Skip to main content

TygerBurger | Kuilsrivier | E-edition | 5 August 2026

Page 1

KUILSRIVIER

WIN R12 000 Enter as many times as you like.

Scan the QR code, answer the questions and stand a chance to win. One lucky winner will be announced at the end of August. NM10064754-QK040826

Woensdag, 5 Augustus 2026 20 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | Website: www.tygerburger.co.za

ROUX IS NAASWENNER IN MR SUPRANATIONAL

‘Mooi man!’ CARINA ROUX

M

Marcél Roux in ‘n spesiaal ontwerpte uitrusting van Valencia Harrison Designs, wat hy by die internasionale Mr. Supranational-kompetisie gedra het.

INFRASTRUCTURE SPEND HITS RECORD PAGE 2

CARINA.ROUX@NOVUSMEDIA.CO.ZA

arcél Roux (28), Mnr. Suid-Afrika 2024 van Kuilsrivier, is Saterdag 1 Augustus as die naaswenner by die gesogte Mr. Supranational-kompetisie in Pole aangewys. Die mansafdeling van die kompetisie is vanjaar vir die 10de keer aangebied met deelnemers van 41 lande wat in verskeie rondes om die hooftitel meegeding het. Roux se kamermaat tydens die verblyf in Pole, Pedro Cordero van Spanje, is as die wenner gekroon. Toe hy 10 jaar gelede in sy matriekjaar as Mnr. De Kuilen aangewys is, sou Roux nooit kon raai watter draaie daar nog vir hom op ‘n loopplank wag nie. Sportiewe rugbymanne dink mos nie noodwendig aan modelpassies nie. In 2024 het Roux se wederhelf, Simoné, egter besluit om hom "skelm" vir die Mnr. SA-kompetisie in te skryf. Roux was aanvanklik vies om so uit sy gemaksone gedruk te word. Modelwerk is nooit iets waarin hy belanggestel het nie, maar toe ontdek hy dat die kompetisie oor meer as net voorkoms gaan. Hy het die geleentheid wat dit gebied het om na mense uit te reik en hulle te kon help, waardeer. Roux, toe nog 'n sportorganiseerder by die Laerskool Sunningdale, het in November 2024, toe hy as Mnr. SA aangewys is, vertel dat hy die volgende generasie wil help bou en as ‘n pa-figuur wil optree. Sy destydse vermoede dat om Mnr. SA te wees sy lewe baie gaan verander, was nie verkeerd nie.

TYLA BRINGS POP WORLD TOUR HOME TO SOUTH AFRICA PAGE 6

HY HET DIE GELEENTHEID WAT DIT GEBIED HET OM NA MENSE UIT TE REIK WAARDEER

INTERNASIONAAL Roux het verlede jaar kort voordat hy sy titel as Mnr. SA moes oorgee, gehoor hy is gekies om SuidAfrika by die internasionale Mr. Supranationalkompetisie te verteenwoordig. Vanjaar het die kompetisie die eerste keer getroude mans as deelnemers toegelaat. Die kompetisierondes in Pole is deur maande se voorbereiding voorafgegaan. Roux vertel die internasionale kompetisie is op 'n ander vlak. “By Mnr. SA was daar dalk ‘n paar modelle, maar almal was plaaslik. Die meeste deelnemers by die internasionale kompetisie is óf in TV óf professionele modelle. Die internasionale verhoog is maar 'n ongemaklike storie, maar deur die loop van die proses het ek die Here se genade en guns gesien en stuk vir stuk het dit my baie meer gemaklik gemaak. Toe ek op die verhoog geklim het, was daar bietjie nerves, maar ek het die Here se kalmte gevoel. Dalk het dit gelyk of ek gemaklik is, maar ek gee Hom al die eer." JEUG As naaswenner gaan hy vir Cordero moet instaan wanneer hy nie sy titelverpligtinge kan nakom nie. Roux is reg om dit te doen oor die wêreld heen. "Ek sal seker ook die platform gebruik om ook soveel as moontlik 'n brand te bou, grotendeels om die Here se naam te verkondig waar ook al ons gaan en met wie ek ook al in kontak kom." Hoewel hy nie meer by die skool werk nie, is die jeug nog steeds sy passie. NA BLADSY 4

CHAMPIONSHIPS TO PUT NETBALL TALENT ON SHOW PAGE 12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
TygerBurger | Kuilsrivier | E-edition | 5 August 2026 by Novus Media - Issuu