DE GRENDEL
NM10045906-QK100226
Woensdag, 11 Februarie 2026 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | Website: www.tygerburger.co.za
SY GAAN HAAR PASIËNTE DIE MEESTE MIS
Verpleegster tree na 40 jaar af RICHARD ROBERTS
RICHARD.ROBERTS@NOVUSMEDIA.CO.ZA
KLEURRYKE LOOPBAAN
á bykans vier dekades in die verpleegbedryf roep Viola Harzenberg by die Goodwood-kliniek dit vanjaar uiteindelik halt. Hartzenberg, ‘n kliniese verpleegspraktisyn, het ‘n lang pad in verpleging gestap en kan met ‘n goeie gemoed terugkyk op ‘n kleurryke loopbaan. Sy het aan TygerBurger vertel hoe en wanneer die saadjie vir haar beroepskeuse geplant is. Hartzenberg onthou hoe haar matriekjaar veral vir haar een van die moeilikste jare in haar lewe was. "My pa is reeds in 1985 met kanker gediagnoseer, en elke dag ná skool moes ek aanskou hoe sy lewe stadig wegkwyn. “Ek was desperaat, magteloos, maar ek het gehelp waar ek kon. Ongelukkig het hy die stryd verloor. “Daardie tyd het iets diep binne my gevorm — van kleins af het ek 'n liefde gehad om mense te help, en dit was die oomblik toe ek geweet het, ek wil 'n verpleegster word," vertel sy. Vandag is Hartzenberg 'n kliniese
verpleegspraktisyn met twee diplomas en 'n graad. "As kliniese verpleegpraktisyn behels my pligte onder andere die onafhanklike assessering van pasiënte, die diagnose en behandeling van algemene en kroniese siektetoestande, die voorskryf van medikasie, wondversorging, noodbehandeling, gesondheidsvoorligting en die bestuur van pasiënte binne primêre gesondheidsorg. Dit is ’n rol wat groot verantwoordelikheid, deernis en kliniese kundigheid vereis." Dis 'n rol waarvoor sy egter ten volle voorberei is. Hartzenberg het vertel dat haar loopbaan op 1 Maart 1986 by die Conradie-hospitaal in Pinelands begin het. "In 1989 is ek as stafverpleegster opgelei. Van daar het my pad my na Bishop Lavis geneem, waar ek vir 19 jaar gewerk het. "Wondversorging was my passie; niemand kon dit beter doen nie. Ek was altyd nuuskierig, altyd gretig om meer te leer, en mettertyd het ek besef dat ek verder wou studeer," vertel sy. NA BLADSY 2
N
SAVE A FISHIE GOES COAST 2 COAST Save a Fishie’s Coast 2 Coast 2026 is officially underway, with the team hitting the road to clean up beaches across South Africa and remove harmful waste from our coastline. From small community beaches to popular coastal hotspots, the initiative will visit multiple locations nationwide, collecting litter, raising awareness about marine pollution and encouraging responsible coastal use.
GEKAAPTE ROADWORKS ARE VOERTUIG IN UNDERWAY ON GOODWOOD GEKRY GIEL BASSON DRIVE BLADSY 3 PAGE 4
UWC PAYS TRIBUTE TO DIANA FERRUS PAGE 7
“From the moment we arrived at Trans-50 Panorama Palms retirement village, We could feel we were in the right place”
Independent lifestyle,Specialised Dementia & Frail Care facility
PANORAMA PALMS
A retirement lifestyle ensuring peace of mind 24uur
Enquiries: Tel 021 930 6035 panoramareception@trans50.org.za | www.trans50.co.za NM10045375-AL110226