Skip to main content

TygerBurger | Kuilsrivier | E-edition | 08 April 2026

Page 1

HOSPICE CITY TABLES REOPENS HOPE DOORS BUDGET PAGE 3 PAGE 5

KUILSRIVIER

VARSITY RESEARCHES SOLARPOWERED BIKES PAGE 11

3 Matthee Street, Parow East (ample parking) Next to M-kor Bakery

• We cut foam to size and shape • Widest range of foam densities • Custom made mattresses for • Bakkies • Caravans • Rooftop tent • Cots • Dogs • Covers made on site • Foam Chips @R50/kg • Medical products • Eggbox mattress • Bed Wedges • Pillows • Gym mats and Physio equipment

Tel: 021 911 0331

email: admin@foamwarehouse.co.za NM10053289-AL080426

Woensdag, 8 April 2026 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | Website: www.tygerburger.co.za

KLEINHANS-LE ROUX DEUR SOLIDARITEIT VEREER

Toekenning vir Tobias

T

obias Kleinhans-Le Roux, 'n maatskaplike werker van Kuilsrivier, is onlangs as een van sewe streekwenners met 'n Hoopdraer-toekenning deur Solidariteit vereer. Die toekennings, wat deur Solidariteit Helpende Hand in samewerking met die Solidariteit Maatskaplikewerkersnetwerk toegeken word, vereer jaarliks maatskaplike werkers wat deur hul toewyding en diens ’n blywende verskil in hul gemeenskappe maak. Die wenners is vroeër vanjaar deur die publiek genomineer. Kleinhans-Le Roux is vereer vir sy toewyding aan sy beroep en sy spesialisasie in die mediese veld met betrekking tot oorplantingchirurgie. Deur sy gespesialiseerde maatskaplike dienste bring hy daagliks hoop aan mense wat hulself op 'n kritieke draaipunt in hul lewens bevind.

PAWS ON THE PROMENADE Humans and their canine companions are invited to join the eighth annual Paws on the Promenade, a dogwalk fundraiser hosted by the Mdzananda Animal Clinic and Shelter, in partnership with Vondi’s Holistic Pet Nutrition. The event will take place on Sunday 12 April at 09:00 starting at the Mouille Point lighthouse. The 5 km route will extend to the Sea Point swimming pool and back. Read more on page 2. PHOTO: SHARON MCCOMB

PASSIE Kleinhans-Le Roux se passie vir maatskaplike werk is gegrond in sy begeerte om mense by te staan wanneer hulle op hul kwesbaarste is. “Ek het maatskaplike werk as ’n beroep gekies omdat ek glo dat menswaardigheid, ondersteuning en hoop nie net mooi woorde is nie, maar praktiese waardes wat elke dag uitgeleef moet word," sê hy. "Ek wou in ’n beroep wees waar ek werklik ’n verskil kan maak — nie net op die

“Ek wou in ‘n beroep wees waar ek werklik ‘n verskil kan maak ...” - Tobias Kleinhans-le Roux

oppervlak nie, maar diep in ’n mens se lewe en die gesin se belewenis.” Volgens hom gee die Hoopdraertoekenning erkenning aan die diep menslikheid en emosionele werk wat 'n integrale deel van maatskaplike werk is. “In my veld van spesialisasie beweeg ons daagliks op die fyn lyn tussen hoop en hartseer, verlies en nuwe lewe. “Hierdie toekenning voel vir my soos ’n bevestiging dat die emosionele werk wat ons doen, raakgesien word en dat die kernwaardes van ons beroep — menswaardigheid, gelykheid en medemenslikheid — steeds van groot waarde is,” sê hy. “Dit herinner my ook waarom ek hierdie loopbaan gekies het: om ’n ligdraer te wees waar mense soms net duisternis sien.” Volgens Bianca Smit, netwerkkoördineerder van die Solidariteit Maatskaplikewerkersnetwerk, speel maatskaplike werkers ’n onmisbare rol in die versterking van gemeenskappe en die herstel van hoop waar dit ontbreek. “Elkeen van vanjaar se hoopdraers maak ’n verskil in hul direkte gemeenskap, asook binne die beroep.” NA BLADSY 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook