Jou vallei - jou nuus
Donderdag, 18 September 2025 Tel: 023 347 0968
24 hours light & heavy duty towing & recovery
Tel: 023 342 3965, 082 661 4634 or 084 448 2830
NM10028371-BW180925
Tot tweede geslag bly al daar ... ’n Groot groep haweloses het ’n skuiling gemaak by die afdakke oorkant die stasie in Worcester.
Waarheen met haweloses? Ronél van Jaarsveld Vroegoggend, in koue en nat weer, lê hopies vuil komberse en kartonbokse op die sypaadjie onder ’n afdak in Hoogstraat. Oud en jonk, mans en vroue, lê styf opgekrul in ’n poging om die koue en reën te ontwyk. Haweloses is volgens inwoners en sakelui ’n toenemende probleem in Worcester. Dit is egter ’n ingewikkelde saak waar dit moeilik is om tussen misdadigheid en weerloses wat hulp nodig het, te onderskei. Wanneer hulle verjaag word, skuif hulle net na ’n ander deel van die dorp. Ondernemings in die middedorp kla dat hulle daagliks ontlasting voor hul deure moet skoonmaak. Voetgangers sê hulle voel nie veilig nie, omdat van die straatslapers aggressief is. Verskeie inisiatiewe is al begin om die haweloses te ondersteun, met die doel om hulle met hul families te herenig en te
rehabiliteer. ’n Oplossing vir dié saak blyk egter ontwykend. ’n Groep haweloses het hulle onder die afdakke oorkant die stasie gevestig. Dit bring uitdagings vir die Laerskool Wynland en ’n nabygeleë ouetehuis. “Ons probeer al lank ’n oplossing vir hierdie probleem kry – sonder sukses. Die haweloses het hulself reg langs die draad by ons sportvelde ingerig en ons voel dit is nie veilig vir die kinders nie. Die polisie het onlangs ’n vuurwapen by een van hulle gekry,” het Rowan Snygans, die adjunkhoof, gesê. “Die draad word geknip en krane en waterpype word gesteel. Een van die kragbokse se drade is ook afgeknip. Ons het al onder die afdakke opgeruim, maar dit bring ook kostes mee.” Hy reken daar “woon” sowat 20 mense. Die skool het reeds verskeie gesprekke met die Breedevallei-munisipaliteit, Transnet (aan wie die afdakke behoort) en ander rolspelers gevoer. Tydens Standard se besoek het kom-
Haweloses het ’n groot hoop vullis langs die Laerskool Wynland gestort. Die heining in die agtergrond is geknip.
Straatslapers oornag voor ondernemings in Hoogstraat.
berse voor die ingange van die afdakke gehang. Die afdakke het staaldeure aan die agterkant en bied skuiling teen die elemente. ’n Groot hoop vullis – van bierbottels tot kospapiere en babadoeke – het teen die skool se heining gelê. Die heining is geknip. Dis wanneer haweloses hulself tuismaak op grond wat aan private mense of ander instansies behoort dat die Breedevalleimunisipaliteit se hande geboei is. “Baie van die gebiede of eiendomme waar haweloses woon – veral in die sakekern – behoort nie aan die munisipaliteit nie. Ons kan nie uitsettings of hervestigings doen as hulle nie op ons grond is nie. “Ons het na die eienaars van die eiendomme, soos Transnet, uitgereik om dit te oorweeg om ’n formele uitsettingsproses te begin. Ons het hulle ondersteun om
profiele van die besetters op te stel, en ’n opvolgvergadering sal gehou word om hul vordering te bespreek,” het John Bulani, ’n munisipale woordvoerder, gesê. In sommige gevalle waar die haweloses op sypaadjies slaap, blyk dit dat die heining nie op die grens is nie en wat soos ’n sypaadjie lyk, wel private grond is. Die Nuwe Begin-skuiling in die dorp se kapasiteit is beperk. Die munisipaliteit, deur sy behuisingsen menslikenedersettingsdepartement, is op soek na ’n vennoot – verkieslik ’n gevestigde nie-winsgewende of nieregeringsorganisasie wat met hawelose mense werk. Die organisasie sal oornag-geriewe en ’n plek waar individue geassesseer kan word, verskaf sodat opsies soos hervestiging, repatriasie of verwysing na ’n geskikte instansie gedoen kan word. Na bladsy 3.