KRAAIFONTEIN
VDH Attorneys Free Wills, Administration of Deceased Estates, Civil, Divorce, Property Transactions, Evictions, Bail & Criminal / Debt Matters
www.vdhattorneys.co.za Bellville: 074 858 6152 Grassy Park: 076 503 6916 NM10071094-QK010926
Woensdag, 2 September 2026 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | Website: www.tygerburger.co.za
VROU SOEK AL VIR SEWE MAANDE NA HAAR GELIEFDE HOND
Weet iemand waar arme Tinkie is? DESIRÉE RORKE DESIREE.RORKE@TYGERBURGER.CO.ZA
N
á 'n desperate sewe maande lange gesoek na haar geliefde bokhondjie Tinkie, is Marilize Lemmer van Kraaifontein se hoop aan die kwyn. "Maar net miskien sien die regte mens die berig raak, en weet waar Tinkie is," het die moedige honde-mamma verlede week aan TygerBurger gesê. Haar hart is gebroke en die trane lê baie vlak as sy aan haar geliefde hondjie dink, wat op 3 Februarie by haar huis in Zonnendal vermis geraak het. Marilize vermoed dat Tinkie deur 'n hawelose man opgetel en verkoop is, nadat sy by die erf uitgeglip het. Sedertdien het sy al duisende pamflette uitgedeel, die strate vol gery, 'n R10 000-beloning uitgereik, "spioene" ingespan, 'n diere-kommunikeerder geraadpleeg en selfs met bendelede vriende gemaak in die soektog na Tinkie.
Marilize Lemmer van Kraaifontein soek al sewe maande lank na haar geliefde Tinkie.
'ONS WAGHONDJIE' "Ek en my man hoop tans vir 'n derde kind, en ek kan nie help om te dink hoe gelukkig Tinkie sou wees om nog 'n baba in die huis te kry nie. Sy sou dit so geniet het. Sy was ons
NEW ROAD SAFETY STRATEGY APPROVED AT CITY COUNCIL PAGE 2
MATRIEKMEISIE SE DROOM WORD WAAR BLADSY 3
DIEFSTALSAAK BY DIE POLISIE SONDER ENIGE SUKSES GESLUIT waghondjie en baie beskermend, so klein soos wat sy is," sê Marilize oor die fraaie sewejarige klein Doberman Pinscher Chihuahua-kruis. "Ons was besig met opknapping by die huis die dag toe sy vermis geraak het. Die hek was nog nie oop nie, en sy moes deur die aand uitgeglip het. Marilize het haar dadelik op verskeie sosialemedia-groepe as vermis aangemeld, en 'n Facebook-blad genaamd All about finding Tinkie, gestig. Kort voor lank het iemand met inligting gebel. "Die vrou het in Darwinstraat vir haar Uber gestaan en wag toe sy 'n hondjie met Tinkie se beskrywing in die straat af sien hardloop het. Die betrokke man het agter haar aangehol en haar opgetel en verder gestap. Sy het vir my 'n akkurate beskrywing van die man gegee wat ek dadelik op sosiale media gedeel het," vertel sy. "Só bel nog iemand my om te sê die man is saam met Tinkie by die Vlak- informele nedersetting by Goliath Estate opgemerk."
SPOOR GEVOLG Marilize het haar na die informele nedersetting gehaas waar sy pamflette begin uitdeel het. "Ek het mettertyd 'n informant gekry wat my oë en ore in die nedersetting was, maar sy het my later gebel om te sê sy wil nie meer deel wees van die soektog nie, want sy 'wil nie gedreig word nie'. Sy het ook vir my gesê 'jy sal seker nooit weer jou hond sien nie'." Marilize het geweier om dit te aanvaar, en het 'n beloning van R10 000 uitgereik en gereeld die nedersetting gaan besoek om met mense te praat. Sy het later weer inligting ontvang van inwoners dat die betrokke man nie in die nedersetting bly nie, maar net kom dwelms koop het. "Die man het toe ook sy voorkoms verander deur sy lang hare af te sny, toe hy verneem ek soek na hom," sê sy. Die Kraaifontein-polisie is om hulp gevra en het saam met hulle die Vlak deursoek, en later ook met mense in Joostenbergvlakte en Fisantekraal gaan praat. "Baie mense het gebel, maar ek het nie geweet wat om te glo en wat om nie te glo nie," sê sy. NA BLADSY 4
JOEY EVANS SHARES DAKAR STORY PAGE 7
This Weeks Specials OFFER VALID FROM 2 - 6 SEPTEMBER 2026. WHILE STOCKS LAST.
SPECIALS ARE ONLY AVAILABLE AT THE BRACKENFELL - DURBANVILLE AND KRAAIFONTEIN STORES.
T&C's Apply - The picture of the product in the advertisement may differ to the one instore.
NM10071993-AL020926