



Slim Robinvale onttroon Saxonsea

Robinvale is ná byna 10 jaar weer die slimste skool in Atlantis. Die skool, met sy 96,6% slaagsyfer, het Saxonsea van die troon af gestoot. Lees nog op bl. 6.
![]()





Robinvale is ná byna 10 jaar weer die slimste skool in Atlantis. Die skool, met sy 96,6% slaagsyfer, het Saxonsea van die troon af gestoot. Lees nog op bl. 6.
Murphy Roberts
“Hy is nie raakgeskiet nie...” Só het kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, bevestig nadat ’n bebloede kleuter midde bendegeweld in die hospitaal beland het.
Die voortgesette bendegeweld in Atlantis het veroorsaak dat ’n driejarige in die hospitaal beland het met ’n oop wond aan sy agterkop, maar volgens kapt. Munro van die Atlantis-polisie, is hy nie deur ’n dwaalkoeël getref nie.
Omstanders het aanvanklik vermoed ’n dwaalkoeël het die driejarige dalk in die kop getref toe onbekende mans op ’n groep mense begin skiet het.
Drie mans is in die voorval op Sondag 18 Januarie in Eagles Nest gewond. Dit het tussen 10:00 en 11:00 gebeur.
Volgens Munro het ’n welwillende man die kind gegryp en na veiligheid gehaas. Hy het egter gestruikel en
geval, wat die kind ernstig beseer het. Dié voorval het weer eens die wenkbroue laat lig, aangesien onskuldiges gereeld in die kruisvuur beland.
Volgens ’n betroubare bron het die voorval by die bekende Dura-woonstelle, wat die afgelope tyd stil was, gebeur. Inwoners vrees dat dié skietvoorval dalk die vonk in ’n kruitvat gaan word en ernstig kan ontplof. Die bron het verder gesê die drie 20-jariges
wat tydens die voorval gewond is, wou nie verklarings aflê nie – moontlik uit vrees vir wraak.
Die driejarige, wat tans in ’n Kaapse hospitaal aansterk, is in bestendige toestand. Volgens Munro is dit tans onduidelik hoeveel skote presies afgevuur is, aangesien die gewondes hulself by die hospitaal aangemeld het. Mense in die gemeenskap het verskeie koeëldoppies opgetel en aan die polisie oorhandig. Geen verdagtes is nog aangekla nie en die polisie ondersoek drie klagtes van poging tot moord.














Inwoners van Atlantis is woedend omdat die Stad Kaapstad beplan om die Thusong-sentrum te verkoop.
Die plan het ook veroorsaak dat die departement van binnelandse sake se huurooreenkoms nie hernu word nie, met die gevolg dat inwoners nou op mobiele dienste moet staatmaak.
Volgens Allison Adams, woordvoerder van die People’s Process, het inwoners in Desember verlede jaar begin om die verkoop van die historiese gebou teen te staan (“Atlantis-inwoners staan saam vir Hartebeeskraal se Thusong-sentrum”, 14 Januarie 2026, www.weskusnuus.co.za).
Volgens Adams het duisende inwoners reeds die petisie geteken en ongeveer 1 000 e-posse is aan subraad 1 gestuur om die verkoop te stop.
Sy beklemtoon dat die People’s Process nie ’n politieke beweging is nie, hoewel verskillende politieke leiers van die dorp die proses ondersteun.
“Inwoners besluit self watter stappe gevolg moet word,” verduidelik sy. Adams beklemtoon ook dat enige aksie aan inwoners behoort en dat daar nie ’n komitee is wat besluite neem sonder dat die inwoners daarvan weet nie.

Die hoofdoel is om te verseker dat die Stad nie voortgaan met die planne om die gebou te verkoop nie.
Volgens Allister Lightburn, die voorsitter van subraad 1, is die gebou nog nie verkoop nie en nog baie water moet onder deur die brug loop voordat dit kan gebeur.
“Wat egter nie vergeet moet word nie,
Die Wesfleurpark-atletiekbaan het ’n gedaanteverwisseling ondergaan en die eerste fase van die opgradering is byna voltooi.
Volgens die raadslid Allister Lightburn behoort die kontrakteurs hul belofte na te kom en die eerste fase van die baan op 31 Januarie amptelik aan die Kaapstadse Stadsraad oor te dra. Lightburn het sy tevredenheid oor die vordering uitgespreek en die gemeenskap vir hul bydraes geloof –veral die plaaslike atletiekklubs wat aktief betrokke was.
“Hierdie projek gaan nie net die baan verbeter nie, maar Fase 2 bring verdere opgraderings wat die klubs
nog meer voordeel sal bied,” het hy gesê. Hy het beklemtoon dat die kontrakteurs binne die raamwerk gebly het en die sperdatum vir voltooiing nakom.
“Ek is baie tevrede met die werk wat gelewer is. Die nuwe blou tartanbaan is ’n trots vir die gemeenskap en ’n belegging in die toekoms van atletiek in die stad,” het Lightburn bygevoeg.
Die opgradering is deel van ’n groter plan om sportgeriewe in die Kaapse metropool te moderniseer en meer toeganklik te maak. Die nuwe baan sal nie net vir kompetisies gebruik word nie, maar ook vir jeugontwikkeling en gemeenskapsprogramme.

is dat openbare deelname deel moet wees voordat ’n finale besluit geneem word.”
Adams meen die veldtog se doel is om te verseker dat die sentrum ’n openbare bate vir huidige en toekomstige generasies bly.
Verskeie politieke partye het ook ingespring om die verkoop stop te sit.
Volgens Adams het die People’s
Process ook ’n klagte by die openbare beskermer ingedien.
Voldoende bewyse bestaan dat die Stad
“die gemeenskap gefaal het”.
’n Brief is reeds aan hoofswepe van verskillende politieke partye in die raad gestuur om die verkoop te stuit.
Die groep wil, indien nodig, ook regsadvies inwin.

Murphy Roberts
Terwyl baie nog wag vir hul Kersvleis en lekkernye, is die “hamper lady”, soos sy bekendstaan, reeds besig om nuwe kliënte te werf vir haar Paasfees-, skryfbehoeftesen ander hamper vir die jaar. Beweerde slagoffers van Leticia Anderson – net bekend as die “hamper lady” – is woedend oor hul droë Kersfees weens leë beloftes, en baie het duisende rande verloor.
Volgens Sarah Salie (60) het sy elke maand van haar pensioen gebruik en net meer as R2 000 per maand vir verskillende hampers betaal. “Ek het meer as R22 000 vir die jaar betaal, maar elke keer as ek navraag doen oor my goed, word ek beledig,” vertel Ouma Salie. Sy sê ook: “Ons word beledig as die betaling laat is en moet dan ’n boete betaal.”
Ouma Salie se buurvrou het R4 000 betaal en absoluut niks gekry nie.
Beloftes van gehalte-produkte was alles net sêgoed en van die produkte wat wel afgelewer is, was “no name”-produkte.
Volgens ’n polisiebeampte van die Paarl, wat ook ’n slagoffer is, is sy meegedeel dat Anderson se “bankrekeninge gevries is” en daarom kon die hampers nie afgelewer word nie. “Dit was verskoning op verskoning,” sê die polisiebeampte en voeg by dat haar hamper meer as R4 000 gekos het, maar sy items van net ’n bietjie meer as R1 000 se waarde gekry het.
Ouma Salie sê wat haar die meeste omkrap, is dat sy as pensioentrekker ook ’n sopkombuis uit haar eie sak bedryf. Sy het gedink die hampers kon ’n glimlag op ander se gesigte sit deur minderbevoorregtes met ’n Kersmaaltyd te bederf. Anderson, oorspronklik van Mamre, het aan WeskusNuus gesê sy is gewis nie die vrou wat met mense se geld of hampers weggehardloop het nie. Volgens haar is dit iemand anders. Sy hou vol dat Ouma Salie baie tevrede was met dit wat sy by Anderson gekry het. Sy het glo aan Anderson gesê dit is die eerste keer wat sy ál haar goed van ’n hamper lady ontvang het. Volgens Ouma Salie leef dié “hamper lady” in ’n Fanta-blikkie (droomwêreld) ... Nóg ’n ontevrede kliënt vertel sy het Anderson by Capitec aangegee, in die hoop dat sy haar geld sou terugkry, maar Capitec het haar meegedeel dat daar geen geld in die rekening was nie. Sy is in kennisgestel dat hulle ongelukkig nie haar betalings sal kan omkeer nie.
Anderson het aan Weskus Nuus ’n skermfoto gestuur van ’n boodskap van Capitec wat haar in kennis stel dat die rekening weens onreëlmatighede ondersoek word.
Anderson verstaan volgens haar nie waaroor die kabaal gaan nie en meen haar naam word deur die modder gesleep. Sy voel bruinmense “kraak mekaar net af”.

Murphy Roberts
“Luister met begrip en luister om te verstaan, Juffroutjie, want ek stuur jou skool toe om te gaan leer en nie om ’n groot vrou te gaan wees nie! Verstaan ons mekaar?”
Thessolika Matthews van Atlantis, of Ousiwe Ousie soos sy op TikTok bekend is, het met haar eerste-skooldag-video oor die houtlepel-effek die tonge behoorlik losgemaak. Haar video is reeds deur meer as twee miljoen mense gekyk.
“Jy gaan nie skool toe om te gaan rook, te bank en ’n juffrou of meneer voor die bors te gryp nie. En as hulle praat, dan luister jy, want hulle het die laaste sê! Verstaan jy?”
Volgens Ousie is dit die tweede jaar wat sy die video maak, maar vanjaar het dit alle verwagtinge oortref.
“Ek bedoel elke woord in die video, en die houtlepel-effek werk beslis vir my,” verduidelik sy. Ek is nog nooit na ’n skool oor my kinders se gedrag ingeroep nie. Ek word wel gebel om die klomp diplomas te kom haal,” vertel sy.
In die video moedig sy haar vier kinders aan om afstand te doen van maatjies wat rook, bank, vape en ander verkeerde dinge doen.

“Hulle is negatief en dit is nog nie julle beurt nie,” sê sy.
Indien ’n juffrou of meneer hulle wel benadeel of – slegs sonder rede – enigsins ongemaklik laat voel, moet hulle vir haar kom sê.
“Dán sal ek met my houtlepel skool toe gaan,” voeg sy by.
Sy vertel laggend dat sy nog nooit nodig gehad het om die houtlepel te gebruik nie en hoop ook dit sal nie nodig wees nie, “maar ek sal nie skroom om dit te gebruik nie,” sê sy.
Volgens Abrenicia, Ousie se oudste dogter en ’n gr.11-leerder by Atlantis Sekondêr, vermy sy die kring van spotters.
“Ek weet wat reg is,” sê sy.
“Ek neem ook die houtlepel-effek ernstig op, want ek weet my ma bedoel elke woord.”
Zion, ’n 12-jarige leerder by Kerria Primêr, sê hy het voorheen ’n groot vriendekring gehad, maar ná die houtlepel-gesprek het hy net ’n handjievol oor.
“Ek wil my familie trots maak en daarom het ek ontslae geraak van die meeste van my stout maatjies en fokus nou net op my skoolwerk,” sê hy.
Volgens Ousie ontvang Zion elke jaar diplomas vir sy skoolwerk en raak hy mismoedig as hy nie 7’s behaal nie.
PUBLIC NOTICE: SPECIAL GENERAL MEETING
Notice is hereby given that a Special General Meeting (SGM) of WESFLEUR CRÈCHE AND NURSERY SCHOOL ASSOCIATION, an organisation established in 1981, will be held as follows: Date: 14 February 2026 Time: 10h00 Venue: 54&56 Mossie Crescent, Robinvale, Atlantis
This Special General Meeting is convened to address urgent governance, constitutional, and financial matters affecting the organisation, including: The absence of a duly constituted Board of Directors since December 2025; The passing of the Chairperson on 08 January 2026; Interim governance measures taken to ensure continuity of the organisation; The election of a properly constituted Board of Directors and office bearers; The adoption or amendment of the organisation's constitution; and Outstanding financial obligations of the organisation in excess of R400000.00. Persons who have an interest in the organisation are hereby invited to attend, including but not limited to: Current or former members; Current or former board members; Persons previously involved in the governance or activities of the organisation; and any person with a direct or indirect interest in the organisation or its assets Issued by: Acting Chairperson WESFLEUR CRÈCHE
Die begin van die jaar bring nuwe geleenthede en die Wes-Kaapse regering se Getting YOU to Work-program help steeds werksoekers in die metro deur een van die grootste hindernisse tot werk te verwyder – vervoerkoste.
Gekwalifiseerde werksoekers kan deur dié program gratis vervoerkaarte by Golden Arrow-busdiens ontvang om by onderhoude en werkplekke uit te kom.
Meer as 8 000 werksoekers het sedert 2024 vervoerkaarte ontvang, wat meer as 28 000 reise moontlik gemaak het om ekonomiese geleenthede in die metro te benut.
’n Onlangse opname toon dat 95% van gebruikers die kaarte nuttig gevind het en 35% as direkte gevolg daarvan werk gekry het. Jong mense en vroue is die meeste van die ontvangers, met onderskeidelik 72% en 70%.
Een suksesvolle ontvanger het gesê: “Die vervoerkaart het baie gehelp. Dit het geleenthede geskep wat ek andersins nie sou gehad het nie en my gehelp om werk te kry.”
Die huidige fase van die program strek tot 31 Maart 2026, en werksoekers wat reeds geregistreer is, word aangespoor om hul kaarte af te haal en die oorblywende reise te gebruik voordat dit verval.
Terwyl fase 1 van die program registrasie deur ’n werkgewer vereis het, stel fase 2, wat in 2025 van stapel gestuur is, werksoekers in staat om self direk te registreer, wat die program makliker toeganklik maak.
Muneera Allie, die hoof van kommunikasie by die Wes-Kaapse departement van mobiliteit, sê: “Vir baie werklose werksoekers is vervoer die grootste hindernis en hierdie vervoerkaarte bied

praktiese steun om dit te oorkom.
“As jy reeds geregistreer is, haal asseblief jou kaart af en gebruik jou reise voor die einde van Maart. As jy werk soek en vervoerondersteuning benodig, kan jy jou self registreer en gratis reise vir werkgeleenthede begin gebruik.” Werksoekers wat vir die eerste keer registreer, kan gettingyoutowork.westerncape.gov.za besoek, kies “Jobseeker Registration” en voltooi die aanlyn vorm volgens die aanwysings.
Die departement moedig alle gekwalifiseerde werksoekers aan om te registreer, hul kaarte af te haal en ten volle van die beskikbare reise gebruik te maak om by werkgeleenthede uit te kom.
Hierdie inisiatief weerspieël die WesKaapse regering se volgehoue verbintenis om inwoners te ondersteun deur hindernisse tot indiensneming te verwyder en hul lewensomstandighede te verbeter.




At the recent Western Cape SAPS Awards evening outstanding members of the police service were recognised for their dedication and exceptional service.
Among those honoured was Sgt Chris Koopman from Atlantis, who was named runner-up Western Cape SAPS Detective of the Year (level 5-7).
The event highlighted the vital role that detectives and police personnel play in ensuring community safety, solving crimes and upholding justice.
Sponsors such as Sanlam also played
a key role in supporting and celebrating these achievements.
“The commitment and professionalism displayed by our detectives set a benchmark for excellence across the province,” said Lt-Gen Senthumule.
“Awards like these acknowledge not just results, but integrity, diligence, and courage in service of the community.”
Sgt Koopman’s recognition reflects years of hard work, investigation skills, and dedication to protecting the people of the Western Cape.

























Thys Louw
Slange en skerpioene in Atlantis is deel van die natuurlike omgewing. Vir mense is ’n byt dikwels net ’n skrik, maar vir troeteldiere kan dit lewensgevaarlik wees. Honde en katte is nuuskierig en jag graag, wat hulle maklik in gate, bosse en kliphope bring waar hierdie diere skuil.
SLANGBYTE
Slange byt (pik) wanneer hulle bedreig voel. Tekens dat ‘n dier gepik is, sluit in pyn, tjank, swelling, twee klein gaatjies, lusteloosheid, kwyl, braking of asemhalingsprobleme. Selfs diere wat
aanvanklik net effens siek lyk, kan binne ure dramaties versleg. Slangbyte is altyd ’n noodgeval.
Skerpioensteke
Skerpioene skuil onder klippe, hout, in skoene of in beddegoed. Tekens dat ‘n dier gesteek is, sluit in pyn, rusteloosheid, tjank of miaau, spiersametrekkings, bewing, swelling en soms braking of diarree. Klein en jong diere is veral kwesbaar.
WAT OM TE DOEN
Hou jou troeteldier stil en neem hom so gou as moontlik na ’n veearts of noodkliniek. Moenie probeer om die gif uit te suig, die wond oop te sny of ’n tou styf om die ledemaat te bind nie.
Residents of Subcouncil 1 are assured that the Thusong Centre building in Ward 32 has not yet been disposed of, and no final decisions have been taken.
As elected representatives we remain committed to acting in the best interests of the community and encourage residents to participate in all processes regarding the centre’s future.
The City is also warning residents to remain vigilant against housing scams targeting vulnerable communities via social media, email, SMS and WhatsApp. Scammers claim residents have been approved for RDP housing or can secure a house for a
fee. Messages are often poorly written and contain spelling and grammar errors, which are clear signs of fraud. City housing is free, and no payments are required. Residents can verify any communication by calling 021 444 0333.
WESFLEUR ATHLETICS TRACK UPGRADE
On 17 March 2025 I joined the Mayoral Committee member for Community Services and Health at the Wesfleur Athletics Tartan Track upgrade. This includes resurfacing the track, replacing the top layer and improving key areas such as the hammer-throw cage,
take-off boards and steeplechase section. Once complete the track will meet IAAF and SAA standards. Combined upgrades at Wesfleur and Blue Downs represent a R60 million investment in athletics infrastructure.
LAW-ENFORCEMENT UPDATE
In December law-enforcement officers made 664 arrests (1 163), issued 30 972 fines (31 846) and recovered 12 firearms (11), four imitation firearms (6), 69 rounds of ammunition (135) and 1 762 units of drugs (2 384). Metro Police officers made 367 arrests (112), including 66 for drunk driving (26), issued 12 353 fines (14 624) and recovered four firearms, 152 rounds of ammunition and 718








Indien moontlik, vertel die veearts watter soort slang dit was, maar moenie dit probeer vang nie.
VOORKOMING
Hou jou erf netjies, sny lang gras, verwyder klip- en houtstapels, hou kosbakke binne en maak vullisdromme toe. Skud beddegoed en skoene uit. Hou honde aan ’n leiband of in ’n afgeslote plek en bied katte ’n veilige binnenshuise slaapplek. Wees voorbereid en hou die nommer van die naaste veearts byderhand. Met kennis, waaksaamheid en vinnige optrede kan jy jou troeteldier se lewe red – selfs in ’n wêreld vol stil, onverwags gevaar.

FROM THE CHAMBERS - Allister Lightburn units of alcohol. Subcouncil 1 remains committed to ensuring the safety, well-being and active participation of its residents.
Die Atlantis- spesiale ekonomiese sone (Asez) is ’n sleutelgebied vir volhoubare groei en vernuwing. Atlantis, wat net 40 km van Kaapstad af is, fokus op groentegnologie en gevorderde vervaardiging.
Die doel? Om belegging aan te moedig, werksgeleenthede te skep en Suid-Afrika na ’n lae-koolstof-ekonomie te help beweeg.
Wat Asez bied
• Grond wat ontwikkelingsgereed is en van basiese dienste voorsien is, bekostigbare huurtariewe en laer bedryfskoste,
• eenvoudiger regulasies vir vinniger projekte, toegang tot gekwalifiseerde werknemers via plaaslike opleidingsvennote,
• ondersteuning uit die Wes-Kaap se sake-ekostelsel, en
• fokus op groentegnologie soos son- en windkrag, energieberging, afval-na-waarde- en sirkulêre oplossings.
Doeane beheerde gebied (CCA)
Die Asez is nou ’n doeane beheerde gebied. Dit beteken ondernemings geniet voordele soos eenvoudiger doeaneprosesse, laer invoer- en uitvoerkoste en meer doeltreffende voorsieningskettings. Hierdie status maak die Asez ’n aantreklike basis vir plaaslike en internasionale handel
Quantum V3 – voorbeeld van groen vervaardiging
Quantum V3, die eerste fabriek binne die Asez, is tans in aanbou. Die aanleg sal asetileengas vir nywerheidsgebruik produseer en is met volhoubaarheid in gedagte ontwerp. Sonkrag, hennepbeton en moderne digitale tegnologie is deel van die projek, wat as ’n voorbeeld vir toekomstige groenfabrieke in Suid-Afrika dien. Die Asez skep ’n ruimte waar ekonomiese groei en omgewingsverantwoordelikheid hand aan hand gaan. Deur samewerking tussen regering, besighede en gemeenskappe, help die ASEZ om ’n sterker, groener en meer volhoubare ekonomie vir Suid-Afrika te bou. Groete, Matt




David Rossouw
Die jongste matriekuitslae vir 2025 van Atlantis se vier sekondêre skole wys uitmuntende verbeterings, maar ook ’n skerp daling by een skool.
Die Hoërskool Robinvale het vanjaar die kollig gesteel met die hoogste slaagsyfer in die dorp en het Saxonsea Sekondêre Skool die eerste keer in ’n dekade verbygesteek.
Laasgenoemde was die afgelope paar jaar die topskool, maar bly steeds ’n standhoudende pilaar van prestasie. Robinvale het die eerste keer in tien jaar erkenning gekry as die beste skool in Atlantis met ’n verstommende slaagsyfer van 96,6%. Die opwaartse kurwe spreek boekdele: 85,1% in 2023, 89,3% in 2024 en nou 96,6% in 2025. Volgens die skoolhoof, Vaughan Murray, het ’n kombinasie van toegewyde personeel en gemeenskapsbetrokkenheid die skool se prestasie na nuwe hoogtes geneem.
Saxonsea Sekondêre Skool het oor die jare sy plek as ’n pilaar van uitnemendheid in Atlantis bevestig. Met slaagsyfers van 94,6% in 2023, 93,8% in 2024 en 95,0% in 2025 bly die skool ’n simbool van vol-
gehoue prestasie. Al het Saxonsea 1,6% agter Robinvale geëindig, wys die skool steeds die bestendige gehalte waarop die gemeenskap kan staatmaak.
Proteus Sekondêre Skool het die grootste sprong gemaak. Dié skool het van ’n beskeie 70,8% in 2023 verlede jaar tot 90,9% geklim en in 2025 verder tot 92,0% verbeter. “Hierdie dramatiese opwaartse kurwe wys wat moontlik is met hernude toewyding en doelgerigte akademiese programme,” het die hoof, Hilton Smith, gesê.
EERS OP IN 2024, TOE AF IN 2025
Atlantis Senior Sekondêre Skool het ’n slaagsyfer van 69,2% in 2023 gehad en in 2024 tot 80,4% verbeter, maar in 2025 tot 73,3% teruggesak. Die afname beklemtoon die behoefte aan volhoubare ondersteuning en sterker strukture om leerderprestasie te stabiliseer.
Atlantis se skole wys sukses gaan nie net oor syfers nie, maar oor leierskap, toewyding en gemeenskapsbetrokkenheid. Die uitslae weerspieël hoop in die gemeenskap wat saamgestaan het om hierdie jong seuns en meisies na hul toekomsdrome te lei.
Murray sê hy is opgewonde oor sy

skool se prestasie, asook dié van die ander skole in Atlantis.
“Vir my gaan dit nie oor die beste skool in Atlantis nie, maar oor dit wat ons as opvoeders in die dorp met hierdie jong leerders vermag.”
Sommige kom uit gebiede waar omstandighede dit moeilik maak om te presteer, maar met genoeg ondersteuning van onderwysers en die gemeenskap wys dit dat dit nie onmoontlik is nie.
“Ek is baie tevrede met die uitslag

– nie omdat Robinvale die topskool in Atlantis is nie, maar omdat dit wys die onderwysers het goeie ondersteuning aan ons leerders gegee en daardie ekstra myl afgelê,” het Murray beklemtoon. “Dit gaan nie vir my oor wie die beste is nie, maar dat opvoeding in Atlantis se sekondêre skole geseëvier het.” Murray het sy tevredenheid aan die skoolhoofde, onderwysers, matrikulante en – die belangrikste van alles – die ouers en gemeenskap opgedra.


David Rossouw
Leerders van Atlantis-skole het verlede jaar by die 2025-SanlamWoorde Open Wêrelde-spelfees (WOW) ook hul taalvaardigheid, deursettingsvermoë en selfvertroue indrukwekkend ten toon gestel. Venecia Cornelius van Saxonsea Sekondêr het besonder uitgestaan deur die nasionale titel in gr. 10 te verower.
Die Sanlam-WOW-spelfees, een van die grootste veeltalige spelkompetisies in Suid-Afrika, is vanjaar die 21ste jaar aangebied en het honderde leerders van oor die land heen by die Universiteit Stellenbosch (US) byeengebring. Die kompetisie is die vlagskipprojek van die US se departement van sosiale impak en transformasie en word deur Sanlam ondersteun.
Atlantis-skole het sterk vertoon. Uzra Thorne (Saxonsea Primêr, gr. 2) het ’n vierde plek behaal, Shaylin Cloete (Hermeslaan Primêr, gr. 3) ’n tweede plek, en Lezandre Plaaitjies en Jenicka Pyl, beide van Saxonsea Primêr, het onderskeidelik die tweede en derde plekke in gr. 7 verower. Chantae Ambrose van die Hoërskool Robinvale het eerste

geëindig, terwyl Venecia Cornelius van Saxonsea Sekondêr tweede was in gr. 10 tydens die provinsiale byeenkoms, wat hulle kwalifikasie vir die nasionale eindronde verseker het. Venecia Cornelius het uiteindelik die nasionale kroon in gr. 10 gewen, met slegs ’n enkele
punt wat haar van haar naaste mededingers geskei het.
In die Engels-afdeling het Atlantis-leerders ook hul staal gewys. Alumanda Kimbill (gr. 3, Kerria Primêr), Logan Erasmus (eerste, gr. 4, Hermeslaan Primêr), Shiloh-Leigh Donkerman (eerste, Hermeslaan
Primêr), C-Jay Wyngaard (vierde, Saxonsea Primêr), asook Jade Zaaw (tweede, Saxonsea Sekondêr) en Diego Henn (vierde, Saxonsea Hoërskool) het almal goed gevaar. Deelnemers het ná afloop van die kompetisie gesê die spanning was aanvanklik hoog, maar die ervaring was groot trots en het talle nuwe vriendskappe gebring.
“Ons het met die kop hoog weggestap – nie net omdat ons goed presteer het nie, maar ook omdat ons nuwe vriendskappe gebou het,” het Lezandre Plaaitjies en Jenicka Pyl gesê.
Die eindrondes by Universiteit Stellenbosch was uiters mededingend, met die laaste drie deelnemers in Afrikaans, Engels en isiXhosa, wat mekaar behoorlik die stryd aangesê het om die kampioenskapstitels.
Die WOW-bestuurder, Fiona van Kerwel, het die geleentheid afgesluit deur Sanlam, die Universiteit Stellenbosch, die Departement van Basiese Onderwys, die deelnemers en ouers te bedank. “WOW is ’n fees en ons is bevoorreg om sulke toegewyde organisasies, skole en leerders deel daarvan te hê,” het sy afgesluit.

WeskusNuus word uitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.
Verpreiding: 30 000 koerante per maand
Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niks mag sonder skriftelike toestemming gebruik word nie.
Landlyn 021 406 2063
Redakteur
Alida Buckle
Joernalis
Nuuswenke
Advertensies
074 294 5435 alida.buckle@novusmedia.co.za
074 768 4044 murphy.roberts@novusmedia.co.za
067 091 0618
Yvette Smith 022 713 1483 yvette.smith@novusmedia.co.za
LETTERS/BRIEWE



Weskus Nuus worduitgegee deur Boland Media, ‘n filiaal van NovusMedia.
Verpreiding: 30 000 koeranteper maand Weskus Media behou die kopiereg op alle materiaal gepubliseer in WeskusNuus en niksmagsonder skriftelike toestemming gebruik wordnie.
NOTICE IN TERMS OF REGULATION 68 OF THE DEEDS
REGISTRIES ACT, 1937
Landlyn 021 406 2063
Smslyn 32467(R1 per sms)
Redakteur
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer Number
T54401/2008 passed by The Executors in the Estate
Late WILLEM VAN DER MERWE LAMBRECHTS, No. 8355/2007, in favour of VALERIE ANN LAMBRECHTS
MarykeSwart022713 1066 maryke.swart@media24.com
Joernalis
MurphyRoberts074 768 4044 murphy.roberts@media24.com
Identity Number 361005 0017 08 9, Widow in respect of certain:
50% (FIFTY PERCENT) SHARE IN ERF 1894
Nuuswenke 067091 0618
MELKBOSCH STRAND IN THE CITY OF CAPE TOWN
Advertensies
DIVISION CAPE
PROVINCE OF THE WESTERN CAPE
Madelie van Tonder022713 1483 Madelie.Tolken@media24.com
which has been lost or destroyed.
LETTERS/BRIEWE
All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town within two weeks from the date of publication of this notice.
Letters may by edited for clarity and style. We cannot supply reasons for non-publication. Shorter letters are preferred. Briewe kan geredigeer en verkort word. Redes word nie verskaf hoekom ’n bepaalde brief nie geplaas word nie. Korter briewe kry voorkeur.
Dated at MELKBOSSTRAND on 21
NOVEMBER 2025
Da te d at BR YA NS TO N on 24 NOVEMBER 2025
Applicant HENRICO MARAIS ATTORNEYS
P.O. Box 96 / 12 Rawson Street
SOMERSET EAST 5850 Tel: 042 243 0026 Fax: 086 585 0562 Email: henrico@hmatt.co.za
Die Stad Kaapstad is besig om die informelehandelsplan vir die Atlantis-area, wyk 29 en 32, te hersien.
Informele handel in die Atlantis-area word tans bestuur deur ’n informelehandelsplan wat op 15 Desember 2015 (Provinsiale Koerant 7544) afgekondig is.
Die Stad het besef dat die bestaande informelehandelsplan verouderd is en as gevolg van die ekonomiese veranderinge in die gebied hersien en bygewerk moet word.
Ingevolge artikel 17 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000, kan die publiek en belangstellende partye of groepe van 27 Januarie 2026 tot 12 Maart 2026 kommentaar, aanbevelings en insette by die munisipaliteit indien
Die publiek en belanghebbende en geraakte partye word uitgenooi om ’n opedagsessie oor hierdie aangeleentheid by te woon waar die informelehandelsplanne besigtig kan word:
Datum: 10 Februarie 2026
Tyd: 11:00 - 16:00
Kommentaar, aanbevelings en insette kan soos volg ingedien word: E-pos: LeighroyClyde.Matthys@capetown.gov.za Webtuiste: www.capetown.gov.za/haveyoursay
Per hand: By die subraad 1-kantoor hoek van Grosvenor- en Hermeslaan, Saxonsea, Atlantis
Spesiale bystand sal gegee word aan mense wat nie kan lees of skryf nie mense met gestremdhede en ander benadeelde groepe wat nie skriftelike kommentaar kan indien nie, sodat hul insette of kommentaar aangeteken en by die munisipaliteit mondelinge kommentaar
Vir enige navrae oor die konsep-informelehandelsplan, kontak of LeighroyClyde.Matthys@capetown.gov.za.
















TENDER WCC/SS/2026 - SECURITY SERVICES FOR A PERIOD OF THREE (3) YEARS
Tenders are hereby invited for the provision of Security Services for a period of three (3) years, as detailed in the tender specifica�ons.
Sealed tenders clearly marked “TENDER: WCC/SS/2026 – SECURITY SERVICES FOR A PERIOD OF THREE (3) YEARS”, must be deposited in the tender box at West Coast College, Central Office, 2 Loedolf Street, Malmesbury, before 11:00 on Friday, 13 February 2026. Tenders will be opened at this �me.
A non-refundable tender fee of R300.00 per tender document must be deposited into the West Coast College bank account as follows: Bank: ABSA Bank, Account Number: 4052300937, Branch Code: 632005, Reference: WCC/SS/2026 followed by the service provider ’s name.
To obtain a copy of the tender documents, proof of payment must be emailed to mparenzee@westcoastcollege.co.za with the subject line: Tender Document Request – WCC/SS/2026.
A compulsory site briefing mee�ng will take place at West Coast College, Malmesbur y Campus, 2 Loed olf Street, Malmesbur y, on Tuesday, 03 February 2026 at 12:00.
Tenders will be evaluated in accordance with the College’s Supply Chain Management Policy
Tenders must remain valid and binding for ninety (90) days a�er the closing date All prices must include VAT.
A valid and original tax clearance cer��cate issued by the South African Revenue Service (SARS) must accompany the tender
Late or incomplete tenders will not be accepted. Proof of dispatch will not be regarded as proof of receipt. West Coast College is not obliged to accept the lowest or any tender. The College reserves the right to accept or reject any tender, in whole or in part, and may cancel the tender process and reject all tender offers at any �me prior to the conclusion of a contract. No liability will be incurred by the College in this regard Wri�en reasons for such ac�on will be provided upon request.






kenbord toe vir die spankaptein, Duwayne Cupido, en sy manne om reg te maak wanneer hulle Lentegeur op 31 Januarie op die Mamre-sportveld pak.
Die Mamre Hawks het Saterdag (24 Januarie) hul vierde agtereenvolgende oorwinning behaal en skuif nou nader aan die voorlopers Wesbank en Peninsula in die Westelike-Provinsie-Krieketvereniging se tweede afdeling, 1D-liga.
Die Hawks het Ikamva op hul tuisveld vernietig en die besoekers vir ’n skamele 74 lopies in net 27 boulbeurte uitgeboul. Tyrone Karolus was die uitblinker met ’n ontleding van 5-1-8-3. Marshall Skippers (8-3-18-2) en Leyton Geduld (6-0-13-2) het sterk ondersteuning gebied.
Die Hawks se teikenjag was egter nie sonder spanning nie.
Reagan Adonis (17) en Elton Vlotman (10) het aggressief begin, maar is vroeg uitgehaal. Die veteraan Bradley Roos (12) en Roual Stubbs (14) het probeer om die beurt te stabiliseer, maar ook later slagoffers geword van Wandile en M.Notanda. Jeo Cleophas het egter die wenlopie van die eerste bal van die 16de boulbeurt geslaan om die Hawks met vyf paaltjies te laat seëvier.
Hierdie oorwinning het die Hawks na die derde plek op die punteleer laat opskuif –net drie punte agter Wesbank. Die Hawks het egter een wedstryd minder as Wesbank gespeel.
Dit het egter nie so goed gegaan met die Hawks teen Cape Forces nie, want hulle is op die Wynberg Militêre sportvelde met twee lopies geklop. Dit is dus weer terug te-
Murphy Roberts
Laeeq Maasdorp van die Glide Along Aquatics-swemklub in Atlantis maak behoorlik golwe in die swembad. Dié o.17-swemmer is vroeër vanjaar deur Swem SA na ’n oefenkamp in Nelspruit genooi om sy talent verder te ontwikkel. Maasdorp, wat droom van wêreldkampioenskappe en Olimpiese goud, sê sy gunstelingitems is die 50-m- en 100-m-vryslag. “Dit was goed om saam met die bestes in die land in Nelspruit te oefen. Ek het baie geleer in daardie
tyd,” vertel hy trots. Volgens sy afrigter, Gerrie Coetzee, werk hy reeds die afgelope vyf jaar met dié talentvolle swemmer. Maasdorp het Saterdag (24 Januarie) tydens ’n swembyeenkoms in Somerset-Wes byna al sy items gewen en vier eerste plekke asook een tweede plek behaal. Glide Along Aquatics het slegs 13 mededingende swemmers, maar danksy Maasdorp se skitterende vertoning het die klub algeheel derde geëindig. “Niks moet egter van ons ander swemmers weggevat word nie – almal het ’n bydrae gelewer,” vertel die afrigter trots.
ATLANTIS BAGGY BLUES
Atlantis Baggy Blues het ’n bloutjie geloop teen Sherwood Manenberg in ’n groep-1C-ligawedstryd en is vir slegs 112 uitgeboul – minder as die helfte – en met 124 lopies verslaan. Manenberg het die loot gewen en besluit om eerste te kolf en is beperk tot 236/10 in 48.5 boulbeurte.
Kenny Katz (70 van 82 balle, 5x4, 3x6) was die ankerman, terwyl Fayaaz Isaacs (44 van 31 balle, 8x4) en Anees Adams (41 van 51 balle, 2x4, 3x6) waardevolle bydraes gelewer het.
Marchillino Julies (10-2-19/4) en Imtiyaaz van Rheede (10-1-33/2) was die Baggy Blues se beste boulers.
Die Baggy Blues se jaagtog na die teiken van 237 het rampspoedig begin. Thaden
Slavers (2) en Clayton Charles (0) moes vroeg gaan stort toe hulle met die tellings op 15 en 17 kleedkamer toe gestuur is. Jesse Adams (25) en Jade Whites (26) het die beurt probeer stabiliseer, maar ná hul vertrek op 62 en 69 met die verlies van vier paaltjies, was die wedstryd feitlik iets van die verlede.
Hoewel Imtiyaaz van Rheede (11*), hard probeer het om die kolfbeurt weer op koers te bring, kon hy nie daarin slaag om die ineenstorting te keer nie. Die Baggy Blues is uitgeboul vir 112 lopies en het die wedstryd met 124 lopies verloor.
Die Baggy Blues het ook ’n loesing op die lyfgeloop teen die voorlopers Bergvliet in ’n 1C liga-wedstryd toe hulle vasgeval het en met vier paaltjies op die Robinvalesportterrein geklop is.
Hulle is in 43.3 boulbeurte vir 174 almal uitgeboul. Bergvliet het hul teiken in die 32ste boulbeurt verbygesteek met 177/4 en met ses paaltjies gewen.
