SKOLE SCHOOLS SCHOOLS SKOLE






























![]()






























Eunice – meaning Happy Victory – perfectly captures the spirit with which they begin the 2026 school year.
The achievements of the Class of 2025 stand as proud testimony to a community that nurtures excellence, character, and confidence.
The Eunice community celebrates its school leavers with deep gratitude and admiration, recognising not only what they have achieved, but who they have become.


This is a school where young women are empowered to realise their full potential; encouraged to grow into articulate, adaptable and balanced young women. This ethos was reflected by the 15 Board Medallists, whose poise and humility spoke volumes after receiving this prestigious award.
The school was recognised as a Top 10 Performing School in Mathematics in the Free State for their results in the Senior Certificate Exams.
Ten learners were invited to the Free State Well Done Function; six placed among the Top 50 Academic Achievers in the province; and nine featured in the Top 10 Academic Achievers in Accounting, English and History.
Thirty-three learners achieved an A-average, a 97.46% Bachelor’s Pass with 154 out of 158 candidates securing access to higher education.
With an overall grade average of 72.59%, with 418 subject distinctions, these results reflect the dedication of both learners and educators.
Strengthened by Sisterhood
The 2026 school theme, Strengthened by Sisterhood, was chosen by the Representative Council of Learners and speaks to the heart of the Eunice experience. Sisterhood at Eunice is a bond of support, resilience and shared purpose that carries our girls through both challenges and triumphs.
As the school community cele-

brates 151 years of excellence, the school honours its founding ideals:
“That our daughters may be like cornerstones, polished after the similitude of a palace.” (Psalm 144:12)
Tradition and progress walk hand in hand at Eunice, shaping confident young women for an ever-changing world.
Growing from year to changing year
The school song by ELM King says:
“Though all around has changed since her cornerstone was laid, the spirit of Eunice has never been dismayed.
“The future will not fright her, she

fears nor change nor strife, for she dwells beside the waters of wisdom and of life.”
This reminds us that while much has changed since Eunice’s cornerstone was laid, the spirit of the school has never wavered.
A significant change for 2026 is the official appointment of the new Principal, Jackie Botma.
A proud Eunice alumna (Class of 1989), Botma has served the school with distinction as a History and English educator since 2001, Deputy Principal (since 2018), and Acting Principal (since 2025).
The Class of 2026 brings renewed

energy and enthusiasm. Through the guidance of their older sisters and dedicated staff, the newest Eunice girls are supported as they grow into unique and capable young women.
Life’s Grand Adventure
“For with her honour trusted her children will go forth, to meet life’s grand adventure East, West and South and North,” resounds the school song.
Eunice House brings together learners from across the country, forging lifelong friendships and an unbreakable sisterhood.
Hostel life offers a unique environment and is often remembered as the highlight of school life.
Eunice is filled with grand adventures such as sing-songs, Interhouse events, Grey Gala, dances and Mentor-Mentee events, to name a few.
Academic excellence is balanced
with fun, belonging and adventure. The Eunice advantage
■ English-medium education preparing learners for success at university and beyond.
■ Girls’ school environment that supports holistic and optimal development.
■ Diversity and inclusion where sisters foster unity, respect and mutual support.
■ Wellness support, with three Counsellors at our Learner Support Centre looking after the wellbeing of the learners.
■ A vibrant social programme that nurtures connection and joy.
At Eunice, tradition inspires excellence, sisterhood strengthens character, and every girl is prepared to step confidently into her future. There truly is “no other school so dear.”

































































links, voor: Francis Whelan, Lisa Bloem, Margy Swanepoel, Ashley Coetzee, Cerené Willcock-van Wyk,
Jaftha; tweede ry: Cara Houben, Mira Rossouw, Vivienne Müller, Marlie van de Vyver, Miré Vorster, Zelmarie Smook, Jillian Dixon; derde ry: Jacomi van Tonder, Christi Euvrard, Nanette Jordaan, Simoné Marx, Ané van Deventer; vierde ry: Zané Volschenk, Lianri Fourie, Lené van Loggerenberg, Bea du Toit, Daniëlle Herbst, Danielle van Jaarsveld, Amari du Bruyn, Kayla Botha en Jana Bekker. Afwesig: Joanelle Venter, Jana van Rooyen, Denise Cilliers, Iné Vorster, Nadine Jonck, Mia Delport en Liancé van Zyl.
Die Hoër Meisieskool Oranje se matriekklas van 2025 het die jaar op ’n wonderlike wyse ingelui met die puik uitslae wat behaal is.
Oranje spog nogmaals met ’n 100%-slaagsyfer wat getuig dat daar erns gemaak word met elke leerling – presteerders en diegene wat in akademie kleitrap.
Kultuur, tradisies, sport, toere en pret is alles belangrike aspekte van Oranje, maar akademie bly die groot-


ste prioriteit.
Boonop bied Oranje ’n sleutel vir verdere studie aan ’n universiteit aan 139 van die 145 matrieks. Die ander 6 kwalifiseer vir diplomastudie en hoër sertifikaat studie. Vier leerlinge (Jillian Dixon, Denise Cilliers, Amari du Bruyn en Mia Delport) het onder die 50 topleerders in die Vrystaat (uit ’n totaal van 38 205 leerlinge) geëindig. Oranje se 36 leerders wat ’n gemiddelde A-simbool behaal het, is op die
skool se medalje-geselligheid vereer.
Die gewildste studiekeuses onder hulle is ’n rekeningkundige rigting (sewe leerders), ingenieurswese (vyf), regte (vier) en medies (vier).
Een leerling gaan pastorale berading studeer, ’n ander BSc met fisika en astrofisika en daar is ook ’n toekomstige onderwyser onder die toppresteerders. Die meerderheid gaan hulle studie aan die Universiteit van die Vrystaat
(12) begin, gevolg deur die Universiteit Stellenbosch (8) en die Noordwes-Universiteit (7).
Anne-Marie Klink, skoolhoof, het op die medalje-geselligheid gesê die 2025-matriekklas het ’n blywende plek in Oranje.
“Dit was ’n besonderse voorreg om julle vir vyf jaar in Oranje se sorg te hê, om saam met julle te groei, by julle te leer en klein oorwinnings en groot mylpale saam met julle te vier.


























Dit gaan nie net oor julle prestasies nie, maar oor julle menswees, julle waardes en hoe julle as jong meisies in vroue ontwikkel het.
“Ons betoon ook ons opregte dank aan God wat julle krag gegee het in tye wat dit regtig moeilik was. Dankie aan elke onderwyser wat langs die pad leiding gegee het en aan elke ouer vir jare se ondersteuning, aanmoediging, gebede, opofferings en geloof in julle dogters.”



Grey-kollege (sekondêr) se 2025-matriekklas het uitstekend gevaar met 'n 99.6%-slaagsyfer en 'n B-graad-slaagsyfer van 82%.
Twee van die skool se leerders was onder die Vrystaat se topmatrieks.
Jeandré Kanfer het ’n gemiddeld van 86.5% en Juan Erasmus het ’n gemiddeld van 86.29% behaal. Benewens dié twee, was daar 11 Greymatrieks wat 'n gemiddeld van meer as 80% behaal het.
Grey bied van vanjaar af ’n nuwe vak aan, sport- en oefenkunde, wat aan leerders die geleentheid sal bied om reeds voorbereiding te tref vir nuwe studierigtings.
Die skool se rugbyseuns het gedurende die Desember-vakansie gaan deelneem aan die NextGen Global Challenge in Salou, Spanje.
Hierdie toer het waardevolle geleenthede geskep waar die seuns hulself wedstrydmatig kon toets en waardevolle ervaring kon opdoen ter voorbereiding vir die 2026-seisoen.
Jannie Geldenhuys sê die seuns het ook die geleentheid gehad om twee dae in Barcelona te toer.
“Hierdie blootstelling het hul wêreldbeskouing verbreed en unieke

ervarings gebied wat van onskatbare waarde is.”
Talle hoogtepunte wag vanjaar op die leerders. Een van die geleenthede wat nie net tot voordeel van die skool aangebied word nie, maar op alle gr. 11 en 12-leerders in Bloemfontein gemik is, is 'n Loopbaandag wat op 11 Maart by die skool aangebied word.
Braam van Wyk, skoolhoof, sê 2026 bied 'n nuwe begin. “Nuwe Begin is die tema vir die jaar. Ons gaan begin fokus op die waardes waarvoor Grey-kollege die afgelope 171 jaar staan - geloof, hoop en liefde. By Grey moet die basiese dinge altyd blybroederskap, spanwerk, massa-deelname en ondersteuning vir mekaar
en pret by die skool." Ludiwig Koekemoer, Grey se adjunkhoof vir akademie se wens vir leerlinge is as volg: “Of julle aan sport- of kultuuraktiwiteite deelneem, die hoop is dat jul jaar gevul sal met spanwerk, vasberadenheid, dissipline, kreatiwitiet en onvergeetlike oorwinnings.”


Grey-kollege bied talle
aan waaraan leerders kan deelneem.




































































'n Skool is soveel meer is as net klaskamers en handboeke. By die Hoërskool Fichardtpark is skool ’n gemeenskap met ’n sterk Christelike karakter waar elke leerder gesien, geken en gevorm word – nie net vir vandag nie, maar vir môre.
Die skool se fokus is op die leerder as ’n geheel: liggaamlik, verstandelik, emosioneel en geestelik. By Fichies word daar nie net aan akademiese kennis gebou nie, maar ook karakter, waardes en selfvertroue. Die doel is om elke leerder te help groei tot ’n afgeronde, verantwoordelike en doelgerigte volwassene wat gereed is vir die wêreld ná skool.
Fichies se tema vir 2026 – “Jou drome. Jou toekoms. Ons passie.” – is nie net woorde nie; dit is ’n belofte. ’n Belofte dat elke leerder se potensiaal raakgesien gaan word, elke droom ernstig opneem gaan word en daar met passie saam met hulle gewerk gaan word om daardie drome te help verwesenlik.
Die jaar wat voorlê hou talle hoogtepunte in. Die jaar 2026 bring nuwe uitdagings, nuwe hoogtepunte en nuwe geleenthede. Daar word met groot verwagting uitgesien na spogfunksies soos Meneer en Mejuffrou Fichardtpark, die groot sportdag wat

Fichardtpark-atlete blink op die baan en die veld uit. Hier spring Mieke Badenhorst oor die dwarslat.
altyd geesdrif en trots aanwakker, en natuurlik die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks waar Fichies weer met passie, dissipline en trots gaan meeding.
Die Fichardtpark-skoolgemeenskap leef sy waardes daagliks uit – in die klaskamer, op die sportveld, op die verhoog en in hul omgang met mekaar. Hier word leiers gevorm, drome aangewakker en toekoms gebou. Fichardtpark is reg vir 2026. Met geloof in hul hart, passie in hul hande en elke leerder se toekoms in hul visie.

is daar ook groot pret. Hier is Tristen Beukes en Damian Mulder
23 Januarie by die



As the demand for future-focused education continues to grow, Boston City Campus is now open for registrations for the 2026 academic year, to start on 23 February.
With a strong reputation for academic excellence, innovation, and comprehensive student support, Boston continues to empower learners to take the next confident step in their personal and professional journeys.
At Boston City Campus, the philosophy is simple: We do more so you can go further.
Students can choose from 40 accredited higher education qualifications, including an MBA, Degrees, Diplomas, Postgraduate Diplomas, and Higher Certificates. These qualifications span key disciplines such as Business, Information Technology, Law, Marketing, Education, Health, Finance and Logistics.
This ensuring students are equipped with relevant, in-demand skills for today’s evolving workplace.
Boston welcomes a diverse range of students, whether they are entering higher education for the first time, advancing an existing career, changing direction, or upskilling to meet industry demands.

Flexible study pathways and a strong focus on workplace-relevant learning allow students to balance their studies with work and life commitments, while still being able to achieve recognised academic qualifications.
Affordability remains a core focus at Boston City Campus. To make



higher education more accessible, Boston offers one-third off Higher Certificate subsidies across 15 Higher Certificate qualifications, providing an affordable entry point into higher education.
In addition, all students can take advantage of a range of flexible payment options, including 4, 8, and 12


monthly payment plans, helping to ease the financial burden and make studying more manageable.
A key differentiator at Boston City Campus is its commitment to student success through value-added learning tools.
All prescribed textbooks are included in tuition fees, and Higher


Education students benefit from TEXTBOOKS+, a cutting-edge digital learning solution available from day one of the learning semester.
TEXTBOOKS+ enhances traditional textbooks with smart technology, offering features such as note-taking, intelligent highlighting, automatic referencing, read-aloud functionality, and students can access it anytime, anywhere, on and offline and even across multiple devices.
Students also gain access to more than one million additional digital books, supporting deeper learning, research, and academic growth.
With Support Centres across South Africa and strong academic support structures, Boston City Campus remains focused on preparing graduates who are confident, capable, and career-ready.
Prospective students are encouraged to apply online with no application fee at boston.ac.za, or to visit the Bloemfontein Support Centre at the corner of First Avenue and Nelson Mandela Drive, Westdene, for free career guidance and personalised advice
Registrations for 2026 are now open – take the next step with Boston City Campus and invest in a future that goes further.



















Arbeidsvreugde koshuis bou voort op ’n trotse nalatenskap by Trio Primêr in Kroonstad.
Tydens die stigting van Trio Primêr het die Arbeidsvreugde-koshuis ’n nuwe hoofstuk begin, terwyl dit steeds voortbou op ’n ryk geskiedenis van ondersteuning en gemeenskapsvorming onder leerders.
Arbeidsvreugde was voorheen een van die koshuise wat met die destydse Afrikaanse Hoërskool in Kroonstad, beter bekend as die Rooiskool, geassosieer is en het oor jare ’n reputasie opgebou as ’n veilige en gestruktureerde tuiste vir leerders.

Die Arbeidsvreugde-koshuis bied leerders aan Trio Primêr in Kroonstad, ’n huislike, plattelandse atmosfeer waar kinders veilig kan woon, leer en groei.













By Trio Primêr word elke kind as deel van die skoolfamilie beskou. Dus bied die koshuis ’n sorgsame en beskermde omgewing waar leerders akademies, emosioneel en sosiaal kan ontwikkel. Kernwaardes soos respek, gemeenskapsin, groeipotensiaal en versorging vorm die grondslag van die koshuislewe.
Arbeidsvreugde staan bekend vir sy gestruktureerde studietye met personeeltoesig, wat akademiese
ondersteuning aan leerders bied. Die ruim koshuiskamers skep ’n huislike, plattelandse atmosfeer waar kinders veilig kan woon, leer en groei.
Belangstellende ouers word vriendelik genooi om die nodige aansoekvorms te voltooi en dit by die finansiële kantoor van die skool in te dien.
Meer inligting kan gekry word deur 056 212 5702 te skakel, deur ’n e-pos na koshuis@trioprim.co.za te stuur, of deur die koshuis in Fouriestraat, Morewag, te besoek.
Benewens akademiese ondersteuning word sosiale ontwikkeling aangemoedig deur aktiwiteite wat vriendskappe versterk en selfvertroue bou. Ouers word aktief betrek deur gereelde kommunikasie en oop kanale vir samewerking. Dagstudie vir gr.1 tot gr.7 is van Maandag tot Donderdag beskikbaar.
Die Primêre Skool Jordania in Bethlehem in die Oos-Vrystaat, is ’n trotse waardegedrewe, Afrikaanse skool wat leerders toerus met vaardighede om ’n verskil te maak.
Daar is tans 830 leerders vanaf gr.R tot gr.7 in die skool, met 62 personeellede wat onderwys-, administratiewe en terreinpersoneel insluit.
Jordania beskik oor ’n pragtige koshuis wat 30 leerders akkommodeer, klein genoeg om elke leerder spesiaal te laat voel. Ons diensdoenende personeel en koshuismoeder skep waarlik vir elke kind ’n huis weg van die huis.
Akademie bly die top prioriteit by die skool, daarom is dit altyd lekker om daarop te roem dat al die personeel by Jordania gekwalifiseerde onderwysers is. Primêre Skool Jordania beskik oor verskeie onderwysers wat hul honneursgrade voltooi het en sommige tans besig is met hul meesters in opvoedkunde.
Elke leerder aan Jordania kry die geleentheid om akademies tot sy of haar volle potensiaal te ontwikkel. Leerders presteer uitstekend en hoë akademiese standaarde word deur die onderwysers en leerders gehandhaaf. Waar moontlik word uitstappies deur die jaar

seniorkoor, die Blouvinkies en Jorrievaria, wat jaarliks gehore met hul sang bekoor. Leerders neem ook deel aan musiekblyspele en -kaleidoskope, redenaars, spreekkoor, Voortrekkers en die Pom-Poms. Die skool is baie opgewonde oor die musikale kaleidoskoop wat in 2025 sy ontstaan gehad het – waar leerders en personeel hul talente ten toon gestel het en ’n ongelooflike vertoning gelewer het.
vir alle grade aangebied en die jaarlikse akademiese toer is altyd ’n groot hoogtepunt.
Op sportgebied is Jordania nog altyd ’n krag om mee rekening te hou.
Die skool het ’n trotse 100%-tradisie waar elke leerder 100% vir die skool, hul spanmaats en hulself gee. Verskeie sportsoorte word aangebied om leerlinge die geleenthede te gee om aan ’n verskeidenheid sportsoorte deel te neem. Die sportsoorte sluit in: atletiek, netbal, rugby, krieket, hokkie vir dogters en seuns, tennis, skaak, landloop, bergfietsry en ons is opgewonde oor nuwe sportkodes soos swem en gholf.
Leerders kan aan verskeie kultuuraktiwiteite deelneem. Hulle het ’n junior- en
Leerders van die Primêre Skool Jordania groei saam, nie net op akademiese-, sport-, en kultuurgebied nie, maar ook saam in geloof. Jorries vir Jesus word weekliks by die skool in Afrikaans aangebied. By Jordania is daar waarlik iets vir elke leerder om sy of haar volle potensiaal te bereik, gawes en talente te ontdek, te ontwikkel en te gebruik en poog die skool om ’n positiewe opvoedkundige atmosfeer te kweek.
Die skool se tema vir 2026 is: “Jorries groei in dankbaarheid.”
“Ons leerders word geïnspireer om 100% Jorries te wees en om in die gemeenskap hul waardes uit te leef om van die samelewing ‘n beter plek te maak,” sê Stefan Bester, skoolhoof.
Die groot oomblik is hier – jy het jou matriekpunte. Indien jy dalk nog onseker is oor wat ná skool vir jou voorlê, is dit heeltemal normaal. Dit ís ’n groot besluit, en daarom is dit belangrik om eers jou opsies mooi te verken want jou keuses vorm jou loopbaan en jou toekoms.
By Sol-Tech glo die span dat elke jongmens ’n pad moet stap wat betekenisvol, haalbaar en vol potensiaal is.
Sol-Tech bied ’n unieke studie-aanbod wat praktiese vaardighede, werklike indiensneembaarheid en persoonlike ontwikkeling kombineer.
Met ’n moderne kampus, topklas werkswinkels en toegewyde lektore word studente in beide tegniese én nie-tegniese rigtings opgelei om met selfvertroue die arbeidsmark te betree.
Suid-Afrika beleef ’n ernstige tekort aan gekwalifiseerde ambagslui. Dit maak ambagskwalifikasies een van die mees stabiele en indiensneembare beroepskeuses wat ’n jongmens vandag kan maak.
Sol-Tech bied opleiding in gewilde ambagte soos elektries, dieselwerktuigkunde, megatronika, outo-elektries, pas-en-draai, meulmaker en sweis.

Sol-Tech bied aan studente die geleentheid om te studeer met die oog op ’n loopbaan met baie geleenthede. FOTO: Verskaf
Die skaars vaardighede en tegniese insig van ’n ambagsman of -vrou sal altyd in aanvraag bly, ten spyte van die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie (KI).
Vir studente met ’n passie vir mense en kreatiwiteit, bied Sol-Tech kwalifikasies soos vroeëkinderjare ontwikkeling (VKO) en haarkappery
- rigtings waar presisie, empatie en persoonlike aanraking saak maak. Sol-Tech se uitgebreide programaanbod sluit ook drie IT-kwalifikasies in. Met ’n keuse tussen Data en Wolk, Kubersekuriteit of IT-ondersteuning en -netwerke, skep jy vir jouself ’n wêreld van moontlikhede in die IT-bedryf.
Moenie dat finansies jou terughou nie. Die Sol-Tech-span verstaan dat finansiering ’n groot struikelblok vir baie jongmense is. Daarom werk Sol-Tech saam met SFD, ’n gemagtigde finansiële diensverskaffer, om studente te help om hul opleiding moontlik te maak. Jong mense se toekoms hoef nie
deur omstandighede beperk te word nie. Wanneer jy Sol-Tech kies om jou loopbaan mee te begin, staan jy aan die begin van ’n loopbaan wat waarde toevoeg, jou gemeenskap dien en jou ’n volhoubare toekoms bied.
Begin jou loopbaan sterk, begin dit by Sol-Tech.


St. Dominic's College has announced outstanding matriculation results for its Class of 2025, with the Independent Examinations Board (IEB) school achieving a 100% pass rate whilst maintaining its reputation for academic excellence.
e results demonstrate remarkable consistency and dedication, with 95% of learners attaining Bachelor's Degree passes, opening doors to a wide range of tertiary study opportunities at leading universities.
Academic excellence was particularly evident in the achievement of 43 “A” symbols, representing 43 distinctions across multiple subjects.
ese results highlight both individual achievement and the collective e ort of the entire class.
Several subjects recorded notable improvements compared to previous years, indicating sustained academic growth and the e ectiveness of the school's teaching strategies. Chrisanthi Kamenos emerged as the top performer with seven distinctions,


followed by Aerin Rooney who secured ve distinctions.
Anké Prinsloo and Jonathan Greyling each achieved three distinctions, demonstrating the depth of academic strength throughout the class.
e distribution of high-level achievements across multiple learners re ects the school's commitment to fostering excellence across its entire cohort rather than focusing on individual stars. e school's exceptional results are attributed to a collaborative e ort between learners, teaching sta , and families.
e expertise and commitment of the teaching sta , combined with strong parental support, proved vital in guiding learners through the demanding IEB curriculum.



but also the comprehensive educational approach that characterises the institution's philosophy. As the Class of 2025 prepares for the transition to tertiary education, their achievements provide a strong foundation for future academic success.
e combination of excellent results and the critical thinking skills developed through the IEB curriculum positions these graduates well for university studies.
St. Dominic's College has congratulated the Class of 2025 on their excellent results, acknowledging the signicant dedication required to achieve success at this level.
e school expressed condence that these graduates will continue to excel as they embark upon the next phase

































































Studentwees behels soveel méér as net studie. Akademia bied aan studente die geleentheid om gehalteonderrig te ontvang, terwyl hulle aan ’n bruisende studentelewe deelneem.
Voornemende studente en ouers word genooi om eersdaags Fontie-wees te kom ervaar tydens die jaarlikse ope dae wat onderskeidelik op die Paarl- en Pretoria-kampus aangebied word.
Dié instelling bied die ideale studietuiste waar studente se denke en hart gevorm word met die oog op ’n betekenisvolle toekoms.
Voornemende studente en hul ouers sal op 20 en 21 Maart in die Paarl en op 24, 25 en 27 April in Pretoria meer te wete kom oor die instelling se bestaansrede, studiemoontlikhede, finansiële en administratiewe ondersteuning, koshuisverblyfopsies én die unieke studentweeservaring.
“Akademia bied ’n verskeidenheid programme vanuit vyf fakulteite waarvan voornemende studente kan kies. Op die ope dae sal voornemende studente en hul ouers die dosente kan ontmoet en eerstehands van huidige studente hoor oor hul ervaring,” sê Lizán Maree, bestuurder van bemarking.
Besoekers kan uitsien na ’n program vol nuttige inligting. Inligtingstalletjies sal besoekers ’n voorskou van die instelling se koshuislewe, georganiseerde studentelewe en ondersteuningsdienste bied.
“Ons nooi voornemende Fonties om die eerste bousteen vir hul toekoms te kom lê op een van ons ope dae. Ouers en voogde sal ervaar hoe hul kind meer as ’n nommer sal wees en deel sal word van die Akademia-familie waar studiedrome op ’n uitnemende wyse verwesenlik sal word,” sê Maree.
Besoek Akademia se webwerf om vir een van die sessies vir die ope dae op die Paarl-kampus op 20 (om 16:00) en 21 Maart (om 09:00 en weer om 13:00) te registreer.
Dieselfde geld die Pretoria-kampus se ope dae: bywoning van sessies op 24 April om 16:00, 25 April om 09:00 of 27 April om 09:00 kan vooraf bespreek word.
Indien jy nie ’n ope dag kan bywoon nie, bespreek ’n konsultasiesessie met ’n bemarkingsadviseur op die webblad.
■ Studente wat aan Akademia studeer word Fonties genoem. Dié eienaam is afgelei van die instelling se leuse, Ad futurum, per fontes –na die toekoms deur die bronne.























Die Hoërskool Staatspresident Swart (SPS) in Brandfort, is 'n gerespekteerde opvoedkundige instelling op die platteland met 490 leerders.
Die skool het opnuut sy status as omvattende sentrum vir ontwikkeling bevestig met ’n nuwe Gr. RR-klas. Bonop het die 2025-matriekklas uitstekend gevaar wat getuig van akademiese uitnemendheid.
Madeli Cronjé het uitgestaan met sewe onderskeidings, terwyl 19 leerders universiteitstoelating en sewe diploma-toelating behaal het.
Die onderwysers se passie en toewyding is sentraal tot hierdie sukses en leerders word aangemoedig om hul volle potensiaal te bereik.
Die SPS bied landbouvakke aan, wat waardevol is vir leerders van die platteland en is van groot praktiese nut vir die gemeenskap. Met die uitgebreide landbougeriewe en geleenthede wat aangebied word, word waardevolle lewensvaardighede ontwikkel. Van 2027 af word ook landboutegnologie en landboubestuur van gr. 10 tot 12 aangebied.


Die ander vakke is Afrikaans, Engels, lewensorientering, wiskunde, wiskundige geletterdheid, lewenswetenskap, landbouwtetnskap, besigheidstudie, rekenaartoepassingstegnologie, ingeneieursgrafika, toerisme, landboustudies en verbruikerstudie.
Die skool se Christelike waardes lê die fondament vir geïntegreerde opvoeding.
“Ons streef daarna om leerders groot te maak tot verantwoordelike burgers met Christelike waardes, integriteit en lojaliteit,” bevestig skoolhoof John Reynecke.
Die koshuisgeriewe is onlangs opgeknap om ’n moderne en veilige blyplek vir leerders te verseker. Dit stel die skool in staat om leerd-
ers uit omliggende dorpe te akkommodeer.
Sport en kultuur vorm ’n integrale deel van die skoolkultuur. Rugby, netbal, atletiek, landloop, tweekamp, swem, fietsry, tennis, perdry en dans bied vir elke leerder die geleentheid om te ontwikkel. Klub 500 is ’n inisiatief wat 'n netwerk van ouers, oudleerders en borge skep wat die skool ondersteun met sporten kulturele programme. Dit dra tot langtermyn-volhoubaarheid by. Leerders neem deel aan die ATKV-redenaarskompetisie, kunswedstryde, skaak, dans- en revue-kompetisies asook Voortrekkers. Volg die skool se Facebook-blad, Hoërskool SPS Brandfort, om al die gebeurtenisse te beleef.













In die hart van die Vrystaatse platteland staan Hoërskool Reitz trots as ’n instelling waar elke leerder raakgesien, waardeer en ondersteun word.
As ’n toegewyde plattelandse skool het Reitz ’n reputasie opgebou vir sy persoonlike benadering tot onderwys en sy vaste oortuiging dat elke kind die potensiaal het om suksesvol te wees.
Onderwys word nie slegs beperk tot akademiese prestasie nie. Die skool se fokus is daarop om leerders holisties voor te berei vir die lewe ná skool. Onderwysers en personeel neem doelbewus kennis van elke leerder se sterkpunte, uitdagings en drome. Hierdie individuele aandag skep ’n omgewing waar leerders veilig voel om hul volle potensiaal te bereik.
Die skool bied ’n gestruktureerde en veilige leeromgewing waar kernwaardes soos respek, dissipline, verantwoordelikheid en hardwerkendheid deel vorm van die daaglikse skoolkultuur. Leerders kry geleenthede om hul talente in verskeie rigtings uit te leef, hetsy in die klaskamer, op die sportveld, binne kultuuraktiwiteite of deur leierskap-

sontwikkeling. Benewens sterk akademiese prestasies is Hoërskool Reitz bekend vir sy gespesialiseerde landbou-opleiding. Leerders ontvang waardevolle praktiese ondervinding wat hulle toerus vir loopbane binne die landboubedryf. Die skool werk nou saam met die Reitz Landbou Akademie op die dorp, waar leerders ná skool toegang het tot wêreldklas en unieke landbou-opleiding. Hierdie samewerking bied leerders ’n

geleentheid om teoretiese kennis met praktiese vaardighede te kombineer. Vredehof-koshuis vorm ’n integrale deel van die Hoërskool Reitz-ervaring. Dit bied aan leerders ’n veilige, gestruktureerde en huislike omgewing waar dissipline en sinvolle roetines gehandhaaf word. Daar heers ’n sterk gevoel van eenheid onder die koshuiskinders, en lewenslange vriendskappe word hier gesmee. Die koshuis beskik oor netjiese en ruim kamers, skoon



badkamers en is veral bekend vir sy heerlike, voedsame etes.
Studietye word met groot erns benader, en jonger leerders word met sorg en toewyding deur personeel gelei en ondersteun. Die koshuispersoneel se visie is om elke leerder se verblyf so aangenaam en verrykend moontlik te maak. Boonop bied Vredehof-koshuis ook dienste aan dagskoliere, wat verdere ondersteuning aan die breër skoolgemeenskap verseker.

As ’n plattelandse skool speel Hoërskool Reitz ’n belangrike rol in die plaaslike gemeenskap en bewys dit dat gehalte-onderrig en individuele aandag hand aan hand kan gaan. Deur selfvertroue, deursettingsvermoë en verantwoordelikheid te kweek, word leerders voorberei om met sekerheid die toekoms tegemoet te gaan. Hoërskool Reitz is ’n plek waar elke kind tel, waar jongmense gevorm word vir die lewe en waar die toekoms reeds vandag begin.

























































Daar is skole waar kinders bloot leer. Dan is daar plekke waar jongmense gewortel raak.
Die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein is só ’n plek – nie net nog ’n vervelige skoolgebou met klaskamers nie, maar ’n lewende landery waar waardes geplant, karakter versorg en drome met geduld en doel gekweek word.
By JF word daar vas aan die leuse geglo: Saai om te oes.
Die saad wat vandag in ’n skoolkind se lewe geplant word, deur onderwysers, afrigters, mentors en ouers, bepaal môre se oes.
Hier leer kinders dat geen oes maklik, vinnig of toevallig in jou skoot val nie, maar doelgerig deur harde werk en uithouvermoë gekweek word.
Daarom strek JF se visie verby blote akademiese onderrig, sport en kultuur.
JF streef om 'n leierskool ook in geheelmensontwikkeling te wees. Hierdie visie word geanker deur ’n sterk waardesisteem, met Afrikaans as onderrigtaal en die oortuiging dat elke leerder ’n saadjie van potensiaal dra.
Met harde werk, dissipline en uithouvermoë word daardie saad natgemaak – dag ná dag.
Akademie is ’n belangrike deel van die landery.
JF se jarelange geskiedenis van puik matriekuitslae getuig daarvan dat gehalteonderrig hier regtig ernstig opgeneem word.
’n Goeie oes vra egter veel meer as net die boeke en eksamens, daarom plaas JF baie klem op die samewerking tussen alle ouers en onderwysers.

Die skool se diverse buitemuurse opsies sluit 'n kunste-akademie en verskeie uitstekende sportgeriewe in, wat leerders 'n dinamiese ruimte gee om hul talente te ontdek en te laat groei.
Leierskapontwikkeling word ook doelbewus gekweek, sodat leerders leer om nie net suksesvol te wees nie, maar ook diensbaar teenoor hul gemeenskap te wees.
Die Hoërskool Jim Fouché is ’n plek waar kinders nie net voorberei word vir eksamens nie, maar vir die lewe.
Hier word gesaai met oorgawe, en die JF-gemeenskap oes met dankbaarheid.


Die Hoërskool Trio in Kroonstad, ’n dubbelmedium Afrikaanse en Engelse skool, bevestig weer sy reputasie as ’n alles-in-een-onderwysinstelling wat op uitnemendheid en die totale ontwikkeling van elke leerder fokus.
Die skool is bekend vir sy toekomsgerigte benadering en gebalanseerde akademiese, sport- en kultuuraanbod.
Tydens die 2025-matriekeindeksamen het die skool se matrikulante besonder goed presteer.
Die slaagsyfer het op 98,8% te staan gekom, met altesaam 143 onderskeidings.
Verder het 79% van die matrikulante universiteitsvrystelling behaal, terwyl 17 vakke ’n 100%-slaagsyfer aangeteken het.
Samantha Mynhardt is Trio se toppresteerder vir 2025 wat met agt onderskeidings uitgeblink het.
Trio is as die derde beste wiskunde-skool in die Vrystaat aangewys en is onder die tien topskole in die Vrystaat vir Afrikaans addisionele taal en tegniese wiskunde.
Die Hoërskool Trio bied ’n wye reeks vakke aan, waaronder Afrikaans, Engels, wiskunde, lewen-





soriëntering, rekeningkunde, besigheidstudies, ingenieursgrafika en ontwerp, landbouwetenskappe, verbruikerstudies, gasvryheidstudies, lewenswetenskappe, rekenaartoepassingstegnologie, toerisme, fisiese wetenskappe, landboutegnologie, landboubestuurspraktyke, asook elektriese, meganiese en siviele tegnologie.
Addisionele vakke soos dramatiese kunste en Alpha-wiskunde word ook aangebied.
Die skool beskik oor ’n volledig ontwikkelde landboustudierigting.
Leerders in gr.8 en gr.9 neem aan landboustudies deel, terwyl gr.10 tot 12-leerders landboubestuurspraktyke, landboutegnologie en landbouwetenskappe kan volg. Gekwalifiseerde landbouper-




soneel met jarelange ervaring bied onderrig, en leerders doen waardevolle praktiese ervaring op by die skool se boerdery-eenhede op die plase Faaiuitzicht (614ha) en Rustpan (214ha), waar gemengde boerdery beoefen word.
Op sportgebied bied die Hoërskool Trio ’n uitgebreide verskeidenheid sportsoorte aan, waaronder: tennis, atletiek, bergfietsry, boogskiet, gholf, hokkie, jukskei, krieket, landloop,
menseredding, netbal, perdry, rugby, skaak, swem en tweekamp. Die skool beskik oor internasionale standaard sportgeriewe en het reeds verskeie provinsiale, nasionale en internasionale sportpresteerders opgelewer.
Die kultuurprogram sluit onder meer die ATKV-Jeugtak, koor, acappella, redenaars, spelfees, VCSV en Voortrekkers in.
Leerders kan ook betrokke raak by aktiwiteite soos die Jeugskou, Boerev-
ereniging, Olimpiades, Avontuurklub en die VLU. Voornemende leerders en hul ouers word genooi om op Woensdag 4 Maart die skool se ope dag by te woon om ’n eerstehandse ervaring van die skool se aanbod te kry. Vir verdere inligting kan die skool gekontak word deur 056 212 5433 te skakel of deur ’n e-pos te stuur na info@triohs.co.za. Die skool, geleë in Noordweg, Kroonstad, kan ook besoek word.





