Skip to main content

vista-e-edition-11-june-2026

Page 1

s year

Home and Building Renovations

Tel: Tel: 0822 4462 622 81 8153 153 / 083 22739 739 1152 522

since 1971

NM10061855-VI110626

Thursday, 11 Junie 2026

Free

Welkom-Gimnasium se binnenshuise sportsentrum is deeglik toegerus met alles wat nodig is om sportontwikkeling by dié Goudveldse skool optimaal te bevorder.

Hayley Wedderspoon, kaptein van die eerste netbalspan, was opgewonde om van die apparaat in die nuwe gimnasium te beproef.

Johan Slabbert (skoolhoof, links) en Frans Wessels (Welkom Minolta) bespreek die positiewe aspekte van die sportsentrum met die opening Maandag. FOTO’S: Welkom Gimnasium Skool Amptelike Blad op Facebook

Die splinternuwe binnenshuise sportsentrum by Welkom-Gimnasium is ’n moderne gerief wat daarop gemik is om sportontwikkeling, fiksheid en prestasie na ’n nuwe vlak te neem.

Sportsentrum by skool hou opwindende vooruitsigte in

Wêreldklas in Welkom MARTI WILL

Welkom-Gimnasium het sy splinternuwe binnenshuise sportsentrum geopen  ’n moderne gerief wat daarop gemik is om sportontwikkeling, fiksheid en prestasie na ’n nuwe vlak te neem. Dit het meer as R3 miljoen gekos om te ontwikkel, en verskeie ondernemings en ondersteuners het

geldelik tot die verwesenliking van die droom bygedra. Die sentrum bestaan uit twee dele: ’n binnenshuise krieketsentrum en ’n Hyrox-gimnasium. Met die opening van die gimnasium word dié skool sover bekend die eerste skool in die Vrystaat wat oor so ’n gerief beskik. Verder gaan in die nabye toekoms ook ’n hokkie-astrobaan by die skool ontwikkel word. Die sportsentrum is op ’n spesiale geleentheid op Maandag 8 Junie

bekendgestel. Die wêreld-gestandaardiseerde Hyrox-gimnasium fokus op kragontwikkeling, hardloop, uithouvermoë en funksionele fiksheid. Die gerief sal leerders met kondisionering en voorbereiding vir verskeie sportsoorte ondersteun. Daarbenewens sal fisioterapiedienste beskikbaar wees om sportlui in rehabilitasie en prestasie-optimalisering te ondersteun. ’n Nuwe fisioterapeut in Welkom, Karen Hitge, het haar praktyk by die

sentrum geopen. Gebruik van die gimnasium sal nie net vir die skoolgemeenskap beskikbaar wees nie. Dit sal vir die breër gemeenskap oopgestel word en belangstellendes sal die geleentheid hê om as lede aan te sluit. Die binnenshuise krieketsentrum plaas Welkom-Gimnasium onder die beperkte aantal skole in die Vrystaat wat oor so ’n gerief beskik. Dit bied aan spelers die geleentheid om deur die jaar in alle weersomstandighede

te oefen en gespesialiseerde afrigting te ontvang. Dit sal ’n belangrike rol speel in die verdere ontwikkeling van jong krieketspelers en die bevordering van hoëprestasie-sport. “Met hierdie opwindende ontwikkeling bevestig Welkom-Gimnasium weer sy verbintenis tot uitnemendheid in sport en die holistiese ontwikkeling van sy leerders, terwyl dit terselfdertyd ’n waardevolle bydrae tot die Welkom-gemeenskap lewer,” sê Johan Slabbert, skoolhoof.

057 357 2222

WWW.MDPSA.CO.ZA CAM • CHANA • CHERY • DFM • DFSK GEELY • GWM • FOTON • GONOW • HAFEI MEIYA • TATA • MAHINDRA • QUANTUM TAXIS • INYATHI

WE SELL BODY SPARES SUSPENSION SPARES & SERVICE PARTS FOR CHINESE VEHICLES INDIAN VEHICLES & TAXIS. SUZUKI PARTS ALSO AVAILABLE NOW! NO 6, 2ND STREET | ZAKSPEED BUILDING NM10061696-VI110626


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
vista-e-edition-11-june-2026 by Novus Media - Issuu