BRACKENFELL
1
NM10048908-AL040326
Woensdag, 4 Maart 2026 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | Website: www.tygerburger.co.za
BOERE ONDER DRUK VAN NUWE INFORMELE NEDERSETTING BLADSY 3 MENINGITIS CASES RISE IN WESTERN CAPE PAGE 5 WATERPYPE WAT BARS MOONTLIK DIE OORSAAK
Die sinkgat naby die hoek van Rogland- en Goedehoopstraat.
Sinkgat verskyn in pad DESIRÉE RORKE
I
DESIREE.RORKE@TYGERBURGER.CO.ZA
nwoners in Arauna kon toe hulle Donderdagoggend wakker word hul oë nie glo nie, want daar was ’n sinkgat in die pad — so groot dat ’n hele motor daarin kon pas. Die enorme sinkgat naby
“Dit is hartseer dat daar soveel liters water verlore gaan...” - Leon Brynhard die hoek van Rogland- en Goedehoopstraat langs die Hoërskool Brackenfell is klaarblyklik veroorsaak deurdat ’n pyp onlangs in die pad gebars
het. Die paaie om die sinkgat is al vroegoggend deur verkeersbeamptes afgesper. " ’n Mens kan duidelik die
sand in die pad sien waar die water afgeloop het," sê Reinhardt Hamman, skoolwoordvoerder. Die geografie-onderwyser Jorinda Coetzee het leerders en inwoners in ’n videoboodskap gemaan om liefs nie naby die sinkgat te kom nie. NA BLADSY 2
INFORMATION SESSIONS ON BORER BEETLE PAGE 8