Skip to main content

UD Express - E-Edition - 6 August 2026

Page 1

UDEXpress UITENHAGE

30 000 COPIES WEEKLY

DESPATCH

Advanced Skin Treatments Body Contouring Aesthetics Treatments

67 ON CANNON

BOOK ON WHATSAPP • 071 533 4777 NM10068597-UX060826

Thursday, August 6 2026 |  041 992 5639 | Fax 086 457 4375 | Email udexpress@novusmedia.co.za

P/C

SA-sokkerskolesaktoeopDespatch Despatch se privaat Urban Academy-sokkerskool het sy oog op die nasionale titel wanneer hy van 7 tot 10 Augustus gasheer speel vir die nasionale toernooi wat skole van oor die land heen lok. Die stigter en eienaar, dr. Estienne Cronje, sê sy span is gereed vir ‘n groot aanslag nadat hulle pas die Kearsney College-toernooi in KwaZulu-Natal gewen het. Die plaaslike skool was voor die toernooi onder die top-12 in die land, maar het by Kearsney met die tweede gekeurde span afgereken. Die span, wat in die Gqeberha Town-liga van o.9 tot senior deelneem, kook tans behoorlik. Die o.19-span het onlangs die Victoriapark-uitdaagtoernooi gewen en ook in Wynberg se Freedom Cup met die louere weggestap. Cronje se troepe het ook aan die nasionale Super Soccer Schools-toernooi deelgeneem waar hulle die Oos-Kaapse deel gewen het. Die toernooi is ook deur Cronje gestig. Die skool spog met sowat 260 manlike en vroulike spelers. Cronje sê die klub is vir die gemeenskap en enigiemand is welkom om te kom aansluit. Op die foto verskyn vier sokkersterre Tashreeq Rademeyer, Yobinathi Mosuhli, Lilitha Voyi en Unakho Sakata. - HANNES SCHOEMAN FOTO: VERSKAF


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
UD Express - E-Edition - 6 August 2026 by Novus Media - Issuu