Skip to main content

TygerBurger | De Grendel | E-Edition | 4 February 2026

Page 1

FEBRUARY FUEL PRICES DROPS PAGE 2

NEIGHBOURHOOD WATCH AND SECURITY DOUSE N1 FIRE PAGE 3

CPF WORKSHOP BUILDS CRIME-SCENE SKILLS PAGE 6

DE GRENDEL

1

NM10044994-AL040226

Woensdag, 4 Februarie 2026 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | Website: www.tygerburger.co.za

GAAN AAN AKTUARIËLE KOMPETISIE DEELNEEM

Hannah gaan al die pad Japan toe RICHARD ROBERTS

’n

RICHARD.ROBERTS@NOVUSMEDIA.CO.ZA

Jong inwoner van Monte Vista verteenwoordig vanjaar haar land by die tweede Jong Aktuarisse Wêreldbeker-kompetisie. Die kompetisie is deur die Internasionale Aktuariële Vereniging bekendgestel en word beskryf as ’n vriendelike wêreldwye kompetisie — oop vir aktuarisse en aspirant-aktuarisse onder die ouderdom van 35 jaar. Die finale ronde van die kompetisie vind in November by die Internasionale Kongres vir Aktuarisse (IKA) in Tokio, Japan, plaas. Hannah Giliomee, ’n oud-leerder by die Hoërskool Tygerberg en inwoner van Monte Vista, neem hieraan deel.

BELOVED BLOUBERG OCEAN VETERAN DIES John Flanigan, a beloved figure in the Bloubergstrand coastal community, passed away following a sea kayaking incident. Known for his lifelong passion for ocean sports and daily sea kayaking routines, he inspired many. His recent historic achievement as the oldest man to complete the Robben Island to Blouberg swim earned him widespread admiration. Read more on page 5. PHOTO: MARZAHN BOTHA

VOORLEGGING “My voorlegging, Flexsurance, is ’n inkomstebeskermingsproduk wat ontwerp is vir lae-inkomste en informele sektorwerkers. “Deur die genade van God is ek een van vier finaliste wat wêreldwyd gekies is, en gaan ek my werk by die eindronde in Japan aanbied,” sê sy. Giliomee gaan in die eindronde teen drie finaliste meeding — Daniel Nkameny

“Ek werk saam met ‘n ongelooflik, talentvolle, kreatiewe en dinamiese span ...” - Hannah Giliome (Frankryk), Divyani Mehta (Indië) en Shiela Cruz (VSA). Die tema van vanjaar se kompetisie is in ooreenstemming met die IKA se tema vir 2026 — tradisie, diversiteit en innovasie. “Die kongres duur ’n week, maar ek wil graag ’n bietjie ná afloop daarvan saam met my pa deur Japan toer,” sê Giliomee. TygerBurger het haar gevra hoe dit voel om haar land te gaan verteenwoordig. “Ek is innig dankbaar vir hierdie geleentheid. Dit is werklik deur die Here se genade en voorsiening. “Ek is passievol oor Suid-Afrika en sy toekoms, en om ons land op ’n internasionale platform te kan verteenwoordig, is ’n groot eer. “Om Suid-Afrikaanse vaardigheid, innovasie en waardes op ’n wêreldverhoog te vertoon, is iets wat ek nie ligtelik opneem nie,” sê sy. NA BLADSY 2


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
TygerBurger | De Grendel | E-Edition | 4 February 2026 by Novus Media - Issuu