Standard Breederivier Gazette - Pool Transport 70years

Page 1


Wat in 1955 as ’n plaaslike afleweringsdiens met ’n Chev-bakkie begin het, het oor sewe dekades in een van Worcester se vernaamste ondernemings ontwikkel – ’n nasionale logistieke speler met 110 vragmotors, ’n diepgewortelde waardestelsel en ’n verbintenis tot volhoubare ontwikkeling.

Pool Transport se sewentigste bestaansjaar weerspieël nie net dié van volharding nie, maar ook hul vermoë om te vernuwe en aan te pas.

Die stigters, Sarel en He ie Pool, het die onderneming met harde werk en toewyding opgebou – waardes wat steeds tot die maatskappy se sukses bydra.

“My ma het ’n algemene handelaar in Worcester bedryf en my pa het met sy Chev-bakkie pakkies by plaaslike klante afgelewer. Later het hy ook sand en klip vir boudoeleindes en landbouprodukte begin vervoer – altyd met ’n kannetjie melk en ’n pakkie Eet-Sum-Mor-koekies as padkos,” vertel hul seun, Helmut, wat saam met sy broer, Ulrich, die tweede geslag was om die onderneming te bestuur.

Ulrich “was daar toe die vragmotor nog in die straat voor ons huis in Adderleystraat gestaan het en ons met ponde, pennies en sjielings gewerk het”.

“Ons het die leer geklim en soos ons beweeg het, het ons bygebly met die tye en uitgebrei,” vertel hy – soos toe Pool Transport in 1974 eksklusief Mercedes-Benz-vragmotors begin gebruik het.

Pool Transport se vragmotors is sedert die middel-1980’s landwyd op paaie te sien.

Van Chev-bakkie tot deel van megavloot

“My pa het nooit teëgeskop teen ontwikkelig nie en het besef hy moet in die besigheid belê. Die maatskappy se uitbreiding is deur die jare deur ons kliënte se behoe es gedryf, maar ook deur strategiese groei om in ’n snelveranderende bedryf volhoubaar te bly,” vertel Helmut, wat deur die jare die yslike spronge in brandsto ostes, die skuif na ’n papierlose logistieke ke ing en ’n beweging na slim-vragmotors, wat basies hulself bestuur, gade geslaan het.

Ten spyte van uitdagings, het Pool ’n private besigheid gebly, maar een wat binne ’n korporatiewe omgewing funksioneer.

“Ons het besef ons beeld en strukture moet met dié van ’n korporatiewe maatskappy strook sodat kliënte met vertroue met ons kan sake doen,” sê Helmut.

Ulrich beklemtoon egter: “Ons was nog nooit ’n gesiglose sakeonderneming nie. Diens is

’n voorrangsaak vir ons en die onderneming is op integriteit gebou. Mense het geweet as hulle met ons praat, gebeur dit. Die huis is op beton gebou – nie op sand nie.”

Deel van ’n gemeenskap Maar, sê Hendrienne Pool, Helmut se vrou en menslikehulpbron-bestuurder by die maatskappy – die geheim van hul sukses lê ook in hul kultuur, wat hulle die maatskappy se “geheime sous” noem, met bestanddele soos spaarsamigheid, langtermyndenke, operasionele uitnemendheid, kliëntefokus en aanpasbaarheid. “Ons bestuur nie net ’n familieonderneming nie, maar is deel van ’n gemeenskap. Baie van ons werknemers is self deel van families wat al geslagte lank hier werk.”

Pool Transport is vandag meer as net ’n logistieke diensverskaffer. Die maatskappy bestaan uit

verskeie entiteite, wat ook ’n eiendomsportefeulje, ’n sonkragopwekkingsaanleg en selfs ’n chroomverrykingsaanleg insluit. Altesaam 26% van die onderneming is in swart besit, gesetel in die SN Pool-gemeenskapstigting. Daarbenewens het hulle ook die Sarel en He ie Pool-welwillendheidstrust gestig, wat winste aan gemeenskapsontwikkeling toewy, met ’n fokus op entrepreneurskap, vroeëkinderontwikkeling en leierskapsontwikkeling.

Ook noemenswaardig is hul betrokkenheid by Trucking Wellness, ’n inisiatief om vragmotorbestuurders se gesondheid te bevorder – iets waaroor Hendrienne besonder passievol is.

“Ons drywers is professionele mense. Hulle verdien ondersteuning – van gesondheidsorg tot ’n

veilige werksomgewing.”

Al is die onderneming nou ’n nasionale speler met drome om selfs verder te groei, meen Ulrich hul grootste verantwoordelikheid lê steeds teenoor die plaaslike gemeenskap.

“Ons wil getrou bly aan Worcester, waar ons wortels lê.”

Hoewel Helmut nie meer die daaglikse bestuur van Pool Transport hanteer nie, bly hy steeds nou betrokke daarby.

Die moontlikheid bestaan dat ’n volgende geslag Pools eendag hul plek in die onderneming sal inneem.

“Ons is trots op wat ons opgebou het – nie net vir ons nie, maar vir ons kliënte, ons mense en die gemeenskap,” sê Helmut.

“Pool Transport is meer as ’n besigheid – dis ’n nalatenskap.”

Congratul ations Pool Transport on 70 Years of Excellence!

Pulsit Electronics is proud to celebrate with one of our longstanding partners, Pool Transport, as they mark an incredible milestone

70 years of ser vice and leadership in the transport industr y.

For decades, Pool Transport has set the standard for reliability, safety, and commitment on S outh Africa's roads. We at Pulsit are honored to support their journey with trusted tracking , monitoring , and technolog y solutions

Here's to 70 years of success and many more on the road ahead.

Pulsit Electronics

Trusted Tracking • Reliable Support • Long-term Partnerships

Tel: +27- 010 476 2500/40 | w w w.pulsit.co.za

Helmut Pool en die besturende direkteur, Dirkie van Zyl.
Sarel en Hettie Pool

This year, Pool Transport celebrates a milestone few in the logistics industry can claim — 70 years of continuous operation. Behind the wheel of its success lies a rare combination of deep-rooted family values, bold innovation, and a leadership team that views every challenge as an opportunity.

“Reaching 70 in this industry is no small feat,” says Managing Director Dirkie van Zyl of the RTMS-accredited company, which operates a fleet of over 110 vehicles (excluding sub-contractors and owner-drivers), handling more than 30 000 loads annually across sectors including agriculture, paper, warehousing, and strategic partnerships.

Each year, the Pool Transport fleet travels over 7.5 million kilometers – the equivalent of circling the Earth’s equator 200 times – for clients such as Sappi, APL, PPC, and Tiger Brands.

“We’re not just celebrating our history –we’re gearing up for a very different future.”

He believes the next chapter will redefine the traditional transport business, as the company evolves into a provider of integrated, tech-enabled client solutions.

“It’s about smart technology, real-time data, and sustainable design – deeply connected to our clients’ changing needs.”

Pool Transport has already embraced advanced operational systems, including live fleet tracking, paperless documentation, and data-driven planning. But the company is not stopping there. Through partnerships with Orbit Commercial Vehicles Cape Town and Daimler Truck Southern Africa, it is pioneering cleaner, more efficient transport models, with investments in hybrid, electric, and hydrogen-powered vehicles.

70 Years of Driving Innovation celebrated

“We’ve done our homework. We want to lead in that space,” says Van Zyl, noting that Executive Chairman Helmut Pool’s vision is a driving force behind the company’s innovation strategy.

However, technology is only one side of the coin.

“Our people remain at the heart of our strategy,” says CEO Stephan Pieterse. “Our culture and our values must remain intact. One of our core values is self-realisation – we want our people to go home fulfilled, knowing they made a difference. That’s how we build resilience for the future.”

According to him, Pool Transport’s success – both in its business operations and community initiatives – is driven by its willingness to embrace new technology, continuously innovate, and confidently pursue new opportunities, all while staying true to its core values.

Personal Assistant Melishia Moodie describes Pool Transport as a dynamic business where management consistently goes

the extra mile for every client.

“Personal attention is what makes us unique in the transport industry. Every client and employee is treated as a person, not a number. The passion and integrity here are always visible – which is rare in any company.”

Marketing Manager Gerhard Groenewald, who has been with the company for 25 years, points to adaptability as a cornerstone of Pool Transport’s sustained growth.

“What we offer clients is service, but more than that, it’s foresight. We’re strict on punctuality, quality, and communication. And we make plans for our clients before they even ask.”

That proactive mindset has opened doors over the years.

“Through resilience, adaptation, and by treating clients like family, we’ve grown from a regional player to a national presence. And that growth comes with

responsibility.”

As Pool Transport celebrates seven decades of service with staff events, community engagement, and new client milestones, one thing is clear: this company isn’t just transporting goods – it’s building a future.

Through initiatives such as Trucking Wellness, community trusts, and its popular annual golf day, the company actively supports local causes, education, and job creation.

“We must never lose our heart. Our values – everything that was put in place over the years by Sarel and Hettie Pool, their sons, and many others – form the backbone of Pool Transport. That legacy must be kept alive,” Moodie affirms.

At 70, Pool Transport’s road ahead is paved with a vision that continues to drive the company forward.

From old to new - the trucks in Pool Transport’s fleet.

Melishia Moodie with Dirkie van Zyl (left) and Helmut Pool (right).
Stephan Pieterse, CEO of Pool Transport

Pool Transport vier 70ste

Helmut Pool, Hendrienne Pool en Doccie Shields. Doccie was die motiveringspreker.
Pool Transport het onlangs sy 70ste verjaarsdag met ‘n personeelgeselligheid gevier. Die bestuurspan is (van links) Willem Venter, Hugo Kilian, Dewald Smuts, Helmut Pool, Dirkie van Zyl, Gerhard Groenewald en Stephan Pieterse.
Justin Brand en Given Mdlulwa in ligte luim.
Ernest Metsing en Albert Shabalala
Elowna Slabbert, Dewald Smuts en Elsabe Vermeulen
Vusi Nkentshane, Hannetjie du Toit en Gerhard Groenewald

Wanneer ’n maatskappy se naam al sewentig jaar lank met betroubaarheid en toewyding geassosieer word, is dit duidelik die sukses gaan oor meer as net vragmotors, roetes en bestemmings.

Dis oor mense – die hande agter die stuur, die harte in die kantore en die gees van samehorigheid wat die hartklop van die onderneming vorm.

“Ons het drywers wat al twee geslagte by ons werk, want ons kyk nie net na ons vragmotors en die vragte nie, maar ook na ons mense,” vertel Gerhard Groenewald, bemarkingsbestu -

Meer as vragmotors – dis mense met passie

Ander

urder by Pool Transport. Vir een van die werkwinkel-tegnici, Ian Snyder, was die onderneming juis soos ’n nuwe begin. “Ek was op ’n plek in my loopbaan waar ek gestagneer het en ’n nuwe uitdaging gesoek het.

Pool Transport het vir my nuwe hoop gegee om weer vorentoe te beweeg.” Sy woorde weerspieël die gevoel van talle werknemers wat nie net ’n werkgeleentheid by Pool Transport gevind het nie, maar ook ’n kans om hulself

Rte herontdek. Vir Wilfred Makhendlana, ’n vragmotorbestuurder wat al langer as twee dekades deel van die Pool Transport-span is, beteken die maatskappy eenvoudig alles. “ ’n Mens kry niks in die lewe verniet nie. Jy moet werk vir wat jy wil hê,” sê hy.

“Die afgelope 22 jaar het Pool Transport vir my deure geopen op ’n tyd toe baie toe was, en ek dank God vir die geleentheid. Sou ek nie van hul ‘geheime sous’ (soos die maatskappy-waardes beskryf word) gehou het nie, het ek lankal die pad gevat. Ek is lief vir vragmotorbestuur – dis my passie – en ek kan vir my gesin sorg. Dit beteken vir my die wêreld.”

Adriaan Britz, ’n trotse langpad-bestuurder, vertel met entoesiasme van sy eie reis.

“Ek wou nog altyd hier werk, en toe ek die kans kry, het ek dit met hande, voete én tande aangegryp. Hulle sê mos jy moenie werk vir geld nie, maar eers liefde vind in wat jy doen. Ek het daardie liefde by Pool gekry. Hulle sal my eendag met ’n stootskraper hier moet wegvat,” lag hy. “Dis ’n familie waarvoor ons werk, maar die maatskappy is nie net húlle s’n nie, dis óns s’n.”

Augustine Langeveld deel dié gevoel. Sy het in 2010 as student by Pool Transport begin werk en vandag sê sy: “Pool Transport

is werklik ’n familie vir my.”

Melishia Moodie, wat die afgelope 16 jaar as uitvoerende persoonlike assistent by die onderneming werk, vertel van weeklikse bidure, spanbougeleenthede en bestuurslede wat soggens by die personeel omgaan om te groet.

“Ander ondernemings is resultaatgedrewe, maar Pool Transport het ’n persoonlike aanslag wat ons soos ’n familie laat saamwerk en mekaar se hande in krisistye laat vat. Dít maak dit lekker om werk toe te kom.”

Helmut Pool, uitvoerende direkteur, sê die gevoel van verbondenheid word doelbewus gekweek. “Ons het deur die jare baie moeite gedoen om in ons mense se ontwikkeling, groei en welstand te belê.

Die samehorigheid en familiegevoel is iets waarop ek ongelooflik trots is en dit maak die Pool-kultuur so uniek.

Ek glo dat, selfs ná my, die vol -

gende geslag dieselfde waardes en kultuur sal uitleef – en dan sal die Pool-sous bly roer,” sê hy met ’n glimlag. Hendrienne Pool, menslike hulpbronbestuurder, glo dié kultuur begin by die regte ingesteldheid. “Dis nie altyd wat jy kan doen nie, maar die houding en ingesteldheid waarmee jy opdaag,” sê sy. “As jy ’n passie het vir werk, as jy oplossings soek en jou nie deur probleme laat onderkry – dít is die mense waarna ons soek en wat ons by Pool Transport aanstel. Die res, soos tegnologie, kan ons jou leer, maar passie kan niemand vir jou gee nie.” Pool Transport is al sewe dekades ’n baken van trots, volharding en veral van mense wat glo in wat hulle doen. Die pad vorentoe lê oop met dieselfde waardes wat die maatskappy sedert 1955 dryf: harde werk, nederigheid en die onuitputlike Pool-gees.

congratulations, pool transport On reaching yet another major milestone on your amazing journey From the beautiful Botterkoppie, the oldest truck in the Pool Transport fleet, to the most advanced, state-of-the-art Mercedes-Benz Actros trucks, Orbit Commercial Vehicles Western Cape, together with Mercedes-Benz Trucks and Buses SA have enjoyed a longstanding relationship with Pool Transport cemented by mutual values, a continual and shared quest for excellence, and a passion for the transport industry

We salute Pool Transport on celebrating 70 successful years in the South African transport industry and wish them all the best on their exciting road ahead

Augustine Langeveld
Wilfred Makhendlana
Adriaan Britz (links) saam met ‘n kollega, Fanie Hartzenberg.

VEELS GELUK

BAIE GELUK MET POOL TRANSPORT SE 70'STE BESTAANSJAAR! ONS DEEL JULLE BLYDSKAP OP HIERDIE UITSONDERLIKE DAG. WITH THIS SUCCESS COMES GREAT OPPORTUNITIES AND WE WISH YOU A BLESSED AND PROSPEROUS FUTURE. JULLE SUKSESVOLLE BESIGHEID OOR BAIE JARE, IN 'N BAIE KOMPETERENDE BEDRYF, IS VIR ONS AS GEMEENSKAP 'N PRYSENSWAARDIGE VOORBEELD VAN HARDWERKENDHEID EN DEURSETTINGSVERMOË. IT IS A GREAT PRIVILEGE FOR THE SCB TEAM TO BE ASSOCIATED WITH YOUR BUSINESS.

Bou��ue corporate commercial law firm Build on simplicity, professionalism, integrity & excellence. Contact: 023 346 4380 Email: step�an�sc�a�orneys.co.za

‘Pool Transport is anders as ander’

Pool Transport se 70ste verjaardag is ’n mylpaal wat nie net hul eie sukses weerspieël nie, maar ook die sterk verhoudings wat hulle oor dekades opgebou – en selfs beïnvloed – het.

Vennote vertel van ’n maatskappy waar sy mense se kultuur van respek, harde werk en langtermyn-volhoubaarheid telkens die verskil maak.

Volgens Wiehann Erasmus, handelsdirekteur van APL Cartons, was hul 37 jaar lange verhouding met Pool ’n pad van samewerking en vertroue.

“Ek sal nooit vergeet hoe Helmut en Ulrich daagliks self kom kyk het dat die vragmotors reg gelaai en uitgestuur word nie. Daardie persoonlike aanslag en fokus maak die verhouding uniek. Pool was nog altyd daar vir ons – selfs ná elfuur die aand toe ’n wolkbreuk ons stoor onder water gelaat en hulle kom help red het wat ons kon.”

Vir APL het Pool Transport veel meer as ’n vervoerkontrakteur geword. “Hulle hanteer sowat 95% van ons verspreiding, met ’n permanente vloot by ons depots in Worces-

ter, Epping en Gqeberha. Ons het selfs ons slagspreuk verander na ‘ons vervaardig én versprei kartonne’, danksy die sekerheid dat Pool Transport altyd daar is,” sê Erasmus. Hilgardt van Nieuwenhuiyzen, náverkope-bestuurder by Orbit-handelsvoertuie, beklemtoon dieselfde waardes.

Pool het hul eerste Mercedes-Benz-vragmotor in 1974 gekoop en is steeds ’n lojale klant. “Ons werk in ’n uitdagende bedryf waar standaarde soms ontbreek, maar Pool is anders. Hul werksetiek, respek vir mense – of jy die bestuurder is of die vloer vee – en hul Christelike waardes maak hulle uitstaande. Jy kry nie sommer klante wat dekades lank by jou bly en jou mense soos familie behandel nie.”

Hy glo die geheim lê in hul voorbeeld:

“Die Pool-broers is hardwerkend en Godvresend. Die fondament is deur hul pa gelê, maar hulle het dit uitgebrei sonder om hul waardes prys te gee.”

Vir hul vennote is Pool Transport meer as ’n diensverskaffer – die maatskappy is ’n bondgenoot gebou op waardes en verhoudings, en dit al 70 jaar lank.

Driving people, purpose, and community

When Pool Transport hived off 26% of its business shares in 2016 to create a black-owned NPC, the SN Pool Community Foundation, it made a clear declaration: this company is not only about transport, but also about people and community.

For 70 years, Pool Transport has carried goods across South Africa – but through the foundation, it also carries hope, skills, and opportunities into the heart of Worcester and beyond.

According to director Linda Sibeko, the annual mayoral golf day hosted by Pool Transport highlighted a critical need in the community.

“Projects such as educare and skills development centres existed, and people were doing the work, but they struggled with compliance,” she recalls.

Prof. Brian Figaji, chair of the SN Pool Community Foundation, explains: “We wanted to go beyond once-off donations. Our aim was to help small NGOs build capacity – teaching them how to manage their finances, apply for PBO status, and become credible organisations that can attract long-term funding and grow more

independent.”

To ensure meaningful impact, the foundation works with a maximum of twenty organisations at a time.

“Our hope for the next few years is that some of them will become sufficiently independent so that they don’t need us anymore – and we can take new ones on to help them become sustainable,” Figaji adds.

In addition to training and skills development, the foundation also awards once-off grants to established organisations.

Importantly, Figaji stresses its autonomy: “The Pool family does not dictate what we do. They entrusted the community with 26% of their shares – and that commitment will benefit Worcester for generations.”

As Pool Transport celebrates its 70-year milestone, gratitude runs deep. “The company is known throughout South Africa, and the projects they support are visible on all their trucks. They carry a message: Pool Transport is here for the people,” Sibeko proudly affirms.

Baie geluk met die merkwaardige mylpaal van 70 jaar se sukses en voortreflike nalatenskap Hierdie mylpaal weerspieël ’n diepgewortelde besigheidskul tuur van uitnemendheid wat oor dekades strek Deur die jare het julle nie net ’n blywende indruk in die mark gemaak nie, maar ook ’n kul tuur van innovasie en samewerking gehandhaaf wat jul groei en volhoubaarheid verseker het Julle is ’n ware voorbeeld van hoe visie en waardes ’n besigheid oor dekades kan dra en suksesvol kan hou.

Baie geluk aan POOL TR ANSPORT met julle 70ste bestaansjaar!

P3 Management vier saam met julle hierdie indrukwek kende mylpaal. Baie dank ie vir sewentig jaar se volgehoue dienslewering, toew yding en bydrae tot die gemeenskap. Mag daar nog vele jare van sukses, voorspoed en seën volg!

Ons is trots om deel te wees van die Pool-familie en wens julle alles van die beste toe vir die pad vorentoe. bydrae volg! om die die vorentoe.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.