



![]()




EnricoClaassen
’n Onderwyser, polisiebeampte en sielkundige van Worcester is almal uit op borgtog nadat hulle vroeër op onderskeie klagte van seksuele aanranding in hegtenis geneem is Volgens AO Vathiswa Jacobs, ’n polisiewoordvoerder, het die beweerde seksuele aanranding waarby die 65-jarige onderwyser betrek word op 21 Oktober omstreeks 10:40 by ’n hoërskool in Worcester plaasgevind Die klaagster is ’n 16-jarige leerder Die voorval is op 22 Oktober by die polisie aangemeld Die onderwyser het op 29 Oktober in die Worcester-landdroshof verskyn Die saak is tot 10 Desember uitgestel Hy is tans uit op borgtog
• Volgens kapt FC van Wyk, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, is ’n polisiebeampte verbonde aan die Worcester-polisie op 31 Oktober in hegtenis geneem Van Wyk sê die beweerde seksuele aanranding het op 12 Oktober omstreeks 23:30 by die Worcester-polisieselle plaasgevind Dit is op 22 Oktober by die polisie aangemeld Die beskuldigde het op 3 November in verband met die voorval in die Worcester-landdroshof verskyn Sy volgende hofverskyning is op 12 November Die man is tans uit op borgtog.
• In nog ’n voorval is ’n sielkundige van Worcester op 30 Oktober in hegtenis geneem – ook op ’n klag van seksuele aanranding Volgens Jacobs het die beweerde voorval op 3 Maart om 10:00 by ’n rehabilitasiesentrum in Worcester plaasgevind Die klaer is ’n pasiënt Jacobs sê die voorval is op 23 Julie by die polisie aangemeld Die beskuldigde het op 31 Oktober in die hof verskyn Die saak is uitgestel tot 3 Desember Die beskuldigde is ook uit op borgtog


SusanadeVillierssedrieagterkleinkinders–Caleb(agter;8),Gradwell (links;5)enJoshua(2)Booysen
de agterkleinkinders albei dwelmkers en dikwels besope, wat haar inkinders in ontstuimige omstanlaat grootword het vertel dat sy en Ivan gereeld vir s en ander goedere na hul ouerhung het Die agterkleinkinders het gereeld na haar en Ivan se huis op ’n ruk verbygegaan het, is die drie inkinders in een van DeVilliers se wat by haar en haar man op hul on het, se sorg oorgeplaas, maar sy man moes gereeld inspring om na ers om te sien liers voer aan sy het toe angsberaak en gehuil omdat die kinders f by trappe waar daar nie reëlings

Die Elgin-sportklub in Grabouw is sedert Maandagoggend ’n miernes van bedrywighede, met opruimingswerk ná die afgelope naweek se rugbywedstryde ter voorbereiding van die komende naweek se derde Buitelewe-en-avontuur-ekspo, wat môre (Vrydag) begin.
Die 2025-weergawe van die Buiteleween-avontuur-ekspo, wat gratis toegang vir kinders onder sewe bied, is hondvriendelik mits jou vierpootvriend aan ’n leiband gehou word.
André Verster, die aanbieder, sê dié derde ekspo is bykans dubbel die grootte van verlede jaar se skou en bied talle uitstallers en nuwighede.
“Ons kernsukses lê in die unieke produkaanbod by asemrowende plekke in die natuur; gefokus op pure buiteleweleefstyl, avontuur en aktiwiteite. Dit is nie ’n musiekfees nie, dit is nie ’n vlooimark nie en dit is nie ’n landbouskou nie – dit is ’n outentieke buitelewe-leefstylervaring,” sê Verster “Ons het ’n Bestemmings-en-avontuur-

Die tuiste van die Buitelewe-en-avontuur-ekspo Grabouw is die Elgin Grabouw-sportklub langs die Eikenhoffdam. Dit grens aan die Hottentots-Holland-natuurreservaat naby Hermanus, Stellenbosch en Caledon en is 28km van Somerset-Wes en die Strand af (minder as ’n halfuur se ry)
sentrum vir 2025 by die Grabouwgeleentheid gevoeg, met uitstallers wat ontspanningsbestemmings, avonture soos ziplyne, voetslaan-, 4x4- en veldryfietsvriendelike roetes ten toon stel.”
Die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) het ’n dringende beroep op inwoners van De Doorns gerig om water spaarsaming te gebruik.
Die warmer somerdae lei tot ’n verhoogde watergebruik en plaas die waterverskaffingstelsel onder groot druk. Die munisipaliteit het gewaarsku dat die wateropgaardamme noukeurig dopgehou sal word.
Indien die vlakke laag is, sal die krane snags toegedraai word.
By navraag het Hannelie Botha, ’n munisipale woordvoerder, verduidelik dat De Doorns se water deur die Hexval-
lei-waterverbruikersvereniging verskaf word. “Die BVM koop die water by die vereniging en versprei dit na die inwoners van De Doorns. Die munisipaliteit ontvang ’n beperkte kwota water, wat ons nie sommer kan oorskry nie. Ter voorbereiding vir die somerseisoen moedig ons daarom die gemeenskap aan om spaarsaming met water te werk.”
Met die Wes-Kaap wat na verwagting ’n baie droë en warm somer gaan beleef, is waterbesparing belangrik.
•Dorpe in die Langeberg-munisipaliteit het sedert die afgelope Sondag (1 November) vlak 1-waterbeperkings.

The iconic Montagu mountain sign received a fresh layer of paint recently, thanks to a dedicated group of 17 residents.
Despite the light drizzle and the steep, rocky climb, excitement and energy were in no short supply as the volunteers worked together to refresh one of the town’s most recognisable landmarks
The initiative, sparked by Johan Olivier and Freddie Engelbrecht, quickly turned into a proud community collaboration Armed with paint, brushes and plenty of enthusiasm, the group trekked up the mountain through thick bush and rocky terrain, determined to make the white stone letters shine once more
They morning’s hard work paid off and by the afternoon the new, brightened Montagu rock sign proclaimed the town’s name once again proudly and clearly “This effort perfectly captures the

Montagu spirit,” said Mareletta Mundey, manager of Montagu-Ashton Tourism, “people coming together, working hard and making their town a little brighter, quite literally A heartfelt thank you goes out to everyone who contributed, from the volunteers to the generous sponsors who helped make this project possible ”

Ronél van Jaarsveld
’n Kaapse kobra het ’n noue ontkoming gehad nadat verskrikte huisbewoners hom met ’n graaf bygekom het.
Die hulp van André du Preez van Silverfox Snake Rescues is ingeroep toe die slang spore maak.
“’n Kobra is reeds gevaarlik. Dit is nie ’n goeie idee om hom nog te wond ook nie. Dit beteken dat hy heel moontlik nie kan jag nie en net daar om jou huis gaan bly. Dit hou ’n groter risiko vir kinders en troeteldiere in,” het Du Preez gesê. Du Preez is met die Kaapse kobra na die Durbanstraat-dierekliniek in Worcester, waar dr. Elza Botes steke vir die 1,6m-lange slang se wonde ingesit het. Om dit op ’n veilige manier te doen, is die slang se kop in ’n deurskynende pyp gesit wat Du Preez vasgehou het terwyl die wonde geheg is.
“Die outjie was sleg beseer en ’n mens kon sy binnegoed sien. Die veearts het steke binne en buite ingesit. Die slang gaan vir twee weke by my bly sodat ons seker is daar is nie infeksie nie en dat hy sal oorleef,” het Du Preez gesê. “Dr. Elza het so nou en dan geloer
waar die kobra se kop is, dan verseker ek haar sy is veilig en sy gaan voort.”
Die slangseisoen hou Du Preez reeds goed besig. Hy het in September 34 oproepe ontvang om slange te kom verwyder en in Oktober 55. Van die slange was 26 Kaapse kobras, agt pofadders, drie boomslange, een ’n Karoo-sandslang, twee molslange, vier bruin huisslange, drie eiervreters en een slakvreter. ’n
Driekwart van dié slange is baie giftig Hy verwag dat die seisoen wat voorlê, besig gaan wees. “Die veld is droog en rotte en muise gaan soek kos en water by huise. Daardie hondekos wat buite staan, lok hulle Waar hulle gaan, urineer honde en dit ruik vir ’n slang soos KFC of ’n Happy Meal. Bêre die diere se kos en hou erwe skoon om slange te vermy,” het hy gewaarsku.
Volgens Du Preez is dit tot middel-Februarie paartyd en slange is meer aktief.
Wanneer mense ’n slang teëkom, het Du Preez gesê, moet hulle nie weghardloop nie. “Staan terug en hou die slang dop – hy verdwyn gou. Roep iemand om ’n slangvanger te skakel. Wanneer dit in ’n kamer is, trek die deur toe en druk ’n handdoek onder in sodat hy nie onderdeur seil nie. Indien daar oop vensters is, kan dit van buite af toegemaak word.”




Esselenpark-dagsorg se onderwysers, komiteelede asook leerders.
Esselenpark-dagsorg, ’n voorskoolse sentrum in Roodewal, vier vanjaar sy tiende bestaansjaar
Die kleuterskool, wat in 2015 op die hoek van Söhngelaan en Stynderstraat gestig is, staan vandag steeds en is sterker as ooit tevore met 43 kinders na wie omgesien word.
Volgens die hoof, Roslin Snyders, het sy in 2015 ’n missie ontwikkel om in weerlose kinders wie se ouers werk om die pot aan die kook te hou, te belê –vandaar die idee om met ’n kleuterskool te begin. Vandag, 10 jaar later, pluk sy die vrugte van deursettingsvermoë en aanhou. Esselenpark-dagsorg is ’n organisasie sonder winsbejag en is by die departement van basiese onderwys
geregistreer. Die skool val onder die Inceba Trust, wat vroeëkinderontwikkelingsentrums ondersteun.
Ter viering van die mylpaal hou die kleuterskool op Saterdag 15 November sy jaareindgeselligheid en debutantebal in Esselenpark Primêr se skoolsaal, waar afskeid geneem gaan word van die leerders wat “groot skool” toe gaan Verskeie gaste is genooi om die hoogtepunt op die kleuterskool se kalender saam met hulle te vier. Die geselligheid begin om 15:00 en die kleuters sal ouers en gaste vermaak.
•Kaartjies kos R200 per persoon, wat ’n driegangmaaltyd insluit. Kaartjies is by komiteelede, onderwysers asook by die dagsorg self beskikbaar.

In ’n tyd waar familieboerdery wêreldwyd onder druk verkeer, bring VIA se splinternuwe reeks Erfenis in die grond weer hoop, trots en inspirasie terug na die plaaswerf Hierdie stories is ’n bewys van erfenis wat nie net geërf word nie, maar daagliks opgebou en bewerk word

Peter Pentz is die aanbieder van Erfenis in die grond Maandae om 20:00 op VIA (DSTV-kanaal 147).
Die aanbieder, Peter Pentz, ’n inwoner van Darling en deel van sy eie familieboerdery Groote Post, bied ’n vars perspektief as ’n jong stem in die landboubedryf en iemand wat self tussen geslagte beweeg en verstaan hoe tradisie en vernuwing mekaar versterk
Hierdie boeiende erfenisreeks van ses episodes delf dieper in die ryk, diverse geskiedenis van Suid-Afrika se bekende familieplase, wat wissel van wynlande tot vrugteboorde, groenteplase en veeboerderye Allesverloren, die bekende wynlandgoed in Riebeek-Wes, is een van die plase wat besoek is Peter beskryf die reeks as ’n eerlike en opregte kykie in die lewe van Suid-Afrikaanse boere en hul gesinne
“Ek het tussen wingerde op Groote Post grootgeword en dis waarskynlik hoekom die stories in hierdie reeks my so diep raak Dis eerlike, rou en mooi stories van mense wat vir hul grond en vir mekaar leef Die reeks stel werklik die siel van ons landboubedryf bloot, asook die nalatenskap wat elke generasie agterlaat
“Dit is ’n ongelooflike program met pragtige stories en wonderlike mense wat hul ryk geskiedenis deel, groot passie vir landbou het en daarvolgens bou Die program
is ook visueel beeldskoon Ek het saam met ’n ongelooflike span gewerk – kreatiewe, talentvolle mense – en saam het ons duisende kilometers deur die land gereis op soek na al hierdie spesiale stories en om almal op die plase persoonlik te leer ken Dit is die stories van familie en erfenis wat so ’n integrale rol in Suid-Afrika se landbougemeenskap speel ” Gerrie Janse van Vuuren, die mede-vervaardiger, sê die idee vir die reeks het ontstaan toe hy ’n ruk in die Nuy-vallei buite Worcester gewoon het
“Ek het op die Conradie-plaas gebly terwyl ek aan ’n ander reeks gewerk het Ek het baie tyd gehad om na al die mooi dinge op die plaas te kyk, asook die indrukwekkende plaashuis en die foto’s van mense wat deel van sy geskiedenis is Ek het gewonder wat elkeen se storie is Dít is presies wat ons met Erfenis in die grond wou doen – om die stories van die mense op die plase en die pad wat hulle as families gestap het, te deel ”
Hy glo kykers sal veral die historiese elemente geniet en die mense se innerlike verhoudings en kring van samewerking van nader kan bekyk
Die medevervaardiger Nicolaas Viljoen sê die reeks bring die ryk erfenisverhale wat diep in Suid-Afrika se grond gewortel is, na kykers Hy verklap die aanbieder se familieplaas, Groote Post, word ook besoek “Dit was vir ons as ’n span ’n groot voorreg en nadat al die families hul deure vir ons oopgemaak en ons vriendelik met ’n koppie koffie en varsgebakte beskuit uit die blik verwelkom het, het hulle hul stories met soveel hart gedeel ”

Die lede van die Avianpark-gemeenskapstuinbouklub in Worcester met Mymoena Jacobs van die Elsenburg-landbou-opleidingsinstituut regs voor
EnricoClaassen
Die Avianpark-gemeenskapstuinbouklub in Worcester werk soos ’n goed geoliede masjien, maar weens die toenemende vraag na meer groente benodig die klub onder meer ’n groter stuk grond en groentesaad
Die welige groentetuin is in Albatrosstraat op die perseel van die Klein Uiltjieskleuterskool
Die tuin pronk met onder meer beet, wortels, kool, spinasie, uie, groenboontjies en patat
Die groente word spotgoedkoop aan die Avianpark-gemeenskap verkoop
Gert Geldenhuys, die voorsitter van die tuinbouklub, sê die groentetuin is in 2002 aangelê om voedselsekerheid in Avianpark te help verseker Die klub bestaan tans uit 24 lede
Niklaas Apollis, een van die stigterslede, sê Les Richards, ’n voormalige raadslid vir Avianpark, en die voormalige burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit, Linda Sibeko, het hulle destyds gehelp om grond en water vir die gemeenskapstuin te bekom Volgens Apollis het Food and Trees for Africa hulle van skadubome vir die tuin voorsien
“Hulle het ons en die res van die gemeenskap ook opleiding gegee oor hoe om ’n boom te plant ” Food & Trees for Africa (FTFA) is ’n
toonaangewende Artikel 21-organisasie sonder winsoogmerk, wat voedselsekerheid, omgewingsvolhoubaarheid en vergroening aanpak
Apollis gaan verder: “Ons wil die tuin uitbrei, maar het ’n tekort aan grond Die vraag na groente is baie groot in Avianpark en ons sukkel om voor te bly ” Volgens Apollis vra die tuinbouklub ook hulp met groentesaad Hy sê op die oomblik betaal die lede uit hul eie sakke daarvoor Roelf Jonkers, ’n lid van die tuinbouklub, sê die klub benodig ook onder meer kompos om die kleigrond waar die tuin aangelê is, te bewerk
Apollis sê op sy beurt hulle moedig jong mense aan om ook by die klub betrokke te raak Enigeen wat die klub behulpsaam wil wees, kan Jonkers by 072 781 4767 bel Hannelie Botha, ’n woordvoerder vir Breedevallei-munisipaliteit (BVM), sê die aansoekproses vir die gebruik van munisipale eiendom val onder regsdienste Sy sê die eiendomsadministrasie-afdeling kan ten opsigte van enige eiendomsnavraag gekontak word V Amsterdam, ’n regsadviseur vir eiendomme, kan by 023 348 2644 gebel word; alternatiewelik, stuur e-pos na vamsterdam@bvm gov za S Kobe, senior klerk, kan ook in dié verband by 0233482613 gebel word of stuur e-pos na skobe@bvm gov za











WORCESTER TURNS THE PAGE ON A FRESH CHAPTER WITH THE RELAUNCH OF ITS LOCAL Hi-Q UNDER NEW MANAGEMENT.
The reinvigorated store brings faster service, more stock on hand, and stronger value to a community that relies on trusted tyre and vehicle care
With five years at the helm of Hi-Q Parklands, owner Nadia Janoodien is no stranger to the brand “Opening our first Hi-Q store was an incredibly valuable experience that directly influenced our decision to expand,” she says “We saw firsthand how well the brand was received and how much demand there was for quality, reliable auto services.”
Choosing Worcester, a growing regional hub, was a logical next step “With Worcester, our focus is simple,” says Nadia: “Improve turnaround, expand choice, and deliver clear, expert guidance at every visit ”
“We’re thrilled to return to Worcester and support local drivers with the Hi-Q experience they trust,” says Adri Koegelenberg, National Operations Manager at Hi-Q “This relaunch reflects our ongoing investment in communities across South Africa, and our promise of reliable value, month after month ”
To cut waiting times, the Worcester team has broadened its tyre range across leading brands and streamlined operations “We’ve significantly improved the customer experience by increasing the amount of stock we keep on hand,” Nadia

’n Groep voormalige leerders van die Esselenpark Hoërskool (EPH) in Worcester kom hierdie Saterdag (8November) bymekaar om hul matriekjaar van 1965 te herdenk en hul waardering te bevestig vir die rol wat die skool in hul lewe gespeel het
Dié oudleerders was lid van ’n groep matrikulante wat ’n 100%-slaagsyfer sedert die skool se ontstaan in 1961 onder AJ Arendse as skoolhoof behaal het
Die skool se reputasie vir hoë standaarde en sukses was die rede dat leerders van omliggende dorpe en selfs van so ver as Mosselbaai daar skoolgegaan het
Op akademiese gebied het EHP talle bekroonde akademici en professionele

mense opgelewer
In die jare sestig en sewentig het die skool hom as ’n kampioen in rugby en atletiek gevestig Onder die Saru-vaandel het die skool Saru-bekroonde rugbyspelers – van haker tot heelagter – opgelewer
Die skool se eerste en derde spanne was in 1965 onoorwonne en EHP het die skole-atletiek, wat die ope-aflos-medley insluit, gewen
Die reünie word van 10:30 tot 12:30 by EHP gehou, waarna dit van 13:00 tot 17:00 na Kleinplasie se restaurant verskuif
“Ons wens is dat dit ’n jaarlikse instelling word,” het Walter Ortell, die organiseerder, gesê •Bel Ortell by 0815232524 vir nog inligting

RonélvanJaarsveld
The relief was palpable as the matric learners stumbled, tired, out of the examination hall on Monday 3 November after writing their second maths exam paper
Across the Western Cape more than 77 000 matrics sat down for this reckoning with the numbers; if they are successful it d





09:00 - 14:00 SUN: 09:00 - 13:00


My liefste oom, jy sal altyd in ons harte voortleef. Rienie, Natalie en gesin
You will be forever in our hearts. Rest in peace. Joseph family
Your memory is a treasure, rest in peace Freda and children
We will always carry you in our hearts. Love Dorothy and children
Rus in vrede Alan. Ons gaan jou baie mis. Bernard en gesin

SCHEEPERS, SARAH A GEB: 12.02.1948 - GEST: 01.11.2025
Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 08 November 2025 om 09:00 by Noblestraat 37, Riverview en om 10:00 vanuit Zion AME, Le Sueurstraat. Remembering our wonderful mom and grandma, Sarah Scheepers. Your kindness, generosity and warmth touched our lives. We'll cherish the beautiful memories forever Love Sandra, Tommy, Chandre, Phyzell, Shaun and Marcus
Your legacy is not written in books but in the lives you nurtured. Your faith, your laughter and your fierce love were everything to us. Rest well Mamma Love Charlton and Eddeline
To our dearest mom, Sarah Scheepers. Your legacy lives through us. Thank you for being our rock. We'll miss you more than words can say. Love Desireé, Junaid, Erin and Dae Steenberg
Ons gaan jou mis Mamma maar ons gun jou die ewige rus. Rus sag tot ons weer ontmoet. Cameron, Chad, Kaylin, Andrea, Luke and Aleah
Dankie vir die goeie suster, aunty wat jy was. Sal die goeie herinneringe altyd koester Muller-, Jacobs- en Mouton familie


Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 08 November 2025 om 10:00 by Buitenkantstraat 279, Riverview en om 11:00 vanuit VGK Worcester-Oos, Fischerstraat.

BETREKKINGS 3600 IN MEMORIAM 1015
BETREKKINGS GESOEK 3670
LANDBOUKUNDIGE soek geleentheid. Christen man met integriteit en 40 jaar se ondervinding soek geleentheid in die landbou en of platteland. Skaap, Wild, Bees, Gesaaides, Vrugte, Tegnies, Meganies, goed met hande. Administrasie, Finansies, Projekte, Logistiek. B.Comm graad. Plat op die aarde, jonk van gees, eerbaar,vertrouens waardig. Ek kan help met omtrent enigiets of jy kan jou besigheid of plaas in my hande los as jy tyd elders moet spandeer. 073

GERSHWIN
HERSHELLE VERNIS
05.11.2025 Jou eerste verjaardag weg van ons. Alexa en Rensia
GERSHWIN VERNIS
To my dear brother, your laughter and kindness still echoes in my heart. Happy birthday in Heaven. Love Shelton
GERSHWIN VERNIS
My heart still yearns for you, my eyes still look for you but I know you are in a better place. Happy 1st birthday in Heaven. Aldine and Tashwill
GERSHWIN VERNIS Dis vandag jou 1ste verjaarsdag weg van ons af. Ons mis jou steeds ongelooflik baie maar gun jou die rus. Van Mammie, Daddy, Ashley, Gaynor





Notice is hereby given in terms of Regulations published in Government Notice R. 982, Government Gazette No. 38282 of 04 December 2014, as amended by GN R326 under sections 24(5) and 44, of the National Environmental ManagementAct, 1998 (Act No.107of1998),thattheSouthAfrican RoadAgency SOCLtd(SANRAL)proposes theimprovement oftheNationalRoute1Section 3fromWorcesterEast(km3.50)toGlenHeatlie(km14.00)
In order to obtain the required Environmental Authorisation, a Scoping and Environmental Impact Assessment (S&EIA) process must be undertaken in terms of the EIA Regulations, 2014 (as amended in 2017). This notice is for the Environmenta Impacts Assessment Phase of the project, which will be conducted to ensure that all the environmental impacts that may be associated with the proposed project are taken into consideration. Interested and Affected Parties (I&APs) have an opportunity to comment by providing issues of concern and/or suggestions for enhanced benefits and/or alternatives on the Draft Environmental Impact Assessment Report and to ensure that the competent authority, the Department of Forestry, Fisheries and the Environment (DFFE), hassufficientinformationtomakeadecision.
Interested andAffected Parties (I&APs) are hereby invited to participate in the Public Participation Process by submitting comments, raising concerns, and/or suggesting alternatives or enhancement measures regarding the Draft EIA. All comments will be consideredinthefinalsubmissionstothecompetentauthority,theDepartmentofForestry,FisheriesandtheEnvironment(DFFE).
Delta Built Environment Consultants (Pty) Ltd has been appointed as the Independent Environmental Assessment Practitioner to conduct the S&EIA for this project. You are invited to register as an Interested and Affected Party (I&AP) and to subm t comments. ThePublicParticipationPeriodwillendonthe6thofDecember2025.
If you wish to register as an I&AP and submit your comments and queries, please contact: Aqeelah Carrim at Tel: 012 368 1850; Email: Aqeelah.carrim@deltabec.com on or before the 6th od December 2025. The Draft Environmental Impact Assessment Reportwillbemadeavailableuponrequest NOTICE FOR THE PUBLIC PARTICIPATION PROCESS FOR THE ENVIRONMENTAL IMPACT ASSESSMENT PHASE
Kennis word hiermee gegee ingevolge die Regulasies gepubliseer in Staatskennisgewing R. 982, Staatskoerant Nr 38282 van 04 Desember 2014, soos gewysig deur GNR 326 kragtens artikels 24(5) en 44, van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet No. 107 van 1998), dat die Suid-Afrikaanse Padagentskap SOC Ltd (SANRAL) die verbetering voorstel van die Nasionale Roete1,Afdeling3vanafWorcester-Oos(km3.50)naGlenHeatlie(km14 00)
Om die vereiste Omgewingsmagtiging te verkry, moet 'n Omvangbepaling- en Omgewingsimpakstudie (O&OIB) proses onderneem word ingevolge die OIO-regulasies, 2014 (soos gewysig in 2017). Hierdie kennisgewing is vir die Omgewingsimpakstudiefase van die projek, wat uitgevoer sal word om te verseker dat alle omgewingsimpakte wat met die voorgestelde projek geassosieer mag word, in ag geneem word Belangstellende en Geaffekteerde Partye (B&GP's) het die geleentheid om kommentaar te lewer deur kwessies van kommer en/of voorstelle vir verbeterde voordele en/of alternatiewe op die Konsep-Omgewingsimpakstudieverslag te verskaf,enomteversekerdatdiebevoegdeowerheid,dieDepartementvanBosbou,VisseryeendieOmgewing(DFFE),voldoende inligtinghetom'nbesluitteneem.
Belangstellende en Geaffekteerde Partye (B&GP's) word hiermee uitgenooi om deel te neem aan die Openbare Deelnameproses deur kommentaar in te dien, bekommernisse te lug en/of alternatiewe of verbeteringsmaatreëls rakende die Konsep-OIB voor te stel. Alle kommentaar sal in ag geneem word in die finale voorleggings aan die bevoegde owerheid, die Departement van Bosbou, VisseryeendieOmgewing(DFFE).
DeltaBuiltEnvironment Consultants(Edms)Bpkis aangestelasdieOnafhanklike Omgewingsassesser ngspraktisyn omdieS&OIB vir hierdie projek uit te voer U word uitgenooi om as 'n Belanghebbende en Geaffekteerde Party (B&GP) te registreer en kommentaarintedien.DieOpenbareDeelnametydperkeindigop6Desember2025.
Indien u as 'n B&GP wil registreer en u kommentaar en navrae wil indien, kontak asseblief:Aqeelah Carrim by Tel: 012 368 1850; Epos: Aqeelah.carrim@deltabec.com op of voor 6 Desember 2025. Die Konsep-Omgewingsimpakstudieverslag sal op aanvraag beskikbaargestelword


Donderdag, 6 November 2025
Norman Evertson
ROBERTSON – Ná ’n stotterende begin het Robertson Town sy eendjies uiteindelik in ’n ry gekry en daarna die besoekende Abbotsdale van hul voete af gespeel Town het Abbotsdale in hul Sanlam-Boland-Top-12wedstryd met 80-12 afgeslag.
Dit was egter eers ná sowat 20 minute se spel – ná die lemoenbreuk – dat Town behoorlik vlamgevat het. Daarna was daar geen keer aan die verdedigende Bolandklubkampioen nie.
Die tuisspan was in ’n vernietigende bui en het teen rustyd reeds die bonuspunt vir vier drieë in die sakkie gehad.
Danksy drieë deur Michaine Fick (buitesenter), Dihan van der Walt (agsteman), Jayden Siljeur (flank), Juandre Joseph (heelagter) en twee doelskoppe deur Colin Willemse was Town met die omdraaislag al 24-0 voor.
Ná rustyd het Town Abbotsdale verder gestoomroller.
Benewens ’n strafdrie het die tuisspan nog sewe drieë ingeryg
Navan Padiachy (linkervleuel) het ’n driekuns aan drieë behaal.
Die ander spelers wat in die tweede helfte agter die besoekers se doellyn gaan kuier het, was Freginald Africa (flank), Alrin Eksteen (binnesenter), Juandre Joseph (sy tweede drie) en die kragman Marco Jones (plaasvervanger-agtsteman).

Die Klipdrif-rugbyklub van Rawsonville se toekenningsfunksie is die afgelope Saterdag (1 November) by die Wiesenhof-restaurant in Rawsonville gehou Agter, van links, is Averill Manuel (opkomende speler van die jaar), Lezaano Malies (top-A-span-voorspeler), Wachem Jafphta (dissipline-toekenning), Donaven van Rooi (top-B-span-voorspeler), Melvin Williams (top-B-span-agterspeler), Charles Beukes (gasspreker), Bovlan Bezuidenhout (beste vordering in die A-span), Sherick Hendricks (deurbraak-A-spanspeler), Luhandre Arendse (speler van die jaar) Voor is Coenraad Bailey (klubadministrateur), Brenwill Syfers (beste A-spanverdediger), Faizel Fielies (top-agterspeler), Breyton Arendse (sportman van die jaar en meeste punte) en Leslie Bruintjies (voorsitter). Toekennings is ook aan vyf lojale ondersteuners gedoen Foto: Alizano Ruiters
Willemse het die vyfpunter van Africa verdoel voordat hy deur Adriano Conradie op losskakel vervang is Conradie, wat goed gekorrel het, het die ander ses drieë verdoel.
Hoewel Town die wedstryd as’t ware kort ná rustyd reeds beklink het, het Abbotsdale nooit gaan lê.
Die telling was in ’n stadium in die tweede helfte 59-0.
Maar ten spyte van die bykans onbegonne taak op hande het die besoekers aanhou probeer en hulle is uiteindelik met drieë deur Donray Manuel en Delano Baartman (agsteman) beloon Slegs Baartman se drie is verdoel.
Town het dié Sanlam-BolandTop-12-kragmeting uiteindelik verspot maklik met 80-12 gewen
Navan Padiachy is as die SanlamSpeler van die wedstryd aangewys.

sementwerke cement works Sedert 1954 Since



Navan Padiachy, linkervleuel van Robertson Town, op pad doellyn toe Padiachy het ’n blink vertoning gelewer en ’n driekuns aan drieë behaal Hy is ook gepas as die Sanlam- Speler van die wedstryd aangewys. Robertson het die Sanlam-BolandTop-12-kragmeting teen Abbotsdale verspot maklik met 80-12 gewen Foto: Norman Evertson
Piet Hermanis
Malmesbury het die afgelope Saterdag (1 November) die asem opgehou Die son hang lui oor die Swartland se koringlande, maar daar is niks lui aan die atmosfeer nie Villagers Worcester het ná tien jaar se afwesigheid weer hul voete in die Swartland se graanlande kom druk
Die Sanlam-Boland-Top-12-wedstryd teen Wesbank was meer as net ’n rugbykragmeting – dit was ’n emosionele heropvoering van ou pyn, nuwe hoop en ’n dorpsiel wat weer op die proef gestel is.

AlverUys
Alle paaie lei weer hierdie Saterdag (8November) na Bolandpark in Worcester wanneer die plaaslike Grootuitdaagklub in die Langeberg-afdeling van die Boland-rugbyunie, Villagers Worcester (Villa), die laaste keer hierdie seisoen die geleentheid voor sy tuisskare sal kry om op ’n gepaste wyse vir sy duisende lojale ondersteunerskorps dankie te sê vir hul volgehoue ondersteuning hierdie seisoen Villa het verlede Saterdag weer eens bewys dat hy oor hope big match temperament beskik toe hy Wesbank in Malmesbury in ’n uitstekende naelbyt-stryd met 36-33 geklop het Villa het sodoende feitlik seker gemaak het dat hy vir die derde agtereenvolgende jaar na die halfeindronde van die prestigeryke Top-12-kompetisie in Wellington deurdring
Saterdag kom Villa teen die Van Rhynsdorp Eagles te staan, terwyl sy bure, Robertson Town (die verdedigende Top-12-kampioenspan), ná sy sege van 80-12 oor
Abbotsdale, ook van die Swartland, op die Van Zylstraatstadion in Robertson teen die spogspan, Saldanha, te staan sal kom
In die ander wedstryd wat groot belangstelling gaande maak, kom vanjaar se verrassing, Botrivier, op sy tuisveld in sy tuisdorp teen die ander Weskusspan, Vredenburg, te staan
Al drie wedstryde begin om 17:00
In ander wedstryde kom die ander Swartlandspan, Wesbank, op sy tuisveld in Malmesbury teen Witzenberg se Roses United te staan, terwyl Delicious van Clanwilliam op sy tuisveld te staan kom teen die ander Witzenbergspan, Hillcrest United Abbotsdale van Swartland geniet ook tuisveld-voordeel in sy kragmeting teen Safcol United uit die Overberg-streek
Al drie wedstryde begin om 15:00
Geesdriftiges in die Langebergstreek word uitgenooi om Saterdag in hul hordes op Bolandpark op te daag om Villa op gepaste wyse te bedank vir die groot genot wat sy spel en deelname in veral die Top-12-kompetisie vanjaar verskaf het
Villagers Worcester se aanhangers het ingestroom om die span te ondersteun Daar’s ’n tante met ’n Wesbank-serp wat haar hande vryf en fluister: “Mag 2015 en 2018 hulle nie weer herhaal nie ” Dié wedstryde was legendaries en traumaties In 2015 het Villa op die laaste oomblik die Boland-Top-8-eindstryd met ’n drie in die hoekie by Wesbank gesteel In 2018, met ’n strafskop wat reguit pale toe moes gaan, het ’n wolkhand, volgens oom Faan, die bal links gedruk Die Swartlanders het destyds trane met sjampanje gemeng
Terug in die teenwoordige tyd –Saterdag 1 November – druk die veelsydige Mario Marinus, bekend as die “vlam”, wat gedurigdeur die vuur met sy vinnige denke en vurige spel aan die brand steek, die eerste drie Twee minute later vlieg die “windhond”, Tyler May, met sy vernietigende spoed oor die lyn Gurshwin Africa, die dirigent, wat deurlopend die tempo bepaal, volg kort daarna met ’n prag-drie Die generaal, Elton Mfundisi, met sy taktiese meesterbrein wat die troepe met visie en presisie lei en sy skopskoene blink gepoets, skop twee keer suksesvol teen die wind Die telbord wys 19-14 in Villa se guns ná twee drieë deur Wesbank Dan kom die lemoenpouse en met die hervatting is Wesbank ’n ander span met hernieude energie Villa begin foute maak en die tuisspan druk terug – die telling is skielik 19 elk Achmat Adams breek met sy brute krag en ongelooflike aanvoeling soos

’n stormram deur die verdediging en druk nog ’n drie Mfundisi skop oor –26-19
Die Villa-liedere vul die lug
Maar net toe jy dink dis veilig om asem te haal, kom Wesbank terug – 2626 ’n Geelkaart verskyn vir Villa Percy Basson, ’n nagmerrie vir verdedigers, is nie net vinnig nie –hy’s vlymskerp Hy sien ’n gaatjie, glip deur soos ’n muis in ’n meul, en druk Mfundisi skop weer: 33-26
Wesbank slaan tent op in Villa se gebied Dis aanval op aanval en die telling staan op 33-33 In die laaste sekondes kry Villa ’n strafskop Mfundisi stap vorentoe en onthou wat in 2015 gebeur het Hy skop oor en verkrummel die Swartlanders se drome Villa wen – die telling 36-33
Die puntemakers vir Villa was Mario Marinus, Tyler May, Gurshwin Africa, Achmat Adams en Percy Basson met elk een drie
Elton Mfundisi skop vier uit sy vyf pogings oor en maak agt punte bymekaar Gurshwin Africa is aangewys as die Sanlam Confident Player (Speler van die wedstryd) • Villa speel Saterdag tuis teen Van Rhynsdorp in ’n beslissende wedstryd om te bepaal wie gaan deur na die halfeindstryd Die hekke open om 12:00 vir die publiek ’n Rugbykliniek vir agt laerskole begin om 09:30 saam met Rainbow Chickens, Boland-rugby-unie en Villagers Worcester