FEBRUARY FUEL PRICES DROPS PAGE 2
TAKUNDA MUCHUWENI HONOURED AT MATRIC AWARDS PAGE 4
AANBIEDER VIER 30 JAAR IN BEDRYF BLADSY 6
KUILSRIVIER
1
NM10044994-AL040226
Woensdag, 4 Februarie 2026 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | Website: www.tygerburger.co.za
ONDERSTEUNERS DOEN ‘N BEROEP OP DIE REGERING DAT FERRUS ‘N STAATSBEGRAFNIS ONTVANG
Digter Diana Ferrus oorlede CARINA ROUX
H
CARINA.ROUX@NOVUSMEDIA.CO.ZA
uldeblyke het vanuit alle oorde ingestroom ná die dood van Diana Ferrus (72), bekroonde digter en aktivis op Vrydag 30 Januarie. Ferrus, ‘n inwoner van Kuilsrivier, het op Kersdag verlede jaar ‘n beroerte gehad. Laniëlle Hartzenberg, ‘n familielid, het Ferrus se afsterwe bevestig. “Dr. Ferrus was meer as ‘n openbare figuur — sy was ‘n geliefde familielid, mentor en ‘n leidende lig. Haar nalatenskap sal voortleef deur haar werk, haar stem en die ontelbare mense wat sy oor generasies en grense heen geïnspireer het.” Ferrus is veral bekend vir haar gedig "A Poem for Sarah Baartman" (ook genoem "I've come to take you home") wat ‘n groot rol daarin gespeel het om die Franse regering te oortuig om Saartjie, ‘n Khoivrou wie se oorskot deel van ‘n museumuitstalling was, in 2002 na Suid-Afrika terug te bring. “Jou pen was nie net ink nie. Dit was bloed. Dit was trane. Dit was balsem. Jy het die verlore nasie se wonde benoem, aangeraak, gesuiwer. En in daardie aanraking het jy vir ons gesê: ‘Julle verlatenheid is ’n leuen. Kyk hoe verbind ons is in hierdie pyn. Kyk hoe helder ons kan skyn as ons mekaar se stories dra’,” skryf Magnus de Jongh aanlyn. “In jou Afrikaans en Engels het jy die taal van geregtigheid gepraat, van genesing, van liefde vir die land en sy mense. Rus sag, Lady Di. Jou woorde bly leef — in boeke, in harte, in die wind oor die Wes-Kaap. Dankie dat jy ons huis toe gebring het,” skryf Jean Oosthuizen. Prof. Robert Balfour, rektor en visekanselier van die Universiteit van Wes-
Dianna Ferrus FOTO: FACEBOOK DIANNA FERRUS
1.6kg for
R159.99 Thank Goodness for CAB Foods!
Cheese Sizzlers 300g, Pork Sausages 500g + Smoked Russian Sausages 800g
Terms & Conditions Apply. All prices including VAT. We reserve the right to limit quantity, Selected products styled for photography.
— Sumayyah Petersen Campher
Kaapland (UWK), het gesê Ferrus het as alumna en personeellid van UWK talle studente en jong skrywers gementor en gehelp dat stemme uit gemarginaliseerde gemeenskappe gehoor word. “Deur in beide Engels en in Afrikaans te skryf, het sy kulture oorbrug en die diepte en skoonheid van ons meertalige erfenis bevestig. Haar toewyding teenoor jong skrywers, vroue-digters en gemeenskaplike storievertelling spreek van haar lewenslange geloof in die krag van woorde om te genees en te bemagtig.” Ferrus het verskeie eerbewyse en toekennings ontvang, waaronder ‘n eredoktorsgraad in filosofie aan die Universiteit Stellenbosch in 2022 omdat sy haar skryfwerk en poësie gebruik het om op te voed en te bemagtig, haar aan die ontwikkeling van ‘n nuwe geslag skrywers toegewy en vir ander geleenthede geskep het. In 2020 het haar geboortedorp, Worcester, haar met die “Vryheid tot die dorp” vereer. Ferrus word deur baie wat haar pad gekruis het as ‘n ma-figuur, toeganklik en terselfdertyd sterk en sag, onthou. “Sy kon haarself ‘n ikoon genoem het; sy het nooit ... Sy kon haarself die godmother genoem het, maar sy het nooit ... Sy kon haarself doktor genoem het, maar sy het nooit ... NA BLADSY 2
CHEESY DEAL
R21.99
Sunshine D Margarine 500g
Cheddar Cheese 1kg R94.99 Grated
2 FOR
SCAN ME FOR MORE DEALS!
Visit www.cabfoods.co.za
“Sy het kuns as geregtigheid gebruik, taal as weerstand, en kultuur as ’n brug tussen Suid-Afrika en die wêreld.”
R54.99
R38.99
Sweetheart Swirl Cookie Dough 600g
Nestle Caramel Treat 360g
R64.99
Southern Style Chicken Pops 800g or Cheezella Chicken Bites 800g
Roll 2x400g R34.99 Pastry
Specials valid 16 January - 11 February 2026. While Stocks Last. Available at all Western Cape stores.