Skip to main content

Vista-E-Edition-19 March 2026

Page 1

Home and Building Renovations

Tel: Tel: 0082 82 4462 62 88153 153 / 0083 83 22739 739 1152 52 NM10051496-VI190326

Thursday, 19 March 2026

Free

Verwaarloosde paaie lê tussen besoekers en Nampo

Risiko in vyfde rat MARTI WILL Met een van die grootste landboubyeenkomste in die land om die draai, word ’n dringende pleidooi gerig aan die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer om in te gryp wat betref die haglike toestand van paaie in en om Viljoenskroon. Hierdie paaie hou ’n ernstige veiligheidsrisiko vir padgebruikers in, en verkeer hier neem toe met die jaarlikse Nampo-oesdag. Dit vind vanjaar tussen 12 en 15 Mei op Nampo-park plaas. AfriForum lê in die besonder klem op die toestand van die R59 – een van die hoofroetes na die Nampo-terrein in Bothaville. ’n Gedeelte van dié pad is reeds maande lank oorstroom en is in plekke heeltemal onbegaanbaar. Groot dele daarvan tussen Viljoenskroon en Vredefort is vol slaggate, en daar is ernstige strukturele skade aan die pad. Luidens ’n brief wat AfriForum aan die departement gestuur het, word motoriste tans deur Viljoenskroon herlei. Dié dorp se strate is egter ook in ’n haglike toestand en word nie behoorlik deur die Moqhaka-munisipaliteit onderhou nie. Die gevolg is dat duisende besoekers wat Nampo wil bywoon,

gedwing word om op verbrokkelende paaie te ry. AfriForum se brief is ook aan die munisipaliteit en die Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral) gestuur, vir ingryping. Die DA het ook sy bekommernis oor die haglike toestande van die pad uitgespreek. David van Vuuren, DA-woordvoerder vir Ekonomiese Ontwikkeling in die Vrystaatse Wetgewer, sê hulle het aan Sanral geskryf om duidelikheid te vra oor die oordrag van die pad se onderhoud; ook aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, met die versoek dat herstelwerk dringend aan die R59 gedoen word. Volgens die departement het hy Sanral reeds versoek om verantwoordelikheid vir die pad te aanvaar, maar Sanral betwis glo hierdie oordrag. Die DA wil met sy brief aan Sanral bevestig of die versoek inderdaad ontvang is en, indien wel, ’n duidelike tydlyn vir herstelwerk vasstel. Terwyl die departement aangedui het dat die oorhandiging en herstelwerk binne die volgende drie maande sal plaasvind, bly die DA skepties oor hierdie tydsraamwerk. Hoewel ’n gedeelte van die R59 al geruime tyd onder konstruksie is, is daar geen vordering nie. AfriForum het ook ernstige kommer uitgespreek oor die standaard van werk

’n Gedeelte van die R59 is reeds maande lank oorstroom, en die pad is in plekke heeltemal onbegaanbaar. FOTO: AfriForum

wat die aangestelde kontrakteur tot dusver op die R59 en Fortunastraatprojek verrig het. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof vir die sentrale streek, is die toestand van die paaie nie net ’n infrastruktuurprobleem nie, maar hou dit ook ’n direkte veiligheidsrisiko vir padgebruikers in. “Met duisende besoekers wat na verwagting die Nampo-oesdag sal bywoon, kan die huidige toestand van die paaie tot ernstige ongelukke lei. Dringende ingryping is nodig voordat die oesdag oor sowat twee maande afskop,” eis Grobbelaar. AfriForum het ’n openbare petisie begin waarin inwoners en padgebruikers die regering versoek om dringend op te tree. Elkeen wat dit onderteken, sal ook ’n formele klag by die owerhede laat registreer. “Die regering het ’n verantwoordelikheid om te verseker dat openbare infrastruktuur veilig en bruikbaar is. Die huidige toestand van die paaie om Viljoenskroon is onaanvaarbaar en stel duisende mense se veiligheid in gevaar,” sê Grobbelaar. Die R59 dien as ’n kritieke skakel tussen boerderygemeenskappe en plaaslike markte, wat daagliks etlike tonne graan na silo’s vervoer in die oesseisoen. Deur die Infrastruktuurkomitee het die DA terugvoering ontvang oor die pad se verslegtende toestand, asook die distrik se tussentydse instandhoudingsplan totdat Sanral verantwoordelikheid aanvaar – ’n oorhandiging wat die party ten volle ondersteun. Die distrik benodig glo R5 miljoen om die pad in stand te hou totdat die oordrag gefinaliseer is. Die DA meen versuim om hierdie relatief beskeie bedrag toe te ken, sal agteruitgang versnel, voertuigskade en vervoerkoste verhoog, en verdere druk op boere en klein ondernemings plaas. Die bykomende druk raak eindelik inwoners wie se werk en huishoudelike inkomste van landbouproduktiwiteit en betroubare infrastruktuur afhanklik is.

Here lies a beloved mall... A headstone from an abandoned business stands as a testament to the decline of the Amogelang Mall (formerly Liberty Centre), which was integral to Welkom’s economy from the 1980s onwards. The once-thriving shopping centre now stands stripped and derelict, with flooded underground parking areas serving as refuse dumps. Police records indicate various crimes in the surrounding area, including two separate incidents where male bodies were discovered floating in water within the abandoned structures. The deteriorating mall has become a stark symbol of Welkom’s economic decline, prompting daily lament from residents who remember it as a beautiful centrepiece of the city’s central business district. PHOTO: Marti Will

057 357 2222

WWW.MDPSA.CO.ZA CAM • CHANA • CHERY • DFM • DFSK GEELY • GWM • FOTON • GONOW • HAFEI MEIYA • TATA • MAHINDRA • QUANTUM TAXIS • INYATHI

WE SELL BODY SPARES SUSPENSION SPARES & SERVICE PARTS FOR CHINESE VEHICLES INDIAN VEHICLES & TAXIS. SUZUKI PARTS ALSO AVAILABLE NOW! NO 6, 2ND STREET ZAKSPEED BUILDING NM10051331-VI190326


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Vista-E-Edition-19 March 2026 by Novus Media - Issuu