Skip to main content

Standard-WZ-Standard Breederivier Gazette - E-edition - 23 April 2026

Page 1


MoordopmarukR’wal

EnricoClaassen

Sowat ’n maand voordat die 34-jarige RodeanFlando van dieRoodewal-woonstelleinWorcester se gewese kêrel MacwinDavidshaar onlangs in hul wendyhuis met ’n mes doodgesteek het,het sy ’n beskermingsbevelteen hom bekom.

Flando het egterverledeWoensdag (15 April) ’n wrede mesdood gesterf nadat Davids haar glo ten aanskoue van hultweejarige seun na beweringindie nekenmaag gesteek het. Sy het op haarmase sitkamervloer aan haar wonde beswyk. Die voorval hetinhul wendyhuisplaasgevind.

Flando se hartseer ma, Rita, vertel aan Standard Breederivier Gazette dat Davids globaie jaloers en besitlik oor Rodean, haarenigste kind, was. Sy sê Davids was jaloers op Rodean se verhouding met haar familie en het haar belet om selfsbyhaar niggies

tegaan kuier.Volgens Rita het Davids haar kind se bewegings pal dopgehou en bevraagteken. Die ma sê hy het haar kind ook verbaal mishandel deur Rodean die heeltyd slegtesê. Sy sê hy wouRodean enhul seuntjie vir homself hê. Rita sê Rodean se tienjarige dogter hetuit vrees vir Davids agter haar ouma se rug in die woonstel geslaap.

Volgens Ritahet Rodean, wat ’n bestuurder by Burger King in Worcester was, se werk sowat ’n maand gelede ’n mylpaal gevier. Rodeanhet foto’s daarvan op haar WhatsApp-status geplaas. Volgens Ritawas Davids woedend toehy dit sien.Die masê Davids het Rodean in haar (Rita se) slaapkamer beetgekry, op die vloer neergepen en begin wurg –soerg dat sy op die punt was om haar bewussyn te verloor. “Ek hetnie geweet wat omte doen nie.” Volgens Rita

was die kinders histeries en het heeltyd gegil. Rita sê ’n familielid van hulle het daarin geslaag om Davids van Rodean af te kry.

GLONIESYSKULDNIE

Rita sê toe sy Davids oor sy optrede teenoor haar dogter vra, het hy gesê hy het haar weggestoot en homself metdie ketel kookwater wat sy op daardie tydstip in haar hand gehadhet om bottels vir haar seun te maak, gebrand. Volgens Rita is Davids dieselfde aand noginhegtenis geneem nadat Rodean ’n beskermingsbevelteen hombekomhet.

Rita se trane begin oor haar wange stroom toe sy begin vertel van daardie noodlottige dag (15 April) toesyhulpeloos toegekyk het hoehaar kind voor haar oë aan haar messteekwonde beswyk. Volgens Rita het haar ma, Lea Adams, so skuins ná sesuur die oggend aan haar slaapkamerdeur gehamerengesê: “Rita,staan op! Die jongisalweer besig met jou kind hier agter!” Sy sê toe die huismense die wendyhuis se deur oopgeskop het, het Davids bo-op Rodean gesit en was hy op die punt om haar weer metdie mestesteek. Sy sê toe’noom van Rodean vir Davids onderbeheer kry, het sy bebloed by die oop onderdeur van die wendyhuis uitgeseil en totindie woonstel gestrompel. “Toe ek die steekwonde aan my kind sien, het ek gevoel ek kanvan my kopafraak.”

Volgens Rita het Rodean op die sitkamervloer gelê en gesê sy kannie asemhaal nie. Die ma sê sy het ’n kussing gaan haal om onderhaar kind se koptesit. Volgens Rita het Rodean haar kort voordat sy haar laaste asem uitgeblaas het, gevra om mooi na haar twee kinders om te sien.

DAVIDSHANGHOMSELF

Sy sê Davidshet sy eie lewe in sy seuntjie se teenwoordigheid in die wendyhuis geneem deur homself te hang.

Davids se jonger suster (17) ontken dathaar broer Rodean ooit mishandel het

Sy sê Davidswas baie lief vir Rodean en haar broer was liefdevol, vrygewig en ’n mense-mens metgoeie maniere. “Rodean was sy eerste en enigste meisie. As onsiets ‘verkeerds’ oor Rodean gesê het, het hy kwaad geword.”

Sy sê die familie kanhulle nie uitlaat oor diemoord op Rodean nie omdathulle nie daar was toe die voorval plaasgevind het nie. Volgens haar is daar ook gerugte dat Rodean se broer haar ma mishandel het,maar daar is geen bewyse nie. Sy sê Davidssedood maak nievir die familie sin nie

omdat daar nie bewyse is dathy homself gehang het nie. AO VathiswaJacobs, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n moorddossier is met betrekking totRodean se dood geregistreer. Sy sê met betrekking totDavidssal ’n lykskouing gedoen en ’n geregtelikedoodsondersoek geopen word. Rodean se begrafnisdiens is eerskomende Saterdag (25April) om 13:00 by haar ouerhuis by Roodewal-woonstelle M-blok nommer 3en14:00 in die NuweApostoliese kerk in Neethlingstraat. Macwin se begrafnisdiens is ook eerskomende Saterdag (25April) om 10:00 by Wentzelstraat 14 en 11:00 by Pishon MinistriesinLeipoldtlaan. • Standard het met ’n plaaslike regskenner gepraat oor hoe ’n beskermingsbevel werk Lees die berig op bl.4.

Rodean Flandosaam met haar twee kinders.
Macwin Davids en sy seun by sy eersteverjaardagpartytjie Foto:Facebook

Tiener(15)sterf voor sy ouerhuis

EnricoClaassen

“Ek het aan sy wang gevat en gesê ‘mamma gaan jou baie mis Bye boeta’.”

Met hierdie woorde het ’nhartseer Joyce Fokwana (44) haar 15-jarige downsindroom-seun gegroet, minute nadathy reg voor sy ouerhuis in Goudiniweg in die Rawsonville-distrik doodgery is Die oorledene, Jermaine Fokwana (15) van die plaas JW Pieterse, was tentyde van sy dood’nleerderbydie Eden-opleidingsentrum in Worcester.

Volgens Joyce was sy Donderdag (16 April)–die dag van die ongeluk –nog by die werk toe ’n senior kollega haar omstreeks 16:00 nader en sê om saam met hom in sy voertuig te klim Sy sê toe hulle by haar huisstilhou, toe breek hy die nuus aan haar dat Jermaine ’n rukkie gelededeur’n voertuig doodgery is.

Die ongeluk het gebeurkort nadat die skoolbus hom langs die padinGoudiniweg afgelaai het. Joyce sê haar seun het agter om die bus gestaptoe die motor wat uit die rigting van Goudini Spa aangery gekom het, homgetref het. Volgens Joyce het sy uitgeklim en na die ongelukstoneel gestap.Jermaine se lyk,wat in die middel van die pad gelê het, was reeds bedek. Sy sê sy was histeriesenhet onophoudelikgehuil. Haar lewensmaat en haar kinders se pa, Maans Dampies(48),het haar deurentyd

Jermaine Fokwanasehartseer-gesin is agter(van links) JoyceenMark-Lee FokwanaenMaansDampies. Voor is Jenevieve Fokwana. Foto:EnricoClaassen

opdie ongelukstoneel ondersteun

Volgenshaar was haar oudste seun, Mark-Lee (22), net so histeries en het op diepad agter die bus gesitenhuil.

“Ekwou my kind se gesigsien, maar hulle hetgesêekkan nie, want sy gesig hetlelik seergekry. Toemykind weggevatword, toevra ek weer of ek homkan sien.Hulle het my toesygesig gewys.

Ek hetaan sy wang gevatengese ‘mammagaanjou baie mis. Bye boeta’.”

“Hoekomhet iemandhom nie net aan sy handgevatenoor die padgehelp nie?”

Maans sê: “Hy(Jermaine) was die lig in ons huis. Hy wasaltyd so gelukkig.”

Jermaineword ookoorleef deur ’n suster, Jenevieve(11).

Die begrafnisdiens vind Saterdagoggend 10:00 by sy ouerhuisopdie plaas JW Pieterse in Goudiniweg plaas. Die teraardebestelling is 11:00 in Worcester.

Nuy-valleiheet ookpampoendal

Twee van die drie grootste pampoene wat aan die Groot Pampoenfees in Heidelberg deelgeneem het, is in die Nuy-vallei buite Worcester gekweek

Die fees, wat besoekers en pampoene van wyd en syd lok, is van 26 to 28 Maart gehou.

Piet Lotz het vir die vierdejaar die swaarste pampoen ingeskryf,met vanjaarsewenpampoenwat ’nallemintige 1221kg weeg. Lotz boer tussen Stilbaai en Riversdal.

Dié bieliepampoen het ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekordopgestel,asook ’n Suidelike Halfrond-rekord. Ditweeg net 57kg minder as die wêreldrekord. PieterConradie, watmet wyndruiwe en artisjokke in die Nuy-omgewing boer, se pampoen hetdie derde plek behaal, met ’n gewig van793kg.

John Booysen, ook van Nuy, hetdie tweede plek gekrymet sy pampoen wat 816kggeweeghet.

Standard het metConradie geselsoor wat dit verg om só ’n pampoen te kweek. “My pampoenreis hetbegintoe Piet Lotz vir my ’n pampoenpitvir my dertigste verjaardag gegeehet.Hyhet gesê ek kannou nie meer netpraat nie,eksal nou moet doen,” vertel Conradie.

“Ek het vir John, wat op dieplaas werk, gereeld gevra om te help om na die pampoene te kyk want dit is baie werk –so het hy ook betrokke geraak en begin plant. Onswerk nou so saam-saam.”

Booysenhet in 2024 ook ’n tweede plek in diekompetisie behaal.

Conradie sê daar heersgrootspangees onderdie pampoenkwekers en hulle moedig mekaar aan.“Ons droom daarvan dat die wêreldrekord Suid-Afrika

Dis ’n versigtigeentydsame proses om die groot pampoenetot op Heidelbergtevervoer,met motoristewat sommer in die ry videos probeer neem vanhierdieonaardigevrag.

toe kom. As ek kyk na wat onsvermag met pampoene wat buite gekweekword, teenoor die Paton-broers in Engeland wat diewêreldrekord houenhul pampoene in kweekhuise metklimaatbeheer kweek, is ek vol vertroue dat onsdie rekord nog gaan breek.”

Die afgelope seisoen of twee se onvoorspelbare weer metbaiereën en hoë temperature het sake bemoeilik.

Diepampoene word gepamperlang –vandatdie pit geplantis. Die regte kunsmisen hoeveelheid water is belangrik. Hoewel dit help as ’n mens kennis het, kan nuwelinge steeds deelneem.

“Mens leerelke seisoen iets nuuts en dieander kwekers is vrygewig metraad. Daar isegter geen resep wat noodwendig viralmal gaan werk nie.”

Eenvan die senutergendste dele is wanneerdie groot pampoene gelaai en

Heidelberg toevervoer moet word. Een jaar het ’n pampoen, watmeeras’nton geweeg het, metdie optelslag gebars. Dit breek ’n kweker se hart as baie maande se hardewerk in ’n oogwink tot nietis.

’n Harnas word om die pampoene gesit, waarna hulle versigtig met’n laaigraaf opgeligensaggiesop’nmatras agter op ’n waentjie neergesitword.

“Die rit totopHeidelbergisnogal ’n storie. Mens kan nie vinnigrynie en die voertuie wat verbykom, is so gefassineer deur die groot pampoene wat onssleep dathulle nie kyk waar hulle ry nie!”

Watword vandie pampoene wat ingeskryf word? ’n Mens kan sekerlik net soveel pampoentert en pampoenkoekies maak? Volgens die feesorganiseerders word die wenpampoeneoopgesny om die pitte te oes(ditdra goeie genetika). Die pampoen se vleiswordgebruik vir

veevoerofgeskenk. Diepampoeneis geneig om waterig en draderigtewees. Diesaadmaatskappy Stark Ayresstoor die geoesde saad sodat die genetika bewaar bly. Die tipe pampoenwat mees algemeen geplantword, is dieGiant Atlantic.

Daar is vanjaar 26 pampoeneingeskryf. “Dit is lekker om die nuwe inskrywingstesien,” sê Conradie. Oor hoesygesin oordié tydverdryfvoel, lag hy net. “Mysesjarige dogtertjie, Katrien, verstaan niesolekker hoekom sukkel dieklein pampoeneindie winkelsonie.”

Pieter Conradie by die bielie van’npampoen wat hom ’n derde plek by die HeidelbergsePampoenfees besorghet

Prokureurverduidelik oorbeskermingsbevel

EnricoClaassen

Die Standard Breederivier Gazette het by Christelle Swart, ’n prokureur verbonde aan Stofberg Prokureurs in Worcester, gaan kers opsteek oor onder meer hoe ’n beskermingsbevel werk.

Volgens Swart kan diegene wat ’n aansoek vir ’n beskermingsbevel wil bring, dit op die vierde vloer van die Worcester-landdroskantoor in Adderleystraat doen. “Gaan voorbereid. Neem bewyse saam as jy het, soos mediese verslae van aanranding,foto’s, sielkundige verslae...”

Swart sê die detail van die gedrag moet neergeskryf word, die datums waarop die gebeure plaasgevind het en wie die getuies was. Volgens haar kan die aansoeker getuies saamneem wat in die hof kan getuig.

•Spirituele geweld, saakbeskadiging, geweld teenoor ouermense asookafbrekendeen kontrolerende gedrag;

•Blootstellingvan ’n kind aan gesinsgeweld;

•Intimiderende-, dreigende-en vernederende gedrag;

•Nie by ’n bepaalde adres of werkplekmag kom nie;

•Adresnie bekendgemaak mag wordnie,’ngedeelte van’nplek niemag binnegaan nie (bv.die aansoekersekamer)

Volgens Swart moet die aansoeker wat die aansoekin terme van gesinsgeweld bring, ’n nabye verhoudingmet die respondent (diepersoon teen wie die aansoek gebring word) gehad het, byvoorbeeld kêrel, meisie-vriendin,selfsgewese kêrelsenmeisie-vriendinne, broer,suster,eks-man,eks-vrou, saamleefmaat, skoonfamilieen stieffamilie

Man lolglo met meisie

EnricoClaassen

’n Ma vanAshton is woedend nadat’nman wat teregstaan op ’n aanklag van verkragting na beweringhaarvyfjarige dogter seksueel aangerand hetterwylhyuit was op borgtog

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, bevestigdie beskuldigde was uit op borgtog toe die voorval van seksuele aanranding plaasgevind het

Volgens Van Wykisdie saak in ’n stadium van diehofrol geskrap omdat DNS-engeestesgesondheidsverslae nieindie dossierwas nie. Gevolglik is die beskuldigde toe vrygelaat.

Hy sê diebeskuldigde is egter op borgtog vrygelaat toedie saak weer op diehofrol geplaas is. Volgens hom is diesaak tans op die streekhofrol.

Diebeskuldigde is Vrydag (17April) op die aanklag van seksuele aanranding in hegtenisgeneem. Hy het Maandag (20April) in die landdroshof verskyn.

Diesaak is tot 12 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Die man word aangehou.

Diemasêaan Standard BreederivierGazette haar kind het op 15 Maart aan familie onthul dat “iemand aan haar vat”.

Volgens die ma is dié persoon in ’n romantiese verhouding met ’n familielid van haar sedert verlede jaar Oktober.

Sy sê sy ken die man van geen kant af nie.

Volgens haar het die beweerde voorval plaasgevind toe haar dogter by die familielid in Robertson gaan kuier het.

“Ons weet van twee voorvalle, maar dit kan meer wees. Sedert

Oktober[verlede jaar] het my dogter haar begin natmaak. Ons het toe maar gedink dis omdat sy by ’n nuwe skool is, deur ’n nuwe fase gaan en dat dit sal oorwaai.”

Volgens die ma het die voorval ’n groot impak op haar dogter gehad, want volgende maand (Mei) begin haar kind met sielkundige behandeling. Sy sê haar kind moet ook ’n arbeids- en spraakterapeut besoek.

“Nádie voorvalle is my kind baie stil. Sy meng nie met ander kinders nie. Sy speel op haar eie of met een maatjie, maar nie in ’n groep nie, wat eintlik hartseer is, want dis ’n skool met ’n klomp kinders.

“Sy was nooit so stil nie. ’n Mens moes haar destyds altyd stilgemaak het,want sy is ’n baie dramatiese kind. Onsisnet bly dit het uitgekom.”

VanAtot Ztekry

Dievyfdegenerasie-apteker uitdie Quénet-familiestaanvandag in Quénet’s Apteek se diens-toonbank.

Alexandra Quénet, AntonQuénet se dogter,het haar praktiese opleiding by dié apteek begin en dra saam metvorigegenerasies by tot die ryk geskiedenis en suksesvan dieapteek, wat vandag bekend staanasThe LocalChoicePharmacy Quénet’s.

Anton Quénet (sedert 1992)enPieter van der Vyver (sedert 2005), die twee vennote, glo die uitstekende diens van die apteek en die wyereeks produkte en diensteisnog ’n rede waaromklante jaar ná jaar deurdie apteeksedeure stap.

Wat The Local Choice Pharmacy Quénet’s uniek maak,benewensdie verskaffing van medikasie, is die afgeronde gesondheidspakkettewat hy aan sy klante bied. Quénet’s biedkliniekdienste soos bloeddrukmonitering, bloedglukose-monitering, cholesterol-siftingstoetse, MIV-toetse en hemoglobien-toetse.

Terselfdertydstreefdie apteek daarna om in alle ander gesondheidsbehoeftes te voorsien, soos gesondheidsaanvullings en pasiënthulpmiddels.

Quénet’s is ook die enigstegeregistreerde reiskliniek in die Boland.

Quénet’s Apteek biedverder ’n wye verskeidenheid skoonheidsreekseinsy skoonheidsafdeling en is ook baie bekend vir sy uitstekende fotografiese dienste en toerusting.

“DAAR IS TANS VIER VOLTYDSEAPTEKERSWAT VERSEKER DATDIE KLANTE ALTYD

TOEGANGHET TOT DIEBESTE PROFESSIONELERAAD.”

Daar is tans vier voltydse aptekers wat verseker dat die klante altyd toegang het tot die besteprofessionele raad.

Quénet’s Apteek bied ’n wye reeks diensteaan klante, insluitend afgeronde gesondheidspakkette wat in gesondheidsbehoeftes voorsien soos gesondheidsaanvullings en pasiënt-hulpmiddels. Quénet’s isook die enigste geregistreerde reiskliniek in die Boland. Dit beteken mense kan alle reisverwante inentings soos vir onder meergeelkoors by Quénet’s se kliniek kry. Die aptekers geeook gratis raad oor malaria.

Quénet’s Apteek bied verder ook ’n wye verskeidenheid skoonheidsreekse in sy skoonheidsafdeling, soos Elizabeth Arden, Clinique, Clarins, Revlon, Vichy, asook ’n wyeverskeidenheid parfuums. By Quénet’s glodie twee vennote beslis aan persoonlike aandag.

Die apteek maak nie gebruik van aflosaptekers nie, daarom word ’n persoonlikeverhoudingmet sy klante, oudenjonk, gebou.Indie vinnig veranderende omgewing van aptekerswese en kleinhandelsake houQuénet’s altyd tred metdie tye

Vanboeke en medisynetot ‘fancy goods’ hier verkoop

QSquare, wat oordie jare ’n bakenin Worcester geword het, spog met’nryk geskiedenis.

Die eienaar van die erwe in Kerkstraat waar QSquare vandag geleë is, wasGerrit Hendrik de Wet(gebore in 1740) vanStellenbosch.

Die Hoogstraat-kant is aanene W. Franklin verkoop. Die gedeelte in Stockenströmstraat het aanene W. Quin behoort.

1880’s: Latergenerasie-eienaars

In die 1880’shet die gedeelte waar QSquare vandag sake doenaan J.E. de Jong van Nederland behoort.Die onderneming het in 1880 as J.E. de Jong Printers andPublishersbekend gestaan.Mnr. J.E. de Jong,wat in 1880 die WorcesterAdvertiser op dieperseel waar Quenet’s Arkade vandag is, begin druk het, wasdie kopervan die WorcesterStandard wat lateropdie perseel sou ontstaan.

Nadat mnr. J.E. de Jong sy pa se onderneming oorgeneem het, hetdié onderneming in 1908 as J.E. de Jong General Printer, Bookbinder, Stationer andBookseller bekend gestaan. Later was dit bekend as C.J. de Jong Commercialand ArtPrinter.Die gebou waarin Quenet’s Apteek vandag is, het as die De Jong-gebou bekend gestaan. Die seun van C.J. de Jongwas A.L.

de Jong wat ookindie De Jong-gebou sake gedoenhet.Syonderneming is genoemA.L. de Jong’s LadiesHairdressing Saloon en hy was ’n handelaar in “Tobacco, Perfumes and FancyGoods”

DieBaringstraat-kantvan QSquare was diespeelterrein van Worcester High School wat in 1899 gebou is.Die Stockenströmstraat-kant hetaan W.G. Franklin behoort.

Vroeë1920’s:Latergenerasie-eienaars In die1920’s hetdie WorcesterEksekuteurskamer,onder dieleierskap van sy eerste voorsitter, P.A. Malan, diegebou opgerig waarDie Dros tot onlangs sake gedoenhet.Waardie Congregational kerk vandag is,was mevrouKrugerselosieshuis en die agterkant van haar erf is vandag deel van QSquareseparkeerterrein 1934: Leon Quenet koopdie De Jong-gebouenMeiring en Quenet’s Apteek skuif van Kerkstraat na Hoogstraat. Dieapteek was tot in daardie stadium in Kerkstraatgeleë waarHuis Christiaan Rabie vandag staan en was bekend as Meiringand Quenet Chemists andDruggists.In1934 hetC.J. de Jong diegebou verkoopensynageslag hetbesluit om hulle eerder in Robertsontegaanvestigen’nnuusbladvir dieRobertsonse gemeenskap te begin

Wintery, hearty, one-pot wonder

Nowthat winter has set in, there is nothing quite like the aroma of aslow-cooked pot roast fillingyour homewith warmth and comfort.

Thishearty, one-pot wonderis the perfect antidote to chilly evenings, delivering tender, fall-apart beef surrounded by perfectly cooked vegetablesina rich, savory gravy.

What makes this recipe truly special is its versatility and simplicity.

Whether you’re cooking indoors on your stovetop and oven, or embracingthe beloved SouthAfrican traditionof preparing it as apotjie over an openfire, this pot roast delivers exceptionalresults withminimal effort.

The long, slow cookingprocesstransforms an affordable cut of beef into amelt-in-yourmouth masterpiece that will have your family gathering around the table with anticipation.

INGREDIENTS (Serves6)

1tablespoon cooking oil

1,8 kg chuck roastorrump roast (offthe bone)

1large onion, chopped

4carrots,cut into large chunks

2ribsofcelery, cut chunks

600 gr babypotatoes

2cupsbeefstock

1cup redwine

4cloves garlic,coarsely chopped

2teaspoon driedmixed herbs

1tablespoon Worcester sauce

Salt and pepper to taste

2tablespoons flour

INSTRUCTIONS

Season theroast: Generously season yourroastwith salt and pepper onall sides.

Sear for flavor: Heatone tablespoon of oil in alarge heavy basedpot overmedium-high heat. Sear the roast on each side until beautifully browned, about four minutes perside.This step locks in flavour while creating

alovelycolour. Addmore oilif needed.

Build the base: Arrange the chopped onions aroundthe roast in the pot. In aseparate bowl, combinethe beef broth, red wine, chopped garlic and herbs. Pour this mixture over the roast. Addsaltand pepper to taste.

Start the cooking process: Bring the liquid to asimmer over medium-high heat. Once you see gentle bubbles, turn down the heat, coverthe potand cook gently for two hours. Try nottoliftthe lid toooften.

Addthe vegetables:After two hours, add the potatoes, carrots, andcelery around the roast

There must be lots of sauce in the pot, if it seems toolittle at this stage,add some more beef stock or water. Cover and return to the heatand allowto simmerfor another onehouror until both the roast andpotatoes arefork-tender.

Thicken the juices: Half an hour before serving,mix the

flourwith half acup of water andthe Worcester sauceinto a smooth paste. Add thistothe juices of the pot roastand stir gently to combine evenlyand thicken the sauceslightly. Finish andserve: Gently pull the beef into large,rusticpieces

with afork, or sliceinto thick portions. Serve with some freshbread to lap up the deliciousjuices. This pot roastrecipe proves thatthe best comfortfood doesn’t require complicated techniques or exotic ingredients.With patience and afew quality ingredients, you’ll create amealthat brings warmth to both bodyand soul during the coldestmonths of the year. Whether shared around afamily tableorenjoyed fireside afterapotjie cooking session, this dishembodies the essenceofwintercomfortfood at its finest.

Adelicious and easy one-pot-wonder,a pot roast, is just the thing forcoldwinter days.

Eseltjiesrus-fees ’n boekehemel

Boekliefhebbers kandaarnauitsien om van 7tot 9Mei weer na hartelus te snuffelbydie groot jaarlikse EseltjiesrusBoekefees. Daar is duisende tweedehandseboeke en tallesplinternuwesomvan te kies. Of jy nouna kookboeke,reisverhale, kinderboeke, digbundelsof’nrare en kosbare boek soek,daar is meer as genoeg om van te kies. Nuwe voorraad word daagliks tydensdie feesdae uitgepak

Die meerderheid van dieboeke sal teen R30 elk verkoop word. Daar is ook uitgesoekte koffietafel-boeke wat individueel gemerkgaanwees. ’n Keur van rare boeke salop’nskriftelike veiling beskikbaarwees. Belangstellendes kan op ’n vorm bie en die boeke salaan die hoogste bod toegeken word. In 2001 het dr. Johan& Annemarie vanZijlvan McGregorgereageerop’n versoek vandie DBV om skuilingtebied vir twee erg verwaarloosde donkies.Die twee genote het opgedaagenisVaal en Japie genoem –“vaaljapie” is ’n Afrikaanse term vir ’n goedkoop witwyn. Dit het gouduidelik geword dat daarbaie ander donkies waswat ook skuiling en sorg nodig gehad het. Diedroom van ’n donkie-heiligdomisgebore. Eseltjiesrus is in 2007 geregistreer en dieeerste donkie, Adam, het ingetrek. Eseltjiesrus bied vandag ’n permanente tuiste vir bejaarde en mishandelde donkies. Hierwordhulle diegeleentheid gegee om die res vanhul lewens gemaklik saam metander donkies deur te bring.Elkeboek watverkoop, help metdie versorging en rehabilitasie van donkies wat uit haglike toestande gered word en by Eseltjiesrus Donkey Sanctuary gehuisves word

Daaglikse donkiesorg

Die donkies eet hul ontbyt om 08:00. Terwyl hulle eet, maak die versorgers seker dat hulle goed eet en geen beser-

ings of gesondheidsprobleme hetnie Diepersoneel krydaarnahul borsels regvir oggendsorg.Dit behelsdie borsel en streelvan elke donkie. Die donkies se hoewe wordook skoongemaak en vlieg-afweermiddels wordaangewend. Ditis’nliefdevolle daaglikse roetine. Die donkieswei dan op dieplaas, terwyl die versorgersopverdere take fokus. Die laastemaaltyd van diedag is om 16:00, waarnadie donkiesweernagegaan word. Soms is daarbesoeke van ’n veearts, hoefsmidofdonkie-tandarts Eseltjiesrus is ook’nbronvan inligting en hanteer navraevan oordie land heen oordie versorgingvan donkies.Die meeste probleme ontstaan as gevolg van onkunde of diewangeloof dat donkies nie gereelde hantering en versorgingnodig hetnie.Hierdie hulp maak ’n beduidende verskilomdie openbare status van donkies te verbeter.Elke individuele donkie wat gehelp word, is eenminder wat ongemak hoef te verduur Diesukses van vanjaar se Boekefeesin McGregor salweer’nonontbeerlike rol in diekomende jaar se werksaamhede by Eseltjiesrus speel. Kyk ookuit vir die hoekiebydie Boekefeeswaarjyeen of meer van diedonkies kan aanneem Bederf jouselfenkom vuljou voorraad leesstof virdie winterwat voorlê aan! Besoek www.donkeysanctuary.co.za/ how-you-can-help vir noginligting oor aanneming. Jy kan ookboeke virdie Boekefeesskenk of geskenkbewysevir vriende en familielede koop. Jy kan ook ’n finansiele skenking maak wat aangewend salwordvir boeke aanplaaslike skole en biblioteke.Skakel 0236251801 of stuur ’n e-posaan bookfair@donkeysanctuary.co.zavir noginligting.Volg ookdie Fees op Facebook by Eseltjiesrus Donkey Sanctuary of Instagram by @eseltjiesrusdonkeysanctuary. Kontak McGregor Toerisme by 023 625 1954 of Robertson Toerisme by 023 626 4437 vir verblyf.

Eseltjiesrus se plaasbestuurder,StanDavidoff,isverantwoordelik vir die sorg en welsyn vandie donkiesen blaai saam met Hanseldeur ’n koffietafelboek. Foto:Jackie Wernberg
Cupi
voorsprong
Cupido McGregor.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Standard-WZ-Standard Breederivier Gazette - E-edition - 23 April 2026 by Novus Media - Issuu