Skip to main content

VrystaatKroon E-edition - 12 March 2025

Page 1

Wednesday, 12 March 2025

Stelery oorweldig MADLI GROBBELAAR Sedert Februarie heers ’n vlaag van misdaad in Kroonstad, waar meer as 51 watermeters in verskeie woonbuurte in die dorp gesteel is. Aanvanklik het die diefstal van hoofsaaklik watermeters van koper in die Noordhoek- en Môrewag-woonbuurte van Kroonstad plaasgevind. Sedert begin Maart het Suidrand en die middedorp van Kroonstad deurgeloop. Spaski Geldenhuis, DA-raadslid van die Moqhaka-munisipaliteit in Kroonstad, sê die bogenoemde gevalle van watermeters wat gesteel is, is wat by die Moqhakaplaaslike munisipaliteit aangemeld is, maar hulle vermoed die getalle het intussen vermeerder. Die watermeters wat aan die munisipaliteit behoort is óf binne óf buite erwe op die dorp gesteel. “Die steel van watermeters word as ’n pri-

oriteitsmisdaad beskou. “Daarom is daar ’n gesamentlike projek deur die polisie, gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), buurtwag en raadslede begin om diefstalsake te open,” sê Geldenhuis. Op veiligheidsgroepe is beeldmateriaal van ’n kringtelevisieopname gedeel waar ’n verdagte ’n watermeter steel. Linda Louwrens, DA-raadslid van die Moqhaka-munisipaliteit in Kroonstad, het bevestig dat watermeters in Suidrand, Kroonstad-middedorp, Noordhoek, Tuinhof, Uitsig, Goedgedacht, Wespark en Môrewag gesteel is. “Ons is diep bekommerd oor die impak van hierdie diefstalle op inwoners en munisipale infrastruktuur. “Die plaaslike munisipaliteit het nie beskikbare watermeters nie en wend hulle tot direkte aansluitings om watertoevoer vinnig te herstel. “Hierdie tydelike oplossings is egter onvolhoubaar en hou aansien-

like veiligheidsrisiko's in” sê Louwrens. Dika Kheswa, woordvoerder vir die Moqhaka- plaaslike munisipaliteit, sê volgens die munisipaliteit is daar sedert 3 Maart 40 watermeters gesteel. Een verdagte is by ’n skrootmetaalhadelaar aangekeer toe hy een wou verkoop. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, het die diefstalle bevestig. Geldenhuis sê mense moet luister as hul honde blaf. Dié wat goeie beligting buite hul huise het, moet ook dalk ’n alarmstelsel oorweeg. Hy sê dit is egter moeilik om die diefstal van watermeters hok te slaan weens die feit dat dit nie toegesluit kan word nie. Enigiemand wat moontlik inligting oor die diefstalle het, word versoek om dadelik met die owerhede kontak te maak.

FREE

Vier 96 jaar vreugdevol MADLI GROBBELAAR

’n Vlaag van diefstalle van watermeters laat inwoners van Kroonstad en die Moqhaka-plaaslike munisipaliteit met hul hande in hul hare. Sedert Februarie is meer as 51 watermeters op dié dorp gesteel. Owerhede vermoed dit kan moontlik al meer wees.

Een van Bethlehem se oudste inwoners het haar 96ste verjaardag vreugdevol saam met familie en vriende gevier. Ellie van der Wath, ook bekend as Nenna, het op Donderdag 6 Maart dié reuse-mylpaal gevier. “Dit is ’n groot voorreg Ellie van der Wath om die spesiale dag saam met my vier kinders te kan vier, en ek is so dankbaar daarvoor,” het sy gesê. Van der Wath spog met 9 kleinkinders, 25 agterkleinkinders en 4 agter-agterkleinkinders. Van der Wath is ’n natuurliefhebber wat haar in die skone natuur kan verlustig en is gaande oor wolke, wat sy sê hul eie stories vertel. Hoewel sy naaldwerk, brei en hekel vreeslik geniet het, en sy vroeër jare selfs vir skole in Bethlehem klere gemaak het, moes sy dié soort handwerk neerlê. Sy leef egter steeds haar kreatiwiteit uit deur inkleurwerk. As diepgelowige is ’n hoogtepunt van haar lewe dat sy as die eerste diakones van die NG kerk gekies is, nadat vroue in 1990 toegelaat is om in die kerkraad in die Vrystaat te dien. Van der Wath, wat deur haar familie as ’n inspirasie beskryf word, het Donderdag as deel van die feesvieringe op die maat van haar gunsteling-liedjie, ‘‘Ou ryperd,’’ saam met haar kinders gedans.

BUILDING CONSTRUCTION

X1YE3LKW-VR120325

X1YDE9NU-VR120325

13 MAART 2025 09:00

Plot 7 Hamilton Straat, Marquard 28°39’32.9”S 27°25’56.2”E

Fosfaat, Kalium, Korrelkalk Bemesting: Nitraat & Ureum Verskeie Ripperproewe

Nant Yzel: 083 339 3408 • Gerrit van Rooyen: 072 309 9249 Adriaan Kramer: 083 992 6406 • JT Prinsloo - VKB: 083 448 8288


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
VrystaatKroon E-edition - 12 March 2025 by Novus Media - Issuu