Skip to main content

Standard E-Edition 13 November 2025

Page 1

Jou vallei - jou nuus

Tel: 023 342 3965, 082 661 4634 or 084 448 2830

Donderdag, 13 November 2025 Tel: 023 347 0968

24 HOURS LIGHT & HEAVY DUTY TOWING/RECOVERY NM10035872-BW131125

Vlamme vréét omgewing Vlamme het die afgelope Sondag (9 November) buite Montagu helder in die donkerte gebrand. Geen infrastruktuur is beskadig nie. Foto: Montagu Ashton-toerismevereniging

Uitdagende tyd vir brandbestryders Ronél van Jaarsveld Brandbestryders het die afgelope week hul hande vol gehad met ’n brand wat in die Kogmanskloof buite Montagu voortgewoed het. Hoë dagtemperature en die bergagtige omgewing het hul werk aansienlik bemoeilik. Hoewel inwoners in Montagu soms benoude oomblikke gehad het met die vlamme wat naby die bloekombos en nuwe staproetes gebrand het, is daar gelukkig geen infrastruktuur beskadig nie. Die brand het in die berge bokant Zolani (Ashton) ontstaan. Teen Woensdagoggend (12 November) het die brand vir die sesde dag bokant die plaas Sarah’s Valley aan Ashton se kant en naby die Guano-grotte aan Montagu se kant in ’n gebroke brandlyn gewoed. Volgens die Kaapse Wynlandse Distriksmunisipaliteit sou spanne van Cape Nature weer voorbrande aan Ashton se kant maak om die verspreiding te keer. In die omgewing van die Guano-grotte was die brand hoog in die klowe, wat brandbestryding bemoeilik het. Spanne

Die vlamme vreet teen die berg op naby die Hoërskool Montagu. Foto: Francois Lombard

van die KWDM en Langeberg se branddienste, Cape Nature en die Wynlandbrandbeskermingsvereniging (FPA) monitor steeds die brand en maak seker dat dit oral geblus is en nie weer opvlam nie. Die hoë dagtemperature verhoog die kanse dat die brand wel weer kan

opvlam, het die KWDM gesê. Wayne Josias, die hoofbrandbeampte van die KWDM, het gesê hulle kom keer op keer dieselfde uitdagings teë, naamlik droë plantegroei wat nie skoongemaak is nie. “Dit skep ’n hoë brandlading en veroorsaak dat sommige eiendomme bykans

onmoontlik is om te beskerm omdat ons nie naby genoeg kan kom nie,” hy gesê. Hy het boere, grondeienaars en inwoners aangemoedig om hul eiendomme te beveilig deur voorbrande, skoon geute en bome wat – waar nodig – gesnoei word. Die uitvoerende burgemeester van die KWDM, dr. Elna von Schlicht, het vroeër gesê die Weerdiens verwag ’n baie warm somer met ondergemiddelde reënval, met verskeie munisipaliteite wat reeds waterbeperkings ingestel het. “Die droë veld – veral in gebiede naby plase en woonbuurte – skep ’n groot brandgevaar. “Ek wil dus grondeienaars, boere en inwoners aanmoedig om voorkomend op te tree. “Dit is nog nie te laat om brandbane te maak nie. Maak seker dat geute en slote skoon is en snoei takke wat oor dakke of naby elektriese drade groei,” het sy gesê. “Hierdie eenvoudige stappe kan help om u huis en buurt te beskerm as ’n brand uitbreek.” Sy het ’n beroep op inwoners gedoen om nie in openbare gebiede te braai nie, selfs al is daar braaigeriewe. Inwoners word aangemoedig om enige rook of brande wat hulle sien, so gou as moontlik by hul naaste owerheid aan te meld, of die KWDM se 24-uurlyn by 021 887 4446 te skakel.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Standard E-Edition 13 November 2025 by Novus Media - Issuu