Skip to main content

WeskusNuus-E-edition-13 May 2025

Page 1

Janel van Vliet

Sielkundige / Psychologist M.A. Sielk. | B.A.Honn.Sielk. | B.Com.BSielk. Counselling Psychologist PR 8630453

021 572 5771 067 850 6479 Atlantis - Wesfleur Privaat Kliniek, Wesfleursirkel Durbanville - 22 Marco Close, Uitzicht Mediese fondse en bankkaartbetalings word aanvaar. NM10011068-WU130525

Verspreidingsgebiede: Atlantis, Mamre, Pella, Duinefontein en Melkbosstrand | Dinsdag, 13 Mei 2025 | Tel: 021 406 2063 | E-pos: Murphy.Roberts@media24.com

Kollegas van verskillende kantore het Vrydag hulde gebring aan hul kollega en vriend Clevelyn Petersen wat Saterdag 3 Mei weens ‘n hartaanval dood is. Foto: Murphy Roberts.

Sterf by ma se kis Hartaanval eis haar seun op haar begrafnis

Letitia Faullmann het aan die roubeklaers vertel van die spesiale werksverhouding wat sy met Clevelyn gehad het.

Micheala Du Plesis het in ‘n hartroende boodskap gesê Clevelyn het baie mense aangeraak met sy persoonlikheid en het nooit geskroom om ander te help nie.

Kaylene Jacobs, Clevelyn se verloofde, en hul negejarige seun, Malachi, of “Boetman”, soos sy pa hom genoem het. Foto: Murphy Roberts

Clevelyn Petersen, ’n bekende rugbyman van Mamre , het Saterdag 3 Mei tydens sy ma se begrafnis aan ’n hartaanval beswyk.

Murphy Roberts

hospitaal geen pols gehad nie en hy is aan ’n hartaanval dood. Sy het gesê haar verloofde was ’n mense-mens wat altyd ander se belange op die hart gedra het. “Almal het Clevie geken – van die werkers by die vulstasie tot die local viswinkel – en hy was geliefd onder sy mense.” Petersen, ’n amptenaar van die department van arbeid, se skielike dood het inwoners van Atlantis, Mamre en Pella stomgelaat omdat hy altyd uit sy pad gegaan het om ander te help. Hy is op sosiale media as “eenvoudig net ’n mense-mens” beskryf. Erneston Abels, die voorsitter van Hamlets RFC, sê Petersen was die eerbiedigste mens met wie hy al saamgewerk het.“Hy was my vertroueling en het baie met my gedeel. Ek sou eers met hom oor ’n saak praat voordat ek dit na die res van die bestuur sou neem. Hy was ’n ware steunpilaar. Ons het wedersydse respek vir mekaar gehad en mekaar goed verstaan. Hy was altyd eerlik en opreg en wou nooit ander se gevoelens seermaak nie.” • Kollegas van Petersen het Vrydag (9 Mei) tydens ’n herdenkingsdiens in Mamre vriende en familie vertel Clevelyn was net ’n plesier om mee saam te werk, en hulle kon nie uitgepraat raak oor sy liefde vir mense en veral sy kliënte nie.

Hy was een van die eerlikste kollegas wat sy geken het en wou net die ekstra myl vir kliënte loop, het Surya Moolatjie van die Athlone-kantoor gedeel.

H

David Shozi kon nie uitgepraat raak oor sy kollega Clevelyn Petersen nie en het roubeklaers aangemoedig om hul kollega se gees te laat voortleef.

Dié bekende rugby-administrateur van Mamre het verlede Saterdag (3 Mei) tydens sy ma se begrafnis aan ’n hartaanval beswyk. Volgens Petersen se tante Shirleen Arends het sy direk agter hom in die kerk gesit. Kollegas van Petersen se oorlede ma, Crystal Erasmus, het gedurende haar begrafnisdiens ’n sangnommer gelewer. Terwyl die groep gesing het, het Petersen in trane uitgebars en rou snikke het deur sy liggaam geskeur toe hy skielik na sy hart gryp, vertel Arends. Petersen, ’n voormalige ondervoorsitter van die Hamlets-rugbyklub, is inderhaas na die Wesfleur-hospitaal gejaag waar medici probeer het om sy lewe te red. Volgens Kaylene Jacobs, Clevelyn se lewensmaat van 10 jaar en die ma van sy negejarige seun, wat langs haar verloofde in die kerk gesit het, het Clevelyn probeer om sy knope los te maak en hardop gevra “Yoh, wat gaan dan nou aan?” Volgens Jacobs het dokters ook gesê hy het met sy aankoms by die

y moes sy ma se oorskot uit die kerk help dra, maar toe moes Clevelyn Petersen (36) in ’n tragiese verloop van gebeure self uit die kerk gedra word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
WeskusNuus-E-edition-13 May 2025 by Novus Media - Issuu