Jou vallei - jou nuus
Tel: 023 342 3965, 082 661 4634 or 084 448 2830
Donderdag, 4 Desember 2025 Tel: 023 347 0968
24 HOURS LIGHT & HEAVY DUTY TOWING/RECOVERY
NM10039336-BW041225
Man se mesdood skok Enrico Claassen
‘Ek is verpletter,’ sê ma
S
y het die laaste ruk ’n voorgevoel gehad iets slegs gaan gebeur.
Sondag (30 November) toe kry sy die hartseernuus dat haar oudste seun – een van ’n identiese tweeling – doodgesteek is. Geraldo Jaftha (34) van Russellskema in Worcester is met ’n skerp voorwerp in die bors en rug gesteek. Sy vermeende aanvaller is ’n nabye familielid van sy verloofde en liefde van sy lewe, Jody Januarie (30). Die noodlottige voorval het Sondag laatmiddag in Chavonnes plaasvind. Jaftha was ten tyde van sy dood ’n werknemer van AAA Paint in Worcester. Volgens Geraldo se hartseer ma, Ronel Jaftha (52), het haar seun en Januarie Saterdagmiddag (29 November) by haar ouers in Chavonnes gaan kuier. “Ek het nog vir hom gesê hy moet veilig wees.” Sy sê hulle sou die volgende dag (Sondag) – die dag van die voorval – omstreeks 15:00 terugkeer Worcester toe omdat Geraldo die volgende dag nog moes gaan werk. “So 14:30 het ek nog hul kos in ’n tupperware-bak geskep.” Ronel sê omstreeks sewe-uur die aand het ’n goeie vriend van Geraldo en Januarie vir haar ’n stemnota gestuur waarin hy sê hulle moet onmiddellik deurkom, want “Geraldo lê daar”. “Ek sê toe vir my boyfriend [Vernon February] ek weet Geraldo is gesteek.” Volgens Ronel het ’n geskrewe WhatsApp-boodskap van die vriend gevolg wat lui dat sy hom dringend moet bel. Hy het die woorde “GROOT ASSEBLIEF” in die betrokke boodskap gebruik. Sy vertel dat die vriend haar aanhoudend probeer bel het via
Geraldo Jaftha is Sondag doodgesteek.
“DAAR IS VIR ONS GESÊ ONS KAN NIE NABY [DIE LIGGAAM] KOM NIE, WANT MY KIND IS LELIK GESTEEK. WhatsApp, maar sy was te bang om die oproepe te beantwoord. Volgens Ronel het haar dogter Thalia haar selfoon by haar geneem. Die persoon het toe aan Thalia bevestig Geraldo is oorlede. Ronel bars in trane uit en vertel verder: “Toe ons daar aankom, was daar ’n klomp polisie (sic). Die forensies was ook daar. “Daar is vir ons gesê ons kan nie naby [die liggaam] kom nie, want my kind is lelik gesteek. “Ek het net gesien daar lê my langbeen-kind. Dis so seer. Ek is stukkend. Hy was my oudste
seun.” Volgens Ronel het ’n vrou Geraldo se liggaam met ’n kombers toegegooi. Sy sê Geraldo se vermeende moordenaar het ná die voorval weggehardloop. Volgens Ronel het Geraldo se vermeende aanvaller hom glo al by vorige geleenthede ook gedreig. “Hy het altyd by my kom kla van dié mannetjie wat hom so dreig. Ek het vir Geraldo teen hom gewaarsku.” Volgens Ronel het sy baie daarna uitgesien om haar kind die Sondag weer te sien. “Ek het ’n voorgevoel gehad iets slegs gaan gebeur – nie spesi-
Ronel Jaftha is verpletter deur haar seun se dood. Foto: Enrico Claassen
fiek met Geraldo nie. “Die afgelope week het ons baie tyd saam deurgebring – meer tyd as gewoonlik. Hy was die afgelope ruk ook baie stil. Hy het saans kom sit en TV kyk. Hy het dan so vir my gekyk. Dit was vir my net anders. “Die laaste week, het dit vir my gevoel, het hy afskeid geneem, want hy het vir almal drukkies gegee.” Volgens Ronel het Geraldo baie uitgesien na sy troue volgende jaar. Sy sê dit was altyd sy droom om met Januarie te trou. Sy sê Geraldo se tweelingbroer,
Gerswin, is verpletter deur sy broer se dood. Ronel beskryf haar langbeenkind as ’n baie sagte mens wat altyd ’n glimlag op die gesig gehad het en wat baie lief was vir dans en musiek. “Ek gaan hom baie mis. My kind moet in vrede rus.” Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie. AO Vathiswa Jacobs, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n verdagte is Maandag (1 Desember) in verband met die voorval in hegtenis geneem. Volgens haar is ’n moorddossier by die polisie geregistreer.