Skip to main content

WeskusNuus E-Edition - 14 April 2026

Page 1


Verspreidingsgebiede: Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand

Geen borgtog vir suuraanvaller

Gemeenskapslede wat die slagoffer van ’n suur-aanval, Shaneka Johnson (25), ondersteun, was verheug nadat borgtog aan die verdagte geweier is. Foto: Murphy Roberts

15-jarige met pistool vas

‘Kinders deur bendes ingespan’

Lede van die misdaadvoorkomingspan van die Atlantis-polisie het Sondagmiddag 5 April omstreeks 22:00 patrollies in Bunting Crescent, Atlantis, uitgevoer toe hulle ’n verdagte met ’n vuurwapen opgemerk het.

Volgens die polisie het die lede misdaadvoorkomingspatrollie in Bunting-singel gedoen toe hulle ’n groep mense op die hoek opmerk. Toe die lede naderkom, het een op die vlug probeer slaan.

Een polisielid het die vlugtende agternagesit en hom weens ’n 9-mm-pistool in sy besit in hegtenis geneem.

Die 15-jarige het op Dinsdag 7 April in die Atlantis-landdroshof verskyn op aanklag

van die onwettige besit van ‘n vuurwapen. Kol. Mario Thyse van die Atlantis-polisie sê minderjariges word dikwels vir dwelmhandel, diefstal, die dra van onwettige vuurwapens en geweldsmisdade gebruik, wat langdurige traumatiese gevolge kan hê.

“Kinders word dikwels geteiken omdat hulle minder risiko dra om opgespoor te word en makliker manipuleerbaar is. Risikofaktore sluit in swak ouerskap, lae akademiese prestasie, betrokkenheid by bendes en blootstelling aan geweld.”

Hy sê behoorlike toesig deur ouers en vroeë ingryping binne die skoolstelsel kan die kans op betrokkenheid by misdaad verminder. Groter betrokkenheid by skoolaktiwiteite is ook ‘n teenvoeter.

Lede van die misdaadvoorkomingseenheid by die Atlantis-polisie het patrolliewerk gedoen toe hulle ’n 15-jarige met ’n onwettige vuurwapen betrap het. Foto: Atlantis-polisie
INLAS: Die onwettige vuurwapen. Foto: SAPD

Pretloop vereer geweld-slagoffer

Atlantis Sekondêr het Saterdag 28 Maart ’n 5-km-pretloop gehou ter nagedagtenis aan die 14-jarige Dayna-Lee Coetzee, ’n graad 8-leerder aan die skool. Coetzee was ’n slagoffer van taxigeweld toe sy op Woensdag 25 Maart voor die skool se hek doodgeskiet is.

Die koeëls was na bewering bedoel vir Eugene Titus (42), algemeen bekend as “Spoed”. Hy het voor die skool op sy passasiers gesit en wag toe onbekende mans, wat vermoedelik reeds ’n geruime tyd voor die skool rondgedrentel het, op hom losgebrand het.

Volgens kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, is Titus verskeie kere geskiet, terwyl Coetzee, wat onder

die koeëls probeer wegkom het, verskeie kere in die bors getref is.

Sy het voor ander leerders op die skoolterrein inmekaargesak en gesterf.

Volgens ’n betroubare bron het Titus onlangs ’n soortgelyke aanval oorleef, waarna hy glo al verskeie kere weer met die dood gedreig is.

Volgens die skoolhoof, Melanie Adonis, is die pretloop die ideale geleentheid om veiligheid by skole te bevorder.

Dit kon ook broodnodige geld insamel om ’n veiliger omgewing vir leerders te skep, het sy gesê. Die herstel van ’n gees van eenheid en die welstand van baie – nie net leerders nie, maar die gemeenskap in geheel – ná die trauma wat baie moes deurmaak, is belangrik, het sy bygevoeg. Die dag is behalwe Coetzee se gesin, bygewoon deur verskeie politieke partye, gemeenskapsorganisasies en leiers, wat almal saam gestap het.

Desiree Coetzee (middel), die ma van die vermoorde 14-jarige Dayna-Lee Coetzee, by die wegspring. Foto’s: Murphy Roberts
Van links is Simone Arendse, Claudine Arendse, Desiree Coetzee, Audi Arendse en Janel Cupido, wat ook hul ondersteuning aan die familie gewys het.
Van links is Carmen Benson, Shamsuneesa Benn, Desiree Coetzee en die raadslid Anastactia Davids, wat steunpilare vir die familie is.
Van links is Charlton Mopp, Carmen Benson, Shamsuneesa Benn, Desiree Coetzee en Madelaine Goodall, wat almal ondersteuning aan die familie betuig het.
Die plaaslike sokkerbeheerliggaam het ook hul ondersteuning kom wys. Van links is Ashley de Vos, Keanen de Koker, Claude Brown, Jerome Titus,Terrence Crow, Lonn van Graan en Nelson Dubazania.
Die plaaslike gemeenskapspolisieforumlede is (van links) Cameron Ludick, Fabian Williams, die skoolhoof Melanie Adonis, Faghrodien Johnson (polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid) en Glodene Smith.

‘Suurmonster’ sit steeds

Alvin “Lippe” Smith (38), die sogenaamde “suurmonster”, is Woensdag 8 April in die Atlantis-landdroshof borgtog geweier.

Smith word daarvan beskuldig dat hy op Sondag 15 Maart’n bottel suur oor Shaneka Johnson (25) se kop uitgegooi het.

Die landdros het in sy uitspraak oor borgtog gesê dit is nie in die belang van geregtigheid dat die verdagte op borg vrygelaat word nie. Hy het ook die verdediging se pleidooi – dat die verdagte lief is vir die hof en nie sal verdwyn nie – verwerp.

Hy het verder gesê hy stem saam met die staat dat ’n sterk saak teen Smith bestaan en die verdagte die hof belieg het deur aan te voer hy het nog nooit teen die gereg gebots nie.

Lippe het aan die hof gesê hy is “bang vir die tronk” en “verdien borgtog” omdat hy ’n “saggeaarde en vredeliewende” mens

is.

Hy het ook in sy borgaansoek getuig dat hy nog nooit teen die gereg gebots het nie.

Volgens die aanklaer is Lippe reeds in 2010 aan poging tot roof skuldig bevind.

Die aanklag is van aanranding met die doel om ernstig te beseer na poging tot moord verander.

Volgens die verdagte se getuienis het hy nie geweet daar is suur in die bottel nie. Hy het aan die hof verduidelik hy was glo onder die indruk dat daar water in is, aangesien baie mense met waterbotteltjies rondgeloop het.

Volgens die aanklaer het Lippe reeds die bottel suur gehad en presies geweet wat daarin is, aangesien hy die slagoffer vooraf gedreig het.

Die ondersoekbeampte, sers. Dean Adams, het verlede Dinsdag (7 April) getuig die verdagte se lewe kan in gevaar wees omdat die gemeenskap woedend is oor sy beweerde daad.

Adams het ook die slagoffer se beserings in detail aan die hof verduidelik.

“Dit gaan ’n lang pad na herstel wees, maar ek is positief,” het Johnson uit haar hospitaalbed in die brandeenheid in die Tygerberg-hospitaal gesê. Shaneka se lewe is meer as drie weke gelede in ’n hel van pyn verander toe die suur oor haar uitgegooi is.

“Die verdagte het my beskuldig dat ek sy selfoon gesteel het,” het sy aan WeskusNuus verduidelik terwyl sy in erge pyn verkeer het.

“Ek het verduidelik dat ek nie sy selfoon geneem het nie, maar hy wou niks hoor nie. Ek het hom my selfoon gewys, maar hy het volgehou dat ek syne geneem het.”

“Die volgende oomblik het my kop begin brand en het ek die mees ondraaglike pyn ervaar,” vertel sy.

Volgens Shaneka is die een helfte van haar oor reeds afgesit en sy wag op ’n reeks veloorplantingsoperasies om te red wat nog te redde is.

Sers. Dean Adams verduidelik aan die gemeenskapsaktivis Madelaine Goodall hoe die borgtog­aansoekproses
Shaneka Johnson wys wat die suur aan haar liggaam gedoen het
Dit gaan vir Shaneka Johnson ’n lang pad na herstel in die Tygerberg­hospitaal wees.
Shaneka Johnson het reeds verskeie operasies ondergaan en ’n deel van haar oor is reeds verwyder.

Lief en Leed vier 40 j.

Op Maandag 23 Maart het Lief en Leed, wat gestremdes in Mamre en Pella bedien, sy 40ste bestaansjaar in die Mamre-gemeenskapsaal gevier. Die viering is op ’n besondere wyse saam met die gemeenskappe van Atlantis, Mamre en Pella aangebied.

Verskeie gassprekers het hul gelukwense oorgedra, onder wie die raadslid Allister Lightburn, Charles Oppelt, Christelle Solomons en Selwyl Willoughby van Asez, Hanli Stehl van Nedbank asook dr. Marlene Le Roux, die uitvoerende hoof van Artscape. Hulle het Lief en Leed geloof vir sy volgehoue werk

en die gemeenskap aangemoedig om die organisasie te ondersteun.

Vir Michael, Paul en die span, saam met die Tussentydse forum vir mense met gestremdhede, was dit ’n geleentheid om te wys dat mense met gestremdhede nie net gesien moet word nie, maar erkenning verdien vir hul bydrae tot Suid-Afrika.

Lief en Leed het ook sy toekomsplanne aan die publiek bekendgemaak. Die organisasie beoog om binnekort ’n eie gebou in Mamre te vestig. Dit sal nie net ’n tuiste vir mense met gestremdhede wees nie, maar ook ’n plek waar produkte vervaardig kan word.

Dit sal meer tyd en geleenthede vir die lede skep.

Michael het sy trots oor die mylpaal uitgespreek en almal wat tot die suksesvolle viering bygedra het, bedank. Hy het beklemtoon dat geen mens of organisasie namens Lief en Leed met owerhede sal onderhandel nie, behalwe die Tussentydse forum vir mense met gestremdhede.

Die viering het die gemeenskap herinner dat gestremdheid nie ’n beperking hoef te wees nie, maar ’n unieke bydrae tot die samelewing. Met samewerking en organisasies soos Lief en Leed word die krag, talent en vasberadenheid van mense met gestremdhede sigbaar. Dit is ’n bewys dat hulle nie net deel van die gemeenskap is nie, maar ’n onmisbare bron van inspirasie en groei.

VO ORGES TELDE VER KO OP VA N ONBEBOUDE GE DEE LT E VA N RES TA NT ER F 227, AT LA NTIS INDUS TRIA, GEL EëE TE NEIL HAREWEG 17 9, AT LA NTI S IN DUS TR IA, AAN MPAC T PLAS TIC CO NTAIN ER S (EDMS .) BP K. DE UR MIDDEL VA N ’N UITNODIGING OM ALTE RN AT IE WE VO ORS TE LLE

Kennis geskied hiermee dat die Stad Kaapstad ingevolge die regulasies oor die oordrag van munisipale bates, R878/2008, en artikel 12.5 van die Stad se beleid oor die bestuur van sekere van die Stad se onroerende eiendom (goedgekeur op 26 Augustus 2010), oorweging skenk aan die verkoop van die ondergenoemde onbeboude munisipale grond geleë te Neil Hareweg 179, Atlantis Industria, ongeveer 3,68 hektaar groot, aan Mpact Plastic Containers (Edms.) Bpk. teen die koopprys van ongeveer R7 350 000 (BTW uitgesluit), wat teen 5% per jaar sal styg, jaarliks saamgesteld op ’n pro rata-grondslag, vanaf ses maande van die waardasiedatum (d.w.s. vanaf 2025-08-01) tot die registrasiedatum.

Erfno

Gedeelte van restant erf 227, Atlantis Industria

Grootte (ongeveer)

Sonering/status

3,68 hektaar Algemeen industrieel 1 (GI1)

Die aansoeker is na berig word Suid-Afrika se grootste spuitvormwerkmaatskappy in die industriële en landbousektore, en verskaf werk aan ongeveer 400 personeellede oor drie fabrieke heen. Hy belê in infrastruktuur, toerusting en hernubare energie om sy markleierskap te versterk, voldoen aan internasionale kliëntvolhoubaarheidsvereistes en ontsluit verdere groeigeleenthede plaaslik en globaal, en streef daarna om meer werksgeleenthede in die Atlantis-omgewing te bied.

Die aansoeker is voornemens om die eiendom vir bykomende stoorkapasiteit aan te skaf, asook vir die installering van ’n grootskaalse aanleg vir fotovoltaïese (PV-)sonkrag.

Vir nadere besonderhede van die transaksie kontak Cameron White, departement eiendomstransaksies, 13de verdieping, Toringblok, Burgersentrum, Kaapstad, weeksdae tussen 08:00 en 13:00 en 14:00 en 16:00.

Enige alternatiewe voorstelle vir die voorgestelde verkoop moet voor of op 28 April 2026 skriftelik by die stadsbestuurder, Stad Kaapstad, Hertzog-boulevard 12, Kaapstad (gemerk vir aandag: Cameron White) ingedien of per e-pos na Cameron.White@capetown.gov.za gestuur word.

Enige alternatiewe voorstelle moet die volgende insluit:

1. Voorgenome gebruik van die munisipale erf in die tabel hier bo genoem;

2. Ontwikkelingskonsep vir die erf;

3. Waarde van belegging op die erf buiten die grondprys;

4. Prysaanbod;

5. Die voorgestelde ontwikkelaar se kundigheid en prestasierekord in eiendomsontwikkeling;

6. Voorsieningskanaalbestuur se nakomingsdokumentasie (insluitende maar nie beperk nie tot ’n belastingklaringsertifikaat, maatskappyregistrasie, ID, volmag en gesamentlikeondernemingsooreenkomste [indien van toepassing]). Die Stad behou hom die reg voor om bykomende inligting in hierdie verband aan te vra;

7. Bevredigende bewys van toegang tot finansies om die eiendom te koop

LUNGELO MBANDAZAYO STADSBESTUURDER

CTA63/2026

Klub vir 49ste met braai

Regan Pietersen van Atlantis-rugbyklub ontvang ’n skenking van Central Butchery vir die klub se 49ste bestaansjaar-braaidag. Foto: Murphy Roberts

Komitee staan vas teen afvalterrein

Murphy Roberts

Die Atlantis- Anti-Wesco-span se boodskap is duidelik. “Ons gesondheid, omgewing en toekoms is op die spel,” sê Hillary Swarts.

Die span het onlangs hul betrokkenheid verskerp deur inwoners by verskeie sleutelplekke in die Atlantissentrum te betrek om ’n petisie teen die beplande stortingsterrein te teken.

Die doel is om bewustheid te skep en steun te werf teen die voorgestelde giftige-afvalterrein van Wesco Waste Management Facility (Edms) Bpk, ’n Suid-Afrikaanse afvaldienstemaatskappy.

Volgens Swarts is groter gemeenskapsdeelname en beter inligtingsdeling dringend nodig.

Sy het ’n beroep gedoen op nywerhede, skole, klinieke, hospitale, kerke, moskees, winkelsentrums en die breër publiek om aktief betrokke te raak deur petisies te onderteken en hul stemme te laat hoor.

Die voorgestelde aanleg werk tans aan die proses om water- en afval-lisensies te bekom, wat die projek in ’n kritieke fase plaas.

Volgens Swarts is dit noodsaaklik dat plaaslike gemeenskappe nou optree om die ontwikkeling teen te

staan.

Hoewel gebiede soos Melkbosstrand, Duynefontein en Atlantic Beach ook geraak word en saam met Atlantis, Mamre, Pella en Witsand optree deur inligting te deel, het Swarts beklemtoon dat Atlantis en omliggende gemeenskappe nie op ander gebiede kan staatmaak om die stryd namens hulle te voer nie.

“Melkbosstrand se belastingbetalersvereniging het reeds geld ingesamel om hul regsaksies te finansier, maar ons sal ons eie regskoste moet dra indien die lisensies goedgekeur word,” het sy gesê. Volgens Swarts is sy reeds in gesprek met verskillende regsklinieke oor die land heen om Atlantis te verteenwoordig.

Volgens die subraad 1-voorsitter, Allister Lightburn, kan hulle nog nie ingryp nie, aangesien niks nog op hul tafel beland het nie. Volgens Lightburn is die aansoekproses tans by die nasionale regering; daarna moet die provinsie en uiteindelik die Stad Kaapstad besluite neem. Swarts het ’n dringende beroep gedoen op alle inwoners – veral die jeug en geloofsgroepe – om saam te staan en daadwerklik teen die voorgestelde afvalterrein op te tree.

werkkomitee van die Atlantis-teen-Wesco-stortingsgroep – voor is

Help solve three murder mysteries

Detective Jacques Louw attached to Atlantis Saps detective branch ask the community to share a tip off on 0860010111 or 021 571 8500 on a murder that happened on 2 October 2023 at 07:20 at the Covid informal settlement, Witsand, where the victim, Sonwabile Mkaleli was stabbed to death.

The motive for the stabbing is unknown and under investigation. Another incident happened

on 8 August 2024 at 21:00 in the vicinity of Castallis street, Protea Park, where the victim, Chesray Davids was shot and later succumbed to his injuries. A further murder happened on 2 March 2024 at 04:10 at Chris Hani Street, Witsand, where the victim, Ricardo Cloete was murdered. The motive is also still unknown and being investigated. All leads will be handled anonymously.

Lief en Leed se bestuur en die Tussentydse forum vir mense met destremdhede, saam met die gasprekers en verteenwoordigers van korporatiewe organisasies. Foto: David Rossouw
Die
Madelaine Goodall, Charl Damon, Henry Smith en Hillary Swarts met Merlin Muller, Louisa Solomon en Ashley Poole agter. Foto: Murphy Roberts

Youth Safety Expo held in Atlantis

The Atlantis Youth Safety Expo took place on Tuesday 31 March at Wesfleur Library, bringing young people, community members and safety service providers together to address key issues such as job opportunities, safety and violence prevention. “We want to create a space where young people feel heard, supported and are empowered to make safer choices,” said organiser Michelle Fortuin.

She said the event aimed to create a platform where organisations can engage directly with youth by showcasing their programmes and services while encouraging active participation in initiatives that promote safety and

positive development.

Safety service providers took part in the expo and contributed through promotional materials or small giveaways. “These contributions help make the experience more engaging and meaningful for attendees,” Fortuin added.

Also featured were discussions, performances and interactive activities designed to encourage open dialogue and creative expression.

“This was an opportunity for young people to learn, connect, and grow,” said Fortuin.

“The Atlantis Youth Safety Expo sets out to amplify youth voices, gather valuable community insights and support ongoing safety planning and collective action within Atlantis,” she concluded.

Jolene Mahoney, Grant Mettler of the Department of Cultural Affairs and Sport with Shareef @@@@ of Mzansi Matters. Photo: Murphy Roberts
Front: Capt Lisa Munro of Atlantis police, Glodene Smith, Atlantis CPF secretary, Cameron Ludick, Atlantis CPF chair. Behind: Lesedi Machili, Christo Claasen and Colpernia and Steven Alberts.
Michelle Fortuin with Black and her dance crew Teenz Alive.
Nikita Scott entertained the young ones.
Eulah Olifant, Florenchia Solomons, Christelle Solomons and Nolubabalo Mangali of Atlantis SEZ.

Ter wille van ons kinders . . .

Ná meer as drie dekades van demokrasie in ons land moet ons eerlik wees met mekaar dat ons nog nie die vryheid geniet wat ons verdien nie. Ons kan en mag nie proklameer dat ons ’n vrye demokrasie is as . . . Ons gemeenskappe in vrees leef vir die volgende bendeverwante skietvoorval wat hom iewers in ons land kan of gaan afspeel nie. En as ons deesdae die hulp van die weermag moet bekom om reg en orde te help toepas, dan moet daar iewers groot fout wees. Ons weet van daardie foute. Ons weet wat die oorsprong daarvan is. Die skeidslyn tussen dit wat reg en verkeerd is het al so erg verwater en vervaag dat dit bitterlik moeilik geword het om reg en orde na behore toe te pas. En as almal en bykans alles geraak word deur die bose kringloop van magsvergrype en die najaag van geld ten koste van ’n gesonde gemeenskap, dan laat dit my wonder of ons werklik vry is; dan laat dit my wonder wat van ons kinders gaan word.

BLY HOOP EN GLO

Armoede in ons gemeenskappe al meer van ’n algemene verskynsel begin word en die finansiële druk net al erger raak vir jou deursneegesin, dan maak dit ’n mens diep bekommerd en as ons mense nog in agterplaas-hokkies moet woon en nie eens die voorreg het om die gerief van ’n badkamer te geniet nie. As die sewe of tien mense in daardie hokkie elke aand moet skarrel vir ’n lêplekkie iewers in daardie hokkie, kan ek dit nie vryheid noem nie.

En as ’n ma nog ’n aand voor etenstyd God moet smeek om tog ’n uitweg te bied sodat daar net vir die tien van hulle iets te ete sal wees – is ons dan werklik vry as ’n nasie?

As ons mense elke maand bakhand moet staan vir ’n staatstoelaag wat nie eens ’n week hou nie, want die skuld

wat gemaak is gedurende die maand moet eers afbetaal word – is ons dan werklik vry of eerder deel van ’n bose kringloop wat hom oor en oor herhaal?

En as ons politieke partye die situasie uitbuit om ons mense in daardie bakhand- posisie te hou … is ons dan werklik vry? Die bakhandstaan-kultuur, wat oor dekades in ons gemeenskappe gevestig is, is na my mening nie ’n werkbare plan om ons mense uit armoede te lig nie. Dit skep eerder slawe van ’n stelsel waar hulle in magsposisies hulself verryk en die armstes van die armes laat krepeer in ’n staat van kroniese armoede.

As die gaping tussen die “haves and have nots” al groter raak in ons land, dan is ons mos nie werklik vry nie.

As al ons mooi politieke beleidstukke ná meer as drie dekades nog nie daarin kon slaag om daardie gaping te vernou nie, dan laat dit ’n mens wonder of daar werklik die politieke wilskrag is om die lot van miljoene Suid Afrikaners wat in armoede vasgevang is, te verlig.

Een van die dae is dit weer stemtyd.

’n Mens begin reeds wonder watter slim slagspreuke hierdie keer uitgedink gaan word en watter wortel voor die neus van ons mense gehou gaan word.

Kospakkies en T-hemde gaan seker weer uitgedeel word –so asof ’n kospakkie of ’n T-hemp die armoede wat bestaan, in ’n oogwink kan uitwis.

Is ons vry as soveel van ons sodanige politieke leiers en ander vooraanstaande figure met magsposisies van bedrog en ander magsvergrype verdink word?

En as die bewyse teen sodaniges wel bestaan, maar niks daaraan gedoen word nie – is ons dan werklik vry?

Party van ons is seker dan maar bo die reg verhewe ...

V OORGES TELDE VER KO OP VA N ONBEBO UDE ER F 8, AT LANTIS IN DUS TR IA, GE LEëE TE WILLIAM THOMAS S IN GE L 6, AT LANTIS INDUS TRIA, AAN GE T SCR AP INV ES TM EN T HOLDIN GS BPK . DE UR MI DDE L VA N ’N UITN ODIGING OM ALTER NATI EW E VO ORS TELLE

Kennis geskied hiermee dat die Stad Kaapstad ingevolge die regulasies oor die oordrag van munisipale bates, R878/2008, en artikel 12.5 van die Stad se beleid oor die bestuur van sekere van die Stad se onroerende eiendom (goedgekeur op 26 Augustus 2010), oorweging skenk aan die verkoop van die ondergenoemde onbeboude munisipale grond geleë te William Thomassingel 6, Atlantis Industria, ongeveer 5 331 m² groot, aan Get Scrap Investment Holdings Bpk. teen die koopprys van ongeveer R1 200 000 (BTW uitgesluit), wat teen 5% per jaar sal styg, jaarliks saamgesteld op ’n pro rata-grondslag vanaf ses maande van die waardasiedatum (d.w.s. vanaf 2026-01-06) tot die registrasiedatum.

Erfno Grootte (ongeveer)

Sonering/status Erf 8, Atlantis Industria (voorheen bekend as erf 6297) 5 331 m² Algemeen industrieel 1 (GI1)

Die aansoeker is voornemens om die betrokke eiendom aan te skaf om sy gietwerkbedrywighede, walswerk- en ander industriële aktiwiteite van sy ander perseel (persele) na die betrokke eiendom te verskuif, en so sy voetspoor uit te brei en die betrokke eiendom te ontwikkel.

Vir nadere besonderhede van die transaksie kontak Merle Visagie, departement eiendomstransaksies, 13de verdieping, Toringblok, Burgersentrum, Kaapstad, weeksdae tussen 08:00 en 13:00 en 14:00 en 16:00.

Enige alternatiewe voorstelle vir die voorgestelde verkoop moet voor of op 28 April 2026 skriftelik by die stadsbestuurder, Stad Kaapstad, Hertzog-boulevard 12, Kaapstad (gemerk vir aandag: Merle Visagie) ingedien of per e-pos na Merle.Visagie@capetown.gov.za gestuur word.

Enige alternatiewe voorstelle moet die volgende insluit:

1. Voorgenome gebruik van die munisipale erf in die tabel hier bo genoem;

2. Ontwikkelingskonsep vir die erf;

3. Waarde van belegging op die erf buiten die grondprys;

4. Prysaanbod;

5. Die voorgestelde ontwikkelaar se kundigheid en prestasierekord in eiendomsontwikkeling;

6. Voorsieningskanaalbestuur se nakomingsdokumentasie (insluitende maar nie beperk nie tot ’n belastingklaringsertifikaat maatskappyregistrasie ID volmag en gesamentlike-ondernemingsooreenkomste [indien van toepassing]). Die Stad behou hom die reg voor om bykomende inligting in hierdie verband aan te vra;

7. Bevredigende bewys van toegang tot finansies om die eiendom te koop

Vryheidsdag om die draai

Suid-Afrika herdenk Vryheidsdag op 27 April – ’n herinnering aan die land se oorgang na demokrasie in 1994. Hierdie dag simboliseer nie net politieke regte nie, maar ook die moontlikheid vir ekonomiese deelname vir almal.

Die Atlantis Spesiale Ekonomiese Sone (Asez) fokus daarop om hierdie belofte waar te maak deur geleenthede te skep, beleggings aan te moedig en ekonomiese insluiting te bevorder – veral binne die groenekonomie.

Asez is ’n sentrum vir hernubare energie, skoon vervaardiging en sirkulêre-ekonomie-projekte, wat help met werkskepping en vervaardigingsontwikkeling.

“Vryheid gaan nie net oor die reg om te stem nie, maar ook oor toegang tot geleenthede.”

Asez werk veral om gemeenskappe wat in die verlede uitgesluit is, te help om uit groei en ontwikkeling voordeel te trek.

Deur met die regering, sakeondernemings en plaaslike gemeenskappe saam te werk, ondersteun Asez ondernemingsontwikkeling en help mense om werkvaardighede aan te leer. Dit help om ongelykheid te verminder en ’n sterker, meer volhoubare ekonomie te bou.

Op Vryheidsdag vra Asez almal om te dink hoe ver

ASEZ TALKS - Matt

Suid-Afrika gekom het, maar ook aan die werk wat nog voorlê. Ware vryheid beteken almal kan deelneem en uit ekonomiese geleenthede voordeel trek. Asez bly toegewyd om ’n toekoms te bou waar vryheid nie net ’n idee is nie, maar werklik beleef word deur werkskepping, vernuwing en gedeelde welvaart. Tot volgende keer, Matt

WAT werp lig op ongewone woorde of idiome

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gee ons elke week ’n kleurryke beskrywing van ongewone Afrikaanse woorde of idiomatiese uitdrukkings. Besoek WAT by www.wat.co.za

Redaksionele kommentaar

WeskusNuus word uitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.

Verpreiding: 30 000 koerante per maand Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie.

Landlyn 021 406 2063

Redakteur

Alida Buckle

Joernalis

Murphy Roberts

Nuuswenke 074 294 5435 alida.buckle@novusmedia.co.za 074 768 4044 murphy.roberts@novusmedia.co.za 067 091 0618

Advertensies

Yvette Smith 022 713 1483 yvette.smith@novusmedia.co.za

LETTERS/BRIEWE Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur.

WeskusNuus subscribes to the Code of Ethics and Conduct for South African Print and Online Media that prescribes news that is truthful, accurate, fair and balanced. If we don’t live up to the Code, please contact the Public Advocate at 011 484 3612, fax: 011 4843619. You can also contact our Case Officer on khanyim@ombudsman.org.za or lodge a complaint on our website: www.presscouncil.org.za

Weskus Nuus worduitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.

Verpreiding: 30 000 koeranteper maand Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niksmagsonder skriftelike toestemming gebruik wordnie.

As bitterheid die lont word

Landlyn 021 406 2063

Random?

Smslyn 32467(R1 per sms)

Redakteur

MarykeSwart022713 1066 maryke.swart@media24.com

Joernalis

MurphyRoberts074 768 4044 murphy.roberts@media24.com

Dis ’n woord wat deesdae gereeld gehoor word. Die Pharos-woordeboek vertaal dit met “lukraak”, “toevallig” en “ewekansig”, maar geen van dié woorde beskryf ’n “random act of violence”, soos wat onlangs gebeur het, treffend nie.

Nuuswenke 067091 0618

Advertensies Madelie van Tonder022713 1483 Madelie.Tolken@media24.com

LETTERS/BRIEWE Letters may by edited for clarity and

Die uitgooi van ’n bottel suur oor ’n onskuldige 25-jarige vrou in Mamre was so ’n lukrake, skokkende daad van geweld. Sy het niks gedoen om dit uit te lok nie, en tog is haar lewe vir lank totaal ontwrig. Om ’n weerlose mens soveel skade aan te doen, sonder dat iets gesteel is of ’n duidelike aanleiding bestaan het, klink hoe meer ’n mens daaroor dink, al hoe minder “random”.

Hierdie soort aanval wys bitterheid en woede wat op die verkeerde plek ontlaai word en ’n gemeenskap wat steeds worstel met sosiale spanning en frustrasie.

Soms is die vonkie van geweld eenvoudig ’n optrede wat deur ’n misverstand of ’n klein belediging ontlok word, maar die gevolge hier is katastrofies.

Die slagoffer het glo aan die aanvaller gewys dat sy haar eie selfoon het, nie syne nie, maar hy wou nie hoor nie, is in die hof getuig. Hierdie aanval is ’n harde herinnering dat “random” geweld dikwels glad nie so lukraak is nie. Dit raak ons gemeenskappe en dit raak onskuldige mense wat net hul lewe probeer leef.

2 Distrikspos NUUS NEWS
WeskusNuus

Atlantis vier 50 jaar as ‘verlore stad’ van 1970

Atlantis, die verlore stad wat in 1970 deur die apartheidsregering geskep is, het onlangs ’n mylpaal van 50 jaar bereik. Wat bedoel was as ’n “bruin gebied” om gemeenskappe te skei, het mettertyd ’n simbool van weerstand en volharding geword. Die geskiedenis van Atlantis is verweef met die verhaal van Sylvia Brand, ’n aktivis, gemeenskapsleier en later die eerste wyksraadslid van die dorp in die nuwe demokratiese bedeling.

Toe die regering destyds fabrieke opgerig het, is bruinmense gelok met beloftes van werk en behuising. Maar toe die subsidies opdroog, het die fabrieke hul deure gesluit en gesinne is aan hul eie lot oorgelaat. Brand was een van die inwoners wat onder valse voorwendsels hierheen gekom het. Sy het gehoop om ’n huis en werk te kry om vir haar drie kinders te sorg, maar het gou besef die Afdelingsraad het mense sonder genade uit hul huise gesit as hulle nie hul rekeninge kon betaal nie.

Die gemeenskap het egter nie stilgebly nie. In die 1980’s het Atlantis-inwoners optogte na die distrikskantoor gehou en memorandums oorhandig om hul menswaardigheid te eis. Brand was in die voorste linies van hierdie stryd. Sy het beleef hoe amptenare mense soos diere behandel het deur gemeenskaplede te bebruik om hul vuilwerk te doen, maar sy het ook gesien hoe die gemeenskap saamstaan en hul stem laat hoor. In 1979 het ’n toevallige ontmoeting met twee gelowige mans uit Plumstead, Ronnie en Alf, ’n nuwe pad vir Brand en Atlantis gebaan. Hulle het Bybelstudies en Sondagskool by haar huis begin, wat later tot die stigting van St. Andrews-kerk gelei het. Die kerk, wat binne 14 dae opgerig is, het ’n simbool van

geloof en gemeenskap geword – ’n plek waar mense hoop kon vind te midde van verdrukking. Brand se rol het verder uitgebrei. In die laat 1980’s het sy en ander gemeenskapslede entrepreneursopleiding in Hanoverpark ondergaan. Hulle het elke dag om 04:00 vertrek – dikwels sonder om hul kinders te sien – en was vasberade om ’n beter toekoms vir Atlantis te bou. Hierdie opofferings het die grondslag gelê vir ’n gemeenskap wat wou groei, ten spyte van die struikelblokke wat apartheid geskep het. Atlantis se stryd het ook bondgenote van buite gelok. ’n Joernalis van Die Burger het die gemeenskap begin ondersteun en strategieë gedeel om die raad te konfronteer. Omdat sy wit was, kon die raad haar nie stilmaak nie en Atlantis het ’n waardevolle bondgenoot gekry. Met die koms van demokrasie het Brand se aktivisme ’n nuwe dimensie gekry. Sy is verkies as die eerste vroulike raadslid in die oorgangsfase van Atlantis – ’n rol waarin sy die stem van ’n gemeenskap verteenwoordig het wat lank stilgemaak is. Haar werk het ’n brug gebou tussen die pyn van Apartheid en die hoop van ’n nuwe bedeling. Nou, 50 jaar later, staan Atlantis steeds. Die dorp en sy mense leef nog met die gees van die stryd-osse wat destyds teen die Apartheidsregering geveg het. Hulle het nie net oorleef nie, maar saam met die dorp gegroei. Die mylpaal wys dat Atlantis nie net ’n plek van swaarkry is nie, maar ook van trots, groei en volharding.

• Sylvia Brand se verhaal is die verhaal van Atlantis – van verdrukking na waardigheid, van uitsluiting na deelname. Haar nalatenskap en die gemeenskap se volgehoue stryd toon dat Atlantis se mense nooit gebuig het nie – en dat hulle steeds saam met die dorp groei.

Van ‘Die Vlak’

tot in Atlantis

David Rossouw

Vir Pieter en Helen van Graan – in 1976 ’n jong getroude paartjie in hul vroeë twintigs – was daardie jaar ’n keerpunt in hul lewe. Hulle het in Februarie 1976 hul eenvoudige woning in Richmondpark – beter bekend as Die Vlak – agtergelaat en ’n nuwe tuiste in Antelopelaan in Avondale, Atlantis, gevind. Dit was ’n sprong na groener weivelde – ’n besluit wat nie net sekuriteit en hoop vir hul gesin gebring het nie, maar ook die belofte van ’n vars begin.

Pieter en Helen het die onbekende saam met hul twee seuns, Jonathan en Shaun, aangedurf en ’n nuwe lewe begin bou. In die jare wat gevolg het, het die gesin verder gegroei met die geboorte van drie dogters – Ingrid in 1977, Petula in 1981 en Renata in 1982.

Só het die Van Graans hul plek in Atlantis gevestig as ’n jong gesin wat hand aan hand saam met ’n jong dorp gegroei en saam met die ontwikkeling van die gemeenskap hul eie verhaal van hoop en volharding geskryf het.

“Ons het geglo dat God aan ons sal voorsien,” vertel Helen. “Om van ’n sinken houtstruktuur na ’n baksteenhuis met twee slaapkamers te kon trek, was vir ons ’n groot seën.”

Die besluit was nie maklik nie –sonder vervoer en met min geriewe was die gesin aanvanklik vasgepen. Tog het die wete dat hulle ’n stewige huis sou hê, die swaarkry ligter gemaak.

Helen onthou hoe sy haar kinders elke oggend na Wesfleur Primêr geneem het – te voet – en hulle later weer gaan haal het. Winkels was skaars; kruideniersware moes in Saxonwoud gekoop word of

hulle moes saam met afleweringsvoertuie Kaapstad toe reis. “Ons kinders het op grondhope gespeel, want speelplekke was daar nie,” sê sy. Die gemeenskap was ’n hegte eenheid. Misdaad was skaars, want inwoners het self toegesien dat orde gehandhaaf word. “Ons het mekaar beskerm. Jy kon buite slaap sonder vrees. As iemand iets verkeerd gedoen het, het die gemeenskap ingegryp,” het Helen gesê. Die naaste polisiekantoor was in Philadelphia, en die gesag van die manne in blou en khaki was onbetwisbaar.

Die beginjare was moeilik. As huur nie betaal is nie, is besittings summier in die straat uitgegooi. Tog het dinge stadig verbeter. ’n Busdiens het later gekom en Avondale het sy eie winkelsentrum gekry, wat later as Village Reef bekend gestaan het – ’n plek waar vars groente, vrugte en vis gekoop kon word.

“Atlantis het vir my en my familie ’n dorp van hoop geword,” sê Helen. “Ek sou dit nie vir ’n ander plek verruil nie. As werkloosheid en misdaad verdwyn, kan Atlantis weer een van die spogdorpe in die Weskus raak, soos in die dae toe jy op ’n Vrydag kon bedank en Maandag by ’n nuwe werk instap.”

Admissions closing soon

With only a few days left, the on-time application window for Grade R, 1 and 8 admissions for 2027 will close on Tuesday, 14 April.

The Western Cape Education Department said parents must ensure applications are submitted before the deadline to be included in the first round.

Required documents include the learner's latest school report (if applicable), a certified birth certificate, ID or passport, proof of residence, and an immunisa-

tion card for primary school learners. Foreign learners must provide relevant permits or documentation, or an affidavit if unavailable.

The online system is zero-rated, allowing access without mobile data. Step-by-step guidance and support is available on the admissions website, along with pop-up sites for parents needing assistance.

Do not to delay, as late applications put pressure on the system and delay placements.

Sylvia Brand, die bekende vuurvreter-aktivis, was die eerste vroulike raadslid in die oorgangsfase na demokrasie in Atlantis. Foto: David Rossouw
Helen van Graan (72) met ’n foto van haar oorlede man, Pieter. Foto: David Rossouw

Wittewater kuier oorwinning los

Mamre het Saterdag op sy tuisveld ’n oorwinning op ’n goue skinkbord aan die besoekers van Wittewater oorhandig. Die Groentruie van Kenny Stadler, wat teen rustyd 10-15 agter was, kon egter – ten spyte van dosyne kanse – nie die wa deur die drif trek nie. Die besoekers, wat die tuisspan met karakter en veggees onder druk geplaas het, het die wedstryd 25-27 gewen.

Mamre, wat verskeie kanse geskep het, kon egter nie afrond nie en het talle geleenthede om die wedstryd te verseël, verlore laat gaan. Die nederlaag plaas die Groentruie onder geweldige druk, aangesien die span nou die sewende plek op die punteleer beklee.

Hamlets het ook in hul eerste WP B-afdelingwedstryd op Mamre 31-34 teen All Saints verloor. Young Hearts, met die uitgeslape Ruben Abels aan die stuur,

het Velddrif in ’n wegwedstryd maklik 29-47 geklop. Die bonuspunt-oorwinning plaas die troepe van die Grafkelder derde op die punteleer.

Atlantis het ook in sy eerste WP C-afdelingwegwedstryd gewen en Caledonian Roses met 18-36 geklop.

Volledige uitslae in die BolandGrootuitdaag-reeks:

Swartland: Wesbank 39-10 Good Hopes; Abbotsdale 31-13 Never Despair; Mamre 25-27 Villagers Wittewater; Saron 31-31 Porterville; Moorreesburg 40-25 Koringberg; Riebeeck United 5-55 Darling. Weskus: Saldanha 31-29 Hopefield; Vredenburg 41-19 Langebaan; St. Helena 17-19 Paternoster; Velddrif 29-47 Young Hearts; Piketberg 65-8 Steenberg Cove; Goedverwacht 27-32 Saldanha Tigers.

Terwyl sy spanmaats juig vir die drie, verloor die speler die bal danksy goeie verdediging van Wittewater. Foto: Murphy Roberts

Mamre kry nie wa deur

Hamlets en Schoonspruit wen Jack Johnson-trofeë

Jack Johnson se droom om die beste span in Mamre te kry, is uiteindelik bewaarheid toe Hamlets RFC sy buurspan van die dorp Mamre RC in die eerste wedstryd ná 53 jaar geklop het om as die beste span van Mamre gekroon te word.

Die Jack Johnson-erfenis-Paasnaweekrugbytoernooi het vanjaar weer rugbyliefhebbers van Atlantis, Mamre, Pella en die Swartland op die Mamre-sportterrein saamgebring. Die tweede weergawe van die toernooi het nie net opwindende wedstryde opgelewer nie, maar ook ’n historiese oomblik toe Hamlets RFC ná 53 jaar die eerste keer teen Mamre RC gewen het en as die beste span in Mamre gekroon is. Die toernooi het op Saterdag 4 April afgeskop met vier hoërskole en vier klubs wat mekaar die stryd aangesê het. Saxonsea en HTS Proteus het die eerste wedstryd afgeskop, met Proteus wat vinnig die voortou geneem het. Saxonsea het dapper teruggeveg, maar Proteus se ervaring het hulle gedra om met 22-15 te wen. Schoonspruit, wat die eerste keer deelgeneem het, het Robinvale met ’n indrukwekkende 49-5 geklop en ’n sterk boodskap aan Proteus vir die eindstryd gestuur. In die klubafdeling het Never Despair

van Malmesbury hul krag teen Young Eagles van Riverlands gewys. Spairs het die telling met vinnige drieë en ’n stewige voorsprong tot 36-8 vergroot en hul plek in die eindronde verseker. Die hoogtepunt van die dag was egter die derby tussen Hamlets en Mamre, die eerste ontmoeting in meer as ’n halfeeu. Mamre het vroeg voorgeloop, maar Hamlets het met vasberadenheid teruggeslaan en met 15-13 gaan rus. Die tweede helfte was ’n titaniese stryd, maar Hamlets het sy kans benut ná ’n rooi kaart vir Mamre en vasgeklou vir ’n dramatiese 28-25-oorwinning.

SAXONSEA VERHANG DIE BORDJIES

Op Paasmaandag het Robinvale en Saxonsea mekaar vir die derde plek aangedurf. Robinvale het sterk begin en rustyd met 17-7 voorgeloop, maar Saxonsea het die bordjies verhang en die wedstryd ná 26 punte in die tweede helfte met 33-17 gewen. In die hoërskooleindstryd het Schoonspruit Proteus oorheers. Met ’n rustydtelling van 15-0 en ’n tweede helfte vol kragtige aanvalle het Schoonspruit ’n klinkende 53-0-sege behaal en Proteus van die troon gestoot. Mamre en Young Eagles het mekaar ook die stryd aangesê vir die derde plek in die klubafdeling. Mamre het die eerste helfte

beheer en 33-15 voorgeloop. Eagles het teruggeveg en 21 punte aangeteken, maar Mamre het 57-36 gewen en derde geëindig. Die groot eindstryd tussen Hamlets en Never Despair het die toeskouers op hul voete gehad. Spairs het aanvanklik die leiding met 11-5 teen rustyd geneem. Hamlets het egter in die tweede helfte momentum opgebou en Spairs uitoorlê. Hamlets het met taktiese skopwerk en slim besluitneming 28 punte aangeteken en die wedstryd 33-11 gewen. Hiermee het hulle die tweede agtereenvolgende jaar die Jack Johnson-trofee omhoog gehou.

By die bekeroorhandiging het die toernooidirekteur Morgan Sambaba die spanne, spelers en ondersteuners vir hul opofferings en deelname geloof. Hy het gesê die Jack Johnson-erfenistoernooi is nie net ’n sportgebeurtenis nie, maar iets wat rugby in die Weskus en Swartland ontwikkel.

Die stigterslid Jerome Johnson het sy trots uitgespreek oor die aansien wat die toernooi in die gemeenskap opgebou het en gesê die droom van sy seun, Jack Johnson, het nou werklik ’n nalatenskap geword.

Die toernooi het ook geskiedenis gemaak toe die visepresident Pat Marran van die Boland en die WP-president Kevin Kiewiets by die opening opgedaag het om hul steun te wys en die organiseerders sterkte

toe te wens. Hierdie teenwoordigheid het die status van die toernooi verder verhoog en gewys dat gemeenskapsrugby ’n belangrike rol in die groter rugbystruktuur van die provinsies vervul. Met Hamlets wat die trofee vir ’n tweede agtereenvolgende jaar omhoog gehou het en die gemeenskap wat in volle getalle opgedaag het, is dit duidelik dat die Jack Johnson-erfenisPaasnaweek-toernooi ’n vaste plek op die plaaslike sportkalender het.

UITSLAE: 4 APRIL

Skole: Saxonsea 15 (7), 22 (15) Proteus; Schoonspruit 49 (13), 5 (5) Robinvale; Never Despair 36 (29); 8 (3) Young Eagles, Hamlets 28 (15); 25(13) Mamre.

FINALE UITSLAE: 6 APRIL

Skole: Die Hoërskool Robinvale 33 (7), 17 (17) die Hoërskool Saxonsea (3de en 4de posisie); Proteus HTS 0 (0), 53 (15) die Hoërskool Schoonspruit (eindstryd).

Klubs: Mamre 57 (33), 36 (15) Young Eagles (3de en 4de posisie); Hamlets 33 (5), 11 (11) Never Despair.

Spesiale toekening

Skole- Speler van die Wedstryd – Aiden Alexander (Shoonspruit SS)

Klub- Speler van die Wedstryd – Jordan Abels(Hamlets)

Hamlets met die wentjek en die Jack Johnson-erfenistoernooi-kampioenbeker.
Rossouw

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
WeskusNuus E-Edition - 14 April 2026 by Novus Media - Issuu