


![]()



The ongoing water issues in the Mafube Municipality have left residents in despair
Water issues in Mafube have continued for the last two months, with a lack of water due to frequent pipe bursts, chemical shortages, incorrect dosages, pump failures, sludge in intake sumps, broken pumps and no tanker back-up
On 29 August, municipal infrastructure grant (MIG) projects were handed over, but this was overshadowed by dry taps in almost all Mafube towns
The Frankfort water treatment plant is dysfunctional, with only one working sand filter
Pipeline replacement stands at 22% completion, hindered by pipe bursts and a lack of technical support
The Tweeling borehole handover might resolve some issues, but supply remains unreliable until the dysfunctional supplementary pump station is refurbished
Residents of Villiers and Qalabotjha have faced days without water due to chemical shortages and unpaid workers on strike
Cllr Suzette Steyn of the DA in the Mafube Municipality said they would escalate Mafube’s ongoing water crisis to the Department of Water and Sanitation (DWS) and the Department of Cooperative Governance and Traditional Affairs (Cogta), whilst strengthening oversight to hold the municipality accountable for restoring a reliable supply of clean drinking water
The DA is deeply concerned about Mafube’s lack of planning, maintenance, and project implementation
Communities face constant failures, unpredictability, and poor communication
Steyn pointed out that during Deputy Minister Isaac Seitlholo’s oversight

Residents of the Mafube Municipality are in despair due to the ongoing water issues they experience The photo shows the poor water quality,in the case of water being available at all Photo: Supplied
visit on 2 June, recommendations were made by the Department of Water and Sanitation (DWS) to improve Mafube’s water supply, such as: prioritise operation and maintenance of infrastructure, register treatment works, recruit qualified staff, improve project and service
provider management, and improve communication with communities Section 106 of the Municipal Systems Act empowers the MEC to act if maladministration, fraud, corruption or malpractice occurs in a municipality, says Steyn
Vrystaat Landbou (VL) het verlede week in ’ n verklaring gesê die organisasie verwerp ten sterkste Pres Cyril Ramaphosa se onlangse opmerkings waarin hy Suid-Afrika se grondhervormingspogings met Zimbabwe se “rampspoedige eksperiment” vergelyk het
Die organisasie sê sulke vergelykings is nie net misleidend nie, maar kan ook baie gevaarlik wees “Zimbabwe se sogenaamde grondhervorming het een van Afrika se mees produktiewe landbou-ekonomieë in duie laat stort, voedselsekerheid vernietig en miljoene in armoede gedompel
“Om dit as ’ n voorbeeld vir Suid-Afrika aan te voer, toon ’ n kommerwekkende minagting vir die lesse van die geskiedenis” , sê Friedl von Maltitz, vise-president van die VL
Die organisasie sê kommersiële landbou is nie die vyand van transformasie nie dit is die ruggraat van Suid-Afrika se ekonomie en die sleutel tot voedselsekerheid
Boonop word dit beskou as:
■ ’ n groeiende bydraer tot die bruto binnelandse produk (BBP) primêre landbou se aandeel van die BBP het gestyg van 1,8% in 2013 na 2,8 % in 2024;
■ ’ n nasionale enjin bosbou en visserye ingesluit, dryf landbou byna 12% van die BBP deur sterk skakels met vervaardiging en ander sektore; ■ skepper van werksgeleenthede en lewensonderhoud dié sektor onderhou honderdduisende gesinne, veral in landelike gebiede
waar alternatiewe werk skaars is ■ onderhouer van buitelandse wisselwaarde (valuta) landbou hou Suid-Afrika wêreldwyd mededingend en skep uitvoerverdienste; en ■ stabiliseerder van sosio-ekonomie landbou onderlê armoede-vermindering, landelike stabiliteit en bowenal voedselsekerheid
“Die ondermyning van hierdie sektor deur roekelose retoriek of ondeurdagte beleide is ’ n direkte bedreiging vir elke Suid-Afrikaner se bord kos en elke werker se werk Grondhervorming moet slaag, maar dit sal bly misluk as dit produktiwiteit opoffer vir politieke doelmatigheid,” sê Von Maltitz Francois Wilken, VL-president, sê as die Suid-Afrikaanse regering werklik ernstig is oor transformasie, dit die toekenning van eiendomsregte en titelaktes aan nuwe toetreders en ontluikende boere as voorkeursaak moet hanteer; sonder veilige eienaarskap kan geen boer toegang tot finansiering kry, in hul grond belê of volhoubare ondernemings bou nie
“Ware bemagtiging beteken nie om grond uit produksie te haal nie, maar om boere sekerheid en ondersteuning te bied om suksesvol te wees ”
Die VL sê hy ondersteun betekenisvolle, volhoubare transformasie
“Ons sal egter nie stilbly wanneer regeringsnarratiewe die risiko loop om Zimbabwe se foute te herhaal nie Die president moet leierskap bied wat die sektor versterk, nie verswak nie,” sê Wilken
Die VKB-groep meen veiligheid in landelike gemeenskappe is ’n spanpoging, nie ’n eenmansaak nie Ter ondersteuning hiervan word die gholfdae vir landelike veiligheid deur die VKB-groep aangebied, in samewerking met sy verskaffers en vennote, om bewusmaking te skep
VKB glo landelike gemeenskappe se veiligheid is in die hande van elke Suid-Afrikaner, en die volhoubaarheid daarvan is ʼn spanpoging waarvan die waarde nie onderskat moet word nie; mense moet hande vat, oplossings vind en nuwe stories begin skryf
Die gholfdae is reeds die afgelope nege jaar baie suksesvol Drie afsonderlike geleenthede word nou aangebied: een in die VKB-streek (Vrystaat en omliggend) en een in die NTK-streek (Limpopo en omliggend), met die projek wat vanjaar uitgebrei is met ook n gholfdag in die GWK-streek (NoordKaap en omliggend)
Vanjaar se gholfdae was op 22 Mei by die Kimberley-gholfklub en ook by Koro Creek in Modimolle Die een by die Clarens-gholfklub is op 12 Junie aangebied
Die geld wat ingesamel word, word ten bate van die bevordering van veiligheid in die platteland aangewend met R1 miljoen wat in 2024 aan georganiseerde landboustrukture bewillig is om hul projekte vir landelike veiligheid te ondersteun
Die toedeling en verspreiding van die geld word deur die VKB-groep se direkteure in die verskillende streke gekoördineer
Meer inligting oor 2025 se insameling sal eersdaags bevestig word
Die voordele van veiligheidsoptredes wat deur organisasies vir georganiseerde landbou gedryf word spoel organies oor na omliggende gemeenskappe iets wat vir die VKB-groep en sy mense van groot belang is Juané Tarr, hoof van kommersiële bemarkingsdienste sê in ’ n vorige onderhoud dat die projek n positiewe ontwikkelingsinvloed het en die

Die VKB-groep het vanjaar ’n gholfdag vir landelike veiligheid tot die jaarlikse geleenthede bygevoeg om bewusmaking te bevorder Dit is dié in die GWK-streek,wat die Noord-Kaap en omliggende gebied insluit.Hier is van die spelers wat die gholfdae ondersteun het. Foto: Verskaf
fokusse en voorkeursake van die VKB-groep en sy handelsmerke ondersteun
“Die projek ondersteun wat in die belang is van ons aandeelhouers, kliënte personeel en die breër gemeenskap Dit dra by tot positiewe verandering en dit bied die geleentheid om hande te vat met instansies en die gemeenskap vir wie veiligheid op die platteland net so belangrik is, sê Tarr
Wanneer deelnemers aan die gholfdae gevra word wat hul gevoel oor die belangrikheid van landelike veiligheid is, wentel die antwoorde rondom dieselfde middelpunt: om by te dra tot veiligheid en indirek tot voedselsekerheid
Hendrik Reinhardt nasionale verkoopsbestuuder van Total Energies, meen dit is vir dié onderneming belangrik om ’ n bydrae tot die bevordering van veiligheid te lewer Total het verlede jaar sy 70ste bestaansjaar gevier
As jy terugkyk, sal jy besef Total Energies is in Suid-Afrika sterk gevestig in die landbousektor iets wat ons na aan die hart lê want landbou is een van die kernboublokke van ons land Sonder voedsel kan die mens nie voortbestaan nie
Bruce Glenday van Dromex se mening sluit hierby aan as dié van ’ n trots Suid-Afrikaanse maatskappy wat daarop gefokus is om plaaslike gemeenskappe se hande sterker te maak; hetsy deur werkskepping of betrokkenheid by veldtogte wat gemeenskappe ondersteun
Ons glo dat plaas- en voedselsekuriteit in die land kernbelangrik is vir almal; waar ons ons deel kan doen is ons baie bly om betrokke te kan wees, sê Glenday
Henri-Ben Rheeder van Standard Bank reken dit is belangrik om terug te gee en lê ook klem op voedselsekerheid
n Mens besef dit nie, maar dit wat ons vanoggend geniet het die melk in jou koffie die brood wat jy eet alles wat ons vir middag- en aandete geniet dit kom van die boere af, sê Rheeder Ons wil vir hulle teruggee en dankie sê; dit is een rede hoekom dit vir ons belangrik is om hierby betrokke te wees ” Tarr sê dit is wonderlik om positiewe invloed van goeie samewerking op hierdie geleenthede te ervaar Ons is dankbaar vir die ondersteuning van ons verskaffers wat deel hiervan is; elke bydrae bring ’ n verskil tot die groter doelwit ” sê sy Die VKB-groep bedank vanjaar die hoofborge Standard Bank, Dromex en Total Energies en al die ander verskaffers wat saamgestaan het om ’ n werklike verskil in plattelandse gemeenskappe te maak

Die verhoogproduksie Roep van die leeu, wat deur Maretha Maartens geskryf is,is op die fees opgevoer.Maartens en haar man,Hennie,was eregaste
Die Ignite and Revive- Christelike fees in Kroonstad was ’n reuse-sukses, met ’n rekordgetal feesgangers wat dit bygewoon het
Die fees het van 29 tot 31 Augustus by die Kroonstad-selgemeente plaasgevind
Die hoogtepunte van die naweek sluit onder meer in die bydraes van verskeie motiveringsprekers, optredes deur welbekende sangers en die aanbied van ATKV-produksies van hoogstaande gehalte
Skrywer Maretha Maartens was

Organiseerders van die Ignite and Revive- Christelike fees,wat van
in
feesgangers saam op die Saterdagmiddag van die fees.
’ n eregas met die vertoning van die ATKV-verhoogproduksie Roep van die leeu, wat uit haar pen gevloei het
Feesgangers kon tussen al die uitstallers en kostalletjies rondbeweeg, terwyl kinders op die springkastele en
met ’ n poppekas-produksie vermaak is André van Pletzen van die Ignite and Revive-organisasie, en een van die organiseerders van die fees, sê hy glo die organisasie het in die doel geslaag om besoekers nader aan God te bring om só ’ n verskil in die gemeenskap te maak
“Ons kan net opreg elke borg, asook al die organiseerders, kunstenaars, uitstallers, stalletjiehouers en feesgangers bedank vir ’ n absolute wonderlike naweek waar herlewing, hoop en geloof aan die orde van die dag was, ” sê Van Pletzen


Die somer is in die lug, en wanneer ’n mens die warm lenteweer voel, kan ’n mens nie help om te wonder of vanjaar se somer buitengewoon warm sal wees nie
Hiermee in gedagte broei ’ n tergende kommer dat die waterkwessies wat landwyd ervaar word, op talryke plekke in krisis kan ontaard Daar is amper nie ’ n munisipaliteit in die Vrystaat wat nie met die een of ander waterkwessie te kampe het nie
Die gebrek aan water weens gereelde pypbarste; chemikalie-tekorte of die toediening van verkeerde hoeveelhede chemikalieë; foutiewe waterpompe; en stukkende toerusting is maar enkele van die uitdagings
Boonop beskik munisipaliteite nie eens oor genoeg watertenkwaens om gemeenskappe in waterlose tye te ondersteun nie; gemeenskappe wat soms weke sonder ’ n druppel water moet klaarkom
Hoe gaan instellings soos skole en tehuise ’ n dreigende waterkrisis dié somer trotseer? Daar is steeds munisipaliteite wat geen verantwoording doen vir wateruitdagings nie
Vir te lank het die hantering van die voortslepende waterkwessies van munisipaliteite te kort geskiet, en nou is dit op ’ n punt waar dit amper onmoonlik is om die skade wat aangerig is om te keer
Soos met soveel diensleweringstekorte lyk dit asof gemeenskappe sal moet ingryp hoewel watervoorsiening ’ n baie meer tegniese saak is om te hanteer as byvoorbeeld vullisverwydering of die vul van slaggate Boorgate en watertenks is moontlik deel van die oplossing, maar nie almal kan dit bekostig nie
Die tyd sal wel leer watter uitdagings én oplossings die somer wat voorlê uitmergelend warm of nie sal inhou


MADLI GROBBELAAR
Die oë van ’n mens word as die vensters van die siel beskou
In my werk is ek bevoorreg om met mense uit alle oorde van die samelewing te kan gesels
Ek geniet elkeen se storie en uitkyk op die lewe
Dit verryk my as mens om ook met ander persektief na ’ n storie of
situasie te kyk
Ek sien die stories in elkeen se oë Party oë is sonder hoop, desperaat; soms gevul met afsydigheid, angs en koue ander vol trane
Daar is ook die oë wat skitter van lewenslus, vrolik wees en lag
Ek het egter onlangs in oë gekyk wat diepe berou en hartseer weerspieël; wat leweloos voorgekom het Die druk van die lewe het moedeloos in dié oë gelê; asof die lewe stadig na agter in die oë
DR. HANNES ELS
’n Les uit Johannes 14:25-31.
Jesus berei sy dissipels voor vir die tyd wanneer Hy nie meer by hulle is nie In Johannes 14:27 lees ons: Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort vrede wat die wêreld bied nie
In die Bybel is vrede die manier van lewe vir gelowiges, ondanks die remmende invloed wat hulle soms ervaar
Jesaja 40:30-31 sê selfs jong seuns word moeg en raak afgemat; jong manne struikel en val Maar wie op die
Here wag, herwin hul krag; hulle kry
nuwe vere soos arende Hulle hardloop, maar raak nie afgemat nie, hulle loop en word nie moeg nie
Dit is anders as die wêreld se vrede van voorspoed en gemak
Die Bybel sê jy kry dit wanneer jy dit
weggekwyn het
Hoewel die mens my anders probeer oortuig van die saak, kan ek in die oë sien dit is te laat Lyftaal en die oë praat twee verskillende stories
Ek probeer neutraal met my gevoelens bly, om die mens die vernedering te spaar oor die feit dat ek die hele storie reeds in hul oë gesien het
Ek skraap moed bymekaar om te bemoedig en die versekering te gee
in gebed van God vra (Efesiers 3:1620); met die gesindheid van Jesus leef wat Homself verneder het deur aan mense gelyk te word tot in die dood (Filippense 2:7-80); ander so liefhet dat jy vir hulle sal doen wat jy van hulle verwag (Matteus 7:12); gee aan iemand omdat hulle iets vra en hom wat wil leen nie afwys nie (Matteus 5:42); en God se opdragte en roeping soos Jesus gehoorsaam (Johannes 8:32) Dié vrede lyk anders, want die Heilige Gees leer ons Wat doen jy as jy moeg en afgemat is om lewe te herwin?
Gebed
Jesus, U oorvloed is inderdaad langs vreemde weë Tog weet ek die wêreld se maniere help nie, want ek het dit al probeer Amen ■ Els is ’n oudleraar van Kroonstad
24 SEPTEMBER
Die Bethlehem-Rotary-klub hou ’n gholfdag ten bate van liefdadigheid
dat ek wel verstaan, in die hoop om die oë ’ n tikkie sprankel te gee My poging kan nie daarin slaag om ’ n glinster in die oë te bring nie Ons het gegroet ek met simpatieke oë en die ander met geen hoop in die oë
Soms moet ons dieper en met meer begrip in die oë van ander mense kyk, sodat ons beter kan verstaan Al is dit oë met trane of oë van blydskap, kyk na die siel in die oë
Spanne van vier kan hulle teen R2 500 inskryf Die formaat is “shotgun” Amerikaanse kiesspel en die afslaantyd is om 11:00 Heerlike pryse is op die spel Bel André Pieterse by 082 771 8614 om navrae te rig of ’n vierbal in te inskryf
1 OCTOBER
The Bethlehem Marathon Club presents a neon run business relay at the Jordania Primary School Four members are allowed per team Primary school teams pay an entry fee of R200, while high school and business teams pay R250 Dial 071 679 5212 or 083 244 6632
3 OKTOBER

OVK Bethlehem Meganisasie se gholfdag begin om 10:00 op die Bethlehem-gholfbaan Die formaat is beterbal-kiesspel Verskeie borg-op-
sies is vir spanne en sakeondernemings beskikbaar: goue borg, teen R4 000 vierbal-inskrywing uitstalruimte en vier hemde; silwerborg teen R3 200 vierbal-inskrywing en uitstalruimte; en brons-borg teen R2 800 slegs ’n vierbal-inskrywing Vir meer inligting of om in te skryf, kontak Gerrie Coetzee by 066 290 3366 of Wimpie Nel by 079 497 6015
16 OKTOBER
Die Kroonstad-rolbalklub se jaarlikse rolbal-sakeliga begin Sakeondernemings kan spanne van vier lede elk inskryf teen R1 200 per span Inskrywing sluit op 10 Oktober Vir inligting skakel 084 586 4581, of stuur e-pos na kbckroonstad@hotmail com MAANDELIKS
Die Kroonstad-Rotary-mark word op die laaste Saterdag van die maand gehou, op die hoek van Border- en Van der Lingenstraat van 08:00 tot 13:00 Skakel 076 055 7025






















































TOP CARPETS WAS VAN ALLERLEI Los en Ge-installeerde Matte. Sitkamerstelle, Kantoor en ander Stoele BLINDS - Custom-Made 20% Discount. Tel: 056-2125507 / 082 558 8741
& TENDERS
VAN SAAK 4065
VERKOOP VAN BESIGHEID
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 34(1) van die Insolvensiewet Nr 24 van 1936 dat VALKER TRADING (PROPRIETARY) LIMITED (Registrasie Nommer 2 0 1 5 / 2 5 2 7 1 4 / 0 7 ) v a n voorneme is om die onderneming bekend as
C A S H C R U S A D E R S KROONSTAD wat bedryf word by Winkel 2 & 3, Sanlam Gebou, Cross & Hill Straat, Kroonstad, 9499 te v e r k o o p a a n C A S H C R U S A D E R S S T O R E S (PROPRIETARY) LIMITED (Registrasie Nommer 2020/027120/07).
ASHERSONS PROKUREURS
Per: Selwyn Zackon Eerste Vloer, Ashersons Chambers Pleinstraat 34 KAAPSTAD Verwysingsnr: S Zackon/MAT20000 Tel: 021 461 6240
GEWINGS

M.M. Roux
In die boedel van wyle MARA MAGDALENA ROUX
Identiteitsnommer: 410704 0041 08 8 in lewe woonagtig te Plaas Tweelingspruit, Tweeling, 9820 wat oorlede is op 21 July 2025. Boedel nommer 005814/2025, Kennis word hiermee gegee aan debiteure en krediteure om bedrae aan die boedel verskuldig te betaal en eise teen die boedel in te dien binne 30 (dertig) dae vanaf datum van publikasie h i e r v a n b y d i e ondergemelde adres. SRFD (Pty) Ltd Agent Eksekuteur: J Van Der Merwe 14 Paul Laesecke Laan Panorama Bethlehem, 9701 Tel: 058 303 0450





L.J.G. JONKER
In the Estate of the Late: L O U R E N S J O H A N N E S GABRIëL JONKER Identity number: 421202 5043 081
Date of Death: 04/08/2025
L a s t a d d
BOEDELS: LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE 4205

Uitdraaipad, District Kestell, Province Free State First Names and Surname of Surviving Spouse: In case of a marriage in community of property: JOHANNA MARIA JONKER Identity Number: 460302 0050 081, All persons having c l a i m s a g a i n s t t h e above-mentioned estate are required to lodge their claims with the undersigned within 30 days after the date of publication hereof. FOR PUBLICATION ON: 12 September 2025, Estate number: 6247/2025
BOEDELNOMMER:

J. BENEKE
IN DIE BOEDEL VAN WYLE
J E N N E K E B E N E K E identiteitsnommer 580131 0069 08 9, woonagtig te PELLISIERSTRAAT 38, DISTRIK KROONSTAD, PROVINSIE VRYSTAAT, Krediteure en Debiteure in bogemelde boedel word hiermee versoek om hul rekenings in te dien en hul rekenings te betaal by ondergetekende binne dertig dae gereken vanaf 12
S E P T E M B E R 2 0 2 5 , BOEDELNOMMER: 6204/2025
G L HARTMAN(CHB131)
Prokureur vir die Eksekuteur Du Randt & Louw Ingelyf Presidentstaat 25 Posbus 26 Kroonstad Tel 056 2124275


Advertiser Name: Claude Reid, Johan Helgard van Schalkwyk 165 St Andrew Street, Bloemfontein 9301 Telephone: 051 447 9881 Email: ina@claudereid.co.za BOEDELS: KREDITEURE EN DEBITEURE 4201
M.N KUMALO NOTICE ESTATE LATE: MN KUMALO BORN: 1946-02--20, ID NR.: 460220 0496 080 DECEASED: 2022-08-08, PROVINCE: FREE STATE ESTATE NR.: 2316/2024 LAST ADDRESS: 25 THERON STREET, KROONSTAD, Pursuant to Section 35(5) of Act 66 of 1965, notice is hereby given that the First and Final Liquidation and Distribution Account in the above estate is available for inspection by all persons having an interest in it for a period of twenty-one (21 ) days, counted from the date of publication hereof, at the offices of the Master of the High Court, BLOEMFONTEIN and at the offices of the magistrate, KROONSTAD. ATTORNEY FOR PLAINTIFF SADLER INC 23A MARK STREET KROONSTAD, 9499 056 2134376 REF: KD ESTERHUYZE/ap /V00326 FILE NUMBER: V00326
Ingevolge Artikel 35(5) van Wet 66 van 1965, word hierby kennis gegee dat die Aanvullende Eerste en Finale L i k w i d a s i e - e n Distribusierekening in bogemelde boedel ter insae l vir alle persone wat daarby belang het vir 'n periode van een-en-twintig (21) dae, gereken vanaf datum van publikasie hiervan te kantore van die Meester van d i e H o o g g e r e g s h o f , BLOEMFONTEIN en te kantore van die Landdros, KROONSTAD. ROELLOF COERTSE Eksekuteur COERTSE EN VENNOTE REITZSTRAAT 44 KROONSTAD TEL: 056- 2122591 Piet.coertse@gmail.com
Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem is goed verteenwoordig deur 23 leerlinge wat op 2 September aan die distriksronde van die Vrystaatse departementele wiskundekompetisie in Bloemfontein deelgeneem het.Tien van hierdie leerlinge het deurgedring na die provinsiale ronde,wat op 17 tot 18 Oktober in Bloemfontein sal plaasvind Uitslae vir die distriksronde is soos volg: gr 8 en gr9 behaal die eerste tot derde plek; gr 10 en gr 11 het die eerste en tweede plekke behaal Individuele uitslae behels dat Cobus Labuschagne (gr 11) ’n eerste plek behaal het,en Ebe Akeke (gr 10) ’n tweede plek; Janco Botha (gr 10 ) het ’n eerste plek behaal en Trystan van Eyk (gr 10) ’n tweede plek); Zanike van Zyl (gr9) het ’n eerste plek behaal,Henri Muller (gr9) ’n tweede plek en Sonelle Jonker (gr9) ’n derde plek; en Lené Labuschagne (gr 8) het ’n eerste plek behaal, Ese Akeke (gr.8) ’n tweede plek en Isabelle van Deventer (gr.8) ’n derde plek. Van links is voor: Zanike,Lené,Ese en Janco; agter: Ebe,Sonelle,Trystan,Henri en Cobus Afwesig: Isabelle van Deventer Foto:Verskaf

Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem spog vanjaar met 14 Thabo Mofutsanyana- (TBM) krieketspelers wat gekies is om in Oktober aan die Vrystaat-proewe deel te neem.Die o.19-seunskrieketspelers wat hiervoor gekies is,is van links Dumesani Johnson,Kyle Nel en Mila Oerson Afwesig: Tian Jordaan Foto’s: Verskaf

Die o.16-seuns van Witteberg wat aan die Vrystaat-krieketproewe sal deelneem,is van links Lwazi Mosea, Janco Botha,Xander Fourie,Juan du Toit en Anru Erasmus





Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se sporttoernooi van Vrydag 5 September en Saterdag het puik spel opgelewer Altesaam 38 rugby-, 48 hokkie- en 24 netbalspanne het kragte gemeet
Uitslae
Rugby:
o 17
■ A-afdeling-skildwenner: die Hoërskool Trio
■ A-afdeling-bekerwenner: Witteberg
■ B-afdeling-skildwenner: Witteberg
■ B-afdeling-bekerwenner: die Hoërskool Hentie Cilliers
o.15
■ A-afdeling-skildwenner: die Hoërskool Wilgerivier
■ A-afdeling-bekerwenner: die Hoërskool Voortrekker
■ B-afdeling-skildwenner: Welkom-Gimnasium
■ B-afdeling-bekerwenner: Voortrekker
Fast Five-netbal:
o.17
■ Eerste plek: Witteberg
■ Tweede plek: Goudveld-Hoërskool
■ Derde plek: Trio
o 15
■ Eerste plek: Witteberg
■ Tweede plek: Witteberg
■ Derde plek: Eminence-sporttoere
Hokkie:
o 17-seuns
■ Eerste plek: Witteberg
■ Tweede plek: Hoërskool Sarel Cilliers
o.17-meisies
■ Eerste plek: Goudveld-Hoërskool
■ Tweede plek: Trio
o.15-seuns
■ Eerste plek: Trio
■ Tweede plek: Witteberg
o.15-meisies
■ Eerste plek: Hoërskool Trio
■ Tweede plek: Witteberg se Youngsters
