Glenda en Faried Peter sen, die ouers van die vermoorde Gavin Peter sen, sê hulle vergewe Adrian Davids, ook bekend as “Apah”. Volgens die ouers het hulle verlede week met Davids vergader omdat hy volgens hulle om verskoning wou vra.
Davids het ’n staatsgetuie geword en is nie van die moord op Chalie Pellis en Petersen, wat op 21 Augustus 2024 doodgeskiet is, aangekla nie.
Volgens Glenda, Gavin se ma, het sy vrede gemaak, want om nie te vergewe nie, gaan nie haar kind terugbring nie, het sy emosioneel vertel. “Ek sal gewis nie kan vergeet nie, maar een ding is seker: ‘Apah’ het nie die volle waarheid aan ons vertel nie, maar vir daarvoor sal hy self eendag verantwoording moet doen.”
Volgens Glenda is daar nog baie onduidelikhede in sy weergawe van die gebeure. “Hy het verby ons huis gehardloop. As hy so onskuldig was, hoekom het hy nie hier ingehardloop nie?” wou sy weet.
“Indien hy regtig geen aandeel in die voorval gehad het nie, hoekom het hy hom in Mitchells Plain gaan wegsteek? Daar is net te veel wat nie sin maak nie,” het sy vertel terwyl die trane vlak in haar oë sit.
Volgens Glenda het hy al die kanse gehad om na die polisie te gaan, maar hy het nie. In plaas daarvan het hy ook voordeel gekry uit die goed wat gesteel is en dit het die woede in haar laat oorkook – bloot omdat hy nie die waarheid praat nie en misdaad probeer wegsteek, verduidelik sy. “Ek en my familie dien ’n lewende God. Ek hoop net hy en sy familie doen dit ook. Wat ons nou ook al doen, gaan nie ons kind terugbring nie,” snik sy. “Ek het hom gevra hoekom hy nie na die naaste polisiekantoor toe gegaan en gaan sê het wat gebeur het nie terwyl ons dag en nag steeds seer, pyn, woede en haat ervaar, en bly wonder wat daartoe gelei het dat my kind
‘Maar
Gavin onskuldig so koelbloedig doodgeskiet moes word. O, ek het daai mense gehaat; regtig gehaat. Ek het gevoel as ek net weet wie hulle regtig is, sou ek dalk iets gedoen het om daai moordenaars self te laat doodmaak. Maar toe het die Here se stem gekom: ‘Ek gaan jou stryd stry’.
“Die Here bly die Here. Ons familie is dankbaar – dankbaar vir die gebede
van familie, vriende en kennisse wat ons deurdie moeilike tyd gedra het. Die Here het my gebed verhoor. Ek het Hom gevra dat 2026 die jaar moet wees waarin daai moordenaars boet en die saak afgehandel word.
“Apah (Adrian), ek vergewe jou. Ek weet dit gaan nie my kind terugbring nie, maar jy moet die Here om vergifnis vra,” het Glenda afgesluit.
“DIE HERE BLY DIE HERE. ONS FAMILIE IS DANKBAAR –DANKBAAR VIR DIE GEBEDE VAN FAMILIE, VRIENDE EN KENNISSE WAT ONS DEURGEDRA HET IN DIE MOEILIKE TYE WAAR ONS DIE HOF MOES INEN UITGAAN. DIE HERE HET MY GEBED VERHOOR. ”
Faried en Glenda Petersen, die ouers van die vermoorde Gavin Petersen, het vergewe, maar kan nie vergeet. Foto: Murphy Roberts
Die toneel wat die familie altyd sal bybly.
Charlie Pellis en Gavin Pietersen.
Nog g’n einde aan skietery in A’lantis
Murphy Roberts
Terwyl baie betogings reeds gehou is en bendebase gevra is om op te hou, duur die skietery steeds voort.
In die jongste voorval is ’n jongman verlede Sondagaand (5 Junie) langs die Mamre/Darling-pad doodgeskiet.
Volgens kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, is geen verdagtes al aangekeer nie. ’n Betroubare bron het gesê die oorledene is vermoedelik na die toneel geneem en met twee kopskote “tereggestel”.
Munro sê die liggaam is die volgende oggend ontdek. Sy het bevestig die oorledene is op die toneel dood verklaar.
Volgens Munro is verskeie ander voorvalle aangemeld waar niemand beseer is nie. Volgens Peter Stoffberg, ’n gemeenskapsaktivis, sal meer drasties opgetree moet word en dié wat sulke opdragte gee, moet ook geteiken word.
Volgens hom het die dorp ’n spesialiseenheid nodig om bendeverwante sake te ondersoek.
WeskusNuus het by ’n speurder, wat groot sukses in Atlantis behaal het en bendeleiers in verskillende sake tot meer as 1 500 jaar tronkstraf laat kry het, gaan kers opsteek.
Atlantis het jare gelede geskiedenis gemaak deur die eerste suksesvolle saak
Die liggaam van ’n jong man is Maandagoggend in dié bos aangetref nadat hy op vermoedelik “teregstellende wyse” doodgeskiet is. Foto: Murphy Roberts
ingevolge die wet teen georganiseerde misdaad (POCA) suksesvol in die hooggeregshof te bring.
16 BENDELEDE DESTYDS TRONK TOE
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het 16 lede van die Fancy Boys-bende aan verskeie ernstige misdrywe skuldig bevind, waaronder moord, poging tot moord, dwelmhandel, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en oortredings
Drie mans in Atlantis ná
vinnige jaagtog vasgetrek
ATLANTIS – Drie mans sal binnekort in die Atlantis-landdroshof verskyn nadat hulle Saterdagoggend (11 Julie) ná ’n jaagtog vir die onwettige besit van ’n vuurwapen in hegtenis geneem is nadat die polisie hulle vinnig ingehaal het. Volgens die Wes-Kaapse polisie het lede van Atlantis-polisie se misdaadvoorkomingseenheid ’n verdagte voertuig omstreeks 07:45 in Dassenbergweg opgemerk.
Toe die polisie die bestuurder beveel om stil te hou, het hy glo geweier en weggejaag. ’n Jaagtog het gevolg, waartydens polisielede gesien het hoe ’n vuurwapen uit die voertuig gegooi word. Die voertuig is kort daarna tot stilstand gebring. Die drie insittendes is na die plek geneem waar die vuurwapen weggegooi is en in hegtenis geneem. Die polisie het op die vuurwapen en die voertuig vir verdere ondersoek as bewysstukke beslag gelê.
Die drie verdagtes sal na verwagting binnekort in die Atlantis-landdroshof op
Recognise these guys?
Atlantis police appeal to anyone who recognises these two males (pictured) to come forward with the information to help in the investigation of a business robbery at Saxonwold supermarket, Atlantis and the arrest of the suspects. Contact officer Allo Hendricks on 082 469 7017, 0860 01011 or 021 571 8500.
aanklag van die onwettige besit van ’n vuurwapen verskyn.
Intussen het Operasie Restore ook die afgelope naweek tot verskeie ander inhegtenisnemings in die Kaapse metropool gelei.
In Kraaifontein is twee mans, onderskeidelik 49 en 41 jaar oud, in afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem nadat die polisie dagga, tik, mandrax, ecstasy en kontant wat vermoedelik uit dwelmhandel afkomstig is, tydens klopjagte gevind het.
In Delft is ’n 20-jarige man aangekeer nadat hy na bewering in die besit van ’n nagemaakte vuurwapen en ammunisie betrap is.
In Samora Machel is ’n 21-jarige man in hegtenis geneem nadat die polisie op ’n voorraad bier en appelwyn (cider) beslag gelê het. Hy kon na bewering nie ’n geldige dranklisensie toon nie en word daarvan verdink dat hy alkohol onwettig verkoop het.
van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Wet 121 van 1998; ook POCA genoem).
Dit was ’n baanbrekersaak omdat die staat nie net die beskuldigdes vir individuele misdade vervolg het nie, maar ook bewys het hulle het as ’n georganiseerde misdaadbende opgetree. Dit het die suksesvolle toepassing van POCA teen ’n hele bende moontlik gemaak. Die skuldigbevindings het die kern van die Fancy
Boys-bende “vernietig” en POCA-vervolgings teen volledige bendestrukture het daarna al meer algemeen geword. Twee vermeende huurmoordenaars van die 28’s-bende, Craig Hendricks en Zayne Booysen, is in die Wes-Kaapse hooggeregshof aan twee beplande moorde skuldig bevind, asook aan ’n oortreding van artikel 9(1)(a) van POCA, wat lidmaatskap van ’n misdaadbende strafbaar maak. Albei is drie keer lewenslank tronk toe gestuur en tot nog 80 jaar gevonnis. Die NVG het dit as nog ’n belangrike sukses in die stryd teen bendegeweld in Atlantis beskryf.
Die leier van die G Units en vier ander is vir ongeveer 200 jaar tronk toe gestuur in nog ’n saak wat ’n bende vernietig het.
POCA is moeilik om te bewys. Die staat moet nie net bewys dat iemand ’n ernstige misdaad gepleeg het nie, maar ook dat hy of sy lid was van ’n misdaadbende soos omskryf in die wet.
Daarom word baie bendelede vir moord, dwelmhandel of vuurwapenmisdrywe vervolg sonder dat POCA-aanklagte bygevoeg word. Die gebruik van POCA in Atlantis het hoofsaaklik op drie gebiede gefokus – die vervolging van bendelede vir deelname aan ’n misdaadorganisasie, verbeurverklaring van geld en ander bates wat uit misdaad verkry en die teiken van georganiseerde dwelmhandel en geweldsmisdaad was.
Twee jongmanne sit self skouer aan die wiel
Murphy Roberts
“Ons probeer net ’n verskil maak en hoop ons kan werk vir onsself skep.” Dit is die woorde van twee jongmanne van die bendegetreisterde Sherwoodpark. Volgens Shogan Braaf en Jameel Leonard was hulle eers vier wat een oggend op die hoek van die landjie grond gestaan en besluit het hulle kan dit mos bewerk en mooi maak. Volgens Braaf en Leonard het die ander twee intussen werk gekry en gaan hulle maar voort.
“Ten spyte van baie uitdagings het die polisie ons reeds verskeie kere kom skud en sê ons steek vuurwapens en dwelms hier weg. Ja, hier is baie aktiwiteite, maar nie almal is bendelede nie,” vertel hulle. “Ons moes ook reeds verskeie kere vir die koeëls koes, maar dit motiveer ons net meer om ’n verskil te maak. Ons gemeenskap ondersteun ons en baie
van die plante kom reeds uit die gemeenskap,” vertel die twee trots. “Ons leen hier en daar gereedskap,”sê hulle en wys na die stukkende kruiwa waarmee hulle sukkel.
Volgens die wykraadslid Moosa Raise was hy reeds in kontak met die manne en kyk na maniere hoe hulle bygestaan kan word.
Volgens Moosa gaan hy die span met behoorlike gereedskap help en kyk hoe die stad die twee kan bystaan.
Volgens die subraad 1-voorsitter Allister Lightburn is dit ’n riem onder die hart om te sien hoe dié twee jongmanne ’n verskil in hul omgewing maak. Lightburn erken die gebied het baie probleme met bendegeweld en sê dit is net om die draai waar die 15-jarige Nikita onlangs doodgeskiet is.
“Ek sal ook toesien dat organisasies die groep ondersteun.”
Die pistool wat deur die Atlantis-polsie afgevat is.
Shogan Braaf en Jameel Leonard probeer n verskil maak in die bende geteisterde Sherwoodpark. Foto: Murphy Roberts
Stad kry eerste stil elektriese bus
Murphy Roberts
Kaapstad se eerste batteryelektriese MyCiTi-bus is op die stad se paaie vir toetsritte – ’n belangrike stap in die Stad se plan om sy openbare vervoerstelsel geleidelik meer omgewingsvriendelik te maak.
Die prototipebus het onlangs uit Johannesburg aangekom, waar die busrompe vir die nuwe MyCiTi-vloot vervaardig word. Die bus sal oor die volgende paar weke op verskeie roetes getoets word om vas te stel hoe dit onder Kaapstad se uiteenlopende rytoestande presteer voordat dit vir passasiersdiens oorweeg word.
Volgens die Stad is die elektries aangedrewe bus ’n belangrike mylpaal vir die MyCiTidiens, wat al 16 jaar in bedryf is.
“Die aankoms van ons eerste elektriese bus is ’n belangrike hoogtepunt in hierdie reis en ondersteun ons oorgang na ’n skoner en meer volhoubare openbare vervoerstelsel, wat nie net goedkoper is om te bedryf en te in stand te hou nie, maar ook meer bestand is teen uitdagings in die energiemark,” sê die burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, die raadslid Rob Quintas.
Die toetsritte sluit roetes soos Hospitaaldraai, die N2, Kampsbaai, Polkadraaiweg en Jip de Jager-rylaan in. Die Stad wil
bepaal hoe die bus teen steil opdraandes en afdraandes, in spitsverkeer, tydens gereelde stop-en-ry-verkeer en oor langer afstande vaar.
Benewens die bus se ryverrigting sal die toetse ook die battery-doeltreffendheid, energieverbruik, laaitye en die invloed van Kaapstad se klimaat evalueer. Die bevindings sal gebruik word om beplanning vir laaistasies, instandhouding, bestuurderopleiding en die uiteindelike ontplooiing van die vloot te verfyn.
EERSTE VAN 38
Die elektriese bus is die eerste van 38 battery-elektriese busse wat deel is van die uitbreiding van die MyCiTi-diens na die metro se suidoostelike gebiede. Die res van die vloot sal na verwagting later vanjaar afgelewer word.
Volgens Quintas is die nuwe 12 meter lange Volvo BZRLEbusse die eerste MyCiTi-busse waarvan die romp in SuidAfrika ontwerp en plaaslik in Gauteng vervaardig is.
Die beoogde elektriese vloot sal uiteindelik op roetes tussen Mitchells Plain en Khayelitsha, Wynberg en Claremont asook binne die Kaapstadse middestad ingespan word. Indien die projek volgens skedule verloop, sal die eerste elektriese busse mense van Julie 2027 af vervoer.
Die toetsprogram word in samewerking met die Universi-
Lindy de Wet Principal Property Practitioner Registered with the PPRA BTech: (Logistics), MIEA, MPRE 072 497 5744 Professional Fee: 5% Commission NM10065524-WU140726
teit van Kaapstad uitgevoer en deur die Stad Kaapstad gefinansier, met ondersteuning van ’n toekenning van die Urban Electric Mobility Initiative.
BEDRYFSDATA INGESAMEL
Quintas sê die navorsing sal die Stad help om beter te verstaan hoe die elektriese busse onder plaaslike omstandighede presteer en watter uitdagings aangedurf sal moet word voor-
“Hierdie inligting sal verseker dat ons goed voorbereid is vir die bekendstelling van elektriese busse in die geskeduleerde passasiersdiens. Die bedryfsdata sal die suksesvolle ontplooiing van die elektriese vloot ondersteun en toekomstige beleggings in uitlaatvrye openbare vervoer help rig, terwyl ons voortgaan om Kaapstad aan die beweeg te
hou,” sê hy. Hoewel die prototipe nog nie deel van die geskeduleerde passasiersdiens is nie, sal inwoners dit gedurende die toetsfase op verskeie roetes in en om die stad kan sien. Die Stad beklemtoon dat die uitbreiding van sy battery-elektriese busvloot steeds ’n langtermyndoelwit is. Verdere aankope hang egter af van finansiering deur die nasionale regering.
West Coast College hereby invites prospec�ve and exis�ng suppliers to register and update their details on the Na�onal Treasury Central Supplier Database (CSD). In line with Na�onal Treasury requirements, West Coast College will only conduct business with suppliers who are registered on the Central Supplier Database (CSD).
Requirements for Registra�on:
1. All prospec�ve suppliers must register on the Na�onal Treasury Central Supplier Database (CSD) by visi�ng the CSD portal.
2. Suppliers already registered on the CSD are encouraged to ensure that their company informa�on, banking details, tax compliance status, and contact informa�on are current and accurate.
3. Suppliers wishing to be included on the West Coast College supplier database may be required to submit the following documenta�on:
• Company registra�on documents
• Proof of registra�on on the CSD
• Valid SARS Tax Compliance Status (TCS)
• Cer�fied bank account confirma�on le�er or banking confirma�on document
• Cer�fied copy of the owner's or director's iden�ty document
• Any other suppor�ng documents relevant to the goods or services offered
Documenta�on and further informa�on may be obtained from: Ms Myrna Parenzee or Ms C. de Villiers Tel: 022 482 1143 Email: mparenzee@westcoastcollege.co.za or cberlin@westcoastcollege.co.za
Alterna��ely, documents may be downloaded from the West Coast College website: www.westcoastcollege.co.za
*West Coast College reserves the right to verify all informa�on submi�ed. Registra�on on the supplier database does not guarantee inclusion on any procurement list, nor does it cons�tute a commitment by the College to procure goods or services from any registered supplier NM10065226-WU140726 Dr Gavin Breeds OBSTETRICIAN
Die burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, die raadslid Rob Quintas, by Kaapstad se battery-elektriese MyCiTi-bus.
It was a night for service groups
David Rossouw
On Monday evening, 29 June, at Avondale Primary School Danny Pietersen was inaugurated for the third consecutive time as president of the Rotary Club of Atlantis, marking his fourth overall term since first taking office in 2019.
At the same ceremony Jordan Petersen was also inducted as the new president of the Rotaract Club of Atlantis, an affiliate of the Rotary Club of Atlantis. Rotaract places a strong emphasis on self-development and measurable projects within local communities. Its work typically includes humanitarian initiatives aligned with Rotary’s seven global focus areas: basic education and literacy, environmental protection, maternal and child health, and peacebuilding and conflict resolution. Rotaract also offers opportunities for personal and professional growth, with a particular focus on leadership development and public speaking. Members build bridges across cultures and promote international understanding, contributing to global peace and solidarity.
Danny Pietersen, retired principal of Reygersdal Primary, has spent the past eight years tirelessly with NPOs, NGOs and community organisations to improve living conditions in Atlantis, Mamre, Pella, and Witsand.
On the evening both Rotary and the Rotaract Club of Atlantis recognised organisations and individuals who have made a difference in their communities, not only improving social conditions but also fostering development. “Working
alongside people and organisations that make a difference in their communities shows not only there are those who care for our residents,” Pietersen said at the event, “but they also want to see progress.
VARIOUS PROJECTS
A slideshow presentation highlighted various projects undertaken by the two clubs. The distinction between Rotary, Rotaract, and another service-related club, Interact, lies mainly in the age groups and focus of their involvement. Residents interested in joining a local Rotary and Rotaract, or Interact, for that matter, or simply to observe their work, are encouraged to connect with them in the town. The Rotary Club of Atlantis meets on Thursdays at 18:30 at the Rebecca van Amsterdam Hall in Protea Park, where projects and activities are discussed.
The evening concluded with the Four–Way Test, Rotary’s ethical framework used to evaluate decisions and actions. It asks four simple questions applicable to any situation:
• Is it the truth?
• Is it fair to all concerned?
• Will it build goodwill and better friendships?
• Will it be beneficial to all concerned?
This test reflects Rotary’s commitment to honesty, fairness, friendship and service, that projects are pursued with integrity and ensure community well-being. The proceedings ended with a three-course dinner, at which Rotarians exchange valuable ideas and proposals, opening new possibilities for future community projects.
Most entreprising chosen
Gift Stemela, a West Coast College student from the Atlantis Campus, took top honours in the Innovative Business Idea category in the Allan Gray Inspire Inter-Campus Entrepreneurship Competition held in Malmesbury on 10 June.
The competition brought student entrepreneurs from across West Coast College’s campuses together, with 107 entries received this year, more than double the number submitted in 2025. Following preliminary rounds 26 students were selected to pitch their business ideas and existing enterprises at the inter-campus event.
Stemela’s achievement was one of several successes for Atlantis Campus.
In the General Business category, Cheneal Vember (Atlantis Campus) secured third place, while Alfred America (Vredenburg Campus) and Anothando Jubase (Malmesbury Campus) placed second and third respectively behind overall winner
Bianca Felix (Malmesbury Campus).
In the Innovative Business Idea category, Stemela was followed by Alfred America (Vredenburg Campus) and Anothando Jubase (Malmesbury Campus).
Karabelo Frans Borokelo (Vredendal Campus) won the Tech Business category, ahead of Khanyisa Mantshi (Malmesbury Campus) and Sanele Mingane (Vredenburg Campus). Simiso Biyela (Vredenburg Campus) was recognised in the Trade Business category.
The top two competitors in each category will advance to the regional competition at Northern Cape Rural TVET College in Upington on 7 August, where they will represent West Coast College against entrants from across the region.
Riaan Hoffman, deputy principal for Partnerships, Innovation and Development at West Coast College, said the institution aims to develop both employable skills and entrepreneurial thinking among students. He said the college remains committed to supporting entrepreneurship and helping students build sustainable businesses.
Behind (from left) are Karabelo Borokelo (Vredendal Campus), Alfred America (Vredenburg Campus), Sanele Mingane (Vredenburg Campus), Khanyisa Mantshi (Malmesbury Campus), Simiso Biyela (Vredenburg Campus), Shane Lawrence (Vredenburg), Nico Zeelie (West Coast College Entrepreneurship Manager) and Riaan Hoffman (West Coast College Deputy Principal: Partnerships, Innovation and Development). In front (from left) are Cheneal Vember (Atlantis Campus), Bianca Felix (Malmesbury), Anothando Jubase (Malmesbury Campus), Gift Stemela (Atlantis Campus) and Felicia Mngxekeza (West Coast College Entrepreneurship Coordinator).
Frederik Jansen (Melkbos president), Anton Lubbe (District Governor 9350), Danny Pietersen (Atlantis president) and Jordan Petersen. Photo: David Rossouw
The judges in this year’s Allan Gray Inspire Inter-Campus Entrepreneurship Competition make their selections from the presentations of participants last Wednesday in Malmesbury.
One of the contestants, Alfred America, a top 10 competitor, pitches his innovative business idea to the judges for the Allan Gray Inspire Inter-Campus Entrepreneurship Competition on Wednesday 10 June in Malmesbury.
Bestuurder steeds borgtog geweier
Murphy Roberts
Sy het haar sesjarige verjaarsdag op 17 Junie in die paradys gevier “terwyl ons reeds beplan het hoe sy haar klasmaats op dié dag gaan bederf”, vertel die ma van Lemicah Galant, wat vroeër vanjaar in ’n motorongeluk dood is.
Volgens die emosionele Mickayla Galant, Lemicah se ma, sukkel die familie steeds om haar lieflingkind se dood te verwerk.
Diego Stevens (33), die bestuurder van die motor wat blykbaar Lemicah se dood veroorsaak het, het die afgelope Woensdag (8 Julie) in die hof verskyn en die saak is tot 14 Augustus vir uitstaande toetsuitslae uitgestel.
WeskusNuus het vertroulik verneem Stevens en sy regsverteenwoordiger wil nou beweer Mickayla was nooit ná die ongeluk op die toneel nie, en sê sy was by die werk.
“Ek het onlangs eers werk gekry en ten spyte daarvan het ek die laaste verskyning bygewoon,” vertel sy woedend en emosioneel. “Dit is die soort optrede wat dit vir my as ma nog moeiliker maak om my kind se dood te verwerk.”
Stevens, wat in Maart borgtog geweier is, het tydens sy borgtogaansoek getuig, maar wou nie aan die hof sy weergawe vertel van die gebeure op
en vriende by die hofuitspraak waar borgtog aan die bestuurder geweier is.
die noodlottige oggend nie. Hy het in sy borgtogaansoek gesê hy is ’n mense-mens, maar hy kon niemand in die oë kyk nie. Stevens het egter volgehou dat hy nie Galant se dood veroorsaak het nie. “Dit was ’n ongeluk,” het hy gesê.
Die verdedigingsadvokaat en die staatsaanklaer wou by hom weet of hy enigiets vir die oorledene se familie te sê het,
Diego Stevens beweer hy is ’n “mensemens”, maar kon niemand in die oë kyk.
waarop hy “nee” geantwoord het. Die verdediging het ook ’n petisie met meer as 200 handtekeninge ingedien, waarin familie en vriende van Stevens vra dat hy op borgtog vrygelaat word. Luidens die petisie is die verdagte “’n mense-mens”, maar die staat het geantwoord dat hy die teenoorgestelde wys deurdat hy geen berou toon nie.
Volgens sers. Ello Hendricks, die ondersoekbeampte, verkeer die verdagte in lewensgevaar omdat familie en vriende van die oorlede kind gesê het hulle sal die reg in eie hande neem indien Stevens borgtog kry. Mickayla Galant sê sy het vertroue in die regstelsel nadat die bestuurder wat haar kind na bewering doodgery het, borgtog geweier is.
Mickayla Galant verlede maand by Lemicah se klasmaats by wat haar oorlede kind se sesde verjaarsdag sou gewees het. Foto’s: Murphy Roberts
Familie
Metro-polisie se berede eenheid stel kinders aan perde bekend
Só werk strafsake op pad hof toe
Murphy Roberts
Vertragings in strafsake bly ’n bron van frustrasie vir baie inwoners, maar kapt. Lisa Munro sê die publiek moet besef elke ondersoek is uniek en samewerking uit die gemeenskap vervul ’n belangrike rol om te verseker dat (hof-)sake doeltreffend vorder.
Volgens Munro bied elke strafsaak sy eie uitdagings. Terwyl sommige ondersoeke ingewikkelde forensiese ontleding vereis, hang ander af van die verkryging van verskeie getuieverklarings of die opspoor van mense met belangrike inligting. Ondersoeke sonder verwante, betroubare en bruikbare inligting kan aansienlik langer neem om af te handel.
Munro het beklemtoon ondersoekbeamptes maak in ’n groot mate staat op die hulp van die gemeenskap. Wanneer getuies huiwerig is om na vore te kom, inligting onvolledig is of sleutelmense nie opgespoor kan word nie, word ondersoeke dikwels vertraag. Gemeenskapsdeelname is daarom noodsaaklik om strafsake te versterk en te help om dit vinniger deur die strafregstelsel te laat beweeg.
Buiten die ondersoekfase kan sake ook vertragings ondervind nadat dit vir vervolging oorhandig is. Voordat ’n saak hof toe kan gaan, moet aanklaers seker maak hulle het voldoende bewyse om ’n suksesvolle vervolging te ondersteun. Dit kan vereis dat ondersoekbeamptes verdere getuieverklarings moet bekom, bykomende ondersoeke moet doen of eers vir uitstaande forensiese verslae moet wag, het sy gesê. Munro het ook daarop gewys die beskik
Kapt. Lisa Munro, ’n kommunikasiebeampte, sê samewerking deur die gemeenskap is van kardinale belang. Foto: Murphy Roberts
baarheid van howe, getuies, agterstande en regsprosedures kan ook ’n invloed hê op hoe vinnig strafsake afgehandel word. Dit is alles deel van die breër strafregstelsel en is buite die beheer van ondersoekbeamptes. Munro het gemeenskapslede, wat meen ’n saak vorder nie soos dit behoort nie, aangemoedig om hul bekommernisse eerstens met die ondersoekbeampte te bespreek. Indien hulle steeds ontevrede is, word hulle aangeraai om die saak na die stasie of speurtakbevelvoerder te neem. Só ’n betrokkenheid vorm ’n belangrike deel van aanspreeklikheid en help om te verseker dat sake die nodige aandag geniet. Munro het beklemtoon nie een enkele rede vir vertragings bestaan nie, omdat elke strafsaak verskil. Die polisie hou egter vol dat misdaadbekamping ’n gedeelde verantwoordelikheid is wat die werk van ondersoekbeamptes, aanklaers, gemeenskapslede en vennootorganisasies vereis.
Cancer gaming app brings health education to SA
As cancer diagnoses continue to rise in South Africa many cases are still detected too late, reducing treatment success and increasing the burden on patients, families and the health care system.
To help tackle this challenge, the Love Your Nuts Foundation is developing an innovative Cancer Gaming App that uses interactive, gamified learning to educate young people about cancer prevention, early detection and healthy lifestyle choices.
Founded by cancer survivor and advocate Torsten Koehler, the foundation is expanding its focus beyond testicular cancer awareness to provide engaging, medically reviewed education on multiple cancer types.
The app will feature quizzes, challenges and rewards designed to im
prove health literacy and encourage young people to recognise warning signs and seek medical advice early.
“We need to meet young people where they are, on digital platforms, and make health education something they actively engage with,” says Koehler.
The foundation plans to roll the platform out across schools and youth organisations in South Africa, with ambitions to expand across Africa and internationally. It is currently seeking Corporate Social Investment (CSI) and philanthropic partners to support the app's development and implementation.
“Our goal is to empower young people with knowledge that could one day save their life, or the life of someone they love,” Koehler said.
Die Stad Kaapstad se Metro-polisie-perde-eenheid het verlede kinders by die Wesfleur-biblioteek vermaak. Foto: Murphy Roberts
Die jongspan het gewys hulle is nie bang vir perde nie en die diere vrugte gevoer.
Amptenare van die perde-eenheid het kinders tydens die biblioteek se vakansieprogram oor perde ingelig.
Die Atlantis-polisie se span het ook jongmense van Mamre met sport en ander aktiwiteite besig gehou.
The Cancer Gaming App uses interactive, gamified learning to educate young people about cancer prevention.
Bou aan nalatenskap van vooruitgang deur dié kanale
WeskusNuus word uitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.
Die toekoms word nie oornag gebou nie – dit begin met ’n duidelike plan, goeie besluite en volgehoue belegging.
Verpreiding: 30 000 koerante per maand Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie.
Ware sukses word nie net gemeet aan sakegroei nie, maar ook aan die verskil wat dit in mense se lewens maak.
Landlyn 021 406 2063
Redakteur
Alida Buckle
Joernalis
Murphy Roberts
Nuuswenke
Weskus Nuus worduitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.
lewens waarop ons ’n positiewe invloed het.
Verpreiding: 30 000 koeranteper maand Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niksmagsonder skriftelike
toestemming gebruik wordnie.
Landlyn 021 406 2063
Die siviele infrastruktuur projek vir Sone 1 is ook suksesvol voltooi en is nou ’n belangrike deel van die Asez.
Smslyn 32467(R1 per sms)
Redakteur
Terwyl ons Nelson Mandela se verjaardag vier, bevestig ons opnuut ons verbintenis tot die lewering van goeie infrastruktuur, die skep van geleenthede, die bevordering van nywerheidsontwikkeling en om ’n sterker ekono mie vir toekomstige geslagte te help bou.
Advertensies
074 294 5435
alida.buckle@novusmedia.co.za
MarykeSwart022713 1066
Joernalis
074 768 4044 murphy.roberts@novusmedia.co.za
067 091 0618
ASEZ TALKS
- Matt Cullinan
Yvette Smith 022 713 1483 yvette.smith@novusmedia.co.za
Hierdie verbintenis kan gesien word in die betekenisvolle vordering van twee transformerende projekte wat die toekoms van die Atlantis spesiale ekonomiese sone (Asez) vorm.
LETTERS/BRIEWE
Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur.
Die Quantum V3 fasiliteit is nou 95% voltooi. Net die laaste afrondingswerk en nakomingsvereistes moet nog afgehandel word voordat die projek oorhandig word.
WeskusNuus subscribes to the Code of
Die projek het 209 werksgeleenthede geskep, waarvan 105 deur inwoners van Atlantis gevul is. Vroue en iemand met ’n gestremdheid is ook in diens geneem.
Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za
Dit wys dat ontwikkeling nie net gemeet word aan die infrastruktuur wat ons lewer nie, maar ook aan die
Leer nou om te begin geld spaar
Atlantis-inwoners word gedurende Spaargeldmaand in Julie aangemoedig om beter na hul geld om te sien deur eenvoudige spaargewoontes aan te leer en slim finansiële besluite te neem.
maryke.swart@media24.com
Plaaslike klein, medium en mikro ondernemings (KMMO’s) het 35% van die werk voltooi, wat beter is as die oorspronklike teiken van 30%.
MurphyRoberts074 768 4044
murphy.roberts@media24.com
Nuuswenke 067091 0618
Advertensies
Madelie van Tonder022713 1483 Madelie.Tolken@media24.com
Hierdie projek is meer as net bouwerk. Dit help om die plaaslike ekonomie te laat groei, ondersteun plaaslike sakeondernemings en skep geleenthede vir die gemeenskap.
Elke voltooide projek maak Atlantis sterker en dra by tot Suid Afrika se nywerheidsgroei.
Met die koste van kos, vervoer en ander huishoudelike uitgawes wat aanhou styg, kan selfs ’n klein bedrag wat gereeld gespaar word, help wanneer onverwagte uitgawes opduik.
LETTERS/BRIEWE Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur.
Terwyl ons Nelson Mandela se nalatenskap eer, erken ons dat ’n beter land deur dade gebou word. Deur in infrastruktuur te belê, plaaslike ondernemings te ondersteun en nuwe geleenthede te skep, verander die Atlantis spesiale ekonomiese sone planne in werklike resultate.
Saam bou ons nie net ’n nywerheidsone nie – ons bou ’n nalatenskap van vernuwing, inklusiwiteit en volhoubare groei, wat toekomstige geslagte sal bevoordeel.
Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, sê kennis oor geldsake help mense om beter besluite te neem.
“Finansiële geletterdheid help verbruikers om ingeligte besluite te neem. Wanneer mense verstaan hoe om te begroot, skuld verantwoordelik te hanteer en vir die toekoms te spaar, kan hulle hul finansies beter bestuur en hulself teen moeilike tye beskerm,” het hy beklemtoon.
• meer oor geldbestuur te leer. Spaar gaan nie net oor hoeveel geld iemand verdien nie, maar ook oor hoe geld bestuur word. Deur klein veranderinge aan te bring, kan gesinne meer finansiële sekerheid en minder stres oor geld ervaar.
Die Kantoor van die Verbruikersbeskermer help inwoners met inligting oor hul regte, hoe om finansiële swendelary te vermy en hoe om beter besluite oor geld te neem.
2 Distrikspos NUUS NEWS
Tot volgende keer, Matt
WeskusNuus word uitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.
Verpreiding: 30 000 koerante per maand
Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie.
Yvette Smith 022 713 1483 yvette.smith@novusmedia.co.za
LETTERS/BRIEWE Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur.
WeskusNuus subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za
Baie Suid-Afrikaners sukkel om geld opsy te sit en het nie genoeg spaargeld vir noodgevalle soos mediese kostes, verlies aan inkomste of onverwagte rekeninge nie.
Inwoners word aangemoedig om:
• ’n eenvoudige begroting vir elke maand op te stel;
• ’n klein bedrag geld gereeld te spaar – al is dit net ’n paar rand;
Hierdie Spaargeldmaand word inwoners aangemoedig om een klein stap te neem om hul finansiële toekoms te verbeter, soos om ’n begroting op te stel en streng daarvolgens te werk, onnodige uitgawes te sny of ’n klein bedrag elke maand te begin spaar.
“Spaar is nie ’n bedrag nie; dit is ’n gewoonte.”
• ’n noodfonds vir moeilike tye op te stel en eenkant te hou.
Weskus Nuus worduitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.
Verpreiding: 30 000 koeranteper maand Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niksmagsonder skriftelike toestemming gebruik wordnie.
• onnodige skuld en impulsiewe aankope te vermy; en
Die gemeenskap raak moedeloos wanneer hofsake maande, of selfs jare, neem om afgehandel te word.
Advertensies
Madelie van Tonder022713 1483
Vir slagoffers en hul families voel elke uitstel soos nóg ’n onreg.
Madelie.Tolken@media24.com
LETTERS/BRIEWE
• Die Wes-Kaapse regering sê hy bly verbind tot die bemagtiging van inwoners deur finansiële opvoeding en verbruikersbeskerming.
WeskusNuus subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za
Geregtigheid verg
spanwerk
Tog is dit belangrik om te onthou dat die polisie nie alleen verantwoordelik is vir hoe lank ’n saak duur nie. Ondersoeke verg getuies, bewyse en soms forensiese verslae. Daarna volg die vervolgingsproses, waar aanklaers en howe ’n rol speel.
Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur.
Die strafregstelsel bestaan uit baie skakels, en wanneer een daarvan vertraag raak, loop die hele proses stadiger.
Dit beteken egter nie die gemeenskap is magteloos nie.
In Atlantis, soos in baie ander gemeenskappe, is daar mense wat misdaad sien gebeur, maar uit vrees of wantroue
VACANCY QUALITY CONTROL INSPECTOR
QUALIFICATION REQUIREMENTS
• Grade 12/NQF4
EXPERIENCE
• Minimum 5years QC experience
• Computer literate (Fluent with Excel)
• Quality Training (QMS)
• Drafting & Updating of SOP’s
• Measuring Equipment Verification process
DESIRED CHARACTERISTICS
• Technical minded
• Strong Leadership
• Excellent Problem Solving, Communication & Report writing.
• Flexible/ All-Rounder
• Responsible and Reliable
• Dependable and punctual with excellent attendance record
verkies om stil te bly. Elke getuie wat nie na vore kom nie en elke stukkie inligting wat nie gedeel word nie, kan ’n ondersoek vertraag. Dit is ook belangrik dat inwoners hul regte uitoefen om oor sake navraag te doen. As ’n saak nie vorder nie, moet dit met die ondersoekbeampte bespreek word en, indien nodig, na die stasiebevelvoerder of speurtakbevelvoerder verwys word. Verantwoordbaarheid is deel van ’n gesonde regstelsel. Veilige gemeenskappe word nie net deur die polisie geskep nie. Dit verg die samewerking van inwoners, buurtwagte, skole, organisasies en die regstelsel. Wanneer almal hul deel doen, verbeter die kans dat geregtigheid nie net geskied nie, maar ook betyds geskied.
Spaar moet ’n lewenswyse word. Foto: Towfiqu Barbhuiya | Unsplash
Redaksionele kommentaar
David Rossouw
Agter elke jong, opkomende ster lê ’n reis van groei, geloof, dissipline, deursettingsvermoë en drome. Vir Savanah Johannes van Mamre was dit ook die geval, toe sy op ’n jong ouderdom die eerste keer met hokkie kennis gemaak het.
Dit wat bloot as pret by Van Riebeeckstrand Primêre Skool begin het, het later op hoërskool ’n ernstige sportloopbaan geword – ’n besluit wat haar vandag tot provinsiale vlak gedra het en wat haar tot op die rand nasionale roem kan lei. Savanah is die dogter van Helrica en wyle Heinrich Johannes, wat in 2015 in ’n motorongeluk oorlede is.
Sy en haar jonger broer, Benjamin, word met liefde deur hul ma en Myrna Johannes (ouma) grootgemaak en die hegte familieband het ’n groot rol in hul ontwikkeling vervul. Vandag, as ’n graad 10-leerder aan die Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl, balanseer Savanah akademie en sport met merkwaardige volwassenheid. Sy is onlangs vir die Boland-o.16A-hokkiespan gekies, wat van 6 tot 13 Julie aan die interprovinsiale toernooi (IPT) in KwaZulu-Natal deelgeneem het. Haar prestasie kan haar moontlik ’n plek in die Suid-Afrikaanse o.16-span verseker, wat in Augustus na Zimbabwe toer. Haar sportloopbaan het in 2017 op laerskool begin, waar sy reeds in graad 1 haar liefde vir hokkie ontdek het. Buiten hokkie het sy ook in netbal en atletiek uitgeblink, maar met haar toetrede tot
Johannes mik
hoërskool het sy besluit om haar volle aandag aan hokkie te wy – ’n besluit wat haar tot provinsiale vlak geneem het.
Hoewel sy hokkie aan die begin net as pret gesien het, het die hokkiegogga behoorlik gebyt en vandag id dit ’n groot deel van haar lewe
Buiten sport blink Savanah ook akademies uit en is bekend vir haar rustige geaardheid, dissipline en geloof, wat haar help om nederig en gefokus te bly.
Savannah droom groot
Hoop op Groen-en-Goud
spelers te mentor en eendag ’n entrepreneur te word – soos haar oorlede pa.
PRESTASIES EN TOEKOMSDROME
Haar persoonlike refleksies toon die diepte van haar dryfkrag. “My mikpunt om die SA o.16-hokkiespan te haal, sal net deur my beskermer bevestig word”. “Glo in jouself, want as jy in jouself glo, kan jy groter hoogtes bereik met God wat jou sal bystaan.”
“MY TALENT IS ’N GAWE VAN GOD EN EK PROBEER OM NET MY BESTE TE LEWER”
“My talent is ’n gawe van God en ek probeer om net my beste te lewer,” het Savanah aan WeskusNuus gesê.
Savanah se reis gaan nie net oor medaljes en wedstryde nie – dit gaan oor geloof, familie en die oortuiging dat selfvertroue en harde werk deure vir jou oopmaak. Sy droom daarvan om ná skoolbemarking en sportwetenskap te studeer en jonger
’N BRON VAN TROTS VIR MAMRE Savanah balanseer haar sportverpligtinge en akademiese verantwoordelikhede uitstekend en haar positiewe houding en vermoë om met almal oor die weg te kom, maak haar geliefd onder maats, onderwysers en afrigters. Mamre kan met reg trots wees op hierdie besondere jong sportmeisie wat nie net op die hokkieveld presteer nie, maar ook as mens ’n voorbeeld stel van deursettingsvermoë, nederigheid, geloof en toewyding. Haar vasberadenheid en karakter laat min twyfel dat sy verder in haar sportloopbaan kan vorder en haar droom binnekort sal bewaarheid om Suid-Afrikaanse kleure in haar ouderdomsgroep te verwerf.
Wat aanvanklik bloot as pret by Van Riebeeckstrand Primêre Skool begin het, het intussen tot ’n ernstige sportloopbaan ontwikkel – ’n besluit wat Savanah vandag tot op provinsiale vlak geneem het.
Ná die Interprovinsiale toernooi, wat gister (Maandag 13 Julie geëindig het, kan haar droom ’n werklikheid word wanneer die Suid–Afrikaanse o.16span, wat in Augustus na Zimbabwe toer, aangekondig word. Die Mamre-gemeenskap sal die spanbekendmaking met trots en afwagting volg.
Bruce-Lynne en Zintie wen Mamre-halfmarathon
David Rossouw
Ná ’n afwesigheid van ’n jaar het die Mamre-halfmarathon weer honderde atlete na dié dorp gelok.
Volgens Lesley Daniels, die voorsitter van die Mamreatletiekklub, is die marathon die afgelope ses maande fyn beplan.
“Dit was vir ons as reëlingskomitee een van die uitdagendste projekte wat ons in 2026 aangepak het,” het Daniels gesê.
Die byeenkoms moes verlede jaar weens ’n tekort aan deelnemers en borge uitgestel word, aangesien die aanbieding van ’n marathon groot finansiële steun verg.
Die klub het egter geglo indien meer as 500 atlete registreer, die byeenkoms volhoubaar sal wees.
“In 2024 was daar 345 deelnemers, maar hierdie jaar het ons 811 deelnemers gelok, wat die Mamre-Coca-Cola-halfmarathon oor 21,1 km ’n reusesukses gemaak het,” het Daniels gesê.
“En met plaaslike ondernemings en ’n lang lys vrywilligers, kon die 2026-wedloop as deel van die Coca-Cola-liga aangebied word. Van waar ons in 2024 slegs 345 deelnemers gehad het, het vanjaar se wedloop ’n rekordgetal van 811 deelnemers gelok.
“Danksy die steun van borge soos die departement van kulturele aangeleenthede en sport, die Metro- mediese nooddienste, Die Kaapse verkeersdienste, Mamre Sentrale Sslagtery, die Darling-slagtery, Darling Romery, Mini OK, die Contreberg-wynplaas, Darling Kelders, Ahlesa Blankets, Mr Bargain, Mr Dean-hardewarewinkel, Atlantis Boekwinkel, Westelike Provinsie-atletiekvereniging, Oakshield-sekuriteit, Mamre Primêre Skool, Reggie Adams en ander departemente van die Stad Kaapstad kon ons die Coca-Cola-liga-21,1-kmhalfmarathon in Mamre aanbied,” het Daniels gesê.
Die klub beplan reeds vir die 2027-wedloop en hoop om meer as 1 000 atlete te lok.
Behalwe die halfmarathon, was daar ook opwinding in die 5-km-pretloop vir familielede en ander wat nie lang afstand van die marathon wil trotseer nie.
Uitslae van die 21,1-km-halfmarathon:
Mans: Bruce-Lynn Damons (Tymebank) – 1:09:28
Mthandazo Qhina (Implats) –1:10:17
Kyle Bucklow (tydelik) –1:10:22
Vroue: Zintle Ziniwe (tydelik) –
1:29:29
Rozette van Stander (tydelik) – 1:29:43
Jenny Close (Cape Multisport) – 1:31:30
Die groot bywoning het weer eens die entoesiasme in die dorp bevestig. Dit toon dat die Mamre-halfmarathon, saam
met sy sportadministrateurs, die vermoë het om suksesvolle sportbyeenkomste aan te bied –veral met die ondersteuning van ’n gemeenskap.
Julie 2026 | Bladsy 8
Die Mamre-halfmarathonwenners saam met Lesley Daniels (MAK-voorsitter), Mthandazo Qhina (Implats), Bruce-Lynn Damons (Tymebank), Kyle Bucklow (tydelik) en Kailin Daniels. Foto: David Rossouw