Skip to main content

WeskusNuus E-Edition - 16 September 2025

Page 1

Dr Gavin Breeds OBSTETRICIAN and GYNAECOLOGIST MbChB (UCT) FCOG(SA)

Wesfleur Private Clinic Wesfleur Circle, Atlantis Bookings:

Tel: 021 572 8578 • 069 427 9422 Whatsapp: 066 097 0534 NM10028400-WU160925

Verspreidingsgebiede: Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand | Dinsdag, 16 September 2025 | Tel: 067 091 0618 | E-pos: murphy.roberts@novusmedia.co.za

Gemeenskap in rou gedompel

Suster Olivia Pharo (links) het ongeveer 200 tuisversorgers opgelei sedert die opening van haar kliniek. Sy het die afgelope Saterdag (13 September) gesterf. Foto: Murphy Roberts

Suster Pharo sterf Murphy Roberts

S

uster Olivia Pharo is Saterdagoggend skielik oorlede. Dié “Florence Nightingale” van Atlantis het op 1 Maart 2019 haar eie private primêre gesondheidspraktyk geopen. Suster Pharo, soos sy alom bekend gestaan het, se pad was nooit met rose besaai nie. Sy het van haar eerste dag af klagtes en probleme met ander in gesondheidsorg gehad, het sy onlangs vertel. Pharo se

dood laat ’n groot leemte in die dorp en hartseer inwoners se medelye stroom sedert Saterdag steeds op sosiale media in. Pharo het ná byna 30 jaar as verpleegster haar pensioengeld gebruik om gesondheidsdienste vir inwoners bekostigbaar te maak. Haar eerste kliniek was op die tweede vloer van die Atlantis City Centre, maar was nie toeganklik vir mense in rolstoele en ouer pasiënte nie. Sy het haar kliniek na die Med24-gebou geskuif, wat meer toeganklik vir pasiente was. Suster Pharo het op 15 April

vanjaar aangekondig dat haar kliniek ná langer as ses jaar van pasiënte behandel, vir ongeveer twee maande gesluit sal wees. Pharo het besluit om dieselfde passievolle dienste van haar huis af aan te bied en het haar huis in haar droom omgeskep. Die besluit is op twee redes gegrond – weens die stygende koste en haar persoonlike gesondheid. Suster Pharo moes ook onlangs die vernedering van goedkoop politiek ervaar toe ’n GOOD-party-raadslid haar as ’n “fong kong” gemerk het. Pharo het teruggekap dat sy

met haar geld die wêreld vol kon gereis het, maar eerder besluit het om dit in die gemeenskap te belê. “Ek werk reeds vier jaar lank sonder ’n salaris,” het sy vroeër aan Weskus Nuus gesê. Volgens Allison Samantha Adams, ’n groot vertroueling van Pharo, sal die leemte wat sy nalaat, nooit gevul kan word nie, al probeer iemand hoe hard. “Sy was ’n leier, ’n geneser en ’n ware steunpilaar in die gemeenskap,” het die kliniek op hul sosialemediablad gesê. “Mag die gees van Olivia Pha-

Suster Olivia Pharo.

ro vir ewig in ons harte en in ons gedagtes voortleef asook in elke tree in die stryd vir geregtigheid en beter gesondheidsorg vir ons mense,” sê die kliniek.

‘Bendelede’ spring self in Murphy Roberts

“Bendelede” is nou op ’n missie om hul omgewing skoon te hou terwyl AO Richard van Rooyen, sers. Wilfred Smile en konst. Luann Titus die groep moed inpraat.

“Ons is keelvol van hoe die gebied lyk en wil ’n verskil maak!” Dit is die woorde van selferkende bendelede van Avondale, of die Skeem, soos dit bekend staan. Dié groep, wat geruime tyd reeds besig is om self skoon te maak, sê hulle het die ondersteuning van inwoners. Volgens Thirston Kastoor, ’n selferkende bendelid, spook dit reeds die afgelope twee jaar by hulle om self hul omgewing weer op dreef te kry. Volgens die groep wil hulle ook met die plaaslike raadslid praat oor hul behoeftes om hul omgewing weer veilig en skoon te hou. “Ons wil ook graag ’n netbalbaan in een van die ‘gange’ bou omdat kinders in die pad moet speel en dit verskeie veiligheidsrisikos inhou. Ons leen grawe en harke by inwoners en baie keer help hulle ook,” vertel die groep trots.

Volgens Albert Gilbert van Paragonstraat hou hy van wat die jongmanne doen en dit wys ook dat hulle omgee vir die gebied waar hulle woon. “Dit is net my droom dat almal weer in vrede met mekaar kan lewe en dat politieke leiers die jongmanne kan bystaan om die gebied bendevry te kry.” Volgens nog ’n inwoner wens sy dat beligting in die stegies aangebring kan word sodat mense vrylik kan beweeg. Die groep vra ook dat die gemeenskap hulle moet ondersteun en nie hul gemors in die “gang” kom stort nie, want dit is ook ’n groot uitdaging, vertel hulle. “Ons wil graag ons eie werkskeppingsprogram begin en vra enigeen wat ons kan help, om asseblief na ons uit te reik,” vra hulle. Volgens die wykraadslid Allister Lightburn sal hy graag met die groep wil vergader en hy sien uit om hulle by te staan met wat hulle nodig het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook