Skip to main content

Standard_School Vibes_Edition 8

Page 1


Speelterrein net soos in klaskamer

Tersaia Myburgh

Die boustene vir toekomstige sukses word reeds in die sandput neergelê. Dié stelling klink amper té eenvoudig vir ʼn wêreld waar kinders voortdurend voorberei word vir prestasie, assesserings en sukses. Tog herinner Internasionale Speeldag, wat jaarliks op 11 Junie gevier word, aan ʼn waarheid wat dikwels onderskat word: Speel is nie blóót ontspanning nie – dit is een van die belangrikste maniere waarop kinders ontwikkel, leer en hul plek in die wêreld ontdek.

Volgens UNICEF is speel noodsaaklik vir ʼn kind se kognitiewe, sosiale, emosionele en fisieke ontwikkeling. Wanneer kinders speel, ontwikkel hulle nie net vaardighede nie; hulle bou selfvertroue, kweek probleemoplossingsvermoë, gee uiting aan hul kreatiwiteit en word met veerkragtigheid toegerus – kortliks, eienskappe en vaardighede wat hulle vir die res van hul lewe gaan gebruik. Juis hierom vind die belangrikste bouwerk dikwels reeds op die speelgrond plaas.

SPEEL AS ’N MEDIUM VIR DIEPGAANDE LEER

Vir volwassenes lyk speel soms eenvoudig: ʼn kind wat blokkies stapel, modderkoekies bak of “huis­huis” speel. Dit is egter belangrik om te besef tydens hierdie oomblikke vind diepgaande leer plaas – ʼn kind wat in ʼn sandput speel, eksperimenteer met balans, tekstuur, taal, sosiale interaksie en selfs vroeë wiskun­

dige konsepte. Wanneer kinders hul eie speletjies uitdink, leer hulle om besluite te neem, konflik op te los en hul verbeelding te gebruik.

Trouens, die rede waarom die speelgrond belangriker as die klaskamer is, is omdat speel kinders voorberei vir méér as net akademiese sukses. Die speelgrond leer kinders om beurte te maak, risiko’s te bestuur, op te staan nadat hulle geval het en met ander saam te werk; om kreatief te dink in ʼn wêreld wat toenemend goedgevormde mense nodig het wat kan aanpas,

wat in die skoolvakansie plaasvind.

innoveer en empatie toon.

ONGESTRUKTUREERDE SPEL AS ’N HOEKSTEEN

In ʼn tyd waar kinders se dae maklik oorvol raak met skerms, aktiwiteite en gestruktureerde programme, raak vryspel al skaarser. Baie ouers voel die druk om hul kinders pal besig en voorbereid te hou vir die toekoms, maar ironies genoeg word sommige van die belangrikste boustene vir daardie toekoms juis tydens ongestruktureerde spel ontwikkel.

Die goeie nuus is egter dat betekenisvolle spel nie duur of ingewikkeld hoef te wees nie. Van modderkoekies en blokkies tot komberse wat in skuilings (tente en forte) verander – dikwels lê die belangrikste bouwerk in die eenvoudigste oomblikke. Wanneer ons kinders die ruimte gee om te speel, gee ons hulle die ruimte om te groei, te ontdek en selfvertroue te ontwikkel. In oomblikke van hardloop, bou, klim, verbeel en lag word die vaardighede gevorm wat hulle eendag sal help om probleme op te

Heirin George (17), ’n graad 12-leerder aan die Esselenpark Senior Sekondêre Skool in Worcester, vertrek eersdaags na Goteborg, Swede, waar hy by die Slottsskogsvallenatletiekbyeenkoms by die Wêreld-jeugspele aan die 60m-, 100men 200m-naellope gaan deelneem. Die Wêreld-jeugspele is Europa se grootste jaarlikse arena-atletiekkompetisie vir jeugatlete van 12 tot 19 jaar oud.

los, verhoudings te bou en die wêreld met kreatiwiteit en veerkragtigheid tegemoet te gaan.

Internasionale Speeldag herinner ons daaraan dat speel nie ʼn luukse of ʼn beloning ná leer is nie – dit ís leer. Die waardevolste bouwerk in ʼn kind se ontwikkeling gebeur lank voordat ʼn toets geskryf of ʼn rapport uitgedeel word, want boustene vir die toekoms word reeds in die sandput neergelê. . Tersia Myburgh, dosent: Professionele Studies aan Akademia se fakulteit opvoedkunde.

Speel bied ʼn medium vir diepgaande leer. Foto: Unsplash/ la­rel­ easter
Die Worcester-Noord Primêre Skool is trots op Caleb Irish wat in die o.13- Boland Akademie-rugbyspan opgeneem is en wens hom en sy span alle sterkte toe met die voorbereiding vir die toernooi
Ilze Steenkamp van die Primêre Skool Worcester (o. 13) het einde Mei aan die laaste ronde van die Wes-Kaapse netbalproewe deelgeneem en is in een van die spanne opgeneem.
MAIN SPONSOR / HOOFBORG

MAIN SPONSOR / HOOFBORG

Die HTS Drostdy bied op Woensdag 29 en Donderdag 30 Julie sy revue, Beyond Broadway, om 19:00 aan. Dit begin op al twee aande om 19:00. Kaartjiepryse vir Woensdagaand wissel tussen R160 en R190, terwyl Donderdagaand se kaartjiepryse tussen R180 en R210 wissel (sluit verversings tydens pouse in). Koop sommer vandag nog jou kaartjie by https://store.sticitt.co.za/HTSdrostdy

Skilder wat jy hoor

Isjy lief vir Afrikaanse musiek én hou jy daarvan om jouself deur kuns uit te druk?

Dan is die tweede “Skilder met Woorde”-kompetisie net vir jou!

Afrikaans.com se eerste “Skilder met Woorde”kompetisie, wat in 2021 aangebied is, was uiters suksesvol. Die kunstenaar Elsie Jooste en die bekende musikant Anton Goosen het tydens dié kompetisie skoolleerders aangemoedig om een van Anton se liedjies te skilder.

“Ek het ná baie navrae van ouers en leerders, wat met ons vorige kompetisie ingeskryf het, besluit om die projek vanjaar weer aan te bied,” vertel Elsie. “Die inskrywings van ons eerste kompetisie het ons oorweldig. Ek is ’n groot

voorstander van kuns in skole en daarom is dit belangrik om só ’n kompetisie aan leerders voor te stel.

“Dit gee aan leerders wat tuis onderrig word, ook die geleentheid om hul kreatiewe talente uit te leef.”

Leerders kan vanjaar uit 15 liedjies kies om hulle te inspireer.

Heerlike geldpryse is vir laer- en hoërskoolleerders op die spel.

Die kompetisie sluit op 3 Julie.

Hierdie artikel is deur Afrikaans.com verskaf. Gaan lees gerus die volledige artikel by www. afrikaans.com. Volg hierdie skakel: https://afrikaans.com/2026/03/27/luister-dit-skilder-metwoorde-en-wen-groot/

Ma’s, dogters saam

Die HTS Drostdy het onlangs ’n onvergeetlike ma-en-dogter-aand met die gaskunstenaar Francois Boyce van Hoezit geniet. Die skool bedank almal wat deel was van die geleentheid. Die wins gaan na die skool se liefdadigheidsprojekte vir outehuise, straatmense, kinderhuise en gesinne in nood.

Vir aflewerings en LayBuy betalings kontak ons vriendelike personeel.

Ons weet almal van klimaatsverandering, maar begryp ons die omvang? Dit is langtermynverskuiwings in weerpatrone, gedryf deur menslike aktiwiteite soos fossielbrandstofverbranding sedert die 1800's. Eenvoudig gestel: Een spesie – die mens – verander die aarde se temperatuur met katastrofiese gevolge. Wildlewe stort ineen. Die Wêreldnatuurfonds se Lewende Planeet van 2024­verslag toon ’n 73%­afname in gemoniteerde bevolking oor 50 jaar. Habitatverlies dwing diere tot uiterste migrasie, wat mens­dier­konflik vererger. Olifante se roetes word versnipper, koala's verhonger in afgekapte woude, meer as 26 000 oerangoetangs in Borneo verloor hul tuiste binne net tien jaar. Oseane absorbeer 90% van oortollige hitte – verwarming het viervoudig toegeneem. Mariene hittegolwe word meer intens: in 2023 was die Noordsee

4°C warmer. Versuring van die oseaan benadeel koraal en skulpdiere. Die Groot Koraalrif het sy vyfde verbleiking in agt jaar beleef. Pikkewyne kwyn namate seeys verdwyn; walrusse drom op ’n hoop saam op strande, wat kleintjies in gevaar stel. Natuurbrande woed In Kalifornië, Australië en die Mediterreense streek verbrand jaarliks miljoene hektaar. Brande vernietig plantegroei en stel CO₂ vry wat verwarming aanjaag. Die Amasone stel nou meer CO₂ vry as wat dit absorbeer. Suid­Afrika se fynbos se saadbank word deur verwoestende brande vernietig. Die bewys lê voor ons in verbrande woude, sterwende riviere en stille wildernisse: ons is die argitekte van hierdie vernietiging. Slegs ’n onmiddellike, radikale verandering kan ons verhoed om die finale hoofstuk van die natuur se verhaal te skryf. Dit is nog nie te laat nie. iImari Genade is ’n leerder aan Worcester Gimnasium en deel van die skoolredaksie.

ChanCe for youth to invest in ’selves

Schools across the Western Cape are being encouraged to apply to become part of the expanded Mass Participation, Opportunity and Access, Development and Growth (MOD) Programme for the 2027-to-2030 cycle.

The invitation forms part of the Western Cape Government’s renewed investment in youth well-being, safety and development as South Africa marks Youth Month.

The Western Cape Department of Cultural Affairs and Sport (DCAS) said the expanded programme builds

on more than a decade of providing structured after-school opportunities for young people. It currently supports more than 60 000 learners each year through 315 centres and has grown into a holistic youth-development programme focusing on sport, arts, culture, leadership development, life skills, well-being support and pathways to opportunity.

To assist schools interested in joining the programme DCAS is hosting MOD Centre Information and Application Support Roadshows across all districts from 17 to 25 June. The

sessions will provide information on the programme, application requirements and the selection process.

Applications for schools wishing to become MOD Centres will open on 1 July and close on 14 August.

Recent findings from the MOD and Waves for Change Take 5 pilot highlight the programme's impact. According to DCAS, 98% of participating learners reported feeling safe, 92% said they felt hopeful about the future, while 52% showed improved well-being.

The programme has also contrib-

uted to sport development, with 40% of the Western Cape team that participated in the 2025 National School Sport Championships coming from MOD Centres.

Schools selected to participate will enter into a three-year partnership with DCAS and receive two dedicated MOD coaches, support through YearBeyond Playmakers, Northlink College student placements, equipment and programme resources, annual operational funding, training and professional development opportunities as well as access to specialist

partners and support networks.

Provincial Minister of Cultural Affairs and Sport Ricardo Mackenzie said the programme extends far beyond sport. “The MOD Programme is about much more than sport or recreation. It is about creating safe spaces, building confidence, strengthening communities and ensuring every young person has access to opportunities that help them realise their full potential."

Schools can register by visiting the following link: https://forms. office.com/r/2X9na7pPtF.

Imari Genade
Foto: Matt Palmer/Unsplash
MAIN SPONSOR / HOOFBORG

The dream team

Worcester Gymnasium High School is proud of the following staff and learners who were included in the Craven Week and Grant Khomo teams respectively:

Mr Juan-Jacques Pretorius – Grant Khomo Conditioning Coach

Mr Zane Pietersen – Craven Week Conditioning Coach

Reece Matthee – Craven Week u-18

Anzio Brinkhuys – Craven Week u-18

Arther Kana – Academy Week u-18

Leighcon du Plessis – Academy Week u-18

Skyfskiet gaan nie net oor

die middelkolletjie nie

Chanté van der Linde Skyfskiet gaan oor meer as net om ’n kolskoot te skiet. Dis ’n sport gebou op beheer, geduld en geestelike krag. Hetsy jy dit vir ontspanning doen of selfs mededingend – skyfskiet daag jou uit om kalm te bly onder druk, terwyl jy fisieke en geestelike vaardighede bemeester.

Taymin taai genoeg vir o.18-rugby

Taymin Muggels van Worcester Gimnasium is in die o.18-Bolandmeisierugbyspan opgeneem.

Skyfskiet is ’n sport waar die deelnemers akkuraat moet mik om ’n vaste teiken met vuurwapens of luggewere te tref. Die sport word op ’n internasionale vlak deur organisasies soos die ISSF (Internasionale Skietsportfederasie) gereguleer. Die ISSF stel reëls op vir kompetisies wat wêreldwyd plaasvind.

Skyfskiet verskyn op groot internasionale verhoë, soos die Olimpiese Spele. Atlete neem in verskeie afdelings deel, dikwels geskei deur afstand, vuurwapensoort (byvoorbeeld pistoolskiet, geweerskiet en kleiduifskiet) en skietposisie (byvoorbeeld staan, kniel, lê).

Olimpiese skuts oefen jare lank om hul tegniek en geestelike uithouvermoë te vervolmaak.

In Suid-Afrika word skyfskiet deur organisasies soos Sassco (Suid-Afrikaanse Skietsportfederasie) ondersteun. Baie skole en klubs bied opleidingsprogramme aan, wat jongmense in staat stel om in ’n gestruktureerde en gedissiplineerde omgewing betrokke te raak.

Om in skyfskiet suksesvol te wees, moet skuts vaardighede soos dissipline, fokus, asembeheer en hand-oog-koördinasie bemeester. Selfs die kleinste beweging of verlies aan konsentrasie kan jou prestasie benadeel.

Skyfskiet is meer as net ’n sport. Dit leer jou waardevolle lewensvaardighede. Dit bou geduld, verskerp konsentrasie en moedig selfbeheersing aan. Dit is alles vaardighede wat buite die skietbaan nuttig sal wees. Vir sommige mense word skyfskiet ’n manier vir hulle om selfvertroue en geestelike veerkragtigheid te ontwikkel.

Het jy wat dit verg om ’n meesterskut te word?

. Chanté van der Linde is ’n leerder aan die Worcester Gimnasium en lid van die skoolredaksie.

Amaan wys sy slag op die rugbyveld

Amaan Adendorff van Worcester Gimnasium is in die o.21-SanlamBoland-rugbyspan opgeneem.

Zane Pietersen was selected as the u-18 Craven Week Conditioning Coach.
Juan-Jacques Pretorius was selected as the u-16 Grant Khomo Conditioning Coach.
Arthur Kana
Leighcon du Plessis
Skyfskiet leer ’n mens selfs waardevolle lewenslesse. Foto: Norbert Braun/Unsplash
MAIN SPONSOR / HOOFBORG

Kontak ons vir meer inligting of 'n afspraak 023 347 2159

Webwerf:w ww.nortiermotors.co.za

Anayo
Khomo

MAIN SPONSOR / HOOFBORG

Die regte vriende kan jou opbou en is daar om ondersteuning te bied wanneer jy dit nodig het. Foto: Sonhador Trindade/Unsplash

Nie net vyf jaartjies . . .

Hoërskool is vyf “vinnige “ jaartjies –vyf vinnige jaartjies van toetse, sport, liefdesdramas en daardie een wiskundevraestel wat jou laat wonder of jy vir ’n universiteitvraestel ingeskryf het. Dit is juis hierdie wat maak dat dit nie net lekker is om die regte vriende te hê nie, maar noodsaaklik.

Vriende is soos klei – hulle vorm jou.

Dink daaraan – wil jy ’n meesterstuk wees of net ’n halfgebakte pot?

En dan daardie een onderwyser – ja, die een wat jou naam ken, wat vra of jy oukei is en wat jou nie net as punte sien nie, maar as potensiaal; ’n onderwyser wat soos ’n vuurtoring staan wanneer die see van hoërskool jou wil insluk. Is dit nie vreemd hoe ’n eenvoudige “Ek glo in jou” harder as enige rapport kan tref nie? ’n Onderwyser-vriend beteken nie jy

KIsalnienoodwendig allesnetoorneemnie

eet saam in die personeelkamer nie (dink net hoe ongemaklik dit sou wees!). Dis iemand wat jou ondersteun wanneer jy in jouself twyfel.

Hoërskool is soos ’n lang reis. Jy kan dit seker alleen aanpak, maar hoekom sou jy as jy ’n span kan hê wat jou optel wanneer jy struikel en saam met jou lag oor daardie keer toe jy van die trappe afgerol het ?

Die slotsom is: wees wys as jy jou

vriende kies. Kies mense wat jou bou, nie afbreek nie; mense wat jou sal optel as jy val; jou trane sonder twyfel sal afvee en ’n glimlag op jou gesig kan sit – selfs op die dag wat jy voel asof ’n glimlag nie moontlik is nie. Uiteindelik vorm julle mekaar en daardie vorm hou baie langer as net vyf “vinnige” jaartjies. i Shannon Pietersen is ’n leerder aan Worcester Gimnasium en lid van die skoolredaksie.

Die meeste van ons het ’n droomloopbaan, maar met kunsmatige intelligensie (KI) in die omtrek, sal hierdie droom enigsins nog moontlik wees?

Volgens Sky News is die vyf soorte werk wat die meeste take het wat KI kan uitvoer, dié van tolke en vertalers, geskiedkundiges, wiskundiges, proeflesers en outomatiesemasjienkodeerders. Die werke wat geen take het wat KI kan uitvoer nie, is als blouboordjieberoepe (blue collar).

Dit is belangrik om te verstaan: KI neem nie noodwendig poste in hul geheel oor nie, maar outomatiseer spesifieke take binne daardie rolle.

Kom ons kyk na die hoofmaniere hoe dit gebeur:

• Outomatisering van roetinetake: KI is uitstekend daarmee om herhalende take te hanteer, soos data-invoer, basiese kliëntediensnavrae (via “chatbots”) en administratiewe liassering.

• Data-analise teen spoed: Waar ’n span mense weke sou neem om massiewe datastelle te ontleed, kan KI dit in sekondes doen. Dit kan rolle in middelbestuur en ontleding verminder.

• Generatiewe skepping: Moderne KI kan nou teks skryf, kuns skep en selfs rekenaarkode skryf. Dit beïnvloed kreatiewe en tegniese velde waar mense voorheen die enigste bron was.

• Fisieke outomatisering: KI word in pakhuise en fabrieke gekombineer met robotika om fisieke arbeid soos verpakking en sortering oor te neem.

Die aanleer van KI is reusemaatskappye se belangrikste doelwit. Hulle glo die gebruik van KI gaan sakeprestasie verbeter. Die vaardigheid van KI klop 25 ander vaardigheidsgroepe wat in die werkplek benodig word.

Maar dit is nie net slegte nuus nie. Namate sommige take verdwyn, skep KI ook nuwe werk

– mense is nodig om KI-stelsels te bestuur, op te lei en die uitsette daarvan te beoordeel. Die geheim lê daarin om aan te pas en nuwe vaardighede aan te leer.

Of ons droomloopbaan moontlik gaan wees, sal afhang hoe goed ons leer om saam met KI te werk, eerder as om daarmee mee te ding, want KI gaan nie binnekort verdwyn nie.

i Imari Genade is ’n leerder aan die Worcester Gimnasium en deel van die skoolredaksie.

Delightful adventure on ice

Disney On Ice returns to South Africa for the winter school holidays, with Cape Town audiences invited to join Mickey Mouse and his friends at Disney On Ice presents Mickey’s Search Party for an adventure filled with world-class skating, high-flying acrobatics and unexpected stunts. The show runs at into GrandWest from Friday 10 to Sunday 19 July. The audience will look for clues in the search for Tinker Bell through immersive, fantastic worlds. Explore the colourful spirit realm of Coco, sail away with Moana as she bravely saves her island, see Belle in the sky as the enchanted chandelier comes to life and sing along with Elsa in the icy world of Frozen. Stitch also makes his debut in South Africa, as he crashes the action with mischievous surprises! Young and old can also make memories through Aladdin Toy Story and The Li le Mermaid as the search party becomes an all-out celebration, with spectacular special effects, cu ing-edge technology, breathtaking performances, dazzling costumes and all your beloved Disney characters and stories. Tickets are now on sale online at www.ticketmaster.co.za or www.showtime.co.za.

How to keep children busy

The June-July school holidays are here, and parents are searching for ways to keep children entertained during the three-week break.

Indoor activities offer warmth during the cold winter days. Arts and cra s projects using

materials such as paper, paint and recycled items can occupy younger children for hours.

Baking sessions provide opportunities to teach measurements and following instructions while creating treats. Board games and puzzles encourage family time and problem-solving skills. Indoor play arenas are also a great way to keep the young ones entertained in a safe, controlled environment while parents can relax with a cup of coffee.

Libraries remain valuable resources during the holidays. Most public libraries offer free membership and host holiday programmes including storytelling sessions and cra workshops. Popular book series for primary school readers include the Diary of a Wimpy Kid collection, David Walliams’ novels as well as local titles from authors such as Jaco Jacobs and Fiona Snyckers.

Local parks and nature reserves provide space for picnics, hiking and bird watching. Educational screen time can include documentaries, coding apps and virtual museum tours. Websites such as National Geographic Kids and BBC Bitesize offer free educational content suitable for various age groups.

Community centres and sports clubs o en run holiday programmes. Children can also develop new skills through online tutorials.

‘Puss in Boots’ at Baxter

Families looking for entertainment during the winter school holidays can expect plenty of laughter, music and theatrical magic when Puss in Boots arrives at the Pam Golding Theatre at The Baxter Theatre Centre from 26 June to 18 July.

The production, presented by KickstArt Theatre, marks the company’s return to Cape Town following the success of last year’s Jack and the Beanstalk. It is also the first time that writer and director Steven Stead’s version of Puss in Boots will be staged in the city.

Set on a magical Caribbean island, the pantomime follows the adventures of a quick-wi ed feline hero as he navigates a world filled with colourful characters, lively songs and audience interaction.

The production aims to entertain children with slapstick comedy and spectacle while offering plenty of humour and local references for adults.

Stead said the company was excited to bring the show to Cape Town audiences a er the warm reception received by Jack and the Beanstalk.

“We are very proud of our family-oriented pantomimes, which are made with great love and much a ention to detail. These have been delighting Durban audiences for two decades, and we know that they are the theatrical equivalent of a major sugar-rush, but when the Cape Town audience for our Jack and Beanstalk was so overwhelmingly positive we knew we had to bring Puss in Boots down this year.

“It is a wild ride for an audience, with huge laughs, gorgeous visuals and a totally original

spin.”

The production has been designed by Greg King and features a cast led by Rory Booth as the famous booted cat, along with Belinda Henwood as the fairy Calypso Honeybunch and Bryan Hiles as the villainous Grimbsy Withergood.

They are joined by Kyran Brady Taylor, Blessing Xaba, Lyle Buxton, Roshanda Lewis, Mthokozisi Zulu and Grace MacIlroy. King said introducing young audiences to live theatre remained one of the most rewarding aspects of the production.

“It was seeing pantomimes as a child that made me fall in love with the theatre at a young age,” he said.

“And it’s an enormous pleasure to be able to spread that infectious joy and love of live performance to new generations.”

First premiered in Durban in 2015, Puss in Boots has previously been staged at the Lyric Theatre and has enjoyed multiple runs in Durban. Organisers describe the show as a feel-good theatre experience that brings people together and offers a memorable outing during the colder months.

Performances will take place from Monday to Saturday, with a ernoon shows on Mondays, Tuesdays, Thursdays and Fridays, and two performances on Wednesdays and Saturdays.

Tickets cost R300 for adults and R250 for children and are available through Webtickets.

The production runs for two hours and 15 minutes, including a 20-minute interval, and is not suitable for children younger than three years.

A toddler enjoys the climbing wall at the Playalot in Mountain Mill mall in Worcester.
MAIN SPONSOR / HOOFBORG

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Standard_School Vibes_Edition 8 by Novus Media - Issuu