UDEXpress UITENHAGE
DESPATCH
30 000 COPIES WEEKLY
NM10044759-UX120226
Thursday February 12, 2026 | 041 992 5639 | Fax 086 457 4375 | Email udexpress@novusmedia.co.za
OP-rekord én vreugde vir Chantelle
Max Kulati het die naweek in die Baai ’n droomdebuut as kragoptel-afrigter gemaak toe sy Kariega-student Chantelle du Mont-Nell ’n nuwe OP-meestersrekord in die hurksit opgestel het. Chantelle het by die Eastern Cape Classic by die Kaap Receife-skool in Somerstrand die oë laat rek toe sy met 90kg geslaag het vir ’n nuwe OP-rekord in die meesters 1-afdeling. Met dié poging het sy waarskynlik ook gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Johannesburg. Hier glimlag atleet en afrigter breed ná hul sukses. Lees meer op bladsy 8. FOTO: VERSKAF