Skip to main content

VrystaatKroon 12 February 2025

Page 1

Vrystaat KROON Wednesday, 12 February 2025

news24.com – Publications

FREE

VL verwelkom steun uit Amerika

‘Dis hoog tyd’ MADLI GROBBELAAR Vrystaat Landbou (VL) het die steun wat Amerikaanse president Donald Trump aan die Suid-Afrikaanse landbousektor toegesê het, verwelkom. Trump het verlede week ’n uitvoerende bevel onderteken wat finansiering aan SuidAfrika inkort. Dit volg pres. Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Onteieningswet in Januarie. Die Amerikaanse president het ook sy steun getoon aan landsburgers wat as slagoffers van onregverdige diskriminasie op grond van ras beskou word, deur te sê dat Amerika “Afrikaner-vlugtelinge” in Amerika sal hervestig. Suid-Afrikaners het die aankondiging met gemengde gevoelens ontvang. Francois Wilken, VL-president, sê dit is vir die organisasie bemoedigend dat die Amerikaanse regering op die pleidooi van Suid-Afrikaanse boere ag geslaan het en erken het dat landbouers se veiligheid en eiendomsreg deur die ANC-geleide regering bedreig word. “Die bewering dat pres. Trump en sekretaris Marco Rubio vandeesweek valslik beweer het dat die owerhede in Suid-Afrika besig is om private eiendom te konfiskeer, is self verkeerd. Die konfiskering van eiendom mag eindig in die werklike onteiening van grond, maar die proses begin reeds met beleid en wetgewing wat gevestigde eiendomsregte ondermyn of verswak,” sê Wilken.

“Die feit is dat Suid-Afrika se nuwe Onteieningswet staatsliggame in staat stel om grond en ander bates te onteien sonder om markverwante vergoeding te betaal.” Volgens die VL is die terminologie wat Trump en Rubio gebruik het akkuraat, selfs al is spesifieke stukke grond in Suid-Afrika nog nie onteien nie. “Die VL staan gereed om enige hulp en ondersteuning vir die landbousektor en ons boere te aanvaar. Veral wanneer die hulp deur Amerika en pres. Trump aangebied word.” Trump het gesê dat boere en Afrikaners voorts vlugtelingstatus in Amerika sal geniet, en dit beskou die organisasie as ’n wekroep vir die regering, landbou-organisasies en alle gemeenskappe in Suid-Afrika. Die organisasie sê ook plaasmoorde en plaasveiligheid is al langer as 30 jaar ’n werklikheid. “Geen pogings om die probleme hok te slaan het enige blywende resultate opgelewer nie. Boere staan weerloos teen die misdadigers wat vir dekades vee steel en groot dele van oeste plunder, terwyl die polisie nie in staat is om ons te help nie.” Die VL sê die bogenoemde probleme word net ontken, weggepraat of geïgnoreer deur ’n politieke elite wat die land kaal stroop. Die organisasie reken die Onteieningswet bedreig die besittings, asook die ekonomiese voortbestaan, van die bedryf. “Die VL staan gereed en wag om te sien hoe Suid-Afrika se boere en Amerika ’n opbouende pad saam kan stap om ons eie, en Suid Afrika, se toekoms te verseker.”

Die minister van landbou, John Steenhuisen, spreek boere toe op die tiende Sernick-boeredag vir ontluikende boere, wat verlede week in Edenville plaasgevind het. Verskeie uitdagings waarmee die boere worstel, het aan die bod gekom. FOTO: VERSKAF

Ontluikende boere kry leiding MADLI GROBBELAAR Die minister van landbou, John Steenhuisen, was een van die sprekers op ’n saamtrek vir ontluikende boere verlede week in Edenville. Op die tiende Sernickboeredag op 7 Februarie het Steenhuisen verskeie landboukwessies aangespreek, waaronder landelike veiligheid, veediefstal, geldelike uitdagings en die kwessies rondom grondhervorming. “Baie ontluikende boere werk onder onsekere huurkontrakte. Die oordrag van titelaktes sal aan hulle

voldoende sekuriteit, toegang tot krediet en verskeie langtermynbeleggingsgeleenthede gee. Dit sal ’n spelveranderaar vir ekonomiese groei en werkskepping in die landbou wees. Daarom is dit belangrik om die grondhervormingbeleid en kwessies daarom spoedig uit te sorteer,” meen Steenhuisen. Vandeesweek sal Steenhuisen met Senzo Mchunu, die minister van polisie, vergader om uitdagings rondom landelike veiligheid en veediefstal te bespreek. Hy het dié besprekingspunte reeds in ’n brief onder Mchunu se aandag gebring. Volgens Steenhuisen het

die landboubedryf sedert 2011 wel 43,2% meer werksgeleenthede geskep – groei van 653 000 poste tot 935 000 in 2024. “Landbou bied een van die vinnigste maniere om werk te skep. “Deur in ontluikende boerderye en vaardigheids­ontwikkeling te belê, sal ons Suid-Afrika se volle potensiaal kan ontsluit.” Die minister het ook met die boere oor geldelike uitdagings gesels. Steenhuisen het Nick Serfontein, hoof van die Sernick-groep, bedank vir die bydrae wat hy lewer om ontluikende boere te ondersteun.

BUILDING CONSTRUCTION

000000000-VR120225

X1YD9LV9-VR120225

LEES MEER BINNE

X1YDC7G1-VR120225


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
VrystaatKroon 12 February 2025 by Novus Media - Issuu