Wednesday, 10 September 2025
GRATIS
Lyk op plaas: Hofsaak duur in Oktober voort
Man (80) kry wel borgtog MADLI GROBBELAAR
Die twee beskuldigdes in ’n saak wat in die Kroonstad-landdroshof aangehoor word nadat ’n lyk op ’n plaas buite Kroonstad deur die owerhede opgegrawe is, is borgtog toegestaan en sal weer op 9 Oktober in die hof verskyn.
Staan net enkele dae voor verwoesting ’n Splinternuwe pakhuis in die Kroonstadse nywerheidsgebied is op Woensdag 3 September deur vlamme verswelg. Die brand het omstreeks 09:15 op die perseel, waar met polistireen-produkte gewerk word, ontstaan. Omstanders kon net toekyk hoe die pakhuis, waaraan bouwerk so onlangs soos op 1 September afgehandel is, vernietig word. Die brandweer en owerhede is dadelik ontbied, maar kon nie die pakhuis van verwoesting red nie. Owerhede doen ’n ondersoek om te bepaal hoe die brand ontstaan het. Foto: Riaan Coetzee
Die saak word tans verder ondersoek. Die borgtogaansoek van ’n 80-jarige man van Kroonstad, wat saam met sy 16-jarige kleinseun teregstaan op vyf verskillende aanklagte wat moord insluit, se borgaansoek is Vrydagmiddag laat, op 5 September, afgehandel. Die man is op borgtog van R15 000 vrygelaat. Die minderjarige is ná ’n hofverskyning op Woensdag 3 September in sy ouers se sorg vrygelaat. Aanklagte teen die beskuldigdes sluit in moord, poging tot moord, regsverydeling en die afvuur en rig van ’n vuurwapen in die openbaar. Die staat het getuienis geroep om die borgtogaansoek teen te staan en aangevoer dat dit in die belang van die 80-jarige beskuldigde se veiligheid is dat hy nie vrygelaat word nie. Dit blyk dat die oorledene Thabo Mashea (25) van Moakeng, Kroonstad, is wat op 11 Julie as
Die staat het aangevoer dat dit in die belang van die 80-jarige beskuldigde se veiligheid is dat hy nie vrygelaat word nie vermis aangemeld is. DNS-toetse is deur die ondersoekbeamptes aangevra. VrystaatKroon het einde Julie berig dat Mashea 5km buite Kroonstad, op pad na Welkom, vermis geraak het. Die liggaam van ’n jong man is in Augustus op die beskuldigde se plaas gevind, langs die treinspoor wat verby die plaas strek. Dit was in ’n diep sloot toegegooi. Die 80-jarige man was met vakansie toe die polisie die lyk op sy plaas gevind het. Die ontdekking is gedoen nadat ’n wenk uit die gemeenskap ontvang is. Landdros Tseko Komane het die borgtogaansoek aangehoor. ■ Die identiteit van die 80-jarige beskuldigde word weerhou om sy kleinseun se identiteit te beskerm.
BUILDING CONSTRUCTION
24 Fullard Street|Suidrand|Kroonstad|082 301 1365|056 213 7038
NM10023348-VR100925
NM10021497-VR100925
NM10027526-VR100925
NM10027096-VR100925