Skip to main content

VrystaatKroon-11 June 2025

Page 1

Wednesday, 11 June 2025

GRATIS

Boere op hulself aangewese midde-in siekte

Vleismark diep geknou MADLI GROBBELAAR

Die uitbreking van bek-enklouseer in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng sal wel ’n invloed op rooivleisprodusente van die Vrystaat hê, sê P.D. Cilliers, voorsitter van die dieregesondheidsforum van die Rooivleisprodusent-organisasie (RPO) in die Vrystaat.

Loer ysig van agter die bergpieke Vandeesweek gaan gepaard met bibberkoue, sneeuneerslae en reën in die Noord- en Oos-Vrystaat, soos oor wye gebiede elders in die land. Cecile Nijland van Clarens het op Maandagoggend 9 Junie die eerste sneeu op die Maluti-berge aan Lesotho se kant afgeneem. Sondagmiddag het die koue reeds nader gekruip toe ’n paar mm reën in die Bethlehem-distrik uitgesak het. Lees op bl.4 oor die minimum en maksimum temperature wat vir die res van die week vir die streek voorspel word.

Daar sal druk op Vrystaatse boere weens die uitbreking van bek-en-klouseer in bogenoemde provinsies wees, omdat boere in die Vrystaat hoofsaaklik kalwers en lewende hawe op veilings en aan voerkrale verkoop. Die voerkrale sal vir die tydperk wat hulle onder kwarantyn is nie enige vee aankoop nie. Cilliers sê die feit dat Karan Beef, een van Suid-Afrika se grootste rooivleisprodusente,

Bek-en klouseer is ’n hoogs aansteeklike virussiekte

se aanleg in Heidelberg onder kwarantyn is en geen diere inneem nie, is inderdaad ’n groot terugslag vir die Vrystaat se boere. Dié provinsie is ’n groot rooivleisverskaffer omdat dit meer rooivleis kan verskaf as wat verbruik word, en verskaf hoofsaaklik aan provinsies soos Gauteng waar die verbruik baie hoog is. “Die siektes breek gewoonlik uit wanneer diere uit provinsies, soos byvoorbeeld Limpopo wat as siektebestuursgebied geken word, aangekoop en verkoop word sonder die nodige regulasies.” Volgens Cilliers is strenger regulasies wat deur die staat

gereguleer word, nodig om die vervoer en aankoop van lewende hawe beter te reguleer om siektes hok te slaan. Hy reken dat die staat nie genoeg beheer oor die uitbreek van siektes doen nie en dat boere op hulself aangewese is om siektes te bekamp. Sy raad aan beesboere is om vir die volgende 60 tot 90 dae self planne te maak om die verpreiding van die siekte te bekamp en om sodoende alles weer terug onder beheer te kry. Bek-en klouseer is ’n hoogs aansteeklike en soms noodlottige virussiekte wat meestal deur beeste en varke opgedoen word, maar kan ook wildsbokke, bokke, skape en ander gesplete hoefdiere besmet. Geen bek-en-klouseer gevalle kom in die Vrystaat of Noord-Kaap voor nie. Dit is ’n aansteeklike virale infeksie wat nie gevaarlik is vir mense nie.

BUILDING CONSTRUCTION

NM10014564-VR110625

NM10015079-VR110625


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
VrystaatKroon-11 June 2025 by Novus Media - Issuu