Skip to main content

Vista-E-Edition-11 December 2025

Page 1

0 057- 357-1304

Donderdag 11 Desember 2025

Nog seksklagte: Borgtog geweier MARTI WILL

’n Man wat glo al veel langer as ’n dekade “seksueel op die jong seuns van Virginia jag maak”, sal die volgende twee en ’n half maande in die tronk moet wag voordat hofverrigtige voortgaan om sy lot te bepaal. Jaco Roets (45) is ’n derde keer sedert 2012 in hegtenis, in verband met aanklagte van seksuele misdrywe van dieselfde aard as voorheen. Hy is reeds in 2012 vir seksmisdrywe gevonnis, en in 2018 is hy te midde van nuwe aanklagte van seksuele misdrywe op borgtog vrygelaat. Dié keer is sy aansoek egter geweier, toe hy op Maandag 8 Desember in die Virginia-landdroshof verskyn het op nuwe aanklagte van seksuele aanranding, die blootstelling van ’n kind aan pornografie, uitlokking en voorbereiding. Landdros Annaria Campher, van Winburg, het aangevoer dat Roets “seksueel op slagoffers jag maak”. Charmaine Labuschagne, staatsaanklaer, sê ’n aanklag van die skep van pornografie kan bygevoeg word. Roets se volgende hofverskyning is op 27 Februarie 2026. Labuschagne meen Roets is ’n gevaar vir die gemeenskap se seuns. “Hy volg deurentyd dieselfde modus operandi om sy slagoffers te teiken,” sê sy. Maandag het woedende inwoners ’n sterk bewoorde petisie, waarvoor binne twee dae meer as 300 handtekeninge ingevorder is, aan die hof oorhandig. Dit is aan Labuschagne gegee, en sy het dit tydens die borgaansoek gebruik. Heelwat betogers was buite die hof tydens die borgtogverhoor. Hul plakkate het sterk boodskappe gedra soos: “Beskerm ons kinders,” “Kinders is ons

Jaco Roets Foto: Verskaf

Verskeie plakkate wat die gemeenskap se misnoeë uitspreek, is Maandag voor die hof vertoon. Foto: Verskaf

toekoms,” “Ons kinders kom eerste,” en “Stop die geweld, laat hulle grootword.” Labuschagne sê die openbare mening en gevoel, asook die sterk emosies wat ten toon gestel is, is in ag geneem toe Roets se borgaansoek oorweeg is. “Mense voel sterk daaroor dat hy steeds vrylik in die gemeenskap rondbeweeg het,” sê sy. “Hy voer aan hy alleen sorg vir sy bejaarde ma, en daarom moet borgtog aan hom toegestaan word. Onder die Wet op ouer persone het die staat aangebied om haar sorg te verseker indien sy dit nodig het,” bevestig Labuschagne. Mia Engelbrecht, die ondersoekbeampte, het tydens die borgtogverhoor getuig. Hieruit het onder meer geblyk Roets se besonderhede is reeds in 2012 in die register vir seksoortreders ingesluit, nadat hy aan ’n seksuele oortreding skuldig bevind is. Labuschagne het Roets tydens die borgtogaansoek met verskeie Facebook-inskrywings konfronteer, wat sy in die hof voorgelees het. Die een inskrywing lui: “In Augustus 2018 het ons plaaslike pedofiel borg gekry. Ons moet in gedagte hou dat die

man sy ding sedert 2012 doen. Sedertdien het hy voortgegaan om sy vorige slagoffers en hul families te viktimiseer. Hy het ook nooit opgehou om op die jongmense in ons dorp te teiken nie. Maar ons laat hom toe om dit te doen. Nou is hy weer in hegtenis geneem nadat ’n nuwe en dapper slagoffer vorentoe gestap het. Dit bewys dat hy nooit opgehou het nie. Die ergste van alles is hy bly in dieselfde straat as die hoërskool. En ons het net met gevoude hande gesit en toekyk. “Al die slagoffers wat ná 2018 gevolg het, het basies gekom omdat ons as ’n gemeenskap te selfvoldaan was en ons het toegelaat dat hy tussen ons leef. Die regstelsel het nie omgegee vir die jong lewens wat hy verwoes het nie. Hoe kan jy sedert 2018 op borg wees? “Ons skreeu stop geweld teen vrouens en kinders en ons het pienk profiele, maar ons skreeu nie van die dakke af dat hierdie monster in die tronk moet wees nie? Hy moet voel dat hy nie welkom is nie. Hierdie volwasse man het ’n aantal kinders van ons dorp gemolesteer, en hy het jare-lank daarmee weggekom, totdat hy nou weer gevang is – weer – daar moes nie ’n ‘weer’ gewees het nie.”

Rainbow Simply Chicken FTF range 400g

I&J light & Crispy 500g

Daily electrical storms over the Goldfields are akin to living on the Highveld. More than 230mm of rain has fallen since the beginning of November, with two severe storms that caused hundreds of thousands of rands’ damage. PHOTO: Marti Will

Mc Cain Oven Crispy Chips. 750g

Stork 1kg BUY 2 for

At nature’s mercy

ea

I&J Beefers 800g

2 for

Sea Harvest Oven Crisp 400g

ea

Natures Garden Mixed Veg 900g ea

057 357 2222

WWW.MDPSA.CO.ZA

ea

Supreme IQF Chicken Mixed portions 2kg ea

Grainfield Fresh or Frozen Braai pack 16pc /kg

ea

CAM • CHANA • CHERY • DFM • DFSK GEELY • GWM • FOTON • GONOW • HAFEI MEIYA • TATA • MAHINDRA • QUANTUM TAXIS • INYATHI

WE SELL BODY SPARES SUSPENSION SPARES & SERVICE PARTS FOR CHINESE VEHICLES INDIAN VEHICLES & TAXIS. SUZUKI PARTS ALSO AVAILABLE NOW! NO 6, 2ND STREET ZAKSPEED BUILDING

NM10039716-VI111225

NM10039768-VI111225


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Vista-E-Edition-11 December 2025 by Novus Media - Issuu