR-kode om jou kommentaar digitaal in te dien

• Besoek www.capetown.gov.za/haveyoursay of www.capetown.gov.za/collaborate

• Skriftelike voorleggings: Vorms vir skriftelike voorleggings is beskikbaar by jou naaste subraadskantoor of Stadbiblioteek

’n Opsomming van die konsepstrategie (in al drie amptelike tale) en die volledige konsepstrategie oor vragbestuur in Engels, kan besigtig word by:

• Die Stad se webwerf: www.capetown.gov.za/haveyoursay en www.capetown.gov.za/collaborate

• Alle subraadskantore en Stadsbiblioteke.

Die Stad se eenheid vir openbare deelname sal mense wat nie kan lees of skryf nie, mense wat met gestremdhede leef of uit benadeelde groepe wat nie skriftelike kommentaar kan indien nie, help om skriftelike kommentaar in te dien. Kontak Zandile Mahlasela by 021 400 5501 of Zandile.Mahlasela@capetown.gov.za.

Vir meer inligting oor die konsepstrategie, stuur ’n e-pos aan UrbanMobility.CT@capetown.gov.za of kontak die projekbestuurder by 021 400 9339.

LUNGELO MBANDAZAYO STADSBESTUURDER CTA30/2026

Quantum V3 amper gereed

Die Quantum V3 Holdings-ontwikkeling, gelewer deur Raycon Properties, het in April 2025 begin en die projek is ná ’n nege maande afleweringstydperk vir voltooiing geskeduleer. Die projek is deel van pogings om nywerheidskapasiteit in die Atlantis-gebied uit te brei, werkskepping te bevorder en plaaslike klein, medium en mikro–ondernemings (KMMO’s) te ondersteun. Teen Februarie toon die projek steeds bestendige vordering, met verskeie sleutelmylpale wat bereik is ondanks programuitdagings wat geteikende herstelintervensies vereis het.

Die algehele konstruksievordering staan tans op 78%, wat aandui dat die projek sy finale fase betree.

Die aflewering word aktief deur ’n programherstelplan bestuur om te verseker skedulerisiko’s word beperk en oorblywende aktiwiteite kan doeltreffend uitgevoer word.

Die besteding is in pas met die fisieke vordering, wat dui op stabiele kostebeheer en geen onmiddellike risiko van begrotingsoorskryding nie.

’n Kernprioriteit vir die projek is die integrasie en bemagtiging van plaaslike KMMO’s. Die kontraktuele vereiste bepaal dat minstens 30% van die projekwaarde aan KMMO-deelname toegeken moet word. Tot nou het die projek hierdie teiken met 32% KMMO-besteding oortref. Hierdie prestasie weerspieël ’n sterk verbintenis tot inklusiewe ekonomiese ontwikkeling en die versterking van die plaaslike verskaffer-ekostelsel.

Werkskepping is ’n verdere sleutelprestasie-aanwyser vir die Quantum V3fasiliteit. Die projek het altesaam 155 werksgeleenthede geskep, waarvan 76

deur inwoners van die Groter Atlantis–gebied gevul is. Dit verteenwoordig ’n beduidende bydrae tot plaaslike ekonomiese opheffing en die vermindering van werkloosheid in die streek.

Die demografiese ontleding toon dat 146 werkers manlik en nege vroulik is, wat ’n geleentheid uitlig om vrouedeelname in toekomstige projekte te verhoog. Belangrik is dat 63 jeugwerkers werksgeleenthede ontvang het, wat vroeë loopbaanontwikkeling en vaardigheidsopbou in die konstruksiesektor ondersteun. Daarbenewens is een werker met ’n gestremdheid in diens geneem. Die projek se ontwerp en strukturele elemente, soos in die voorstellings getoon, dui op ’n moderne nywerheidsuitleg met doeltreffende ruimtebenutting en moderne boumateriaal.

Sodra dit voltooi is, sal dit nywerheidskapasiteit verbeter, plaaslike vervaardigingspotensiaal versterk en ankerinfrastruktuur skep wat verdere ekonomiese aktiwiteit in die Atlantis-nywerheidsone sal ondersteun.

Samevattend vorder die Quantum V3 Holdings-ontwikkeling goed, met sterk prestasie in KMMO-deelname, plaaslike werkskepping en begrotingsbelyning. Aanhoudende fokus op programherstel sal noodsaaklik wees om tydige voltooiing te verseker, maar volgens huidige aanwysers bly die projek op koers om ’n hoëgehalte nywerheidsfasiliteit te lewer wat ’n betekenisvolle bydrae tot streeksekonomiese groei sal lewer. Groete, Matt

City projects on the cards

ATLANTIS INFORMAL TRADING PLAN

The public is invited to comment on the revised informal trading plan for Atlantis, which includes both Wards 29 and 32, and aims to update the existing trading plan, which came into effect in 2025, and which will allow trading spaces for traders to partake in the local economy.

The comment period is open until 10 March 2026

Find more details at the following link: capetown.gov.za/ City-Connect/Have-your-say/Issues-open-for-public-comment/draft-revised-informal-trading-plan-for-atlantis

APPLICATIONS NOW OPEN FOR WINTER-READINESS PROGRAMME TO SUPPORT SHELTERS

Applications are now open for registered non-profit organisations that provide accommodation to vulnerable residents. Qualifying organisations have until 31 March 2026 to apply for support to increase bed space and sustain their operations through winter.

During the colder months more rough sleepers and vulnerable people seek shelter and assistance.

The City’s Winter Readiness Programme helps shelters respond to this increased demand by providing practical support, including bedding, blankets, hygiene items, food supplies and cleaning materials.

The programme is open to qualifying shelters who are able to increase their bed capacity to deal temporarily with the increased demand for the service during winter. The City will also make staff available through the Expanded Public Works Programme (EPWP) to assist with general and administrative tasks to increase capacity at NGO partners to accommodate additional clients.

The Winter Readiness Programme is a core part of the City’s broader approach to reducing rough sleeping, which also includes access to Safe Spaces, a dedicated Street People Unit and public awareness campaigns.

INDIGENT

ASSISTANCE

The City wishes to remind residents who are struggling financially that support is available.

Households earning below R7 500 could be eligible for indigent assistance, and people who are 60 years of age and

older with a household income of R27 000 and less are urged to apply for pensioner rebates as the City has expanded the qualifying threshold for pensioners and social grant recipients enabling even more residents to benefit from the Lifeline tariff and rates rebates, with the qualifying limit now increased to a monthly income of R27 000.

We have also increased the social-support package to R5,1 billion in total for rates and services relief for 2025-’26. These households could access free basic services and qualify for a 100% discount on their property rates.

The City also wishes to thank those residents who pay their municipal accounts as this helps the City to function.

COMPUTERISED LEARNER'S LICENCE TEST ROLL-OUT NEARS COMPLETION

As an implementing agent for the Road Traffic Management Corporation (RTMC) and the Western Cape Government, the City's DLTCs started the roll-out last year.

The system replaces the current manual booklet-based test and will allow learner-licence applicants to tap their way through their test, using digital screens.

2025- ALGEMENE WAARDASIELYS VIR DIE STAD KAAPSTAD

Kennisgewing geskied hiermee ingevolge artikel 49 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting, Wet 6 van 2004 (soos gewysig), hierna die “Wet ” genoem, dat die algemene waardasielys vir 2025, van toepassing van 1 Julie 2026, ter insae beskikbaar is by www.capetown.gov.za/propertyvaluations en by die lys van lokale vir openbare insae en besware hier onder

Enige eiendomsbesitter of ander persoon word hiermee ingevolge artikel 49 van die Wet genooi om die lys binne die voorgeskrewe tydperk hier onder te besigtig en, in ooreenstemming met wetgewing, ’n beswaar in te dien ten opsigte van enige kwessie wat in die waardasielys voorkom of weggelaat is.

Aandag word spesifiek gevestig op artikel 50 van die Wet waarvolgens ’n beswaar teen ’n spesifieke individuele eiendom ingedien moet word en nie teen die waardasielys as ’n geheel nie.

Besware kan op enige van die volgende maniere ingedien word: Van 20 Februarie 2026 tot 30 April 2026: • Aanlyn via e-dienste (voorkeur- en doeltreffendste indieningsmetode): www.capetown.gov.za/en/eservices

FROM THE CHAMBERS - Allister Lightburn

Applicants take a random, computer-generated touchscreen test, which provides immediate, accurate results. “This is a faster and more reliable system, which will not only improve efficiency, but will reduce the waiting periods associated with paper-based, manual tests,” Mayco member for Safety and Security Alderman JP Smith pointed out. “The digital system reduces opportunities for cheating, and it draws from a randomised database of questions. It also eliminates the possibility of fixed answer sheets being leaked.”

• Per e-pos: valuationsobjection@capetown.gov.za

• Van 20 Februarie 2026 tot 31 Maart 2026: Persoonlik - gedurende die bedryfstye van die lokale vir openbare insae en besware hier onder

Die vorm vir die indiening van besware per e-pos of by die lokale vir insae en besware is verkrygbaar op die Stad se webwerf. Net goed gemotiveerde besware sal oorweeg word.

GEEN LAAT BESWARE SAL AANVAAR WORD NIE.

Eienaars sal skriftelik van hul waardasies in kennis gestel word. Die kennisgewings sal ge-epos of gepos word na die besonderhede wat op die Stad se databasis is.

Jy kan jou waardasiekennisgewing en rekeninge per e-pos ontvang. SMS bloot jou e-posadres en rekeningnommer na 31223.

Vir nadere inligting:

Inbelsentrum: 0860 103 089

Web: www.capetown.gov.za

GV2025-LOKALE VIR INSAE EN BESWAAR

GV2025-LOKALE VIR OPENBARE INSAE EN BESWARE

LET WEL 1: Lokale sal op ’n rotasiegrondslag en volgens verskillende tydgleuwe oop wees

LET WEL 2: Alle lokale sal op Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae gesluit wees

1BELLVILLE Bellville- klein saal

2KAAPSTAD Kaapstad-burgersentrum

Bellville-burgersentrum, Voortrekkerweg 2

2de vloer Kaapstad-burgersentrum, Hertzog-boulevard

3CONSTANTIA Alphensentrum -saal Constantia-hoofweg

4STRAND Charles Morkel-stadion Kerkstraat 160 (langs Strand-muurbalklub)

5ATLANTIS Avondale-biblioteeksaal

Avondale-biblioteek, Avondale-burgersentrum

6GUGULETHU Fezeka- munisipale kantore H.v Lansdowneweg en NY1

7MFULENI Mfuleni- munisipale kantore Hoofweg 13

8OCEAN VIEW Ocean View-gemeenskapsaal

9DELFT Delft-burgersentrum

H.v.Carinaslot en Oakley Place (oorkant kliniek en biblioteek)

H.v Delft-hoofweg en Voorbrugweg

Stocks en StocksH.v Ntlakahlazastaat en Ntlazanestraat, Ilitha Park

LENTEGEUR Munisipale kantore, Promenade MallH.v AZ Bermanrylaan en Morgensterweg, Mitchells Plain

20/02/202631/03/2026 08:30 - 16:00

02/03/202604/03/2026 09:30 - 15:00

H.v.Carinusstraat en Van Riebeeckstraat

MILNERTONRoyal Ascot- munisipale kantore Raadsaal, Royal Ascot, Bridleweg 20 PAROW Parow-burgersentrumBetaalkantoor, h.v Tallentstraat en Voortrekkerweg

Vir meer inligting: Deeloproep: 0860 103 089

E-pos: valuationsobjection@capetown.gov.za Web: www.capetown.gov.za/propertyvaluations

LUNGELO

Rotarians have been quite busy

For more than 120 years Rotarians across the globe have been enriching lives by uplifting communities. In Atlantis that spirit of service recently brought smiles to the faces of young children.

With the support of the Rotary Club of Atlantis the Rotary Club of Tygerberg secured funding from Durbanville-based Here Be Dragons to sponsor a vibrant playground for Tembesa Crèche in Atlantis. Rotary Tygerberg president Willy Watson spearheaded the initiative, making the project possible.

“It gave us great pleasure to install playgrounds at Orion and Masekane Educare Centre in Saxonsea,” said Rotary Atlantis president Danny Pietersen. “These facilities will make a real difference in the lives of the children. Seeing their smiles is overwhelming.”

Orion Educare also benefited from a

playground donated by Rotarian Frederick Jansen and his wife, giving learners a safe space to play and grow together. Pietersen emphasised that while Rotary would love to assist more organisations its reach depends on the support of partners willing to work alongside it.

The Melkbosstrand High School Interact Club has also been active, raising funds through handmade goods and donations to support schools, NGOs and NPOs. Its efforts recently provided the House Adonai House Sanctuary for young disabled children, with essential supplies.

“We are deeply grateful to these incredible learners for their support,” the institution’s Ronel Gerber said.

Rotary Atlantis and Melkbos members have further extended their care by establishing clothing banks to assist families in need across Atlantis and its surrounding areas. Rotarians are lauded for their commitment to community, compassion and lasting impact.

Skryf nóú reeds in vir 2026 se Sanlam-WOW-spelfees

Die 17de Sanlam-WOW-spelfees vind van Julie tot Oktober landwyd plaas en skole en leerders word hartlik uitgenooi om nou reeds te registreer.

Deelname is heeltemal gratis.

Dit is die grootste spelfees in Suid-Afrika en word nasionaal aangebied. Skole en leerders kan in die volgende afdelings deelneem:

• Afrikaans: Graad 1 tot 10

• Engels: Graad 4 tot 9

• isiXhosa: Graad 5 tot 8

Die Sanlam-WOW-spelfees is ’n vlagskipprojek van Woorde Open Wêrelde (WOW), ’n bemagtigingsinisiatief van die Universiteit Stellenbosch. WOW bied kreatiewe en opvoedkundige programme en aktiwiteite, wat op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste gerig is, in skole aan.

Fiona van Kerwel, WOW se bestuurder, sê dit is merkwaardig dat die spelfees al in sy 17de bestaansjaar is. “Ons missie met die fees is om leerders en opvoeders se perspektiewe deur middel van woorde te verruim. Ons wil leerders se taalvaardighede ontwikkel sodat hulle die nodige selfvertroue kan kry om doeltreffend te kommunikeer.

“Skerp taalvaardighede help hulle

ook met ’n beter begrip in ander skoolvakke. Dit is regtig wonderlik om te sien hoe die WOW-spelfees jaar ná jaar groei.”

Leerders moet deur drie vlakke vorder om na die nasionale eindronde deur te dring, naamlik kringvlak, distriksvlak en provinsiale vlak. Die eindronde word op 3 Oktober vanjaar in Stellenbosch beslis. Datums en venues vir die kring-, distriks- en provinsiale vlakke sal mettertyd aangekondig word.

Hou WOW se webblad, sosialemedia-platforms, WhatsApp-kanaal en nuusbrief dop vir aankondigings en reëlings.

Hulpbronne

• Besoek https://wow.woordfees.co.za/ registreer/ vir registrasievorms;

• Besoek WOW se webblad by https:// wow.woordfees.co.za/wat-ons-doen-2/# vir aanlyn speltoetse.

• Spellyste en alle inligtingspakkette sal teen 2 Maart aan alle geregistreerde skole gestuur word.

Sluitingsdatum

Registrasies vir die Sanlam-WOWspelfees sluit op 31 Mei 2026. Navrae: Stuur e-pos na candicej@sun.ac.za

Children at Tembesa Crèche. enjoy their new playground
Rotary CAtlantis and the Rotary Club of Tygerberg secured funding from Durbanville-based Here Be Dragons to sponsor a vibrant playground for Tembesa Crèche in Atlantis

CoLab e-clusion

The Atlantis Special Economic Zone (ASEZ) is proud to be part of the dynamic innovation ecosystem driven by the University of the Western Cape’s CoLab for e–Inclusion and Social Innovation.

The CoLab Cohort 5 Graduation showcased more than technical skill, it demonstrated the power of inclusive digital transformation. These graduates are not only trained in software development, they are emerging problem solvers equipped for the 4IR and AI–driven economy.

Reflecting on the programme’s broader impact, Lois Dippenaar, Institutional Planner at UWC, said,

“This collaboration demonstrates the real impact that industry academic partnerships can have on social mobility and inclusive innovation. Our graduates leave this programme with practical experience, professional networks and a strong sense of purpose to shape South Africa’s digital future.”

ASEZ has had the privilege of supporting the UWC CoLab team by assisting with local recruitment in Atlantis, amplifying the opportunity, and coordinating logistics to ensure a smooth journey for students throughout their studies. Sharing his experience from inside the programme, Siyamthanda Mazokwana, a graduating student in the Samsung Future–Innovation Lab at UWC, said: “For me, this programme has been a game changer because it was not only about working with code, but about working with real world solutions, learning to think like an innovator. I am really proud of being part of this journey and I thank the

people who made this journey possible for us.”

Siyamthanda was recently appointed as a Software Developer at HG Travel Services, where he will continue the commercial implementation of a software platform originally prototyped during his time in the Future–Innovation Lab. His appointment reflects the Lab’s emphasis on applied innovation, industry relevant skills, and the development of scalable, real world digital solutions.

“We congratulate the Future-Innovation Lab on the success of Cohort 5 and its continued contribution to eInclusion and Social Innovation, ” said the Atlantis SEZ Executive for Integrated Eco-systems, Mr Selwyn Willoughby.

Together with UWC CoLab, ASEZ is preparing to host the CoLab Cohort 5 Graduate Showcase and AI in Industry Dialogue. This focused, business driven platform will enable executives to see firsthand how emerging digital talent can add measurable value to operations, strengthen competitiveness, and build a pipeline for the next cohort.

This initiative positions Atlantis and surrounding business parks not just as industrial zones, but as a digitally evolving business ecosystem aligned with AI and 4IR transformation trends.

Call to action

Are you a business executive in Atlantis or surrounding business parks who would like to learn more about the upcoming showcase and dialogue?

You are welcome to connect with Jean Baartman (Skills Unit, ASEZ) at jean@atlantissez.co.za to express your interest.

NOTICE OF APPLICATION FOR ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND WATER USE AUTHORISATION FOR THE PROPOSED EXPANSION OF THE WESFLEUR WASTEWATER TREATMENT WORKS IN ATLANTIS, CAPE TOWN DEA&DP NOTICE ON INTENT TO SUBMIT AN APPLICATION REFERENCE: 16/3/3/6/7/1/A1/2/3200/25

Die Stad nooi alle belanghebbende en geraakte partye om kommentaar oor die beoogde verkeersmatigingsmaatreëls dwarsoor die stad te lewer

Alhoewel die Stad van voorneme is om verkeersmatigingsmaatreëls by al die onderstaande plekke in die onderstaande skakel in te stel, is daar kosteverwante veranderlikes wat tans nog onbekend is. Implementering sal dus aan die beskikbaarheid van befondsing onderworpe wees

Die sleuteldoelwit vir implementering van die verkeersmatsigingsmaatreëls is:

• Om voetgangerveiligheid te bevorder, veral by skole waar die hoogste konsentrasie weerlose padgebruikers gewoonlik voorkom. Die statutêre openbare kommentaarproses vorm ’n belangrike deel van hierdie onderneming.

Ingevolge artikel 17 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000, word die publiek en belanghebbende partye of groepe die geleentheid gebied om van Vrydag 27 Februarie 2026 tot Dinsdag 31 Maart 2026 kommentaar, aanbevelings of insette oor die verkeersmatigingsmaatreëls by die munisipaliteit in te dien.

Kommentaar, aanbevelings of insette kan op die volgende maniere ingedien word:

E-pos: Urbanmobility.CT@capetown.gov.za(meld verwysing: 110252612}

Aanlyn: Skandeer die QR-kode om jou kommentaar digitaal in te dien

Besoek: charles.rudman@capetown.gov.za

Skriftelike voorleggings: Vorms vir skriftelike voorleggings is by jou naaste subraadskantoor of Stadsbiblioteek beskikbaar

Die ontwerpe vir verkeersmatiging en lys van strate/paaie wat betrokke is kan besigtig word by:

• Die Stad se webwerf: www.capetown.gov.za/haveyoursay

• Alle subraadskantore en Stadsbiblioteke

Die Stad se eenheid vir openbare deelname sal mense wat nie kan lees of skryf nie, mense wat met gestremdhede leef of uit benadeelde groepe wat nie skriftelike kommentaar kan indien nie, help Kontak Zandile Mahlasela by 021 400 5501 of zandile.mahlasela@capetown.gov.za.

Vir meer inligting oor die projek, e-pos RIM.PTI.Communication@capetown.gov.za of kontak die projekbestuurders:

Gebied suid: Tim de Villiers by 021 444 3075

Gebied noord: Akhona Maseko by 021 444 7157

Gebied oos: Nobesuthu Nyati by 021 400 5134

Gebied sentraal: Deon Manuel by 021 400 6537

Neem asseblief kennis: Hierdie konsultasie is om terugvoering oor die implementering van verkeersmatiging te verkry en is nie ’n uitnodiging vir nuwe verkeersmatigingsversoeke nie Versoeke vir nuwe verkeersmatigingsmaatreëls moet by die betrokke subraadskantore ingedien word.

LUNGELO MBANDAZAYO

STADSBESTUURDER

CTA35/2026

KENNISGEWING VAN AANSOEK OM OMGEWINGSMAGTIGING EN WATERGEBRUIKMAGTIGING VIR DIE VOORGESTELDE UITBREIDING VAN DIE WESFLEUR AFVALWATERBEHANDELINGSWERKE IN ATLANTIS, KAAPSTAD DEA&DP KENNISGEWING VAN VOORNEME OM ’N AANSOEK IN TE DIEN VERWYSING: 16/3/3/6/7/1/A1/2/3200/25 PUBLIC PARTICIPATION PROCESS PUBLIEKE DEELNAMEPROSES Notice is hereby given in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) (NEMA) and the En vi ro nm ent al Im pac t As se ssm ent (E IA ) Re gul at io ns 20 14, as amended, and in terms of the National Water Act (Act No.36 of 1998) (NWA) of the commencement of

Ke nni s wo rd hi erm ee geg ee in gev ol ge di e We t op Na si ona le Omgewingsbestuur 1998 (Wet Nr 107 van 1998) (NEMA) en die Omgewingsimpakstudie (OIS) Regulasies 2014, soos gewysig, en ingevolge die Nasionale Waterwet (Wet Nr 36 van 1998) (NWW) van die aa nv an g va n ’n Ba si es e As se ss er in gs (B A) en Wa te rg eb ru ik sa an so ek pr os es en ge pa ar dg aa nd e Pu bl ie ke Deelnameproses.

Aansoeker: Stad Kaapstad Departement van Water en Sanitasie, Afvalwatertak

Pr oj ek : Di e Vo or ge st el de Ui tb rei di ng va n di e We sfle ur Afvalwaterbehandelingswerke in Atlantis, Kaapstad

Ligging: Die terrein is geleë in die dorp Atlantis, ongeveer 50 km noord van Kaapstad. Die terrein-sentroïed is geposisioneer by die geografiese koördinate 33°36'23.72"S, 18°28'56.15"O.

WINTERGEREEDHEIDSBYSTAND AAN ORGANISASIES

Die Stad Kaapstad besef dat mense wat in rowwe omstandighede op straat slaap, uitdagings in die gesig staar en ondersteun organisasies sonder winsoogmerk en openbarevoordeelorganisasies deur hul bestaande hulpbronne deur sy program vir wintergereedheid aan te vul.

Hierdie program ondersteun alle kwalifiserende organisasies deur hulpbronne aan te vul om bedkapasiteit gedurende die kwaai wintermaande te vermeerder terwyl dit ook bedryfsteun bied, soos beddegoed, komberse higiëne-items, kosvoorrade en skoonmaakmateriaal, aan organisasies wat nie net om nog beddens aansoek doen nie.

Dit sal vanaf 4 Mei tot 30 Oktober 2026 gedoen word. Daar sal nie van vennootorganisasies verwag word om enige permanente verblyfplek te skep nie.

Vul asseblief die aansoekvorm in, verkrygbaar by www.capetown.gov.za/readyforwinter, en dien dit teen 31 Maart 2026 by Chantal.Krull@capetown.gov.za in.

12

A Water Use Authorisation Application is required as the proposed development triggers the following Activities in terms of the NWA, 1998.

• Section 21 (c) – impeding or diverting the flow of water in a watercourse • Section 21 (i) – altering the bed, banks, course or characteristics of a watercourse

Opportunity to Participate: A Draft Basic Assessment Report (DBAR) is being compiled and will be released for a 30-day public comment and review period. Written notification will be sent out to all Registered Interested and Affected Parties (I&APs) to inform them of the availability of the DBAR for public review and comment A copy of the DBAR will be made available at the Wesfleur Public Library (Arnold Centre, Bunting Cres, Atlantis, Cape Town, 7349) and on JG Afrika’s website: www.jgafrika.com/public-participation.

Interested and Affected Parties (I&APs) are invited to register Registration is possible throughout the BA Application Process.

’n Basiese Assesseringsproses word vereis vir die Aansoek om Omgewingsmagtiging aangesien die voorgestelde ontwikkeling die volgende Gelyste Aktiwiteite ingevolge die NEMA OIS Regulasies, 2014, soos gewysig, aktiveer • Lyskennisgewing 1: Ge yste Aktiwiteit 27 Lyskennisgewing 3: Gelyste Aktiwiteit 12

’n Watergebruikmagtiging-aansoek word vereis aangesien die voorgestelde ontwikkeling die volgende Aktiwiteite ingevolge die NWW, 1998, aktiveer

• Artikel 21 (c) – belemmering of afleiding van die vloei van water in ’n waterloop • Artikel 21 (i) – verandering van die bedding, walle, loop of eienskappe van ’n waterloop

Ge le en th ei d om De el te Ne em : ’n Ko ns ep Ba si ese

Assesseringsverslag (KBAV) word saamgestel en sal vir ’n 30-dae

ope nb ar e ko mm en ta ar- en he rs ie ni ng st yd per k vr yg es te wo rd.

Skriftelike kennisgewing sal aan alle Geregistreerde Be anghebbende en Geaffekteerde Partye (B&GP’s) gestuur word om hulle in te lig oor die beskikbaarheid van die KBAV vir openbare hersiening en kommentaar ’n Afskrif van die KBAV sal beskikbaar gestel word by die Wesfleur Openbare Biblioteek (Arnold Sentrum, Bunting Cres, Atlantis, Kaapstad, 7349) en op JG Afrika se webwerf: www.jgafrika.com/public-participation

Belanghebbende en Geaffekteerde Partye (B&GP’s) word uitgenooi om te registreer Registrasie is moontlik deur die hele BAaansoekproses

asseblief JG Afrika:

Kriteria

Die deelnemende organisasie moet:

• As ’n NPO of PBO geregistreer wees

• Bestaande fasiliteite hê om kliënte te akkommodeer en deur ontwikkelingsprogramme hul behoeftes te hanteer

• Aan die vereistes van die bevolkingsertifikaat voldoen (wanneer om groter bedkapasiteit aansoek gedoen word)

• Aan alle gesondheids- en veiligheidsregulasies voldoen, en instem tot terreininspeksies wat die Stad se departemente brandweer en veiligheid omgewingsgesondheid en gemeenskaps-, kuns- en kultuurontwikkeling sal doen voor goedkeuring toegestaan word

• ’n Goedgekeurde bouplan hê

• ’n Konsepuitleg-/vloerplan indien vir die bykomende bedruimtes waarom aansoek gedoen word

• ’n Sertifikaat van aanvaarbaarheid vir kospersele hê

LUNGELO MBANDAZAYO

STADSBESTUURDER

CTA27/2026

Die nuwe rugbyseisoen is op hande en met vriendskaplike wedstryde wat ten volle aan die gang is, stel plaaslike spanne nie teleur nie. Atlantis en Hamlets het wel die naweek verloor, maar ter versagting was dit hul eerste opwarmingswedstryde van die seisoen.

Atlantis het Vrydag (20 Februarie) 19-34 teen die groentruie van Mamre vasgeval. Atlantis, wat die wedstryd goed begin het, was rustyd 5-14 agter.

Die span het egter nooit opgegee nie en moedig bly probeer.

Atlantis reis hierdie naweek na Elsiesrivier, waar hulle die tuisspan in hul tweede opwarmingswedstryd sal pak. Daarna sal Atlantis nog drie vriendskaplike wedstryde speel voordat die Westelike Provinsie se ligaverpligtinge vroeg

Atlantis en Hamilton leer vroeg

in April afskop. Mamre het in sy tweede wedstryd van die seisoen gemengde welslae behaal, maar sy eerste wedstryd teen die buurspan Young Hearts verloor. Met amptelike ligaverpligtinge wat

Plaaslike karateka reg

vir SA ná WP-sukses

Murphy Roberts

Agtien medaljes tussen sestien deelnemers is ’n indrukwekkende prestasie.

Die Kazoku-Seiwakai-karateklub het die naweek van 7 Februarie tydens die Wes-Kaapse karatekampioenskap in Belhar byna die onmoontlike vermag.

Volgens Nolene Afrika, die bestuurder van die karatestudente, het die groep ses goue, vyf silwer en sewe bronsmedaljes verower.

Afrika sê dit is net die nodige inspirasie vir die groep

met die SA kampioenskap wat in Maart in Durban plaasvind.

“Die groep is hard besig met voorbereidings vir die toernooi en ons verdedig die breë gemeenskap van Atlantis, Mamre, Pella en omliggende gebiede. Daarom werk ons hard om almal gelukkig en trots te maak,” vertel sy.

Volgens Afrika werk die afrigter Montell Blankenberg hard met die studente en weet hy hoe om die beste uit die groep te kry. Hy kan nie wag om hul talent by die SA-kampioenskap ten toon te stel nie.

wink, het die span van die Grafkelder twee van sy drie wedstryde gewen. Flying Eagles van Kalbaskraal het Saterdag op die Grafkelder geen antwoorde vir die tuisspan se aanvalle gehad nie en is met 64-5 afgeransel.

Opwarming begin lou

Hamlets het ook Saterdag sy voorseisoen net-net met ’n nederlaag afgeskop toe die span teen Wesbank 33-35 in Mamre vasgeval het. Hamlets, wat rustyd gerieflik 21-7 voor was, het egter in die tweede helfte teen ’n begeesterde besoekende span te staan gekom. Die tuisspan kon nie die wa deur die drif trek nie en die besoekers het met ware karakter en veggees getoon hoekom hulle ’n kampioenspan is. Hamlets sal die naweek Van der Stel-rugbyklub besoek.

Die Boland-Grootuitdaagreeks begin reeds die eerste week in Maart. Young Hearts, wat in die Weskusstreek speel, se eerste wedstryd is teen Hopefield op die Grafkelder en daarna besoek hulle Langebaan. Die groentruie van Kenny Stadler sal Moorreesburg in hul eerste ligawedstryd onthaal, waarna die span Darling se melkboere sal besoek. Met die eerste paar vriendskaplike wedstryde agter die rug lyk die plaaslike vier spanne lus vir rugby dié seisoen.

Groot afwagting vir Bayhill-beker

Die Bayhill Premier Cup, Suid-Afrika se mees gesogte onder-19-sokkertoernooi, het sy beslissende fase betree. Die veld is in sy 37ste weergawe tot die laaste 12 amateurspanne verklein, wat oor die Paasnaweek teen PSL-reuse en internasionale genooide spanne te staan sal kom.

Die wedstryde word by Erica Park in Belhar aangebied, met die eindstryd op Paasmaandag by Athlone-stadion.

Die kwalifiserende rondes, is op 14 en 15 Februarie by die William Herbert-sportkompleks in Wynberg gehou, waar 24 spanne vir die 12 gesogte plekke meegeding het.

PJ Williams, die toernooi-administrateur en ’n veteraan van die Bayhill-kompetisies, het die gehalte van sokker geloof.

“Dit was een van die moeilikste kwalifiserende rondes wat ons in jare gesien het.

Die standaard was ongelooflik hoog, en ondersteuners kan ’n opwindende Paasnaweek verwag,” het hy gesê.

Rayaan Allie, ‘n ander toernooidirekteur, het sy opgewondenheid oor die groei van die Bayhill Premier Cup uitgespreek. Dit sluit nou ook streke soos die Sentraal-Karoo, Suid-Kaap en Vredendal in die Noordwes in.

In vorige jare het Decas ’n belangrike rol gespeel om spanne met vervoer te help, aangesien reiskoste ’n groot uitdaging bly.

Allie het genoem dat mini-uitspeelrondes in hierdie streke in die toekoms ingestel kan word om kostes te verminder, mits hulle bestuurs- en borgsteun kan kry. “Indien dit gebeur, sal ons ook administrateurs oplei om hierdie uitspeelrondes te bestuur,” het hy gesê. Hoewel die afwesigheid van die Dunoon Youth Sporting Acade teleurstel, sal die Atlantis-gebaseerde Jomo’s Power AFC die vlag vir Atlantis LFA dra en verseker dat talent uit gebiede wat dikwels oor die hoof gesien word, steeds verteenwoordig word. Vir jong spelers is die Bayhill Premier Cup meer as net ’n toernooi – dit is ’n geleentheid.

Met PSL-klubs en internasionale werwers wat spelers fyn dophou, kan ’n uitstaande vertoning ’n speler se loopbaanrigting verander.

Die atmosfeer by Ericapark beloof om elektries te wees, met ondersteuners wat die volgende generasie sterre kom aanskou.

Die amptelike bekendstelling van die Bayhill Premier Cup vind op 7 Maart in Kaapstad plaas, met die plek wat later bevestig sal word.

Lewensvaardigheidsopleiding vir deelnemende klubs is beplan vir die laaste week in Maart, met die organiseerders wat direk met die spanne sal skakel. Ter voorbereiding van die toernooi word ’n bestuurdersvergadering op 28 Februarie om 09:30 by die Thornton Bowling Club en Athlone-stadion gehou.

Die finale 12 kwalifiserende sokkerspanne is Cape Town City, Maties, Antalyaspor JPM, Stanturf United, Premier United, Everton, Jomo’s Power, Cape Town Spurs, CR Vasco Da Gama, Eagles Performance Academy, Matroosfontein en Houtbay.

Mamre het vasgeval in ‘n vriendskaplike wedstryd teen Young Hearts in Mamre. Foto: Murphy Roberts
Kazoku-Seiwakai karate klub het 18 Medaljes tydens die Wes-Kaapse
Jomo Power het tot die laaste 12 van die Bayhill Premier Cup deurgedring en sal nou die dorp se vlag moet laat wapper. Foto: David Rossouw

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
WeskusNuus E-Edition - 24 February 2026 by Novus Media - Issuu