Skip to main content

Standard - Skole Vibes Edition 9

Page 1

9

# Brought to you by the

giving young voices a platform!

COOL STORIES. HOT TOPICS. SCHOOL VIBES.

DANKIE AAN ONS HOOFBORG THANK YOU TO OUR MAIN SPONSOR


2 MAIN SPONSOR / HOOFBORG

nuwe Astrobaan laat hokkieballe laag vlieg W

anneer die stok teen die bal klap, vlieg dit met ’n spoed oor die nuwe, gladde groen Astro-veld. Worcester-Noord Primêre Skool is baie trots op hul splinternuwe hokkieveld – die eerste Astro-veld vir ’n laerskool in Worcester. Die nuwe hokkieveld is op Vrydag 21 Augustus amptelik geopen met hokkiespelers, ouers, borge, personeel en diegene wat gehelp het met die voltooiing van die veld, bekendgestel. Monique Mangiagalli van die skool het gesê die eerste sooi is op 26 Februarie gespit met die uitrol van die skokmat en astro-“turf”, wat op 22 Junie begin het. Die skool se sportvelde lê langs die N1-snelweg by die Rouwweg-kruising. Die droom van ’n eie astro-hokkieveld kom al ’n lang pad, veral sedert verskeie hoërskole hul velde laat bou het. “Dit is ’n reusevoorreg om deel van die ontstaan en uitvoering van hierdie droom te kan wees,” het Cornie Schoeman van die skool gesê. “Die grootste uitdaging was

aanvan­klik om die finansiering vir die hokkieveld te bekom. Gelukkig het ons ’n sterk finansiële span en ondersteunende ouers en personeel, wat saam hierdie droom moontlik gemaak het. “Ons sien hierdie astro-hokkieveld nie net as ’n bate nie, maar as ’n belegging in ons ­leerders en gemeenskap. Hierdie hokkieveld is op toernooi-standaard gebou en bied ons dorp dus ’n geleentheid om met drie astro-hokkievelde in die dorp reusetoernooie aan te bied. Hierdie veld is ook vir ons as WNPS ’n herinnering dat drome waar word. Ons droom al jare van ’n astroveld en ons werk al vir jare baie hard om hierdie droom te verwesenlik. Om hierdie astroveld uiteindelik te kan hê, is ’n ware inspirasie dat ’n mens ­enigiets met harde werk kan laat gebeur. Ons hoop ook hierdie sal die boodskap wees wat na buite gaan – dinge kom nie net vanself nie, maar as ’n gemeenskap saamstaan, kan ons drome waar maak en ’n beter toekoms vir die volgende generasie skep.”

Die hokkiespelers, ouers en personeel van Worcester-Noord Primêre Skool was almal baie opgewonde met die bekendstelling van hul splinternuwe astro-hokkieveld.

Kleintjies haal hoë note

Die junior koor op die verhoog.

Worcester Primêre Skool se junior koor is nie net goed nie – hulle is báie goed! Dié koor is onlangs as die vyfde beste junior koor in die land en die beste junior koor in die WesKaap aangewys. Die skool het die koorlede, sowel as die koor­ afrigter, Hanlie Bruyns, met dié besondere presta-

sie gelukgewens. “Ons is baie trots op ons junior koor, wat weer eens bewys het dat musiek ’n besondere plek in ons skool het,” het die skool in hul gelukwensing aan die kinders gesê. “Ons is só trots op elke leer­ der wat hul stem, talent en hart met soveel passie gee. Dié koor is meer as net stemme – dit is harte

wat saam sing, drome wat saam groei en talent wat saam skitter!” Beide die junior- en senior kore het vanjaar baie goed gevaar. Tydens die onlangse Paarl ValleiEistedd­fod het die junior koor ’n Cum Laude-prys verwerf en die senior koor ’n goue toekenning. Tydens die ATKV Applous en die Tygerberg-­

Internasionale Eisteddfod (TIE) vroeër vanjaar het die kore hul stemme ook laat tel. Die junior koor het by die ATKV Applous goud verwerf en is as afdelingswenner aangewys. By TIE het hulle goud (88,6%) verwerf. Die senior koor het by die ATKV Applous asook by die TIE silwer verwerf (77,6%).


3 MAIN SPONSOR / HOOFBORG

Waar soek jy die son? W

aar gaan jy soek as jou kind môre ’n skooltaak oor die sonnestelsel moet doen? Of wanneer jy vinnig wil uitvind wie Jeanne Goosen was, hoekom die lig brand as jy die skakelaar druk of wat presies op hierdie dag in die geskiedenis gebeur het? Vir duisende Afrikaanse gesinne is die antwoord eenvoudig: Weet. Weet is nie net ’n webwerf nie – dit is ’n volledige Afrikaanse leer-ekostelsel, wat elke dag help om nuuskie­ righeid aan te wakker, kennis uit te brei en leer makliker én lekkerder te maak. Met betroubare en gehalte-­ inhoud in Afrikaans bring Weet skoolwerk, algemene kennis en ontdekking op een plek bymekaar. Die platform is spesiaal ontwikkel om aanvullend tot die skoolkurrikulum vir graad 4 tot 7 te wees, maar die inhoud strek veel verder as die klaskamer. Ouers, onderwysers, hoërskoolleerders en enige nuuskie­ rige leser sal telkens iets waardevols

ontdek. Wat Weet besonder maak, is die gehalte van sy inhoud. Elke artikel word met sorg nagevors, geskryf en geredigeer, en kurrikulumverwante inhoud word deur vakspesialiste gemodereer. Dit beteken gebruikers kan met vertroue weet dat hulle op akkurate, betroubare inligting staatmaak – iets wat vandag al hoe belangriker word. Maar Weet gaan oor veel meer as skooltake. Dit is ’n plek waar ’n mens elke dag iets nuut kan leer. Met “Vandag in die geskiedenis” ontdek jy belangrike gebeure, geboortes en mylpale wat op daardie datum plaasgevind het. Daar is ook vinnige feite en interessante “Het jy geweet?”-brokkies, wat jou algemene kennis uitbrei en jou laat glimlag oor die wonderlike wêreld waarin ons leef. Weet groei boonop voortdurend. Nuwe artikels word gereeld bygevoeg sodat lesers telkens vars inhoud het om te ontdek. Of jou belangstelling nou geskiedenis, wetenskap, geografie, diere,

taal, kultuur of bekendes is – Weet het altyd iets nuuts om te lees. LEER MEER INTERAKTIEF Weet bied ook ’n indrukwekkende versameling hulpmiddels, wat leer makliker en meer interaktief maak. Die woordbank help gebruikers om hul Afrikaanse woordeskat uit te brei en nuwe woorde te ontdek. Klank­ artikels maak dit moontlik om na geskrewe artikels te luister – ideaal vir jong lesers, ouditiewe leerders of enig­ iemand wat graag luister terwyl hulle leer. Die interaktiewe Afrika-kaart neem gebruikers op ’n ontdekkingsreis deur ons vasteland, terwyl die Weetapp toesien dat al hierdie kennis altyd binne maklike bereik is. Een van Weet se opwindendste hulpmiddels is Wouter, Weet se slim kletsbot. Wouter beantwoord vrae binne sekondes deur uitsluitlik van Weet se eie betroubare inhoud gebruik te maak. Of jy hulp nodig het met ’n skooltaak, vinnig iets wil naslaan of sommer

net nuuskierig is oor ’n onderwerp – Wouter staan gereed om te help. Hy kan boonop eenvoudige sketse en illustrasies skep om moeilike begrippe visueel te verduidelik. Só word leer nie net vinniger nie, maar ook makliker en baie meer interessant. Onderwysers gebruik Weet toe­ nemend as ’n aanvullende bron vir lesvoorbereiding, klasaktiwiteite en navorsing. Ouers waardeer die platform as ’n veilige alternatief wanneer kinders vir projekte of take moet naslaan. Kinders ontdek weer dat leer nie vervelig hoef te wees nie – elke artikel, klankgreep, kaart, feit en gesprek met Wouter maak dit maklik om meer oor die wêreld te verstaan.

WEET WERKLIK UNIEK Wat Weet werklik uniek maak, is dat al hierdie hulpmiddels saamwerk. Die webwerf, app, woordbank, klank-artikels, Afrika-kaart, daaglikse inhoud en Wouter vorm saam ’n Afrikaanse leer-ekostelsel waarin kennis, tegnologie en nuuskierigheid mekaar aanvul. Weet bied iets kosbaars – ’n veilige, betroubare Afrikaanse kennisbron vir die hele gesin. Dit is ’n plek waar kinders met selfvertroue kan leer, ouers onder­steuning vind en onderwysers gehaltehulpbronne kan kry. Besoek vandag nog www.weet.co.za of laai die Weet-app af. i Dié berig het oorspronklik op afrikaans.com verskyn en word met toestemming geplaas.

Free HPV shots Thousands of Grade 5 girls across the Western Cape have another opportunity

up HPV vaccines to eligible Grade 5 girls aged nine years and older.

to receive free protection against cervical cancer as the province’s school-based HPV vaccination programme is now underway. The vaccination campaign follows the successful immunisation of 36 841 Grade 5 girls in public and special schools during the first six months of 2026. The Western Cape Government is now encouraging the parents and caregivers of more than 14 000 eligible learners who have not yet received the vaccine to sign the consent forms. The Human Papillomavirus (HPV) vaccine has been proven worldwide to reduce the risk of women developing cervical cancer significantly later in life. Protect your daughter Western Cape Minister of Health and Wellness Mireille Wenger urged parents and caregivers to take advantage of the free vaccination programme. “Parents and caregivers do so much every day to protect their children, and this is one more powerful way to protect your daughter’s future. With one signed consent form you can give her access to a free vaccine that can help prevent a cancer that could threaten her life many years from now. “Nearly 37 000 families have already said yes to that protection, and I encourage every eligible parent and caregiver to do the same.” Between 3 August and 23 September 2026, nurses from the Western Cape Department of Health and Wellness are visiting private, public and special schools to administer free single-dose and catch-

The department said cervical cancer is the second most common cancer diagnosed among South African women and is often caused by HPV. The vaccine is administered during early adolescence, when children have a strong immune response. The upcoming school vaccination programme will also include Tetanus, Diphtheria and Pertussis (TDaP) booster shots for all Grade 5 boys and girls attending public and private schools. The booster is intended to help prevent pockets of diphtheria outbreaks, strengthen school-based vaccination programmes and renew protection against tetanus, diphtheria and whooping cough as immunity from early-childhood vaccinations begins to fade. The department emphasised that vaccines will only be administered to learners whose parents or caregivers have signed and returned the consent forms. “We know that parents and caregivers may have questions about vaccines, and we want you to ask them. Speak to our school health teams or visit your local clinic. “We want you to feel confident about the decision you are making for your child. Ask your child if they have received their consent form and please sign and return it.” For more information on child health and immunisation visit: https://www.westerncape.gov.za/health-wellness/article/ child-health-and-immunisation.

NM10071403-BW030926


4 MAIN SPONSOR / HOOFBORG

Toutrekker staan vas

ym s G r ion e st mp e c or cha W ss e ch

Lienka, Treston and Ben at SA Open Chess Champs

Dié kannetjie kán jaag! Christo van Dyk, ’n graad-6-leerder aan die Laerskool Worcester-Oos, het in die 2025’26_seisoen in die Mega Cart (Ninja Midget)-­ klas by die Mega-ovaalrenbaan in Worcester deelgeneem. Hy het die volgende prestasies vir die seisoen behaal: Algehele eerste plek in Mega-ovaalrenbaan se klubkampioenskap vir die seisoen (klubkampioen) en algehele derde plek in die Boland-kampioenskap vir die seisoen. Hy het die prestasie vir die tweede agtereenvolgende jaar behaal en Boland-kleure ontvang.

T

hree Worcester Gym chess talents – Preston Hartman, Ben Barnard, and Lienka Viljoen – proudly represented the school at the South African Open Chess Championships from 2 to 5 July in Primary and Secondary Schooling (K-12) Preston Hartman won three of his seven matches, finishing 29th in his age group.

Ben Barnard impressed with four and a half wins out of seven, securing 12th place in his age group. Lienka Viljoen delivered an outstanding performance, winning five and a half out of seven matches to claim third place in her age group, a phenomenal achievement.

Zenobia Bezuidenhout van Worcester Gimna­ sium het onlangs Goudini en die Wynland by die Weskaapse toutrek-klubkampioenskap verteen­ woordig. Haar span het goud in 540-kg-afdel­ ing vir vroue verower. By die WP/Wynlandstreekkam­pioenskap het hulle twee goues in die 500-kg- en 500-kg-o.23-vroue-afdelings verower.


Jou Droommotor Wag by Nortier Motors Nortier Motors is sedert 1 Mei 1996 'n huishoudelike naam in die Wes-Kaap, en het hulself gevestig as die toonaangewende handelaar van tweedehandse voertuie. Wat eens in Worcester begin het, het oor die afgelope amper 30 jaar gegroei tot 'n handelsmerk wat nasionaal bekend is vir sy uitstaande gehalte, eerlike diens en onverbeterlike kliënteverhoudinge. Of jy nou in die Boland, die res van die WesKaap, Namibië, of elders in Suid-Afrika woon, Nortier Motors is jou betroubare vennoot in die aankoop van 'n voertuig. Ons is trots daarop dat ons duisende kliënte oor die jare gehelp het om die regte motor vir hul behoeftes te vind. Ons wyse van besigheid is gebaseer op die beginsels wat in die biografie "Aan Die Stuur" van die bekende motor-ikoon Brand Pretorius uiteengesit word. Soos Pretorius, glo ons vas in integriteit, kliëntetevredenheid en die bou van langtermyn verhoudings.

'n Motor vir Elkeen

By Nortier Motors is daar iets vir almal. Ons bied 'n wye verskeidenheid van sorgvuldig nagekose voertuie, van bekostigbare stadsmotors tot luukse gesinsvoertuie. Ons bekostigbare pryse maak dit moontlik om daardie droommotor te bekostig sonder om 'n gat in jou sak te brand. Ons diens eindig ook nie by die verkoop nie. Ons glo in uitstekende na-verkope diens, want ons verhouding met jou as kliënt is belangrik. Ons bied ook maklike finansieringsopsies aan en verwelkom inruilings. Bring net jou ou motor en ons help jou om die pad na jou nuwe motor te begin.

Kom Loer In en Ervaar die Nortier Motors Verskil

Vir drie dekades het ons 'n reputasie opgebou van eerlikheid en betroubaarheid. Kom besoek ons en ervaar die verskil self.

Nortier Motors: Jou pad na die perfekte motor.

Kontakbesonderhede:

Adres: Hoogstraat 138, Worcester | Telefoon: 023 347 2159 Webwerf: www.nortiermotors.co.za


6 MAIN SPONSOR / HOOFBORG

Blyspel hou gehoor vasgevries D

ie Worcester-stadsaal het op 30 en 31 Julie vir ’n tyd lank in ’n wonderwêreld verander – ’n wêreld van ys en sneeu, pratende sneeumanne en twee susters wat ’n groot uitdaging moes oorkom. Worcester Gimnasium se akteurs het die gehoor tydens hul tweejaarlikse musiekblyspel op hul sitplekke vasgevries gehou. Die stadsaal het uit sy nate gebars en man en muis was op hul voete om dawerende applous te gee. Vanjaar was dit Frozen The Musical wat die gehoor na ’n wonderwêreld van intrige meegevoer het. Asemrowende dekor en kostuums het gesorg vir ’n skouspel van sang, drama en dans. Die hoofrolle is vertolk deur HanOnalo Mzazela het die rol van die vermaaklike nah Moore as Elsa en Miecke Smith sneeuman, Olaf, gespeel. as Anna. Die jong Anna was gespeel deur Isabel Becker en Jana Meyer sneeuman Olaf en Lameez Sedan as en jong Elsa deur Phia Bornman en Sven. Alese le Roux. Lize Viljoen en Ricardo Lavalle Wildskut het die rol van Bornman het die rolle van hul ouers, Prins Hans vertolk, John Henry Finn Koning­in Iduna en Koning Agnarr, was Duke of Weselton en Markus vertolk, met Andrew Möller as Kristoff, de Klerk en Nadine Vermeulen was Onalo Mzazela as die immergewilde ­Pabbie en Bulda, met Juan van

Hannah Moore as Elsa in Worcester Gimnasium se vertoning van Frozen.

Niekerk as Oaken en Mikayla Snygans wat die verteller was. “Soos gewoonlik was die ensemble van ritme, goue stemme, pragtige danse en uiters talentvolle akteurs afgerig en op die planke gebring met professionaliteit wat ver verby die

gehalte van die alledaagse hoërskoolproduksie strek,” het Christel Erasmus van Worcester Gimnasium gesê. “Dit het definitief baie sterk aan Artscape herinner!” Worcester sien reeds uit na 2028 se blyspel!

Miecke Smith as Anna en Lavalle Wildskut as Prins Hans.

Die gehoor was meegevoer deur die opvoering van die gewilde geanimeerde verhaal van Frozen danksy die dekor, kostuums en ure se harde oefening deur die spelers.


7 MAIN SPONSOR / HOOFBORG Die Donkies se Werno Ramsauer mik vir die doellyn in hul magstryd teen die Kwaggas van die Hoërskool Outeniqua. FOTO: FACEBOOK/BELEEF HTS DROSTDY

WORCESTER WEN interskole-stryde Ronél van Jaarsveld

E

en van die hoogtepunte op die skolesportkalender is die groot sportkragmetings wat bloed, sweet en trane verg. Die wintersportseisoen loop met dié wedstryde tot ’n einde. HTS DROSTDY PAK DIE HOËRSKOOL OUTENIQUA HTS Drostdy het sy aartsnemesis op die sportveld, die Hoërskool Outeniqua van George, voorverlede naweek (op 14 en 15 Augustus) die stryd aangesê. Toeskouers het van oral gekom, met die pawiljoen wat gepak was vir die eerste rugby­spanne se wedstryd. Drostdy se eerste span het ná ’n naelbyt- wedstryd as die wenner weggestap, met ’n telling van 37-26. Al die rugbyspanne, behalwe die o.16A’s, het hul wedstryde teen Outeniqua gewen. Die eerste netbalspan het met 13-28 die knie gebuig. Op die hokkieveld was die stryd fel, met die meisies- eerste span, wat met ’n gelykoptelling van 3-3 tevrede moes wees. Die seunspan het met 1-3 verloor. WORCESTER GIMNASIUM PAK HERMANUS Op die selfde dag het Worcester Gimnasium ook die bul by die horings gepak met sy interskolewedstryde teen die Hoërskool Hermanus.

Groot gees het by Worcester Gimnasium se ­interskole-wedstryde geheers, met die Bosvarke wat as die algehele wenner gekroon is. FOTO: FACEBOOK/WORCESTER GIMNASIUM seuns se eerste hokkiespanne is tussen die twee skole gedeel. DIE HOËRSKOOL MONTANA TEEN SWELLENDAM Op die rugbyveld het die Hoërskool Montana se eerste span koning gekraai teen die span van die Hoërskool Swellendam met ’n telling van 2319. Die o.16A-span het sy wedstryd met 17-12 en die o.15A-span met 14-12 gewen. Op die netbalbane het die spelers hard gespook vir elke punt. Die o.18A-span het 21-39 verloor, die o.17A-span se telling was 17-26, die o.15A-span het 14-12 gewen en die o.14A-span 16-11. Gimnasium se eerste rugbyspan het Hermanus Die o.19A-seunshokkiespan het 0-3 verloor en 54-15 geklop, terwyl die seuns en meisies se nasium trots as die algehele wenner weggestap. die o.16A-seunshokkiespan 1-3. ­hokkie- eerste spanne in beide hul wedstryde 1-1 Die eerstespanbeker vir krieket het saam met Die o.19A-meisiespan se telling was 0-5 en die gelykop was. Gimnasium huis toe gegaan, asook die gholfbeker, o.16A-meisiespan se telling was 0-2. Die stryd op die netbalbane was een-vir-jou, die rugbybeker en die eerste rugbyspan se beker. In skaak het die A-span gelykop gespeel en een-vir-my met ’n gelykoptelling van 17-17 vir die Die Hoërskool Hermanus het die swembeker die B-span het 5-1 gewen. Op die gholfbaan het eerstespan. verower, asook die tennisbekers vir die eerste Swellendam met 35-31 gewen. Die skaakspan het ook 6-6 elk geëindig. spanne vir beide seuns en meisies. In die vasvra-afdeling het Swellendam 66-42 Aan die einde van die dag het Worcester GimDie skaakbeker en bekers vir die meisies en gewen.


THANK YOU TO OUR MAIN SPONSOR


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Standard - Skole Vibes Edition 9 by Novus Media - Issuu