Jou vallei - jou nuus
Donderdag, 22 Januarie 2026 Tel: 023 347 0968
24 hours light & heavy duty towing/recovery
Tel: 023 342 3965, 082 661 4634 or 084 448 2830
NM10042645-BW220126
Bakkie slaan om ’n Bakkie met ’n sleepwa het Maandagoggend net voor 11:00 op die R60Robertson-pad, naby die Pampoen-padstal, omgeslaan. Die bakkie het glo ’n motorwoonwa op die waentjie getrek. Drehan Geldenhuys van One Way Towing was op die toneel en sê die twee insittendes van die bakkie, ’n man en ’n vrou, is lig beseer. Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie. Foto: One-Way Towing Worcester & Worcester Bakwerke
Seun (15) verdrink Enrico Claassen
H
y wou eendag ’n prokureur word, want hy wou vir sy ouers ’n groot huis koop sodat hulle bo hul huidige omstandighede kon uitstyg.
Hierdie droom van die 15-jarige Leevin Leroy Kampher van die Stofland- informele nedersetting in De Doorns sal egter nooit ’n werklikheid word nie omdat hy verlede Dinsdagmiddag (13 Januarie) – ’n dag voor die skole heropen het – verdrink het. Leevin, ’n leerder verbonde aan die Hexvallei Senior Sekondêre Skool, sou vanjaar in gr.10 begin het. Leevin se hartseer ma, Lizel Fransman (35), vertel dat sy die dag van die voorval by die werk was toe haar verhuurder, André Jaftha, haar man, Francisko Fransman (26), bel met die nuus dat Leevin in die padstaldam verdrink het. Francisko is Leevin se stiefpa. Lizel en Francisko werk saam op ’n plaas in die BoVallei in De Doorns. Volgens Lizel het sy onmiddellik Jaftha se vrou, Caroline, gebel om te bevestig of haar seun wel verdrink het. “Caroline kon nie praat nie en het die heeltyd net gehuil en gesê: ‘Kom huis toe’. “Ek en Francisco het ’n lift gekry met ’n lorrie tot in die dorp. Ons het by Pep afge-
Hy gly glo en beland in dam klim en verder huis toe gestap.” Lizel sê toe hulle by die huis aankom, het die agt kinders wat saam met Leevin by die dam was, by haar gestremde ma, Siena van der Merwe (62), vir haar gewag. Die kinders het die klere wat Leevin aangehad het, saamgebring. Lizel sê haar ma was “in ’n toestand”. Sy het Leevin se klere gevat, teen haar vasgedruk en aanhoudend gehuil. “Die kinders vertel dat Leevin gegly en in die dam geval het. Hulle het toe bottels in die dam gegooi om hom te probeer red, maar dit het nie gehelp nie. Die een seun het toe op ’n klip plat op sy maag gaan lê en sy hand na Leevin uitgesteek.” Volgens haar het Leevin verder in die water afgesak toe die seun sy greep op hom (Leevin) verloor het. “Een van die seuns het toe in die dam gespring om Leevin van onder af op te bring, maar hy kon nie, want Leevin het verder in die water afgesak. Twee van die ander outjies het toe ook in die dam gespring om na Leevin te soek, maar Leevin was toe nie meer op die plek waar hy afgesak het nie.” Lizel het saam met Leevin se biologiese
pa, Vernon Smit, na die dam waar hy verdrink het, gegaan. “Elrico [Kampher], my oudste seun, was ook op die toneel. Hy het die heeltyd net sy kop vasgehou. Toe hulle [die polisieduikers] my kind se lyk in ’n sak na bo bring, het ek twee keer geskree: ‘Leevin! Leevin!’. Toe word ek flou. Toe ek bykom, het ek gehoor hoe Vernon huil.” Lizel sê toe Leevin se lyk voor ’n bakkie neergelê is, het Smit aangedring dat hulle hom sien. “Toe hulle die sak [waarin Leevin geplaas was] oopmaak, het hy gelyk soos een wat slaap. Ek het hom aanhoudend gevra: ‘Ai, Leevin, hoekom het jy dan gaan swem?’” Sy vertel Leevin kon nie swem nie en was voorheen nooit by daardie dam nie. Sy sê haar seun was ’n groot aanhanger van Michael Jackson. Hy het gereeld soos dié pop-ikoon aangetrek en sy danspassies nageboots. Lizel sê Leevin was ook baie lief om gedigte te skryf. “’n Onderwyser het ’n
Leevin Kampher het verlede week verdrink. Lizel Fransman is verpletter deur haar seun se dood. Foto: Enrico Claassen
foto van een van sy gedigte geneem en dit gelamineer.” Sy vertel haar seun se skryfwerk is ook te sien in ’n kortverhaalbundel van digters in Stofland. Sedert Leevin se dood slaap sy sleg. “Ek hoor hom nou nog by die deur met ’n sagte stemmetjie roep: ‘Mammie, Mammie!’, dat ek die deur vir hom moet oopmaak.” Lizel vertel sy het haar seun belowe dat sy vir hom vir sy verjaardag op 26 Februarie ’n nuwe selfoon gaan koop. “Leevin was ’n baie stil en liefdevolle kind. Hy was sy pa se oogappel.” Leevin word ook oorleef deur ’n jonger broer, Conan (11).