Skip to main content

Standard E-Editon 1 May 2025

Page 1

Jou vallei - jou nuus

Donderdag, 1 Mei 2025 Tel: 023 347 0968

24 hours light & heavy duty towing/recovery

Tel: 023 342 3965, 082 661 4634 or 084 448 2830

NM10009383-BW010525

‘Die verwaarloosde toestand van die grafte’

Lang gras by grafte pla

Ronél van Jaarsveld Besoekers vanuit Kaapstad was ontsteld toe hulle ’n familielid se graf gedurende Paasnaweek in Worcester besoek het. Lang gras, vullis en die verwaarloosde toestand van die grafte was nie wat hulle verwag het by die ou begraafplaas in die dorp nie. Hulle wou kla, maar is glo na die “parkeraad” verwys, waar die telefone nie beantwoord is nie. Dr. Julian Kritzinger, raadslid van wyk 7, het by navraag verduidelik dat hoewel die begraafplase in Kerkhof- en Fairbairnstrate op die oog af soos een lyk, is dit in der waarheid 23 verskillende persele wat aan verskillende instansies en gemeentes behoort. “Daar is slegs drie persele wat munisipale begraafplase is, terwyl die ander 20 persele almal aan verskillende gemeentes behoort,” het hy verduidelik. Volgens hom is elke gemeente verantwoordelik vir hul eie persele se instandhouding “Die probleem is egter dat baie van dié gemeentes óf nie meer bestaan nie óf nie oor die nodige finansiering beskik om hul persele instand te hou nie.” Kritzinger het gesê die Breedevallei-munisipaliteit poog om hande met dié gemeentes te vat en met die nodige instandhouding te help, selfs al is dit nie hul grond nie en hulle nie verplig is om dit te doen nie. Voorheen het wyk 7 se wykskomitee ingespring en hul wyksgebaseerde finansiering aangewend om die NG-Moedergemeente se begraafplaas, die Apostoliese Kerkbegraafplaas en die Lutherse Kerkbegraafplaas se straatfronte te omhein, nadat die mure en draadheining gesteel was. Die Moslem-begraafplaas se betonmure kon herstel word.

“Tans is die openbare werke-afdeling besig met ’n tenderproses om nog heinings en hekke aan die straatfront in Kerkhofstraat aan van die oorblywende gemeentes se begraafplase aan te bring – al is dit eintlik daardie gemeentes se plig om dit self te doen,” het hy gesê. Die besoekers het ook gekla dat van die hekke gesluit was en toegang moeilik was. Volgens Kritzinger is die sleutels vir die toegang tot die onderskeie begraafplase by die relevante kerkantoor beskikbaar. “Die munisipaliteit is slegs verantwoordelik vir die instandhouding en skoonmaak van die drie persele wat die munisipale begraafplaas is. Die munisipaliteit maak hierdie drie persele volgens ’n skedule skoon. “Daar word tans finale onderhoude vir die aanstelling van ’n nuwe superintendent van begraafplase gehou,” het Kritzinger gesê. “Indien iemand ontevrede is met hoe ’n nie-munisipale begraafplaas lyk, moet hulle dit met daardie relevante gemeente opneem. Indien daar nie samewerking van daardie gemeente is nie, kan die klagte by my as wyksraadslid van wyk 7 (waarbinne die nie-munisipale begraafplaas lê) gelê word by 082 478 0424 of jkritzinger@bvm.gov.za en ek sal die klagte aan die brandweer stuur. Hulle sal ’n brandgevaarkennisgewing uitreik indien die onkruid ’n brandgevaar inhou. Die relevante gemeente word dan op terme geplaas om hul begraafplaas voor ’n sekere datum skoon te maak, anders kry hulle ’n boete.” Hy het versoek dat die gemeenskap sal saamwerk en dit onmiddellik rapporteer wanneer vandale skade aanrig by die begraafplaas. Die 24-uur BVM-Inbelsentrum (Service Support Centre) gekontak word by 0860 121212 of ssc@bvm.gov.za, sodat Wetstoepassing onmiddelik ontbied kan word.

R59. 99

PER KG

PORK TEXAN STEAKS BABY HAKE

GS BULK SAVIN

www.dcmeat.co.za

We reserve th he righ ht to limit quantities | E&EO

Montagu se langtafel-ete was weer eens ’n reusesukses. Die tafels vir meer as 200 gaste is in Kerkstraat in Montagu uitgepak. Lees meer oor dié spesiale gebeurtenis op bladsy 4. Foto: Hilton Preston

PRICE UNBEATABLE

VINGS MASSIVE SA

E GREAT VALU

VALID F FROM: 24 APRIL - 4 MAY 2025

Montagu sit aan vir ete

R39 . 99

PER KG

SUPREME BRAAIWORS PORTIONSFISH 2KG TILAPIA

EACH

SELECT POLONY HAMPERS

2KG FRENCH POLONY

BIG VALUE

DC DEAL

R89 . 99

R49 . 99 EACH

R28 . 99 EACH 1KG MIXED VEGETABLES

99 R69 . PER KG SMOKED PORK SHOULDER RIBS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Standard E-Editon 1 May 2025 by Novus Media - Issuu