Skip to main content

Vista-E-Edition-23 October 2025

Page 1

Home and Building Renovations

Tel: Tel: 0082 82 4462 62 81 8153 153 / 0083 83 22739 739 1152 52 KKKKKK-VI231025

0 057- 357-1304

Donderdag 23 Oktober 2025

NM10033859-VI231025

netwerk24.com – Streeknuus

Gratis

Jong entrepreneur beïndruk nasionaal

Besigheid-slim! MARTI WILL Die Alexis van Staden (14) van die Goudveld-Hoërskool het onlangs ’n indrukwekkende prestasie behaal toe sy tweede plek ingeneem het in die nasionale kompetisie Maak my ’n miljoenêr. Die prysuitdeling is op 14 Oktober in die Atterbury-teater in Pretoria gehou. Alexis se besigheid, The Bubble Tea Monster, het die beoordelaars beïndruk met unieke en gesonde produkte, insluitend diabetes-vriendelike “bubble tea”. Alexis se ondernemingsreis het begin toe sy in gr.5 op entrepreneursdag by haar ou laerskool ontdek het hoe sy lekkers kan verkoop en wins maak. “Ek het toe ek 11 jaar oud was my eerste lekkers op die mark verkoop en van my wins gebruik om bubble tea te begin,” sê Alexis. Vandag is sy ’n jong entrepreneur met ’n suksesvolle besigheid en ’n duidelike visie vir die toekoms. Haar besigheid is uniek omdat dit nie net tradisionele “bubble tea” verkoop nie, maar ook dié wat gesond en diabetes-vriendelik is. Alexis gebruik vars vrugte en gegeurde tee, wat dit vir almal lekker maak, selfs vir mense wat nie van swart of groen tee hou nie. “Ek wil hê my bubble tea moet spesiaal wees en mense laat glimlag,” sê sy. Die kompetisie self was intens en uitdagend. Deelnemers moes hul kennis, leierskap en ondernemingsvaardighede bewys deur verskeie uitdagings aan te pak. Een van die bekendste was die Brand Bank, ’n rooi bank waar die

Bewonder spogtuin Saterdag 18 Oktober was Nasionale Tuindag, en om die geleentheid te vier is ’n ope tuin by die huis van matriarg Leonore Bremer (90) in Hennenman gehou. Leonore is bekend vir haar Ludwig’s Rose, Leonore Bremer LUDpipoque(P). Die roos is in haar eer vir haar 88ste verjaarsdag in 2023 gekweek. Die ope tuin is gehou om fondse vir die Rushof Outehuis in Hennenman in te samel. Besoekers van oor die Goudvelde en Vrystaat het die tuin besoek en die blomprag daar bewonder. Tjaardt van der Walt, bekende tuinboukundige, was ook daar en het besoekers meer vertel oor die Leonore Bremer-roos. Die Hennenman-tuin is een van drie wat die bekende Bremer-matriarg kweek en koester in Suid-Afrika. Vyf tuinbouliefhebbers van Riebeeckstad − Ansie Smit, Annelene van Schalkwyk, Lee Ann Buitendach, Lorette Pienaar en Marike Louw − het al die pad van Riebeeckstad gery om die tuin te bewonder. Hierdie groep vrouens noem hulself die ses blomme van Riebeeckstad. Die sesde blom, Ronelle Ferreira, kon nie die dag bywoon nie. Die geleentheid het nie net fondse vir ‘n goeie saak ingesamel nie, maar ook tuinbouliefhebbers die geleentheid gegee om die besondere erfenis van een van Suid-Afrika se bekendste tuiniers te ervaar. Foto: Marti Will

VEGGIES

Cabbage

each

each

6

99

999

Carrots 1kg BUY 2 for

Spinach Bunch each

beoordelaars deelnemers oor hul besigheid gevra het en hulle diepte van kennis getoets het. Daarna was daar verskeie uitdagings by die ATKV-oorde om die deelnemers se vermoë om hard te werk, hul leierskapvaardighede en kreatiwiteit te toets. Eindelik moes almal hul besigheid laat groei in wins en omset. Hoewel dit uitdagend was, het Alexis volhard. Sy sê die moeilikste deel was om met mense te praat om haar besigheid uit te brei, veral wanneer hulle “nee” gesê het. “Ek het net vir myself gesê ek gaan dit probeer, en aangehou. Moenie bang wees om te vra of te probeer nie,” verduidelik sy. Alexis het haar besigheidsvaardighede ontwikkel, maar ook nuwe vriendskappe gesluit. “Die hoogtepunt van die kompetisie was die vriendskappe wat ek gemaak het en al die kennis wat ek opgedoen het,” sê sy. Sy het besef dat selfs al is daar mense wat dalk nie in jou glo nie, daar altyd iemand sal wees wat jou ondersteun en jou help groei.

Alexis se lewenslesse vorm die kern van haar raad aan ander jong entrepreneurs. “Maak nie saak hoe oud jy is, hoe jy lyk of van waar jy kom nie − jy kan altyd ’n sukses van jou lewe maak as jy regtig daarna streef. “Vertrou op die Here; maak staat op Hom, Hy sal jou altyd lei.” Alexis se toekomsvisie sluit in om haar eie winkel te hê en mense in diens te neem, sodat sy ander kan help om ook voorspoedig te wees. Sy hoop om eendag ’n gemeenskap van entrepreneurs te inspireer en mense te wys dat dit nie saak maak hoe jong jy is nie − sukses is moontlik met harde werk, volharding en geloof. Die jong entrepreneur het nie net erkenning vir haar tweede plek ontvang nie, maar ook waardevolle ervarings en nuwe konneksies wat haar drome vir die toekoms sal ondersteun. Alexis se storie is 'n inspirasie vir almal wat durf droom en hard werk, en toon dat geloof, deursettingsvermoë en passie 'n groot verskil kan maak.

DELI

Potatoes 7kg

3999

Van links is Albert van Wyk, Shaniqua Steenkamp, Alexis, Matthew Blauw en Jason Coulson. Foto: Verskaf

15

00

Mosbolletjies

999

each

Scones 8's

1999

Twizza Asstd. 2LT BUY 2 for

2200

Tastic Rice 2kg

3299

057 357 2222

WWW.MDPSA.CO.ZA

each

Mamma Themba Maize Meal 10kg

79

99 each

CAM • CHANA • CHERY • DFM • DFSK GEELY • GWM • FOTON • GONOW • HAFEI MEIYA • TATA • MAHINDRA • QUANTUM TAXIS • INYATHI

WE SELL BODY SPARES SUSPENSION SPARES & SERVICE PARTS FOR CHINESE VEHICLES INDIAN VEHICLES & TAXIS. SUZUKI PARTS ALSO AVAILABLE NOW! NO 6, 2ND STREET ZAKSPEED BUILDING

Specials valid until 26 October 2025 NM10030179-VI231025

NM10030268-VI231025


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Vista-E-Edition-23 October 2025 by Novus Media - Issuu