Geen misdaad of gemenespelword vermoed nadat ’n dooieluiperd onlangsgevind is waar ditaan ’n kragpaal in dieNuy-vallei buite Worcester gehanghet nie,het dieLandmark RewildingTrust gesê.
Die luiperd is die afgelopeVrydag (23Januarie) ontdek en die voorval het bygedratot kommer ná ’n uitdagende jaar vir luiperds in die Wes-Kaap verlede jaar. Volgens Cape Nature het die grondeienaar die voorval aangemeld nadat hy ondersoek gaan instel het oor hoekom die krag af was.Hyhet op die luiperd afgekom wat aan die 11-kV-lyn gehang het. Die luiperd het aan ’n lewendigekragdraad geraakenhet aan sy tande gehang CapeNature en die Breederivier-Rooiberg Conservancy hetdie toneel besoek en duidelike tekens van’nstruweling in die sanderige grondgekry. Daarwas ook vars kloumerketeen die houtpaal. Dit duidaarop datdie luiperd dalkvan ietsafgevlug het,soos ’n tropbobbejaneofselfs ’n ander territorialeluiperd.Hyhet moontlikteen die paal opgeklim om te ontsnap.
Die LandmarkRewilding Trustsehoofbestuurder,Bool Smuts, hetgesê hoewel
hierdie nie die eerste keer is dat’n luiperd van’nelektriese skok dood is nie, ishierdie steeds ’n buitengewone voorval.
Die luiperd was ’n gesonde volwasse mannetjie wat34,3kg geweeg het, in uitstekende fisieke toestand wasentussen 5tot 8 jaar oudwas.
“Hyhet geen anderbeseringsgehad behalwe vir ’n ingangs- en uitgangswond wat algemeen is in elektriese voorvalle,” het Smutsgesê.
“Sy kaakhet steeds aan die paal vasgesit en ons kon dus gemene spel deur mense uitskakel.”
Smuts het gesê genetiese monsters sal versamel word, asook bykomende morfologiese data vir verdere ondersoek en bewaringsmonitering
Dié jongste voorval het dit weer duidelik gemaak dat luiperds al groter risiko’s in die gesig staar met menslike infrastruktuur wat verder uitbrei. Hernude oproepe is gedoen om bewustheid te skepoor die beskermingvan die spesie in die WesKaap.
Volgens Smuts het die trust verlede jaar vyf luiperdvrektes in die Wes-Kaap aangeteken.Sowat 500 volwasse luiperds is in die provinsie.
Die luiperdsekarkashet behouegebly. Foto: Facebook/Cape Nature
Luiperddoodgeskok
Diéluiperdhet aan sy tande aan
Volgens Cape Nature, watdie terrein besoek het,isweefselmonsters en morfologiesedatavir wetenskaplike ontleding ingesamel.
Tavern-shooting suspectarrested
Ronél vanJaarsveld
Ayoung man was arrested by the police in ZwelethembainWorcester in connection with multiple murders that took place in PhilippiEaston Saturday 17 January. He appeared in the Athlone Magistrate’s Court on Monday 26 January.
Nine people died after being shotat ashebeen in the Marikana informal settlement in the early hoursofthe morning.
According to police spokesperson Brigadier Novela Potelwa threesuspects entered the shebeen just after midnight. They fired several shots insidethe shack. Six people died onthe scene, while one died on his way to a medical facility. An eighth persondied in hospital.
Afew days later another person who was seriously wounded passed away in hospital. Of thenine deceased persons one is awoman who allegedly owned the shebeen.
During their investigations detectives of the provincial SeriousViolent CrimesUnitmade abreakthrough on Friday andcharged asuspect.The motive for the killings is believed to be extortion related.
Ateam comprising detectives, crime intelligence and combat members arrested the 19-year-old suspect,Bheki Manxiwa, on Friday in Zweletemba
On Monday he was charged with
nine countsofmurder, attempted murder and twocounts of robberywith aggravating circumstances in the Athlone Magistrates’ Court.
According to Eric Ntabazalila of the National Prosecuting Authority the case has been postponed to 2February fora full bail profile andfurther investigation.
He said: “This is aSchedule6 matter meaning theonus is on the accused to show to thecourtthat it’s in the interest of justice forhim to be released on bail. The state will opposehis bail application.”
KILLINGWITNESSES
“The state alleges, as wasstated in court, thatthe accused and others were sitting and drinking in another area. Asuspect brought afirearm with an extended magazine to another named Loyd.
“They then went to the tavern in Marikana where they shot awoman whoisco-owner of the tavern and nine patrons.Nine people died and another patron is in acriticalconditionin hospital. The accused then robbedthe deceased of their cellphones and money. The other two suspects are still at large.”
Manxiwa apparently confessed he wasparty to the murdersoftwo people and other witnesses. “There arethree more witnesses the police still need to interviewwho are going to link the accused to the massshooting.”
Twodie afterbus overturns
Ronél vanJaarsveld
Atrip fromPretoria to Cape Townended in tragedy on Monday (26January) when apassenger busoverturned just outsideWorcester in the Western Cape. Two women losttheir lives. Passengers were looking forward to the end of along trip,when the accident happened justbefore 07:00 near De Wet Cellars. The busapparently left the road,ploughed through the barrier and rolled downa steep embankment into avineyard
Therewere 72 passengers on the bus, including three children. Twopeople were injured seriouslywhile 28 passengers with less serious injuries were transported to hospital in Worcester. Neazer Buffels, the acting chief of Municipal Traffic, wasonhis way to workinWorcester. “I was about four to five vehicles behind the bus,when it unexpectedlyswerved and went off
According to bystandersthe first few moments following the accident were chaos, with passengers climbing through broken windows and people crying in shock.
Thedriverofabus carrying 72 passengers lost control on the N1 highwaynearWorcester on Monday(26 January). Twopeopledied andseveral morewereinjured
Emergencyservices assessing and treating patients of abus crash on the N1 highwaynearWorcester on Mondaymorning.
Moedigepolisielid bestesportman
EnricoClaassen
Hy was onderweg na ’n begrafnisdiens en is verlam gelaat toe ’n motor hom van agter van sy motorfiets afgestamp het.
Die 45-jarige Lyndon van Wyk van Worcester was tot en met die ongeluk ’n kranige sokker-, krieket- en tafeltennis-speler asook motorfietsryer.
Die skoknuus dat hy nooit weer sal kan loop nie het egter nie die eindevan hierdie pavan twee dogters betekennie.
Inteendeel, hy het ’n besluit geneem om die lewevierkantig in die oë te kyk en sooshulle sê “die beste van ’n slegte saak te maak”.
Van Wyk het diegene wat ná sy ongeluk op hom neergesien het verkeerd bewys toe hy op 17 en 18 Januarie tydens die Wes-Kaapse Proef- en Padren in Durbanville vir die tweede keer deurgedring het na die Suid-Afrikaanse Nasionale Parapleeg-kampioenskap watvolgende week in Midvaal, Gauteng, plaasvind.
Dis ook hier waar hy sy nasionale titel gaan verdedig.
Van Wyk is boonop vroeër vanjaar by ’n glansgeleentheid by die Canal Walk-konferensiesentrum deur die Suid-Afrikaanse PolisiediensasSportman van die Jaar genomineer. Hierdie lewenslustigeparapleeg, wat die rang van adju-
dant-offisier in die Worcester-polisiediens beklee, vertel dathyop1 September 2018 met sy motorfiets op padwas om sy stiefpasebroerse begrafnis in Stellenboschtegaan bywoon
“Ekhet deur dieouDu Toitskloof-bergpasgery.
“Soos ek indie rigting van Paarl Valleigeryhet, het ’n voertuig my van agter af getref “Ekhet beheerverloor en my [motor]fietshet diepad verlaat.
“Ekhet met my rug sleg teen ’n betonpilaargeval
“Terwyl ek daar hulpeloos op my maag gelê het, het ek probeeromdeurmiddel van’n push up vandie grond af op te staan, maar my bene kon nie opkom nie.
“Eksêtoe vir myself ‘wag, jy moet nou maar rustig wees, wantiets isdefinitief hier fout’.”
Volgens Van Wykishyper ambulans na die Medi-Clinic in diePaarl geneem.
Hy sê dis waar hy die slegte nuus gekry hetdat daar skade aan sy spinalekoord is en dat daar ’nsterk moontlikheid is dat hy nie weersal kanloopnie.
VolgensVan Wyk het ’n operasie vanagt ure op hom gewag.
Hy vertel dathy ná drieweke indie Medi-Clinic vir rehabilitasie na die LifeVincent Palotti-hospitaal in Pinelands oorgeplaas is
“By Vincent Palotti het ek gesien daarismensewie se beserings meer ernstig is as myne
Hullemoetselfsgevoerword.
“Ek is vandag bevoorreg, want ek kan myself was, aantrek, in ’n kar klim en dit self bestuur.”
Hy sê omdat hy watsport betref nie meer kon doen waar-
voor hy lief was nie, moes hy ’n plaasvervanger kry.
“Ek het besluit op ’n handfiets, want ditsou my bolyf net sterker maak, veralvir wanneer ek my moet oortel van byvoor-
beeld uitdie stoel na ’n kar toe.”
Volgens Van Wykhet sy pad metdie plaaslikefietsryklub Breede Valley WheelersinJanuarie verlede jaar gekruistoe hulle homgenader en genooihet om by hulklubaan te sluit.
“Die feit dat hulle my genader het, hetsobaievir my beteken, wantnou is daarmense wat my in hulkring wil hê
“Die avontuur wat ek metdie klubhet,isfenominaal.”
Van Wyksênádie ongeluk en voorhynog by die klubaangesluit het, hethydeelgeneem aanonder meer die CapeTown Cycle Tour,Timbercity-padren in OudtshoornenOuteniqua Rolstoel-uitdaginginGeorge Hy sê by vanjaar se WesKaapse Proef- en Padren in Durbanville hethyeerste geëindigindie 15km proef-en 30km-padren.
“Dit was so uitmergelenddat ek skoon krampe in my arms gekryhet
“Indie road race hetek gekompeteerteen’nouwat ’n beter fiets hetasek. Dithet my nogal geïntimideer.
“Ekwas bang, wantekhet griepgehad.Myliggaam was bietjie swak, wantekhet ook niegenoeggeoefen nie.
“Ekwas regtigverbaastoe ek wen, terwyl ek nie heeltemal gesond was nie.”
Van Wyksêhyisslaggereed virdie Suid-Afrikaanse Parapleegkampioenskapwat van 5 tot 8Februarieplaasvind.
Lyndon vanWyk (regs) ontvang sy trofee na afloop vanvanjaar se Wes-Kaapse Kampioenskap.Byhom is CornéBenz, voorsittervan Wes-Kaapse Fietsry.
Foto:Breedevallei-munisipaliteit
Klippein rioolstelsel
Klippe wat blykbaar doelbewus in die rioolstelsel geplaas word, besorg die Breedevallei-munisipaliteit hoofbrekens. Munisipalespanne hetonlangsgereageer op klagtes van verstopte rioollyne in die Hexpark-gebied.Hulle het afgekomopdie klippe watblykbaar doelbewusindie pype geplaas isen wat ’n groot verstoppingveroorsaak het. Die munisipaliteit het gewaarsku dat sulkeaksies kan veroorsaak dat riool uitlek. Dit kan ekologiese skade aanrig, eiendom beskadig en hou boonop ernstige gesondheidsrisikosvir die gemeenskap in. Dit plaas ook munisipale infrastruktuur onder groot druk. Die klippeenander blokkasies is verwyder. Die munisipaliteit hou die gebied dop om te verseker dat die rioolnetwerk in Hexpark in werkende toestand bly, sonder verdereprobleme
Kontak die kliëntedienslynby 0860121212 of stuur epos aan ssc@bvm gov.za om enigeklagte van vandalisme of onwettige storting aan te meld
BVMsoeknog na vennoot
Ronél vanJaarsveld
Die Breedevallei-munisipaliteit(BVM) pakdie probleemvan straat-en bosslapersaan deur hulle weekliks te verwyder indienhulle op onvanpaste plekkeslaap.
Standard het verledejaar berig inwonersensake-eienaarskla dat straatslapersin Worcester en in Rawsonville probleme inhul gemeenskappeskep. Vandie klagteshet ontlasting op sypaadjies, dwelmgebruik, betrokkenheid by misdaadenaggresiewe gedrag ingesluit.
Dit is ’n moeilike saak om aan te pak omdat van dié mensenie ’n anderheenkome hetnie. Sommiges het wel familie om by te woon, maar verkies glo om op straat te leef.
Die BVMhet verledejaar aangedui hulle isopsoek na ’n vennoot om ’n oornag-fasiliteit op die been te bring.
“Daar is ’n skuiling in Worcester watgewillig is om die straatslapers te huisves. Vandie mensevind dit egter moeilik om daar in te skakel. Om hierdie rede hetdie munisipaliteit diensverskaffers genaderomtekwoteer vir ’n meer permanente oplossing vir die behuisingsprobleem.Ongelukkig was die terugvoer vandie diensverskaffersnie waarvoor ons gehoop het nie. Dit kan dus ’n ruk neem voordat die probleemopgelos kan word,”het HannelieBotha,’nwoordvoerder vir die munisipaliteit, gesê.
Standard het in September verlede jaar berig dat die BVMdeur sy behuisings- en menslike nedersettingsafdeling op soekisna’nvennoot watmet haweloses werkenoornag-fasiliteite asook ’nplekwaar individue geassesseer kan word,kan verskaf.
Die doel is dan om na opsiessoos hervestiging,repatriasie of dieverwysing na ’n geskikte instansie te kyk. Dié organisasie moet verkieslik’ngevestigde nie-regeringsorganisasie of organisasie sonder winsoogmerk wees.
“Die BVM is ook tansingesprek met die Swartland-munisipaliteit–nie net oordie straatslapers nie, maar ookoor ander wetstoepassingsfunksies. Die rede waarom onsmet die Swartland-munisipaliteit hande vat, is omdat hulle sekere dienste kanlewer wat die BVMófnie kan lewer nie óf nie die kapasiteitvoor het nie. Swartland kan byvoorbeeld hul honde-eenheid beskikbaarstelindien nodig, omdatdie BVM nieso’neenheid
hetnie.Hierdie onderhandelinge gaan steedsvoort,maardie BVMhet reeds’n diensvlakooreenkomsaan hulle gestuur en wag op terugvoer,”het Botha gesê Watdie straatslapersinRawsonville betref,isdie BVMdaagliks besigmet hulle en probeer hulle oortuigomnahul huiseterug te keer. “Ons beplan om die hulp van sosialeontwikkelingsagentskappe te kry om onshiermee te help.”
Dieregte prosedure om klagtes aante meld moet gevolg wordengriewemoet nienet op Whatsapp-groepe gelugword nie.
Volgens Botha kan klagtes aangemeld wordbydie BVMsekliëntedienssentrum by 0860 12 12 12 of ssc@bvm.gov.za
Rioolpype in Hexpark in Worcester wasverstop nadat klippe daarin gegooi is.
Blaze: Arson suspected
RasaadAdams
A35-year-oldman is expected to appear in Paarl Magistrate's Court today after he was arrested on arsoncharges following the destructive blaze at Paarl Provincial Hospital on Tuesday 27 January.
Police have confirmed that the suspect was taken into custody after investigators identifiedhim as aperson ofinterest in connection with the fire.
Western Cape policespokesperson Const Ndakhe Gwala saidthe manfacedarson-related charges and wasdue to make hisfirst appearance in court today,Wednesdaythe 28th.
Thefire broke out at about 11:17 on Tuesday, prompting aswift response from emergency services, which managed to
contain the blaze around midday.
The Western Cape Department of Health andWellness confirmed only asmallsection of thehospital was affected.
"The fire was quickly contained,"it stated, "and we would like to thank hospital staff, the Drakenstein Municipality's Fire Services, the South African PoliceService andlocal law enforcement fortheir swift and professional response." As asafetyprecaution the affected areaand its immediate surroundings were evacuated.
Patients were safely movedtoother parts of thehospitalortransferred to nearby health-care facilities.
No injuries or fatalities were reported.
The Outpatients Department sustained significant damage, while maternity patientswere relocated to other health-care facilities to ensure continuity of care.
While theexact cause of the blaze re-
mained under investigation, eyewitnesses Diorene Adams andher daughter Bruniël, who spoke to PaarlPost,said they were in the hospital's parking area when they spotted asuspicious-looking man with dreadlocks nearthe scene.
Diorene said the man was seen rummagingthrougha waste container shortly before the fire started.
"A few moments later that exact container went up in flames.
"My daughter and Istarted screaming frantically, andthat'swhen Isaw him run outofthe parking area. Ichased afterhim but he disappeared, andthatiswhen I alerted security."
By the time hospital security arrived with afire extinguisher the fire had already spread to three vehicles parked close to the building,which contributed to the flames reaching the outpatientswing.
It is understood CCTVfootage, along withAdams' statement, assisted police in tracing and arresting thesuspect
An assessment was underway to determine thefull extent of thedamage.
Hospital officials confirmed theEmergency Room had since reopened, with clinical areas being restored in phases.
Western Cape Healthand Wellness MEC Mireille Wenger visited thehospital yesterday.
TheOutpatient Department at PaarlHospital sustained significantdamage in afire on Tuesday.
Severalfirefighter were dispatchedtohelp contain the blaze.
‘Almagvan God’ redvrou
EnricoClaassen
“Die letsels op my liggaam herinner my aan God se onvoorwaardelike liefde.
“Dit gee troos dat daardie lyding vir my genesing gebring het.”
So sê Rosemarie Coert (59) van Parkerstraat in Worcester nadat sy sowat 13 jaar gelede by diedood omgedraai hettoe sy en drie kollegasin’ngru-motorongelukbetrokke was.
Haar geloof het ná die ongeluk so verdiep dat sy in 2022 tot pastoor georden is.
Coert, ’n afgetrede maatskaplike werker by die Helderstroom-gevangenis, vertel dat sy en driekollegas op 17 Desember 2013 vandie gevangenisafoppad terug huis toe was toe die bestuurder van die voertuig beheer oor diemotor verloor het.
Die ongelukhet sowat 15km buite Worcester gebeur Volgensdié ma vantweeseunshet die motorteen ‘iets wat soos ’n rots of heuwel gelyk het’, tot stilstand gekom. “Die impak was meeropmy. Ná die ongelukhet almal uit diekar geklim, maar ek kon nie beweeg nie.
‘HERE,WEESMYASSEBLIEFGENADIG’ “Ek het net die heeltyd gesê ‘Here, wees my asseblief genadig’ ” Coert vertel dat sy meternstige, veelvuldigeinwendige beseringsnadie Medi-ClinicinWorcester gehaas is “Ek het ’n ernstige bekken-fraktuur opgedoen. My ribbes was gekneusendit het my lewer geskeur.
“My milt en galblaas moes verwyder word.
“My regter-heup was mors-afenmylinkerheup gekraak.
“Ek moes ’n nood-operasie ondergaanenbloedoortappings kry.”
Coert sê terwyl sy in die waakeenheid in ’n koma was, konsyhoor hoe dokters sê daar is niks wat hulle meer vir haar kan doen nie en dathaarfamilie gekontakmoetwordom finaal van haar afskeid te komneem
Sysêtoe sy hoor daar is niks meer wat diedokters nog vir haarkon doen nie, was synie bang nie.
“Daardie woorde het geen impak op my gehad nie.
“Ek hetnie toe aanmyman en kinders of ouers gedink nie. Ek wasgefokus op dieHereendie genade watekvan hom vra.”
Volgens Coert konsyhoorhoe haar pa,Abe Johnson, en haar broer Ashley langs haar bed huil.
Sysêterwyl sy op Godsegenade gewag het, het sy aanhoudend diekoortjie “What amighty Godweserve” gesing.
Coertsêtoe haar ma,Sheila Johnson, by dievertrek instap en haar naam noem, toe gaan haar oë oopen’ntraan rol uit haar oog
“Toesy[my ma] dit sien, toe neem sy daardie besluitomtesê‘Godhet die laaste sê’. ‘Hy’sdie grootgeneesheer en ons moet bid’.
“Mymahet onmiddellikingebed getree. Sy hetgeglo gebed is al watmy deur daardiekrisis gaan dra.
“Baiemense is gevra om voorbidding
te doen.”
Volgens Coert wassyvir sowat ’n week in ’n koma
VERHOUDINGMETGODHETVERDIEP
Sy sê hoewel sy in ’n “streng Christelike huis” grootgeword en haar op die ouderdom van12jaartydens’nbarmhartigheidsdiens bekeer het, hethaarverhouding metGod ná die ongeluk verdiep.
Volgens haar het sy meer intensmet die Here begin kommunikeer.
Coert sê tydenshaar herstelhet sy op ’n dag op Facebook gegaan op soek na moontlike Bybelkursusse om te doen.
“Ek het toein2017 ’n sertifikaat in Teologiese Studies verwerf, my diploma in 2018 en my BA-graadin2019.
“Hiernahet my honneurs gevolg.”
Volgens haar het sy die eksamen-deel vandie honneurs-kursus CumLaude geslaag
Sy sê weens die een uitdagingwat op die ander gevolg het, konsyegter nie haar honneurskwalifikasievoltooi nie
Volgens Coert is sy die afgelope 10 jaar jeugleier by die VGKinAdderleystraat.
Sy sê somsword sy genooi om dieerediens te behartig
Benewens die vrywillige pastorale berading wat sy by die Toevlug-rehabilitasiesentrum in Worcester doen, bied sy ook Sondae die program Babylonop Vallei FM aan
“Nádie ongelukleef ek metmeer dankbaarheid. Ek is al hoe meer gefokus op gebed –meeraswat ek voorheen was.
“Ek is vandag ’n lewende getuievan watGod kandoen. Hierdie ongeluk en die feit dat ek dit oorleef het, was virmy ’n oorwinning “God het in werklikheid ’n planvir elkeen van ons. Die Almag van God het my van die dood gered.”
Sewe kore in
Esselenpark
EnricoClaassen
’n Volgepakte Esselenpark-stadion worddie naweekinWorcesterverwag wanneer altesaam sewe Kersfeeskore eerskomende Sondagindie CapeCountry ChristmasUnion se eerste jaarlikse uniale kompetisie gaan meeding.
Diekorewat sake gaan uitspook, is St.Mosesvan Zoar, die Crusaders ChristmasChoir van Worcester, Loving Shepherds van Slangrivier,Progress van Swellendam, YoungRoyal Shepherds van Heidelberg, StarofCalvaryvan Ladismith en YoungCoronations van Suurbraak.
Dievoorgeskrewe lied is “Holy art Thou”.
Dietoegangsfooi is R30 virvolwassenesenvir kinders tien jaar en ouer. Motoriste wat methul motorstoegang tot die perseelwil kry, moet nogR20 betaal.
Dieverrigtingebegin stiptelik om 10:00. Diehekke openreedsom08:00.
Pelgrimstogvan agt
dae na Israel in 2027
Two OlivesMinistries, wat reedsvir 10 jaar toere aanbied, bied ’n agtdaagse pelgrimstog na Israel aan. Diétoervertrek op 10 Mei2027. Kontak pastoor Nico Mettlerby060 559 1708 of stuur epos aan mettnico@gmail.com virnog inligting
Rosemarie Coert het by die dood omgedraai.
FEBRUARY, KATRINA
GEB: 19.08.1957 -GEST: 25.01.2026
Begrafnisdiens vind plaasSaterdag, 31 Januarie 2026
om09:00 by Essopstraat 53 en om 10:00by A.G.S Kerk,Arendsestraat.
Till we meet again my Love. Mommy words are lacking this moment,you were my everything.We'll talk it over in thebyand by Your Husband, Grace,Isadore and Deveraux
Metliefdevolleenmooi herinneringe neem ons afskeid vanMammie. Sagrus onsgaanmammiemis Denver,QuedeneenDequinn
Sag rus my Auntytot onsweer ontmoet. James, Amedjaenkinders
Onsgaanjou mismammie. Baielief virjou maargun joudie rus. Andre,Abranita,Ivanka en Gevaan Mammieons gaanjou baie mis Carmen, Riaan, RihannaenCassidy
My liefste poplap.Hoe sê ek totsiens aanu Auntie, Ma,Bestie. Woorde kanmyhartnie eers beskryf nie. OnsgaanNana so baie mis. Altyd in onsharte .Rus in vrede. Liefde Petro, Shean, Nadeen, Shani en Nyla
In tere herinnering neem onsafskeidvan 'n dierbare skoonsus en auntie. Popdankie virjou liefde en omgee magjou mooi siel rusinhemelsevrede totons weer ontmoet Metliefdevan dieWilliamse
Mammiedie leemteisteveel.Die seer wilnie beter raak niemaar jy is noupyn vryons woorde virmekaar "I love you"
Jolene,Mario, Jenay, Mary-Jo en Mickyle
Ourdearest Nana mayyou haveleftus, buther laughter, stories andsense of humour will liveon forever. Heaven hasgained alegend. Rest easy. Lovealways, Simone,Mario,Sheva and Eli
Nana Gone fromsight, butnever fromour heartsor familystories. Thank you for the laughs,loveand good memories. Rest well my Poppies. Love always, Nadia,Selwyn, Cesta and Luke Mammie, ek het niewoordenie maarjyisverlosvan joupyn. Verskrikliklief virjou,
DEEZ,JOELAN
GEB:16.12.1958 -GEST: 21.01.2026
Begrafnisdiens vind plaasSaterdag,31Januarie 2026 om 09:00 by Multanastraat17, Hexpark en om 10:00 by ZionA.M.EKerk,LeSueurstraat
Roudiens vind plaasDonderdag, 29 Januarie 2026 om 19:00 by AME Calvary Kerk,Hexpark.
Jouplek is leeg, joustem is stil my geliefde man Jy is verlosvan diepyn en ek gun joudie ewige rus Jouvrou, Monica
Met groothartseer neem onsafskeid vanons geliefde Pa en oupa.Jysal altydinons harte voortleef. OnsgaanDaddy mis Monique, Cameron,Riaan, Chezley,Alvenia, Lynn, Jowell en kleinkinders Rus in vrede onsgeliefde broer. Joususters, broers en familie
With sadness we saygoodbye my brother. Ourfamily chain is brokenand nothing seemsthe same. Youalways be in ourheartsand cherishthe beautiful memories in my heart you stay forever. Rest in peace. Helen, children and Mecuur family
ARIES, JOHANNES JAKOBUS
GEB:01.04.1968 -GEST: 22.01.2026
Begrafnisdiens vind plaasSondag, 01 Februarie 2026 om 10:00 by Glen HeatliePlaas, De Wet. CUPIDO, GERALD CHRISTOPHER GEB:13.05.1946 -GEST: 22.01.2026
Begrafnisdiens vind plaasSaterdag,31Januarie 2026 om 07:30 by Essopstraat 70,Roodewal en om 08:30 by St.Maria GorettiKatoliekeKerk,Parkerstraat.
sementwerke cement works Sedert1954 Since
Donderdag,29Januarie 2026
Sportmanskapseëvier
Rugbydag in Montagureuse-sukses
Norman Evertson
MONTAGU. -Die VillagersMontagu RVK, algemeen bekend as Sesduim, onder voorsitterskapvan Stanley Burger, het die afgelope Saterdag (24 Januarie)’nbaie suksesvolle rugbydag op die King Edward-sportterrein in Montagu aangebied.
Hoewel al die wedstryde eintlik maar net voorseisoense oefenwedstrydewas en die uitslae nie die belangrikste was nie, is die groot skare toeskouers nogtans op lekkeropwindende hardlooprugby getrakteer.
Die deelnemende spanne hetbestaan uit ’n Curriebekerspan, tweeuniversiteitspanne, ’n klubspanuit dieWestelike Provinsie, twee sosiale rugbyspanne sowelastwee klubspanne wat hulrugby onder die vaandelvan die Boland-rugbyunie speel.
Hooggeplaasste rugbyleiers watdie
HadleyAlberts
Dit was ’n naweek vol hoogtepuntevir die WorcesterUnited-krieketklub nadat hy die afgelope Saterdag(24 Januarie) drie oorwinnings in vierwedstrydelosgespeelhet Die klubsevrouespan het ook waardevolle ervaring teen’nsterk Cornation-span opgedoen.
Die UnitedA1-span hetmet ’n bonuspunt-oorwinning oorDeYoung People’skrieketklubkoning gekraai. Die spanhet sterk teruggekom ná sy vorige nederlae teen MatiesenVan der Steldeur ’n indrukwekkende 148-lopie-oorwinning oorDe YoungPeople vandie Paarl te behaal. United het eerste gekolf en 237 in sy 50 boulbeurte aangeteken. Byron Buys het met selfvertrouelosgetrek en 40 waardevolle lopies bygedra. Geraldo Cremon het die enjinaangevuur met ’n briljante 76 (insluitend vier viere en twee sesse) en was deel van ’n reuse-vennootskap van 157 saam met Yushwin Hatting,wat 43 van45 balle gemoker het.
rugbydag bygewoonhet, wasonder andere Bennie vanRooi (president van dieBoland-rugbyunie), HennieBaartman (lid van dieSuid-Afrikaanse rugbyunie seuitvoerendebestuur) en Moneeb Levy (adjunkpresident vanWestelike Provinsie-rugby).
In dieeerste kragmeting vandie dag het Schotsche Kloof(SK) se Walmers RVKdie Universiteit Stellenbosch, alombekendasdie Maties, gepak. Hoewel SK Walmers goeie rekenskap van hulself gegeehet,het die spanvan Kabamba Floors (afrigter) egter te veel skietgoed gehad en Maties het die wedstryd 40-26 gewen.
Daarna het die Universiteit vanWesKaap(UWK) die Sanlam-Boland-Kavaliersdie strydaangesê. Die span van Paul True(afrigter) was ongelukkignie opgewasse teen Wellington se Curriebekerspannie. Die UWK het geen teenvoeter virBolandseaanvallende spel gehad nieendie Kavashet die drieë na willekeur ingeryg. Die spanvan Hawies
Tain-randellBooysen, woeligelosvoorspeler vandie Sanlam BolandKavaliers, bars deur die UWK-verdedigingslinie in hulvriendskaplike wedstryd.Die Kavashet die studentemet 100-0 verslaan.Die wedstryd wasdeel van’nsportdag watdeur VillagersMontagu(Sesduim) op die King Edward sportgrondeinMontaguaangebied is. Foto: Norman Evertson
Fourie (afrigter) het die UWK uiteindelik met100-0 afgeslag.
Twee sosiale rugbyspanne, die Knock Ons en HammiesLegends, was daarna in die derdewedstryd vandie dag slaags Die Legends was met22-12baas.
Segesvir Worcester-krieket
Met die aanvang van die tweede beurt het United se boulers onmiddellik drukop die Paarl-kolwers toegepas op ’n blad wat al stadiger beginspeel het. Slegs Akeem Minnaar(31) konteen United se dodelike aanval weerstand bied. Young People’s kon net 89aanteken –’noorwinning van148 lopiesvir die trotse A1-span
DieA2-spanhet die vaandel in die Paarl in sy wedstryd teen Young People se tweede span hoog gehou.
Worcester het eerste gekolf en 166 op die telbord geplaas. JavierVisser wasdie ster van die kolfbeurt met’nuitstekende 72, insluitend tien viere. Celenzo Louw het met19lopies waardevolle ondersteuning gebied.
In die boulbeurt het United net vyf boulers nodig gehad om die Paarl-span tot118 te beperk.Die draai-boulers het die meeste skadeaangerig
Die Speler van die Wedstryd, Javier Visser, het nie net metdie kolf uitgeblink nie, maar ook drie paaltjies vir ’n skrale18 geneem
VaughanJansen het sy volle kwotavan 10 boulbeurte uitgevoer, 34 lopies afgestaan en drie paaltjies weggepluk ’n Oortuigende spanpoging het A2 ’n welverdiende oorwinning besorg.
Die A3-span het sy eerste T20-botsing teen die spanvan De Doorns gewen. Die onoorwonne A3-span in die 50-boulbeurtkompetisie het sy T20-veldtog teen De Doornsbegin –endit op ’n blad watbaie moeite geverg het. Ten spyte daarvan kon United 142 aanteken –’ntelling wat dadelik druk op De Doornsgeplaas het
Therenzo Jacobs, die jong snelboulbelofte, het vroeg ’n paaltjie laat kantel.
Daarnahet Danwill “Blapie” Pienaar die toneel metsy“goue arm” oorheers –hy
In diehoofwedstryd hetdie gasheerklub, Villagers Montagu, teenBarrydale Eagles kragte gemeet.
Dietuisspanhet aanvanklikgesukkel om aandie gang te kom,maarmettertyd, nadat ElvanVerhoog (afrigter)sy plaasvervangersopgestuurhet,het die momentum in sy span se guns geswaai. Sesduimhet algaande beter gespeel en aandie eindevan die dag dieEagles met 50-8 kafgedraf.
Burger hetalmal wat gehelp het om diedag moontliktemaakhartlik bedank. Hy hetvoortsgesêdie dag was ’n groot sukses en al diespannehet aangedui hulle salaanstaandejaar (2027) graag weer wildeelneem
“Ekwil namensVillagers Montagu opreg dankie sê aanelkeen wat tot die suksesvolle aanbiedingvan onssportdag bygedrahet.Jul harde werk en samewerkinghet ’n grootsukses van die dag gemaak.
“Aldie deelnemende spanne– die Sanlam-Boland-Kavaliers, SK Walmers, UWK en Maties –het reedsbevestigdat hulle volgende jaar gewis weer wil deelneem,” hetBurger op sy klubsesosialemediabladgeskryf.
het vier paaltjies platgetrek, in ’n stadium op ’n driekuns gestaan en boonop 15 lopies geneem én 25 met die kolf bygedra. De Doorns konnet 98 bereik,enUnited A3 se sterk vorm het voortgeduur. Die vrouespan het teen ’n sterk opposisie tande en goeie groei gewys. Die vroue het die afgelope Sondag (25 Januarie) na Pniel gereis om teen ’n sterk Coronations-span uit te stap. Hoewel hulle verloor het,was die span se geesdrif en groei duidelik. Hul afrigter, Jerome Amsterdam, is uiters trots op die jong groep spelers wat elkeweek merkbare verbetering toon. Die klub is vasbesloteommeer geleenthede vir vrouekrieket te skep in ’n sport waarin vroue dikwels min blootstelling kry. Die vroue oefen elkeWoensdag by Bolandpark en nuwespelers is baie welkom om aan te sluit.
Hierdie Saterdag (31 Januarie) sal net die A1-span op Bolandpark teen Victorians van die Universiteit Stellenbosch in aksie wees in ’n wedstryd wat gewis ’n goeie kragmetingbeloof.