Skip to main content

Vista-E-Edition-7 August 2025

Page 1

WINDSCREENS | TYRES | GLASS | WHEEL ALIGNMENT | BATTERIES

Home and Building Renovations

Tel: Tel: 0082 82 4462 62 88153 153 / 0083 83 22739 739 1152 52 NM10023141-VI070825

0 057- 357-1304

Donderdag 7 Augustus 2025

NM10023240-VI070825

Gratis

Ontluikende sjefs maak hul skool ’n wenner

Henties smul aan sukses MARTI WILL

Share in the thunderous excitement The much-anticipated Thunder Tour visited Welkom on Sunday, 3 August. A show and shine was held at Welkom Club at 17:00, and was very well attended by car clubs and the public. There were 82 vehicles, which include V8 motors, Mustangs, Luminas, streetrods, ratrods and super motors. This was the second time that the entire Thunder Tour group gathered in Welkom. Danie Correia says the Thunder Tour people were very impressed with Welkom and the reception they received here. Pictured is Basie and Esta Olivier from Pretoria. They have been part of the Thunder Tour since 2016, except for the two Covid-19 years (2020 and 2021). They drive a 1983 Volkswagen Transporter with a midmounted V8 Lexus engine. Photo: Marti Will

Die Hoërskool Hentie Cilliers het in sy tweede jaar van deelname aan die FBI-sjef van die jaar-kompetisie twee wenners opgelewer, en die skool het algeheel eerste geëindig. Die kompetisie vir 2025 is op Vrydag, 1 Augustus, in Bloemfontein gehou. Dit is die 20ste jaar dat die gesogte erkenning gegee word, en die kompetisie bied leerlinge die geleentheid om deel van die bedryf te word deur ’n hoëstandaardkompetisie. In 2024 was dit net die begin vir die Hoërskool Hentie Cilliers. Helene Rossouw, verbruikerstudieonderwyseres, het toe haar eerste Hentie-leerling vir hierdie kompetisie voorberei. “Ons het geweet dat 2024 net die begin van ’n opwindende reis vorentoe vir baie groot dinge in die verbruikerstudie-klas was, en ons het die eer gehad om in daardie eerste jaar reeds vyfde te eindig,” sê ’n trotse Rossouw. In 2025 het twee leerlinge aan Henties vinnig die eindronde bereik, en dit is ook die jaar dat Henties besonderse uitslae behaal het. Lesego Maine is as die algehele wenner gekroon met haar oondgebraaide varkfilet en knoffel-kapokaartappel, afgerond met ’n geroosterde tamatie en rys-teriyaki-sous. Sy het die maaltyd afgesluit met ’n sjokolademalvapoeding bedien met sjokoladesous. Sy het ’n geskenkpak van Marlo Pork gewen en ’n kontantprys,

Die Hoërskool Hentie Cilliers was eerste in die FBI-sjef van die jaar-kompetisie vir 2025. Van links is Helene Rossouw (verbruikerstudieonderwyseres), Lesego Maine en Henrico Hitge (skoolhoof). Foto’s: Verskaf

toegeken vir die beste hoofgereg. Sy het ook ’n geskenkpak met Lancewood-kooktoerusting ontvang. ’n Tienliter-lugbraaier was deel van Lesego se pryse. Sy het boonop ’n wisseltroffee ontvang. Food and Beverage Institute (FBI) bied aan Lesego ’n beurs van R30 000. “Lesego beoog om haar passie vir kos uit te leef in haar beroepskeuse,” sê Rossouw. Caitlin Scheepers, wat diehoofmeisie van die Hoërskool Hentie Cilliers is, het ’n vyfde plek en ’n beurs van R15 000 by aan die FBI in die kompetisie verwerf. “Die kompetisie se peil is baie hoog, met professionele sjefs as beoordelaars.” Rossouw is dankbaar vir die geleentheid om deel te neem, want deur die kompetisie word die deur oopgemaak na internasionale sjefkwalifikasies vir haar leerlinge.

Oondgebraaide varkfilet en knoffel-kappokaartappels − Lesego Maine se wen-hoofgereg.

Caitlin Scheepers se nagereg: appelroostertjies, gevul met roomkaas en kaneel.

“Ek sien uit na 2026 en begin al idees soek om nog ’n wenner te laat kroon,” sê Rossouw.

057 357 2222

WWW.MDPSA.CO.ZA CAM • CHANA • CHERY • DFM • DFSK GEELY • GWM • FOTON • GONOW • HAFEI MEIYA • TATA • MAHINDRA • QUANTUM TAXIS • INYATHI

WE SELL BODY SPARES SUSPENSION SPARES & SERVICE PARTS FOR CHINESE VEHICLES INDIAN VEHICLES & TAXIS. SUZUKI PARTS ALSO AVAILABLE NOW! NO 6, 2ND STREET ZAKSPEED BUILDING NM10023136-VI070825


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Vista-E-Edition-7 August 2025 by Novus Media - Issuu