Skip to main content

WeskusNuus E-Edition - 23 June 2026

Page 1


‘Smart Park’opJeugdag opgeruim

die Dura-woonstelle het ook feestelikedanspassiesopJeugdag tentoon gestel.

Die PMC-leierskap het die jongspan gehelp om die “Smart Park” skoon te maak en met lekkernye bederf

het opwindende

30jvir 2moorde

MurphyRoberts

Byna twee jaar nadat die dubbele moordopCharlie Pellis en Gavin Pietersen die Atlantis-gemeenskap geskok het, het die saak hierdie week tot ’n eindegekom toe Breyton “Brights” Bowers (32) in die streekhof tot 30 jaar gevangenisstraf gevonnis is. Die vonnis volg nadat Bowers ’n pleitooreenkomsmet die staat aangegaan en skuldig gepleit het vir sy aandeel in die moorde.

Bowers is saam met sy mede-beskuldigde, Adrian Davids –ook bekend as “Apah” –inverband metdie moorde, wat op 21Augustus 2024 plaasgevind het,aangekla Tydens die verrigtinge hetDavidserken hy was op die toneel, maar volgehou hy het geen kennis vooraf van Bowers se beweerde voorneme om moord of roof te pleeg, gehad nie. Volgens getuienis wat aan die hofvoorgelê is, het die groep in die Oyster Place-gebiedbymekaargekom waar hulle gekuier het.

Getuies het aangeduidat ’n stryery ontstaan het nadat ’n vuurwapen, wataan Pellis behoort het, glo uit die voertuig verdwyn het. Die rusie het verskerp toeBowersnabewering die vuurwapen gebruik en Pellis geskiet het. Pietersen, wat volgens getuies in die voertuig gesit en met oorfone na musiek geluister het, is daarna ook geskiet. Pellis het glo probeer vlug, maar is agternagesit en in ’n nabygeleë straat doodgeskiet.

Davids het aan die hofgesê hy het uit vrees vir sy lewe van die toneel af gevlug nadat hy die skote gehoor het en hy is daarna glo deur Bowers gedreig. Die vuurwapen het later by ’n onverwante misdaad-

CharliePellisenGavinPietersen.Foto:#Piemphulle

toneel in Bishop Lavis opgeduik,waar die polisie daarop beslag gelêhet Ná oorweging vandie getuienis het die hof Davidsonskuldig bevind.Die hof het egter gelas hy mag nie Atlantis weer betree nie.

Bowers het skuldig gepleit ingevolge ’n pleitooreenkoms met die Staat en om verskoning gevra vir sy dade. Die slagoffers se families het egter nie die verskoning aanvaar nie en gesê hulle sit steeds met verskeie onbeantwoorde vrae oor die omstandighede rakende die moorde en die gebeure wat daartoe gelei het

Die hof het Bowers tot15jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op Pellis en nog 15 jaar virdie moord op Pietersen. Hy het ook 12 jaar ontvang vir die onwettigebesit van ’n vuurwapen, waarvan drie jaar virvyf jaar opgeskort is, asook 12 maande virdie onwettigebesit van ammunisie. Die hof het gelas dat sommige vandie vonnisse gelyktydig uitgedien word, wat neerkom op ’n effektiewe gevangenisstraf van 30 jaar. Die families van dieslagoffers sal in kennis gestel word indien Bowers in die toekoms vir parool oorweeg word

People’smovement forchangeAtlantis het die “Smart Park” op Jeugdag metdie hulp vandie jongspan skoongemaak. Foto:MurphyRoberts
Foto:Murphy Roberts
DieAtlantis-jeugdag
raakrugbyopdie Robinvale-sportterreingespeel. Foto:David Rossouw
Die DJ’s Imtiyaaz, Joshua, Ethan, Ze’il en Irah het die jongmensetydensdie Atlantis-jeugdagvermaak. Foto:David Rossouw.
GosAngelsvan
Foto:David Rossouw

Bendes sewe dae gegunomtestop

MurphyRoberts

Meer as 500 inwoners van Atlantishet verlede Sondag (14Junie) ’n kragtige waarskuwing aan vermeende bendeleiersendwelmbase gerig toe hulle na verskeiehuiseopgeruk het en geëis het datdie geweld,dwelmhandel en vernietiging van hulgemeenskap binne sewedae tot ’n einde moetkom.

“Julle het sewe dae om op te hou waarmee julle besig is.” Dít was die boodskap aan bendeleiersendwelmbasetoe inwoners,pastore,politieke partye en gemeenskapsleiers van Atlantis op Sondag 14Junie hul stem laat hoor het. Ongeveer 500 mense het met ’n duidelike boodskap na verskeie bendeleiers en dwelmbasesehuise opgeruk. Volgens TomTobie van die organisasie Recreational Activities, wat die optog gereël het,het inwoners genoeg gehad.

Tobiehet aan die leierswat man genoegwas om die petisie te ontvang, gesê die gemeenskap het genoeggehad. “Daar is te veel moeders en vaders wat hulself aan die slaap huil omdat hulle hul onskuldigekinders aan die doodafgestaan het.”

“Ons gaan nie ophou nie,en dit is niks persoonlik nie, maar kinders moet beskermword,” was die boodskap.

“Ons staan hier as ’n gemeenskap wat saam huil, saam

geliefdes begrawe en al te lank saam die pyn vandie gemeenskap dra.Dit is omdat ons lief is vir ons gemeenskap,” het hy gesê

DIÉDAEISVERBY

“Die dae watjulle geld maak ten kostevan ons pyn, is verby. Ons as gemeenskap is nietekoop nie,ons kinders is nie te koop nie, en die belangrikste vanalles isdat ons kinders se toekoms nie te koopisnie,” het Tobie gesê.

DA-raadslid Allister Lightburn hetbygevoeg: “Ons boodskap is duidelik: Julle het sewedae om op te hou om ons gemeenskap te ontwrig. Die boodskapgaan nie verdwyn nie,want ons kom

terug, en ditgaan net groter en groter raak.”

“Ons gaan nielanger stilsiten toekykhoe veral ons jeug vernietig wordnie,” het Lightburn gesê.

Volgens Dean Goliath vandie NCC moet diegene watverantwoordelik is virdie vernietiging van diegemeenskap, die prys vir hul dade betaal.

Volgens hom saldie optrede voortgaan en sal die gemeenskap nie stilgemaak wordnie. “Die dae van onspyn in stilte is verby. Ons hou julle dop,” het hy gesê. “Ons wilons strate, ons vrede, ons kinders en ons gemeenskap terughê, want genoeg is genoeg en die gemeenskap het gepraat.”

TomTobie verduidelik aan ’n vermeende bendeleier die gevolgevan hul bedrywighede en eis dathulle nou moetophou.

Gratis b kaart

MealsonWheelshou vergadering

Meals on Wheels Atlantis nooi die plaaslike gemeenskap na sy Jaarvergadering. Meals On Wheelslewer ’n onmisbare diens aan die gemeenskap deur maaltye aan bejaardesenhulpbehoewende mense in die omgewing te verskaf. Dié gemeenskapsdiensorganisasie hou sy jaarlikse jaarvergadering (AGM) op Dinsdag 7Julie om 11:00 by hul perseel by Berzeliastraat 82, ProteaPark,Atlantis.

Lede van die gemeenskapsdiensorganisasie word uitgenooi om dié belangrike byeenkoms, waar verskeie sleutelitems bespreek sal word en daaroor gestem salword, by te woon

Die sakelys vir die vergadering sluit in die oorweging en goedkeuring van die jaarverslag sowel as die geouditeerde

MealsOnWheelslewer ‘n onmisbarediens aan die Atlantis-gemeenskap.

finansiële state vir 2025-’26 in. Lede sal ook die geleentheid kry om die begroting vir die komende boekjaar (2026’27) te oorweeg. Verdere puntebehels die aanstelling van ouditeure, die verkiesing vannuweraadslede en voorgestelde wysigings aan die grondwet

Belangstellendes wat die vergadering wil bywoon, moet asseblief bevestig deur Edigail by 065 926 1943 of per e-posbyatlantis@mealsonwheelswc.org. by te woon za.

Anathi Higgins en minister Isaac Sileku. Werksoekers in die ry

WOW-program virWoordfees

Die Woorde Open Wêrelde-program (WOW)vir die 2026-Toyota Stellenbosch Woordfees is Donderdagaand (11Junie) tydens ’n voorskougeleentheid in die Eikestad bekendgestel.

WOW, ’n projek van die Universiteit Stellenbosch se afdeling Sosiale impak en transformasie, bemagtig skoolgemeenskappe deur taal-, lees-enkultuurprojekte.Die jaarprogram bereik sy hoogtepunt by die Woordfees, waar werksessies vir skryf, toneel, debatte en redenaarsgeleenthedevir leer en deelname skep.

Die Sanlam-WOW-spelfeesstaan uit die rits opvoedkundigeénprettige aktiwiteite uitmet woordkunstenaars van oordie land heen,wat om spogregteastopspeller meeding Feesgangerskan ook hul littebydie gewilde Langarm-snack-dans tenbatevan WOWsestudentefonds loswikkel

Die WOW- MardiGras beloof ’n naweek vol musiek,stalletjieseneetgoed, met plaaslikekunstenaars wat vermaak sal oplewer. Die WOW-telfees,wat wiskunde op ’n prettige manier aanbiedenleerders se syfervaardighede en selfvertroue versterk, is nuut vanjaar,het dieWOWbestuurder, Fionavan Kerwel, by die bekendstelling gesê.

Die ATKV-WOW-skrywersfees, met die steun van Jonathan Ball, gee aspirantskrywers kans om by ervareskrywers te leer.WOW se leeskringe betrek

reg deur diejaar leerders van 65 skole en 60 kontakopvoeders, wat boekevir die ATKV-Woordveertjiesbeoordeel en skrywersontmoet

Vir graad 11’sbied op die WOW-dag praktiese wenke oor NSS-vraestelle, terwyldie PEN-skryfskool en die WOW-skoolmediakursusjong skrywers en skoolkoerant-redaksies toerus.

Laer- enhoërskole kanvanjaar ook aan die WOW-koorfees deelneem. Ditword saam metdie US se departement musiek aangebied, waar sangvaardighede en dirigeertegnieke ontwikkelword.

Registrasies vir die WOW-telfees is oop tot Dinsdag 30Junie om 17:00.

Vir verdere inligtingenomteregistreer, besoekgerus die WOW-telfees-portaal op dieWOW-webblad by wow.woordfees.co.za/wow-telfees/.

Die WOW-telfees begin in Julie metdie kringrondes en sluit in Oktobermet die provinsiale rondesaf.

Dit wordindie meestegevalle by deelnemende skole aangebied.

Alle skole wat geregistreer het, sal inligting oor die presiese datums en lokale ontvang

Die Telfees-formaat en -reëls sal aan alle geregistreerde skole gestuur word en is ook op die WOW-webblad beskikbaar.

SKOOLNAVRAE

Stuur e-pos aan die WOW-kantoor by uswow@sun.ac.za

Die WOW-fees vindvan 3tot 10 Oktober in Stellenboschplaas. Dievolledige programisbeskikbaar by woordfees.co.za.

Hermeslaan Primêr op pad

DavidRossouw

Hermeslaan Primêr se o.13-netbal-span het die eersteeer in die skool se 40stebestaansjaar vir die nasionale skole netbalkampioenskapstoernooi in Middelburg, Mpumalanga, gekwalifiseer.

Hermeslaan gaan vanaf 23-25 Julie hul talent op die Hoërskool Middelburg se netbalbane teen die beste provinsiale skole-kampioene en -naaswenners uitstal om te bepaal wie die beste SA Netbalprimêre skolespan vir 2026 gaan wees.

Diespan het ná strawwe teenstand in die Wes-Kaapse netbalkampioenskapstoernooi as naaswenner geëindig en daarmee verseker dat hulle die Wes-Kaap by die nasionale o.13 netbal-kampioenskapstoernooi gaan verteenwoordig.

Die spanlede, wat sedert die ouderdom vier jaar baie ontwikkel, hetverlede jaar in die halfeindronde net-net voor die eindronde uitgeval.

Hierdie jaar het hulle egter vasgebyt en silwer by die WP- en die Wes-Kaapse kampioenskappe verower.

“Ons het geweet onsspan het hierdie jaar die potensiaal om bo uit te kom, en toe onstot die eindronde van die Wes-Kaapse

kampioenskapstoernooi deurdring, het dit ons groot hoop gegee,” het diespan se bestuurder, Lolit Davids, gesê. Davids het bygevoeg: “Dit is vir ons skool ’n groot prestasie en eer virons dorp, Atlantis.”

Hermeslaan volgindie voetspore van Saxonsea Primêr se o.11- en o.13-netbalspanne, wat die dorp al verskeie by vorige geleenthede op nasionale vlak verteenwoordig het

“Dis span oefen tans baie hard vir die toernooi en die hoop is dat hulle goed sal vaar by dienasionale kampioenskap in Mpumalanga.”

Die span is tans besig met ’n aantal geldinsamelingsveltogte vir die jong spelers en vra die gemeenskap en privatemaatskappye se ondersteuning om hierdie jong netbaluitblinkers in hul eerstenasionale kampioenskapstoernooi te help ondersteun.

Die span sal op 21 Julie na Middelburg,Mpumalanga, vertrek en van 23 tot 25Julie aan die toernooi deelneem. Hulle keer op 26 Julie terug. •Vir verdere inligting kandie skool by 0215726916 of per e-posbyhermeslaanps@ gmail.com of admin@hermeslaanps.wcape. school.za kontak word.

Program vir volhoubareondernemings

Die Atlantis Spesiale EkonomieseSone (ASEZ)seEenheid vir Ondernemingsontwikkeling het op 5Mei 2026 suksesvol sy 2026 Voor-Inkubasieprogram vanstapel gestuur,met sy eerstekohort.Hierdie inisiatief dui op ’n belangrikestapindie versterking vandie ondersteuningsstruktuur virentrepreneursindie vroeë stadium. Die program het reeds sterk momentumopgebou deur pogingsvan sleutel-ekosisteemvennote, watverbind is totondernemingsontwikkeling.

Met ontwerp as ’n intensiewe program van13weke, rus die Voor-Inkubasie-inisiatiefvoornemende entrepreneurs en vroeëstadium-besighede toemet die grondliggende vaardighede, kennis en netwerke, watnodig is om volhoubare ondernemingstebou. Die program, wat reeds aan die gang is, weerspieël soweldie toewyding vandeelnemers as die krag van die ondersteunende ekosisteem

GROENKOLOM

Samewerkende Ekosisteem Dryf Impak Metdie erkenning vandie finansieringsbeperkingswat baie ontwikkelingsinisiatiewe in die gesigstaar,het dieASEZhom na die breërentrepreneurs-ekosisteem gewend vir ondersteuning. Die reaksiewas oorweldigendpositief, metverskeie organisasies watnavoregekom het om kundigheid, hulpbronneenmentorskap by te dra.

Sleutelvennotesluit in SEDA (Atlantis-tak), West Coast College–CFERI (Sentrumvir Entrepreneurskap en Vinnige Inkubasie),Business Partners Limited, National BusinessInitiative (NBI), South African Revenue Service(SARS), en die Companiesand Intellectual Property Commission (CIPC). Hierdie vennotespeel ’n deurslaggewende rolindie suksesvolle

lewering vandie program deur kennis te deel,werksessies te fasiliteer en toegang totkritieke besigheidsontwikkelingshulpbronnemoontliktemaak

Omvattende Kurrikulum virBesigheidsukses

Dieprogram bestaanuit 10 gestruktureerde modules watkernaspekte vandie begin en bestuur van’nbesigheiddek. Ditsluit in entrepreneurskap-denkwyse, geleentheidsidentifisering,marknavorsing, ontwikkelingvan ’n besigheidsmodel, bemarkingenhandelsmerkbou, finansiële geletterdheidenbestuur,nakoming en regulatoriesevereistes, operasionele beplanning, ontwikkelingvan ’n besigheidsplan,entoegangtot befondsingen finansies.

Deur hierdie holistiesebenadering verkrydeelnemerssowelpraktiese vaardighede as strategieseinsigte,wat kulmineer in die ontwikkelingvan ’n robuuste

Atlantistocelebrate 50th

As ChildProtection Week came to an end earlier this month under the theme “Working Together to End Violence Against Children”,Atlantis wasshaken by the tragic death of 15-year-oldNikita Finch,who wasstruck by astray bullet during ongoing gang violenceinSherwood Park.

Her death sparked one of the largest anti-gang marches ever seen in Atlantis, with residents young and oldstanding together to demand an end to violence.

Communityactivists TomTobie and Peter

Stoffberg were commendedfor helping to mobilisethe community andunite residentsarounda common cause.

Meanwhile, preparationsfor Atlantis’s 50th anniversarycelebrations aregaining momentumunder the theme “Not Just a BruinDorpie,but aThrivingand Inclusive CityofHope”.

TheCity’sArts andCulture Department is leadingacultural mapping project to documentthe people,stories and contributionsthathaveshapedAtlantis, with celebrationsplanned from June to

birthday

September 2026

Recognition wasalsogiven to colleagues fortheirefforts in ensuringstrong expenditureperformanceduringthe 2025-’26 financialyear. On thesafetyfront,Cape Town Mayor Geordin Hill-Lewis andMayoral CommitteeMember forSafetyand Security Alderman JP Smithwelcomed Western Cape Police Commissioner Thembisile Patekile’ssupport forexpanding thepowersofMetro Police to helpcombat crime andeasepressure on SAPS resources.

besigheidsplan en verbeterde gereedheid virbefondsingsgeleenthede

Dieprogram se primêredoelwitisom die gaping tussen ideevorming en formele besigheidsontwikkelingteoorbrug,veral virentrepreneurswat moontliknog nievir gevorderde inkubasie- of finansieringsprogrammekwalifiseer nie.

Deur te fokusopkapasiteitsbou,poog die inisiatiefom’nvloei vanbeleggingsgereed besighede te skep wat’nbetekenisvollebydraetot plaaslikeekonomiese ontwikkelingkan lewer.

Diekohort beklemtoon die belangrikheidvan samewerking in die oorkoming vanhulpbronbeperkingsen die lewering vanimpakvolleprogramme Deur ekosisteemvennootskappe te benut,toon die Voor-Inkubasieprogram hoekollektiewe optrede groter bereiken volhoubaarheid in ondernemingsontwikkelingsinisiatiewe kanmoontlikmaak.

FROM THECHAMBERS

Danie se ‘Budget’-groentesopmet brood

Probeergerus Danie se BudgetGroentesop metbrood op ’n koue wintersaand.

Bestanddele: 4literwater

3pakkies soppoeier (2 groente, 1sampioen)

1pak gevriesdegemengde groente (met murgpampoen, sonder kool)

1pak gevriesdegroenboontjies

2koppies gaar geelrys met rosyne ekstraontpitte rosyne (na smaak)

3middelslag-aartappels sout(na smaak) gemaaldepeper (na smaak) Vir opdien: Worcestersous pietersielie broodrolletjies botterofmargarien

Metode:

1. Ontdooi die gevriesde groente vooraf

2. Gooi4liter water in ’n groot kastrol (5-liter-kapasiteit).

3. Voeg die 3pakkies soppoeier by die waterenroergoeddeur.

4. Voeg 2koppiesgemengde groente en 1koppie groenboontjies by diesopmengsel.

5. Roer die 2koppies gaar geelrys met rosyne in.

6. Voeg ekstra ontpitte rosyne by na smaak.

7. Skil die 3aartappels en snyinblokkies (ongeveer 1x1cm).

8. Voeg die aartappels,sout en gemaalde peper by

9. Stel die hitte op volsterkte en roer totdatdie sop begin kook (moeniedie groente stukkend roer nie).

10. Sodra dit kook, stel die hitte tot op sy laagste en sit ’n deksel op diekastrol.

11. Laat prutvir 45 minute

12. Skakel die hitte af en gee’nvinnige omroer.

13. Skep op en garneer met’npaar druppels Worcestersousen’ntakkie pietersielie.

14. Smeerbroodrolletjies metmargarien en bedien saam metdie sop. •Bron: irishboertjie.wordpress. com/2012/10/10/danie-se-budget-groentesop-en-brood/

Hoop sterker

In ’n tydwaarin bendegeweld gemeenskappe oral in die Kaap verskeur, wysinwoners en rolspelers van Atlantis dat hoop, samewerking en vasberadenheid steeds sterker is as vrees.

Inwoners, kerke, skole, plaaslikeorganisasies en politici begin toenemend saamstaan om ’n duidelikeboodskap te stuur: hier is g’nplek vir bendes in ons strate nie. Plaaslikeleiers beklemtoon dat volhoubare verandering slegs moontlikiswanneer ouers, onderwysers en gemeenskapslede hande vatomveilige ruimtes te skep. Daar is ook ’n groeiende besef dat stilte nie meer ’n opsie is nie en dat elke inwoner ’n rol het om misdaad aan te melden te voorkom.

Hoewel vele uitdagings steedsbestaan, groei die hoop dat gemeenskapsamewerkingdie koers van die gebied kan verander.

Atlantis wys wanneer mense saamstaan, hoef misdadigers nie dielaastewoord in te kry nie.

Die pad vorentoe vereis volgehoue samewerking tussen wetstoepassers en inwoners, sowel as om meer ondersteuning vir jeugdiges wat alternatiewebuitedie lewe as bendelid wil hê, te ontwikkel.

Op ’n ander noot:Die besluit om borgtogtoe te staan aan die ma wat versuim het om die seksueleaanranding van haar 11-jarige dogter aan te meld, het gemengde reaksie in die gemeenskap ontlok. Terwyl sommige inwoners meen die hof het bloot sy diskresie uitgeoefen en dat dieregproses sy loop moet neem, voel ander sterk dat die erns van die bewerings nie lig opgeneem kanword nie.

Vir baie gemeenskapsledeheers ongemak oor diefeit dat die ma steeds vry is, al is streng borgvoorwaardes ingestel

Dit is ’n saak wat fyn dopgehou word, veral omdat volwassenes wat bewus is van die seksuele misbruik van kinders, nie altyd saam met die oortreder aangekla word nie.

Stuure-pos of WhatsApp

Hetjynuus, ’n storie-idee, ’n foto,’n vraag of iets wat jouinjou gemeenskap raak?

WeskusNuus hoor graagvan jou. Deel jougedagtes, terugvoer, meningsofwenke oornuuswaardige gebeureinenom Atlantis metons.

Stuur ’n WhatsApp na 0825760453 of e-posnaweskusnuus@novusmedia.co.za vir enigewenke.

Do youhave anews tip, story idea, photo,question, or something happening in your community thatmatterstoyou? WeskusNuus would love to hear from you. Share your thoughts,feedback, opinions, or tips aboutnewsworthyevents in andaround Atlantis.

Send us aWhatsApp on 082 576 0453 or email us at weskusnuus@novusmedia co.za.

-Allister Lightburn
Groentesop met ’n beperkte begroting.
Foto:Irish Boertjie

Gemengde uitslae vir Atlantis-spanne

Mamre,YoungHeartsbo

MurphyRoberts

Die tweede ronde vandie Boland Grootuitdaagbeker hetgemengde welslae virAtlantis se spanne opgelewer.

Terwyl Mamre ’n indrukwekende oorwinningoor Moorreesburg behaal en Young Hearts sy wenlopie voortgesit het, het Hamlets ’n voorsprong van22 punte verspeelomnadat hy teen Kraaifontein vasgevalhet. Hamlets, wat die besoekers van Kraaifontein onthaalhet, wasteen rustyd gemaklik 7-29 voor. Dietuisspan kon

egter nie die tempovolhou nieendie besoekers hetstadig maar seker hul pad terugin die wedstrydgevind Kraaifontein het in dietweede helfte die kranebehoorlik oopgedraai en die wedstryd 36-34 gewen. Hamlets,wat teenhomself verloor het, salnou moet terugkeernadie tekenbordomvas te stel wat verkeerdgeloop het. Hoewel die span talle geleenthede geskep het, was hulle in die tweede helfte slegs ’n skadu vandie span watdie eerstehelfte oorheers het.

MamreseGroentruie het egternooit hulvoetvan die versnellergelig nie en Moorreesburgmet 61-36 geklop.Die

span van Kenny Stadler, wat rustyd reedsmet 35-17 voorgeloophet,het dietweedehelfte ietwat stadigbegin. Mamrehet diebesoekers te veelbeweegruimte gegun en hulle toegelaat om die spel virtye te dikteer.Met dieoorwinning beklee Mamre nou dievyfde plek op diepunteleer –vyf punte agterdie tweedegeplaaste Darling.

Young Hearts het sy tweederondeop ’n wennoot begintoe Ruben Abels en sy troepenaHopefield gereis het.

Young Hearts, watrustyd 25-17 voorgeloop het, het die wedstryd 37-34 gewen.

Diespan van dieGrafkelderisnou

derdeopdie punteleer en sal daarop wil voortbou

Atlantishet ook Saterdag swaargekry en in ’n wegwedstryd met’nhele57-35 teen Langa verloor

Swartland-uitslag: Darling 41-22 Saron; Mamre61-36 Moorreesburg;Koringberg 17-67 Wesbank; Never Despairs 39-39 Villagers Wittewater; en Riebeeck United29-50 Abbotsdale

Weskus-uitslag: Langebaan 34-31 Paternoster; Hopefield34-37 Young Hearts; Piketberg 48-46 Velddrif; en Saldanha Tigers17-41 Saldanhabaai

Mamreopdie aanvalinhul wedstryd Saterdag teen Moorreesburg Foto:MurphyRoberts

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
WeskusNuus E-Edition - 23 June 2026 by Novus Media - Issuu