Skip to main content

VrystaatKroon-E-edition - 25 Junie 2025

Page 1

Wednesday, 25 June 2025

GRATIS

Sentrum laat besoekers oerreuse se spore naloop

Verlede lééf hier MADLI GROBBELAAR

Die Kgodumodumo-dinosourussentrum is amptelik by die Golden Gate Hoogland- Nasionale Park geopen. Groot opgewondenheid heers oor die sentrum wat op Sondag 22 Junie deur die department van toerisme geopen is. Daar is ses enorme dinosourusse wat besigtig kan word, wat deur die Suid-Afrikaansgebore Steven Saunders, ’n beeldhouer en stelvervaardiger wat in Nieu-Seeland woon, ontwerp en gebou is. Die spesifieke dinosourusse is uniek aan die omgewing. Navoring is gedoen om die dinosourusse wat in die Oos-Vrystaat voorgekom het, uit te beeld. Vanaf Maandag 23 Junie is die sentrum oop vir besoekers. Die wêreldklas-sentrum sal toerisme in die Oos-Vrytaat bevorder en hooggeplaastes soos Patricia de Lille, minister van toerisme, het die openingsgeleentheid bygewoon. Paddy Gordon, bestuurder van die park, sê dat die sentrum ’n unieke ervaring vir elke besoeker bied. “Die uitstallings volg op mekaar en daarom sal besoekers by een punt begin en deur die sentrum beweeg om die volle storie agter die dinosourusse te verstaan en te beleef.”

Groot opwinding heers in die Oos-Vrystaat, waar die nuwe Kgodumodumo-dinosourussentrum Sondag in die Golden Gate Hoogland- Nasionale Park geopen is. Hier is een van die uitstallings. Foto: Zane Forst

Heinrich Pelser van die Clarens-toerismeforum sê die sentrum is ’n groot aanwins vir die Oos-Vrystaat en sal vir seker toerisme bevorder. “Dinosourus-koors loop hoog in Clarens en van ons restaurante en winkels bied unieke dinosourusgebaseerde produkte vir besoekers aan.” Die Kgodumodumo-sentrum sal 'n beduidende bydrae lewer tot ekonomiese groei en werkskepping – nie net binne die Dihlabeng-munisipaliteit nie, maar regoor die breër Oos-Vrystaat.

BUILDING CONSTRUCTION

“Dit beklemtoon die belangrikheid van volgehoue beleggings in toerisme en die bewaring van ons natuurlike erfenis,” sê raadslid Estie Senekal van Dihlabeng. Vir Junie en Julie kos toegang tot die Kgodumodumo-dinosourussentrum R70 per volwassene en R35 per kind. Skoolgroepe van 60 kinders of minder in die Thabo Mofutsanyana-streek kan die sentrum gratis besoek. Skole in ander streke moet vooraf skakel om reëlings te tref.

‘Rol as hoof ’n voorreg’ Die 37-jarige Stefan Bester is as die nuwe hoof van die Laerskool Jordania in Bethlehem aangestel. Bester sal amptelik van 1 Julie af aan stuur van die skool staan. Hy het 15 jaar ondervinding in die onderwys en was vir agt en ’n half jaar die adjunkhoof aan die Kroon Primêre Skool in Kroonstad. Bester se onderwysloopbaan het in 2010 aan die Sentrale Volkskool in Kroonstad begin. Hy is in 2017 as adjunkhoof by Kroon Primêr aangestel. “Dit is ’n ongelooflike groot voorreg om hierdie nuwe uitdaging aan te pak. Ek sien baie uit om ’n verskil te maak in mense en die kinders hier in Bethlehem se lewe.” Bester sê dit is sy droom om elke leerling van Jordania tot hul volle potensiaal te help ontwikkel, deur werklik te glo in hul eie waarde en vermoëns. “Ek sien ’n skool as ’n plek waar elke kind die ruimte gegun word om te groei – hetsy op akademiese, sport- of kultuurgebied.” Hy het ’n B ED-graadkursus aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) voltooi en is besig om ’n honneursgraad in bestuur, regte en beleidstudie aan die Universiteit van Pretoria (UP) te verwerf. Hy beskou homself as ’n dinamiese mens met ’n groot liefde vir sport, kultuur en akademie. Hy het ondervinding met die afrigting van o.13A-rugbyspanne en is ook by Vrystaat-krieket betrokke. Bester

Die nuwe hoof van die Laerskool Jordania is Stefan Bester, ’n Kroonstadter in murg en been. Foto: Verskaf

is die Vrystaatse o.11A-krieketspan se afrigter en is ’n krieketkeurder. Verlede jaar is hy deur Krieket Suid-Afrika genooi om die vlak 3-afrigtingskursus by te woon, wat hy teen einde 2025 sal voltooi. “Ek het ’n liefde vir kultuur, omdat dit selfvertroue bou en mense die ruimte gee om hulself op kreatiewe maniere uit te druk. Ek speel graag kitaar en het in die verlede al die voorreg gehad om op feeste op te tree.” Hy is met Madrileen Bester, ’n arbeidsterapeut, getroud en die egpaar spog met twee spruite, Nelanie (8) en Dandré (5). Bester sê hy geniet nie net die buitelewe nie, maar ook om te jag en te skiet. Wanneer die geleentheid hom voordoen, speel hy graag ’n potjie gholf.

HOËRSKOOL HIGH SCHOOL

WIT TEBERG

#NET 1SKOOL

NM10015243-VR250625

code: 435124

incl VAT

R16each 599

NM10015632-VR250625


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
VrystaatKroon-E-edition - 25 Junie 2025 by Novus Media - Issuu