Dr Gavin Breeds OBSTETRICIAN and GYNAECOLOGIST MbChB (UCT) FCOG(SA)
NM10073139-WU150926
Verspreidingsgebiede: Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand | Dinsdag, 15 September 2026 | Tel: 067 091 0618 | E-pos: murphy.roberts@novusmedia.co.za
4 van sy flieks by fees Intern waag sy hand en haal groot sukses
Aya Ngamlana
A
TLANTIS – Vir die rolprentvervaardiger Cleveland Hopp, wat in Atlantis gebore is en in Malmesbury grootgeword het, het vanjaar se kykNET-Silwerskermfees ’n besondere betekenis gehad.
Hopp – tans ’n intern by die MultiChoice Talent Factory (MTF) – het vier rolprente in vanjaar se Silwerskerm-program gehad en aan elkeen in ’n verskillende produksierol gewerk. Die 14de Silwerskermfees is van 19 tot 22Augustus in Kampsbaai aangebied en het rolprentmakers, akteurs en ander rolprentbedryfspersoneel vir vertonings, werksessies en bedryfsgeleenthede bymekaargebring. Hopp se vier rolprente was Al wat ek weet, Variasies op ’n tema, ’n Poppy op die Heuwel en As ek kon kies. Hy het saam met die regisseurs Jason Jacobs, Devon Delmar, Winford Collings, Kanji Viljoen en Emilie Bardenhorst gewerk. Hopp het as koördineerder aan die bykomende opnames van Al wat ek weet gewerk. Die Meria Productions-fliek is deur Jacobs en Delmar geregisseer en uit Marita van der Vyver se roman verwerk. Die rolprent, wat oor adolessensie, familie en grootword handel, het die gehoorkeuseprys by die 2026-Silwerskermfees gewen. VERSKILLENDE ROLLE In Variasies op ’n tema, ’n Kraal Storiesproduksie waarvan Jacobs en Delmar ook die regie behartig het, het Hopp verskeie rolle vervul. Hy was produksiebestuurder, produksie-ontwerper en impak- en bemarkingskoördineerder. Dié 65-minute-fliek speel in die Kamiesberge van Namakwaland af en volg die 80-jarige bokwagter Ouma Hettie, wat betrokke raak by ’n bedrogspul oor beloofde oorlogskadevergoeding. Variasies op ’n tema het die Tiger-prys by die Internasionale rolprentfees in Rotterdam gewen en is ook by onder meer die Joburg-rolprentfees, die Hong Kong- internasionale rolprentfees en New Directors/
Rolprentvervaardiger Cleveland Hopp.
New Films in New York vertoon. Vir ’n Poppy op die Heuwel, geskryf en geregisseer deur Winford Collings, het Hopp as eerste assistent-regisseur gewerk. Dié kortfliek volg die sibbe Josh en Laila wanneer hulle ná die dood van hul ouma, Poppy, na die familieplaas terugkeer. Laila wil hê haar ouma moet langs haar eie ma begrawe word, maar die plaas behoort nou aan iemand anders.
TERUG IN VERVAARDIGING Hopp se vierde film, As ek kon kies, het hom weer in produksie-ontwerp laat werk. Dié kortfliek is deur Kanji Viljoen en Emilie Bardenhorst geregisseer en fokus op Kyleigh, wat haar verlowing aan Jayden by die kerk vier, terwyl haar voormalige lewensmaat, Lara, toekyk. Vir Hopp het sy betrokkenheid by die fees ’n persoonlike betekenis gehad. Hy het as kind die Silwerskermfees op televisie gevolg en daarvan gedroom om dit eendag by te woon. “Dit is ’n voorreg wat ek nooit as vanselfsprekend sal aanvaar nie. Wanneer ek dink aan waar ek begin het, waar ek die Silwerskermfees op televisie gekyk en daarvan gedroom het om dit eendag by te woon, is dit oorweldigend om nou deel van die werk te wees,” het Hopp gesê. Benewens sy betrokkenheid by die vier rolprente het Hopp tydens die fees aan ’n werksessie oor rolprentvervaardiging vanuit gemeenskappe deelgeneem. Die werksessie het onder meer die rolprentvervaardigers Annemarie du Plessis, Deirdre Jantjies, Devon Delmar en Jason Jacobs betrek. Hopp is tans besig met sy jaarlange MTF-internskap, wat jong rolprent- en televisiepraktisyns praktiese ervaring in die bedryf bied. Die program stel interns aan verskillende aspekte van produksie bloot, waaronder produksie, regie, skryfwerk en ná-produksie. Hopp sê hy weet nog nie presies wat die toekoms inhou nie, maar wil voortgaan om ervaring op te doen. “Ek weet ek is gereed om aan te hou leer. Ek werk hard en ek is baie dankbaar om hier te wees en die geleentheid te hê om iets te doen waarvoor ek werklik lief is,” het hy gesê.
Atlantis-dagsorgsentrum ontvang nasionale erkenning ATLANTIS – Die Emmanuel-dagsorgsentrum (EDCC) in Atlantis is by die Heroes of Hope-uitmuntendheidsprysuitdeling in Kaapstad as naaswenner in die afdeling vir inklusiewe onderwys aangewys. Die prysuitdeling is op Vrydag 28 Augustus deur Ladles of Love by die Garden Court- Nelson Mandela Boulevard-hotel aangebied. Skoolhoofde en bestuurders van spesiale skole en voorskole van reg oor Suid-Afrika heen het die geleentheid bygewoon. Die Heroes of Hope-prysuitdeling gee erkenning aan mense en sentrums wat ’n belangrike rol vervul om veilige en ondersteunende omgewings vir kinders te skep. Dit was die eerste keer dat die Emmanuel-dagsorgsentrum aan die jaarlikse kompetisie deelgeneem het. Joyce Anderson, die sentrumhoof en ’n gekwalifiseerde maatskaplike werker, het gesê die erkenning is vir die sentrum ’n groot eer. “Hierdie erkenning beteken baie vir ons as organisasie, omdat ons nie dikwels sulke pryse ontvang nie,” het Anderson gesê. Sy het gesê die prysuitdeling het haar
ook geïnspireer om voort te gaan met die werk wat die sentrum in Atlantis doen. Onder die sprekers was Zuraida Jardine en Daniele Diliberto, die stigter en die uitvoerende hoof van Ladles of Love. Anderson het gesê hul boodskappe het hoop gebring aan mense wat met kinders uit benadeelde gemeenskappe werk. “Dit het ons ook aangemoedig in die daaglikse uitdagings waarmee ons te doen kry om steeds die hoëgehaltediens te lewer waarna ons vir ons leerders streef,” het sy gesê. Volgens Anderson het die geleentheid haar verder oortuig dat die Emmanueldagsorgsentrum sy verantwoordelikheid teenoor die Atlantis-gemeenskap nakom. “Ek het die geleentheid baie geniet. Dit het bevestig dat ons die sentrum se verpligting nakom om die beste moontlike diens aan ons gemeenskap te lewer.” Sy het gesê die toekennings beklemtoon die belangrike rol wat voorskole en spesialebehoefteskole in hul gemeenskappe speel. Volgens haar gaan die werk nie net oor onderwys nie, maar ook oor die skep
van veilige ruimtes waar kinders kan groei en ontwikkel. •Ander wenners Verskeie ander sentrums en leiers is ook tydens die geleentheid vereer. In die afdeling Kindervoeding en Welstand was Bulelwa Vanqa van Kids Ministry in Delft die wenner. Lydia Majezi van Lelothando Educare, ook in Delft, was die naaswenner. Wendy Ramogole van Thabelang Kgotso in Alexandra het die Hero of Hope-toekenning gewen, met Monica Abrahams van Drie Beertjies in Fisantekraal die naaswenner. Monica November van Hope of Africa in Delft het die Inclusive Educationafdeling gewen, en Anderson van Emmanuel die naaswenner. Berenice Johnson van Angels Daycare in Delft het die Digital Innovation-prys ontvang. In die afdeling Enterprise Development het Venessa Mhlungu van Kidz Kingdom in Kuruman, Noord-Kaap, gewen. Andiswa Ncamiso van Little Conquerors in Joe Slovo, Milnerton, was die naaswenner.
Joyce Anderson(EDCC) met haar prys saam met Daniele Diliberto, die hoof van Ladles of Love.
2
WeskusNuus NUUSNEWS
15 September 2026
WEST COAST COLLEGE CELEBRATES 2026 GRADUATION
AND OUTSTANDING STUDENT ACHIEVEMENTS West Coast College proudly hosted its 2026 Graduation Ceremonies on 26 and 27 August 2026 at the Malmesbury Town Hall, celebrating the achievements of students who completed their qualifications across a range of programmes. The graduation ceremonies brought graduates, families, College leadership, staff, partners and distinguished guests together to mark this significant milestone and recognise the dedication, perseverance and commitment demonstrated by the graduating students. The ceremonies featured keynote addresses by Pieter du Plessis (Atlantis Foundries CEO) during Session 1 and Dr Peter Khwezi Nyewe (UWC) during Session 2. Outstanding NC(V) Achievers As part of the graduation celebrations West Coast College recognised the top-performing students in its NC(V) Level 4 programmes. Each top achiever was recognised for their outstanding academic performance in their respective programme. The top NC(V) achievers were: · NC(V) Level 4 Office Administration: Alicia Nicole Theunissen, Malmesbury Campus · NC(V) Level 4 Hospitality: Lilitha Makubalo, Malmesbury Campus · NC(V) Level 4 Management: Tarin Tamia Hugo, Atlantis Campus · NC(V) Level 4 Education & Development: Abulela Gontsana, Vredendal Campus · NC(V) Level 4 Engineering & Related Design: Athule Tida, Vredendal Campus · NC(V) Level 4 Electrical Infrastructure & Construction: Logan Christopher Beukes, Citrusdal Campus · NC(V) Level 4 Primary Health: Marope Ntsweletau Nchabeleng and Vangile
·
Vanessa Nhaku, Vredendal Campus NC(V) Level 4 Tourism: Brencolin James Taylor, Vredenburg Campus
Principal's Award The prestigious Principal's Award, presented to the Overall Top NC(V) Student, was awarded to Alicia Nicole Theunissen from Malmesbury Campus. The award recognises the student who achieved the best overall academic performance across the NC(V) programmes. Outstanding National Diploma Achievers The College also recognised the top students in each of its National Diploma programmes. Each recipient received a Certificate of Achievement a tablet and a bag, sponsored by Cape Book and College Supplies and Absa Bank. The top National Diploma students were: · Diploma Studies Business Management: Carly Louw, Vredenburg Campus · Diploma Studies Financial Management: Ashwin John Simmers, Malmesbury Campus · Diploma Studies Hospitality and Catering Services: Bomkazi Gxekiwe, Malmesbury Campus · Diploma Studies Human Resources Management: Shannon Coetzee, Malmesbury Campus · Diploma Studies Management Assistant: Chervon Veronique Pypers, Atlantis Campus · Diploma Studies Public Management: Lauren-Lee Johnson, Atlantis Campus Chairperson's Award The prestigious Chairperson's Award was presented to the Top National Diploma Student,
Alicia Nicole Theunissen, Top Student in the NC(V) Level 4 Office Administration programme and recipient of the Principal's Award, from Malmesbury Campus, pictured with West Coast College Principal, Mr Lungisa Mbulawa.
based on the best overall academic achievement. The award was presented to Lauren-Lee Johnson from Atlantis Campus, who completed the Diploma Studies Public Management programme. Lauren-Lee achieved an exceptional nine distinctions out of 12 subjects over her 18 months of practical training, earning her recognition as the top-performing National Diploma student overall. Celebrating the Graduates The graduation ceremonies served not only as a celebration of academic achievement, but also as a reminder of the important role that West Coast College plays in equipping young people and adult learners with the knowledge, skills and practical experience needed to pursue meaningful careers and contribute to the economy. West Coast College Principal, Mr Lungisa Mbulawa, congratulated the graduates on reaching this important milestone: “Today is a celebration of your hard work, perseverance and determination. Your qualification is not only a testament to what you have achieved, but also a foundation for the opportunities that lie ahead. We encourage you to take the knowledge and skills gained at West Coast College into the world and use them to make a meaningful difference.” The 2026 Graduation Ceremonies reaffirmed West Coast College's commitment to developing skilled graduates and creating pathways towards employment, entrepreneurship and further learning. As the graduates take their next steps, West Coast College wishes them every success as they become ambassadors of the College and contribute to building a stronger future for the West Coast region and South Africa.
Lauren-Lee Johnson, Top Student in the Diploma Studies Public Management programme and recipient of the Chairperson's Award, from Atlantis Campus, pictured with West Coast College Council Chairperson, Cllr Ilza Le Minnie
NM10072690-WU150926
NUUS NEWS
15 September 2026
Weskus Nuus
3
Politici maak hul beloftes Murphy Roberts.
DIE ANC SE WYK 29-KANDIDAAT JANINE PASSENZ: “EK WIL DIENSLEWERING DRYF”
JANINE PASSENZ, ANC, WYK 29: Passenz sê haar jare lange betrokkenheid by gemeenskapswerk, jeugontwikkeling en ondersteuning aan slagoffers van geslagsgeweld (GBV) het haar voorberei om die gemeenskap as wyksraadslid te dien. Passenz was onder meer ’n Numsa-vakbondverteenwoordiger, sekretaris van die Wes-Kaapse Jeugforum en nasionale MIBFA-trustee. Sy is ook ’n stigterslid en ambassadeur van die Survivor Haven-stigting, waar sy slagoffers en oorlewendes van GBV ondersteun. Sy sê sy het nie ligtelik besluit om haar as kandidaat beskikbaar te stel nie. Die plaaslike ANC-tak, waar sy voorheen takvoorsitter en lid van die ANC-jeugliga was, het haar genader. Haar huidige opleiding in parajuridiese studies het volgens haar ook tot die besluit bygedra. “Dit gee my ’n beter begrip van die wet, mense se regte en verantwoordelikhede en hoe ek die gemeenskap beter kan dien.” Passenz se drie hoofprioriteite is beter dienslewering en infrastruktuur, belegging en werkskepping, asook veiliger, skoner en gesonder gemeenskappe. Sy identifiseer swak dienslewering, misdaad, werkloosheid en munisipale skuldinvordering as van die grootste uitdagings in die wyk. Sy is veral bekommerd oor skuldinvordering wanneer inwoners elektrisiteit koop. Volgens haar kan aftrekkings vir uitstaande skuld beteken dat arm huishoudings minder elektrisiteit vir hul geld ontvang. “Ons het ’n billike en volhoubare benadering nodig wat munisipale finansies beskerm, maar ook die waardigheid en behoeftes van kwesbare huishoudings in ag neem.” Om misdaad die hoof te bied, wil Pas-
senz nouer met die polisie, gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), justisie, maatskaplike ontwikkeling, buurtwagte en ander veiligheidstrukture saamwerk. Sy wil ook meer jeugprogramme en misdaadvoorkomingsinisiatiewe ondersteun. Passenz wil werkloosheid onder jongmense deur vaardigheidsontwikkeling, entrepreneurskap en belegging aanpak. Sy noem onder meer bestuurderslisensieprogramme, rekenaarvaardighede en beroepsopleiding as maniere om jongmense se werksvooruitsigte te verbeter. Sy belowe ook gereelde gemeenskapsbetrokkenheid en beter opvolg van diensleweringsklagtes. As sy een onmiddellike verandering kon aanbring, sou dit wees om gemeenskapsorganisasies en sportklubs beter toegang tot gemeenskapsale en sportvelde te gee. “Ons gemeenskapsale en sportvelde behoort aan die gemeenskap. Deur hierdie organisasies te ondersteun, belê ons in ons mense, ons jeug en die toekoms van Wyk 29.”
DIE WYK 29-KANDIDAAT ALLISTER G. LIGHTBURN: “MENSE KOM EERSTE”
29 aangewys is. “Ek wil voortbou op die suksesse wat ons in die vorige termyn behaal het. Mense is vir my belangrik en saam kan ons die omstandighede in ons gemeenskappe verbeter,” sê hy. Lightburn se prioriteite sluit ’n oudit van basiese diensleweringsagterstande in, met spesifieke aandag aan swak vullisverwydering, onwettige storting en verstopte of oorlopende riool. Hy wil ook gemeenskapsparke opknap sodat dit veilige ruimtes vir veral kinders kan wees en sportgeriewe in die wyk laat opgradeer. Behuisingsbehoeftes – veral in Mamre – is volgens hom ook dringend. Hy wil saam met die Mamre-CPA aan oplossings vir inwoners se behuisingsbehoeftes werk. Lightburn sê die groei in die bevolking het druk op verouderde infrastruktuur geplaas, maar projekte soos pypvervanging, padherstel, verkeerskalmering, permanente busskuilings en opgraderings van sportgeriewe het reeds vordering gebring. Misdaad – veral bendegeweld en moord – bly volgens Lightburn een van Wyk 29 se grootste uitdagings. Hy ondersteun groter samewerking tussen die polisie, die Stad Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe en buurtwagte. Hy glo inwoners moet ook verantwoordelikheid neem om misdaad aan te meld. Wat werkloosheid betref, wil hy jongmense aanmoedig om koöperasies te vorm en toegang tot staatsfinansiering te kry om ondernemings te begin. Lightburn wil gemeenskapsdeelname aan die Stad se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP/ IDP) versterk en die wykskomitee uitbrei. As hy dadelik een verandering kon maak, is dit om vandalisme van openbare infrastruktuur aan te pak. Hy stel groter gebruik van gemeenskapstraatgroepe, fasiliteitsbeskermingsbeamptes en strenger toepassing van verordeninge voor – veral teen oortreders en onwettige skrootwerwe. Volgens Lightburn moet Wyk 29 deur diensbare, mensgesentreerde leierskap vir almal verbeter word.
ALLISTER G. LIGHTBURN, ONAFHANKLIKE KANDIDAAT, WYK 29: Lightburn woon al die afgelope 41 jaar in Atlantis en sê sy jare lange betrokkenheid by die gemeenskap vorm die grondslag van sy kandidatuur. Lightburn was 34 jaar as gemeenskapsaktivis betrokke voordat hy in 2019 tot openbare amp verkies is. Hy het ook as voorsitter van die Berzelia Primêre Skool se beheerliggaam en ondervoorsitter van die Hoërskool Robinvale se beheerliggaam gedien. Hy was verder by verskeie jeugontwikkelings- en organisasies sonder winsoogmerk betrokke. Hy sê hy het hom weer beskikbaar gestel nadat hy ná ’n streng keuringsproses as sy party se kandidaat vir Wyk
MANFRED VAN ROOYEN, DA, WYK 32: Van Rooyen sê sy bykans 30 jaar se betrokkenheid by Atlantis, tesame met 19 jaar se ervaring in plaaslike en provinsiale regering, plaas hom in ’n sterk posisie om die gemeenskap te dien. Hy en sy vrou en kinders woon in Saxonsea en hy is al jare in die gemeenskap aktief. Hy het onder meer as ouderling by die VGKSA Wesfleur in Saxonsea gedien en was voorheen diaken en sekretaris van die Atlantis United Church. Hy was ook die voorsitter van die Atlantis- Raad van Belanghebbendes. Van Rooyen beskryf hom as ’n gemeenskaps-, maatskaplike geregtigheid- en politieke aktivis wat reeds sedert 14 by plaaslike kwessies betrokke is. Sy professionele loopbaan sluit drie
DA-WYK 32: MANFRED VAN ROOYEN: “ERVARING MOET TOT VOORDEEL VAN DIE GEMEENSKAP WEES.”
jaar as senior kommunikasiebeampte by die voormalige departement van maatskaplike dienste en armoedeverligting in, gevolg deur bestuursposisies by die Breedevallei-, Bitou- en George-munisipaliteite. Indien hy verkies word, wil hy eerstens ’n oudit van diensleweringsagterstande doen, met aandag aan vullisverwydering, onwettige storting en verstopte rioolstelsels. Hy wil ook parke opknap en veiliger ruimtes vir kinders skep en die wykkomitee versterk. Hy wil ook saam met inwoners deur die wyk beweeg om slaggate en stukkende straatligte te identifiseer en seker te maak dat dié behoeftes in die Stad se begrotings- en beplanningsprosesse aanepak word. Volgens hom is misdaad – veral bendegeweld, taxigeweld en afpersing – van die grootste uitdagings in Wyk 32 en Atlantis. Hy sê die dood van die plaaslike leerders Dana-Lee Coet en Nikita Finch wys op die erns van die situasie. Hy pleit vir sterker samewerking tussen die polisie, die Stad se wetstoepassers en buurtwagte, asook beter ondersoekvermoë by die polisie. Hy ondersteun ook die DA se standpunt dat sekere polisiefunksies na die Stad oorgedra moet word. Jeugwerkloosheid moet volgens hom aangepak word deur jongmense by opleiding, entrepreneurskap en nuwe beleggingsgeleenthede te betrek.
0000000-WU110220
Thinking of SELLING? Find out what your home is worth!
Contact: Lindy de Wet
072 497 5744
Registered with the PPRA NM10073145-WU150926
M.A. Sielk. | B.A.Honn.Sielk. | B.Com.BSielk. Counselling Psychologist PR 8630453
021 572 5771 067 850 6479 Atlantis - Wesfleur Privaat Kliniek, Wesfleursirkel Durbanville - 22 Marco Close, Uitzicht Mediese fondse en bankkaartbetalings word aanvaar.
NM10073147-WU150926
4
WeskusNuus NUUSNEWS
15 September 2026
NUUS NEWS
15 September 2026
WORKING TOGETHER
REPLACING TEMPORARY POLES WITH PERMANENT BUS STOPS Temporary bus stops in Atlantis are being converted into permanent bus structures. The newly constructed stops feature MyCiTi totem poles with lighting for better visibility, leaning rails, tactile paving and wheelchairaccessible ramps, and overhead shelters with seating at high-traffic stops. In some cases, the permanent stop is being built a few metres away from the temporary location to meet road safety and space requirements. Services remain fully operational at the temporary stops while construction is underway.
TO IMPROVE SERVICES IN ATLANTIS
Atlantis has long been one of the strongest and most loyal supporters of the MyCiTi service, and the City of Cape Town remains committed to providing quality public transport for all residents.
Every day, thousands of Atlantis residents rely on MyCiTi to access workplaces, schools, healthcare facilities, shopping centres and recreational destinations across Cape Town. The City recognises that recent fare increases and service disruptions have caused frustration and concern. Reliable and affordable public transport is essential for households, and we understand the impact that higher transport costs and service challenges have on passengers. This includes a significant increase to the Monthly Pass, which many passengers in Atlantis depend on. The fare adjustment was needed to help cover higher operating costs and keep services running. Despite this, fares remain competitive with other public transport services and the Monthly Pass still offers value for a month of unlimited trips on all routes at any time, including weekends.
FARE INCREASE: KEEPING PUBLIC TRANSPORT RUNNING The annual fare adjustment in July was driven by sustained increases in operating costs, particularly fuel prices. While these costs are outside the City’s control, they have a significant impact on the cost of providing services. The adjustment formed part of the City’s annual budget process, which uses a tariff structure linked to wholesale diesel prices. This structure is designed to avoid frequent fare changes throughout the year. The discounted Monthly Pass still offers value for regular travel and opportunities beyond the work commute.
Meanwhile, a separate refurbishment programme is underway to improve the quality and reliability of the bus fleet over the long term. The City is actively trying to balance affordability with the growing cost of providing
services to ensure residents can continue to access to safe, reliable, affordable and sustainable public transport. Thank you for your patience, support and partnership as we work to deliver a quality MyCiTi service for the Atlantis community.
BUS REFURBISHMENT WELL UNDERWAY Many buses serving Atlantis are undergoing extensive refurbishment. These are not minor repairs. Buses are being refurbished from the ground up to improve reliability, safety and long-term performance. While this work is essential, it unfortunately means that buses must be temporarily removed from service while refurbishment takes place. We understand the inconvenience caused and appreciate your patience while improvements are implemented.
Tackling vandalism When public transport infrastructure is damaged, the entire community feels the impact. Damage and vandalism leads to costly repairs and each affected bus is taken out of service for repairs, which affects the service and the passengers who rely on it. By working together, we can help direct more resources to improve services rather than repairing avoidable damage. Report vandalism to 021 480 7700.
Because fuel prices remained high for an extended period, a larger adjustment was required when fares were reviewed. The City continuously reviews its policies to ensure they remain fair and responsive to residents’ needs, and the current fare policy is scheduled for review. We remain committed to balancing affordability for passengers with the financial realities of operating a public transport system.
MONTHLY PASS, UNLIMITED VALUE The more you travel, the more value you get Shopping trips
Unlimited trips
Healthcare visits School/College
All routes
Visiting family & friends
Every day, all day
Social activities Access job opportunities
Call the Transport Information Centre 0800 65 64 63 FREE 24/7 Download the MyCiTi App
www.myciti.org.za
CITY OF CAPE TOWN’S PUBLIC TRANSPORT SERVICE
Weskus Nuus
5
6
WeskusNuus NUUSNEWS
15 September 2026
764 network targets children online Charlotte Lesch A network that began with a teenager in Texas has evolved into a decentralised “online ecosystem” spanning countries and platforms — raising concerns about the growing threat of child exploitation and sextortion, including for South African families. Founded by a 15-year-old Texas teenager, it has grown into what researchers describe as a global and decentralised online ecosystem associated with sextortion, child sexual exploitation, hacking and other criminal activity. The violent international online network known as “764” has reached South Africa following the arrest of a 16-year-old teenager in Malmesbury on 17 August. The teen’s arrest highlights the networks global spread from the US. The 16-year-old, accused of child sexual abuse material offences and animal abuse, has been sent for a 30-day mental observation at Valkenberg Psychiatric Hospital. The case was postponed at Malmesbury Magistrates’ Court on Tuesday, 1 September, marking the teenager’s third court appearance since his arrest in August. He will return to court on 5 October, confirmed National Prosecuting Authority spokesperson Eric Ntabazalila. The teenager faces charges of accessing, possession, facilitation and downloading of child sexual abuse material, as well as animal abuse. INTERNATIONAL COLLABORATION LEADS TO ARREST The teenager’s arrest followed collaboration between the South African Police Service and international law enforcement agencies. The police National Serial and Electronic Crime Investigations Team operationalised intelligence received from the Federal Bureau of Investigation, the United States
Embassy and the National Centre for Missing and Exploited Children, which indicated a target suspected of being linked to violent online networks commonly referred to as “764” was believed to be located in South Africa. The National SECI Team traced the teenager to an address in Malmesbury, where he was arrested in the act. The operation was supported by members of Head Office Occult Unit, the Paarl Family Violence, Child Protection and Sexual Offences Unit, Paarl K9 Unit and Western Cape Crime Scene Investigation Unit, as well as FBI and Homeland Security agents. A preliminary on-site analysis of the suspect’s electronic devices uncovered explicit images and videos depicting child sexual abuse and animal mutilation. A number of child victims have been identified. WHAT IS THE 764 NETWORK? The 764 network represents what researchers describe as a decentralised, global network of online communities that targets and exploits vulnerable people, particularly children. According to the Anti-Defamation League, the network emerged from a broader online environment where individuals and groups were involved in activities including hacking, swatting, SIM swapping, sextortion and distribution of child sexual abuse material. The network was founded by Bradley Cadenhead in 2020, according to the BBC. Cadenhead was arrested in August 2021 and was later sentenced in the United States to 80 years in prison. He launched his online community on the social platform Discord when he was 15 years old, calling it “764” because he lived in Stephenville, Texas, where the postal code begins with the numbers 764. Since the launch, the network has become a global movement, with an array of offshoots and subgroups that often rebrand and change their names to evade social
media companies and law enforcement. What makes 764 particularly concerning is that it does not operate like a conventional organisation with a single leader or headquarters. The network has become an umbrella term for groups that share similar methods and online culture. HOW THE NETWORK OPERATES Members employ tactics described as Sadistic Online Exploitation. Predators seek out children online through mobile messaging apps, social media and gaming platforms. FBI Special Agent Alan Karr warned parents that after identifying a potential target, these predators methodically attempt to befriend potential victims through a grooming process that often includes establishing a trusting or romantic relationship. The goal is to manipulate and threaten the child into producing and sharing child sexual abuse material, acts of animal cruelty, self-harm or violence. FBI Dallas Assistant Special Agent in Charge Robbie Manson provided an overview of the growing threat from members of violent online networks in a statement earlier this year. “Although the names of these networks are constantly changing, their activities remain the same: They seek to coerce and manipulate minor victims into harming themselves, animals and other minors.” Members of 764 are sometimes motivated by a type of ideology called Nihilistic Violent Extremism, or a desire to sow chaos. They build trust with victims and later coerce them into sharing personal information and explicit pictures and videos, which are then used to blackmail victims into creating additional content depicting escalating sexual and violent behaviour. GLOBAL REACH AND WARNINGS The FBI is currently investigating more than 450 subjects tied to 764 and other vio-
lent online networks. In an ABC News interview in 2025, FBI Assistant Director David Scott, the head of the FBI’s Counterterrorism Division, which is now leading many of the U.S. government’s investigations tied to 764, said they have seen victims as young as nine, and federal authorities have indicated there could be thousands of victims worldwide. This fact was confirmed after the 16-year-old teen’s arrest in a rural town in the Western Cape. Earlier this year, FBI Boston and FBI Dallas issued warnings to parents about a sharp increase in extremists targeting children and vulnerable victims online. UNICEF reported this month that approximately 20 million children across 21 countries experienced online sexual exploitation or abuse during a single year, with social-media platforms among the main environments where abuse occurred. WARNING SIGNS AND PROTECTION The FBI issued potential signs of victimisation that parents should watch for, including sudden behaviour changes such as becoming withdrawn, moody or irritable, changes in appearance, signs of animal cruelty, unexplained harm to younger siblings, and fresh cuts, scratches, bruises, bite marks or burns. The South African Police Service warns that once sexually explicit material is shared online, the sender can lose control over where it goes or how it is used. Sextortionists may use compromising material to threaten or blackmail victims. SAPS advises young people not to share sexually explicit images and to tell a trusted adult if someone online pressures or threatens them. Following the Malmesbury teenager’s arrest, talks on internet dangers have been held at primary and high schools across the Swartland, highlighting the growing need to educate young people about online safety.
MyCiTi-busdiens opgeknap Murphy Roberts
Whaden Johannes saam met ’n paar kindertjies met hul bolletjies. Foto: David Rossouw
Kinders wêreldwyd gevier Marawiërs reg oor die wêreld het op Sondag 23 Augustus Kinderfees gehou. Die fees se ontstaan het sy oorsprong in Hernhut (Europa) in 1727, toe ’n meisietjie met die naam Susanna Kuhnel op 17 Augustus 1727 haar hartjie aan die Here gegee en besluit het om die Woord van die Here te verkondig. Die Morawiese Kinderfees is ’n tradisionele jaarlikse kerkfees van die Morawiese kerk en word elke jaar in Augustus die naaste aan 17 Augustus gevier. Die Sondagoggend-eredienste fokus spesiaal op kinders, met gassprekers wat die diens lei om kindertjies oor die Bybel te leer. Ná die oggenddiens is die middag gewoonlik die bymekaarkomplek waar die
kindertjies met stories en musiek vermaak word. Whaden Johannes, ’n musikant/liedjieskrywer en TV-akteur, het die kinders by die Mamre- Morawiese kerk vermaak. Die middaghoogtepunt was gewis die bekende anysbroodjie of “bolletjie”, soos dit oor die jare onder die kinders roem verwerf het. Hulle is verder met ’n glasie sap of koeldrank by die ingang van die kerk voor hul vertrek huiswaarts afgesien. Hierdie geloofsbeleidenis van Susanna Kuhnel bring nie net die kindertjies byeen nie, maar ook ’n feestelike atmosfeer en maaltyd soos Kersfees na vore, want die kindertjies word in hul beste klere opgedos wanneer hulle die Kinderfees bywoon.
ATLANTIS – Die Stad Kaapstad is besig met ’n uitgebreide program om MyCiTibusse op te knap en infrastruktuur te verbeter. Die doel is om die diens meer betroubaar en veiliger vir pendelaars te maak. Die raadslid Rob Quintas, die burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, het Atlantis onlangs besoek om homself van die opknappingswerk aan busse en bushaltes te vergewis. Volgens Quintas sal die verbeterings duisende inwoners van Atlantis, wat MyCiTi-busse daagliks gebruik om werk, skole, gesondheidsdienste en ander geleenthede in Kaapstad te bereik, help. Die Stad het ongeveer 346 MyCiTibusse wat voortdurend onderhou moet word om hulle veilig en betroubaar op die pad te hou. Op die Atlantis-roetes alleen lê die busse saam sowat 4 200 km per weekdag af, terwyl die hele MyCiTinetwerk daagliks ongeveer 65 000 passasiers vervoer. Die volledige opknapping van ’n bus kan, afhangend van sy toestand, tussen sewe en 14 weke duur voordat dit weer in diens gestel word. Quintas het inwoners vir hul geduld bedank. Die diens het onlangs onder druk gekom nadat inwoners oor die swak toestand van sommige busse gekla het. In Atlantis is ook gereeld op sosiale media kommer uitgespreek oor busse wat onklaar raak, aan die brand slaan of in ongelukke betrokke is. “Ons maak goeie vordering om die betroubaarheid van die MyCiTi-diens vir pendelaars in Atlantis, Witsand, Pella en Mamre te versterk,” het Quintas gesê. Hy het inwoners ook gevra om te help om klipgooiery en vandalisme teen MyCiTi-busse te voorkom. Volgens hom hou sulke optrede ’n
Die subraad 1-voorsitter Allister Lightburn saam met Rob Quintas by een van die permanente nuwe bushaltes.
gevaar vir passasiers en bestuurders in en beteken dit ook dat busse langer uit diens kan wees vir herstelwerk. “Wanneer busse beskadig word, word die hele gemeenskap geraak,” het hy gesê. Vandalisme kan by 0800 65 64 63 aangemeld word. Benewens die opknapping van busse word infrastruktuur ook verbeter. Die Stad is besig om 45 tydelike MyCiTibushaltes langs die Atlantis-, Pella- en Mamre-roetes na permanente haltes op te gradeer. Die nuwe haltes sal moderne skuilings bied waar passasiers veiliger en gemakliker op hul busse kan wag. Verbeterings aan voetganger-infrastruktuur word ook aangebring om toegang tot die haltes veiliger en makliker te maak. “Hierdie nuwe haltes is ’n beduidende verbetering vir ons passasiers en bied veiliger en meer gemaklike wagplek,” het Quintas gesê. “Dit gaan daaroor om die basiese dinge reg te doen en waardige openbare vervoer aan die gemeenskappe wat ons bedien, te lewer.” Die Stad verwag dat die verbeterings die MyCiTi-diens vir inwoners van Atlantis en omliggende gemeenskappe veiliger, meer betroubaar en geriefliker sal maak.
NUUS NEWS
15 September 2026
Hoe sou jou manifes lyk? Dr.Clive Coetzee Elke plaaslike verkiesing bring dieselfde beloftes – politieke partye belowe beter paaie, skoner dorpe, veiliger strate en beter munisipale dienste. Inwoners lees die manifeste, maar baie vergeet daarvan nadat hulle gestem het. ’n Manifes behoort egter meer as net ’n lys mooi beloftes te wees. Dit moet eenvoudig verduidelik wat ’n party wil doen, wat eerste gedoen gaan word en hoe daarvoor betaal gaan word. Maar voordat jy ’n party se manifes lees, vra jouself: Hoe sou my eie verkiesingsmanifes lyk? 1. Wat moet eerste reggemaak word? ’n Munisipaliteit kan nie alles op een slag regmaak nie. ’n Goeie plan moet dus twee of drie belangrike probleme eerste aanpak. Vraag: Watter twee of drie dinge in jou munisipaliteit moet volgens jou dringend reggemaak word? 2. Beter dienste Water, elektrisiteit, vullisverwydering, paaie, stormwater en straatligte is van die belangrikste munisipale dienste. Partye moet nie net sê hulle sal dienste verbeter nie – hulle moet sê wat hulle gaan verbeter en wanneer dit gedoen sal wees. Vraag: Watter diens sal die grootste verskil aan jou daaglikse lewe maak as dit verbeter? 3. Hoe gaan dit betaal word? Elke belofte kos geld. Partye moet verduidelik hoe hulle vir
nuwe projekte en beter dienste gaan betaal. Dit kan belasting, tariewe, beter skuldinvordering of besparings insluit. Vraag: Sou jy bereid wees om meer te betaal vir ’n diens wat werklik verbeter? 4. Kontrakte en tenders Munisipaliteite gebruik kontrakteurs om baie van die werk te doen. Dit is belangrik dat tenders regverdig en oop hanteer word. Vraag: Wat sal jou meer vertroue in die munisipaliteit se tenderproses gee? 5. Werk en plaaslike ondernemings Munisipaliteite skep nie self al die werk nie, maar hulle kan dit makliker maak vir sakeondernemings om te groei. Minder rompslomp, goeie dienste, beskikbare grond en ondersteuning vir klein ondernemings kan help. Vraag: Wat maak dit moeilik om werk te kry of ’n sakeondernemings in jou gebied te bedryf? 6. Behuising en beplanning Behuising moet goed beplan word. Mense moet, waar moontlik, naby skole, werk en openbare vervoer kan woon. Vraag: Hoe behoort goeie behuising in jou gemeenskap te lyk? 7. Veiligheid Veiligheid is nie net die polisie se verantwoordelikheid nie. Munisipaliteite het ook ’n rol met verkeersbeheer, wetstoepassing en die toepassing van munisipale reëls.
Vraag: Waar voel jy die minste veilig en wat kan daaraan gedoen word? 8. Eerlike en verantwoordelike bestuur Inwoners moet weet hoe hul geld bestee word. ’n Goeie munisipaliteit moet ook teen korrupsie en swak bestuur optree. Vraag: Hoe gereeld moet jou raadslid aan jou verduidelik wat in jou wyk gebeur? 9. Inwoners moet ’n sê hê Inwoners behoort deel te wees van besluite wat hul gemeenskappe raak. Openbare vergaderings en wykskomitees kan mense ’n stem gee. Vraag: Voel jy dat jy tans ’n werklike sê het oor besluite wat jou gemeenskap raak? Jy hoef nie al hierdie vrae dadelik te kan beantwoord nie. Die belangrikste is om te dink oor wat vir jou belangrik is. Wanneer politieke partye hul manifeste bekendmaak, vergelyk dit met jou eie prioriteite. Kyk watter beloftes realisties is, wat dit sal kos en wanneer dit gedoen sal word. ’n Verkiesingsmanifes moet uiteindelik soos ’n belofte met ’n plan wees, nie net mooi woorde nie. As kiesers weet wat hulle wil hê, is dit moeiliker om hulle met leë beloftes te oortuig. En ná die verkiesing kan hulle die party wat gewen het, aan sy beloftes herinner en aanspreeklik hou. •Dr. Clive Coetzee is ’n professor aan die fakulteit militêre wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch.
Erfenismaand: Ons diversiteit vereer September is Erfenismaand, ’n tyd vir Suid-Afrikaners om te besin oor die ryk kulture, tradisies, tale en geskiedenis wat ons nasionale identiteit vorm. Erfenismaand is meer as bloot ’n viering van ons verskille en herinner ons aan die krag wat spruit uit die omarming van diversiteit en die erkenning van die bydrae wat elke gemeenskap lewer tot die Suid-Afrika wat ons saam bou. By die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) erken ons dat ons diversiteit een van ons grootste sterkpunte is. As ’n organisasie wat daartoe verbind is om volhoubare ekonomiese ontwikkeling te bevorder en geleenthede binne die streek te skep, verstaan ons die belangrikheid daarvan om ’n omgewing te bou waar mense van verskillende agtergronde kan bydra, saamwerk en floreer. Kulturele diversiteit speel ’n belangrike rol in ekonomiese ontwikkeling. Wanneer mense aangemoedig word om hul uiteenlopende ervarings, perspektiewe en idees na die werkplek te bring, word organisasies meer innoverend en aanpasbaar. Diverse spanne kan gevestigde denkwyses
ASEZ TALKS - Matt Cullinan
uitdaag, nuwe geleenthede identifiseer en bydra tot oplossings wat die gemeenskappe wat hulle dien, beter weerspieël. Terwyl ons voortgaan om die Atlantis- spesiale ekonomiese sone te ontwikkel en dit as ’n spilpunt vir die groenekonomie te posisioneer, hang ons sukses nie slegs van infrastruktuur en beleggings af nie, maar ook van mense. Ons gemeenskappe vorm die kern van ons werk en die erkenning van hul erfenis en
diversiteit is ’n belangrike deel van die skep van betekenisvolle en inklusiewe groei. Erfenismaand bied ook ’n geleentheid om by mekaar te leer. Ons versterk ons begrip, respek en eenheid deur ons kulture en ervarings te deel. In ’n diverse land soos Suid-Afrika is hierdie waardes noodsaaklik vir die bou van sterker werkplekke, gemeenskappe en instellings. Terwyl ons Erfenismaand vier, laat ons die tradisies en geskiedenisse vereer wat ons gevorm het, terwyl ons oop bly vir die moontlikhede wat voorlê. Laat ons vier wat elkeen van ons uniek maak, terwyl ons erken wat ons as Suid-Afrikaners verenig. By die Asez bly ons verbind tot die skep van geleenthede wat inklusief, volhoubaar en voordelig vir ons gemeenskappe is. Deur ons erfenis te waardeer en ons diversiteit te omarm, kan ons voortgaan om ’n toekoms te bou waar almal die geleentheid het om deel te neem, by te dra en voorspoedig te wees. Laat ons ons erfenis vier, ons diversiteit omarm en saam ons toekoms bou. Tot volgende keer, Matt
bilingual local newspaper that's distributed every second Tuesday in Mamre, Pella, Atlantis, Saxonwold, Witsand, Duynefontein and Melkbosstrand Do you want to boost your sales, attract new customers and build brand recognition?
Distribution 15 000
Estimated readership 44 685
CALL ME TO ADVERTISE:
082 482 1117
yvette.smith@novusmedia.co.za NM10073552-WU150926
7
Atlantis vier WOW-fees David Rossouw Primêre en sekondêre skole van die Metro-Noord-distrikte het op Saterdag 29 Augustus na Avondale Primêre skool in Atlantis gereis vir die Woorde Open Wêrelde-spelfees (WOW). Vir die dorp Atlantis was dit ’n geskiedkundige geleentheid, want dit is die eerste keer in die geskiedenis van WOW dat Atlantis die spelfees in die dorp se 50 jaar aanbied. Omtrent 490 leerders en 190 opvoeders van die verskillende skole is na die distrikbyeenkoms gelok. Ivy Orange, die Metro-Noord Onderwysdepartement se verteenwoordiger, het die geskiedkundige byeenkoms in Atlantis geopen toe sy leerders, opvoeders en ouers verwelkom en die leuse van WOW van pret en plesier voorgehou het. Sy het al die leerders aangemoedig om hulle beste te gee, maar hulle herinner dat dit feestyd is en hulle dit moet geniet. Toe die byeenkoms teen 09:30 begin, het die pret en genot tussen die leerders begin en ná omtrent twee ure geëindig, wat die naam van WOW hoog gehou het. DRING DEUR NA WK-BYEENKOMS Vier leerders in elke graad vanaf grade 1-10 in Afrikaans en grade 4-9 in Engels is ná die eindronde vir hul bydrae tot die WOW-spelfees vereer en deurgedring na die Wes-Kaapse provinsiale byeenkoms, wat Saterdag (12 September) in die Paarl by New orleans Sekondêre skool beslis is. Die nasionale byeenkoms word op 3 Oktober by die Universiteit Stellenbosch tussen al die provinsies gehou. Atlantis se skole het op Dinsdag 25 Augustus geskiedenis gemaak toe die nuutste toevoeging, die WOW-telfees, by die Saxonsea Primêre skool in Atlantis begin het. Dit was ’n geskiedkundige oomblik vir die dorp se skole wat die eerste keer kennis met dié nuwe wiskundige spel gemaak het. Hierdie inisiatief van die Universiteit Stellenbosch bring wiskunde na
NOTICE: LOST OR DESTROYED DEED
WeskusNuus is a FREE,
Weskus Nuus
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act 47 of 1937, of the intention to apply for the certified copy of Deed of Transfer No. T77244/1992 passed by THE REGIONAL SERVICES COUNCIL FOR THE CAPE METROPOLE AND SURROUNDING AREAS ESTABLISSHED BY PROVINCIAL NOTICE NO 4 DATED 9 JANUARY 1987,in favour of PETER ALEXANDER MEYER, Identity Born on 20 November 1960 and ELEANOR VERA MEYER, Identity Number 6007020201082, Married in community of property to each other, in respect of ERF 5425 WESFLEUR, IN THE ATLANTIS RESIDENTAL LOCAL AREA, DIVISION CAPE, IN EXTENT 253, (Two Hundred and Fifty Three) square metres, VA COPY VA1033/1994 which has been lost or destroyed .All interested persons having objection to the issue of such copy are required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Foreshore Place, 2 Riebeeck Street, Cape Town, within two weeks after the publication of this notice.
Applicant Attorneys : F SalieAttorneys Address : 4 De Kuilen Street, Kuils River, 7580 Tel : (021) 8249720 / 021 903 1333 Email : admin@fsalieattorney.co.za / fsalieattorneys@gmail.com NM10073196-WU150926
Ivy Orange en Zeta Davids, die WOW-fees-verteenwoordigers van Kring 10, saam met spellers by die distriksbyeenkoms. Foto: David Rossouw
die voorgrond en bied leerders ’n nuwe manier om hul vaardighede te toets en te ontwikkel, wat terselfdertyd met pret en plesier gepaard gaan. Zelda Andrews, die hoof van Hermeslaan Primêr, het die byeenkoms geopen en beklemtoon dat die telfees ’n belangrike stap is om leerders se selfvertroue in wiskunde te versterk. “Ons kinders het dikwels ’n vrees vir getalle, maar hierdie fees wys hulle dat wiskunde ook pret kan wees,” het sy gesê. ‘ATLANTIS HET TALENT’ Gary Markus, die hoof van Saxonsea, het sy opgewondenheid oor en die belangrikheid van die byeenkoms vir Atlantisskole beklemtoon en dat die telfees ’n geleentheid skep vir skole om saam te werk en leerders te motiveer. “Atlantis het lankal gewys ons het talent, maar die telfees gee ons ’n platform om dit te geniet en te ontwikkel.” 120 leerders vanaf graad 4-7 het vir die telfees ingeskryf. Die eerste 10 is gekeur volgens prestasie, waarvan die eerste drie as die algehele wenners aangewys is en medaljes ontvang het. 40 leerders sal nou Kring 10 by die eerste distriksbyeenkoms hierdie Saterdag (19 September) verteenwoordig.
KENNISGEWING VAN PROSES VIR OPENBARE DEELNAME: AANSOEKE VIR OORDRAG EN ADMINISTRATIEWE / NIE-MATERIËLE WYSIGING VAN 'N AFVALBESTUURSLISENSIE INGEVOLGE DIE NASIONALE OMGEWINGSBESTUUR: AFVALWET, 2008 (WET NR. 59 VAN 2008) (NEM:WA) EN 'N ATMOSFERIESE EMISSIELISENSIE INGEVOLGE DIE NASIONALE OMGEWINGSBESTUUR: LUGGEHALTEWET, 2004 (WET NR. 39 VAN 2004) (NEM:AQA). Afvalbestuurslisensie (WML) Verwysingsnr.: 19/2/5/1/A1/2/WL0082/25 VoorlopigeAtmosferiese Emissielisensie (PAEL) Verwysingsnr.: WCCT167 Beskrywing: Die lisensiehouer, Industrial Energy Solutions (Pty) Ltd, doen aansoek om die eienaarskap (d.w.s. regte en verantwoordelikhede) van hierdie lisensies vir hul afvalpirolise-aanleg, geleë op Persele 35 & 47 van Erf 338, Atlantis, wat deel vorm van die Atlantis Spesiale Ekonomiese Sone se Sone 2 Nywerheidspark, oor te dra. Die aansoeke word ingevolge Artikel 52 van die NEM:WA enArtikel 44 van die NEM:AQAingedien. Die nuwe eienaar sal SEDNAWC (Pty) Ltd wees. Daarbenewens moet die bewoording van sommige afdelings van die WML en PAEL gewysig word om te verseker dat die bewoording van die lisensies volledig ooreenstem met die gedetailleerde ontwerp van die pirolise-aanleg (wat binne die breër parameters van die goedgekeurde aanleg ontwerp is). Hierdie administratiewe, of nie-materiële, wysigings word ingevolge Artikel 54 van NEM:WA en Artikel 46 van NEM:AQAaangevra. Ligging: Persele 35 en 37 van Erf 338,Atlantis, geleë in dieAtlantis Spesiale Ekonomiese Sone – Sone 2. Geleentheid vir Openbare Deelname:Alle persone wat as Belangstellende en Geaffekteerde Partye (B&GP's) wil registreer of kommentaar op die oordrag wil lewer, kan dit skriftelik doen aan Tarryn Mouries van The Environmental Practice via E-pos (verkieslik): tarryn@enviroprac.co.za, Pos: Dartmouthweg 23, Muizenberg, 7945 of Tel: 021 788 9323. Alle korrespondensie moet asseblief duidelik na die projek verwys en volledige kontakbesonderhede, die verkose metode van kontak en 'n aanduiding van enige direkte sake-, nansiële, persoonlike of enige ander belang wat u met betrekking tot die aansoek mag hê, bevat. Slegs geregistreerde belanghebbendes sal van toekomstige geleenthede om kommentaar op relevante dokumentasie te lewer, in kennis gestel word. Kommentaar kan vanaf 15 September tot 16 Oktober 2026 (30 dae) ingedien word. Beskerming van Persoonlike Inligting: Neem asseblief kennis dat alle persoonlike inligting wat vrywillig vir die doeleindes van hierdie omgewingsaansoekprosesse ingedien word, deur Enviroprac namens Industrial Energy Solutions (Pty) Ltd gehou sal word en aan die Bevoegde Gesag voorgelê sal word vir hul besluit oor die aansoek. Persoonlike inligting kan ook aan 'n Appellant en aan derdeparty-ouditeure beskikbaar gestel word. NM10071844-WU150926
We distribute 15 000 copies to Atlantis and surrounds every second Tuesday. Call me now to book your next advert Yvette Smith 082 482 1117 yvette.smith@novusmedia.co.za NM10073431-WU150926
15 September 2026 | Bladsy 8
B. Boys plant uitklophou Albatrosse se vlerke geknip David Rossouw
T
erwyl Vredenburg en St. Helenabaai op Saterdag 5 September om die tweede posisie baklei het, het Saldanhabaai laasgenoemde twee van die pawiljoen af dopgehou.
Die Albatrosse, wat verlede Saterdag met Saldanhabaai in die Saldanha Transnet-stadion afgereken het, het hulle ongelukkig teen Vredenburg vasgeloop en die Albatrosse se vlerke is kortgeknip. Die Albatrosse, wat vinnig ’n voorsprong van 17-6 opgebou het, is stadig deur Vredenburg tot oorgawe gedwing ná goeie spel deur voor- en agterspelers en die telling tot 20-17 opgeskuif het. In die tweede helfte het Vredenburg se Burg Boys die uitklophou geplant en die wedstryd met 49-34 belink. Met dié oorwinning het Vredenburg seker gemaak die Albatrosse se stervere in hul stryd om die tweede posisie is uitgepluk. SALDANHABAAI-TITEL VERSEKER Saldanhabaai, wat sy wedstrydverpligtinge op Saterdag 29 Augustus voltooi het, is nou verseker van die titel vir ’n tweede agtereenvolgende jaar en kan nou op voorbereiding vir die Top-12-uitspeelwedstryde konsentreer. Porterville se poging oorkant die N7 het ook op ’n einde gekom toe Abbotsdale Lillies die
tweede posisie syne gemaak het. In die Swartwes-streekuitdaag het Young Eales, Coronations, Voorberg en Darling Young Tigers tot op die laaste vir die eerste en tweede plekke baklei. Young Eagles, wat op Saterdag 29 Augustus sy bepalings in die Swartwes-streekbekerkompetisie voltooi en die eerste plek ingeneem het, het angstig gesit en gewag om te kyk wat tussen Coronations en Voorberg op Saterdag 5 September gebeur. VROUE MAAK HUL MERK ’n Verloor teen Voorberg sou beteken het dat Eagles die streekuitdaagbeker wen. Dit het ongelukkig nie so uitgewerk nie – Coronations het sy laaste wedstryd teen Voorberg met 40-19 gewen, die beker voor Eagles se neus weggeraap en die Swartwes-streekuitdaagtitel syne gemaak. In die Top-8-vroue-afdeling het Malmesbury Daisies en Mamre Vroue gekwalifiseer en hulle sal die Swartland verteenwoordig. Met die laaste wedstryde afgehandel, kan die 2026-SanlamBoland-Top-12-kandidate van die ses streke bevestig word. Mamre het in sy laaste wedstryd gelykop teen die Swartland-kampioen Wesbank gespeel (28 elk) en in die vyfde plek geëindig. Young Hearts, wat ook in die vyfde plek in die Weskus-streek geëindig
Roaul Stubbs op pad om Mamre se derde drie in sy span se laaste ligawedstryd teen Wesbank te druk. Foto: David Rossouw
het, het die Cove in hul laaste ligawedstryd 22-10 in ’n wegwedstryd geklop. Grootuitdaagbekerkwalifiseerders: Breë Langeberg: Robertson, Villagers Worcester. Noord-Weste: Invincible, Delicious Noordwes.
Overberg: Hawston, Safcol United. Swartland: Wesbank, Abbotsdale. Weskus: Saldanhabaai, Vredenburg. Witsentraal: Roses United, Bella Vista. Swartwes-streekuitdaag-
beker: Coronations, Young Eagles. Top-8-vrouespanne: Walkerbay (Hermanus), Central Wolves (Wellington), Mamre, Roses United (Wellington), Daisies (Malmesbury), Agulhas Giants (Bredasdorp), Warriors Worcester en Young Goodhopes (Ceres).
Saxonsea wen derby teen Hermeslaan die derde keer David Rossouw
Twee Hermeslaan-spelers probeer ’n Saxonsea-speler stuit voordat hy die doellyn oorsteek, maar is te laat. Foto: David Rossouw.
Die Saxonsea- en Hermeslaan- primêre skolederby is drie jaar gelede deur Gary Markus, die skoolhoof van Saxonsea, en Kurt Julius, die sportkoördineerder by Hermeslaan, ingestel. Die 2026-byeenkoms, wat deur Saxonsea aangebied is, het op Dinsdag 26 Augustus begin met die WOW-telfees in die Saxonsea-skoolsaal. Hermeslaan het die eerste plekke in grade 4, 5 en 7 behaal, terwyl Saxonsea graad 6 gewen het. In sokker het Saxonsea twee afdelings gewen en een gelykop gespeel. In ringbal het die skole elk een wedstryd gewen. Die skaakwedstryd het met 4-4 geëindig. In die netbalwedstryd tussen die opvoeders het Saxonsea met 4-1 gewen, terwyl Hermeslaan die vlugbalwedstryd met 2-0 gewen het. Saterdag het die leerders, opvoeders en ouers by die Saxonsea-sportterrein vir die netbal- en rugbywedstryde byeengekom. Hermeslaan het vier van die ses netbalafdelings gewen, teenoor Saxonsea se twee. In rugby het Hermeslaan die o.7- en o.9-afdelings gewen, terwyl die o.8-wedstryd gelykop geëindig het. Saxonsea het die o.11en o.14-afdelings in die 7’s gewen. Die hoofwedstryd tussen die o.13-rugby-
spanne het met ’n drie deur Saxonsea begin. Die doelskop was mis. Hermeslaan het kort voor rustyd gelyk gemaak (telling 5-5). Saxonsea het in die tweede helfte verdedigend sterk gestaan, terwyl Hermeslaan verskeie aanvalle afgestuur het. Geen span kon in die res van die tweede helfte weer punte aanteken nie en die wedstryd het 5-5 geëindig. Die wedstryd is die eerste keer in die driejarige geskiedenis van die derby in ekstra tyd beslis. Saxonsea het in die laaste minute ’n drie gedruk om die wedstryd te wen en sy derde derbytitel te verseker. Uitslae: WOW-telfees: Hermeslaan 3-1 op grond van eerste plekke in gr.4-7. Sokker: o.10: Gelykop 1-1; o.12: Saxonsea 7-0; o.14: Saxonsea 2-1. Ringbal: Meisies: Hermeslaan 8-2; seuns: Saxonsea 8-4. Vlugbal; onderwysers: Hermeslaan 2-0. Skaak: Gelykop 4-4. Netbal: o.8: Hermeslaan 4-1; o.9: Hermeslaan 2-3; o.10: Saxonsea 17-3. o.11: Saxonsea 9-0; o.12: Hermeslaan 10-14; o.13: Hermeslaan 24-3. Rugby: o.7: Hermeslaan 25-10; o.8: gelykop (15 elk); o.9: Hermeslaan 15-10; o.11: Saxonsea 17-7; o.14 (7’s): Saxonsea 26-24; o.13: Saxonsea 10-5.