Skip to main content

Standard-WZ-Standard Breederivier Gazette-2 April 2026

Page 1


Thursday, 2April 2026

Tel: 023 3470968

GeregtigheidvirWalters

onnisnámoord

Drie jaar ná die moord op ’n boervrou van die Ceres-Karoo is twee van haar moordenaarsindie Worcester-streekhof tot 42 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Willem Olivier (52) en Kelvin Vlok(24) het vroeër skuld beken aan die grusame moord op die 77-jarigeChristina Walters op 4Maart 2023 op die plaas Papkuil in die Ceres-Karoo naby Calvinia.

Olivier en Vlok het saam met ’n 20-jarige medepligtige tereggestaan op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Die 20-jarige beskuldigde was tentyde van die moord minderjarig en mag volgens die Strafproseswet nie geïdentifiseer word nie, al is hy reeds volwasse. Hy is effektief tot15jaar direkte tronkstraf vir sy aandeel in die moord gevonnis.

Al drie is ongeskik verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Volgens die klagstaat hetOlivier op die onheilspellende dag vir Vlok en die minderjarige gevra om homnadie plaas Papkuil te vergesel om ’n beweerde loongeskil tussen hom en Walters, in wie se diens hy ten tyde van die moord was, op te los. Aangekomopdie plaas, het Olivier vir Walters vir twee sigarette gevra. Met haar terugkeer, nadat sy die sigarette gaan haal het, het die drie mans haar gegryp, haar na buite die huis gesleep en haar met ’n belt en lemmetjiesdraad om haar handeen nek vasgebind. Hulle het haar herhaaldelik geskop terwyl sy op die grond gelêhet

Olivier het vir Vlok opdrag gegee om die huisbinne te gaan en waardevolle items te neem, terwyl hy en die minderjarige buite by Walters gebly het wat op daardie stadium in erge pyn op die grond gelêhet Vlokhet teruggekeer metkruideniersware, alkohol, ’n selfoon en vier vuurwapens en ammunisie. Die driestuks het toe’nvuurwapen geneem en beurte gemaak om op Walters te skiet terwyl sy hulpeloos op die grondgelê het.

Hulle het metdie buit en die vuurwapens vertrek en na Olivier se woning by Klein Papkuil gegaan.Vlok en die minderjarige het hier ’n donkiekar gebruik om die vuurwapens en ammunisie in dieveldte versteek.

Die polisie het die beskuldigdes in hegte-

nis geneem nadat hulle inligting opgevolg het.Die beskuldigdes het met die polisie saamgewerk, dievuurwapens uitgewys en die minderjarige het diemisdadewat hulle gepleeg het,erken. Hulle het al drie ’n pleit-envonnisooreenkoms met die staat aangegaan en skuldbeken.

Die beskuldigdes, wat die verdoemende bewyse en die moontlikheid om voor die waarnemende streekshof-aanklaer, Amisha Ratanjie, te verskyn,besef het,het die hof se voorgestelde vonnis aanvaar.

Die hof het hulle skuldig bevind en Olivier en Vlok gevonnis tot12jaar direkte gevangenisstraf vir roof met verswarende omstandighede, 30 jaar direkte gevangenisstraf vir moord,10jaar direkte gevangenisstraf vir dieonwettigebesit van ’n vuurwapen en 10 jaar direkte gevangenisstraf vir die onwettigebesit van ammunisie. Die hof het gelas dat die vonnisse vir die onwettigebesit van ’n vuurwapen en diévan ammunisie samelopend met diemoordvonnis uitgedien moet word.

Die hof het die 20-jarige ingevolge Artikel71van die Kinderregswet,75van 2008, gevonnis tot10jaar direkte gevangenisstraf vir roof met verswarende omstandighede, 20 jaar direkte gevangenisstraf vir moord, waarvan vyf jaar vir vyf jaar opgeskort is op voorwaardedat hy nie gedurendedie opskortingstydperk skuldig bevind word aan ’n misdryfwaarin geweld teen ’n ander persoon gepleeg word nie. Hy is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis vir die onwettigebesit van ’n vuurwapen, asook vyf jaar vir die onwettigebesit van ammunisie. Die hof het gelas dat dievonnisse vir roof met verswarende omstandighede, die onwettigebesit van ’n vuurwapen en dié van ammunisie gelyktydig saam met die moordvonnis uitgedien moet word Die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolgings, adv. Nicolette Bell, het Ratanjie en die ondersoekbeampte, adj.-offisier VanWyk,geprysengesê datsulkegewelddadige misdadigers “nie oornag engele word wat skielik hul foutebesef nie”. Sy het aangevoer dat die beskuldigdes skuldig gepleit het omdat hulle besef het dat die bewyse teen hulle verdoemend was.

“Die aanval op die bejaarde vrou kan nooit aanvaar of geregverdig word nie. Ons hoop die familie vind vertroosting daarin dat die oortreders van dié gruwelikemisdaad vir ’n lang tydindie tronk sal wees.”

Die vermoorde Christina Walters
Willem Olivier Kelvin Vlok

Fuelincreaseshock

South African motorists arefacing the largest fuel price increases in the country’s history following apetrol price increase of R3.06 per litre on Wednesday 1April,withdiesel rising by morethan R7.00 per litre.

The Department of Petroleumand Mineral Resources announcedthe adjustmentsonTuesday, 31 March, following severe market disruptions causedbythe US-Iranconflict.

The United States attacked Iran on 28 February in an operationdesignated “Epic Fury”.

Retaliatory strikes by Iran andthe closure of the Strait of Hormuz pushed globaloil prices above $100per barrel, whilstinvestors withdrew from riskier markets, weakening the rand.

FUELLEVYREDUCTIONIMPLEMENTED

National Treasury will implementa temporary fuel levy reduction of R3.00 per litre from 1April to 5May to mitigate the impact on consumers.

Diesel priceswill increasebyR7.37 per litre for 0.05% sulphurdiesel and R7.51 per litre for 0.005% sulphurdiesel. Illuminating paraffin will rise by R15.60 perlitre.

The randdepreciated from16.00 to 16.64 against the US dollar during the review period, contributing 56.18 cents per litre to petrol pricesand 78.07 cents per litre to dieselprices.

Internationalproduct prices increased by R5.26 per litre forpetrol, R9.49per

litrefor diesel andR10.80 per litrefor illuminating paraffin.Propaneand butane pricesremained unchanged due to lower demand asthe Northern Hemisphere entered warmer weather, thoughshipping costs increased due to the Middle East conflict.

The Minister of Finance announced in his budget speech on 25 February that the fuellevy on petrol anddiesel would increase by nine cents per litreand eight cents perlitre respectively. The carbon levy will increase by fivecents per litre forpetrol andsix cents per litrefor diesel.

TheRoadAccident Fundlevy on both petroland diesel willincrease by seven cents perlitre to 225 cents per litre.

With the temporary R3.00 reduction, the fuel levy for petrolwillbe129 cents perlitre and for diesel 116 cents per litre during the intervention period.

PUMPPRICESFROM1APRIL

Inland pumppricesfrom 1Aprilwill be R23.25 per litrefor 93 octane petrol and R23.36 per litrefor 95 octane petrol. Coastal prices willbeR22.46 per litrefor 93 octane petroland R22.53 per litrefor 95 octane petrol.

Wholesale diesel pricesinland will rise toR25.90 per litrefor 0.05% sulphur and R26.11 per litrefor 0.005% sulphur.

Coastal wholesalediesel willbeR25.07 perlitre and R25.35 per litrerespectively.

LPGprices in Gauteng willincrease by R1.08 per kilogramme to R36.05 per kilogramme

‘Standard’kry nuwe

Standard Breederivier Gazette het vandeesweek ’n bekende gesig permanent in sy span verwelkom

Enrico Claassen, wat reeds vir jare as vryskutvir Standard skryf, is van 1April af as voltydse joernalis by die koerant aangestel.

Claassenneemoor by Ronélvan Jaarsveld, wat sedertJanuarie 2025 as voltydse joernalis gedienhet

Van Jaarsveld sal wel steedsin haar vrye tyd vir Standard verdere bydraes lewer.

Claassen is ’n boorling vanWorcester Hy het sy joernalistieke loopbaan in 1998 by die destydse Worcester StandardElectric Press begin ’n Paar jaar later het hy sy vlerke gesprei en as verslaggewer by DieBurger (Oos-Kaap)gaan werk.

Omstreeks 2005 hethyassenior verslaggewer by die koerant Son in Kaapstad ingeval.

Hy is kort hierna as subredakteur, later as inhoudsredakteurentoe assistent-nuusredakteur aangestel.

bloed

EnricoClaassen

Claassen hetinomstreeks 2014 by die Son se Oos-Kaapse kantoorin Gqberha aangesluit.

Hy sê as voltydse joernalisby Standard sienhydie meeste daarna uit om onder meer “brandende kwessies in die gemeenskapaan te pak metdie doel om positiewe verandering teweeg te bring”.

Worcester-polisie lê op N1

beslag op besending Tik

Nóg’ngroot dwelmfonds is in Worcester gemaaknadat die Worcester-polisiese misdaadvoorkomingseenheid dwelms ter waarde van meer as R209000 in ’n vragmotor op die N1-snelweg gevind het

Die eenheid het inligting ontvangdat ’n vragmotorverledeSaterdag (28 Maart) van Kimberley na Kaapstad met’n besending dwelms sou reis. Hulle hetdie vragmotor afgetrek toe dit op dieN1-snelweg naby Meiringspark in Worcester was. Die vragmotorisdeursoekendie polisiehet afgekomop1,045kg metamfetamien, ookbekend as Tik, wat in ’n plastiekhouer gestoor is.

’n Verdagte,’nZimabwiese man(36), is in hegtenis geneemopdie klagte van die besit vandwelms. Hy hetdie afgelope Maandagindie Worcester-hofverskyn

Dit is die soveelste dwelmfonds wat in ’n kort tydperk gemaakis.

Die polisie in Somerset-Weshet ook verledeDonderdag(26 Maart) ’n vrou aangekeer watop’npassasiersbusop padnaKaapstad toe gereis het. Daar is 6500 sintetiese cathinone-tablette in haar bagasie ontdek, waarvandie straatwaarde sowat R520000 is. Cathinoneis ookbekend as khat.

Vyf vroue is verledeSaterdag (28Maart)bydie OR Tambo-lughawe in Johannesburg aangekeer nadat dwelms ter waarde vanmeer as R5miljoen in hul klere en bagasie versteekwas.Die polisievermoeddat die dwelms op pad na China was.

In sy mees onlangseverslag, “Western Cape Gang Monitor” vanMaart2026, skryfdie Global Initiative Against Transnational Organised Crime (GI-TOC) dat dorpe aandie Weskus, soosSaldanhabaai en Vredenburg, al meer diespeelgrond word vaninternasionale sindikate en plaaslike bendes wat betrokke is in die dwelmbedryf. SaldanhabaaiisSuid-Afrika se diepste natuurlike hawe. Volgens dieverslag raak diewêreldwye kokaïen-industrie al groteren sindikate ontwikkelnuwemaniere om hulprodukte by hulverbruikers te kry. Suid-Afrikaansekriminele groepe speel ’n al groterlogistiekerol in dieglobale verspreidingsketting

“Indie Wes-Kaap, byvoorbeeld, gaan haal bendesvolgensberigtepakkies kokaïeneuit internasionale waters en stoor ditvir transnasionale sinkdikate,” sê die verslag.

Groothoeveelhede kokaïenespoelteen diekuslyn uit. Ditlaatdie vermoede ontstaandat internasionale handelsnetwerke besendings metdwelms in waterdigte verpakking in Saldanhabaai van vragskepe,wat tussen Suid-Amerika en Asië reis,afgooi

Diébesendings worddeurplaaslike vissermanne,wat bande metdie bendes het, uitgehaalengestoor. Diédwelms worddan in kleiner versendings na groter afsetgebiede gestuur.

Verspreidingsnavrae/ Distribution queries: 079649 0308 efan@novusmedia.co.za)

Redakteur/Editor: Maryke Swart ke.swart@novusmedia.co.za

Joernalis/Journalist: Enrico Claassen

o.claassen@novusmedia.co.za)

Uitgewer/Publisher: Stefan Kolver efan@novusmedia.co.za)

Die Worcester-polisie hetin’nvragmotor watoppad Kaapstad toewas op dwelms vanmeerasR200000 afgekom. Foto:Verskaf
Altesaam 69 pakkies chrystalmeth en Mandrax-tablette is in die besit van’nman (28) in Manenberg,Kaapstad gevind.Dié verdagte het die afgelope Maandag (30Maart) in die Athlone-hofverskyn. Foto:Verskaf

Verbypad eindelik oop

Die Malmesbury-verbypadvan R693 miljoen is op Dinsdag 31 Maart met groot opgewondenheidgeopen. Dit nadatdie bouwerk van dié6,7 km lange pad bynadriejaar gelede in Mei2023 beginhet.

Die verbypad, wat strekvan die Hopefield-wisselaar op die N7-snelweg tot by die aansluitingvan dieR45 na Wellington en die R46 na Riebeek-Kasteel, se amptelike opening het gepaardgegaan met honderde glimlagte, kleurvollebalonne en groot opwinding onder elkeenwat bydie

massiewe projek betrokke wasendit laat realiseerhet.

Die provinsiale minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers, wat die spesiale geleentheid bygewoon het, het kort voor die seremoniële knip van die lintbenadruk hoe hierdie projek 287 werksgeleenthede geskep het,terwyl ’n verdere 39 plaaslike ondernemings en 15 opkomende kontrakteurs ondersteun is. “Die projek saldie plaaslike ekonomie, veral die landbousektor in die streek, in staat stel om te groei en selfs meer werksgeleenthede te skep. Dit is waarom onsindie Wes-Kaap bou–om ekonomiese groeimoontlik te maak sodat werk geskep kan word.”

Die Wes-Kaap se premier, Alan Winde,

het op sy beurt gesêhierdieprojek is ’n belegging in die toekoms van die provinsie. “Elke kilometer van ’n goedgeboude pad ontsluit geleenthede. Dit verbind gemeenskappe, ondersteun sake-ondernemingsenskep werk. Infrastruktuur soos hierdie is die ruggraat van ’n groeiende ekonomie, wat die doeltreffende beweging van goedere en mense moontlikmaak.”

Touwsrivier vier Menseregtemaandmet inligting

EnricoClaassen

Die eens stil gemeenskap van Touwsrivier hetverlede Donderdag(26 Maart) ’n merkwaardige oplewing beleeftoe verskeie staatsdepartemente, organisasies sonderwinsoogmerken diensverskaffers koppe bymekaar gesit hetominwoners te ondersteun en te bemagtig en om Menseregtemaand met ’n fokus of geslagsgebaseerde geweld te vier.

Onder die bekwame leierskap van Bianca Oransie, gemeenskapsontwikkelingswerk-

er van die departement van plaaslike regering, is hierdie inisiatiefsuksesvol as deel van dieMenseregtemaand-vieringe aangebied.

Diegemeenskapsontwikkelingswerkersprogram, in vennootskapmet die raadslid RusselJohnson, het’nsleutelrol in diekoördinering van die dag se aktiwiteite gespeel.

Verskeie belangrike departemente het waardevolleinligting aan diegemeenskapoorgedra

Adv.Cindy Abdol van die nasionalevervolgingsgesag(NVG) hetinwonersingelig oor hul

regte binne die strafregstelsel, insluitend die proses vansake aanhangigmaak,die beskerming van slagoffersengetuies, asook die belangrikheid daarvan om misdaad aan te meld

PeterTitus van die regeringskommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS) het gefokusopdie verspreiding van betroubare regeringsinligting,eninwoners bewus gemaak vanhoe om toegangtot dienste, programme en geleenthede wat deur die staatbeskikbaargestel word, te verkry

Charlene Leenderts van die

departement van maatskaplike ontwikkelinghet ondersteuning en leiding gebiedrakende maatskaplike toelaes, gesinsdienste, kinderbeskermingen programmevir kwesbaregroepe in die gemeenskap. Kapt. Nompumelelo Mavata vandie polisie hetveiligheidsbewustheidbevorderdeurinwoners in te ligoor misdaadvoorkoming, die belangrikheid van samewerkingmet die polisie,en hoedie gemeenskap hulself en hul eiendom beter kan beskerm.

Benewensstaatsdepartemente het verskeie organisasies ook

hulondersteuninggetoon

DieVerenigingvir Persone metGestremdhede (APD)het gefokusopdie regte en ondersteuningvan persone metgestremdhede

Plaaslike organisasies sonder winsoogmerkvan Touwsrivier hetook huldienste en programmebekendgestel wat daarop gemikisomdie gemeenskap te versterk.

Dieinisiatief hetTouwsrivier en omgewing se inwonersdie geleentheidgebiedomdirek verskeie metdiensverskaffers te skakel.

As we celebrateEaster, we thinkabout hope,renewal, compassion,and unity. This time of year is specialfor reflecting, having faith, and spending time with family, friends,and our communities.

Easterreminds us that even duringtoughtimes, there is always hopefor newbeginningsand abrighter future.As amunicipality,we arecommittedtoworking with our communitiestocreatea Langebergthatis caring,strong,and fullofopportunities foreveryone.

Iencourageall residentstouse this Easterperiodnot just forrest, but also to supportone another,show kindness, and keep building strong andunited communitiesacrossLangeberg

MaythisEasterbring peacetoyourhomes,hopeto your hearts,and renewedstrength forthe months ahead.

On behalfofthe Langeberg Municipality, Iwish allour residentsa blessed,safe,and peaceful Easter.

AldermanSchalkvanEeden

ExecutiveMayor Langeberg LocalMunicipality

Die lint is geknip en dienuweMalmesbury-verbypadisnou amptelik oopgestel virverkeer
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde,enSwartland-burgemeester,HaroldCleophas, by die amptelike opening vandie Malmesbury-verbypad
DieR45 en R46.

Victoriaparkvier 50 j.

EnricoClaassen

Victoriapark Primêre Skool in Worcester is vanjaar 50 jaar oud en hierdie mylpaalgaan gepaard met ’n rits prettige aktiwiteitevir die res van die skooljaar.

Die 50steverjaardagvieringhet die verlede Sondag (22 Maart) op ’n godsdienstige noot begin met ’n dankseggingsdienswat in die skoolsaal in Rainierstraat gehou is.

Die diens is later met ’n pretdag opgevolg.

VolgensHildegard Lombard, die skoolhoof en ’n oudleerder van Victoriapark Primêr,word ’n lootjietrekkingentwee Down Memory Lane-gesellighede –een vir oud-kollegas en eenvir oud-leerders –vir die tweede kwartaal beplan.

Sy sê virkwartaal 3word ’n sportdag en ’n mnr. en mej. Victoriaprark Primêr beplan.

Die feesvieringe word in die vierde kwartaal met ’n debutantebal en kermisafgesluit

Hou die skoolseFacebook-blad dop vir nogbesonderhede oor hierdie aktiwiteite.

Volgens Lombard het die skoolsydeurein1976 geopen as Laerskool Nommer 3met Tommy Abrahams destyds die eerste skoolhoof

Die skool se naam is in 1977na VictoriaparkPrimêr verander –vernoemnadie woonbuurt aangrensend die skool.

Volgens haarhet Abrahams in dieselfde jaaraan die vestiging van die etos van die skool begin werk deur die lirieke van die skoollied te skryf –’nlied waarop

elke opvoeder, leerder en ouer tot vandag baie trots is.

Die skool se destydse musiek-onderwyseres, Cynthia Ferus, het aan die musiek en melodie van die skoollied gewerk.

Die raad en kundigheid van Charles Jansen en Denovan Lyners is ingeroepommet die toonset en melodie van die skoollied hand by tesit

Lombard sê die vier pilare voor die skoolgebou vergestalt die grondslag waarop die skool gebou is –geloof, akademie,kultuur en sport.

Volgens haarwas die skool se leuse, Carpé Diem (Gryp die Dag), destyds ’n aanbeveling van die kringinspekteur, eneC.Franken.

Die skool is die afgelope 50 jaar geseëndmet goeie leierskap.

Abrahamswas die hoofvan 1976 tot 1981, waarnahyas skoolhoof na Esselenpark Senior Sekondêre Skool gesekondeer is.

Peter Taylor het van 1981 tot 1989 tot Abrahams se terugkeer as hoof by Victoriapark Primêr waargeneem.

Abrahams was totsyaftrede in 1993die hoof.

Anthony Jacobs wasdie hoof van 1994 tot 1998, waarna Ruben Titus tot sy aftrede in 2024 by hom oorgeneem het.

Tituswas ook die eerste oudleerder vanVictoriapark Primêr wat sy onderwysloopbaan in 1987 by sy alma mater begin het.

Volgens Lombard het VictoriaparkPrimêr oordie jare heen groot hoogtes en talle prestasies op akademiese- ensportvlak asook ander fasette van die onderwys bereik

Matricsrequire quiet

Loudmusic on daily, arguments,shouting,constant movement of people, street noiseand weekend parties.

These are just some of the educationalbarriers that concerned parents from Riverview Flatsin Worcester have brought under the attentionoflocal community educationalactivist Christopher Cox.

He said these were significantly hindering Grade 12 learners living in the area in particular.

Cox highlighted all this when reaching outtothe Cape Winelands Education District Office in Worcester andrequested an urgent meeting for Friday 13 March to discuss the matter.

However, he had got no response from the office.

Cox pointed out that the matric year is academically demanding, emotionally intense andcareer defining.

“Unfortunately, the living conditions in Riverview Flats[andI believe in the Roodewal flats also] are making it nearly impossible for many learners to compete on an equalfooting with their peers.”

He said the constant noise and distractions mentioned above resulted in poor concentration, difficulty studying for extended periods, poor sleep before examinations andlowermemory retention.

Subjects such as Mathematics, Physical Sciences and Accounting

require deep focus. “The current environment makes this extremely difficult.”

He said another concern were safety and environmental risks.

“The area faces crime, peer pressure involving drugs and alcohol, gang influence and fear when walking to libraries or study groups.” These caused constant distraction and fear, exposure to harmful behaviour and interrupted schooling.

“I must also respectfully place on record that theSouthAfrican Police Service, Law Enforcement, andWorcester Municipality were already informed of these concerns at aprevious community meeting. Unfortunately, to date, no meaningful change has materialised.”

Cox appealed to thenewly-appointed Director of theEducation District’s Office: “We urgently request ameeting to explore possible interventions, such as after-hours supervised, safeand quiet study spaces in schools as well as internet-access support initiatives.”

Kerry Mauchline, spokesperson for Western CapeEducation MEC David Maynier, said: “This seems to be anoise complaint for aresidential area unrelated to a school.”

Chad Malgas, Breedevallei municipal spokesperson, said all complaintsrelating to public disturbances shouldbedirected to themunicipality’s Service Support Centre. He said matters are assessed and prioritised for action by theLaw Enforcement Unit in line withprescribed service standards and resource availability. Malgas pointed out that certain complaintsfell outsidethe municipal mandate, requiring theintervention of role-players such as privatesecurityproviders or the police. He said excessivenoise, social disturbances and increased activityover weekendsideally entail respect and consideration. “Common courtesy and dignity cannot be enforced solely through institutional mechanisms.”

W/O VathiswaJacobs, police spokesperson, said thepolice were aware of thecomplaints.

Riverview Flats Photo: Fabio Julies

Arts help tallemet oë

’n Kort operasie wat inwoners se sig herstel, gee hulle weer hoop om onafhanklik en normaal te kan funksioneer. Daar is van 16 tot 21 Maart katarakoperasies by die Worcester-hospitaal gedoen.

GertOpperman van Tulbagh was een van die eerste pasiënte wat geopereerisop16Maart en sê weensdie katarakoperasie wat hy benodig het, wasdaar baie druk op sy huishouding. “Ek het gewoonlik vragmotors bestuur, maar ek kon niemeer nie. Ek wil graag weer my openbare bestuurspermit kry,” het hy voor die operasie gesê.

Elizabeth Manus van Ceres het ook dié oggend gekom vir ’n katarakoperasie en gesê sy wil graag weer onafhanklik wees. Weens die impakvan die katarak gaan sy selde winkels toe. Ook deel van hierdie groep was Coen Hoffman van Kleinmond. “Ek sê vir my vrou,

hierdie is my verjaardaggeskenk!” het hyopgewonde gesê. Hyhet op 19 Maart sy 70ste verjaardag gevier.

“Dis fantastiesom’ndiens soos hierdie te kry,” het hy gesê Eenvan die kennersvan Tygerberg-hospitaal watdeel isvan die span wat uitgereik hetnaWorcester-hospitaal om pasiënte van die Langeberg, Breedevallei en Witzenbergte help,isdr. Nina vander Merwe. Sysêinhaar loopbaanhet sy al aan sowat 15 uitreike soos hierdie deelgeneem,endit lê haar baie naaan die hart. ’n Katarakoperasie maak ’n grootverskil aan mense se waardigheid en onafhanklikheid.

“Katarakoperasiesseimpak het ’n uitkring-effek in die gemeenskap,”het sy gesê. “Ek weet nie van nog ’n 12-minuut-operasie wat ’n verskil kan maak soos katarakoperasies nie.”

Die inisiatief was’nspanpoging tussen die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand en verskeie ander vennote.

Gesondheidsdienste is ook in die Langebergversterk deur tandheelkundigeenoogsorgdienste aanjongmense te bied Daarisook opleiding aan gesondheidswerkersverskaf. Ons wil graagalles in ons vermoë doen om van’nvroeë ouderdom af te help datkinders die ondersteuningkry wathulle nodighet om te floreer,”sêdr. Nellis Beyers, die mediesebestuurder vandie departement in die Langeberg-omgewing. Daar is ookopleiding by kinderontwikkelingsentrumsaangebied om die welstand vanjong kinders verder te bevorder.

Inwoners kon van19tot 21 Maart tussen 09:00 en 14:00 die Robertson-gemeenskapsaal in Hospitaalstraatbesoek vir gesondheidsiftingsdienste om siektes vroeg te identifiseer, en vir hulp om jougesondheidte beskerm

’n Spesiale inligtingsessie is ookop21Maart van 09:00 tot 14:00 in die gemeenskapsaal gehou vir diegenewat belang stel in ’n loopbaaningesondheidswetenskappe.

Tuberkulose‘is

nié ongeneesbaarnie’

TurberkuloseistussenApril 2025 en Februarievanjaar by meer as 48000 menseindie Wes-Kaapgediagnoseer.Bykans die helfte is jong volwassenes tussen die 25 en 44 jaar oud. Wêreld TB-dag is op 24 Maart metbewusmaking oordie geneesbaarheidvan dié siekte gedenk. Volgens die Wes-Kaapse departementvan gesondheidhet slegs90% van diemense wat in die provinsie gediagnoseeris (dus 43200) behandeling begin. Die departement hetinFebruarie sy hoogste toetsingsyfer van40000 mensebehaal Tydens Wêreld TB-dag het Fred Wincone, wat herhaaldelik TB gehad het, dieinwoners vanAvianpark in Worcester moed ingepraatengesêTBkan geklop word. Sy boodskapwas eenvoudig: Neem joumedikasie en luisternadie raadvan die gesondheidswerkers. Wincone hettydens ’n geleentheidwat die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand by dieAvianparkkliniek gepraat om die gemeenskapsekennisoor TB te verskerp. Mensewat diesiekte oorwin het, is ookgevieren gesondheidswerkersisbedank. Wincone hetvertelhyhet herhaaldelik TB gekryomdat hy nie sy medikasie geneem het soos hy moes nie en aangehou het om gereeld baiealkohol te drink.“’n Verpleegster hetgesê drank en medikasiewerknie saam nie. Ek hetook ’n baba

gehad,wat ek graagwou sien grootword,” hethyvertel.Hy kyk metdankbaarheid terug op diedriejaar wat hy genees is “Jymoetjou pille neem.Jy moet ditnie skip nie. Ek het elke dag en nouisekgesond. Moenie skaam wees dat jy TB hetnie;dit kan genees word.” Inwonerswat vermoed hulle hetTBofeen van die simptome toon, kan by hulnaaste kliniek aanklop.Dit sluit in sweet snags, ’n aanhoudende hoes,of as jy bloed hoes,indien jy skielikbaiegewig verloorsonder rede,enuitermatige moegheid. TB is baieaansteeklik. Indien iemand in jouhuisTBhet,vra diegesondheidswerkersvir TBvoorkomende behandeling Keer ookdat TB versprei deur vensters in voertuieoop te maak, veral metopenbare vervoer Bedekjou mond altydasjy hoes.Gesondheidswerkersen gemeenskapsgesondheidswerkersisgereedomjou te ondersteun.

Dr.Nina vander Merwe tydens die katarakoperasies.
Gert Opperman is een vandie eerste pasiëntewat geopereerisenisdankbaar datsysig herstel is.
Fred Wincone hetbydie Wêreld TB-dagvieringebydie Avianpark-kliniekvertel hoe hy TB danksy medikasie geklop het

Tacoswitha pickledfish twist

Blood Bank needsyour donation, especially O-neg

Blood stocks in the Western Cape are running dangerously low ahead of the Easter weekend, atraditionally critical periodmarked by increased emergencies,prompting an urgent call for donors to step forward

The Western Cape Blood Service (WCBS) is appealing to all eligible individuals to donate blood, as supplies continue to decline across all blood groups.

The service currentlyhas only a two-day supply of O-negative blood, far belowthe minimum five days needed to maintain astableand sustainable supply forcommunities across the province.

For the past two weeks, O-negative stock hasbeen under severe pressure, with worrying drops now seen in other blood groupsaswell.

“O-negative blood is often used in life-threatening emergencies when there is no time to determine apa-

tient’s blood type. We are calling on all blood donors to donate blood this week to help restore our blood stocks to ahealthy level,”says MarikeCarli, Public Relations Manager at WCBS. If you are between 16 and 75 years old, weigh at least 50kg,are in good general health, and follow asafe sexual lifestyle, you are encouraged to donate. Ablood donation takes just 30 minutes, and each unit collected plays a vital role in sustaining theprovince’s blood supply.

“If you have been thinking about becoming ablood donor, now would be agreat time to start donating,”added Carli.

“Whether you are an existing donor or donating for the first time, your donation could save alife when it matters most.”

To find your closest blood donation clinic, visit www.wcbs.org.za or contact WCBS via WhatsApp at 060 549 7244.

HenricoJacobs, die kaptein vanMultisure Villagers Worcester. Die Hamiltons-kaptein Rowaydal Martin

Denzil Jooste, Young Hamiltons se afrigter.

Elroy Daames, die afrigter vanMultisure VillagersWorcester.

Esselenpark se eersterugbyspan is gerat. Foto:FrancoduToit

Alle Paaspaaie leinaBolandpark

AlverUys

Vier plaaslikehoërskolehet Woensdag (25 Maart) sake uitgespook om te bepaal wiehierdie Paasnaweek in die eindstrydvan die skole-afdeling se Easter Clash in die hoofvoorwedstryd gaan kragte meet en met die louere kan wegstap.

Alle paaielei natuurlik Saterdag (4 April) na Bolandpark in Worcester, wanneerdie dorpsetopspanne –Multisure- Villagers Worcester en hul bure Young Hamiltons –mekaar vanjaar in ’n Easter Clash op die rugbyveld die stryd sal aansê.

Die byeenkoms, wat bekendstaan as die Multisure- Easter Clash, spreek tot ’n nuwe blaadjie wat die twee spanne omslaan,enonder die slagspreuk “Rivalry on the field, Unity in the community” wil YoungHamiltonsen Multisure Villagers Worcester eenheid en trots in diegemeenskap terugbring. Diedag beloof dus om ’n simbool van wedywering op die veld, maar eenheid in die gemeenskap te wees–’nviering van trots,hoop en samewerking, wat Worcester se mensesaambring.

In aanloop tot die Clash is verlede Woensdag (25 Maart) op Bolandpark ookwedstryde tussen vier plaaslike skole gereël om te bepaal wie Saterdag in diehoofvoorwedstryd teen mekaar gaan speel.

In die eerste wedstryd van diedag moesWorcester Sekondêr totdie einde gefokusbly om ’n begeesterde Somerset High met17-12 te klop, terwyl

Esselenpark Sekondêr op meer as net vernufmoes staatmaak om sy bure,die

HoërskoolBreërivier, met 7-3 te troef. Boonop hetEsselenparkeers die wendrie behaal nadat die skeidsregter twee geelkaarte virongeoorloofdespel aan Breërivier gegee het en hulle vir ’n lang ruk met net 13 spelers moes klaarkom.

In die netbal het Esselenparken Breërivier mekaar op diebaan ontmoetmet Esselenpark watdie oorhand met 21 doele teenoor Breërivier se 16 aangeteken het. Worcester Sekondêr het ookgewyswat in hulle steek met ’n eindtelling van 21-9 teen Somerset High School.

Die wenspanne ding Saterdag om die trofee mee terwyl dieverloorspanne om die derdeenvierdeplekke gaan uitspeel.

Worcester Sekondêr en Esselenpark sal mekaar in beidedie netbal en rugby omdie wentrofee die stryd aansê, met die Hoërskool Breërivier en Somerset HighSchool wat virdie derdeen vierde plek saluitspeel

Die eerstespanrugbyspelers virSaterdaglyk soos volg:

MULTISUREVILLAGERSWORCESTER

1. NathanZing/Jasen Britz; 2. Winston Reyneveldt/ Keith Arnolds; 3. Irvin Malapi/ Mandre Adams;4 Bradman Grove/ Vladimir Sampson; 5. Kyle Jacobs/ Divan Erasmus;6.Bevin Malapi/ MarshallLeonard; 7. Zaydon Adams/ Xavier Makie; 8. Quinwill Maasdorp/Nathan Setera;9.Thinus Saayman/ Chris Daniels; 10. Gursh-

winAfrica/Elton Mfundisi; 11. Cubitt Michaels/ Eushaan v/d Merwe; 12. Henrico Jacobs/ Joshua September; 13 Innocent Johannes/Enrico Daniels; 14. Juan Williams/ Phillip Basson; 15. JaydrianBuys/ Rolan Daniels. Plaasvervangers: LincolnJohnson Tyler May Hul afrigter is Elroy Daames.

YOUNGHAMILTONS

DAGPROGRAM: Bolandpark

4April 2026

Bolandpark-stadion

• 9.00: Skole-netbal: 3deen4de plek, Somerset Hoër t. Hoërskool Breërivier;

• 10.15: Skole-netbal: 1steen2de plek, Esselenpark Senior Sekondêrt.Worcester Senior Sekondêr; 10:00: Skole-rugby: 3deen4de plek, Somerset Hoër t. Hoërskool Breërivier;

• 11.15: Legends-wedstryd;

• 12.15: Middagvermaak/gemeenskapsaktiwiteite (30 minute);

• 12.45: Ampelike opening;

• 13:00: –Derde-span-wedstryd; 14:15: –Tweede-span-wedstryd;

• 15.30: Hoërskole: 2deen1steplek, Esselenpark Senior Sekondêrt.Worcester Senior Sekondêr;

• 16:45: Klubs: Volkslied/anthem (10 minute)

Spanne stap op,

Klubs: Volkslied

Respekvolleoomblik; 16:55: –Eerstespan: hoofwedstryd;

• 18:30 –Amptelikeoorhandiging en afsluiting;

• 18:45– Propvolaandvermaak begin, metverskeie gaskunstenaars, plaaslikemusikante& DJ’s

1. Rowaydal Martin (kaptein); 2. Renaldo Lukas;3.Darren Steenkamp; 4. Darren Williams;5.Melrick Williams; 6. Darren Alexander; 7. Ruwayne Ruiters; 8. Keanan Neyman; 9. Karel Tarentaal; 10. Waylan Pienaar; 11 EwaldArendse; 12. Leighton de Bruin; 13. Jeanrick Scheepers; 14. Duran Dreyer; 15. Lester Mariema; 16. Devante Stevens; 17. Melvin Syster; 18. Romayo Ceaser; 19. Aidan Abrahams; 20. Freek Malies; 21. Raldon Rooi (mede-kaptein); 22. Ettinique Adams; 23. OctavioCupido; 24. Chad Horne; 25. Ghanton Ceaser; 26. Ronaldinho May; 27. Francois Mampa; 28. Divan Olivier; 29. Raeeq Arendse; 30. Tyrone du Plessis. Afrigters: Denzil JoosteenSelwyn Ruiters. ’n Spesiale bylae wag op lesers in die uitgawe van 9April.

‘Sport verbind, genees en inspireervallei’

VOORSITTERSBOODSKAPPE:

• John Vergotini (voorsitter,Multisure Villagers Worcester): “Vir dekades het rugby in Worcester die hartklop van onsgemeenskap gevorm. Mededinging het ons spanne gedryf,maar dit hetsoms verdeeldheid gebring. Vandag kiesons ’n nuwe pad: ons bou ’n kultuur van vrede, samewerking en gemeenskapsbou. Hierdie Paasfeestoernooi is nie net ’n sportbyeenkoms nie –dit is ’n simbool van hoop en eenheid. Wanneerons Paaseiers by hospitaleuitdeel en sanitêre doekies aan skoleverskaf, wys onsdat rugby

meerasnet ’n spel is; dit is ’n manier om Worcester sterker te maak. Op die veld sal onsmekaar metpassie en trots beveg,maar vandie veld af staan ons saam virdie gemeenskap. ‘Rivalry on the Field, Unity in the Community’ –dit is dienuweMultisureVillagers Worcester-gesindheid.”

• Carlton-John Isaacs (voorsitter, Young Hamiltons RVK): “Dienaam Young Hamiltons dra ’n ryktradisie van trots en vasberadenheid. Onshet altyd metvuur teen Multisure Villagers Worcester gespeel, en daardie mededinginghet Worcester se rugby

uniek gemaak. Maarnou hetons besluit om die krag van daardie passietegebruik om ’n groter doel te dien:die bou van’nverenigde gemeenskap. Hierdie Paafeestoernooiis’nnuwe hoofstuk –’n geleentheid om te wysdat sport kan verbind, genees en inspireer.Ons geeterug aan onsmense deur projekte wat lig bring in skole en hospitale, en onswys datWorcester se rugbyklubssaam kan werk vir ’n beter toekoms.Opdie veld saldie gees van kompetisiebrand, maar vandie veld af saldie gees van eenheid oorwin. Dit is die betekenis van ‘Rivalry on the Field, Unity in the Community’.”

VanlinksisCarlton-JohnIsaacs, Denton Goodford (Multisure) en John Vergotini.
Worcester Sekondêr salSaterdagindie eindstryd teen Esselenpark Sekondêr dieselfde veggees as met hierdie uitspeelwedstryd teen SomersetHigh School wilwys Foto:FrancoduToit.
Worcester Sekondêr se o.19Anetbalspan.
Esselenpark Sekondêr se eerstenetbalspan.

Koalisies ná 20j. kern vanregering

Suid-Afrika se munisipale verkiesingsuitslae oor die afgelope twee dekades toon ’n duidelike en versnellende verskuiwing –van dominante partybeheer na ’n gefragmenteerde,mededingende en koalisie gedrewe politieke stelsel.

Die data van 2000 tot 2021toon nie net geleidelike verandering nie, maar ook ’n strukturele transformasie in hoe plaaslike regering betwis en regeer word

In2000 het die African National Congress (ANC) 59% vandie stemme verseker en 159 munisipaliteite volledig beheer. Teen 2006 het hierdie oorheersing versterk, metsteun wat tot 65,7% gestyg en beheer wat tot meer as 200 munisipale rade uitgebrei het. In hierdie stadium was opposisiepartye streeksgekonsentreerden beperk in hulvermoë om nasionaal uit te daag.

Die eerste betekenisvolle tekens van veranderinghet in2011 na vore gekom. Hoewel die ANC steeds 61,95% van diestemme behou en 202 munisipalerade beheer het, hetopposisiegroei meer sigbaar geword.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het sy nasionale aandeel tot byna 24% verhoog en sy munisipale voetspoor uitgebrei. Kleiner wegbreekpartye het ook begin om ANC-steun wegte skaaf, wat vroeë fragmentasie aandui.

Die ware keerpunt het in 2016 gekom. Die ANC se stem het skerp tot 53,91% gedaal,maar nog belangriker –dié party het algehele beheeroor belangrike metropolitaanse munisipaliteite, insluitendJohannesburg, TshwaneenNelsonMandelabaai verloor.Hierdie metropolitaanse munisipaliteite het onbesliste radegeword, watkoalisiebestuuropgrootskaal ingestel het. Nasionaal was 29 munisipaliteite onbesliste rade –byna dubbel die vorige vlakke. Dieopkoms van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), met 8,19% van die stemme, het diepolitieke dinamika fundamenteelverander.Die EFF het ’n koningmakerin baie rade geword en bepaal watter groot party kon regeer.Dit het die begin van’nnuweera gemerk, waar verkiesingsuitkomste nie meerdirekinbeheer vertaal kan wordnie Teen2021 is hierdie oorgang ten volle gekonsolideer. Die ANC se stemaandeel het die eerste keerinenigeverkiesing onder 50% gedaal–tot 45,94%.

Volledige beheer het dramaties tot114 munisipaliteite afge neem,terwyl die aantal onbesliste rade tot 64 gestyg het. Dit beteken ongeveereen uit elke vier rade benodig tans koalisiesomtefunksioneer.

KLEINERPARTYEGROEI Opposisiepartyehet ook beperkingsindie gesiggestaar. Die DA se steun het tot 21,15% gedaal,ensymeerderheidsbeheer het tot 11 rade verminder. Die EFF het tot 10,38% gegroei, watsyinvloedinkoalisie-onderhandelingeversterk het. Intussen het nuwe toetreders soosActionSA bygedra tot die fragmentasie, veralinstedelike gebiede. Op ’n nasionalevlak het die raadsetelgetallehierdie verskuiwing weerspieël. Die ANChet 4545 uit ongeveer 8794 setels gekry, gevolg deur die DA (1 484), EFF(980) en Inkatha Vryheidsparty (IVP,544). Hoewel die ANCdie grootste party geblyhet, is sy oorheersing aansienlik verminder.

Die resultate op wyksvlak bied selfsdieper insig in hierdie veranderinge. Wyke is krities omdat hulle direkte, gemeenskapsvlak-belangeen -mededinging verteenwoordigen koalisie-hefboomwerking vorm

Die ANChet in 2021 steeds die meeste wyke nasionaal gewen, maar metskerp verminderde marges. Baie voorheen “veilige” gebiedehet mededingend geword, en in sommige gevalleis hulle verloor.

In Gauteng,die ekonomies belangrikste provinsie, hetdie ANCmeeras680000 stemme verloorteenoor 2016 –’nafname van42% –wat sy aandeel tot net 35,5% verminderhet.Die DA het ook aansienlike steun verloor. Hierdieverlieseisnie bloottussengroot partye oorgedra nie, maar oorkleiner partye en nuwe toetredersversprei ActionSA se debuutwas veral opmerklik. Deur meer as 10% van die stemme in Gauteng te wen, het dié party ’n unieke vermoëgetoonomsteun in beide dorps- en voorstedelike gebiede te lok. Hierdie dubbele aantrekking het tradisionele stempatrone ontwrig en tot die erosie van oorheersingdeurbeide die ANC en DA bygedra.

In KwaZulu-Natal hetdie resultate ’n ander dinamika weerspieël. DieIVP hetgrond herwin –veral in landelikemunisipaliteite –ensyteenwoordigheid op wyksvlak ten koste van die ANCuitgebrei.

MEERONAFHANKLIKESOPRADE

Nog’nbelangrike resultaat wasdie opkoms van onafhanklikekandidate. In 2021 hetonafhanklikes 51 raadsetels gewen –die meeste nog. Hoewel dit in algehele termesteedsmin is, dui dit op groeiende kiesersbereidwilligheid om patystrukture heeltemal te omseil wanneer plaaslikeverteenwoordiging ondoeltreffend beskou word. ’n Sleutelpatroon oorverskeie provinsiesheenwas dat dalende

ANC-steun dikwels kiesersonthouding weerspieëlhet,eerderasdirekte oorskakeling na ander partye.Inbaiewyke het diealgehele aantal ANC-stemme aansienlikgedaal –selfs waar dieparty beheerbehou het. Dieimplikasiesvan hierdie resultate is betekenisvol vir regering.Die toenameinonbeslisterade hetonstabiliteit in baiemunisipaliteite meegebring, metgereelde veranderinge in leierskap, asook probleme met diegoedkeuringvan begrotings en dieimplementering van langtermynprojekte. Terselfdertyd hetgrotermededinging verkiesingsmeeropdiensleweringsprestasie laatfokus.

As onsna2026 se komende munisipale verkiesing kyk, is dietrajekduidelik. Dielangtermyn-afnameindominante partybeheer,gekombineer metdie voortgesette opkoms van kleiner partye en onafhanklikes, duiop verdere fragmentering Dienasionale verkiesingsuitslae van 2024 –waardie ANCtot onder 40% gedaal het– versterk hierdieneiging. Suid-Afrika se plaaslikepolitieke stelsel het’nnuwefase betree.Die eravan enkelpartyoorheersing is verbyenkoalisiepolitiekisnou diebepalende kenmerk van plaaslikeregering. •Dr.Clive Coetzee is ’n senior lektor in diefakulteit krygskunde by dieMilitêreAkademie aandie Universiteit Stellenbosch •Databron: Onafhanklike Verkiesingskommissie van SA

VOERTUIE

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Standard-WZ-Standard Breederivier Gazette-2 April 2026 by Novus Media - Issuu