BELLVILLE
Woensdag, 14 Mei 2025 | Tel: 021 910 6500 | e-pos: nuus@tygerburger.co.za | Website: www.tygerburger.co.za Voor sit Ryno en Mari van Rooyen op die rusbank gedoop Ruben’s Rest saam (agter) Lorinda Smit, Magda Thiart, Karin Tomlinson, Gert Visser en Aléta Fuchs in die nuutgeskepte Afrikaans-tuin by DF Malan. FOTO: HELEEN BOSHOFF
AFRIKAANSE TUIN BY DF MALAN GESKEP TER NAGEDAGTENIS VAN LEERDER
Ruben leef voort HELEEN BOSHOFF HELEEN.BOSHOFF@NOVUSMEDIA.CO.ZA
S
y menswees is herroep, trane is afgevee en alkoholvrye Savana is op Donderdag 8 Mei geklink ter nagedagtenis aan Ruben Louw van Rooyen (18) se liefde vir sy taal en skool met die Hoërskool DF Malan se amptelike opening van hul Afrikaans-tuin. Nog méér spesiaal is die RVR DF-tuinklub, in samewerking met Lorinda Smit – Ruben se “tuin-tannie”, amptelik in sy naam gestig. Dié tuin is simbolies van sy blywende impak op die gemeenskap, medeleerders en toekomstige generasies.
DIÉ TUIN IS SIMBOLIES VAN SY BLYWENDE IMPAK
oorspronklike voortuin geskep.”
“Die uitwerking wat die mens Ruben op die gemeenskap gehad het, is onbeskryflik en elkeen wat hom geken het, voel ’n intense gemis aan die groot glimlag, die wysheid van ‘18 going on 80’ en die grasie waarmee hy die lewe aangepak het,” deel Smit.
AFRIKAANS 100 Die opening van die tuin is ook saam met Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal gevier. Die huldeblyk van Magda Thiart, DF Malan se Afrikaansvakhoof, lui: “Ludwig-rose het 10 jaar gelede die Afrikaans-roos geskep ter viering van die 90ste bestaansjaar van Afrikaans. Om Afrikaans 100 te vier het Lorinda Smit ’n pragtige Afrikaanse tuin geskep met 10 Afrikaansroosbome as deel van die RVRgedenktuin. Dis ’n pragtige oranje roos wat, as dit blom, ’n besondere prentjie by Ruben se bankie gaan vorm.” NA BLADSY 4
STRYD IN VERLOSSING OORWIN Ruben is op Woensdag 19 Maart in sy ouerhuis oorlede ná’n jare lange stryd om sy lewe teen kanker. Dit nadat alveolêre rabdomiosarkoom, ’n seldsame en aggressiewe kanker, op 10 November 2022 by hom gediagnoseer is. Hy het aan die begin van die
jaar ’n operasie in die Christiaan Barnard-hospitaal ondergaan om die kanker te verwyder. Aanvanklik was hy daarna kankervry, maar komplikasies het egter sy lewe geëis. Smit onthou die tyd wat sy en Ruben mekaar leer ken het nog goed. Om sy liefde vir biologie en die natuur uit te leef, het hy baie lief geword vir tuinmaak en gereeld Smit se raad gevra. “My belofte aan Ruben was dat ek ’n tuinklub by DF Malan sal stig en dat ek als wat ons sou doen ten uitvoer sal bring. Ek het die RVR DF-tuinklub gestig en vir Ruben ’n gedenktuin van die
VOETBRUG TYDELIK HERSTEL BLADSY 3
US APPOINTS NEW ECONOMIC SCIENCES DEAN PAGE 4
STELLIES SKITTER BY POMPONKAMPIOENSKAP BLADSY 6