Gazette Swartland
GRAT IS FREE
Darling | Malmesbury | Moorreesburg | Piketberg | Porterville | RiebeekKasteel | RiebeekWes | Yzerfontein | Chatsworth | Abbotsdale | Riverland | Kalbaskraal | Goedverwacht
Malmesbury se trompoppies skitter
Die junior en senior trompoppies van die plaaslike Malmesbury- Majoretteklub het die afgelope week die Swartland se naam hoog gehou nadat hulle skitterende prestasies gedurende die Suid-Afrikaanse trompoppievereniging (Samca) se nasionale kampioenskap opgelewer het. Die kampioenskap het tussen 6 en 11 Julie in Roodepoort plaasgevind. Beide die junior en senior span het Donderdag gehoor hulle het na die onderskeie eindrondes van die verskillende afdelings deurgedring.
14 Julie 2026 | Jaargang 29 | www.bolandgazette.co.za
Die eindrondes het Vrydag (10 Julie) vir die juniors en Saterdag (11 Julie) vir die seniors plaasgevind. Die laerskoolleerders het ’n brons medalje in die Stage Baton-afdeling verower, terwyl hulle ook ’n tweede plek in die Small Drill se Leader-afdeling en nog ’n derde plek in die Sub Leadersafdeling behaal het. Die senior span het op hul beurt daarin geslaag om ’n goue medalje in die Large Drill se Leader-afdeling aan te teken, terwyl hulle in die derde plek in die Mace Group-afdeling aangewys is.
Die Malmesbury-majoretteklub se senior trompoppies het een goue en een bronsmedalje gewen.
Die Malmesbury-majoretteklub se junior trompoppies is met trots terug uit Gauteng met drie medaljes.
2 sterf in bendegeweld Charlotte Lesch
N
iemand wat betrokke was by die massa-skietery die afgelope naweek in Malmesbury, waartydens ’n 21-jarige vrou en ’n 22-jarige man noodlottig gewond is, is sedertdien in hegtenis geneem nie. ’n Eenjarige meisietjie en ses ander slagoffers het skietwonde opgedoen nadat vermeende bendegeweld vroeg Sondagoggend (12 Julie) wéér op die Swartlandse streek toegesak het. Die polisie het Sondag in ’n verklaring bevestig twee sake van moord en sewe van poging tot moord word ondersoek. Die tragiese gebeure volg kort nadat
Eenjarige ook in skietery gewond twee mense op 24 Junie in beweerde bendegeweld doodgeskiet is. Polisielede is omstreeks 04:40 na die toneel ontbied. Die beseerdes, insluitend die meisietjie wat in die skietery gewond is, is na die plaaslike hospitaal geneem waar hulle tans verdere mediese behandeling ontvang. Die slagoffers is na wat verneem word in ’n bestendige toestand. Die peuter is kort ná haar aankoms by die Swartland-hospitaal na die Rooikruis- kinderhospitaal oorgeplaas. Haar toestand is in hierdie stadium onbekend.
Voorlopige ondersoeke dui daarop dat ’n groep mense buite ’n woning saamgedrom het toe onbekendes op hulle begin skiet het. Bewysstukke op die toneel dui aan dat meer as een wapen afgevuur is. Die motief van die aanval is o nbekend, hoewel die polisie in hul verklaring bevestig die voorval hou verband met ’n ander ondersoek wat steeds aan die gang is. Vermoedelike bendegeweld word ondersoek. Polisiëring in reaksie op die gebeure is in die gebied versterk om verdere geweld
en vergeldingsaanvalle te voorkom. Die polisie doen steeds ’n beroep op enigiemand om met inligting in verband met die voorval na vore te kom. Bel Crime Stop by 08600 10111 of stuur ’n anonieme boodskap via die MySAPSmobiele toepassing. Anroux Marais, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid en polisie toesig, se kantoor het intussen vir samewerking gevra sodat die skuldiges vasgetrek kan word. “Polisie-ondersoeke is tans onderweg. Gesamentlike optredes deur die regering, wetstoepassingsagentskappe, gemeenskapsleiers en inwoners is noodsaaklik om vrede te herstel en lewens te beskerm.”
NM10063391-ST140726
2
NUUS NEWS
Swartland | 14 Julie 2026
’n Kersligdiens het Donderdagaand by die De Hoop-woongebied in Malmesbury plaasgevind. Foto: Raymond Main
Honderde inwoners, leerders en oudleerders van St. Thomas Primêr het die afgelope Donderdag by die De Hoop-woongebied in Malmesbury saamgedrom ter nagedagtenis van Zailo Arendse (7), wat op Vrydag 3 Julie op die bouterrein van die De Hoop-behuisingsprojek beseer en later aan sy beserings beswyk het.
Sewejarige met kersligdiens gegroet ’n Kersligdiens is Donderdagaand (9 Julie) ter nagedagtenis aan Zailo Arendse (9) gehou, wat verlede Vrydag (3 Julie) op die bouterrein van die De Hoop-behuisingsprojek beseer en later in die hospitaal breindood verklaar is. Honderde inwoners, leerders en oudleerders, waarvan talle in hul St. Thomas Primêr-skooldrag opgedaag het, het ’n kers gedra en aangesteek ter herinnering van Zailo, ’n leerder by die skool. Volgens sers. Henry du Randt, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, is nooddiens-personeel na die ongeluks toneel ontbied. “Zailo is na die Swartland-hospitaal
geneem, maar is later die dag na die Rooikruis-kinderhospitaal oorgeplaas, waar hy aan sy beserings beswyk het.” Sers. Wesley Twigg, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het by navraag gesê: “Die Mowbray-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geregistreer ná ’n voorval op Vrydag 3 Julie, waarby ’n sewejarige seun in Malmesbury betrokke was. Die omstandighede word ondersoek.” Navrae met betrekking tot die voorval is aan die siviele ingenieursmaatskappy betrokke by die behuisingsprojek, Exeo Khokela-ingenieurskonstruksie, gestuur. Kempen van Wyk, die uitvoerende hoof van die ingenieursmaatskappy, het verlede week namens Exeo in ’n
verklaring bevestig hulle dra kennis van ’n kind wat die Vrydag (3 Julie) tydens ’n voorval op die terrein beseer is. Volgens hom is Exeo Khokela- siviele ingenieurskonstruksie deur die Swartland-munisipaliteit gekontrakteer om ingenieursdienste en paaie vir die De Hoop-behuisingsprojek in Malmesbury aan te bring. BELAND ONDER VRAG SAND “Een van ’n groep kinders, wat naby ’n gebied gespeel het waar ’n verskaffer besig was om sand af te lewer, het om onbekende redes na die aflaaipunt beweeg. Dit het daartoe gelei dat sand op die kind gestort is. Die voorval het plaasgevind sonder dat die bestuurder
daarvan bewus was nadat hy die aflewe ringspunt enkele sekondes voor die voorval inspekteer het. Die kind is na ’n hospitaal geneem en daarna na die Rooikruis-kinderhospitaal in Rondebosch oorgeplaas. Hy is egter Saterdag (4 Julie) in die vroeë oggendure deur die mediese span breindood verklaar, waarna lewensondersteuning onttrek is. Die familie word ondersteun en Exeo verleen bystand op elke moontlike wyse.” Zailo se ma Janick Arendse het verlede week aan die Gazette bevestig reëlings rondom die troosdiens is nog onderweg. Die polisie het ten tyde van druktyd nog nie reageer op die Gazette se navraag rakende die ondersoek nie.
Youth vs oldies in this year’s Berg River Marathon Tim Whitfield/Gameplan Media The old and the new will be facing off at the 2026 Berg River Canoe Marathon with a pair of young guns muscling in as the marginal favourites at one of South Africa’s most gruelling sporting events. The 240km, four-day race from Paarl to Velddrif on 15-18 July, is about as tough a test of skill, fitness, stamina and old-fashioned “vasbyt” as you can find in a sporting context, and not normally associated with young up-and-coming talent. However, two under-23s have been making a name for themselves in the 2026 Western Cape river racing season and Neriyah Dill and Joshua Glyn-Cuthbert will go into the race as the paddlers to beat in the women’s and men’s races respectively. The pair have both enjoyed a perfect build up to the 2026 event with each claiming four-wins from the four “pre-Berg” races in June, winning their respective categories in the Paarl to Skooltjie event on June 6, and following that with victories over the next three weekends at Gouda to Bridgetown, Hermon to Gouda and finally Wellington to Hermon on June 27. Four wins over four weekends over the first half of the four-day epic, means the pair will be bristling with confidence when they line up in Paarl on Wednesday, 15 July, but it also means they have the clichéd target on their backs. Stellenbosch student Glyn-Cuthbert’s biggest concern – besides his relative inexperience – is most likely to be 2024 champion Thomas Lovemore. A tough multi-day stage race such as the Berg tends to favour experience and Lovemore knows what it takes to win day after day. Fourteen-time race winner and defending champion Hank McGregor has not
entered, which opens up the men’s race, but there are rumours coming out of KZN that the wily 48-year-old will be on the start line via a late entry. If that happens, he becomes favourite and most people expect the rest to be in a race for second. Dill, with a second and a third-place finish in 2024 and 2025, is widely expected to complete her hat-trick of podium finishes in the women’s race, and, barring a mishap, it is likely she will finally get a chance to enjoy the top step. While still under 23, Dill has paid her dues with two solid finishes in the last two years and was far from disgraced as she was beaten by two national team members in Jenna Nisbett and Nix Birkett 12 months ago. She flirted with top-ten finishes overall in her first three events and finally claimed a top-ten in the Wellington to Hermon race, adding credence to the fact she is peaking at the right time. A paddler who will be missed is “Oom Jannie” Malherbe who last year broke the record when he finished his 52nd Berg River Canoe Marathon. He was the three-time race winner in 1963, 64 and 65. However, three paddlers who are expected to be on the start line with a remarkable 125 finishes between them are Gerhard Beukes (42 finishes), Ralph Teulings (42) and Rene Boehm (41). Paddlers will set off from Paarl at 09:00 on July 15 and finish the stage 62km downstream at Zonquasdrift near Gouda. Day 2 is a tricky 46km to the headwaters of the Misverstand Dam at Bridgetown, followed by the gruelling 75km haul to Zoutkloof. The event then ends with a 57km grind into the finish at Velddrif. The race record is 13:20:09 set in 2008 by Hank McGregor.
Two under-23s, Joshua Glyn-Cuthbert (pictured) and Neriyah Dill, have been making a name for themselves in the 2026 Western Cape river racing season and will go into the race as the paddlers to beat in the women’s and men’s races respectively. Photo: John Hishin, Cape Town Sports Photography
NUUS NEWS
14 Julie 2026 | Swartland
3
Bejaardes brei ... maar benodig wol
’n Tjek van R9 000 is aan Emily Solomons (8) se ouers, Willem en Marika, ten bate van haar mediese behandeling oorhandig. Emily se susters Wilmarie (agter, naaslinks) en Willnay (naasregs, heel voor) het ook saamgekom om hul suster te ondersteun. Van links staan Marika Solomons, Wilmarie Solomons, Willem Solomons, ’n ondersteuner, Yolande van Rensberg, wat die tjek oorhandig, met Emily en Willnay heel voor.
1 000 kolwyntjies vir 8-jarige Emily Al 1000 kolwyntjies wat deur weldoeners in die omgewing van Moorreesburg ten bate van Emily Solomons (8) gebak is, is uitverkoop. Dié suksesvolle geldinsamelingsprojek volg nadat Osteosarkoom, ’n seldsame en aggressiewe soort beenkanker, sowat drie maande gelede by Emily van Koringberg gediagnoseer is. Die diagnose volg nadat Emily saam met haar maats van Koringberg Primêr by die skool gespeel en haar knie gestamp het. Die stamp het tot erge swelling gelei en beenkanker is by haar gediagnoseer. Yolanda van Rensburg, ’n inwoner van Moorreesburg betrokke by die plaaslike Samantha Prinses-projek, het ’n geruime tyd gelede die gemeenskap uitgedaag om kolwyntjies ten bate van Emily met betrekking tot haar gesin se uitgawes vir haar mediese behandeling te bak. Die gemeenskap het op Dinsdag 7 Julie in Moorreesburg byeengekom om kolwyntjies te verkoop en te kom koop nadat HMO Meubels sy perseel beskikbaar gestel het. Emily was ook teenwoordig. Leejay Beukes het Emily op die dag kom verras deur vir haar ’n liedjie te sing wat hy self geskryf het.
Niks staan in dié geval vir die vingers van Sophie Coetzee (87) en Bettie van Dyk (84) verkeerd nie – veral nie wanneer dit by breiwerk kom nie. Die handewerk van Coetzee en Van Dyk is die afgelope week met groot opgewondenheid ten toon gestel en b estaan uit ’n ongelooflike 83 pare bedsokkies, 33 serpe en 57 mussies, wat deur dié twee bejaarde inwoners van Huis Bergsig, ’n tehuis vir bejaardes in Riebeek-Wes, met die hand en breinaalde gebrei is. Volgens Huis Bergsig se Yolandi Hill bestaan die inisiatief waar die produkte gebrei en aan onder andere minder bevoorregtes, kinderhuise en instellings in die streek uitgedeel word, al ’n geruime tyd. Vanjaar het hulle besluit om die gebreide goedere binne hul eie gemeenskap in Riebeek-Wes uit te deel, naamlik ’n plaaslike bejaarde klub. “Die inwoners doen die breiwerk uit die liefde van die saak, maar ook vir die geselligheid daarvan en om besig te bly,” voeg Hill by. Volgens haar is hulle altyd dankbaar vir vrywilligers wat kom hulp aanbied of wol wil skenk. “As daar nie wol is nie, kan hulle nie brei nie,” moedig sy aan. Hill meen die welwillendheidsprojek is ook ’n manier om brûe binne die gemeenskap te bou en te versterk en sê die tehuis wil daar wees vir ander – soos ander gereeld daar is vir die tehuis en sy inwoners. • Om by die projek betrokke te raak – veral om wol te skenk – bel Hill by 022 461 2535.
Links staan Sophie Coetzee, (87) saam met haar breimaat Bettie van Dyk (84)
SOUTH AFRICA’S MOST
INNOVATIVE REAL ESTATE BRAND
SPRINGBOK RUGBY FIXTURES 2026 Sat, 18 July Wales Sat, 8 August Argentina Sat, 22 August New Zealand Sat, 29 August New Zealand Sat, 5 September New Zealand
17.40 Kings Park, Durban 21.00 Estadio Jose Amalfitani, Buenos Aires 17.00 Ellis Park, Johannesburg 17.00 DHL Stadium Cape Town 17.00 FNB Stadium, Johannesburg
NM10062188-ST140726
Kolwyntjies is op Dinsdag, 7 Julie ten bate van Emily Solomons (8) by wie kanker onlangs gediagnoseer is, in Moorreesburg verkoop.
Emily en haar ouers, Willem en Marika, het hul dankbaarheid teenoor elkeen betrokke by die geldinsamelingsprojek uitgespreek en gesê hulle het niks meer nodig nie. Emily se mees onlangse skandering het gewys die gewas in haar knie het intussen gekrimp en die chemotera piebehandeling verloop goed. Sy gaan vandag weer na die Tygerberg-hospitaal ter voorbereiding van ’n operasie om die gewas in haar knie te verwyder.
MALMESBURY Bokomoweg 30
WE SELL ONLY RSA PRODUCTS
Want real support and practical advice for raising teenagers? You’re not alone! Tune into MASITHETHE for honest conversations and proven strategies from experts. We’re tackling everyday parenting challenges to help you build a stronger, more resilient family. TUNE INTO RADIO ZIBONELE, HOUSTOK, VALLEY, EDEN, OR BUSH EVERY THURSDAY BETWEEN 9 AND 12 TO LISTEN IN.
Tel: 022 482 1511 • 022 482 3948
BULK SAVINGS
BES T DE
VARS 5-STUK BRAAIPAK
AL
R
R
/kg
4995 /kg
KOM LOER GERUS IN!
R
95 79/kg
FROZEN MIX IQF BRAAI FANTASTIC DEAL! PORTIONS
REAL BEEF PATTIES Fry or Braai
HOT WINTER DEAL!
R
HEERLIKE HOENDERFILLET EN/OF VARKBOUD SOSATIES IN VERSKILLENDE SOUSE /GEURE WOW DEAL!
5699
FROZEN CATER BREAST
Videos with additional advice are available on YouTube. Scan here to watch the videos.
10
R
each
JOIN THE CONVERSATION. STRENGTHEN YOUR FAMILY.
12995 3 kg
Vars plaaslike hoender en rooivleis. Geen ingevoerde produkte
GROOT BESPARINGS - Geldig 14 Julie 2026 – 19 Julie 2026. TERWYL VOORRAAD HOU. NM10065643-ST140726
Brought to you by the
WCG VPU 002/E
4
NUUS NEWS
Swartland | 14 Julie 2026
Pa en seun jaag in BMX-fietsrenne Luca Thomson (8), ’n leerder aan die Christelike Privaatskool Malmesbury, het onlangs aan die vierde, vyfde en sesde rondes van die SA Nasionale BMX-beker deelgeneem en in al drie rondes ’n plek op die podium met sy vernuf op die baan verseker. Die rondes vier, vyf en ses het die afgelope skoolvakansie op 4 en 5 Julie by die Wieg van die Mensdom plaasgevind, waartydens hy twee bronsmedaljes en een silwermedalje gewen het. Volgens sy ma, Brenda, het Luca eers sowat ses maande gelede dié sport saam met sy pa, Gary Thomson (46) begin beoefen. “Hy en sy pa het ’n sport gesoek wat hulle saam kan doen,” vertel sy met ’n glimlag. Hoewel hulle reeds jare lank bergfiets ry, het die BMX-afdeling hul belangstelling geprikkel nadat hulle ’n baan op die proef gaan stel het. “Die mense is vriendelik en dit is soveel pret. Enigiemand van enige ouderdom kan aan die sport deelneem.” Gary is veral opgewonde oor die feit dat die sport besig is om te groei met verskeie BMXklubs en -bane oor die land heen. Mededingende BMXfietsry (Bicycle motocross), ’n Olimpiese sportkode, bestaan onder meer uit deelnemers wat ’n baan van tussen 350m en 400m wat ryers binne 40 sekondes moet voltooi. Gary beskryf die sport as explosive en sê dit word geskoei op die reëls van motorcross. LEER VAARDIGHEDE AAN Terwyl Luca in die o.9-begingroep vir seuns meeding, ry Gary op sy beurt vir die begingroep, beter bekend as die Cruiser-afdeling in BMXkringe. Hulle is lid van die Kraaifontein-BMX-klub, wat
Gary Thomson (46) en sy seun Luca (8) gedurende die onlangse Wes-Kaapse kampioenskap.
Luca Thomson (8), ’n leerder aan die Christelike Privaatskool Malmesbury, het die afgelope skoolvakansie twee bronsmedaljes en een silwermedalje in die SA Nasionale BMX-bekerbyeenkoms in Gauteng losgejaag.
deur Staystrong SA geborg word. Volgens Gary is hy en Luca baie mededingend, maar voeg by dit gaan nie net oor wen nie. Hy sê BMW-renne leer jou alle vaardighede, insluitend sportmangees. Dit is ook ’n plek waar hegte vriendskappe gesmee word. “Sodra die ren verby is, is almal weer vriende en bespreek ons die ren en elkeen se deelname.” Luca se passie en talent vir fietsry het volgens sy ouers op ’n baie jong ouderdom begin deurskemer. “Hy kon fietsry
Onder: Luca Thomson (8) in aksie gedurende die Suid-Afrikaanse Nasionale BMX-kampioenskap.
voordat hy kon loop,” skerts sy pa. Luca het in net ’n paar maande BMX-fietsry begin bemeester en die range geklim. “Vir sommiges neem dit jare voordat jy ’n plek op die podium kry,” verduidelik Gary. Hy en Luca oefen elke Vrydag saam met die Kraaifontein BMX-klub en verder op hul eie in die straat waar hulle meer op die tegniese aspekte van die sport fokus. Die volgende renne – rondes 7 en 8 – is in Oktober by die SA Nasionale BMX-kampioen skap in Pietermaritzburg.
Yulle’ (14) wys haar staal INVITATION TO REGISTER ON THE WEST COAST COLLEGE SUPPLIER DATABASE
West Coast College hereby invites prospec�ve and exis�ng suppliers to register and update their details on the Na�onal Treasury Central Supplier Database (CSD). In line with Na�onal Treasury requirements, West Coast College will only conduct business with suppliers who are registered on the Central Supplier Database (CSD). Requirements for Registra�on: 1. All prospec�ve suppliers must register on the Na�onal Treasury Central Supplier Database (CSD) by visi�ng the CSD portal. 2. Suppliers already registered on the CSD are encouraged to ensure that their company informa�on, banking details, tax compliance status, and contact informa�on are current and accurate. 3. Suppliers wishing to be included on the West Coast College supplier database may be required to submit the following documenta�on: • Company registra�on documents • Proof of registra�on on the CSD • Valid SARS Tax Compliance Status (TCS) • Cer�fied bank account confirma�on le�er or banking confirma�on document • Cer�fied copy of the owner's or director's iden�ty document • Any other suppor�ng documents relevant to the goods or services offered Documenta�on and further informa�on may be obtained from: Ms Myrna Parenzee or Ms C. de Villiers Tel: 022 482 1143 Email: mparenzee@westcoastcollege.co.za or cberlin@westcoastcollege.co.za Alterna��ely, documents may be downloaded from the West Coast College website: www.westcoastcollege.co.za *West Coast College reserves the right to verify all informa�on submi�ed. Registra�on on the supplier database does not guarantee inclusion on any procurement list, nor does it cons�tute a commitment by the College to procure goods or services from any registered supplier. NM10065227-ST140726
Yulle’ Goliath (14) van Malmesbury het die afgelope skoolvakansie weer eens gewys hoekom sy die kampioen onder die kampioene in gewigoptel is. Yulle’, ’n graad 8-leerder aan Wesbank Sekondêr, het op 4 en 5 Julie aan die Suid-Afrikaanse o.14-Jeug-gewigoptel kampioenskap in Gauteng deelgeneem
VERLORE OF VERNIETIGDE TITELBEWYS Hiermee word kennis gegee dat kragtens die bepalings van Regulasie 68 van die Registrasie van Aktes Wet, 1937, dit die voorneme is om aansoek te doen om die uitreiking van 'n gesertifiseerde afskrif van Transportakte Nr T34775/2010 gepasseer deur Die Eksekuteur in die Boedel Wyle ELIZABETH SARAH GORDON (voorheen LAWRENCE), Nommer 12754/2009 ten gunste van MARLENE ROSE ERASMUS, Identiteitsnommer 521128 0099 084, getroud binne gemeenskap van goed met CHRISTIE JACOBUS ERASMUS, Identiteitsnommer 521221 5097 011, welke gemeenskap van goed uitgesluit is kragtens 'n testamentêre voorwaarde ten aansien van sekere Erf 175 Piketberg, in die Munisipaliteit Bergrivier, Afdeling Piketberg, Provinsie WesKaap, wat verlore geraak het of vernietig is.
nadat sy in Junie vroeër vanjaar gedurende die WP-kampioenskap vir die geleentheid gekwalifiseer het. Yulle’ het in die 48-kg-afdeling deelgeneem en ’n eerste plek behaal. Om alles te kroon het sy ook die vroue-o.14-kam pioen van kampioene-trofee gewen en met haar uitmuntende prestasie tot die louere van die Wes-Kaapse span bygedra, wat die trofee vir die Span van die Jaar huis toe gebring het. Yulle’ is vanjaar die vyfde agtereenvolgende keer as die kampioen van kampioene gekroon. Haar afrigter is Willem Phillips.
Alle belanghebbendes wat teen die uitreiking van sodanige afskrif beswaar het, word hierby versoek om dit skriftelik in te dien by die Registrateur van Aktes: Wes-Kaap te Kaapstad, Vloer 4, Inligtingstoonbank, Foreshore Place, Riebeekstraat 2, Kaapstad, binne twee weke vanaf datum van publikasie van hierdie kennisgewing. Gedateer te Goodwood op hede die 6de dag van Julie 2026 VISAGIEVOS INC. Vasco Boulevard 181, Goodwood, 7460 E-pos: christelds@visagievos.co.za Tel: 021 591 9221 NM10065378-ST140726
Yulle’ Goliath (14) van Malmesbury is as die Suid- Afrikaanse vrouekampioen in gewigoptel aangewys.
14 Julie 2026 | Swartland
NUUS NEWS
5
6
CLASSIFIEDS GEKLASSIFISEERD
Swartland | 14 Julie 2026
Ruan skop ewe fluks alles oor Ruan Fluks (17) van Malmesbury het die afgelope naweek sy Blou Bul-span gedurende die laaste wedstryd teen die Vrystaat se Cheetahs – in daardie stadium nog onoorwonne – by die 2026-FNB-o.18- Cranvenweek na ’n oorwinning gedra danksy uitstekende voetwerk en stille gedagtes. Só beskryf die kommentator Ruan se spel gedurend dié eindstryd die afgelope Saterdag (11 Julie) in Gqeberha kort voordat hy as Speler van die Wedstryd aangewys is. Ruan het daarin geslaag om met die “krag van sy stewels en stille gedagtes” al drie doelskoppe én al drie strafskoppe suksesvol oor te skop. Dié graad 11-leerder aan die Hoërskool Garsfontein, wat sy vernuf op die rugbyveld reeds in sy jonger dae as leerder by die Laerskool Swartland begin slyp het, is kort ná die wedstryd met ’n eindtelling van 29-30 in die Blou Bulle se guns in die SA Skole se A-span as losskakel ingesluit. Ruan bly tans in Gqeberha aan vir die oefenkamp waar hulle na verwagting later dié week ’n wedstryd teen die SA Skolespan sal speel.
14 Julie 2026 | Swartland
NUUS NEWS
7
• Vrugtevlieg spat • Onkruid spuit • Slakpille strooi • Kunsmis strooi • Swam spuit
Efficiency in Every Flight, Growth in Every Field.
CYN1607-ST140726
Swartland Gazette
14 Julie 2026
Sport
Kontak
Loraine Malan vir advertensies.
071 492 9797 loraine.malan@novusmedia.co.za NM10064698-ST070726
Wesbank moor Darling David Rossouw
D
ie Wesbank-rugbyklub het Saterdag (11 Julie) weer eens gewys hoekom hulle tans die beste span in die Grootuitdaagbeker-kompetisie in die Swartlandstreek is. Die wedstryd, wat voor die afskop reeds die vonke laat spat het, maar deur die s panbestuur tot bedaring gebring is, het Wesbank se oorheersing van die afskop beklemtoon. Die tuisspan het vroeg die voortou geneem toe Gavern Skippers ’n strafdoel vir ’n 3-0-voorsprong deur die pale gejaag het. ’n Paar minute later het Tyreec Liedeman, wat met elke wedstryd verbeter, Darling se verdediging oopgekloof en die eerste drie vir Wesbank gedruk toe hy oor die doellyn is, wat deur Skippers vir ’n voorsprong van 10-0 verdoel is. Die blitsige Matthew van der Westhuizen het sy spoed uitgestal
toe hy vir Duwayne Damon hakke gewys en met twee blitsige drieë afgerond het, wat die telbord tot 24-0 laat aanrol het. Hoewel Darling voor rustyd met ’n drie deur Chester Gordon teruggeslaan het, was Wessies se kragspel net te veel vir die besoekers. Wesbank het Darling se agterlynspelers in die lug laat gryp toe Javier Farmer die bonusdrie behaal het, wat Skippers verdoel het en die telling tot 31-7 met rustyd geneem het. Wessies het die tweede helfte met hernude krag afgeskop en Darling gewys waarom hulle steeds ná 15 wedstryde die enigste onoorwonne span is toe die opwindende Kirsten Adams vroeg gaan druk het en die telling tot 38-7 laat aangroei het. Die dag het weer eens Tyreec Liedeman se vertoning beklemtoon toe hy uit Wessies se 22m-gebied losgebars en soos ’n wafferese senter net soos sy oupa Japie Liedeman in sy speeldae
Tyreec Liedeman van Wesbank op pad doellyn toe om Wesbank se eerste drie in ’n Grootuitdaagbeker-wedstryd teen Darling te druk, wat Wesbank met 85 -26 gewen het.
verdedigers in die lug laat gryp en 65 meter genael het met die toeskouers op hul voete vir sy drie langs die pale. GEVAARLIGTE Met die telling op 45-7 het die gevaarligte vir Darling geflikker wat gesê het hul melkemmers is besig om leeg te loop. Darling het egter teruggeslaan met ’n verdoelde drie toe Ryle Daniels gaan druk en dit deur
MMU MALMESBURY BRING BEKENDE HANDELSMERK EN PERSOONLIKE DIENS! MMU Ford Malmesbury beteken dat inwoners van die Swartland nou toegang het tot een van Suid-Afrika se mees gevestigde motorhandelsmerke, ondersteun deur 'n span wat daarop fokus om persoonlike diens en langtermynverhoudings met kliënte te bou. Volgens die span van MMU Ford Malmesbury gaan dit oor veel meer as die verkoop van voertuie. Die doel is om deel van die gemeenskap te word en 'n handelaar te wees waarop inwoners, boere en plaaslike besighede kan staatmaak. "Die Swartland is 'n streek wat bekend is vir sy sterk gemeenskapsgees en ondernemingsdrang. Ons is opgewonde om deel hiervan te wees en sien daarna uit om mense te leer ken, verhoudings te bou en uitstekende diens te lewer," sê die span. Die handelaar bied die volledige Ford-reeks, oorspronklike Fordonderdele en professionele naverkoopdiens. Vir die span is die belangrikste egter dat elke kliënt welkom voel en met vertroue kan weet dat hulle ondersteuning sal ontvang lank nadat hulle die handelaar verlaat het. Vir baie mense in die Swartland is hul voertuig 'n noodsaaklike hulpmiddel – of dit nou gebruik word vir boerdery, besigheid, werk of gesinsvervoer. Daarom fokus MMU Ford Malmesbury daarop om praktiese oplossings te bied wat aan die behoeftes van plaaslike motoriste voldoen. Die span nooi inwoners uit om die nuwe handelaar te besoek, die fasiliteite te besigtig en die mense agter die naam te ontmoet. "Ons wil graag hê mense moet instap, hallo sê en deel word van die MMU Ford-familie. Ons sien daarna uit om die gemeenskap te dien en saam met die Swartland te groei." Met sy deure nou oop in Malmesbury hoop MMU Ford om 'n vertroude vennoot vir die streek se motoriste te word – nie net vandag nie, maar vir baie jare vorentoe.
Tyreec Oppelt verdoel is om die ling 45-14 te maak. Toe die afrigter McNeil Hendricks sy “Bomb Squad” loslaat, het Wessies weer eens Darling se swak verdediging blootgestel nadat sy kaptein, Keanan Solomons, twee keer gaan druk het om die telling na 52-14 te verhoog. Darling het ná goeie spel teruggeslaan toe Henwill Cleophas gaan druk het, wat die agterstand tot 52-19 laat krimp het.
Wessies het weer eens Darling se swak verdediging uitgebuit toe Shaun Petersen, Emrique Liedeman, Adams en Russel Solomons gaan druk het, wat die telling op 85-19 bo alle twyfel buite bereik van Darling geplaas het. Darling het egter laat ’n bonus drie deur Rynique Fortuin gedruk Met sy 15de oorwinning is Wesbank steeds onoorwonne in die kompetisie, wat gewis dié topspan se krag in die kompetisie toon en hul teenstanders behoorlik van hulle skei. Ander uitslae Abbotsdale 50-31 Good Hopes; Riebeeck United 24-23 Moorreesburg; Saron 47-33 Villagers Wittewater; Mamre 30-19 Never Despair; en Koringberg 3-45 Porterville Wedstrydbepalings vir 18 Julie: Good Hopes t. Wesbank; NDS t. Abbotsdale; Villagers Wittewater t. Mamre; Porterville t. Saron; Koringberg t. Moorreesburg; en Darling t. Riebeeck United
G R O U P
BI-TURBO EVEREST AND 2.0L RANGER
FULL SERVICE SERVICE KIT INCLUDES: FILTER A/C FRESH AI
FILTER ASSY FUEL
FILTER AIR CLEANER
ENGINE OIL 210T DRUM 100ML
FILTER OIL
LABOUR (LABOUR PER HOUR) CONS
FREE CALLOUT (WITHIN 100KM RADIUS)
COMPLETE FULL SERVICE FOR YOU!
R3499.00 EXCL. VAT
1 PIETER BERGH STREET, MALMESBURY, 7300
060 942 1172
QUALITY PARTS * EXPERT SERVICE * RELIABLE PERFORMANCE NM10065434-ST140726