




![]()







Enrico Claassen
“Dit voel soos ’n nuwe lewe; ’n nuwe begin.”
So sê ’n opgewonde Ilham Thiam (56), oorspronklik van Worcester, nadat sy die afgelope Dinsdag (16 September) ’n splinternuwe lees- en ’n kykbril spotgoedkoop by die Phelophepa-gesondheidstrein in Worcester gekry het.
Op die trein is altesame 35 finalejaarmediese studente wat onder die wakende oog van professionele gesondheidswerkers onder meer primêre gesondheidsorg, tandheelkunde- en oogsorgdienste asook sielkundige berading aan kwesbare inwoners verskaf.
Die trein het Maandag (15 September) by die Worcester-treinstasie aangedoen en sal tot 3 Oktober daar vertoef Dienste is weeksdae tussen 07:30 en 16:00 beskikbaar.
“Ek het ’n voorskrif-bril gehad, maar kon dit later nie meer bekostig nie. Ek kon nie meer lekker bestuur nie, want my oë is ligsensitief en ek het nie die regte bril daarvoor gehad nie,” sê Thiam
“Die diens wat ek hier gekry het, was puik. Die mense is baie professioneel en alles is goed gereël Nou kan ek ook weer lekker lees.”
Sy spog verder dat sy twee tande vir net R10 laat trek het. Nog ’n besoeker aan die gesondheidstrein, Claudia Alfreds (59) van Worcester, wat rolstoelgebonde is, sê ’n familielid het haar Dinsdagoggend reeds 03:40 by die treinstasie afgelaai. Alfreds was vroeër self in verpleging.
“Ek het my bril mos maar altyd op my mediese fonds gekry, maar waar kry ek nou R4000 vir ’n bril? Die twee brille wat ek hier gekry het, was maar net R60.
“Die diens wat hier gelewer word, is baie goed Die dag is selfs met gebed
geopen.” Bheki Mendlula, wat aan hoof van die Phelophepa-trein staan, sê mense het Maandag en selfs Dinsdag, ten spyte van die slegte weer, in groot getalle vir mediese sorg by die treinstasie opgedaag.
Volgens Mendlula besoek mense hoofsaaklik die tandheelkunde- en oogsorgklinieke. Hy sê oogsorgdienste word op ’n daaglikse basies aan gemiddeld 120 pasiënte verskaf, terwyl tandheelkunde-dienste aan gemiddeld 90 pasiënte per dag verskaf word.
“Ons wil hê mense moet ook van die sielkundige dienste op die trein gebruik maak, omdat ons geestesgesondheid wil bevorder. Mense moet verstaan hul geestesgesondheid is net so belangrik.
“Hier doen ons individuele en familie-berading. Ons het ’n span kliniese sielkundiges en geregistreerde beraders op die trein wat regstaan om mense wat hul dienste benodig, te dien.”
Hy sê gesondheidsorg sal ook aan alte-

saam 32 gevangenes verskaf word. Volgens Mendlula sal gesondheidswerkers vir die volgende paar weke uitreikingsprogramme in die gemeenskap, skole en tehuise vir bejaardes doen

RonélvanJaarsveld
Ouers van leerders by die Hoërskool
Breërivier in Riverview, Worcester, het verlede week ná moleste op die skoolterrein groot geskrik
Die skool sukkel reeds maande lank nadat ’n stuk heining van 30m, wat aan die Villiersdorppad grens en oorkant die Avianpark-woonbuurt is, gesteel is Dit is deur dié gaping dat ’n groep jong mans, wat met mekaar baklei het, verlede Donderdag (11 September) toegang tot die skoolterrein verkry het, sê Medwin May, die skool se veilige-skole-koördineerder en dissiplinehoof
Dit was gedurende die pouse
Hoewel die skoolkinders nooit in gevaar was nie, was ouers bekommerd toe die voorval bekend geraak het Die skool het veiligheidshalwe om 12:00 onder polisieteenwoordigheid verdaag
“Sover ons verstaan, het ’n jong man, wat voorheen hier op skool was, by die skoolterrein ingehardloop toe ’n groep mans hom gejaag het om sy goed te vat,” verduidelik May
Hoewel ’n mes betrokke was, is niemand in die voorval beseer nie en die situasie is gou ontlont Die groep wou na bewering skrootmateriaal by die vlugtende afvat
“Dit was ’n geïsoleerde voorval en het nie ons kinders se veiligheid bedreig nie
“Ek wil graag die polisie ’n pluimpie gee Hulle was baie vinnig op die toneel en het deur verskeie punte op die skoolterrein asook deur die woonbuurte beweeg ” Die polisie het die skool ook bygestaan om sy noodplan in werking te stel Die skool het die stuk heining, wat vroeër ook gesteel is, in April teen ’n koste van R8000 vervang Dit is twee naweke later weer gesteel
Van bladsy 1
Drie jaar gelede het ’n groep organisasies juis só ’n projek van die grond af probeer kry, maar dit het verlede jaar op ’n dooiepunt geëindig Die grootste uitdaging was om ’n geskikte stuk grond i di idd d t k

“Die oop skoolterrein maak dit moeilik om die kinders te beheer, omdat dit maklik is om die terrein te verlaat Mense kan ook van buite af inkom, wat baie ongewens is ”
Die skool het die probleem herhaaldelik by die onderwysdepartement aangemeld “Ons het aansoek gedoen dat die heining vervang word – verkieslik met iets soos ClearVu, wat nie weer so maklik gesteel of beskadig kan raak nie Die departement het gesê ons is op ’n waglys daarvoor ” ’n Tweede deel van die heining, wat aan Noble Park grens, is ook stukkend “Ons vermoed die heining word geknip omdat mense die terrein as ’n deurloop gebruik ” Navrae is aan die Wes-Kaapse onderwysdepartement gestuur Geen terugvoer is teen druktyd ontvang nie
die huis skeefgeloop het,” het ds Eloff gesê
“Van hierdie mense is waarlik haweloos en nie by misdaad betrokke nie
Hulle is weerloos en skugter as hulle kos by die koskombuise kom haal
“Hulle is net op oorle ing ingestel ”



Motorists may still face higher petrol costs in October, although a stronger rand and softer oil prices could help ease the pressure by the end of the month
Figures from the Central Energy Fund (CEF) for the second week of September show petrol remains in an under-recovery position, while diesel has moved into over-recovery.
At this point, petrol prices are tracking towards an increase of between 13 and 21 cents per litre. Diesel, by contrast, is set for a reduction of around 9 cents per litre.
While diesel’s recovery levels have moderated from the 22 cents per litre gain noted at the start of the month, petrol’s position has improved by roughly 8 cents per litre over the same period.
Projections at the end of the second week of September:
Petrol 93: up 11c per litre
Petrol 95: up 19c per litre
Diesel 0.05% (wholesale): down 9c per litre
Diesel 0.005% (wholesale): down 9c per litre
Illuminating paraffin: down 12c per

litre
The global oil price remains the biggest influence—adding to petrol’s under-recovery while supporting diesel’s over-recovery.
International product costs for petrol are slightly higher, feeding through to the basic fuel price.
Since early August, oil has been trading between $62 and $67 a barrel, with Brent Crude hovering around $66.
Prices have been weaker this year as international demand cools under trade tariffs, while supply has expanded due to higher OPEC+ output.
A bursary is available to students residing in the Langeberg area
Those currently enrolled for a course that will lead to a qualification in Civil Engineering, Town Planning, Building or Construction Management or Water Purification, Administration, Audit, Integrated Development Planning and Performance Management or Finance are invited to apply.
Application forms must be submitted with a cover letter on or before Friday 28
November They are available from local municipal offices or the website at www. langeberg.gov.za
Written applications must be addressed to: The Municipal Manager, Private Bag X2, ASHTON, 6715 and can be submitted at the municipal offices Applications must be clearly marked: “Bursary funds”.
For further information on the bursary please contact 023 626 8201 during office hours.

’n Brand het die afgelope Dinsdag (16 September) in die vroeë oggendure in die berge bo Kogmanskloof in die Ashton-omgewing uitgebreek.
Vier spanne van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) en die Langeberg-munisipaliteit se branddienste het ingespring om die brand te blus Die brand het volgens die KWDM laer af in die kloof begin en is aangedryf deur die digte plantegroei en sterk wind wat deur die nag gewaai
het Brandbestryders was op twee gebroke brandlyne besig met een in die rigting van Montagu en die ander in die rigting van Barrydale.
“Hoewel daar geen onmiddellike bedreiging vir eiendomme of infrastruktuur bestaan het nie, het die branddienste waaksaam gebly,” sê Jo-Anne Otto van die KWDM se kommunikasie-afdeling
Gunstige weerstoestande met ligte reën het gehelp dat die brande teen Dinsdag om 11:00 onder beheer was


Stuurinskrywingsna:info@worcesterstandardcom Deadline/Spertyd:Mondays/Maandaevoor12:00
18SEPTEMBER
HuisAndriesHammansejaarvergaderingvindom 18:00byBaringstraat10inWorcesterplaas Skakel023 3471558ofstuure-posnaadmin@andrieshamman cozaombywoningtebevestig
InnovationfortheBlindsejaarvergaderingvind plaas Allebelanghebbendeswordgenooiomaanlyn inteskakelensaamdiestories,dromeenervaringsvan dieinwonersenpersoneeltebeleef Ditduurvan18:00tot19:30 Aanlyninskakeling:FacebookofYouTube(@innovationfortheblind) Virenigenavrae,kontakgerusvirCiskeKroukampby 0233472745ofpere-posbyreception@innovationfortheblindorg 21SEPTEMBER
DieWolseleyTourismWaddlesepretstap/draf bied5km- 10km-en15km-roetesaan DitkosR50per deelnemer Registrasieisom08:00enwegspringom 09:00 Prettigeaktiwiteite,speletjiesenheerlikekos

The first round of the Worcester leg of the Rebirth of Rap competition will take place on 1 and 2 October
The second round will follow on 3 October with the final on 4 October
The competition is hosted by Mohammed Ali of Theatre and the winner stands to win a R2500 cash prize and a recording at King’s Entertainment Studio
The second place winner will go home with R1 500 and a portfolio and the third place winner qualifies for the big finale with rappers from surrounding towns
The entry fee is R100 and the competition is only open to solo rappers
For more information phone Rendall Kleinbooi on 069 765 1779 or Sesh Mohlakoana on 078 658 7288
DiewegspringisbydieDeHoop-plaasseparkeerterrein endieeindstreepisbydieContainer-padstal Skakel 0769071188ofstuure-posnainfo@wolseleytourism cozavirnoginligting
24SEPTEMBER
ChangeMakersinWorcester,insamewerkingmet verskeiegemeenskapsledeenplaaslikesakeondernemings,bied’npotjiekoskompetisiebydieNGKerk WorcesterseMoedergemeenteinKerkstraataan Dit beginom08:00 PotjiekoseteskosR50pp;inskrywings isgratis BelErenavanDeventerby0769969311,Redgy Eliasby0845807711ofMiaHeradienby0721724975 omkaartjiestekoop
28SEPTEMBER
AheritagesportseventwilltakeplaceonSunday 28SeptemberattheZwelethemba StadiuminWorcester Soccerandnetballgameswillbe played AdmissionisR20andstallscostsR50 24OCTOBER
EnjoyanoutdoorcinemaexperienceattheWorcesterBotanicalGardens AspartofCancer AwarenessMonththemovieTheFaultinOurStarswill beshown–atouchingstoryoflove,resilienceandthe realityoflivingwithcancer VisitWebticketsoranyPicknPay/Boxerstorefor tickets
Die Toyota Stellenbosch Woordfees word van 11 tot 19 Oktober in die lente aangebied Die fees vier 25 jaar se kuns, kultuur, stories, smaak en vermaak met ’n omvangryke program en ’n tema wat jou nooi om “deel” te neem en “deel” te wees.
Met byna 400 aanbiedings in 12 afdelings gaan gesing, gedans, gekyk en gekuier word Die Toyota-musiekfees se gewilde opelugkonserte by die Jan Marais-natuurreservaat is jaarliks ‘n hoogtepunt en bring vanjaar optredes deur Will Linley, die Soweto String Quartet, Early B, Mandisi Dyantyis en Die Piesangskille
Dan is daar die talle teaterhoogtepunte op die Spier-toneelprogram en feesgangers kan weer uitsien na topkore
Die Woordfees wil almal deel maak van
die ervaring en bied daarom ook ’n rits gratis- en afslagitems aan Die Diskoersprogram is gratis, met gespreksreekse oor wetenskap, politiek, kuns, wyn en die groot 100 vir Afrikaans as amptelike taal Jaco van der Merwe bewys met sy Filmfeesprogram – grotendeels gratis of billik geprys – daar is ’n behoefte om flieks op die grootskerm te sien Die ClermontFerrand- internasionale kortfliekfees is die wêreld se grootste kortfliekfees – naas Cannes, die grootste rolprentfees in Frankryk ’n Aantal wenners is gratis te sien Pensioentrekkers van 65 en ouer kry elke Dinsdag 10% afslag op ’n lys uitgesoekte programitems •Besoek woordfees co za vir die hele program

RonélvanJaarsveld
Die einde van ’n stink rioolprobleem in Roodewal, Worcester, is hopelik in sig
Die riool, wat in erwe opborrel en straataf loop, frustreer inwoners van Quint- en Springveldtstrate in Roodewal, Worcester, glo bykans tien jaar lank Met tye is die probleem weg, maar dit steek gereeld weer die kop uit
Die munisipaliteit het die afgelope maand aan die pyplyn, wat agter deur inwoners se erwe loop, gewerk om die probleem op te los ’n Nuwe pyplyn sal eersdaags geïnstalleer word, wat die einde van die probleem behoort te beteken
Dit is deel van ’n groter projek om rioolprobleme op te los wat ook in Riverview en Noble Park ervaar word
Volgens Angelo Fleur en Julian Goodheart het hulle die rioolkwessie in Quintstraat reeds talle kere aangemeld, maar die probleem is nooit heeltemal opgelos nie Van hul bekommernisse is dat die stukkende rioolpype die grond uitspoel en ’n sinkgat in hul erwe of onder hul huise kan
RonélvanJaarsveld
Die koper van die geskiedkundige eiendom Kleinplasie in Worcester sal diep sakke moet hê om hierdie eiendom weer tot sy reg te laat kom en sy onontginde potensiaal te verwesenlik
Die aanlynveiling van Kleinplasie het gister (Woensdag 17September) om 09:00 begin en duur tot vanmiddag (Donderdag 18 September) om 14:30 Diegene wat wou bie, moes teen Maandag 15 September geregistreer het Volgens inligting beskikbaar op die afslaers, Claremart, se webwerf, begin die bod op hierdie eiendom van 206164m² en
vorm “Ons laat nie eens die kinders meer agter speel nie, want dit voel nie veilig nie,” sê Fleur
’n Groot gat is in sy buurman, Goodheart, se erf gegrawe om aan die pyp te werk Dit is weer toegegooi
Met die nabygeleë woonstelblokke dra die rioolpyp ’n groot lading, verduidelik hulle Die water in inwoners laer af in die straat se toilette stoot glo op en hulle kan nie die toilette gebruik nie
“Ons is nie agterstallig met ons rekeninge nie Ons wil graag ’n tasbare oplossing vir hierdie langdurige probleem vind,” sê Fleur
Volgens die Breedevallei-munisipaliteit is ’n rioolpyp wat ineengestort het, die oorsaak van die onlangse probleem ’n Deel van die pyp het gedisintegreer, wat die strukturele integriteit van die stelstel in die gebied in die gedrang gebring het
“Die munisipaliteit het ’n pro-aktiewe herstel- en instandhoudingsplan om infrastruktuur te herstel en werk volgens ’n skedule Omdat dele van die infrastruktuur oud is, gebeur dit soms dat sekere dele breek voordat ons spanne instandhoudings-
werk kan doen In hierdie geval het die BVM eers van die pyp se toestand bewus geraak gedurende ’n assesering deur kamera-inspeksie Voorheen het hierdie spesifieke deel van die pyp nie probleme gewys nie Ander dele van die pyplyn, waar ons kon sien probleme is, is herstel,” sê Hannelie Botha, ’n munisipale woordvoerder
“’n Raadgewende ingenieur is aangestel om ’n nuwe rioolpyplyn te ontwerp Die nuwe infrastruktuur sal op die padreserwe in beide Quint- en Springveldstrate gebou word om die deel wat platgeval het, te vervang en die hele stelsel meer betroubaar te maak,” sê Botha
Nog ’n pyplyn wat in Riverview en Noblepark ineengestort het, raak veral Noble- en Albatros-strate en het die munisipaliteit hoofbrekens besorg Met riool wat nie weggepomp kon word nie, het dit in die pypleiding teruggestoot
Die munisipaliteit het inwoners in ’n video vir die ongerief verskoning gevra en die probleem verduidelik
Die hulp van spesialiste is ingeroep
Die herstelwerk word bemoeilik deur
wat aan die Breedevallei-munisipaliteit behoort, op R9 miljoen
Die verkoop is onderhewig aan goedkeuring deur die munisipaliteit
In die beskrywing van die eiendom word Kleinplasie aangebied as die eerste en oudste huis en plaas in die omgewing
Die eiendom sal vervreem word vir die doel van plaaslike ekonomiese ontwikkeling, toerisme, sport en ontspanning of vir onderrig
Die afslaers beskryf die ou landbouskou-
sale, wat tans as werkswinkels en stoorplek gebruik word, as in ’n gemiddelde toestand Die Oude Kelder-kroeg, wat erfenisstatus het, het dringende instandhoudingswerk nodig Die Presidensiële Suite het ook erfenisstatus
Die opsigtershuis is volgens Claremart in ’n swak toestand en aandag moet gegee word aan die struktuur, elektrisiteit en dak
Die chalets is ook in ’n ondergemiddelde toestand met die kantoor en huis wat in ’n

’n Groot gat is in een van die inwoners se agterplaas gegrawe
infrastruktuur van ander dienste, soos elektrisiteit, Telkomlyne en waterpype wat water aan Transhex verskaf wat bo-oor die pyp wat herstel moet word, loop ’n Kontrakteur het Maandag (15 September) begin om die pyplyn by die Santa Weida-pompstasie te vervang Die pad sal op 18September gesluit word vir slote wat die volgende dag gegrawe sal word Die verwagte voltooiingsdatum is 6 Oktober Die pyplyn sal opgegradeer word van 60cm na 250cm om die kapasiteit te verhoog
“Ons gee voorkeur aan die probleem om dit so gou as moontlik af te handel,” sê die munisipale bestuurder, David McThomas
swak toestand is – die dak lek en die mure is onstabiel Die gebou is vervalle
Van die vereistes waaraan die koper moet voldoen, is dat geen bome wat erfenisstatus het, van die terrein af verwyder mag word nie
’n Serwituut vir die bestaande stormwaterstelsel en die rioolstelsel moet op die koper se rekening geregistreer word
’n Reg-van-toegang-serwituut moet vir die aangrensende Worcester-museum geregistreer word – ook vir die koper se rekening
Al die geboue wat erfenisstatus het, moet deur die koper opgeknap en in stand gehou word















EnricoClaassen
Om te verstaan hoe die regering werk, is die eerste stap om ’n verskil te kan maak – en Worcester se junior stadsraad het dié les eerstehands gekry
Raadslede van die junior stadsraad het verlede Donderdag (11September) ’n opvoedkundige werksessie by die kantoor van die Breedevallei-munisipaliteit in Worcester bygewoon, waar hulle geleer het oor die drie regeringsvlakke, wat plaaslike, provinsiale en nasionale regering insluit.
Die burgemeesterskomiteelid Palesa Moso het aan die jong stadsraadslede vertel hoe sy haar van ’n persoonlike assistent in die kantoor van die burgemeester tot burgemeesterskomiteelid opgewerk het
Hierna was verteenwoordigers van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS) en die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) aan die woord
Peter Titus van die GCIS het verduidelik hoe die drie regeringsfere werk, terwyl Stephanie Steinberg van die OVK die belangrikheid van stemreg en jeugdeelname in die 2026-plaaslike-regering-verkiesing beklemtoon het
Titus het die struktuur van die drie regeringsvlakke en die verskillende posisies wat mense in hulle beklee, verduidelik Hy het ook uitgelig hoe elke vlak verskillend
werk – die plaaslike regering fasiliteer dienste op gemeenskapsvlak, die provinsiale regering bestuur groterskaalse verantwoordelikhede, terwyl die nasionale regering oor die werke van dié twee regeringsvlakke toesig hou Dit het die jong raadslede gehelp om die rolle en verantwoordelikhede op elke regeringsvlak te verstaan Titus het ook klem gelê op die belangrikheid van regeringstoesprake, waaronder die staatsrede, begrotingsrede en provinsiale staatsrede
Daarbenewens het hy die tydsberekening van die fiskale jaar,wat in April begin, verduidelik – in ooreenstemming met baie regerings se boekjare om bestendige begroting en beplanning te verseker
Die OVK het raadslede by monde van Steinberg aangemoedig om deel te wees van die demokrasie deur in die komende 2026-plaaslike-regering-verkiesing te stem Sy het beklemtoon hoe belangrik dit is om jeugverteenwoordigers in die verskillende regeringsomgewings te hê en beklemtoon die stemme van vandag se jeug maak saak wat die vorming van beleide en besluite wat gemeenskappe raak, betref
Die werksessie was interaktief en raadslede het die geleentheid gehad om met Titus en Steinberg te kommunikeer Dit het hulle in staat gestel om hul begrip oor regeringsfunksies en die rol van die jeug in ’n demokrasie beter te begryp


EnricoClaassen
A personalised learning companion has been introduced to Grade 11 learners at Worcester Senior Secondary School which will help them improve their marks and give them the ability to identify potential career paths
This tailored, personalised, customised learning tablet device that speaks to the child as an individual is called Omang which in Setswana means ‘who are you’
On Wednesday (10 September) Odin Education, an EdTech company, in partnership with Seesa (South African Employers Solutions & Assistance) handed over 100 of these personalised learning companion devices to 100 Grade 11 learners from the school Odin Education provides a comprehensive digital education ecosystem, developed by Jendamark Automation, to enhance learning for students in underprivileged communities through personalised digital resources and support
Dean Gurney, Chief Revenue Officer for Odin Education, says his company is in the process of digitising the education system
“It means essentially giving our learners access to technology in a safe dedicated manner that enables them access to the right kind of resources that helps them with the curriculum to ultimately get a better matric But more importantly to give them access to the kind of platforms and companies that allow them develop the kind of skills they need to actually go out and get a job ”
According to Gurney this AI driven companion has their operating system on it He says it gives learners access to, for example, maths and sciences resources, exam papers and various platforms that allows them access beyond just the textbook in the classroom “So it is an augmenting device that uses technology to enable them to discover beyond the curriculum ” He says the device is not designed to replace the school system but rather to augment learning in the classroom
Dr Deidre Forbes, acting school principal, says: “We are very excited about this project, and believe that it will play a major role in reducing the digital divide, thus giving our learners access to future-oriented learning opportunities ”

DenvorDanster
Die Super Stars-krieketklub het as die wenners in die Ali’s-T12-krieketkompetisie, wat op Sondag 7 September in Robertson geëindig het, weggestap
Hulle het in die eindronde teen Die Stoep te staan gekom en met ses paaltjies gewen Die Stoep het eerste gekolf en kon net nie aan die gang kom met 26 vir die verlies van ses paaltjies ná ses boulbeurte nie Die twee aanvangskolwers, Gregan Adams en Keanan Rossouw, kon slegs vyf lopies tussen hulle aanteken Amri Konstabel het egter ander planne gehad en het met ’n goeie terugvegpoging van 30 lopies nie uit nie geslaag
Jenevin van Wyk was die uitblinker met die bal vir Super Stars met vier paaltjies vir slegs 11 lopies Hy is ook goed bygestaan deur Salman Ali met twee paaltjies vir slegs 12 lopies Johnny Siljeur het twee paaltjies vir slegs sewe lopies geneem
William Nel het twee goeie vangskote en een goeie uithardloop op sy kerfstok
Vir Super Stars, met die jaagtog na 75 lopies as die teiken, was Diago Fielies (alom bekend as Bigga) vernietigend Hy het goed begin en in die eerste boulbeurt 24 lopies aangeteken Dit het egter nie daar gestop nie – hy is eers op 51 lopies van slegs 31 balle uitgevang Super Stars het met nog een boulbeurt oor gewen
Prysgeld van R3 000 was op die spel vir die wenner en R700 vir die naaswenner

’n
jaydene.sampson@novusmedia co za




FULLARD, KATY GEB: 25.09.1934 - GEST: 14.09.2025

Begrafnisdiens vind plaas Sondag, 21 September 2025 om 12:00 by Hartzenbergstraat 01, Mc Gregor en om 13:00 vanuit die Methodiste Kerk, Mc Gregor. My dear Ouma. I miss you already You are forever in my heart. Love your grandson Jaydon

Funeral service takes place on Saturday, 20 September 2025 at 08:00 at 721 Matross Street, Zwelethemba and at 09:00 at Vusisiswe Secondary School Hall, Cona Ave Avenue, Zwelethemba.

Begrafnisdiens vind plaas Saterdag, 20 September 2025 om 09:30 by VGK Kerk, Adderleystraat


Begrafnisdiens vind plaas Sondag, 21 September 2025 om 09:00 by Arendsestraat 4, Roodewal en om 10:00 by Courts of Daniel, Kleinplasie, Worcester.















Donderdag, 18 September 2025


Residents of Zolani near Ashton, are eager to get active on the brand new multi-purpose sports court that was recently completed
The Langeberg Municipality officially handed over the court at the Zolani Sports Grounds on Tuesday 26 August, marking an important milestone in expanding sporting opportunities for the community
The court currently accommodates netball and futsal (football on a smaller field with fewer players), with the potential to add other sports codes in the future, making it a flexible space for the community The project started in May this year The municipality said it is committed to improving community sports infrastructure in the area
In addition, rugby and soccer combination goalposts were installed the previous week as part of equipment purchased during the previous financial year This offers a versatile solution for training and matches in limited space This upgrade benefits schools and the community, complementing the multi-purpose court and encouraging a variety of sporting activities
The construction of the new multipurpose court, valued at R1010 000, was undertaken by the contractor Perfect Bounce
“This multi-purpose court is a significant step for our youth and the wider community It now accommodates netball and futsal, and with future additions,

even more sports will be possible It gives children and young people real choices to explore what they enjoy, keeping them active, engaged, and focused on positive activities Facilities like this also help address social challenges by providing a safe environment for recreation and skill development,” said Andisiwe Ndongeni, councillor for Ward 10 Councillor Danny September added, “Sport is not just a game; it is a powerful instrument that connects people, builds health, and develops discipline and leadership among our youth This court will provide a quality space for training, competing, and enjoying sport, and offer a facility with the capacity for the youth to train and compete ”


Alver Uys
Die loting vir vanjaar se eerste ronde van die Gold Cup is vandeesweek aangekondig
Die 32 beste amateurspanne in die land is in twee afdelings ingedeel Boland se twee topspanne, die Robertson- en Worcester Villagers-rugbyklubs, is in die Suidelike
afdeling ingedeel Die twee spanne het in verlede seisoen se eindstryd van die Grootuitdaagkompetisie slaags geraak en Robertson het naelskraaps met Villagers afgereken Safcol, uit die Overbergstreek, is as buiteperd in die Noordelike afdeling ingedeel en sal sommer met die intrapslag teen die eerste gekeurde
en verdedigende kampioen, Naka Bulls, te staan kom Die Gold Cup word vanjaar deur Pick n Pay geborg en wedstryde begin op 27 September met Worcester Villagers (Villa) wat ook in sy eerste wedstryd ’n hoë hekkie moet oorsteek wanneer hy die Griekwas se kampioenspan, Sishen, op laasgenoemde se


tuisveld die stryd sal aansê Robertson Town, Boland se kampioenspan van verlede seisoen, speel sy eerste wedstryd tuis op die Van Zylstraatstadion in Robertson teen die ander Griekwaspan, Kimberley Villa se Gold Cup-groep is: Voorspelers: A Zingitwa, F Smith, L Johnson, W Ry-
neveldt, A Adams, L Biehl, K Tarentaal, K Jacobs, L Louw, C Abrahams, M Marinus, B Grove, J Titus en E Haas; Agterspelers: G Africa, G Joubert, E Mfundisi, H Jacobs, P Basson, W. Plaatjies, D. Atkins, F May, J Williams, J Melouw en S Afrika



